About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 166
|
|
S v October (690/92) [1993] ZASCA 166 (9 November 1993)
Saaknommer 690/92
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPeLAFDELING
In die saak tussen:
RAYMOND OCTOBER
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
TRANSKRIPSIE VAN
EX TEMPORE
-UITSPRAAK WAT OP DINSDAG 9 NOVEMBER 1993
DEUR HOEXTER AR GELEWER IS, EN WAARMEE KUMLEBEN AR EN HARMS Wnd AR SAAMGESTEM
HET.
2
HOEXTER AR
,
Dit is 'n appèl teen 'n doodvonnis ingevolge art
316A van die
Strafproseswet. Voor 'n hof bestaande uit 'n
regter en twee assessore het die
appellant, 'n
twintigjarige manspersoon, op 'n aanklag van roof met
verswarende omstandighede (tweede aanklag) en h aanklag van moord (eerste
aanklag) tereggestaan. Die appellant, wat skuldig gepleit
het, is tereg op albei
aanklagte skuldig bevind. Op die tweede aanklag is 'n vonnis van agt jaar
gevangenisstraf hom opgelê.
Weens die skuldigbevinding aan moord is die
appellant ter dood veroordeel.
Die feite van die geval is eenvoudig. Op 12 September 1990 is die appellant
by 'n strafverhoor 'n vonnis van meer as vier jaar gevangenisstraf
opgelê.
Op 3 April 1992, egter, is die appellant onvoorwaardelik uit die
3
gevangenis vrygelaat. 'n Week daarna, op 10 April 1992, het die appellant
huisbraak gepleeg; en vier dae daarna, op 14 April 1992,
het hy 'n fiets
gesteel.
Met laasgenoemde fiets, en nog steeds op 14 April 1992, het die
appellant met die oogmerk om weer eens huisbraak en diefstal te pleeg,
deur die
strate van die dorp Caledon 'n verkenningstog onderneem. Te Ixiastraat 2 het hy
die erf van die egpaar De Wet binnegegaan.
Niemand was tuis nie. Vroeër op
dieselfde dag is mnr De Wet in die Tygerberg-hospitaal opgeneem. Toe die
appellant die perseel
betree het, was mnr De Wet se gade onvergesel besig om
inkopies te doen. Vanaf 'n skuilplek in die tuin van die perseel het die
appellant
gesien dat mev De Wet in haar motor voor die woning stilhou en pakkies
die huis binnedra. Die appellant het haar voorgelê.
Mev De Wet, 'n dame 67
jaar oud, is die oorledene in die saak en die slagoffer van die roof.
4
In sy besit het die appellant 'n Okapi mes met 'n 10-sentimeter lem en 'n
vlymskerp punt gehad. Die appellant het die huis binnegeglip
en kort daarna die
oorledene van agter vyf steekwonde met die mes toegedien. Vier van die
steekwonde was aan die rug en een aan die
sy. Elkeen van die steekwonde het die
oorledene se borskas binnegedring en was alleenstaande lewensgevaarlik. Twee van
die steekwonde
was egter uiters ernstig. Een het die hartspier gepenetreer en
die ander het die lewer deurboor.
Op 15 April 1992 het die appellant 'n bekentenis voor'n landdros gemaak. By
sy verhoor het die appellant na skuldigbevinding ter strafversagting
getuig. In
die loop daarvan het hy wesenlik van die inhoud van sy bekentenis afgewyk.
Kruisondervraging van die appellant het aan
die lig gebring dat hy 'n glibberige
getuie en 'n deurtrapte leuenaar is. Bygevolg is dit moeilik om presies te
bepaal wat binnenshuis
die noodlottige aanval
5
op die oorledene voorafgegaan het. Die appellant het egter toegegee dat hy
die oorledene om die lewe gebring het om sy latere uitkenning
deur haar te
verhoed.
Die appellant het 'n lang lys vorige
veroordelings. Ofskoon
hulle nie een geweldsmisdade is
nie, dien opgemerk te word dat dit appellant
in die
verlede nie deur daadwerklike gevangenisstraf afgeskrik
het om weer
tot misdadigheid oor te gaan nie. Daarenteen
blyk die appellant 'n persoon te
wees wat van kleins af
besonder swaargekry het, en wat min kanse in die
lewe
gehad het. Hy het slegs voor-primêre skoolopleiding
gehad, en
hy is op die ouderdom van veertien jaar verwees.
Sedertdien het hy
meerendeels 'n swerwersbestaan gevoer.
Ofskoon die verhoorhof sy voorkoms as
dié van 'n volwassene
aangemerk het, het die Staat nie in geskil
getree met die
appellant se getuienis dat hy twintig jaar oud is nie,
en
die appèl moet op daardie grondslag beoordeel word.
6
Mnr Gess, wat op versoek van die hof die
appèl
namens die appellant behartig het, het
aangevoer dat uit hoofde van sy betreklike jeugdigheid, sy lae beskawingspeil en
sy maatskaplike
agterstand, langdurige gevangesetting eerder as die doodstraf
die gepaste vonnis sou wees. Ofskoon die appellant die verwyt dra van
'n
gewetenlose en gruwelike moord op 'n bejaarde en weerlose slagoffer, meen ek dat
die appellant se advokaat gelyk het. Met inagneming
van al die omstandighede van
die geval tref gevangenisstraf van 25 jaar my as 'n gepaste straf.
Die appèl teen die doodvonnis slaag. Die doodvonnis wat opgelê
is, word tersyde gestel en deur 'n vonnis van 25 jaar
gevangenisstraf
vervang.
G G_HOEXTER
AR