About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 171
|
|
S v Herholdt (407/1991) [1993] ZASCA 171 (15 November 1993)
LL
Saak No 407/1991
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAPDELING
Insake die appèl van:
WILHELMINA ALETTA
HERHOLDT
Appellant
teen
DIE STAAT
Respondent
CORAM: VAN HEERDEN, NIENABER en VAN DEN
HEEVER ARR
VERHOORDATUM
: 5 NOVEMBER 1993
LEWERINGSDATUM
: 15 NOVEMBER
1993
UITSPRAAK
VAN HEERDEN AR
:
2 Die aand van 31 Julle 1986 het wyle F J
Herholdt na 'n plek naby Bloemfontein gery. Die passasiers in sy voertuig ("die
Mazda")
was sy vrou wat die huidige appellante is, hul agtienmaande oue
seuntjie, twee swart vrouens en twee swart mans. Kort nadat die Mazda
tot
stilstand gekom het, het een of meer van die swart passasiers die oorledene
buite die voertuig aangeval. Hy het 12 meswonde opgedoen
en as gevolg daarvan op
die betrokke plek beswyk.
Hierna het die appellante die Mazda bestuur na
Belmarhof, Bloemfontein, in welke woonstelblok sy en die oorledene woonagtig
was. Die
vier swart mans en vrouens, wat saamgery het, is met haar en haar kind
die woonstel in. Later het die groep na ' n kitsbank in die
stad gery. Die
appellante het met die oorledene se kaart geld probeer trek, maar die outomaat
het nie kontant beskikbaar gehad nie.
Die appellante het toe die viertal naby 'n
taxistandplaas
3
in die middestad afgelaai.
Op Maandag, 4 Augustus 1986, het die
appel-lante se broer die lyk van die oorledene in 'n lyks-huis geëien.
Later dieselfde dag
het die appellante 'n verklaring aan luitenant Schmidt
gemaak. Daarin meld sy dat die oorledene die aand van 31 Julie 1986 vir haar
gesê het dat hy kontak gemaak het met iemand van wie hy diamante kon
verkry. Omstreeks 9 nm, terwyl sy in die woonstel gestort
het, het sy 'n klop
aan die voordeur gehoor. Die oorledene het die deur oopgemaak en met iemand
gepraat, Hy het toe vir haar gesê
dat hy nie lank weg sou wees nie, maar
dat sy nie vir hom moes wag nie. Hierna het sy nie weer die oorledene gesien
nie. Sy sê
ook dat sy nie weet wie vir die oorledene se dood
verantwoordelik was nie.
Meer as drie jaar het verloop voordat
adjudant-offisier De la Rey die appellante gekonfron-teer het met inligting wat
hy van een van
die swart
4 mans verkry het. Toe hy haar volgens
regtersreëls gewaarsku het, het sy aanvanklik met haar vorige weergawe
volhard. Nadat
hy egter sekere bewerings aan haar gestel het, het sy van
weergawe verander. Kort hierna het sy 'n verklaring aan 'n landdros gemaak.
Die
tersaaklike inhoud daarvan kan soos volg opgesom word:
(1)
Nadat haar man laatmiddag
van 31 Julie 1986 tuisgekom het, het hy van diamante melding gemaak en
gesê dat hul finansiële
probleme eersdaags iets van die verlede sou
wees.
(2)
Omstreeks 9 vm was daar ' n klop aan
die voordeur. Sy was besig om te stort maar het nietemin 'n swart vrou die
woonstel sien inkom.
Laasgenoemde het vir die oorledene gesê dat sy die
diamante gekry het waarna hy gesoek het. Kort na die aankoms van die eerste
vrou
het 'n tweede swart vrou ook- binnegekom. (Hoewel hulle nie in die verklaring .
.
5 geïdentifiseer is nie, het dit later geblyk
dat hulle onderskeidelik Lizzy en Annie geheet het.)
(3)
Hierna het sy, die
oorledene, hul kind, Lizzy en Annie in die Mazda na 'n plek in 'n swart
woonbuurt van Bloemfontein gery. Daar het
hulle 'n swart man opgelaai. Lizzy het
toe gesê dat hulle nog ' n man moes gaan oplaai. Toe hulle weer stilhou,
het die appellante
vir die oorledene gesê dat sy bang was en dat "hulle" -
blykbaar die swart passasiers - moes uitklim. Die oorledene het haar
egter
gerusgestel.
(4)
By die tweede stilhouplek het
nog 'n swart man in die Mazda geklim. "Hulle" het toe gesê dat die
oorledene verder moes ry. Hy
het dit gedoen en 'n plek bereik waar groot klippe
in die veld gelê het. "Hulle" skreeu toe "hier is die plek, hier is die
plek". Feitlik terselfdertyd ruk die mans die deur aan die bestuurderskant oop
terwyl Annie haar
6 vasgryp en 'n mes teen haar keel
hou.
(5)
Die mans het die oorledene
uit die Mazda getrek en gesleep. Buite het hy vir hulle geld gegee nadat hulle
dit van hom geëis het.
Daarop het die mans en waarskynlik ook Lizzy die
oorledene met messe gesteek.
(6)
Hierna het
die een man haar aan die arm geruk en gesê dat hulle moes ry en geld gaan
haal. "Hulle" het toe 'n rewolwer teen
haar regtersy gedruk. Sy het die Mazda na
hul woonstel bestuur. Sy het gesê dat sy nie geld gehad het nie maar die
viertal
- wat klaarblyklik saam met haar en die kind na die woonstel gegaan het
- wou haar nie glo nie en het "alles
deurgegrou".
(7) In die woonstel het "hulle"
gesê dat
sy geld by die bank moes gaan haal "want my man het
vir
hulle gesê toe hulle geld gevra het, dat sy geld
in die bank is".
7
(8) Die hele groep is toe weer na die
Mazda en daarin na 'n kitsbank. Toe
sy nie daaruit
geld kon trek nie, het die een swart man gesê dat
hy
geld by haar sou kom haal want "hulle soek geld en
kort geld".
(9) Die appellante het bygevoeg:
"Hulle sê as ek praat dan maak hulle my dood. Wat hulle nog gesê
het, is dat hulle baie maats het en my van tyd tot tyd
sal oppas.... Ek het
daardie nag uit vrees vir hulle in my kar geslaap .... Orals die nag . , . het
ek my man gaan soek want ek was
nie seker presies wat met hom gebeur het nie.
... Ek is nie polisie toe nie omdat ek gedreig is met die dood .... Die een ...
[swart
man] ... het gesê hy sal kom bly geld haal en as ek praat dan maak
hy my dood. Ek het nooit polisie toe gegaan nie. Ek was
bang. Ek is gedreig met
geweld."
Die appeïlante het vervolg dat een van die
swart mans 'n paar dae later by haar kom geld eis het
en gesê het dat hy haar ook sou doodmaak. Sy het toe
8
by haar werkgewer, ene Kussman, geld geleen en dit vir die swart man
gegee.
In haar verklaring het die appellante ook gemeld dat sy die dag na die
noodlottige gebeure saam met Kussman Kimberley toe was, Ek
verwys later weer na
hierdie geleentheid.
Nadat die verklaring afgelê is, het die appellante, as beskuldigde 1,
en twee swart mans, as beskuldigdes 2 en 3, in die Oranje-Vrystaatse
Provin-siale Afdeling tereg gestaan op 'n aanklag van moord op die oorledene.
Hulle is al drie deur die verhoor-hof (Van Coller R
en assessore) skuldig bevind
en daarna elk tot 18 jaar gevangenisstraf gevonnis. Met verlof van die
verhoorregter is die onderhawige
appèl slegs teen die appellante se
skuldigbevinding gerig.
By die verhoor het 'n swart vrou, mev Lizzy Sekutoane (hierna
gerieflikheidshalwe bloot Lizzy genoem), ten behoewe van die Staat getuig
nadat
sy
9 '
gewaarsku is dat die Staat haar as 'n medepligtige tot die
moord beskou het. Die kern van haar getuie-nis kan soos volg saamgevat
word.
Sy het van tyd tot tyd gesteelde goedere aan die appellante verkoop en
was ook op verskeie geleenthede saam met Annie in die appellante
en die
oorledene se woonstel. Op versoek van die appellante het sy ingewillig om vir
eersgenoemde diamante te "soek". Die aand van
31 Julie 1986 het sy en Annie na
die woonstel gegaan. Die doel was om vir die appellante te sê dat sy 'n
diamant gekry het.
Hierna is die oorledene, die appellante, hul kind, Lizzy en
Annie in die Mazda na 'n swart woonbuurt. Die oorle-dene het bestuur.
Eers is
beskuldigde 2 en daarna beskuldigde 3 (Lizzy se broer) opgelaai. Hulle het
verder gery en op ' n plek stilgehou. Op versoek
van die appellante het
beskuldigdes 2 en 3 uitgeklim en buite die voertuig met haar gepraat. Hierna
het
10
beskuldigde 2 beduie waarheen die oorledene moes ry. Hy het weer gestop toe
die appellante gesê het dat hy moes stilhou sodat
oor die diamant gepraat
kon word. Weereens het die drie beskuldigdes buite die voertuig met mekaar
gepraat. Daarop het die appellante
die oorledene geroep. Toe hy na dié
groepie gaan, het sy teruggekom en in die Mazda geklim. Net hierna het dit
voorgekom asof
die oorledene gepootjie word. Hy het geval en dit het gelyk asof
daar ' n bakleiery was. 'n Rukkie later het die Mazda weggetrek.
Almal behalwe
die oorledene was daarin. Die appellante het bestuur maar het omgedraai,
stilgehou en na die oorledene gestap. Sy het
aan hom gevat. Hierna het sy die
Mazda na die woonstel bestuur. Daarin het sy R170 op 'n tafel neergesit. Die
geld is op aandrang
van beskuldigde 2 deur Annie geneem. Vervolgens is hulle
almal in die Mazda na 'n kitsbank waar die appellante tevergeefs geld probeer
trek het. Sy het
11
toe onderneem om op 'n bepaalde datum nog geld aan die viertal te gee. Dit
het meegebring dat hulle ongeveer 'n week later na die
besigheidsplek van
Kussman in Bloemfontein gegaan het. Daar het die appellante geld in 'n sak van
haar (Lizzy se) oorjas gesit. Beskuldigde
2 het die geld by haar geneem en
daarna vir haar R130 gegee.
Lizzy het ook gesê dat die geld wat sy
gekry het beloning vir die diamant was. Dit sou sy op een of ander stadium vir
beskuldigde
2 gegee het.
Beskuldigde 2 het ontken dat hy ooit saam met die
oorledene was, en het dus ook aandadigheid aan die aanval op die oorledene
ontken.
Hierteenoor het beskuldigde 3 erken dat hy die betrokke aand in die
Mazda was maar ewe-eens sodanige aandadigheid ontken. Hy getuig
dat beskuldigde
3 hom in 'n sjebeen genader het. Hy is aangesê om saam te gaan om geld te
gaan haal. Hulle het toe in die Mazda
12 geklim. Reeds binne waa die
appellante, die oorle-dene, hul kind, Lizzy en Annie. Terwyl hulle ry, vra hy
waarheen hulle gaan.
Die appellante draai haar kop en met haar vínger oor
haar lippe en 'n sisgeluid beduie sy dat hy moet stilbly. Die Mazda stop
en
beskuldigde 2 sê aan die oorledene dat dit die plek is waar hy diamante
kan koop. Op sy versoek dat hulle buite die voertuig
moet onderhandel, klim die
oorledene uit. Beskuldigde 2 gryp toe die oorledene en steek hom met 'n mes. Die
appellante verberg eers
haar gesig maar lig weer haar kop op terwyl die
oorledene gesteek word. Hierna bestuur die appel-lante die Mazda terwyl die
oorledene
buite agterbly. Sy sê egter dat sy nie tevrede is met die
messtekery nie. Sy sê ook dat sy seker wil maak dat die oor-ledene
dood is
omdat, indien hy nog lewe, hy sal uitlap wat gebeur het. Sy draai om en hou naby
die -blykbaar lewenslose - oorledene stil.
Beskuldigde 2
13 gaan na hom, keer
terug en rapporteer aan die appel-lante dat die oorledene "klaar"
is.
Beskuldigde 3 se weergawe van wat hierna gebeur het, strook grotendeels
met dié van Lizzy. Hy vertel ook hoe hulle na die woonstel
gery het; hoe
die appellante R170 uitgetel het; van die vrugtelose poging om geld by die
kitsbank te trek; hoe hulle in die middestad
afgelaai is, en van hul latere
besoek aan die appellante se werksplek. Hy voeg egter by dat sy op hierdie
geleentheid gesê
het dat hulle nie kort-kort daarheen moes kom nie omdat
die polisie besig was om die "saak" te ondersoek.
Beskuldigde 3 het voorts getuig dat nadat beskuldigde 2 hom kom roep en hy
die insittendes van die Mazda gesien het, hy gedink het
dat die blankes beroof
sou word en dat hy daarby behulpsaam sou wees.
Die appellante se getuienis het in hoof-
14
trekke met die inhoud van haar verklaring aan die landdros ooreengestem.
Hoewel haar voortborduring heelwat onwaarskynlike brokkies
getuienis die lig
laat sien het, verg slegs die volgende verduidelik-ings en byvoegings
vermelding:
(a)
Nadat Lizzy in die woonstel
oor 'n diamant gepraat het, het die oorledene gesê dat hulle dan seker
moes ry om die "goed" te
gaan haal. Die appellante het toe spontaan gesê
dat sy nie sou saamgaan nie. Sy het egter wel ingewillig nadat die oorledene
en
Lizzy haar versoek het om saam te ry.
(b)
Na
die aanvalle op hom was die oorledene nie dood nie. Hy het naamlik op een knie
"gesit".
(c)
Beskuldigde 2 het vir haar
gesê dat sy na die woonstel moes ry. Daar het hy haar by die voordeur
ingestamp en het hy en beskuldigde
3 gesê dat hulle die "hele plek" sou
deursoek vir geld.
15 Hulle het goed op die vloer
gegooi en in die proses op die oorledene se Saamboukaart afgekom. Die
appel-lante is toe aangesê
om met die kaart geld te gaan trek.
(d)
Nadat sy die viertal
afgelaai het, het sy feitlik die hele nag orals in die stad op soek na die
oorledene rondgery, maar nie eens
naby die swart woonbuurte nie. Sy het dit
gedoen omdat sy geweet het dat hy nie dood was nie en gedink het dat hy sou
terugstap vanaf
die plek waar hy aangeval was. Op 'n stadium het sy Kussman
probeer telefoneer omdat sy wou hê dat hy haar moes help soek.
Sy vrou het
egter gesê dat hy reeds in die bed was. Meens die dreigemente wat sy in
haar verklaring vermeld het, was sy te
bang om na 'n polisiestasie te
gaan.
(e)
Vroegoggend het sy Kussman
teengekom. Hy het gesê dat hy die dag in Kimberley sou deurbring en op
haar versoek het hy ingestem
dat sy kon saam-
16
gaan. Sy en haar kind is toe later die oggend saam Kimberley toe.
(f)
Na hul terugkoms in
Bloemfontein het sy weer in die Mazda rondgery op soek na die oorle-dene.
Daardie aand het sy na haar broer gegaan
en hom vertel dat die oorledene vermis
was. Sy het hom egter nie vertel wat gebeur het nie. Sy het toe vir die volgende
paar dae
by haar broer gebly.
(g)
Die inhoud
van haar eerste verklaring was te wyte aan ' n instruksie van beskuldigde 2. Hy
het naamlik vir haar aangesê dat
indien die polisie vir haar sou vra waar
die oorledene was, sy moes sê dat hy vanaf die woonstel na 'n onbekende
bestemming
vertrek het. Daar was twee verdere redes waarom bedoelde verklaring
onwaar was. Die eerste was dat sy nie die betrokke persone kon
identifiseer nie.
Die tweede was die vrees wat die dreigemente by haar ingebesoem
het.
17 (h) Nadat sy vergeefs geld uit die kits-bank
probeer onttrek het, is afgespreek dat die viertal later na haar werksplek sou
kom
om geld by haar te kry. Ongeveer twee weke na die oorledene se begrafnis het
hulle dan ook daar opgedaag. Lizzy het gesê dat
sy geld wou hê. Die
appellante het daarop vir Kussman gevra om haar R100 te leen. Beskuldigdes 2 en
3 het egter geskreeu dat
hulle al die geld soek en nie net R100 nie. Daarop het
die appellante altesaam R400 by Kussman geleen en dit aan Lizzy gegee. Sy
het
vir Kussman gesê dat die oorledene die geld aan die besoekers geskuld
het.
Onder kruisverhoor het die appellante erken dat sy die moeder was van 'n
verdere kind wat ' n maand na die oorledene se dood verwek
is en waarvan Kussman
die vader is.
Nadat beskuldigde 3 se saak gesluit is, het die appellante met
die nodige verlof weer getuig. Sy
18
het toe 'n verdere rede verstrek waarom sy nie die aanval op haar man aan die
polisie gerapporteer het nie. Sy was naamlik bevrees
dat die polisie nie haar
latere weergawe sou glo nie.
Die verhoorhof het bevind dat nóg Lizzy
nóg beskuldigde 3 die volle waarheid vertel het aangaande die aanval op
die
oorledene en die gebeure wat dit voorafgegaan het. Weens weersprekings in
hul weer-gawes kon die hof dan ook nie bepaal presies wat
die appellante in die
Mazda en op die moordtoneel sou gesê of gedoen het nie. Wel is bevind dat
Lizzy en beskuldigde 2 mekaar
grotendeels gestaaf het oor die verloop van sake
nadat die Mazda van die toneel weggetrek het, en vernaamlik oor die afwesigheid
van enige dreigemente teenoor die appellante.
Die hof het voortgegaan om die
appellante se weergawe te evalueer en het gekonkludeer dat sy nooit gedreig was
nie. Die enigste redelike
aflei-
19 ding uit haar optrede was dus dat sy met
een of meer van die viertal afgespreek het dat die oorledene vermoor moes
word.
In hierdie hof het die appellante se advokaat op 'n aantal gronde
aangevoer dat die waar-skynlikhede spreek teen 'n sogenaamde kontrakmoord.
Eerstens is betoog dat indien die appellante 'n party was tot 'n afspraak om die
oorledene te vermoor, daar vooraf op die beloning
van die ander deelgenote
ooreengekom sou gewees het, wat volgens die getuienis nie gebeur het nie.
Tweedens is daarop gewys dat volgens
Lizzy en beskuldigde 2 die appellante nie
haar mede-beskuldigdes geken het nie, en is geargu-menteer dat dit onaanvaarbaar
is dat
die appellante in die Mazda en in teenwoordigheid van die oorledene die
afspraak met hulle sou aangegaan het.
Wat die tweede argument betref, verdwyn die aangevoerde onwaarskynlikheid
natuurlik indien.aan-
20
vaar word dat die appellante aanvanklik Lizzy se hulp ingeroep het om die
oorledene uit die weg te ruim, en aldus met haar gereël
het om kontak te
maak met ' n persoon of persone wat bereid sou wees om die oorle-dene om die
lewe te bring. Lizzy het natuurlik
nie van so 'n reëling melding gemaak
nie, wat begryplik is aangesien sy haarself andersins as 'n medepligtige tot die
moord
sou betrek het. Sy het egter ook nie van enige afspraak tussen haar en
beskuldigdes 2 en 3 gewag gemaak nie terwyl dit duidelik is
dat sy vooraf met
minstens een van hulle moes saamgesweer het om die betrokke aand geweld teen die
oorledene te gebruik.
Betreffende die eerste argument is daar geen getuienis
dat daar al of nie oor die omvang van vergoeding ooreengekom is. Indien daar
wel
'n kom-plot tussen die appellante en Lizzy was, kon hulle dus op 'n bepaalde
bedrag besluit het.
21 Derdens is betoog dat, gegewe 'n komplot, 'n mens sou
verwag dat die appellante die volle vergoedingsbedrag ten tye van die moord
beskikbaar sou gehad het. Hierdie betoog kan egter gewig dra slegs indien die
appellante oor die nodige fondse beskik het. Maar alles
dui daarop dat sy op
gebruik van die oorledene se bankkaart aangewese was, welke kaart sy blykbaar
eers na sy dood in die hande kon
kry.
Vierdens is aangevoer dat, weereens
gegewe 'n komplot, die waarskynlikhede daarteen spreek dat die appellante vier
swartes kort nadat
die moord gepleeg is maar laterig in die aand na die woonstel
sou neem. Sodoende sou die appellante immers die risiko skep dat ander
persone
haar in teenwoordigheid van die viertal by of naby die woonstel kon gesien het.
Hierdie betoog is nie sonder gewig nie, maar
aan die ander kant het die
appellante nie juis 'n
22
keuse gehad indien vooraf afgespreek was, of na die aanval op die oorledene
daarop aangedring is, dat die vergoeding nog dieselfde
aand betaal sou word. Dit
is natuurlik waar dat sy die viertal kon gevra het om by die woonstel in die
Mazda te wag terwyl sy geld
en die kaart gaan haal het, maar dit is ook heel
moont-lik dat hulle nie aan haar 'n geleentheid wou bied om as't ware sonder
betaling
te ontsnap nie.
Die appellante se advokaat het ook op enkele ander
faktore gewys wat volgens hom daarop dui dat slegs 'n rooftog beplan was, en dat
die appel-lante nie aan daardie beplanning deel gehad het nie. Nie een van
bedoelde faktore dra egter noemenswaar-dige gewig nie.
Die verhoorhof het die onwaarskynlikhede in die appellante se getuienis, en
die oorwegings wat dui op haar deelname aan 'n sameswering,
bykans uitputtend
behandel. Herhaling is onnodig en ek laat
23
dus die klem slegs op die volgende val.
Indien die appellante onskuldig
was, sou die viertal moes besef het dat sy te eniger tyd terwyl sy in hul
teenwoordigheid was, alarm
sou kon maak. Dit sou sy kon doen by die woonstel, by
die kitsbank; of selfs op pad na die een of die ander indien hulle voertuie
of
voetgangers sou teenkom. Dit is dus heel onwaarskynlik dat hulle die risiko van
impiikasie deur die onskuldige appellante sou
neem tydens die ritte in die Mazda
en die besoek aan die woonstel en die kitsbank.
In die verbygaan noem ek dat
die appellante se verduideliking waarom sy nie in die woonstelblok alarm gemaak
het nie onbevredigend
is. Eers sê sy dat die inwoners van die buurwoonstel
sterk drank gebruik het en dat sy daarom nie met hulle "ingemeng" het
nie, en
later dat hulle nie tuis was nie.
Vervolgens is dit totaal onaanvaarbaar dat
24
die onskuldige appellante so deur dreigemente ver-skrik sou gewees het dat sy
die gebeure nie aan die polisie of haar broer sou gerapporteer
het nie. En
indien sy, soos sy getuig, gedink het dat die oor-ledene nie dood was nie en sou
terugkeer, en daarom die grootste gedeelte
van die nag in die stad na hom gesoek
het, sou sy tog gemeen het dat die aanval op hom wel op die lappe sou kom. Daar
was dus nie
'n enkele rede waarom sy nie direk nadat sy die viertal afgelaai het
na 'n polisiekantoor sou gegaan het nie.
Terloops kan daarop gewys word dat
haar weergawe van haar rondryery geen sin maak nie. Indien die oorledene nie
dood was nie, sou
hy tog seker óf na die woonstel, óf na 'n
hospitaal, óf na die polisie gestap het of geneem gewees het, en sou
hy
nie in die stad rondgedwaal het nie. Bowendien getuig sy dat toe sy die viertal
afgelaai het hulle
25 gesê het dat hulle na die oorledene sou terugkeer
om hom dood te maak,
Nie net het die appellante nie die gebeure gerapporteer
nie, maar in haar verklaring aan Schmidt het sy valslik ontken dat sy die
betrokke aand saam met die oorledene uit die woonstel is. Schmidt het haar weer
op 25 Augustus, 7 Oktober en 3 November 1986 gespreek
en op elke geleentheid het
sy in effek daardie ontkenning herhaal. Selfs indien veronder-stel word dat sy
die aand van die gebeure
verskrik was deur die dreigemente wat geuiter was, is
dit hoogs onwaarskynlik dat sy nie binne 'n dag of wat weer rasioneel sou gedink
en opgetree het nie.
Die appellante se weergawe dat sy in haar eerste verklaring gesê het
dat die oorledene die aand alleen uit die woonstel weg
is omdat beskuldigde 2
dit vir haar voorgesê het, is klaarblyklik 'n verdig-sel wat sy uitgedink
het nadat sy haar verklaring
aan
26
die landdros gemaak het.
Volgens die appellante is
afgespreek dat die viertal geld by haar werksplek sou kom haal. Indien sy bang
vir hulle was, kon sy deur
die polisie 'n lokval vir hulle gestel het. Dit sou
allig meege-bring het dat hulle as't ware op heterdaad betrap en daarna in
aanhouding
onskadelik sou gewees het.
Op die keper beskou, faal die
appellante se
weergawe reeds by die aanvang daarvan. Indien die
inisiatief
in verband met die moontlike verkryging
van diamante van die oorledene
uitgegaan het, is dit
haas ondenkbaar dat hy sou aangedring het - en dit
sonder verskaffing van 'n rede - dat die appellante hom moes vergesel, wat sou
meebring dat die jong kind ook moes saamgaan. En waarom Lizzy ook sou wou
hê dat die appellante hulle moes vergesel, is nog
moei-liker
begrypbaar.
By opweging van al bostaande faktore en
27 |
oorwegings is ek oortuig dat die verhoorhof tot die
regte
bevinding gekom het, nl dat die appellante nie
net 'n leuenagtige getuie was
nie maar dat as die
enigste redelike afleiding sy aandadig was aan 'n
sameswering om die oorledene te vermoor. Die appèl word
afgewys.
H J O VAN HEERDEN AR
NIENABER AR
8TEM SAAM
VAN DEN HEEVER AR