About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 184
|
|
S v Jordaan (307/92) [1993] ZASCA 184 (29 November 1993)
Saak no 307/92
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING
)
In die saak tussen:
RAYMOND
JORDAAN
Eerste Appellant
SELWYN SAAYMAN
Tweede Appellant
EN
DIE STAAT
Respondent
Coram:
VAN HEERDEN,
EKSTEEN et VAN DEN HEEVER, ARR
Verhoor: 12 November 1993
Gelewer
: 29 November 1993
U I T S P R A A K EKSTEEN
, AR
:
Ses beskuldigdes het gedurende Julie 1987 voor die Kaapse Hooggeregshof
tereggestaan op 'n aan-klag van moord. Aan die einde van die
verhoor is twee van
die ses onskuldig bevind en ontslaan. Die hof kon geen versagtende omstandighede
ten opsigte van die oorblywende
vier vind nie en hulle is gevolg-lik al vier ter
dood veroordeel.
Op 27 Julie 1990 het die Strafwysigings-wet no 107 van 1990
in werking getree, en gevolg]ik is die gevalle van al vier die ter dood
veroordeel-des na die paneel wat ingevolge artikel 19 van daar-die wet geskep
is, vir oorweging verwys. Die
.... /2
2
paneel het bevind dat in twee van die gevalle die doodvonnis waarskynlik nie
opgelê sou gewees het nie, indien die gewysigde
artikel 277 van die
Strafproseswet (no 51 van 1977)("die Wet") ten tyde van die vonnisoplegging in
werking was. Hulle ge-valle is
gevolglik verder deur die Minister afge-handel
ooreenkomstig die bepalinge van artikel 19 (11) van bogemelde
wysigingswet.
In die geval van die twee appellante was die paneel van mening
dat die doodvonnis waar-skynlik opgelê sou gewees het selfs na
die
wets-wysiging, en hulle vonnisse is gevolglik na hier-die Hof verwys vir
oorweging asof op appèl. Die appèl is
op 19 November 1991
aangehoor en,
.... /3
3
op versoek van die appellante, is die doodvonnisse ter syde gestel en die
saak na die verhoorhof terugverwys vir die aanhoor van verdere
getuienis wat
betrekking kon hê op die verwytbaarheid van appellante vir die moord wat
hulle gepleeg het, en vir die oplegging
van 'n gepaste vonnis.
Verdere
getuienis is voor die verhoor-hof aangevoer en, na oorweging daarvan het die
geleerde verhoorregter opnuut die doodvonnis
oor albei appellante uitgespreek.
Hulle kom nou, ooreenkomstig die bepalings van art 316 A van die Wet, voor ons
op appèl
slegs teen die vonnisse hulle opgelê.
Die skuldigbevindinge en vonnisse
.... /4
4
spruit uit die moord op ene Jackson James ("die oorledene") op Saterdag 6
September 1986 in die Mosselbaai gevangenis. Dertien persone
- waar-onder di e
oorledene, die appellante en al hul medebeskuldigdes by die verhoor - is in een
sel, 4,03 x 4,33 meter groot, aangehou.
Die Mossel-baai gevangenis was een van
daardie gevangenisse waar geen vonnisse uitgedien word nie. Al die aangehoudenes
was verhoorafwagtend,
en is gevolg-lik slegs vir kort tydperke daar aangehou. Ek
sal jn hierdie uitspraak na di e appellante en hul medebeskuldigdes verwys
volgens die nommers wat hulle by die verhoor gedra het. Di e eerste appellant,
Jordaan, was beskuldigdes no 1 ("no 1")
.... /5
5
en die tweede appellant, Saayman, was beskuldig-de no 2 ("no 2"). No 1, 2, 3
en 4 was almal lede van die 28 bende, no 5 was 'n lid
van die 26 bende en no 6
van die 27 bende.
Op 25 Augustus, bevind die verhoorhof, was no 3 reeds in
die sel. Op 26 Augustus word no 1, 2, en 4 ook in die sel geplaas. Van toe
af
het die moeilikheid begin. Dié vier het van hul medegevangenes aangerand
en sommige gedwing om hulle aan sodomie te onderwerp.
Toe die owerhede van
hierdie sogenaamde "wyfies" na 'n ander sel oorgeplaas het, het die appellante
en hul makkers beswaar gemaak
daarteen. Hulle het ook daarop aangedring dat die
owerhede die
.... /6
6
lede van die verskillende bendes afsonderlik van mekaar moes aanhou. Toe die
owerhede nie aan hierdie eise wou voldoen nie, het die
lede van die 28 bende -
dws no 1-4 - gedreig om ander gevangenes aan te rand as hulle uit die sel
ge-laat word vir oefening, of om
hul kos te gaan haal. Die beamptes het hierop
besluit om hul nie uit die sel te laat nie, en hul kos is na hulle gebring en
onder
die tralies deurgestoot. Die 28's het die kos weer teruggestoot sodat
niemand in die sel kon eet nie. Hierdie toe-drag van sake sou
dan kwansuis
frustrasie by die appellante gewek het.
Op die noodlottige Saterdag 6 Sep-
.... / 7
7
tember het no 1 'n paar sokkies aan 'n selmaat,
George September, gegee om
te was. Toe hy hulle
wou terughê kon hulle nie gevind word nie.
Sep-
tember het die oorledene beskuldig dat hy hulle
geneem het. Die
oorledene het dit ontken. No 1
het hierop die oorledene voor hom laat kniel
en
hom met 'n beker oor die kop geslaan, en 'n oop
wond veroorsaak.
September het die hare van die
wond afgeskeer, en dit het die suspisie by no
1
gewek dat die oorledene hom by die owerhede wou
aangee. Die verhoorhof
het bevind dat dit bes-
moontlik aanleiding gegee het tot die besluit
om
die oorledene om die lewe te bring.
Die getuienis dui daarop dat no 2
.... /8
8
juis toe rondgeloop het en sy ontevredenheid uit-gespreek het teen die
gevangenisowerhede omdat hulle die "wyfies" uit die sel geneem
het, en oor die
ander optredes wat hy afgekeur het. Hy het die mening uitgespreek dat as hulle
'n moord sou pleeg die owerhede aan
hulle eise gehoor sou gee. Die lede van die
28 bende, dws no 1, 2, 3, 4 en 'n ene Flip Maart (wat 'n staatsgetuie was), het
hierop
'n "kringsitting" gehou om die voorstel te bespreek. No 2, wat die
leiding geneem het, het gevra wie die moord sou pleeg, waarop
no 1 - wat 'n
vonnis van 10 jaar uitgedien het - aangebied het om dit te doen want: "hy smaak
nie die 10 jaar nie". No 2 het toe
voorgestel dat die 26
.... /9
9
bendelede ook betrek moes word. So is no 5 be-trek. No 1 het no 6, 'n lid van
die 27 bende, met dreigemente oorreed om ook mee te
doen. No 2 het bevel gegee
dat alle nie-bendelede op hul beddens moes gaan lê en hul koppe met hul
komber-se moet toemaak sodat
hulle nie kon waarneem wat om hulle gebeur nie. Die
28 bende het weer in 'n kring gaan sit. No 1 vra vir no 2 wanneer hulle gaan
"dalla", dws moor. No 2 antwoord dat hulle dit onverwyld gaan doen. Hy beveel
toe vir no 3 en 6 om die oorledene te verwurg. No 3
het 'n lyfband tevoorskyn
gebring en toe no 6 aarsel om saam te gaan het no 1, 2 en 4 nadergestaan met
skeermeslemmetjies in hul
hande. Dit het no 6
.... / 10
10
beweeg om maar saam te gaan. No 3 het die kom-bers van die oorledene se kop
afgepluk, die lyf-band om sy nek gesit en die ander end
daarvan aan no 6 gegee.
So het hulle gesamentlik die oorle-dene gewurg. No 2 het no 4 beveel om
oorledene se bene vas te hou. No
1 het 'n mes by no 2 ge-neem en probeer om
oorledene in die bors te steek. Hy het sewe of agt keer gesteek maar die mes kon
nie behoorlik
in die bors dring nie, en die wonde wat hy veroorsaak het was maar
oppervlakkig van aard. Hy het hierop 'n langer mes by no 2 gekry
en die
oorledene daarmee deur sy hart gesteek.
Toe die amptenare die volgende oggend
die sel besoek het, het hulle aanvanklik nie die
.... / 11
11
lyk opgemerk nie. No 2 gee toe opdrag aan no 1 en 4 om die lyk aan die
tralies van die sel vas te maak sodat dit geredelik gesien
kon word. Dit is
gedoen, en so is die misdaad ontdek.
Hierdie feitebevindings van die
ver-hoorhof kan nie wesenlik in twyfel getrek word nie. Beide appellante het
getuienis in hul eie
verdedig-ing afgelê, en albei se getuienis i s deur
di e ver-hoorhof as klaarblyklik leuenagtig verwerp. No 1 het in sy getuienis
gepoog om al die blaam op homself te neem, terwyl no 2 gepoog het om hom-self
van die hele gebeure be distansieer. Die verhoorhof
het egter bevind dat hy "an
utter scoundrel and an out and out liar" was, dat hy
.... / 12
12
die brein agter die hele komplot was, en dat hy die leidende rol as
aanhitser, beplanner en ko-ordineerder vervul het. No 1 was 26
jaar oud ten tyde
van die pleging van die misdaad en no 2 was 29. Albei van hulle het 'n lang lys
vorige oor-tredings erken. Die
verhoorhof het al die feite wat as versagtend
gesien kon word in aanmerking geneem, maar desondanks bevind dat daar geen
ver-sagtende
omstandighede was nie.
Nadat die saak terugverwys is, is daar
getuienis van drie familiebetrekkinge van di e appellante - no 1 se moeder, en
no 2 se ouer
broer en sy swaer - , twee welsynsbeamptes, en 'n kliniese
sielkundige voor di e hoC geplaas.
.... / 13
13
Albei appellante het ook weer getuig, en die hof vertel van
hullekinderdae, hul jeugjare en hul le-wensomstandighede daarna. Weereens
het
die appel-lante die hof nie beindruk nie en is hul getuienis verwerp. In albei
gevalle verskil die relase wat hulle aan die welsynsbeamptes
verstrek het in
wesenlike opsigte van die wat hulle aan die kliniese sielkundige verstrek het,
en word in hul getuienis ander aspekte
aangebied wat nie voorheen ge-opper was
nie. Die betrokke kliniese siel-kundige, mnr Friedman, was hierop bedag, en baie
van sy afleidings
is tentatief aangebied juis omdat hy onseker was van die
waarheid van dic feite wat aan hom voorgehou is. Desondanks was mnr Friedman
.... / 14
14
van mening dat beide die appellante 'n anti-sosiale
persoonlikheidsversteuring (voorheen "psigopatie" genoem) vertoon het. Die hof
a
quo
was beïndruk met mnr Friedman as 'n getuie en het hierdie
be-vinding van hom aanvaar. Mnr Friedman was voorts van mening dat
no 2 aan 'n
erger graad van versteur-ing gely het as no 1. Met verwysing na die uit-spraak
in
S v Lawrence
1991 (2) SASV 57 (A) op 66 i
waar 'n psigiater bereid
was om die appellant in daardde saak - wat ook aan 'n erge graad van versteuring
gely het - as 'n "vier ster
psigopaat" te bestempel, was mnr Friedman in die
onderhawige geval van mcning dat no 2 as 'n "vyf ster psigo-paat" gesien kon
word.
Albei advokate het dan
.... / 15
15
ook betoog dat hierdie anti-sosia]e persoonlik-heidsversteuring van die
appellante, tesame met die frustrasie wat die inkerkering
in die klein sel
mee-gebring het en die sin van verontregting wat hulle gevoel het as gevolg van
die optrede van die ampte-nare teenoor
hulle, so versagtend ingewerk het op 3ie
pleging van die misdaad dat die doodvonnis nie die enigste gepaste vonnis in
hierdie geval
was nie, en dat lewenslange gevangenisstraf die aange-wese vonnis
sou gewees het.
Namens no 1 is ook aangevoer dat sy ongelukkige en
verwaarloosde kinderjare tot sy mis-dadige loopbaan gelei het en bygedra het tot
dic vorming van die persoon wat hy tans is; dat die
.... / 16
16
bende sub-kultuur wat in die gevangenis geheers het, en waaraan hy onderworpe
was, sterk op hom ingewerk het by die pleging van die
moord; en laastens dat hy
onder no 2 se leiding gestaan het en dat dit hom beTnvloed het om te doen wat hy
gedoen het. Namens no
2 is voorts ook, weereens met verwysing na
S v
Lawrence
(
supra
) op 60 b-c, en mnr Friedman se getuienis waarna ek
later sal verwys, aangevoer dat, gesien die feit dat hy geen verdere oortreding
gepleeg hct scdcrt die doodvonnis in 1987 hom opgelê is nie, sy
anti-sosiale persoonlikheidsversteuring besmoontlik uitgewoed
het. In ieder
geval, word dit betoog, kan die hoop op genesing en herstel nooit uit-
.... / 17
17
gesluit word nie. Ek sal elkeen van hierdie be-toë afsonderlik
behandel.
Wat die betoog van no 1 rakende sy verwaarloosde kinderjare betref,
kom dit in wese daarop neer dat hy is wat hy is omdat hy so ver-waarloos
groot
geword het - maw dat dit die oor-sprong en rede vir sy
persoonlikheidsversteuring is. Dit is egter die versteuring self wat
as 'n
moontlike versagtende faktor oorweeg moet word, en wat dit veroorsaak of
meegebring het is nie van enige verdere belang nie.
Hierdie betoog hoef dus nic
verder oorweeg te word nie.
Di e frustrasie waarop albei appellante steun,
sou ontstaan het as gevolg van die owerhede
.... / 18
18
se weiering om aan hul eise te voldoen, asook die maatreëls wat geneem
is om die 28 bende-lede se dreigemente die hoof te bied.
Hierdie weiering sou
die appellante so frustreer het dat hulle tot die gevolgtrekking gekom het dat
hulle 'n moord moes pleeg om
die owerhede tot instemming te bring. Dit druis in
teen alle oorwegings van redelikheid en billikheid om so 'n "frustrasie" te
billik.
Die maatreëls wat di e owerhede getref het was genoodsaak deur
appellante en hul makkers se onboheersde gedrag, en die eise
wat hulle daarna
gestel het was geheel en al on-aanvaarbaar. Wat meer is, word die stappe wat
hulle besluit het om te neem ni e teen
di e owerhede
.... / 19
19
gerig nie, maar teen 'n onskuldige selgenoot was niks aan enige een van hulle
gedoen het nie. Om hom op so 'n gevoelose en berekende
manier om die lewe te
bring is m i gedrag waarvoor die gewone ewe-wigtige landsburger geen begrip kan
toon nie (
S v Mandela
1992 (1) SASV 661 (A) op 665 e). Enige frustrasie
wat daar dus by die appellante kon ge-wees het, kan na my mening geen gewig as
'n ver-sagtende faktor dra nie.
Namens no 1 is die sogenaamde bende
sub-kultuur waaraan hy onderhewig sou gewees het, en die beïnvloeding deur
no 2, as 'n versagtende
faktor ge-opper. Daar is egter geen getuienis dat hy uit
dwang by die bende aangesluit het nie, of
.... / 20
20
dat die bende druk op hom uitgeoefen het om die mis-daad te pleeg nie. (
S
v Peterson en Andere
1980 (1) SA 938
op 946 A.) Trouens die getuienis dui
daarop dat albei appellante reeds op 'n jeugdige leeftyd uit vrye wil besluit
het om by bendes
aan te sluit en om 'n misdadige leefwyse na te streef. In die
onderhawige geval het no 1 en no 2 gesa-mentlik die voortou geneem
by die hele
operasie, en die 28 bende ingespan om hulle bose opset deur te voer. Alhoewel
die verhoorhof bevind het dat no 2 die
leiding geneem het en die moord beplan
het, het die hof ook bevind dat no 1 uit sy eie vrye wil deelgeneem het aan die
moord en dat
hy nie deur enigiemand daartoe beinvloed i s nie.
.... / 21
21
Sy geredelike toetrede tot die komplot en sy gre-tige deelname aan die
werklike doodslag sonder dat hy daartoe aangesê is, blyk
duidelik uit die
ge-tuienis. Hy was nie 'n pion van no 2 nie, maar 'n entoesiastiese makker. Die
hof a quo se bevind-ing dat no 1
deur niemand beïnvloed is nie word dus ook
op die getuienis gestand gedoen. Hy kan dus na my mening nie op hierdie gronde
op
versagting aanspraak maak nie.
Wat die anti-sosiale
persoonlikheids-versteuring of psigopatie betref is dit duidelik dat dit nie
insigself as 'n versagtende faktor
ge-sien kan word nie (
S v Mnyanda
1976
(2) SA 751
(A) op 766 H). In
S v Pieterse
1982 (3) SA 678
(A)
.... / 22
22
op 684 B sê Rumpff HR dat:
"Die feit dat di e psigopaat gevoelloos teenoor ander is, onderskei die
psigo-paat strafregtelik nie juis van ander mense nie maar,
indien hy sterk
drange het wat weens sy besondere geestestoe-stand minder beheerbaar is as die
van 'n gewone mens, sou 'n Hof, afhangende
van omstandighede, dit as 'n
versagtende omstandigheid kon bevind."
(Cf ook
S v Kosztur
1988 (3) SA 926
(A) op 938 D -
939 F;
S v Oosthuizen
1991 (2) SASV 298 (A) op
301 i - 302 a.)
Soos blyk uit bogenoemde passasie
moet daar 'n sekere verband bestaan
bussen 'n be-
skuldigde persoon se psigopatie en die misdaad
deur hom
gepleeg, voordat sy toestand as 'n
versagtende faktor oorweeg
.... / 23
23
kan word. Die blote feit dat 'n psigopaat ge-
voelloos teenoor ander is,
dat hy gewetenloos
kan optree, of dat hy 'n lae frustrasiedrempel
het,
dien nie noodwendig as versagtende faktore
nie, selfs al sou hierdie
eienskappe, in die
breë gesien, in verband gebring kon word met
die
pleging van die misdaad. In die onderha-
wige geval kon mnr Friedman die
anti-sosiale
persoonlikheidsversteurings van die appellante
ook niks
verder as dit voer nie. Op 'n vraag
oor hoe die gevoel van frustrasie en sy
misnoë
met die gevangenisowerhede no 1 sou beïnvloed
het,
antwoord hy:
" Well again somebody with a low frustration tolerance tends to act out
aggressively."
.... / 24
24
By verdere navraag in die verband sê hy ook:
"Its difficult to - I can't say that ... somebody having an anti-social
persona-lity is necessarily going to act in die way this person
reacted."
en toe hy pertinent gevra is -
"Are you surprised that Mr. Jordaan acted the way he did?"
antwoord hy -
"Thats a tricky question to answer."
Ten opsigte van no 2 verskyn die
volgende passasies in mnr Friedman se getuienis:
"You're not saying well because he is a person with that personality disorder
he commits the crime? He still has a choice whether
or not he wants to commit
the crime? Oh yes certainly."
.... / 25
25
Mnr Friedman het getuig dat impul-siewe optrede een van die kenmerke van 'n
psigo-patiese persoonlikheid is, en toegegee dat die pleging
van die onderhawige
moord nie 'n impulsiewe daad was nie. Daar was sorgvuldige beplanning deur die
twee appellante. Al hierdie aspekte
dui daarop dat hul psigopatie geen direkte
ver-band met die moord gehou het nie. Ten beste vir hulle kan dit gesê
word dat
hulle gewete-loosheid en gevoelloosheid vir ander dit vir hulle
makliker gemaak het om die moord te pleeg as vir 'n normale persoon.
Hierdie
oorweging kan baie min gewig ter versagting dra.
Mnr Pretorius het namens no 2 aange-
.... / 26
26
voer dat die doodvonnis nie die enigste gepaste
vonnis is nie daar no 2 se
psigopatie met die jare
kan uitwoed. In die verband sê mnr
Friedman:
"To be fair though the one thing that is evident in clinical experience and
the liberature, is that these kind of per-sonalities tend
to burn out as they
grow older; but I'm talking about much older. ... They don't have quite so much
energy to run around. I think
that's the reason ... that's put forward - to run
around committing the crimes they did when they were younger. It's the natural
decay of age."
Tn her verhoor is hy gevra wanneer
hierdie uitwoedproses kon begin, en hy antwoord:
"It's a very vague notion M'Lord. No-body's really said it starts at this age
or that age. The impression I get is that people in
literature talk about it
..../ 27
27
being sort of late middle age and onwards." Dit wil my dus voorkom dat dit
maar 'n vae kon-sep is waarvan mnr Friedman min persoonlike
on-dervinding het
benewens wat hy in die letter-kunde nagelees het. Toe hy gevra is of die feit
dat daar geen getuienis is dat no
2 sedert 1986 enige misdaad gepleeg het
nie,gronde bied vir enige prognose in die verband, was mnr Friedman baie
huiwerig om 'n besliste
antwoord te gee.
Met verwysing na Lawrence se saak
(
supra
) op p 60 c het mnr Pretorius betoog dat die hoop altyd gekoester
moet word dat die me-diese wetenskap dalk eendag met 'n middel tevoor-
.... / 2 8
28
skyn kan kom om psigopatie te genees, en dat die
doodstraf derhalwe nie
die enigste gepaste vonnis
is nie. Lewenslange gevangenisstraf, het hy
be-
toog, sou 'n meer gepaste vonnis wees. In hier-
die verband sê
mnr Friedman:
" .. one of the major features of people with an anti-social personality
disorder is that they tend not to be able to learn from experience.
It's one of
the reasons that they become habitual criminals .... they tend to repeat the
same experience over and over again. And
he's already murdered once in gaol,
there's virtually ... nothing to stop him from doing it again and again givcn
the appropriate
incentive or stimu-lus, is that so?
Let mo preface by saying just to be cautious, that violence prediction is a
difficult thing, but certainly ... I would agree.
.... /29
30
kom. Die feit dat no 2 sedert 1986 geen verdere misdade gepleeg het nie kan
nie werklik afbreuk doen aan die bestaan van die sluimerende
propensi-teit tot
gewetenlose geweldpleging wat in sy persoonlikheidsversteuring setel nie. No 1
het inderdaad sedert 1986 'n verdere
aanranding in die gevangenis gepleeg
waarvoor hy tot vier jaar gevangenisstraf gevonnis is. Die verwronge
persoonlikhede van beide
appellante hou dus steeds 'n wesenlike gevaar in vir
hul medegevange-nes en vir die personneel, en daar is geen werklike vooruitsig
dat daardie gevaar binne enige rede-liko tydperk sal afneem nie (
S v Van
Niekerk
1992 (1) SASV 1(A) op 16 d-f). Met bestaande gee ek
..... / 31
31
nie te kenne nie dat my uitelndelike slotsom anders sou gewees het indien
daar getuienis was dat die psigopatie homself binne 'n redelike
tydperk sou
uitwoed. Na my mening is hierdie een van die besonder ernstige gevalle waar die
gemeenskaps-belang sterk na vore tree,
en waar die vonnis boonop nie slegs die
gemeenskap se afsku oor die appellante se dade moet uitdruk nie, maar ook ander
van soortgelyke
dade moet afskrik. (
S v Malgas en Andere
1991 (l) SASV
284 (A);
S v
Mandela (
supra
) op 666 d-f; en
S v Mathee
1992
(1) SASV 186 (A) op 198 e-f.) In die lig van al hierdie oorwegings meen ek dat
di e doodstraf d:ie enigste gepaste straf is.
.... / 32
32
Die appèl van albei appellante teen die doodvonnis hul opgelê
word afgewys.
J.P.G. EKSTEEN, AR
VAN HEERDEN, AR )
stem saam VAN DEN HEEVER, AR )