About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 155
|
|
S v Msizi and Another (637/92) [1993] ZASCA 155 (29 September 1993)
MG
SAAK NO 637/92 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING
In die saak tussen
KWANELE MSIZI
Eerste Appellant
PHAKAMILE CISHE
Tweede Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
:HEFER, EKSTEEN ARR et KRIEGLER Wnd AR
AANGEHOOR
:24 September 1993
GELEWER
:29 September 1993
UITSPRAAK
HEFER AR
:
Die appellante is in die Suidoos-Kaapse Plaaslike Afdeling deur 'n regter en
assessore skuldig bevind aan drie aanklagte van moord
(aanklagte 2, 3 en 4),
vier van poging tot moord (aanklagte 9, 10, 11 en 12)
2
en ses van diefstal. Die appêl wat ooreenkomstig art 316(A)(1) van die
Strafproseswet 51 van 1977 soos gewysig aangeteken is,
is gemik teen die
doodvonnisse wat op aanklagte 2,3 en 4 opgelê is.
Die betrokke
aanklagte het voortgespruit uit die dood van twee polisiemanne - konstabel C J
De Wet en sersant J S Gerber - en 'n derde
persoon - ene Gotyana -die aand van
18 November 1990. Daardie aand het Gerber en De Wet patrolliediens gedoen in
Zwide aan die buitewyke
van Port Elizabeth. Hoe dit gekom het dat Gotyana saam
met hulle in die voertuig was, blyk nie uit die getuienis nie. Terwyl hulle
met
hierdie taak besig was, is daar met AK 47 gewere op die voertuig gevuur. Al drie
die insittendes is noodlottig getref. Op 26
Desember 1990 was daar weer 'n
aanval op die polisie in Zwide. By hierdie geleentheid is daar nie net op hulle
gevuur nie maar is
daar _ ook stokgranate na hulle geslinger. Niemand het egter
noemenswaardige beserings
3
opgedoen nie. Hierdie voorval het aanleiding gegee tot aanklagte 9, 10, 11 en
12.
Appellante se aandadigheid aan die aanvalle was in gedrang by die verhoor
maar is duidelik bewys hoofsaaklik aan die hand van verklarings
wat hulle na
hulle arrestasie gedurende Januarie 1991 gemaak het. Dit blyk uit die
verklarings en ander getuienis dat hulle teen
die einde van 1990 betrokke was by
die diefstal van etlike motors wat in Port Elizabeth en omgewing gesteel . is.
Op 'n stadium is
tweede appellant vir 'n onbekende doel na King William's Town.
Na sy terugkeer het eerste appellant hom na 'n skrootwerf geneem waar
twee swaar
gewapende PAC terroriste geskuil het. Daar het die appellante elementêre
opleiding in die hantering van AK 47 gewere
ondergaan. Die aand van die eerste
aanval op die polisie is hulle met 'n gesteelde voertuig na die skrootwerf. Op
daardie stadium
was dit reeds afgespreek dat hulle die twee terroriste sou help
om die polisie aan
4
te val. Soos tweede appellant dit in sy verklaring
uitgedruk het -
"....hulle sien die polisie is volop in-die woonbuurt besig om te patrolleer
en die swart polisie patroleer nie so baie in die dorp
nie. Daardie
polisie
moet dan geskiet word Ons willig in om dit te
doen...."
By die skrootwerf het die twee terroriste agter
in die voertuig geklim. Albei was gewapen met AK 47s.
Eerste appellant het
bestuur en tweede appellant het voor
langs hom gesit met 'n derde AK 47 tussen hulle. Eers
het hulle na polisie gaan soek in New Brighton en Soweto
maar niks gekry nie. Daarop is hulle Zwide toe. 'n
Polisievoertuig het van voor aangekom. Toe dit naby was
het hulle stilgehou. Almal behalwe eerste appellant het
afgeklim en op die voertuig gevuur. Daarna het hulle
weggejaag. Die twee terroriste het by die skrootwerf
afgeklim met die wapens en die appellante het die
voertuig gaan "bêre". Die aand van 26 Desember 1990 is
hulle weer met 'n ander gesteelde voertuig na die
5
skrootwerf waar hulle makkers weer opgelaai is omdat, soos tweede appellant
dit in sy verklaring uitgedruk het, hulle weer sou "gaan
jag maak op die
polisie". Intussen het hulle ook opleiding gekry in die gebruik van stokgranate.
Daardie aand het elkeen van hulle
so 'n granaat gekry. Gewapen daarmee en met
die twee terroriste met AK 47s agter in die voertuig het hulle weer in Zwide na
die polisie
begin soek. Hulle het op twee polisievoertuie afgekom wat langs
mekaar geparkeer was. Die bemanning was in en langs die voertuie.
Op kort af
stand het die appellante se trawante met die gewere op die polisie losgebrand.
Hierdie keer kon hulle egter nie wegjaag
nie want eerste appellant het beheer
oor die voertuig verloor. Dit het teen 'n heining vasgeloop sodat almal
genoodsaak was om te
voet te vlug. Maar selfs in die vlug het elke appellant 'n
stokgranaat na die voertuie geslinger.
6
In al die omstandighede van die saak is ek, met inagneming van die
strafverswarende en versagtende faktore, dit met die verhoorregter
eens dat die
doodstraf die enigste gepaste vonnis vir die moorde is. Behalwe dat tweede
appellant slegs 19 jaar oud was ten tye van
die voorval en geen vorige
veroordelings het nie, is daar werklik niks wat as versagtende faktore aangemerk
kan word nie. Dat die
moorde, soos namens hulle aangevoer, gepleeg is met 'n
politieke motief en as 'n simboliese daad om hulle verset teen die owerhede
te
weerspieël, is nie korrek nie. Wat ook al die twee terroriste se dryfveer
mag gewees het, kan dit nie aan die appellante
toegedig word nie. Die
enigstê bron van inligting oor die rede vir laasgenoemde se deelname is
hulle eie verklarings. (By die
verhcor het hulle 'n vals ontkenning van
aandadigheid gepaard met deursigtelik leuenagtige verduidelikings vir die
verklarings bo
die waarheid verkies.) Hulle motief word nie uitdruklik in
enige
7
verklaring gemeld nie maar wat duidelik na vore kom, is
dat
hulle begerig was om opleiding in die hantering van
wapens te ondergaan en
selfs gehoop het om wapens van
hulle eie te kry wat hulle as handige
toerusting beskou
het met die oog op die wandade waarmee hulle reeds
besig
was. Dit is waarskynlik waarom hulle die terroriste
wou
beïndruk deur aan die aanvalle op die polisie deel te
neem.
Verder ïs aangevoer dat tweede appellant
waarskynlik deur eerste
appellant, en beide appellante
daarna deur die twee terroriste beïnvloed
is. Dit is
egter pure bespiegeling. Nóg in die verklarings nóg
in
die ander getuienis is daar enige aanduiding van
beïnvloeding.
Word tweede appellant se manhaftigheid
boonop in ag geneem toe hy, sonder
enige aanmoediging,
die geweer gebruik het wat voor in die motor tussen
hom
en eerste appellant was, blyk dit dat daar geen rede is
om
beïnvloeding te vermoed nie.
8
Aan strafverswarende omstandighede ontbreek dit nie. By die oorweging van die
getuienis is daar vier aspekte wat veral na vore kom.
Die eerste is die feit dat
die slagoffers twee polisiemanne (wat besig was met hulle gewone pligte ter
beskerming van die gemeenskap
waarvan die appellante self lede was) en 'n
onskuldige buitestaander was (wat toevallig goed aan hulle bekend was maar van
wie se
teenwoordigheid in die voertuig hulle waarskynlik nie vooraf bewus was
nie). Die tweede is die koelbloedige soektog na en jag op
'n polisievoertuig.
Soos reeds aangedui het die soektog eers deur New Brighton en Soweto gegaan;
daarna is daar gedrink en vlels
gebraai en vervolgens is dit met dodelike erns
in Zwide voortgesit. Derdens is daar die aanval self. Op kort afstand is met
drie
semi-masjiengewere op die polisievoertuig losgetrek. Nie minder nie as 47
koeëls het dit getref. Minstens 5 daarvan is deur
tweede appellant gevuur.
Die afgryslike effek op die
5
insittendes blyk uit 'n aantal fotos wat by die verhoor ingehandig is.
Vierdens is daar die appellante se gesindheid. Dat hulle werklike-genot
geput
het uit hulle daad is nie te betwyfel nie. 'n Dag na die voorval het hulle by 'n
kennis gespog met hoe lekker hulle die polisie
geskiet het; en ongeveer 'n maand
later het hulle weer aan 'n dergelike jagtog deelgeneem.
Dat die verswarende faktore die versagtendes totaal oorskadu is duidelik. In
'n geval soos dié moet die straf klaarblyklik
gemik wees op vergelding en
voorkoming en die afsku van die gemeenskap weerspieël. Dit geld ook vir
tweede appellant ongeag
sy jeugdigheid ten tye van die moord. Sy optrede getuig
nie van die ondeurdagte voortvarendheid wat die gedrag van jeugdiges soms
kenmerk nie. Dit is insiggewend dat hy volgens sy moeder met sy studies (std 7)
besig was toe hy eenvoudig verdwyn het. Dit was teen
die einde van die jaar.
Blykbaar het hy geen belang gestel om eksamen af te lê
10
nie want, sovér bekend, het hy hom na sy geheimsinnige besoek aan King
William's Town voltyds aan sy misdadige vennootskap
met eerste appellant gewy.
Later het hy net so ywerig soos sy vennoot - wat 6 jaar ouer as hy was
-deelgeneem aan die aanvalle op
die polisie. Dit is 'n ekstreme geval wat luid
roep om die uiterste vergelding ten opsigte van beide appellante.
Die appèl word van die hand gewys.
J J F HEFER AR
EKSTEEN )
Stem saam.
KRIEGLER Wnd AR )