About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 170
|
|
Mobius Group (Pty) Ltd. v Duff and Another (361/92) [1993] ZASCA 170; 1994 (1) SA 604 (AD); (1994) 15 ILJ 316 (A) (15 November 1993)
CG SAAKNOMMER: 361/92
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak van:
MOBIUS GROUP (PTY) LIMITED
Appellant
en
A DUFF
Eerste Respondent
GRANT CORRY
Tweede Respondent
CORAM
: HOEXTER, SMALBERGER, KUMLEBEN,
VAN DEN HEEVER ARR et VAN COLLER WAR
AANGEHOOR
: 8 NOVEMBER 1993
GELEWER
: 15 NOVEMBER 1993
UITSPRAAK VAN DEN HEEVER AR
2 Tweede respondent was vroeër in
diens van appellant maar is in 1989 afgedank. Hy beweer dat sy afdanking 'n
onbillike arbeidspraktyk
daarstel. Dit is gemenesaak dat daar geen
nywerheidsraad met regsmag is na wie die geskil verwys kon word nie. Tweede
respondent
het gevolglik ingevolge art 35 van die Wet op Arbeidsverhoudinge nr
28 van 1956 ("die Wet") aansoek gedoen vir die instelling van
'n
versoeningsraad. Die aansoek is gedateer 29 Januarie 1990. Dit is op 30 Januarie
per geregistreerde pos gestuur na die amptenaar
deur die regulasies aangewys as
die inspekteur by wie so 'n aansoek gedoen moet word, naamlik die
streekdirekteur van die Departement
Mannekrag. Dit het hom egter eers op 6
Februarie bereik. Tweede respondent het ook aansoek gedoen vir 'n sogenaamde
status quo bevel,
vir tydelike heraanstelling in diens, ingevolge art 43 van die
Wet. Dit is gedateer 5 Februarie en is deur die nywerheidshof op dieselfde
dag
ontvang.
Appellant het tweede respondent se art 43
3 aansoek om herindiensneming in die nywerheidshof bestry, onder meer op
grond dat eerste respondent, President van daardie hof voor
wie die aansoek
gedien het, nie bevoeg sou wees om dit toe te staan nie omdat tweede respondent
nie stiptelik aou voldoen het aan
die (sc gebiedende) voorskrifte van art 43(2)
van die Wet nie. Eerste respondent het hierdie voorlopige beswaar van die hand
gewys
en daarna op die meriete ' n bevel vir herindiensneming ten gunste van
tweede respondent gemaak. Haar beslissing ten aansien van
die nywerheidshof se
bevoegdheid is op hersiening geneem voor Du Plessis R in die Transvaal
Provinsiale Afdeling van die Hooggeregshof,
sonder sukses (
MOBIUS GROUP (PTY)
LTD v DUFF NO EN 'n ANDER
(1991) 12 ILJ 314). Eerste respondent het nie
daardie aansoek of enige van die verdere stappe wat appellant geneem het, bestry
nie
maar haar deurgaans berus in die uitspraak van die hof. Appellant se
appél na die volle hof van daardie Afdeling is ook afgewys.
(1992 (4) SA
752
(T).) Met verlof van
4 hierdie hof ingevolge art 20(4)(a) van die Wet op
die Hooggeregshof nr 59 van 1959, val appellant weereens die geldigheid van die
bevel van die nywerheidshof aan. Tweede respondent het betoogshoofde ingedien,
maar daar was geen verskyning namens hom by beredenering
van die appèl
nie.
Art 43(2) van die Wet lui:
"Enige party by 'n geskil
wat -
(a)
bedoelde geskil verwys na
'n nywerheidsraad wat ten opsigte van die geskil regsbevoegdheid besit;
of
(b)
indien daar geen nywerheidsraad wat
regsbevoegdheid besit, is nie, kragtens artikel 35(1) aansoek doen om die
instelling van 'n versoeningsraad
ten opsigte van die
geskil,
kan binne 10 dae vanaf die datum van die
verwysing of aansoek deur middel van 'n beëdigde verklaring by die
nywerheidshof aansoek
doen om 'n bevel kragtens subartikel (4)."
En art 35(1) bepaal dat wanneer daar 'n geskil
bestaan soos hier tersake, kan 'n party daartoe
"by die inspekteur by regulasie omskryf, in die vorm en op die wyse
voorgeskryf, aansoek doen om die instelling van 'n versoeningsraad
5
om die geskil te oorweeg en, indien moontlik, te besleg."
Die Wet omskryf nie wat beskou word as "die datum van die verwysing of
aansoek" waarna verwys word in art 43(2) nie. Die geskil tussen
die partye draai
in die eerste plek om die vraag, wat dié datum is.
Appellant se
beswaar teen die geldigheid van eerste respondent se bevel is, in 'n neutedop,
dat tweede respondent die kar voor die
perde ingespan het. Dit is volgens
appellant 'n gebiedende voorvereiste dat die aansoeke in die korrekte volgorde
gedoen word. Die
datum van die art 35 aansoek wat beoog word in art 43(2), is
die datum waarop die art 35 aansoek ontvang is deur die inspekteur;
derhalwe is
die volgorde in die onderhawige saak verkeerd, soos blyk uit die datums aangegee
in die eerste paragraaf van hierdie
uitspraak.
Eerste respondent, Du Plessis R, en die volle hof het almal by dieselfde
eindbestemming uitgekom, naamlik 'n bevinding dat die nywerheidshof
6 bevoeg
was om die bevel te maak wat hy gedoen het. Die weë waarlangs elk daardie
eindbestemming bereik het, verskil.
Eerste respondent het daarop gewys dat
die datum van die art 35 aansoek in art 43(2) genoem word as bepaling van die
beginpunt vir
die vasstelling van die spertyd van 10 dae waarbinne die aansoek
om interim verligting ingevolge art 43 gedoen mag word. Sommige
vorige
beslissings van die nywerheidshof het aanvaar dat dit die datum is wat op die
art 35 aansoek verskyn, ander meen dit is die
datum waarop die art 35 aansoek
gelewer is (sc op een van die wyses wat in beide die Wet en die regulasies
voorgeskryf of veroorloof
word, te wete deur óf persoonlike lewering
óf versending per geregistreerde pos) aan die inspekteur. Sy het dit nie
nodig gevind om tussen hierdie twee menings te kies nie, want beide die datum op
die art 35 aansoek en die datum waarop dit gepos
is, is vóór die
datum van die art 43 aansoek en die volgorde van die twee aansoeke dus
7 korrek.
Du Plessis R het gesteun op die bewoording van
art
35 en regulasie 6 van die regulasies gepromulgeer in terme van art 81 van die
Wet, om te bevind dat van die twee moontlikhede
deur eerste respondent genoem,
die korrekte datum wat art 43(2) beoog, die datum is wat op die art 35 aansoek
verskyn. Die datum
waarop dit gepos is, is volgens hom nie van belang vir
berekening van die 10 dae periode nie; slegs die
feit
dat dit gepos is,
is van belang, en dan ook om 'n ander rede: daarsonder is die aansoek nog nie
"gedoen" nie. (ubi cit, bl 316 H-
J.)
Die volle hof het eenparig besluit dat art 43(2) nie kon bedoel het nie dat
die datum van die art 35 aansoek, die datum is wat op
daardie aansoek aangebring
word. Die aansoek in art 43(2) genoem is klaarblyklik 'n aansoek ingevolge art
35 wat verlang dat aansoek
gedoen
moet word
by die inspekteur
en
op die wyse voorgeskryf - sc by regulasie - en regulasie 6
8
bepaal onder meer dat
"'n Aansoek word geag ingedien te gewees het
op die datum waarop dit deur die inspekteur ... ontvang is."
Die vorm LR 23 waarvoor regulasie 6 voorsiening maak,
maak uitdruklik ook
voorsiening daarvoor dat die datum
waarop die aansoek ontvang word deur die
inspekteur
onder sy handtekening daarop aangebring moet word. Dan
eers is aansoek behoorlik
by die inspekteur
gedoen soos
deur art 43(2) beoog, aldus die volle hof. Dit is die
datum wat die wetgewer bepaal het as die beginpunt vir
die berekening van die 10 dae spertyd. Omdat daardie
datum later is as die datum van applikant se art 43
aansoek, is die volgorde van die aansoeke in die
onderhawige geval nie soos deur art 43 bepaal nie. Die
volle hof beslis egter dat die volgorde nie van
kardinale belang is nie. Die wetgewer skryf naamlik in
art 43(4)(b) aan die nywerheidshof die faktore voor wat
hy moet oorweeg by die besluit of hy 'n bevel gaan maak.
Die eerste hiervan, is of 'n applikant voldoen het aan
9 die tersaaklike
voorskrifte van art 43. Die vier ander geïyste faktore - die feite
uiteengesit, betoë gelewer, of die
applikant bona fide gepoog het om die
geskil te besleg, en of dit gerade sou wees om 'n bevel te verleen is
ongetwyfeld faktore elkeen
waarvan deur die nywerheidshof opgeweeg moet word en
'n oordeel daaroor gevel word voordat hy sy diskresie uitoefen, dit wil sê
besluit of 'n interim bevel verleen behoort te word en wat die inhoud daarvan
moet wees. Daar is geen rede nie om te aanvaar dat
die wetgewer met die eerste
van die gelyste faktore slegs die nywerheidshof wou herinner aan wat aksiomaties
is: dat hy moet kyk
of die aansoek formeel in die orde is. Die nywerheidshof het
derhalwe ook 'n oordeelsfunksie wat betref prosessuele voorskrifte,
wat egter
nie in die onderhawige geval uitgeoefen is nie vanweë die foutiewe siening
van wat die datum is wat die wetgewer in
gedagte gehad het as synde die datum
van die art 35 aansoek. Op appèl oefen die volle hof dus daardie
diskresie namens die
10
nywerheidshof uit in plaas daarvan om die aangeleentheid terug te verwys,
omdat die volle hof in net so 'n goeie posisie is om 'n
oordeel tevel as wat die
nywerheidshof was. Kortom, daar is beslis dat tweede respondent nie stiptelik
nie maar wel wesenlik aan
die voorskrifte van art 43 voldoen het en dat
appellant nie benadeel is nie, derhalwe is die appêl afgewys.
Die Wet
skryf verskillende periodes voor vir verskeie stappe wat gedoen kan of moet word
uit hoofde daarvan, en maak voorsiening vir
verlenging van die voorgeskrewe
tydperke waar hy dit nodig ag. As voorbeelde, 'n versoeningsraad moet poog om
binne 30 dae nadat
'n aansoek ingedien is, die geskil te besleg, of binne die
verdere tydperk of tydperke waarop die partye ooreenkom (art 36). Die
Direkteur-generaal kan indiening van 'n aansoek vir 'n versoeningsraad ná
die 180 dae voorgeskryf deur art 35(3) (d), kondoneer.
Die nywerheidshof kan die
tydperke vir indiening van stukke verleng (art 43(3)(b)). Art 43(4)(a) verbied
verlening
11
van 'n status quo bevel meer as dertig dae na voorgeskrewe gebeure, maar die
nywerheidshof word 'n diskresie verleen om vir goeie
rede dit tog te doen. Daar
word geen voorsiening gemaak dat die 10 dae maksimum tussen art 35 aansoek en
art 43 aansoek, verleng
kan word nie, soos voorsiening wel vir verlenging gemaak
word in - slegs as voorbeelde - art 4(5)(c); 27A(l)(d)(i) en (ii); 27A(2);
43(4)(a); ens. Die nywerheidshof self skyn van meet af te aanvaar het dat
hierdie spertyd gebiedend is. Die onderhawige saak gaan
egter nie daaroor nie
maar oor wat die beginpunt is van die voorgeskrewe tydperk, want daarvan hang af
of die volgorde van die twee
aansoeke korrek is.
Voordat art 43 gewag maak van die spertyd, beskryf hy die eienskappe of
kwalifikasies wat 'n applikant moet besit om die nywerheidshof
te kan nader vir
status quo verligting. Hy moet betrokke wees in 'n arbeidsgeskil, bowendien van
'n besondere aard naamlik
12
een wat gaan om 'n beweerde onbillike arbeidspraktyk, en daarbenewens iemand
wat een van twee alternatiewe stappe neem (let wel, nie
iemand wat dokumente
ingedien het, of selfs stappe geneem
het
nie): die geskil verwys na 'n
nywerheidsraad, of aansoek uit hoofde van art 35 doen vir die instelling van 'n
versoeningsraad. Dit
hou in dat applikant nie slegs iemand met goeie voornemens
moet wees nie, maar iemand wat oorgegaan het of minstens tegelykertyd
oorgaan
tot aksie, as aanduiding van sy erns om die geskil besleg te kry.
Om die einde van die spertyd wat vir so 'n applikant voorgeskryf word, te kan
vasstel, is dit vanselfsprekend dat daar 'n vaste en
duidelik bepaalbare
beginpunt moet wees. Om seker te wees dat hy nie gevaar loop om sy aanspraak op
verligting te verloor nie, kan
'n applikant die kort tyd hom gegun slegs bereken
as hy wéét waar om te begin.
Die Wet is deurspek van bepalings wat ook weerklank vind in die regulasies en
nywerheidshofreëls.
13
waarvolgens lewering per geregistreerde pos beskou word
as aanvaarbare
alternatief vir persoonlike lewering.
Kyk byvoorbeeld art 4(2)(d), (f) en
(g); art 19(2)(c),
(e) en (f); art 27A(c)(i); art 35(2); art 43(3) (b).
Regulasie 6 vervat in R1709 in Staatskoerant 11474 van
26 Augustus 1988 lui -
"(l)(a) Aansoek om die instelling van 'n versoeningsraad kragtens artikel 35
van die Wet moet in tweevoud in die vorm van Aanhangsel
LR 23 gedoen word en by
die inspekteur by regulasie omskryf, ingedien word hetsy deur dit persoonlik by
sy kantoor af te lewer of
deur dit per geregistreerde pos aan hom te stuur
..."
Die volle hof se aanvaarding dat die datum
waarop die art 35 aansoek die inspekteur bereik, die
aanvangsdatum is vir berekening van die spertyd deur art
43(2) gestel, koppel daardie spertyd aan 'n onsekere
beginpunt. Dit word bepaal deur gebeurtenisse waaroor
die applikant geen beheer het nie, boonop gebeurtenisse
wat plaasvind elders as waar hy self is. Hy dra dus nie
kennis daarvan nie en kan dit nie noodwendig bekom nie -
14 tensy,
natuurlik, hy beheer oor gebeurtenisse behou deur afstand te doen van die
alternatief wat die wetgewer hom bied en die verlof
om geregistreerde pos te
gebruik, as pro non scripto beskou. Sonder persoonlike lewering van albei
aansoeke, sou 'n applikant ook
nooit gemoedsrus kon hê dat die twee
aansoeke in die korrekte volgorde kom nie. Tensy ' n applikant dus afstand doen
van die
reg om stukke per aangetekende pos te versend en sorg dra dat dit in
elke geval persoonlik aan die streekdirekteur gelewer word,
sal hy altyd die
risiko loop dat die 10 dae verstryk het voordat hy sy art 43 aansoek gedoen het.
En laasgenoemde kan hy ook nie
te vroeg bring nie, want dan loop hy weer die
gevaar dat hy beskuldig word, soos hier gebeur het, dat sy art 43 aansoek gedoen
is
voordat sy art 35 aansoek die inspekteur bereik het. Die volle hof se uitleg
van die wetgewer se bedoeling, bou verwarring in die
wetgewing in. Dit is so dat
regulasie 6(1)(a) bepaal dat 'n art 35 aansoek "word geag ingedien te gewees het
op die
15 datum waarop dit deur die inspekteur by regulasie omskryf, ontvang
is", Voorsiening vir die inspekteur se handskrif op vorm LR
23 kom egter onder
die kopskrif SLEGS VIR DEPARTEMENTELE GEBRUIK heel aan die voetenend van die
vorm, na die "opmerkings" vervat
in voetnotas wat die genommerde paragrawe in
die liggaam van die vorm toelig, soos: "skrap wat nie van toepassing is nie"
wanneer
vir alternatiewe moontlikhede voorsiening gemaak word. Die regulasie,
wat die voorskrifte uiteensit vir die doen van 'n art 35 aansoek
(soos deur art
35 gemagtig), gee nie voor om te bepaal dat die aansoek
vir doeleindes van
art 43
beskou moet word gedoen te wees slegs wanneer die inspekteur dit
ontvang het nie. vir sy
eie
doeleindes - dit wil sê vir doeleindes
van art 35 self - is laasgenoemde datum om vanselfsprekende redes van belang,
soos blyk
uit art 36(1) (a) waarna reeds verwys is, omdat dit die aanvang van
die tyd bepaal waarbinne die versoeningsraad moet probeer om
die geskil te
besleg.
16 Ek meen dus met eerbied dat die hof a guo fouteer het deur te
bevind dat die datum van die art 35 aansoek waarna verwys word in
art 43(2), die
datum is waarop daardie aansoek deur die streekdirekteur ontvang word. Die
bewoording van die Wet self sterk my in
hierdie mening. Daar word onderskeid
getref, soos Du Plessis R uitgewys het, tussen aansoek doen ("apply"), en die
indiening
van 'n aansoek. Die Wet verwys meerendeels na die datum waarop
'n aansoek ingedien is ("when it was lodged") wanneer van die persoon
of liggaam
binne wie se kennis daardie datum val, verwag word om die volgende stap te neem.
Vgl art 36(1); art 35(3)(a); art 35(3)(d)(i).
Selfs in art 46(9)(b) wat gaan oor
die
verwysing
van 'n geskil deur 'n party daartoe na die nywerheidshof,
word, by die bepaling van spertye, van
verwysinq
en
indiening
as
twee afsonderlike begrippe gepraat: die nywerheidshof mag die laat
indiening
van die
verwysing
op goeie gronde kondoneer. Die datum
van so 'n
verwysinq
moet dus noodgedwonge iets
17 anders wees as die
datum waarop dit by die nywerheidshof ontvang is. Die probleem wat die hof a guo
gehad het om te aanvaar dat
slegs die datum aangebring op die aansoek die datum
kan wees wat die wetgewer beoog het, omdat daardie dokument vïr dae in 'n
laai kan lê, is teoreties geregverdig maar in werklikheid vergesog. Met 'n
spertyd van 10 dae sou enige applikant wat talm
om sy dokumente op pad te kry,
slegs homself benadeel. Indien egter aanvaar word dat die wetgewer juis die
datum in gedagte gehad
het waarop clie applikant die eerste stap gedoen het om
die aansoek die werk te laat doen waarvoor hy geskep was, naamlik die datum
waarop die aansoek gelewer is, óf persoonlik óf deur wat as
aanvaarbare alternatief veroorloof is, val die probleem
weg. Dit strook ook goed
met die gebruik van die teenswoordige tyd in art 43(2) se beskrywing van die
eienskappe van die applikant
wat om status guo verligting vra: iemand, nie wat
aansoek ingedien het nie, maar wat aansoek doen. Vgl by analogie
DE VILLIERS
v LOUW
1931 AD 241
en
18
veral op bl 266 per Curlewis AR:
"... the signing and attesting of the application form does not constitute
the making of an application to vote by post; it is only
when that form so
signed and attested is delivered by hand or sent through registered post to the
Returning Officer, that an application
can be said to be made"
en op bls 271 en 272 per Wessels AR.
Ek meen dus, met eerbied, dat hoewel die
uitslag korrek was in al die vorige verrigtinge, dit die
nywerheidshof self is wat op die korrekte spoor was maar
nie vêr genoeg gegaan het nie (omdat dit ook onnodig
was) deur te kies tussen die twee datums wat die
President beskou het moontlik deur die wetgewer bedoel
is in art 43(2). Waar dit die datum is waarop applikant
die art 35 aansoek lewer op die wyse veroorloof, en die
feit dat dit gedoen is in die art 43 aansoek genoem moet
word, sal die volgorde in werklikheid altyd korrek wees
en 'n verkeerde datum wat op eersgenoemde dalk
aangebring is nie mislei nie. Die aansoeke was
inderdaad ook in die korrekte volgorde in die
19
onderhawige saak gedoen. Kommentaar oor die juistheid aldan nie van die
tweede been van die uitspraak van die hof a quo sou bygevolg
slegs op 'n obiter
dictum neerkom.
Die appél word van die hand gewys met
koste.
L VAN DEN HEEVER AR
STEM SAAM:
HOEXTER AR) SMALBERGER AR) KUMLEBEN AR) VAN COLLER WAR)