About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 181
|
|
Namex (Edms) Bpk v Kommissaris van Binnelandse Inkomste (314/1992) [1993] ZASCA 181; 1994 (2) SA 265 (AD); [1994] 2 All SA 111 (A) (26 November 1993)
LL
Saak No 314/1992
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
Insake die appèl van:
NAMEX (EDMS)
BPK
Appellant
teen
DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE
INKOMSTE
Respondent
CORAM: VAN HEERDEN, SMALBERGER, GOLDSTONE, VAN
DEN HEEVER ARR en NICHOLAS Wnd AR
VERHOORDATUM
: 2 NOVEMBER 1993
LEWERINGSDATUM
: 26 NOVEMBER
1993
UITSPRAAK
VAN HEERDEN AR
:
2 In Mei 1983 het die
appellant 'n opgawe van inkomste vir sy 1982 belastingjaar ingedien. Daarin is
aanspraak gemaak op 'n aftrekking
van meer as R6 miljoen. Dié aanspraak
was gebaseer op die bepalings van art 15(a), saamgelees met artikels 36 en 37,
van die
Inkomstebelastingwet 58 van 1962. Die appellant het naamlik gedurende
die betrokke belastingjaar koopkontrakte met drie maatskappye
aangegaan en
daarvolgens myneiendomme, insluitende ontwikkelings-bates, binne die raamwerk
van art 37(1) verkry. Gevolglik was die
appellant geregtig op 'n
belasting-aftrekking gelykstaande aan die effektiewe waarde van sodanige bates.
Soos art 37(4) toe gelui
het, moes bedoelde waarde deur die Staatsmyningenieur
bepaal word. Ten tye van die indiening van die opgaaf was so 'n bepaling nog
nie
gemaak nie en voornoemde bedrag van meer as R6 miljoen was die totaal van die
bedrae wat in die koopkontrakte as die waardes
van
3
die ontwikkelingsbates beraam was.
In Junie 1983 het die respondent die appel-
lant ten opsigte van sy 1982 belastingjaar aange-
slaan. Dit was 'n negatiewe aanslag in die sin dat
'n verlies bepaal is. Hierdie verlies is bereken op
die
grondslag dat die appellant op die genoemde
aftrekking geregtig was. Die volgende nota het egter
op die
aanslag verskyn:
"This assessment is subject to revision, if necessary, once the
Government Mining Engineer's determination of the effective value
of the various
assets acguired, is received."
Op 11 September 1984 is die appellant in
voorlopige likwidasie geplaas. Hierna het die Trans
Hex Groep
Bpk 'n aanbod gemaak. Hierdie aanbod was
bestem om ingevolge art 311
van die Maatskappywet 61
van 1973 behandel en oorweeg te word. Nadat
blykbaar
aan die prosessuele bepalings van die artikel
voldoen
is, is die "aanvaarde" aanbod ("die onderhawige
4 skema") in
Maart 1985 kragtens 'n bevel van die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling
goedgekeur en daarna geregistreer. Ingevolge
'n bepaling van daardie skema is
die voorlopige likwidasiebevel ook deur die hof opgehef.
Die
onderhawige skema het o a voorsiening gemaak vir indiening van eise van die
appellant se skuldeisers by sogenaamde ontvangers.
Hoewel die respondent kennis
gekry het van die bepalings van die skema, van vergaderings van skuldeisers en
van die goedkeuring van
die skema, het die respondent nie 'n vergadering van
skuldeisers bygewoon of 'n eis by die ontvangers ingedien nie.
In
Maart 1986, d w s na ontheffing van die respondent uit voorlopige likwidasie,
het die Staats-myningenieur ingevolge art 37(4) van
die Inkomste-belastingwet
die effektiewe waarde van bogenoemde ontwikkelingsbates op slegs sowat R3,5
miljoen
5 bepaal. Daarna het die respondent 'n aanvullende aanslag
vir die appellant se 1982 belastingjaar uitgereik. In effek is bedoelde
bedrag
toe gesubsti-tueer vir die som van meer as R6 miljoen wat in die oorspronklike
aanslag as aftrekking toegelaat is. Dit het
meegebring dat die respondent ten
opsigte van die betrokke jaar met R756 587,26 belas is.
In 1987 het
die respondent in die Kaapse Provinsiale Afdeling 'n geding teen die respondent
aanhangig gemaak. Dit was gerig op die
verkryging van 'n bevel waarvolgens
verklaar sou word dat vanweë die goedkeuring van die onderhawige skema die
appel-lant nie
verplig was om die addisionele heffing te betaal nie. In die
respondent se verweerskrif is 'n aantal verwere, waaroor hieronder meer,
opgewerp en daarna het die partye 'n relaas van sogenaamde oor-eengekome feite
ingedien. Nadat o a bostaande ver-loop van sake uiteengesit
is, het die relaas
soos
6
volg voortgegaan:
"16. Daar was in die hande van die ontvangers vermeld in die goedgekeurde
skema vol-doende fondse om die belasting van R756 587,26
... ingevolge die
bepalings van klousule 4.9 van die skema te betaal indien die Verweerder [die
respondent] 'n eis ingevolge die
skema bewys het.
17.
Die Verweerder
en die amptenare wat die bepalings van die Wet op Inkomstebelast-ing onder sy
beheer, leiding en toesig uitvoer, ressorteer
as 'n aparte afdeling onder die
Departement van Finansies soos geïllustreer in die dokument hierby aangeheg
gemerk 'X'.
18.
18.1
Gedurende die tydperk vanaf en
insluitend 1983 tot die huidige is verskeie eise vir inkomstebelasting deur
Verweerder ingedien by die betrokke 'ontvangers' ingevolge
die bepalings van
skikkings en/of reëlings wat kragtens die bepalings van artikel 311 van die
Maatskappy-wet goedgekeur is.
18.2 In elk van die tien voorbeelde van sulke gevalle hieronder
gemeld,
(a)
was
die betrokke maatskappy in voorlopige of finale
likwidasie;
(b) het die Verweerder 'n eis
vir
7
inkomstebelasting as prefe-rente skuldeiser ingedien;
(c)
het die
skikking en/of reël-ing onder meer bepalings bevat dat die eise van
skuld-eisers sedeer word of geag sedeer te word aan
'n aan-bieder en dat die
skuldeisers in ruil daarvoor betaling van die geheel of 'n gedeelte van hul eise
van die betrokke 'ontvanger'
sou
ontvang;
(d)
is daar in elke
geval 'n bedrag deur die 'ontvanger' aan die Verweerder in sy verdelingsrekening
toegeken en betaal wat meer was as
die bedrag wat die Verweerder waarskynlik ten
opsigte van sodanige eis in likwidasie van die maatskappy sou ver-haal het, maar
wat
minder was as die sigwaarde van die eis .... [Dan volg die name van tien
maatskappye.]
18.3
In talle ander
soortgelyke gevalle het Verweerder soortgelyke eise ingedien en is Verweerder
ten volle deur die betrokke 'ontvanger'
betaal.
18.4
Al die gemelde
eise is ingedien en hanteer deur amptenare in
Verweer-
8
der se gemelde afdeling wat gehandel het ingevolge staande instruksies
deur Verweerder aan hulle uitgereik ingevolge artikel 40 van
die Skatkis- en
Ouditwet nr 66 van 1975 . 'n Afskrif van die instruksies word hierby aangeheg,
gemerk 'Yl', 'Y2' en 'Y3'.
18.5 Daar is nie gedurende die gemelde tydperk soortgelyke eise namens
Verweerder by 'ontvangers' ingedien of hanteer deur enige ander
ampte-nare (dit
is deur amptenare van 'n ander afdeling as dié van Verweer-der) in die
Departement van Finan-sies nie."
Dit is duidelik dat die partye dit eens was
dat indien die
goedkeuring van die skema buite reken-
ing gelaat word, die respondent tereg addisionele
belasting
van R756 587,26 vir die respondent se 1982
belastingjaar gehef het.
Die relaas het dan ook
afgesluit deur te vermeld dat die appellant
slegs op
die effek van die goedgekeurde (en
geregistreerde)
skema gesteun het vir sy aanspraak dat dit nie
ver-
plig was om daardie bedrag te betaal nie.
9 Die
dokument waarna in para 17 van die relaas verwys is, toon slegs aan dat die
respondent as't ware hoof van 'n sub-departement
van die Departement van
Finansies is, terwyl die instruksies vermeld in para 18.4 voorgeskryf het hoe
belasting-amptenare moes optree
wanneer skemas ingevolge art 311 van die
Maatskappywet voorgestel was.
Die vier alternatiewe verwere wat deur die respondent geopper is, is die
volgende:
(1)
Die onderhawige
skema val nie binne die raamwerk van art 311 nie, en goedkeuring daarvan kan dus
nie skuldeisers van die appellant,
of altans dié wat nie daartoe
toegestem het, bind nie. Aange-sien die respondent nie die skema aanvaar het
nie, is dit nieteenstaande
bekragtiging daarvan nie daaraan gebonde
nie.
(2)
Die onderhawige
skema kon in elk geval nie op die respondent van toepassing
gemaak
10 word nie, en wel omdat dit behels
het dat die res-pondent afstand moes doen van 'n belastingsaanspraak of dit moes
sedeer - iets
wat die respondent nie regtens kon vermag nie.
(3)
Hoewel
goedkeuring van 'n skema volgens art 311 alle skuldeisers van 'n maatskappy
bind, is die artikel nie van toepassing nie op
' n eiser wie se vordering bloot
"gebeurlik" is - soos die respondent se vordering ten opsigte van addi-sionele
belasting vlr die
appellant se 1982 belas-tlngjaar wel
was.
(4)
Die bepalings van
die skema was slegs van toepassing op skuldeisers wie se skuldoorsake voor
goedkeuring van die onderhawige skemas
ontstaan het. Die respondent se
tersaaklike skuldoorsaak het egter eers ontstaan by uitreiking van die
addisionele aanslag, of vroegstens
toe die Staatsmyningenieur in Maart 1986 die
waarde van die ontwikkelingsbates
11 bepaal
het. Gevolglik was die skema nie op die respondent van toepassing
nie.
Vanweë die feite waarop ooreengekom is, en die aard van
bogenoemde verwere, is dit onnodig om die bepalings van artikels 36 en
37 van
die Inkomste-belastingwet in besonderhede uiteen te sit. Ek kom egter later op
die effek van sommige van daardie bepalings
terug.
Die verhoorhof
het net die eerste twee verwere bespreek maar dit nie nodig geag om tot 'n
bevinding aangaande die eerste daarvan te
kom nie. Omdat die tweede verweer
gehandhaaf is, is die appel-lant se vordering egter met koste afgewys. Daarna
het die regter-president
van die Kaapse Provinsiale Afdeling aan die appellant
verlof verleen om na hierdie hof te appelleer.
(Die uitspraak van
die verhoorhof is gerap-porteer:
1992 (2) SA 761
(C).)
12 Al vier verwere is weer voor ons beredeneer.
Ek bespreek
hulle agtereenvolgens.
(1)
Die eerste verweer
Die tersaaklike bepalings van art 311 van
die Maatskappywet
lui soos volg:
"(1) Wanneer 'n skikking of reëling voorgestel word tussen 'n
maatskappy en sy skuldeisers of 'n klas van hulle, ... kan die
Hof op aansoek
van die maatskappy of 'n skuldeiser ... of, in die geval van 'n maat-skappy wat
gelikwideer word, van die likwida-teur
. . . beveel dat 'n vergadering van die
skuldeisers of klas van skuldeisers ... van die maatskappy ... (na gelang van
die geval)
byeengeroep word op die wyse wat die Hof gelas.
(2) As tot die skikking of reëling toegestem word deur -
(a) 'n meerderheid in getal wat
drie-kwart in waarde van
die
skuldeisers of klas van skuld-
eisers
verteenwoordig; of
(b) .....
(na gelang van die geval) wat óf persoonlik of deur 'n
gevolmagtigde op die vergadering aanwesig is en stem, bind die skikking
of
reëling, as die Hof dit goedkeur, al die skuldeisers of die klas van
skuldeisers . . . (na gelang van die geval) en ook die
13
maatskappy of, as die maatskappy gelikwideer word, die likwidateur .
..."
Art 311(6)(a) skryf voor dat 'n goedkeurings-bevel kragteloos is totdat
'n gesertifiseerde afskrif daarvan op 'n voorgeskrewe wyse
by die Registrateur
van Maatskappye ingedien en deur hom geregistreer is. Om onnodige herhaling te
voorkom, verwys ek egter voortaan
nie na hierdie vereiste nie. Wanneer ek dus
die woorde goedkeuring en goedkeuringsgbevel gebruik, het ek in die oog 'n
goedkeuring
wat wel geregistreer is.
Die kern van die eerste verweer
is dat die onderhawige skema nie 'n "reëling" tussen die appel-lant en sy
skuldelsers, of 'n
klas van hulle, daarge-stel het nie, en dat die goedkeuring
van die skema dus nie enige van die skuldeisers van die appellant, of
altans nie
dié wat nie tot die skema toegestem het nie, gebind het nie. Dit word
bestry deur die appel-
14 lant wat bowendien aanvoer dat totdat die goedkeuring tersyde gestel
is, die respondent nie op die onreël-
matigheid, indien dit wel
een was, kan steun nie.
Dit is op hierdie stadium dienstig om te
verwys na sogenaamde standaardskemas wat gereeld in Provinsiale en Plaaslike
afdelings ingevolge
art 311(2) goedgekeur is - altans tot betreklik onlangs. So
'n skema, wat betrekking het op 'n maatskappy onder voorlopige likwidasie,
behels in essensie die volgende:
(a) Die aanbieder van die skema
("die inisieerder") bied aan om 'n bepaalde of bepaalbare bedrag beskikbaar te
stel. Daardie bedrag
is hoof-saaklik bestem vir verspreiding onder skuldeisers
van die maatskappy. In die reël staan versekerde en preferente skuldeisers
ten volle betaal te word -altans tot die omvang van hul sekuriteit of voorkeur -
terwyl voorsiening gemaak word vir betaling van
'n
15 dividend aan
konkurrente skuldeisers.
(b)
Slegs
skuldeisers wat hul vorderings op een of ander voorgeskrewe wyse bewys, meestal
op 'n vergadering van skuldeisers of teenoor
'n ont-vanger benoem in die skema,
verkry sodanige betaling en wel vanaf die
ontvanger.
(c)
By die
plaasvind van 'n bepaalde gebeurtenis, gewoonlik goedkeuring van die skema, word
dit geag dat skuldeisers 'n sessie van hul
vorderingsregte teen die maatskappy
aan die inisieerder (of sy genomineerde)
gee.
(d)
Wat op fiktiewe wyse
gesedeer word, is egter nie die volle vordering nie. Die omvang daar-van word
naamlik verminder met 'n gedeelte
daarvan -meestal met een
persent.
(e)
By goedkeuring
van die skema word die maatskappy uit voorlopige likwidasie
onthef.
Onderworpe aan enkele afwykings wat
nie vir
16 huidige doeleindes van belang is nie, het die onder-hawige skema al
die wesenskenmerke van 'n stan-daardskema bevat. Ek hoef slegs
na para 5 daarvan
te verwys. Daarin is o a gestipuleer dat
"met sanksie van die aanbod en registrasie
daarvan:
5.3 sal die eise [van skuldeisers van die maatskappy]
5.3.1
verminder
word met 'n bedrag van R10 000 (TIENDUISEND RAND);
en
5.3.2
onderworpe aan die
vermindering in 5.3.1 geag word aan die aanbieder sedeer te wees en sal dit in
die aanbieder setel en die regte
van alle skuldeisers sal daarna beperk wees tot
die reg om betaling krag-tens hierdie aanbod te
eis;"
Sover my bekend, is die juridiese
aanvaar-
baarheid van 'n standaardskema vir die eerste keer
in
Ex parte Kaplan and Others NNO: In re
Robin
Consolidated Industries
Ltd("Robin")
1
betwyfel.
1
1987 (3) SA 413
(W)
17 Die resultaat was dat 'n volle hof
van die Witwaters-randse Plaaslike Afdeling beslis het dat 'n stan-daardskema
nie binne die
raamwerk van art 311(1) tuisgebring kan word nie. Die
ratio
decidendi
was dat so 'n skema 'n reëling tussen die inisieerder en die
skuldeisers van die maatskappy is, en nie een tussen die maatskappy
en sy
skuldeisers nie. Hierdie beslissing is kort daarna deur 'n volle hof van die
Kaapse Provinsiale Afdeling gevolg
.2
Daarna het 'n volle hof van die
Durban en Kus Plaaslike Afdeling egter afgewyk.3
Indien
Strydom
verkeerd beslis is, sal dit nodig wees om 'n aantal verdere
argumente van die appellant aangaande die al of nie geldigheid van die
2
Ex parte Millman and Others NNO: In re Multi-Bou
(Pty) Ltd and Others
1987 (4) SA 405
(C)
("Multi-Bou").
3
Ex parte Strydom
NO:
In re Central
Plumbin
g
Works (Natal)
(Pty) Ltd
(en
verwante aansoeke)
1988 (1) SA 616
(D)
("Strydom").
18 respondent se eerste verweer te oorweeg. Indien dit egter reg beslis
is, verval daardie verweer. Dit is gevolglik aangewese om
terstond die
teenstrydige judisiële opvattings in oënskou te neem.
Ter
aanvang is enkele algemene opmerkings aangewese. Eerstens word algemeen aanvaar
dat die woord "reëling" waar dit in die frase
"skikking of reëling" in
art 311(1) voorkom, 'n wye betekenis het. Presies hoe wyd, is nie tans ter sake
nie. Die sentrale vraag
wat in bogenoemde drie sake ter sprake was, was naamlik
nie of 'n standaardskema wel ' n "reëling" is nie, maar of dit die
maatskappy
betrek. Indien die howe in
Robin
en
Multi-Bou
van
oordeel was dat 'n standaardskema wel aan hierdie vereiste vol-doen, ly dit geen
twyfel nie dat dit na hul mening binne die raamwerk
van art 311(1) sou val. Met
so 'n konklusie sou ook geen fout gevind kon word nie.
Tweedens is dit eintlik vanselfsprekend dat
19 'n
"reëling" nie sinoniem met 'n "skikking" is nie, want anders sou die
wetgewer twee woorde met die-selfde betekenis gebruik
het. In hierdie verband
dien daarop gewys te word dat in
Multi-Bou
4
met blykbare
goedkeuring verwys is na 'n opvatting dat vir die doeleindes van art 311(1) 'n
"reëling" 'n skikkingselement ("an
element of compromise") moet bevat. Dit
kan nie juis wees nie omdat 'n skikking 'n geskil voorveronderstel, en 'n
reëling klaarblyk-lik
nie die oplossing van 'n geskil ten doel hoef te
hê nie. Dit kom egter voor dat Berman R die woord "compromise" in 'n
oneigenlike
sin gebruik het, want hy het ook 'n "adjustment of rights" tussen
die maatskappy en sy skuldeisers tipeer as "the distinct-ive feature
of a
compromise". En so 'n aanpassing sou kon geskied by wyse van 'n skema
waarvolgens die skuldeisers van 'n maatskappy, of sommige
van hulle,
4
Op p 409C
20
ter delging of verlies van hul
onbestrede
vorderings
bedrae minder as die omvang daarvan staan te
ont-
vang.
Ek gaan nou oor tot oorweging van die vraag
of 'n
standaardskema wel 'n reëling tussen die maat-
skappy en sy skuldeisers behels. Soos reeds geblyk
het,
bepaal so 'n skema o a dat by goedkeuring daar-
van (of soms later)
die vorderings van skuldeisers
verminder sal word, en dat dit dan
geag sal word dat
hulle sessies van die verminderde vorderings aan
die
inisieerder gegee het. (Gerieflikheidshalwe verwys
ek
voortaan na so 'n "sessie" as 'n veronderstelde
sessie.) Wat
eersgenoemde bepaling betref, het
Berman R in
Multi-Bou
5
die volgende gesê:
"Nor does the agreement of the creditors to reduce their claims against
the company by 1 cent in the rand in any way involve the company
in the
transaction between the credi-tors and the third party, for an instruction to
the company to reflect reductions in
5
Op p 411F
21
creditors' claims in its books of account
does not constitute an arrangement between the company and its
creditors."
In soverre hierdie passasie te kenne gee dat,
afgesien van
statutêre meganismes, 'n vermindering
van 'n skuldeiser se
vordering teen 'n maatskappy
sonder laasgenoemde se medewerking bereik kan word,
kan ek
nie saamstem nie. 'n Delging, of gedeeltelike
delging, van 'n skuld
vereis immers die medewerking
van die skuldenaar.G Dit kom my dan
ook voor dat
die passasie berus op 'n wanvertolking van
uitlatings
van Coetzee ARP in
Robin
.7
Hy het naamlik gesê dat
die bepaling betreffende
vermindering van vorderings
nie deel van die
basiese
inhoud
van 'n standaardskema
is nie aangesien implementering daarvan niks
meer as
"the reguisite entries in the books of the company"
6
vgl
Union Free State Mining and Finance Corporation
Ltd v Union Free State Gold and Diamond Corporation Ltd
1960 (4) SA 547
(W)
549
7
Op p 426
B-C
22 vereis nie; dat dit skeibaar is van die bepaling betreffende
'n veronderstelde sessie; dat laasge-noemde bepaling die wesensinhoud
van die
skema is, en dat dit gerig is op 'n reëling tussen skuldeisers en die
inisieerder en nie op een tussen die maatskappy
en die skuldeisers
nie.
Om die redes deur hom vermeld, stem ek saam met Coetzee ARP dat
'n blote verminderingsbepaling nie meebring dat 'n standaardskema
'n
reëling tussen die maatskappy en sy skuldeisers ten doel het nie. So 'n
bepaling betrek egter wel die maatskappy en moet
dus in samehang met ander
bepalings van die skema oorweeg word.
Ek kom vervolgens by para
5.3.2 van die onderhawige skema en ooreenstemmende bepalings van die
standaardskema. Soos reeds aangedui,
is in
Robin
bevind dat 'n bepaling
aangaande 'n veronderstelde sessie nie 'n reëling tussen ' n maatskappy en
sy
23
skuldeisers daarstel nie. In
Multi-Bou
8
was
die
Kaapse hof blykbaar dieselfde mening toegedaan. Maar
in
Strydom
is 'n strydige gevolgtrekking bereik.
Klousule 22 van die standaardskema wat in
Robin
ter
sprake was, het bepaal dat 'n veronderstel-
de sessie op 'n
toekomstige datum sou plaasvind. Met
verwysing na hierdie klousule
het Coetzee ARP die
volgende gesê:
9
"I turn now to the present scheme. It purports to be an 'arrangement
between the company and its creditors', but when it is stripped
of the large
number of ancillary provisions reguired to put it into operation, it is no more
than an acquisition by Sassari [die
inisieerder] of creditors' claims in these
five companies. As such it is an arrangement between it and the creditors, no
more, and
not one between the company and the creditors. This is evident from my
descrip-tion of the scheme - particularly para 22. It does
not postulate even a
tripartite agreement between Sassari, the creditors and the company. It is
simply one between Sassari and the
creditors whereby they cede their claims to
Sassari against payment of
8
Op p 411 E
9
Op p 420 C-E
24
the stipulated consideration.
In any such cession the company as debtor plays no role beyond having to
pay its debts to its new creditors in respect of the same
claims according to
their tenor. It is a contract purely between cedent and cession-ary. The only
relevance of mentioning the company
at all is purely to identify the
subject-matter of the debt which is being ceded."
Die redes waarom die hof in
Strydom
van
hierdie benadering verskil het, kan soos volg saam-
gevat word. Dit is waar dat ' n sessie nie medewerk-
ing of selfs kennis van die skuldenaar verg nie. 'n
Sessie spruit naamlik voort uit 'n ooreenkoms tussen
slegs die sedent en sessionaris. 'n Veronderstelde
sessie is egter nie 'n konsensuele sessie nie. Dit
word bloot
geag laasgenoemde te wees. 'n Veronder-
stellingsbepaling in 'n standaardooreenkoms bring
gevolglik
mee dat die maatskappy gebonde is aan 'n
oordrag van vorderingsregte
sonder die nodigheid van
'n konsensuele sessie. Dus:
10
10
Op p 622 A
25
"The arrangement ... whereby the company will recognise the offeror as
its new credi-tor in place of its old seems to us to be not
only notionally and
linguistically, but also in its basic content, an arrangement between it and its
creditors."
Dit kom my voor dat hierdie benadering berus
op 'n verwarring
tussen die gevolge wat die inisieer-
der teweeg wil bring en die
statutêre meganiek wat
bestem is om effektiewe gevolg daaraan
te gee.
Aanvanklik maak die inisieerder 'n aanbod dat op
sekere voorwaardes skuldeisers hul vorderingsregte
aan hom moet sedeer. Aanvaar alle skuldeisers (of
al
dié waarop dit van toepassing is) die aanbod, kom
'n
kontrak tot stand ongeag of al of nie van die bepal-
ings van art 311 (1) gebruik gemaak is. Al sou die
aanbod 'n
veronderstellingsbepaling bevat, word dan
nietemin 'n konsensuele
sessie teweeg gebring. Art
311 is egter op die wetboek geplaas omdat voorsien is
dat dit
heel dikwels onmoontlik sou wees om aanvaard-
26
ing deur alle skuldeisers te verkry. Daarom is bepaal dat indien die
reëlingsaanbod op die voorge-skrewe wyse aanvaar en goedgekeur
word, dit
alle skuldeisers bind. Dié wat nie toegestem het nie word dan by
goedkeuring as't ware statutêre partye tot
die voorgestelde ooreenkoms. 'n
Verondersteliingsbepal-ing word nou juis in 'n standaardskema ingevoeg omdat
besef word dat 'n aantal
skuldeisers nie die aanbod mag aanvaar nie, en dat
betreffende hulle van 'n fiksie gebruik gemaak moet word om oordrag van hul
vorderingsregte
te bewerkstellig. Die rede waarom 'n oordrag in sodanige gevalle
uiteindelik plaasvind, is egter uitsiuitiik die bindende bepaling
van art
311(2). En daarvoor is toestemming of medewerking van die maatskappy nie 'n
vereiste nie. Of 'n reël-ing nou ook bepaal
dat skuldeisers hul
vorderings-regte aan die inisieerder moet sedeer, en of dit 'n
veronderstellingsbepaling bevat, is gevolglik,
gesien
27
uit die oogpunt van die maatskappy, irrelevant. In beide gevalle bring
goedkeuring 'n oordrag mee sonder
betrokkenheid van die maatskappy.
Ek stem dus saam met Coetzee ARP dat ' n veronderstellingsbepaling nie op
'n reëling tussen 'n maatskappy en sy skuldeisers gerig
is nie. Dit bring
egter nie mee dat 'n standaardskema nie binne die raamwerk van art 311(1)
tuisgebring kan word nie.
Sodra 'n maatskappy onder voorlopige
likwi-dasie geplaas word, het alle skuldeisers daarvan 'n belang by die
lotgevalle van die likwidasieproses.
Enige van hulle sou bekragtiging van die
voorlopige bevel kon bestry, of onder gepaste omstandighede as mede-aansoeker
tot die verrigtinge
kon toetree. Een van die hoofoogmerke van 'n standaardskema
is onge-twyfeld die oordrag van skuldeisers se vorder-ingsregte aan die
inisieerder. So 'n oordrag bereik egter niks indien 'n finale likwidasiebevel
nogtans
28 verleen word nie. Die ander hoofoogmerk is gevolglik die
ontheffing van die maatskappy uit voorlopige likwidasie. By bereiking
van
daardie oogmerk het èn die maatskappy èn sy skuldeisers 'n belang.
Op dié van die skuldeisers het ek hierbo
gewys. Uit die maatskappy se
oogpunt lê die voordeel van 'n onthef-fing daarin dat dit weer, deur sy
direksie, vry doende kan
wees. Al die nadele van die voorlopige bevel verval.
Wat meer is, die maatskappy het nou net 'n enkele vriendskaplikgesinde
skuldeiser
en die ou skuldeisers kan nie op grond van hul voorheen bestaande
vorderings opnuut om likwidasie aansoek doen nie
.11
'n Voorgestelde
"herrysing" van 'n maatskappy is dus wel deeglik op 'n reëling tussen 'n
maatskappy en sy skuldeisers gerig.
Dit is natuurlik waar dat, soos reeds meer-
11
Serein Investments (Pty) Ltd v Myb (Pty) Ltd
1967 (4) SA 437
(C) 439 B.
29 male genoem,
'n standaardskema ook 'n reëling tussen die inisieerder en die maatskappy
se skuldeisers behels, maar in
Multi-Bou
12
is tereg bevind dat
art 311(1) nie verg dat 'n skema
sleqs
'n reëling tussen 'n
maatskappy en sy skuldeisers moet beliggaam nie. Trouens, juis vanwee die
insolvensie van die maat-skappy
sal dit heel selde gebeur dat 'n reëling
net tussen hom en sy skuldeisers aangegaan word.
Vanwee die
oënskynlike passiewe rol wat 'n maatskappy in likwidasie vir die doeleindes
van art 311 speel, is ' n mens geneig
om die regsgevolge wat bekragtiging van 'n
reëling vir die maatskappy mee-bring, uit die oog te verloor. 'n
Standaardaanbod
word egter ook aan die likwidateur gerig. Veral wanneer 'n
maatskappy uit eie beweging 'n voorlopige likwidasiebevel verkry het,
is die
aanbod dus ook gerig op verkryging van die likwidateur se toestem-
12
Op p 411 D.
30
ming tot 'n ontheffing uit likwidasie. In die praktyk word 'n aansoek
ingevolge art 311(1) dan ook deur die likwidateur aanhangig
gemaak. Trouens, dit
mag wees dat hy die enigste persoon met die nodige
locus standi
is.
13
Die juistheid van bostaande kan soos volg geïllustreer word.
Veronderstel dat nadat 'n aansoek om voorlopige likwidasie deur
'n maatskappy
aanhangig gemaak is 'n inisieerder 'n aanbod aan die maatskappy en sy
skuldeisers maak, en dat dit die kern van 'n
standaardskema bevat met die
uitsondering dat die aansoek teruggetrek moet word (in teenstelling tot 'n
ontheffing uit voorlopige
likwidasie). Indien die aanbod aanvaar word, sou
nouliks gesê kan word dat die maatskappy nie 'n party tot die ooreenkoms
is
nie, of dat die ooreenkoms nie 'n reëling tussen die
13
Ex parte Dayananden : In re Windsor Supply Stores
(Pty) Ltd ( In liq.)
1953 (1) SA 28
(N)
29F.
31
maatskappy en sy skuldeisers behels nie.
Die passiewe rol
waarna ek hierbo verwys het, is natuurlik toe te skryf aan die feit dat na
voor-lopige likwidasie die beheer oor
die maatskappy op die voorlopige
likwidateur oorgaan. Maar hoewel die maatskappy op die oog af nie 'n aktiewe
party tot 'n goedgekeurde
standaardskema mag wees nie, bevat dit om bogenoemde
redes nog steeds 'n reëling, en 'n vername een, tussen die maatskappy en
sy
skuldeisers. Selfs sonder inagneming van die verminderingsbepaling is ek
derhalwe van oordeel dat 'n standaardskema wel onder
art 311(1) tuisgebring kan
word.
Dit volg dat die eerste verweer misluk. Dit is derhalwe
onnodig om te verwys na eiesoortige bepalings van die onderhawige skema waarop
die appel-lant se advokaat gesteun het, of om te besin oor die vraag of indien
'n goedgekeurde skema nie aan die vereistes van art
311(1) voldoen nie, 'n
skuldeiser.
32
en veral een wat kennis van 'n statutêre vergadering gekry het, hom
daarop kan beroep sonder om eers die goedkeuringsbevel tersyde
te laat stel. (2)
Die tweede verweer
Soos reeds geblyk het, is die kern van
hier-die verweer dat die respondent nie ressorteer onder skuldeisers met wie 'n
reëling
ingevolge art 311(1) aangegaan kan word nie, en wel omdat die
respondent nie regtens bevoeg is om afstand te doen van 'n belastingsvordering
of om dit te sedeer nie. Die beredenering van die verhoorhof waarvolgens die
verweer gehandhaaf is, kan soos volg saamgevat word:
(a) Art 311
magtig nie die goedkeuring van 'n reëling wat 'n skuldeiser bind tot iets
wat hy nie uit vrye wil kan bereik nie.
14
14
Met 'n beroep op
Mercian Investments (Pty) Ltd v
Johannesburg City Council
1990 (1) SA 560
(W) 573, en Pennington,
Company
Law
, 5de uitgawe, p 585 (sien p 771 D-G van die verhoorhof se gerapporteerde
uitspraak).
33
(b) 'n Openbare amptenaar soos die respon-
dent, wie se plig
dit is om belasting in te vorder,
is nie bevoeg om geheel of
gedeeltelik afstand van
betaling van 'n belastingskuld te doen
nie.15
(c) Die respondent is ook nie bevoeg om 'n
belastingvordering
te sedeer nie. Retories is gevra
of so 'n sessie ' sou meebring dat
die sessionaris
insae in die respondent se dossiere sou kon verkry,
en welke
bevoegdhede hy in verband met onaangeslane
belastingpligtigheid - en
bepaaldelik die verpligting
wat in
casu
uit 'n toekomstige
bepaling van die
Staatsmyningenieur kon voortspruit -sou kon
uit-oefen.
16
(d) Dit was derhalwe nie die oogmerk nie
15
Met 'n beroep op o a
Commissioner of Inland
Revenue v Delfos
1933 AD 242
, 248;
Collector of Customs v Cape Central
Railways
6 SC 402
, 408, en
Commissioner for Inland Revenue v The Master
and Another 19
57 (3) SA 693
(E) 701-2 (sien p 772 van die verhoorhof se
uitspraak).
16
Sien p 773 van die verhoorhof se
uitspraak.
34
van die inisieerder (Trans Hex Groep Bpk), of van die hof wat die
onderhawige skema goedgekeur het, om die respondent in te sluit
by die
skuldeisers waarop dit betrekking gehad het.
17
Die vierde
oorweging is klaarblyklik 'n konklusie gebaseer op die eerste drie oorwegings.
Dit verval gevolglik indien laasgenoemdes
nie houd-baar is nie. Wat dus nou
pertinent ter sprake is, is of die bepalings van art 311(2) waarvolgens 'n
goed-gekeurde skema
skuldeisers van die maatskappy bind, ook die Staat, en meer
bepaald die respondent, kan insluit.
Dit is duidelik, meen ek, dat
volgens die verhoorhof art 311(2) nie van toepassing is op enige vordering ten
opsigte van belasting
nie, al sou die bedrag daarvan reeds aangeslaan of
andersins bekend
17
Sien p 774 van die verhoorhof se
uitspraak.
35 wees. Om onnodige
komplikasies te vermy, beperk ek my dan ook onder die onderhawige hoof tot
vorderings vir aangeslane of altans
bekende
belastingpligtig-heid.
Behoudens bepalings van die
Inkomste-belastingwet 58 van 1962 wat tans nie ter sake is nie, en moontlik ook
dié van die Skatkiswet
66 van 1975 waarop ek later terugkom, kan in die
lig van die gesag aangehaal deur die verhoorhof toegegee word dat 'n
belastinggaarder
in die reël nie bevoeg is om belasting kwyt te skeld, dit
deur 'n skikking te verminder, of sy vorderingsreg daarop te sedeer
nie. Maar,
tensy die gemene reg of wetgewing dit magtig, is geen amptenaar bevoeg om sulke
resultate ten opsigte van enige Staatsvordering
te bereik nie. Indien die
verhoorhof dit reg het, kan art 311 in die reël dus ook nie op die Staat as
kontraktuele of deliktuele
skuldeiser van toepassing wees nie.
36
In
City of Cape Town v Claremont Union
Colleqe
18
het Beyers AR klaarblyklik aanvaar dat
in
die geval van 'n netelige geskil 'n
belastinggaarder
wel 'n bindende skikking vir 'n bedrag minder as
dié
van sy eis kan aangaan. De Villiers AR het
ook
hierdie uitsondering erken. Met 'n beroep op Voet
2.15.2 het hy die volgende gesê:
19
"I take it to be an elementary general propo-sition of law that when any
dispute or question of liability arises between two persons,
they are competent
to settle the matter between themselves by agreement, without being compelled to
have recourse to a court of law,
and I see no reason why a legal
persona
in the position of a municipality should not have the power, for the purpose of
carrying out its statutory functions, of settling
disputes and questions of
liability without being compelled to have recourse to a court of
law."20
18
1934 AD 414
, 450.
19
Op p 452.
20
sien ook
Collector of Customs v
Cape
Central Railways
(1888) 6 SC 402
, 408,
en
Burghersdorp Municipality v Coney
1936
CPD
305
,
308.
37
Die logiese grondslag van hierdie uitsonder-ing lê voor die hand.
Die reël is dat die Staat - en bepaaldelik 'n belastinggaarder
- nie deur
'n afstanddoening benadeel moet word nie. 'n Skikking, altans een van 'n
netelige kwessie, hou egter ook voordele vir
die Staat (of 'n owerheidsliggaam)
in. Dit loop dan nie die risiko om na 'n moontlik uitge-rekte proses en die
aangaan van substansiële
koste uit te vind dat die gewaande bedrag nooit
verskuldig was nie. Die bepalings van die Skatkiswet daarge-laat, is daar dus
niks
wat die respondent verhinder om bv nadat appêl teen 'n afwysing van
'n beswaar aangeteken is, 'n skikking betreffende 'n netelige
geskilpunt te
bereik nie. En aangesien bogenoemde reël geld ter voorkoming van benadeling
van o a die
fiscus
, is daar geen rede waarom 'n belastinggaarder nie ook
afstand kan doen van 'n gedeelte van sy
38
belastingvordering indien dit vasstaan dat hy ander-sins niks meer as die
oorblywende gedeelte kan ver-haal nie. In so ' n geval is
daar immers geen
sprake van benadeling van die Staatskas nie.
Ek kan gevolglik nie
insien waarom die respondent nie gemeenregtelik geldiglik kan toestem tot ' n
reëling ingevolge art 311
indien hy niks minder daarvolgens staan te
ontvang as wat hy deur die likwidateur, in geval van die alternatief van finale
likwidasie,
uitbetaal sou word nie. Net so min is daar 'n rede waarom in die
gepostuleerde omstandighede hy selfs in die afwesigheid van toe-stemming
nie
deur 'n goedkeuring van die reëling gebonde sou wees nie. Hy word dan
immers nie gebonde gehou aan iets wat hy nie kontraktueel
kon vermag het
nie.
Dit is egter nodig om te verwys na die beslissing in
Mercian
Investments (Pty) Ltd v Johan-
39
nesburg City Council
21
waarop beide die
verhoorhof
en die advokaat vir die respondent gesteun het. In
daardie
saak het 'n munisipaliteit, as skuldeiser van
'n maatskappy ("Mercian") 'n eis vir plaaslike
belasting
bewys en gedeeltelike betaling ontvang
nadat 'n reëling
ingevolge art 311(2) van die Maat-
skappywet goedgekeur was. Toe
Mercian later die
betrokke grond wou vervreem, het die
munisipaliteit
geweier om sogenaamde belastingbewyse uit te
reik
omdat die belasting nie ten volle betaal was
nie.
Schabort R het die munisipaliteit gelyk gegee en
gesê
22
dat
"the sanctioning by the Court was not intended by the Legislature to
serve as a statutory mechanism to clad the respondent [die munisipaliteit]
with
a capacity to contract in defiance of its relevant right and violation of its
relevant duty".
Al wat ek oor hierdie uitspraak hoef te sê,
21
1990 (1) SA 560
(W).
22
Op p 573B.
40
is dat die munisipaliteit blykbaar heelwat minder ontvang het as wat dit
in 'n likwidasieproses sou ontvang het. Dit was die geval
omdat art 50(1) van
die Ordonnansie op Plaaslike Bestuur 17 van 1939 (T) in effek bepaal het dat
transport van grond binne 'n munisipale
gebied nie bewerkstellig kon word nie
tensy plaaslike heffings daarop wat vir 'n omskrewe tydperk aan 'n
munisipaliteit verskuldig
was, wel betaal was. Schabort R het dan ook
gesê:
23
"There is not the slightest suggestion . . .
that the respondent's prospects of recovering its relevant imposts from
the applicant were at any material time slender or void. There
would, indeed,
appear to have been ample value in the applicant's assets for satisfy-ing the
respondent's claims."
Alhoewel Schabort R slegs na die "applikant"
(d w s Mercian
wat ingevolge 'n goedgekeurde reëling uit likwidasie onthef is) verwys het,
is dit duide-lik, meen ek, dat hy
ook die maatskappy-in-likwidasie
23
Op p 568 G.
41 in gedagte gehad het. Hoe dit ook al sy, is die aangeleentheid nie
beredeneer op die grondslag dat die munisipaliteit by wyse van
konkurrente
diwidende net soveel of meer ontvang het as wat dit sou toege-val het indien die
reëling nie goedgekeur was nie
en finale likwidasie gevolg het. Die
beslissing in
Mercian
staan dus nie in die weg van erkenning van
bogenoemde uitsondering nie.
Die Skatkiswet bestendig nou juis
dié gemeen-regtelike posisie. Art 31(1)(i) verleen naamlik aan die
Tesourie die bevoegdheid
om goedkeuring te ver-leen vir die skikking van 'n eis
van die Staat of vir die afstanddoening van so 'n eis. Dit is egter duidelik
dat
hierdie bevoegdheid deur art 31(2) gekwalifiseer word. Daarvolgens, vir sover
tans ter sake, kan die Tesourie na goeddunke goedkeur
dat 'n bedrag wat aan die
Staat verskuldig is in die geheel of ten dele afgeskryf kan word indien dit
oortuig is
42
dat die bedrag oninbaar is of dat dit tot voordeel van die Staat sal
strek om 'n skikking van die betrokke vordering aan te gaan of
daarvan afstand
te doen. Of die respondent ten opsigte van 'n belas-tingvordering hierdie
bevoegdhede kan uitoefen slegs indien hy
spesifiek kragtens art 32 daartoe
gemagtig is, is nie ter sake nie. Feit is dat artikels 31 en 32 'n meganiek skep
waarvolgens 'n
staatsstruktuur -of amptenaar - geheei of gedeeltelik van 'n
belas-tingvordering afstand kan doen. Indien 'n reëling ingevolge
art
311(1) van die Maatskappywet dus 'n aanbod ten opsigte van so 'n vordering
behels,
kan
dit aanvaar word mits die vereistes van art 31 van die
Skatkiswet bevredig word. En indien dit nie aanvaar en die reëling
goedgekeur
sou word, sou dan nie gesê kan word dat die goedkeuringsbevel
die Staat bind tot iets wat dit nie kontraktueel kon bereik het
nie.
43
Daar is natuurlik verskillende soorte belas-tinggaarders en die
belastingpligtigheid van 'n maatskappy ten opsigte waarvan 'n reëling
voorgestel word kan dus van uiteenlopende aard wees. Spesifiek wat
inkomstebelasting betref, sal dit uiteraard nie dikwels gebeur
nie dat die
respondent volgens 'n reëlingsaanbod minder as die volle omvang van sy
bekende belastingvordering sal staan te ontvang.
So 'n vordering is immers
vanweë die bepalings van art 342 van die Maatskappywet, saamgelees met art
101(a) van die Insolvensiewet,
'n preferente een. 'n Reëlingsaanbod sal dus
normaalweg voorsiening maak vir volle betaling daarvan. Dit is egter moontlik
dat
die vrye oorskot nie voldoende mag wees om die vordering in sy geheel te
delg nie, en dat die inisieerder van die skema mag aanbied
om aan die respondent
'n bedrag te betaal gelykstaande aan of meer as dit wat hy in 'n
likwidasieproses sou ontvang
44 het. Indien dit sou gebeur, kan ek
geen rede vind waarom goedkeuring van die skema nie die respondent sou bind nie.
Hy sou dus
nie later kon omdraai en die balans van die belastingskuld van die
maatskappy kon vorder nie.
Die respondent het in essensie nie
bostaande betwis nie. Inderdaad is toegegee dat indien die respondent 'n eis
ingevolge 'n standaardskema
sou bewys en dan 'n bedrag sou ontvang nie minder as
dit wat hy in 'n finale likwidasie sou ontvang het nie, hy nie later sou kon
aanvoer dat die "herrese" maat-skappy nog steeds die balans van sy eis aan hom
verskuldig is nie. Wel is aangevoer dat indien die
respondent as gevolg van
onagsaamheid of andersins nie 'n eis bewys het nie, hy nog steeds die volle
bedrag van sy belastingsvordering
van die maatskappy kan verhaal, en dit ondanks
die bepalings van die skema waarvolgens hy as't ware van sy
vordering
45 ontdaan word. Ek kan nie akkoord gaan nie. Dit is
natuurlik waar dat onagsaamheid normaalweg nie die
fiscus
kan benadeel
nie. Indien die wesensinhoud van 'n skema egter die Staat bevoordeel vind ek
geen rede waarom die Staat nie daartoe
sou kon instem nie bloot omdat 'n versuim
om aan 'n prossessuele voorskrif te voldoen tot verlies van 'n Staatsvordering
sou kon
lei nie. Die uitgangspunt is immers dat die Staat dit wel sal
nakom.
Die onhoudbaarheid van bostaande betoog word bes
geïllustreer wanneer op die regskonsekwensies van aanvaarding daarvan gelet
word. Dit gaan tans oor die vraag of die "skuldeisers" wat kragtens art 311(2)
deur 'n goedkeuringsbevel gebind word ook die respondent
kan insluit. Volgens
bedoelde betoog sal dit wel die geval wees indien hy onder die omstandig-hede
hierbo geskets 'n eis sou bewys,
maar nie indien hy sou versuim om sulks te doen
nie. Die vertolking
46
van die woord is dus afhanklik van die respondent se optrede, of gebrek
daaraan. In wese kan die respon-dent dus self besluit welke
uitleg aan die woord
gegee moet word. Blote formulering van hierdie konsekwensie lei onmiddellik tot
verwerping daarvan.
Alhoewel reeds meermale so aangedul, moet ek
duidelikheidshalwe weer noem dat die voorgaande opmerkings bestem is om van
toepassing
te wees op 'n geval waarin die omvang van 'n maatskappy se
belastingpligtigheid vasstaan; m a w, indien daar nie sprake is of kan
wees van
'n addisionele belastingskuld wat die onderwerp van 'n toekomstige addisionele
aanslag of heffing mag wees nie. Gerief-likheidshalwe
kom ek onder die volgende
hoof terug op die vraag of goedkeuring van 'n reëling die Staat ook ten
opsigte van sodanige addisionele
skuld kan bind.
Ek moet nou aandag
gee aan die probleme geopper deur die verhoorhof in verband met 'n
sessie,
47 of veronderstelde sessie, van 'n belastingvordering. Daar
is analogiese gesag vir die stelling, wat ek veronderstel juis te wees,
dat 'n
amptenaar soos respondent in die reël nie so 'n vordering kan sedeer nie.24
Wanneer 'n bepaling dat 'n sessie moet geskied
egter 'n integrale deel vorm van
'n reëling waartoe die belastinggaarder mag toestem, is die posisie myns
insiens anders; altans
wanneer die skuldenaar nie deur die sessie geraak kan
word nie. In geval van goedkeuring van 'n reëling wat ook op 'n
belastingvordering
betrekking het, is die posisie nou juis dat dit aan die
maatskappy geen verskil kan maak of dit die betrokke bedrag aan die
belastinggaarder
of aan die inisieerder verskuldig is nie. En soos reeds bevind,
is so 'n reëling een tussen die maat-skappy en sy skuldeisers,
insluitende
die belasting-
24
South African Board of Executors and Trust Co Ltd
(In liquidation) v Gluckman
1967 (1) SA 534
(A).
48 gaarder. In wese stem die
maatskappy deur die likwidateur, dus toe tot die sessie, of veronder-stelde
sessie.
Die praktiese probleme waarop die verhoorhof gewys het, is
van denkbeeldige eerder as substansiële aard. Al wat oorgaan op die
inisieerder is die reg om die betrokke (verminderde) bedrag van die maat-skappy
te verhaal. Hy kan klaarblyklik nie qua nuwe skuldeiser
aanspraak maak op
bevoegdhede wat statutêr slegs die respondent toekom, en dus nie saam met
die blote vorderingsreg oorgedra
kan word nie. Hy is gevolglik nie geregtig op
insae in die respondent se tersaaklike dossiere wat statutêr aan
geheimhouding
onderworpe is nie. Dat dit in sekere gevalle vir hom moeilik mag
wees om die vordering te bewys, raak die effektiwiteit van die sessie
en nie die
geldigheid daarvan nie (vgl die analogiese posisie wanneer 'n geneesheer of bank
sy vorderingsreg teenoor sy
49
pasiënt of klant sedeer
25
). Begriplik sou 'n maat-skappy
voor goedkeuring van 'n reëling appêl kon aangeteken het teen 'n
aanslag, maar daaruit
volg nie dat die maatskappy daarna die appél sou
kon voortsit nie. Hoewel art 311(2) nie in soveel woorde so bepaal nie, is
dit
naamlik duidelik dat 'n goedge-keurde reëling die maatskappy ook na
ontheffing uit likwidasie bind. Indien die respondent
dus ingevolge die
bepalings van ' n reëling ' n eis bewys het, sou die maatskappy daardeur
gebonde wees. Eweseer sou dit gebonde
wees aan 'n sessie of veronderstelde
sessie van so 'n eis. Dit is bowendien ondenkbaar dat 'n maatskappy sou volhard
met 'n appël
nadat die vriendskaplikgesinde inisieerder in wie die
belas-tingvordering dan setel, beheer daaroor verkry het.
Maar al sou 'n belastingvordering onder geen
25
Densam (Pty) Ltd v Cywilnat (Pty) Ltd
[1990] ZASCA 120
;
1991
(1) SA 100
(A) 112-3.
50 omstandighede vir sessie vatbaar wees nie,
bring dit op sigself nie mee dat 'n belastinggaarder nie aan die ander bepalings
van
'n standaardskema gebonde is nie. Een van die wesentlike bepalings van so 'n
skema is immers juis dat na goedkeuring 'n skuldeiser
sy voormalige vordering
slegs teenoor die ontvanger kan afdwing. Of sy vordering op iemand anders
oor-gaan, is gevolglik vir die
skuldeiser van geen belang nie. Indien die
vordering nie vir oordrag vatbaar is nie, is die enigste konsekwensie dus dat
dit tot
niet gaan.
Uit die voorgaande volg dat in soverre die tweede
verweer berus op die premisse dat 'n belastinggaarder soos die respondent onder
geen omstandighede aan 'n goedgekeurde reëling gebonde kan wees nie, of
altans nie indien hy nie 'n eis bewys nie, dit nie kan
slaag nie. (3)
Die
derde verweer
51 Soos sal blyk, is die tweede en derde verwere
tot 'n sekere mate oorvleuelend. Die kern van die derde verweer is egter dat die
respondent ten opsigte van die bedrag van meer as R700 000 wat later aange-slaan
is, ten tye van goedkeuring van die onderhawige
skema 'n besonderse soort
skuldeiser, nl 'n "gebeur-like" een, van die appellant was, en dat waar art
311(2) van die Maatskappywet
bepaal dat 'n goedge-keurde reëling
skuldeisers van 'n maatskappy bind, dit nie sodanige skuldeiser insluit
nie.
Bepalings van Australiese maatskappywetgewing stem in breë
trekke ooreen met dié van art 311 van ons wet. Die appellant
het hom dan
ook beroep op 'n aantal Australiese gewysdes waarin die draagwydte van die woord
"creditors" - wat deur 'n goedkeuringsbevel
gebind word - ter sake was.
Daarvolgens is die heersende mening dat die woord voorwaardelike skuld-eisers,
asook dié met ongelikwideerde
vorderings,
52
insluit
.26
So 'n wye vertolking van
"skuldeisers"
in art 311(2) van ons Wet kan, indien nie
gekwalifi-seer nie, tot probleme lei. Eerstens vereis die subartikel dat 'n
reëling
aanvaar moet word deur "'n meerderheid in getal wat drie-kwart in
waarde van die skuldeisers ... verteenwoordig". Die wetgewer het
egter nie
bepaal of, en indien wel, hoe 'n waarde op die vordering van 'n voorwaardelike
skuldeiser geplaas moet word nie. Tweedens
word geen voorsiening gemaak nie vir
'n waardasie van sodanige vordering deur 'n ontvanger of enige ander persoon
nadat 'n reëling
goedgekeur is. Hoe moet dus die diwidende wat 'n
konkurrente, voorwaardelike skuldeiser toekom, bereken word? (Vgl artikel 48 van
die Insolvensiewet 24 van 1936.)
26
Ek volstaan deur te verwys na CCH Australian Company
Law and Practice, band 2, 43-500, en gewysdes aldaar gesiteer. Wat ons reg
betref,
sien
Ex parte Goldreich: In re Goldleiff Stores (Pty) Ltd and
Lane-Bryant (Proprietary) Limited
1956 (2) PH (N) E
19.
53
Toegegee dat die woord "skuldeisers" wyd genoeg is om ook 'n
voorwaardelike een in te sluit, mag die enigste sinvolle oplossing wees
om elke
sodanige skuldeiser as 'n "klas" van sy eie te behandel (tensy, natuurlik,
dieselfde voorwaarde op meerdere skuldeisers se
vorderings betrekking
het
).27
Dit sou meebring dat die bepalings van art 311(2) wel op
voorwaardelike skuldeisers van toepas-sing is, maar dat elke sodanige skuldeiser
die reëling, in soverre dit op hom van toepassing is, op 'n aparte
"vergadering" sou moes aanvaar. Die probleem wat ek ten opsigte
van die stemkrag
van so 'n skuldeiser geopper het, sou dan vanselfsprekend wegval. Klaarblyklik
sou die voorgestelde reëling
dan 'n aanbod ook aan voorwaardelike
skuldeisers moes bevat (indien beoog word om hulle te bind), en sou
27
Vgl
Re International Harvester Credit Corporation
(Aust) Ltd
7 ACLR (1982-1983) 415.
54
die aanbod moes bepaal welke waarde op hul vorderings geplaas staan te word vir
doeleindes van betaling kragtens die skema. In
die lig van wat volg, is dit
egter nie nodig om 'n oorwoë mening oor die aspek onder bespreking te
huldig nie.
Was die respondent wel 'n voorwaardelike skuldeiser? Met
'n beroep op 'n aantal beslissings het die appellant se advokaat betoog dat
inkomste-belastingpligtigheld laatstens aan die einde van 'n belastingjaar
ontstaan; d w s nog voordat 'n aanslag uitgereik is
.28
Dié
betoog is gegrond. Uit bedoelde beslissings blyk dat hoewei die uitreiking van
'n aanslag 'n vereiste vir die afdwingbaarheid
van 'n belastingskuld mag wees,
die skuld as sulks reeds voor daardie gebeuriikheid bestaan. Dit is dus nie
onderhewig aan 'n voorwaarde
die vervulling
28
Reed and Another v Warren
1955 (2) SA 370
(N);
Secretary for Finance v Esselman
1988 (1) SA 594
(SWA); en vgl
Commissioner for Inland Revenue v Janke
1930 AD 474.
55
waarvan kan meebring dat verskuldigheid nie sal ontstaan nie of sal verval. Ten
opsigte van onaan-geslane inkomstebelastingpligtigheid
is die respon-dent
gevolglik nie 'n voorwaardelike skuldeiser wat in 'n klas anders as die algemene
klas van preferente skuldeisers
van 'n belastingbetaler val
nie.
Nietemin geld besondere oorwegings vir die respondent as
skuldeiser van 'n onbekende belasting-skuld (en dit is die enigste soort
skuld
waaroor ek dit voortaan het). Ek meen naamlik dat goedkeuring van 'n
reëling nie die respondent kan bind nie, selfs nie
indien 'n reëling
met hom as aparte "klas" van skuldeiser voorgestel was nie. Ek het reeds daarop
gewys dat 'n voorgestelde
reëling in wese 'n aanbod is wat aan o a 'n
maatskappy se skuldeisers gemaak word. Dit is gerig op hul aanvaarding daarvan.
Wat betref dié wat wel aanvaar, kom daar natuurlik 'n noreenkoms tot
stand, onderhewig egter aan die hof se
56
goedkeuring van die reëling. Word goedkeuring ver-leen, bind die
ooreenkoms ook ander skuldeisers van die maatskappy; nie omdat
hulle dan ook
kontraks-partye is nie, maar eenvoudig omdat art 311(2) so bepaal.29 Dit volg
egter nie dat die sinsnede "al die skuldeisers
of die klas van skuldeisers" in
die subartikel streng letterlik vertolk moet word nie. Eerstens is dit duidelik,
meen ek, dat die
sinsnede slegs betrekking kan hê op daardie skuldeisers
aan wie die aanbod gerig was
.30
En so 'n aanbod hoef natuurlik nie
alle skuldeisers van 'n maatskappy te betrek nie. So byvoorbeeld kan dit slegs
vir bepaalde konkurrente
skuldeisers bestem wees. Twee-dens kon die wetgewer
nooit beoog het dat 'n goed-keuringsbevel bindend is op skuldeisers wat
nie
29
Morris NO v Airomatic (Pty) Ltd t/a Barlows
Airconditioning Co
1990 (4) SA 376
(A) 396-7.
30
Kleena
Industries (Pty) Ltd v Senator Insurance Co Ltd
1982 (2) SA 458
(w) 463
Gl
57 regtens by magte is om die aanbod te aanvaar nie. Dit is die geval
omdat hoewel die statutêre meganisme meebring dat indien
die vereiste
meerderheid instem ander skuldeisers na goedkeuring ook gebonde is, die aanbod
juis bestem was om aanvaar te word.
Die appellant het egter
aangevoer dat 'n goedkeuringsbevel ingevolge art 311(2) 'n statutêre
skuldvernuwing teweeg bring. In
dié verband het hy gesteun op 'n
beslissing van hierdie hof wat op 'n akkoord aangegaan ingevolge artikel 119(7)
van die Insolvensiewet
betrekking gehad het
.31
Om te sê dat 'n
goedkeuringsbevel so 'n skuldvernuwing tot gevolg het, help egter geensins nie
om te bepaal wie daar-deur gebonde
is, of welke skuldeisers se vorderings vernu
word. Indien so 'n bevel dus nie die respon-dent ten opsigte van onaangeslane -
of altans
31
Ilic v Parqinos
1985 (1) SA 795
(A).
58 onbekende - belastingvorderings bind nie, baat dit ook nie om te
argumenteer, soos die appellant wel gedoen het, dat na goedkeuring
die
respondent vanweë die aangevoerde novasie nie sy pligte sou versaak indien
hy nie later ongeinde belasting sou opeis nie.
Die appellant het
tereg nie betwis dat 'n belastinggaarder in die reël nie afstand van 'n
belastingvordering kan doen nie
.32
Wel is betoog dat die respondent
ingevolge artikels 2 en 3 van die Inkomstebelastingwet breë
bestuursbevoegdhede betref-fende
die administrasie en uitvoering van die Wet
het, en derhalwe bevoeg is om tot 'n reëling inge-volge art 311(2) van die
Maatskappywet
toe te stem. Ek kan egter nie in die artikels waarop die appellant
steun 'n bevoegdheid om van 'n belastingvordering
32
Sien bv
Commissioner of Inland Revenue v
Delfos
1933 AD 242
, en
City of Cape Town v Claremont Union College
1934 AD 414.
59
afstand te doen naspeur nie, op welke wyse so 'n afstanddoening ook al
bereik staan te word. Inteen-deel plaas artikels 2(1), 77(1)
en 91(1)(a) van die
Inkomstebelastingwet 'n verpligting op die respondent om inkomstebelasting aan
te slaan en in te vorder.
Artikel 31(2) van die Skatkiswet, waarna
ek reeds verwys het, bevat dan ook die enigste tersaak-like statutêre
bepalings waarvolgens
afstand van 'n inkomstebelastingvordering gedoen kan word.
Soos reeds aangedui, moet die Tesourie (of sy gedelegeerde ingevolge art
32) dan
egter oortuig wees dat, vir sover art 31(2) tans ter sake is, die betrokke
bedrag geheel of gedeeltelik oninbaar is, of dat
dit tot voordeel van die Staat
sal strek om deur 'n skikking geheel of gedeeltelik daarvan afstand te doen.
Spesifiek wat 'n reëling
ingevolge art 311 van die Maatskappywet betref,
sal so 'n oortuiging kon bestaan ten opsigte van 'n bekende
belastingsvorder-
60
ing. So, byvoorbeeld, indien 'n spesifieke aanslag ter sprake is, kan
geredelik vasgestel word of die respondent daarvolgens meer,
of net soveel
maar
vroeër, sal ontvang as wat die geval sou wees indien die
maatskappy finaal gelikwideer sou word. In beide gevalle sou goedkeuring
van die
reëling die Staat bevoordeel. Indien dit egter onbekend is of die
maatskappy 'n verdere belastingpligtigheid het, sal
heel selde besluit kan word
of 'n afstanddoening van 'n moontlik bestaande, maar onbekende,
belastingvor-dering die Staat sal bevoordeel,
of dat die onbekende bedrag waarop
so 'n afstanddoening betrekking mag hê, oninbaar is. Dit baat dus nie om
aan te voer, soos
die appellant wel gedoen het, dat die respondent ingevolge die
bepalings van die Skatkiswet die aange-wese persoon is om namens of
as die
Tesourie ten opsigte van inkomstebelastingvorderings op te tree nie.
61
Bostaande kan bes aan die hand van ' n voor-beeld geïllustreer word.
Inkomstebelasting hoef natuurlik nie slegs eenmalig gehef
te word nie. Daar kan
trouens 'n onbepaalde aantal aanslae vir' enige belastingjaar wees. Anders as
gewone skuldeisers sou die respondent
dus vonnis vir addisionele belasting kon
verkry selfs indien hy reeds vir die betrokke jaar ten opsigte van 'n
oorspronklike aanslag
vonnis verkry het - gestel dat dit nodig was. Die rede
hiervoor is dat wanneer die respondent 'n belasting-betaler aanspreek, hy
sy eis
slegs op 'n aanslag hoef te berus. Normaalweg kan aanspreeklikheid dan nie in 'n
gewone geregshof betwis word nie.
Inteendeel
is
die belastingbetaler aangewese op die bepalings van die Inkomstebelastingwet
betreffende besware en appêlle na 'n Spesiale
Inkomstebelastinghof.
In die reël is die respondent natuurlik
in eerste instansie aangewese op inligting wat 'n
62
belastingpligtige in sy opgaaf openbaar. Informasie kan ook egter uit
ander bronne verkry word. Veron-derstel nou dat die appellant
in sy opgaaf vir
die 1982 belastingjaar nie inkomste van, sê, R3 miljoen verklaar het nie,
en dat die respondent eers na verlening
van die goedkeuringsbevel en
implementering van die onderhawige skema daarvan bewus geword het. Behoudens
besondere omstandighede
is dit na my mening ondenkbaar dat die respondent - of
wie ook al namens of as die Tesourie - by voorbaat van so 'n onbekende vordering
afstand sou kon doen. Indien die appellant dit reg het, sou die respondent egter
vanweë die bepalings en goedkeuring van die
onderhawige skema in effek
afstand gedoen het van sy reg om enige verdere belasting vir die 1982 jaar - of
trouens enige belastingjaar
- te hef. Die angel het naamlik gelê in
bepalings waarvolgens 'n eis ingedien moes word laatstens binne 'n omskrewe
tydperk
nadat goedkeuring
63 van die skema tot kennis van 'n
skuldeiser gekom het, by gebreke waaraan hy "geag word afstand te doen van sy
reg om deel te neem
kragtens die aanbod
."33
Wat die inisieerder dus
beoog het, is dat by goedkeuring van die onderhawige skema skuldeisers se
vorderings-regte teen die maatskappy
nie meer in hulle sou setel nie; dat
daardie vorderingsregte vervang sou word deur soortgelyke eise teen die
ontvangers, en dat daardie
eise sou verval indien hulle nie bewys sou word nie.
Indien die appellant dit reg het, sou die onverkwiklike resultaat dus wees dat
indien die respondent nie 'n belastingeis waarvan hy onbewus is, sou bewys nie,
hy geen verhaal ten opsigte daarvan teen óf
die maatskappy óf die
ontvangers sou hê nie.
Die appellant het egter ook aangevoer
dat indien hierdie standpunt onjuis is, die respondent
33
vgl
Ex parte Ensor NO: In re Cape Natal Litho
(Pty) Ltd
1978 (3) SA 908
(D).
64
aan die goedkeuring van die onderhawige skema gebonde is totdat dit op
appél of andersins tersyde gestel word. Hierop voortbordurende
is
geargumenteer dat alle skuldeisers van die appellant aan die goedkeur-ingsbevel
gebonde is omdat die Witwatersrandse Plaas-like
Afdeling sulks beveel het.
Ergo
, solank die bevel staan is alle skuldeisers daaraan
gebonde.
34
Hierdie betoog faal om die eenvoudige rede dat
die gebondenheid van skuldeisers aan 'n goedge-keurde reëling nie deur die
goedkeuringsbevel
as sulks meegebring word nie. Al wat die hof doen, is om sy
stempel op die reëling af te druk. Sodoende tree gebondenheid in
van
skuldeisers wat daartoe ingestem het. Ander skuldeisers is egter gebonde juis,
en slegs, omdat art 311(2) so bepaal. Anders
34
Met 'n beroep op
Chief Commissioner of Pay-Roll
Tax v Group Four Industries Pty Ltd
8 ACLR 973
, en
Elric Pty Ltd v Taylor
and Anor
(1986) 4 ACLC 327
, wat egter nie gesag vir sulke wye proposisies
bied nie.
65 gestel, hul gebondenheid word
suiwer statutêr geregu-leer. En indien op 'n behoorlike vertolking van die
woord "skuldeisers"
dit sekere skuldeisers nie insluit nie, is hulle net nie
gebonde nie. Hulle hoef dus nie die goedkeuring aan te veg nie. Wat
hulle betref, bly die bevel staan maar tref dit hulle
nie.
35
Die laaste vraag, onder die huidige hoof, is of die appellant se
belastingpligtigheid ten opsigte van die 1982 belastingjaar 'n bekende
of 'n
onbekende een was. Wat vasstaan, is dat die appellant se inkomste vir daardie
jaar bekend was en aangeslaan kon word. Die respondent
was egter geregtig op 'n
aftrekking mits die Staatsmyningenieur 'n waarde op die aangekoopte
ontwikkelingsbates - indien enige -sou
plaas. Anders gestel, was die appellant
nie
35
Vgl
Barclays National Bank Ltd v H J de Vos
Boerdery Ondernemings (Edms) Bpk
1980 (4) SA 475
(A)
483-4.
66 geregtig op 'n aftrekking nie
tensy en totdat so 'n waardebepaling gemaak was. Gevolglik kon die respondent
die waarde wat die
appellant in sy opgawe op bedoelde bates geplaas het,
geïgnoreer het en die appellant sonder inagneming van die betrokke
aftrek-king
belas het. Dit kon die respondent ook gedoen het toe die onderhawige
skema voorgestel is. Daarna kon die respondent 'n eis teen die
ontvangers bewys
het vir die belasting verskuldig vir die 1982 jaar sonder inagneming van die
aftrekking. Die ontvangers sou dan
uitbetaling van die respondent se eis
agter-weë kon gehou het totdat die Staatsmyningenieur die waarde van die
ontwikkelingsbates
bepaal het, wat sou meegebring het dat die respondent 'n
verdere gewysig-de aanslag sou uitreik en nie betaling vir sy volle bewese
eis
sou verkry het nie.
Dit volg dus dat daar nooit sprake van onbekende
belastingpligtigheid was nie. Totdat die
67 Staatsmyningenieur handelend opgetree het, was die appellant verplig
om 'n bepaalde bedrag - sonder toelating van die tersaaklike
aftrekking - as
belasting te betaal. Dat daardie verskuldigheid in die toekoms kon verminder,
doen nie af aan die feit dat op elke
tersaaklike stadium die omvang van die
appellant se belastingpligtigheid bekend was nie.
Ingevolge die
onderhawige skema sou die respondent as preferente skuldeiser ten volle betaal
word. Indien hy ' n eis sou bewys het,
sou hy nie minder nie, en stellig meer,
ontvang het as wat hy in 'n likwidasieproses sou ontvang het. Gevolglik kan die
derde verweer,
gedeeltelik saam met die tweede verweer beskou, ook nie slaag
nie. (4)
Die vierde verweer
Die onderhawige skema het gegeld
vir eise "die skuldoorsaak" waarvan voor die datum van registrasie van die
goedgekeurde skema ontstaan
het.
68 Die vierde verweer berus op die premisse dat die respondent se
onderhawige skuldoorsaak vroegstens eers by die Staatsmyningenieur
se bepaling
van die waarde van die meermaal genoemde ontwikkelingsbates ontstaan het - d w s
lank na registrasie van die onderhawige
skema - en dus nie deur die skema betrek
is nie.
Hierdie verweer het weinig om die lyf. Soos reeds hierbo
aangetoon, het die respondent te alle saaklike tye 'n eis gehad vir meer
as die
belasting wat in die aanvullende aanslag gehef is. Bowendien baat dit nie om te
let op die betekenis wat die woord "skuldoorsaak"
in 'n bepaalde verband het
nie. In die onderhawige skema is "eis" naamlik so wyd omskryf dat dit ook
onopeisbare en voorwaardelike
vorderings, en spesifiek 'n eis vir onaangeslane
belasting, ingesluit het.
Ek tabuleer nou my vernaamste bevindinge soos
69 volg:
(1)
'n
Standaardskema waarvolgens 'n maat-skappy uit (voorlopige) likwidasie onthef
staan te word, en 'n sessie of veronderstelde sessie
van hul vorderings deur
skuldeisers van die maatskappy aan die inisieerder van die skema (of sy
genomineerde) gegee staan te word,
kan wel ingevolge art 311(2) van die
Maatskappywet goedgekeur
word.
(2)
Indien so 'n skema
ook op bekende belastingpligtigheid van toepassing is, kan die belastinggaarder
vanweë goedkeuring deur die
hof daaraan gebonde wees indien hy nie minder
staan te ontvang as wat hy in 'n likwidasieproses sou ontvang het
nie.
(3)
'n Voorwaardelike
skuldeiser val moontlik in 'n klas van sy eie vir die doeleindes van die hou van
vergaderings ingevolge art
311.
(4)
Selfs ten opsigte
van onbekende belas-
70 tingpligtigheid is
die respondent in die reël nie ' n voorwaardelike skuldeiser nie.
(5)
Goedkeuring van
'n skema bind egter nie die respondent ten opsigte van sodanige
belasting-pligtigheid
nie.
(6)
Die respondent kan
op (5) steun sonder om eers die goedkeuring tersyde te laat
stel.
Ten slotte is dit ons onaangename
plig om die aandag te vestig op 'n faset van die verrigtinge in die verhoorhof.
Na beredenering
is die verhoor afgesluit in September 1988. Uitspraak is egter
eers op 6 Januarie 1992 gegee; d w s 'n tydperk van naastenby 40 maande
later.
Ons weet nie of daar 'n rede vir die uitsonderlike versuim was nie, en kan dus
nie sensuur uitspreek nie. Dit is egter nouliks
nodig om te sê dat die
regsadministrasie, en bepaaldelik die regbank, ligtelik deur 'n sodanige
vertraging oneer aangedoen
kan word.
71 Die appêl slaag met
koste, insluitende dié van twee advokate, en die bevel van die verhoorhof
word deur die volgende
vervang:
(1)
Dit word
verklaar dat die verweerder se aanvullende aanslag vir die eiser se 1982
belastingjaar oneffektief
is.
(2)
Die verweerder word
gelas om die eiser se gedingskoste, insluitende die koste van twee advokate, te
betaal.
H J 0 VAN HEERDEN AR
VAN DEN
HEEVER AR
STEM SAAM
UITSPRAAK
GOLDSTONE AR:
Ek het die voorreg gehad om my kollega
Van Heerden se uitspraak te lees. Ek stem saam dat die appêl behoort te
slaag en met
die voorgestelde bevel wat aan die einde van sy uitspraak
verskyn.
Ek is die mening toegedaan dat dit onnodig is om in hierdie
appél te beslis of die sogenaamde standaardskema 'n skikking of
reëling tussen 'n maatskappy en sy skuldeisers daarstel.
In die onderhawige saak was daar wel 'n beding in die skema wat die
appellant as 'n nodige en aktiewe party betrek het. Ek verwys
na klousule 2.1.5
van die skema wat voorsiening maak vir die tersydestelling van die ooreenkoms
aangegaan op 19 November 1984 deur
die
3 voorlopige likwidateurs van
die appellant met Buffelsbank Diamante Beperk waarkragtens sekere bates van die
appellant en sy filiaal-maatskappye
aan Buffelsbank verkoop is. Daardie beding
het stellig die toestemming van die appellant vereis.
In die sakewêreld het art 311 skemas veel nut en waarde en met die
oog daarop behoort ons howe nie 'n enge vertolking aan die
bepalings van die
artikel te gee nie. Maar indien die betrokke maatskappy slegs 'n passiewe rol
speel is die skema nie 'n skikking
of reëling
voorgestel tussen 'n
maatskappy en sy skuldeisers
nie. Dit is nie nodig dat die maatskappy se
aktiewe rol aansienlik moet wees nie: sien
Re Savoy Hotel Ltd
[1981] 3
All ER 646(Ch).
In die onderhawige saak is ek tevrede dat die appellant se
toestemming tot die tersydestelling van die Buffelsbank-ooreenkoms voldoende
was
om die gevolgtrekking te regverdig dat hy 'n party tot die skema
was.
4
Om daardie rede stem ek saam dat die eerste
verweer van díe respondent van die hand gewys moet word. Behoudens die
voorgaande
stem ek met eerbied saam met die uitspraak van Van Heerden
AR.
R J GOLDSTONE APPêLREGTER
J SMALBERGER JA)
H C NICHOLAS AJA) CONCUR