About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 161
|
|
Reyneke v Wetsgenootskap van die Kaap die Goeie Hoop (365/90) [1993] ZASCA 161; 1994 (1) SA 359 (AD); [1994] 1 All SA 474 (A) (30 September 1993)
Saaknommer : 365/90 N v H
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
WILLEM NICHOLAAS REYNEKE
Appellant
en
DIE WETSGENOOTSKAP VAN DIE
Kaap Die Goeie Hoop
Respondent
SMALBERGER, AR :-
Saaknommer : 365/90
N v H
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(APPéLAFDELING)
In die saak tussen :
WILLEM NICHOLAAS
REYNEKE
APPELLANT
en
DIE WETSGENOOTSKAP VAN DIE KAAP
DIE GOEIE
HOOP
RESPONDENT
CORAM
: CORBETT, HR, JOUBERT, SMALBERGER,
VIVIER, et MILNE, ARR
VERHOORDATUM
: 30 AUGUSTUS
1993
LEWERINGSDATUM
: 30 SEPTEMBER 1993
UITSPRAAK
SMALBERGER, AR :-
Die appellant kom, met die nodige verlof, in
hoër beroep teen 'n bevel van die volle hof van die Oos-Kaapse
Afdeling (ZIETSMAN en MULLINS, RR) waarkragtens gelas is dat sy
naam van die rol
van prokureurs van daardie hof geskrap word. Die uitspraak van die hof
2
a
quo
is gerapporteer - kyk
Wetsgenootskap van die Kaap die
Goeie Hoop v Reyneke
1990(4) SA 441 (OKA) ("die uitspraak").
Die
respondent het aanvanklik in sy aansoek om die appellant se skrapping 'n
verskeidenheid klagtes teen hom aanhangig gemaak. Vanweë
die feitegeskille
wat ontstaan het, is die aangeleentheid vir getuienis verwys. Na die aanhoor van
getuienis het die hof a
quo
bevind dat die appellant:
(1) 'n Oortreding van art 137(a) van die
Insolvensiewet (Wet
24 van 1936) gepleeg
het deurdat hy krediet van meer
as
twintig rand verkry het sonder om aan
die
kredietgewer mee te deel dat hy onder
voorlopige
sekwestrasie was;
(2) Statutêre meineed gepleeg het ter
oortreding van art 9 van Wet 16 van 1963 deurdat hy doelbewus valse
bewerings in 'n beëdigde verklaring tydens sy sekwestrasie-verrigtinge
gemaak het ten einde die hof te mislei;
(3) Die hof ook probeer mislei het toe hy in
persoon verskyn
het om 'n finale
sekwestrasiebevel te probeer
afweer.
(Kyk die uitspraak op 450A-C).
3
Na aanleiding van hierdie bevindings, wat op appèl aangeveg word,
het die hof a
quo
tot die slotsom geraak dat die appellant nie 'n
geskikte en gepaste persoon was om voort te gaan om as prokureur te praktiseer
nie,
en sy skrapping gelas.
Voordat daartoe oorgegaan word om die
meriete van die appél te behandel, is dit nodig om die appellant se
aansoek om kondonasie
vir die laat indiening van die rekord van die verrigtinge
in die hof a
quo
te oorweeg. Uitspraak is deur die hof a
quo
op 12
Julie 1990 gegee, en aansoek om verlof om te appelleer is op 23 Augustus 1990
toegestaan. Vanweë sy geldelike onvermoë
om sekerheid (wat in die
bedrag van R22 000 bepaal is) te verskaf, het die appellant 'n aansoek om
bystand tot die Regshulpraad gerig.
Dit blyk nie uit die stukke wanneeer die
aansoek gedoen is nie. Regshulp is op 16 Januarie 1991 toegestaan. Daarna is
daar oor 'n
4
tydperk van nagenoeg vier en 'n half maande met die respondent se
prokureurs onderhandel in 'n poging om ooreenkoms te bereik met
betrekking tot
die verkorting van die rekord. Daar is geen verduideliking op die stukke waarom
die onderhandelings so lank geduur
het nie. Op 11 Junie 1991 het die respondent
se prokureurs finaal die houding ingeneem dat die volledige rekord voorberei
moes word.
Meer as agt maande daarna, op 5 Maart 1992, is die rekord geliasseer
tesame met die appellant se aansoek om kondonasie, Weereens
is hierdie lang
vertraging nie volledig of voldoende verduidelik nie. Dit is 'n uiters
onbevredigende toedrag van sake wat moontlik
tot weiering van die aansoek om
kondonasie kon gelei het. Hoe dit ook al sy, die respondent opponeer nie die
aansoek nie. Die respondent
neem, heeltemal tereg, die houding in dat ons hier
te make het met 'n professionele persoon wie se voortsetting van sy beroep op
die spel is. Gevolglik, aldus die respondent,
5
sou dit verkieslik wees om die appêl op die meriete af te handel.
In die besondere omstandighede, en veral gesien die houding
van die respondent,
wat 'n verantwoordelike beroepsliggaam is, is ek van mening dat kondonasie
toegestaan behoort te word.
Die appellant is in 1975 as 'n prokureur
toegelaat. Hy is tans 'n ongerehabiliteerde insolvent. Ten tye van sy
sekwestrasie in 1987
het hy te Port Elizabeth met ene Raymond in vennootskap
gepraktiseer. Die tersaaklike feite wat tot sy skrapping van die rol aanleiding
gegee het, word in die uitspraak uiteengesit. Dit is onnodig om hulle in detail
te herhaal.
Die appellant se probleme was hoofsaaklik te wyte aan die geldelike
verknorsing waarin hy beland het. Die oorsprong daarvan was 'n
skriftelike
ooreenkoms wat hy in November 1983 met ene Lamb aangegaan het wat aan hom sekere
regte besorg het in 'n plaaseiendom
wat aan
6
weerskante van die hoofweg tussen Grahamstad en Port Elizabeth geleë
is. Onder andere het die appellant in die ontwikkelingspotensiaal
van die
eiendom belanggestel. Die ooreenkoms het aan die appellant 'n opsie verleen om
die eiendom vir R350 000 aan te koop. Hy moes
R35 000 as vergoeding vir die
opsie betaal. (Hy het nie oor fondse beskik om dié bedrag te betaal nie
en moes 'n lening daarvoor
aangaan.) Daar was ooreengekom dat indien die
appellant die opsie sou uitoefen die R35 000 deel van die koopprys sou uitmaak,
en
dat hy 'n verdere storting van R65 000 sou moes doen. Die balans van die
koopprys (R250 000) met rente daarop, was nie later nie
as 31 Desember 1985
betaalbaar.
Die opsie is wel deur die appellant uitgeoefen. Hy moes 'n bykomende
lening aangaan om die bedrag van R65 000 te betaal. Ondanks verskeie
pogings
daartoe kon die appellant nie die nodige finansiering bekom om die uitstaande
balans te betaal of te waarborg
7
nie. Die koop is uiteindelik gekanselleer en moes die appellant die R100
000 wat hy reeds betaal het, verbeur.
Op 30 September 1986 is 'n voorlopige sekwestrasiebevel op aansoek van
ene Morris teen die appellant toegestaan. Op die keerdatum
is die bevel opgehef
aangesien die bedrag aan Morris verskuldig intussen deur 'n derde party vereffen
is. 'n Ander skuldeiser, ene
Malherbe, wat 'n vonnis teen die appellant verkry
het, het toe op verskeie bates van die appellant beslag gelê en is 'n
eksekusieveiling
vir 11 Desember 1986 gereël, Voordat dit kon plaasvind,
het Raymond, aan wie die appellant R3 000 geskuld het, 'n dringende
aansoek om
die appellant se sekwestrasie in Grahamstad gedoen. Op 10 Desember 1986 is 'n
voorlopige sekwestrasiebevel toegestaan.
Die keerdatum van hierdie bevel is op
twee geleenthede verleng. Intussen het die appellant desperate pogings
aangewend
8
om finansiering te bekom om 'n finale sekwestrasiebevel af te
weer.
Toe een van die appellant se skuldeisers verneem het dat daar vir 'n
derde keer aansoek gedoen gaan word vir die verlenging van die
keerdatum, het hy
tussenbeide getree. Op sy aansoek is die vorige voorlopige sekwestrasiebevel
opgehef en 'n nuwe een is op 5 Februarie
1987 uitgereik. Op 13 Februarie 1987 is
'n finale bevel toegestaan, die appellant se persoonlike verskyning voor die hof
en sy pogings
om dit af te weer ten spyt. Daar moet teen hierdie agtergrond na
die bevindings van die hof a
quo
gekyk word.
Die hof a
quo
se bevinding dat die appellant art 137(a) van die
Insolvensiewet oortree het, spruit voort uit die pogings wat die appellant
aangewend
het om finansiering te bekom om hom uit sy benarde posisie te probeer
red. Luidens art 137(a) maak 'n persoon hom aan 'n misdryf
skuldig as hy
gedurende die sekwestrasie
9
van sy boedel krediet verkry vir 'n bedrag van meer as
twintig rand sonder om die kredietgewer van sy
insolvensie mee te deel, tensy hy kan bewys dat
die
kredietgewer daarvan bewus was. Sekwestrasie van
'n
boedel sluit ook die tydperk van voorlopige sekwestrasie
in. In
S v Clifford
1976(1) SA 695 (A) het CORBETT, AR,
die geleentheid gehad om die betekenis van die woorde
"obtains credit" (die Engelse ekwivalent van "krediet
verkry" in art 137(a)) te oorweeg. Met verwysing na
verskeie beslissings het hy tot die slotsom geraak
(op
701C-E) dat:
"[I]n general, an insolvent 'obtains credit', within the meaning of these
words in sec 137 (a) of the Insolvency Act, where he enters
into a transaction
with another person in terms whereof such other person entrusts the insolvent
with his property upon an undertaking
by the insolvent to pay or (in the case of
a loan) repay a sum of money at some time substantially in the future. The
concept underlying
the section is that the other person would presumably not
have parted with his property on those terms had he known of the insolvency.
This is not intended to be a closely defined or an exhaustive
10
statement of the position. There may be other cases of obtaining credit
which would not fall within its terms; but it is a sufficient
statement for the
purposes of this case."
Die feite wat op
die eerste bevinding van die hof a
quo
betrekking het, is die
volgende. Ondanks die
kansellasie daarvan was Lamb blykbaar
deurgaans bereid
om sy ooreenkoms met die appellant te laat herleef
teen
betaling van R250 000 (synde die balans van die
oorspronklike koopsom nadat die R100 000 wat reeds
betaal en verbeur was, in verrekening gebring word).
Gesien wat hy as die ontwikkelingspotensiaal van die
eiendom beskou het, was die appellant van mening dat sy
finansiële uitkoms in die verkryging van die eiendom
geleë was. Die appellant het daarin geslaag om met ene
Hiten, wat blykbaar miljoene rande namens kliënte vir
belegging beskikbaar gehad het, in aanraking te kom.
In oorlegpleging met Hiten en ene Jansen, 'n
versekerings-beleggingsmakelaar in diens van Sanlam, is
11
daar besluit om die Suid-Afrikaanse Permanente Bouvereniging te Port
Elizabeth ("die Perm") te nader met die voorstel dat 'n belegging
van vyf
miljoen rand by die Perm gereël sou word op voorwaarde dat die Perm 'n
bedrag van R500 000 aan die appellant sou leen.
Die appellant en Jansen het die
voorstel aan ene Coetzee, 'n beleggingsadviseur by die Perm, voorgelê en
met hom daaroor onderhandel.
Dit was in die tweede helfte van Januarie 1987 toe
die appellant se boedel reeds voorlopig gesekwestreer is.
Tydens die verrigtinge voor die hof a
quo
was daar aansienlike
dispuut aangaande wat gesê is, en waarop ooreengekom is, tydens die
onderhandelinge met Coetzee (kyk die
uitspraak op 446D-448G). Nóg Coetzee
nóg die appellant was in alle opsigte bevredigende getuies. Die hof a
quo
was op die ou end verplig om hom op die appellant se weergawe te
verlaat en het die volgende feite aanvaar. Die naam van die eienaar
van
12
die vyf miljoen rand is nie geopenbaar nie maar
almal
het geweet dat dit nie die appellant se geld was
nie.
Die belegger van die geld wou dit vir 'n tydperk van
37
maande belê teen 'n rentekoers van 13% per jaar.
Beide
Hiten en Jansen het op kommissie op die
belegging
aangedring. Die Perm se maksimum rentekoers was
12.75%
per jaar indien geen kommissie betaalbaar was nie,
en
12.25% per jaar indien kommissie betaal moes
word.
Daar is besluit dat aan die appellant 'n lening
van
R500 000 toegestaan sou word. Die appellant
het
onderneem om uit hierdie lening R40 000 kommissië
aan
Hiten te betaal. (Jansen se kommissie van R10 000
sou
deur die Perm betaal word.) Ten einde die belegger
'n
effektiewe 13% per jaar rente op sy vyf miljoen rand
te
gee, sou die appellant R180 000 by die Perm vir
37
maande belê. Die rente daarop sou nie aan hom
betaal
word nie maar aan die belegger - dit was
hierdie
bykomende rente wat die belegger se rentekoers
sou
13
verhoog tot 13% per jaar. Van die oorblywende bedrag van R280 000 sou
R250 000 gebruik gewees het vir die onmiddellike aankoop deur
die appellant van
Lamb se grond. As sekuriteit vir sy lening van R500 000 sou die appellant 'n
verband oor die grond laat registreer
ten gunste van die Perm en sou hy ook 'n
assuransiepolis op sy lewe vir R500 000 uitneem wat hy aan die Perm sou sedeer.
Ter nakoming
van die ooreenkoms is twee tjeks vir 'n totale bedrag van R40 000
deur die Perm op 23 Januarie 1987 uitgereik - een vir R10 000 ten
gunste van
Hiten, en een vir R30 000 wat, op versoek van Hiten, aan ene Shepherd uitgemaak
is.
Soos reeds gemeld, het die appellant onderneem om Hiten se kommissie te
betaal. Die betalings van R10 000 en R30 000 deur die Perm
aan Hiten en Shepherd
onderskeidelik het namens die appellant geskied. Die appellant was vir die
terugbetaling daarvan verantwoordelik
en die bedrae sou mettertyd
afgetrek
14
gewees het van die ooreengekome lening van R500 000. Die betalings het
dus op 'n voorskot op die lening neergekom. As sodanig val
hulle binne die
bestek van die begrip "krediet verkry" volgens die betekenis daaraan toegeskryf
in
S v Clifford
(
supra
). Dit is gevolglik nie nodig om te beslis
of die blote aangaan van 'n leningsooreenkoms (alvorens enige bedrag daaronder
uitbetaal
of beskikbaar gestel is) op die verkryging van krediet neerkom nie.
Dit sou minstens 'n poging daartoe wees.
Dit is gemene saak dat nóg die appellant, nóg Jansen namens
hom, aan Coetzee meegedeel het dat sy (die appellant se)
boedel voorlopig
gesekwestreer was. Die appellant se getuienis dat hy geglo het dat Jansen vir
Coetzee daaromtrent sou inlig, is
onaanvaarbaar. Hy het geen redelike gronde
gehad om te verwag of te glo dat Jansen dit sou doen nie. Dit was immers nie
Jansen se
plig om dit aan Coetzee oor te dra nie, en enige
15
sodanige mededeling sou nie vir die onderhandelinge bevorderlik gewees
het nie. Daar kan ook aanvaar word dat Coetzee self nie daarvan
geweet het nie.
Daar is betoog dat luidens die getuienis ene Uren, wat toentertyd die bestuurder
van díe Perm in Port Elizabeth
was, wel oor daardie kennis beskik het, en
dat die appellant hom daarop kan beroep. Dit blyk egter uit die getuienis dat
Uren tydens
die onderhandelinge met Coetzee met verlof was - hy het eers op 29
Januarie 1987 teruggekeer, op welke tydstip die appellant alreeds
krediet verkry
het. In iedere geval, op 'n behoorlike nagaan van Uren se getuienis is dit
duidelik dat hoewel hy daarvan te hore
gekom het dat daar sekwestrasie--
verrigtinge teen die appellant aanhangig gemaak is, hy nie oor die relevante
tydperk daadwerklike
kennis van die feit dat die appellant se boedel voorlopig
gesekwestreer was, gedra het nie.
Bygevolg is die hof a
quo
se eerste
bevinding
16
onaantasbaar.
Dit bring my dan by die tweede bevinding,
dié
van statutêre meineed. Op 5 Februarie 1987 het die
appellant 'n beëdigde verklaring by die hof ingedien
ter
bestryding van die aansoek om tussenbeide te
tree.
Daarin het hy beweer dat hy "tans ten volle in staat
is
om alle krediteure te betaal", en daarna voortgegaan:
"Ek bevestig dat ek finansiering bekom het deur bemiddeling van Mnr N
Jansen, 'n verteenwoordiger by Sanlam, Port Elizabeth. Die finansiering
is reeds
goedgekeur en toegewys in 'n bedrag van R460 000,00. Die finale goedkeuring en
toewysing het aan die einde van verlede week
plaasgevind. Voor dit was daar in
elk geval alle aanduidings dat dit gefinaliseer sou word binne 'n afsienbare
tyd. Dit blyk dus
dat ek al my krediteure ten volle sal kan betaal en dat dit
tot hulle voordeel is dat die keerdatum verleng word en die aangeleentheid
uitgestel word sodat die praktiese reëlings vir die betaling afgehandel kan
word. Ek voorsien dat die administrasie betrokke
hierby, met ander woorde die
afhandeling van dokumentasie en alle rekeninge betrokke, ongeveer ' n week sal
duur en dat finale reëlings
vir betaling van krediteure binne die volgende
week, of minstens binne die volgende twee weke afgehandel kan
word."
17
Later het hy in sy eedsverklaring bygevoeg:
"Soos hierbo aangedui is ek nou in staat om die krediteure ten volle te
betaal en sal die verlening van 'n finale sekwestrasie bevel
hierdie poging
verydel".
Na my mening kan
daar nie die minste twyfel
bestaan nie dat toe hy hierdie bewerings gemaak het
die
appellant van hulle valsheid bewus was. Op sy
eie
weergawe moes R180 000 van die R460 000 herbelê word
om
die effektiewe rentekoers op die belegging van
vyf
miljoen rand tot 13% per jaar te verhoog.
Daarbenewens
moes R250 000 vir die aankoop van Lamb se
eiendom
aangewend word. Gevolglik was daar net R30 000
beskikbaar om sy skuldeisers mee te betaal. Ek is nie
van voorneme om volledig op die stand van die appellant
se skulde op daardie tydstip in te gaan nie. Hy het
tydens die verhoor onder kruisondervraging toegegee dat
sy opeisbare skuld minstens R250 000 beloop het.
Hiervan was meer as R100 000 aan Volkskas verskuldig op
18
oortrokke rekening. Die appellant het probeer voorgee dat hy 'n teeneis
teen Volkskas vir R550 000 gehad het, waarvan R150 000 vir
injuria
was.
Op die getuienis op rekord blyk hierdie teeneis heeltemal ongegrond te gewees
het. Maar al word Volkskas se eis buite rekening
gelaat, was die appellant nog
nie naastenby in staat om sy skuldeisers te betaal nie. Die afleiding is
onafwendbaar dat die appellant
die hof doelbewus probeer mislei het aangaande sy
vermoë om sy skuld te betaal.
Hierdie afleiding word gerugsteun deur die appellant se houding en
getuienis tydens die verhoor. Gekonfronteer met die werklikheid
het hy nogtans
ontken dat hy die hof probeer mislei het. Hy het beweer dat sy beëdigde
verklaring in der haas opgestel is en
dat van die bewerings daarin gemaak "'n
bietjie skeef gestel is", "nie elegant gestel [is] nie" of "sleg uitgedruk" is.
Dit verduidelik
egter nie die onomwonde valse
19
stelling dat R460 000 vir die betaling van sy skuldeisers beskikbaar was
nie en dat hy almal ten volle kon betaal. Dat oorhaastigheid
hom tot foute of
verkeerde stellings in die verband gedwing het, gaan nie op nie. Hy het met
dieselfde stellings yorendag gekom in
antwoord op die respondent se navrae toe
hy wat tyd betref nie onder druk was nie. Verder het hy op onoortuigende wyse
probeer verduidelik
dat hy reëlings met sy kleiner krediteure sou kon
getref het, en gevolglik slegs in staat moes gewees het om die groter
skuldeisers
te bevredig. Hy sou kwansuis ook daarin kon geslaag het om sy
karavaan te verkoop vir R10 000, en om R50 000 en R10 000 van onderskeidelik
sy
broer en ene Holtzhausen te leen. Hiervan is egter nie 'n woord gerep in sy
beëdigde verklaring nie en word dit nie gerugsteun
deur enige ander
getuienis nie. Dat hy bloot net sou versuim het om hierdie belangrike feite te
noem, soos hy voorgee die geval was,
is absoluut
20
onoortuigend en onaanvaarbaar.
Bygevolg kan daar ook nie fout
gevind word met die hof a
quo
se tweede bevinding nie.
Die feite waarop die derde bevinding steun
blyk
uit die uitspraak op 449G-450A. Die klagtes wat
teen die appellant
aanhangig gemaak is, sluit nie 'n
uitdruklike bewering in dat hy die
hof op die keerdatum
van die voorlopige sekwestrasiebevel op 12
Februarie
1987 probeer mislei het nie, ofskoon daar in
die
algemeen beweer is dat die appellant die
geregtelike
proses misbruik het. Waar 'n prokureur deur
'n
Wetsgenootskap van wangedrag beskuldig word, moet
die
besondere wandaad of wandade duidelik geformuleer
en
omskryf word, en moet die ondersoek daartoe beperk
word.
In dié verband het HORWITZ, R, met verwysing na
sekere
vorige beslissings, hom soos volg uitgelaat
in
Incorporated Law Society of the Oranqe Free state v
H
1953(2) SA 263 (O) op 264H-265D:
21
"These cases enunciated and applied the principle that when a complaint
of unprofessional conduct is brought by a Law Society against
a practitioner,
the 'charge' should be distinctly formulated and the inquiry should be
restricted to the complaint so formulated.
With respect, I do not think it was
intended to lay down that in proceedings of the nature referred to the Law
Society must necessarily
state the complaint with the formality, in the precise
legal terms and with the technical particularity of a criminal charge or
indictment.
The decisions cited were, rather, intended to lay down and enforce a
practice whereby the specific act of misconduct complained of
is set out clearly
and distinctly so as to apprise a respondent of the precise ground of complaint
against him, to limit and define
the extent of the inquiry, to eliminate from
the respondent's mind any reasonable doubt as to the nature and ambit of the
case he
is called upon to meet, and thus to afford him an opportunity of
preparing and advancing any answer to, or explanation of, the conduct
complained
of without exposing him to surprise at the hearing or prejudice in the conduct
of his defence. It would follow from this
requirement that, when specific
complaints of misconduct are made against a practitioner, the Court will not
permit the inquiry to
be extended so as to cover also other possible acts of
misconduct incidentally disclosed by the evidence adduced in support of the
specifically stated complaints but not separately and distinctly
charged."
22
(Kyk ook
Incorporated Law Society, Transvaal v Meyer and Another
1981(3)SA 962 (T) op 967D-H.)
Afgesien hiervan, kom die stelling in
die uitspraak op 449H dat "By hierdie geleentheid het die respondent [tans
appellant] beweer
dat bo en behalwe die genoemde R460 000 hy ook met ene Van der
Vywer gereël het vir ' n lening wat hom in staat sou stel om
al sy
krediteure te kon betaal" nie met die getuienis ooreen nie. Dit blyk uit die
appellant se getuienis dat hy die Van der Vywer-lening
nie as 'n bykomstige
lening in die vooruitsig gestel het nie, maar wel een wat moontlik dié
van die Perm sou vervang. Daar
bestaan dus geen regverdiging vir die derde
bevinding nie. Wat egter wel van belang is, is dat die appellant se gedrag op
die keerdatum
neergekom het op 'n volharding in, en voortsetting van, die
misleidende en valse houding wat hy in sy beëdigde verklaring ingeneem
het,
nl, dat hy 'n
23
lening van R460 000 van die Perm (of 'n dergelike lening) kon bekom wat
hom in staat sou stel om al sy skuldeisers te betaal. Op daardie
tydstip moes
dit, volgens Uren se getuienis, vir die appellant duidelik gewees het dat sy
lening by die Perm deur die mat geval het,
dog het hy hierdie inligting vir die
hof verswyg. In soverre daar dus gesê kan word dat die hof a
quo
misgetas het, kan die mistasting nie as wesenlik beskou word nie. In iedere
geval blyk dit duidelik uit die uitspraak (op 451E-F)
dat dit die eerste twee
bevindings was wat die hof a
quo
genoop het tot die besluit dat die
appellant van die rol geskrap moes word.
Art 22(1)(d) van die Wet op Prokureurs (Wet 53 van 1979) bepaal dat 'n
prokureur deur die hof binne wie se regsbevoegdheid hy praktiseer
van die rol
geskrap of in sy praktyk geskors kan word "indien hy, na goedvinde van die hof,
nie 'n geskikte en gepaste persoon is
om voort te gaan om as prokureur
te
24
praktiseer nie". Die artikel verg dus 'n
tweeledige
ondersoek. Eerstens moet daar besluit word oor
die
geskiktheid en gepastheid al dan nie van die
betrokke
prokureur om voort te gaan om te praktiseer, en
daarna
moet beslis word, aan die hand van al die tersaaklike
feite en omstandighede, of die aangewese bevel een van
skrapping of skorsing is. By albei ondersoeke oefen die
hof 'n diskresie uit. Met sodanige diskresie-
uitoefening kan daar slegs op baie beperkte gronde
ingemeng word. Die toets wat toegepas en bevredig moet
word, voordat inmenging kan geskied, is:
"Can it be said in the present case that the Court a
quo
has
exercised its discretion capriciously or upon a wrong principle, that it has not
brought its unbiassed judgment to bear on the
question or has not acted for
substantial reasons?"
(
Ex parte Neethlinq and Others
1951(4) SA 331 (A) op
335D-E; kyk ook
Law Society of the Cape of Good Hope v
C 1986(1) SA 616 (A) op 637D-H).
25
Die redes wat die hof a
quo
laat bevind het dat die appellant nie
'n geskikte en 'n gepaste persoon is om voort te gaan om as prokureur te
praktiseer nie, en
dat hy van die rol geskrap moes word, blyk uit die uitspraak
op 450C-451G. Oor die algemeen is dié redes relevant en oortuigend.
Dit
is wel so, soos namens die appellant betoog, dat die klagtes teen hom, en die
hof a
quo
se bevindings, nie direk betrekking gehad het op sy
professionele praktyk as sodanig nie in soverre hy nie benadelend teenoor
kliënte
opgetree het of geld uit sy praktyk gesteel het nie. Soos reeds
gemeld, was die oorsprong van sy wandade die geldelike verknorsing
waarin hy
beland het. Hierdie faktore tesame met sy persoonlike omstandighede wek 'n mate
van simpatie vir die appellant. Hy het
hom egter skuldig gemaak aan twee
ernstige vergrype wat op sy eerlikheid en integriteit reflekteer en afbreuk doen
aan sy geskiktheid
as prokureur. Die geordende regsberoep
26
verwag dat sy lede ten alle tye hoë standaarde van eerlikheid en
integriteit sal handhaaf. Indien daar in dié opsig versuim
word, sal
openbare vertroue in die regsberoep en die regspleging ondermyn word. 'n
Prokureur is ' n beampte van die hof. ' n Hoë
premie word op sy eerlikheid
geplaas. Dit is van belang dat 'n hof daarop kan staat maak en op sy woord kan
peil trek (vgl
Ex parte Caminsky
1958(3) SA 249(N) op 250F). Waar, soos
in die geval van die appellant, 'n prokureur in hofverrigtinge statutêre
meineed pleeg
en die hof opsetlik mislei, moet sy optrede noodwendig in 'n
ernstige lig beskou word. Die feit dat die appellant in sy opsetlik
misleidende
optrede volhard het, en dit selfs probeer regverdig het, vererger die situasie -
vgl
Olivier v Die Kaapse Balieraad
1972(3) SA 485 (A) op
500H-501A.
In die onderhawige geval bestaan daar geen grondslag vir inmenging met
die uitoefening van die hof
27
a
quo
se diskresie nie. Bygevolg moet die appèl afgewys
word.
Die volgende bevel word gemaak:
1) Die aansoek om kondonasie word toegestaan. Die appellant moet die koste
van die aansoek dra.
2) Die appèl word afgewys met koste, insluitende die koste van twee
advokate.
J W SMALBERGER
APPèLREGTER
CORBETT, HR )
JOUBERT, AR )
VIVIER, AR ) stem saam
MILNE, AR )