S v Robinson (122/92) [1993] ZASCA 156 (29 September 1993)

65 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Correctional supervision — Appellant convicted of illegal diamond trading under the Diamonds Act 56 of 1986 and sentenced to two and a half years imprisonment — Appellant's appeal against sentence based on mitigating factors including financial crisis and first-time offender status — Court finds original sentence excessive and inappropriate given the circumstances — Appeal upheld, original sentence set aside, and matter referred back to trial court for consideration of a sentence of correctional supervision in terms of section 276(1)(h) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 156
|

|

S v Robinson (122/92) [1993] ZASCA 156 (29 September 1993)

/CCC
SAAK NO 122/92
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPPèLAFDELING)
In
die saak tussen:
PIETER HENDRIK ROBINSON
APPELLANT
en
DIE STAAT
RESPONDENT
CORAM
: VAN HEERDEN, NESTADT ARR et NICHOLAS WNDE AR
AANGEHOOR
: 14 SEPTEMBER 1993
GELEWER
: 29 SEPTEMBER 1993
UITSPRAAK NESTADT, AR
:
Die appellant is in die streekhof te Rustenburg skuldig bevind aan
onwettige diamanthandel, dws 'n oortreding van art 20 van Wet 56
van 1986
(die
2
koop op 14 Maart 1991 van vier ongeslypte dlamante met 'n massa van 13.45
karaat en 'n waarde van R15 669 teen 'n prys van R5 000
waarvan R2 000 as 'n
deposito betaal is) en 'n oortreding van art 19 van genoemde Wet (die verkoop op
23 Maart 1991 van drie ongeslypte
diamante met 'n massa van 3.9 karaat en 'n
waarde van R2 435 vir 'n bedrag van R5 000). Op e g oortreding is hy tot een
jaar gevangenisstraf
gevonnis; op 1 g is hy tot drle jaar gevangenisstraf
gevonnis waarvan een jaar voo rwaardelik opgeskort is. Daar is voorts gelas
dat
ses maande gevangenisstraf op aanklag 1 samelopend uitgedien moes word met die
onopgeskorte gevangenisstraf van twee jaar op
aanklag 2. Die effektiewe vonnis
was dus twee en 'n half jaar gevangenisstraf. Nadat die appellant onsuksesvol na
die Transvaalse
Provinsiale Afdeling teen sy vonnis geappelleer het word daar
nou
3
met verlof van daardie hof na hierdie Hof in hoër beroep
gekom.
Die eerste vraag is of daar gronde bestaan om met die
verhoorhof se vonnis in te meng. Die antwoord daarop is myns insiens
bevestigend.
Dit is juis dat die misdade wat die appellant gepleeg het ernstig
is en dat die tweede een plaasgevind het slegs nege dae nadat hy
alreeds in die
hof verskyn het op die eerste aanklag. Ek veronderstel ook dat die landdros
geregtig was om die feit dat die appellant
'n polisiereservis was as
strafverswarend te beskou (alhoewel ek geneë is om te dink dat, indien hy
hierdie feit in ag kon neem,
hy dit oorbeklemtoon het). Aan die ander kant egter
was daar sterk versagtende faktore. Ter aanvang is dit nie uitgesluit dat die
diamante wat die appellant verkoop het deel was van die diamante wat hy gekoop
het. Die
4
getuienis het hierdie aspek nie opgeklaar nie. Die hoeveelheid diamante
en die bedrae betrokke was taamlik klein. Die appellant wat
42 jaar oud is en
wat skuldig gepleit het, is getroud en het vier minderjarige kinders. Hy is 'n
eerste oortreder. Hy was in die
verlede 'n welgestelde persoon maar ten tye van
die oortredings het hy 'n finansiële krisis beleef en dit was die
beweegrede
vir sy optrede. Wat die eerste oortreding betref het die landdros
aanvaar dat die appellant in werklikheid net twee diamante gekoop
het en dat die
ander twee aan hom geskenk was. In al twee gevalle is die appellant in 'n lokval
betrap en dit blyk asof daar in hierdie
omstandighede 'n mate van
beïnvloeding van die appellant was.
Daar is meerdere gewysdes wat met vonnis in sake soos die huidige handel.
Een van die jongste is S
5
vs Sellem
1992(2) SA 795(A). Ek is nie van voorneme om hulle te
ontleed nie. Elke saak moet op sy eie feite
beslis word. In die
onderhawige geval is ek van mening dat in ag genome die versagtende faktore
waarna ek verwys het, direkte gevangenisstraf
van twee en 'n half jaar
buitensporig swaar was. Bygevolg moet daar beslis word met watter vonnis dit
vervang moet word. Beide advokate
was dit eens dat dit korrektiewe toesig
ingevolge art 276 (l)(h) van die Strafproseswet 51 van 1977 (soos deur Wet 122
van 1991 ingelyf)
kan en behoort te wees. Ek stem saam. Die feit dat die misdade
gepleeg is voor die inwerkingtreding van art 276 (l)(h) en dat die
artikel eers
op 1 Oktober 1992 in die landdroshofdistrik van Rustenburg van krag geword het
(kyk Proklamasie 115 soos in Staatskoerant
14313 van 1 Oktober 1992
gepubliseer), is geen beletsel teen die
6
oplê van so 'n vonnis nie (
S vs R
1993(1) SA 476(A) en
S
vs E
1992(2) SASV 625(A)). Daar is ook nou voor ons 'n voor vonnis
ondersoekverslag van 'n korrektiewe beampte soos bedoel in art 276
A (l)(a) van
Wet 51 van 1977, en wat sonder beswaar ingehandig is. Uit hierdie dokument blyk
dit
prima facie
dat die appellant 'n geskikte kandidaat is vir
korrektiewe toesig. Na my mening sal dit ook die gepaste strafvorm wees (die
aard
waarvan volledig in bogemelde sake bespreek is). Dit moet natuurlik deur
die verhoorhof gevel word. Bygevolg moet die saak na die
landdros terugverwys
word.
Die appêl slaag. Die vonnls word tersyde gestel en die saak word na
die verhoorhof terugverwys ter oorweging van 'n vonnis van
korrektiewe toesig
ingevolge die bepalings van art 276 (l)(h) van die Strafproseswet 51 van 1977
nadat (i) 'n verslag deur 'n
7
proefbeampte of 'n korrektiewebeampte soos deur art 276
A (l)(a) vereis ingedien is en (ii) relevante getuienis, indien enige,
afgelê is.
NESTADT, AR
VAN HEERDEN, AR )
NICHOLAS, Wnd AR ) STEM SAAM