About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 154
|
|
S v Mbonane (35/91) [1993] ZASCA 154 (29 September 1993)
SAAKNOMMER: 35/91
J VD M
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING
)
In die saak tussen:
SIMON SIPHO MBONANE
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM
: BOTHA, NESTADT, ARR et HARMS, Wnd AR
VERHOORDATUM
: 30 AUGUSTUS 1993
LEWERINGSDATUM
: 29 SEPTEMBER
1993
UITSPRAAK
HARMS, Wnd AR:
Die appellant en twee mede-beskuldigdes (beskuldigdes nrs 2 en 3) het in die
Rondgaande Hof te Bethal voor Curlewis R en twee assessore
op drie
2
aanklagte van roof en een aanklag van moord tereggestaan. Die appellant is
aan een aanklag van roof skuldig bevind en ten aansien
daarvan tot ses jaar
gevangenisstraf gevonnis. Hy is ook aan moord skuldig bevind en ter dood
veroordeel. Ten aansien van laasgenoemde
maak die appellant van sy outomatiese
reg van appèl gebruik en m b t die roof appelleer hy kragtens verlof wat
na aanleiding
van 'n petisie gerig aan die Hoofregter, toegestaan is. Die
lotgevalle van beskuldigdes 2 en 3 is vir doeleindes van hierdie uitspraak
ontersaaklik.
Die roof- en moordaanklagte het voortgespruit uit gebeure wat op 10 September
1989 naby Langverwacht in die distrik Hoëvelddrif
plaasgevind het. 'n
Relletjie het dié Sondag by 'n smokkelkroeg plaasgevind en as gevolg
daarvan het ene Mkwanazi 'n klagte
by die polisie gaan indien. Twee
polisiekonstabels,nl die oorledene en konstabel Madela,
3
is daarop met die klaer en sy getuie na die smokkelkroeg. Die verdagtes was
nie meer daar nie en hulle is toe na 'n tweede smokkelkroeg
wat bekend staan as
Playboy s'n. Die vangwa is voor die deur van hierdie gebou geparkeer en wel op
so 'n wyse dat die deur aan die
passasierskant regoor die voordeur van die gebou
gestaan het. Die oorledene was die bestuurder van die vangwa. Madela en die
klaer
het die smokkelkroeg binnegegaan waar beskuldigde 2 uitgewys is. Madela
het hom, ten spyte van teenkanting, gearrestéer en
in die vangwa geplaas.
Hy het die deur bloot toegemaak sonder om dit te sluit. Hy is toe terug na die
smokkelkroeg saam met die klaer
en by hierdie geleentheid is beskuldigde 3 aan
hóm uitgewys. Nr 3 het hom ook teen arres teengesit en terwyl 'n
bakleiery
plaasgevind het, het Madela gevoel hoe iemand van agter af hom aan die
keel gryp en sy vuurwapen uit die holster uithaal. Hy kon
nie sien wie dit was
nie. Terwyl hy
4
nog met nr 3 besig was, het hy twee skote hoor klap. Hy het nie waargeneem
wie geskiet het nie. Wat hy wel waargeneem het, was dat
die oorledene vir die
appellant en nr 2 (wat op daardie stadium reeds deur iemand uit die vangwa bevry
was) gevra het waarom hulle
die wapen geneem het. Hy het ook waargeneem dat nr 1
die vuurwapen wat hom ontneem is by hom gehad het. Die oorledene het daarop
probeer wegkom en het aan die bestuurderskant van die vangwa ingespring. Madela
het gedink dat die oorledene vir hom gaan wegry en
hy het toe weggehardloop. Die
oorledene is in sy sitplek doodgeskiet. Die skoot het van die passasierskant se
venster skuins af beweeg,
is deur sy hart en deur die regterkantste deur
ván die voertuig. Hy het uit die voertuig geval.
Op hierdie stadium is dit nodig om daarop te wys dat beide konstabels met
dieselfde tipe vuurwapen naamlik 9mm pistole bewapen was.
Hulle was beide
met
5
agt patrone uitgereik. Die oorledene se pistool is 'n ent j ie vanaf sy lyk
op die grond gevind met al agt patrone onafgevuur. Agter
die voertuig is twee
afgevuurde 9mm patroon doppies gevind - iets wat inpas by Madela se getuienis
dat daar twee skote afgevuur is
toe die oorledene en die appellant agter die
voertuig was. Aan die passasierskant is drie verdere afgevuurde doppies gekry
wat daarop
dui dat drie skote (waarvan een die oorledene gedood het) vanaf
daardie posisie gevuur is. Daar was ook drie gate deur die bekleedsel
van die
regterdeur. Drie onafgevuurde patrone is op die toneel gevind. Madela se
vuurwapen is nie opgespoor nie.
Die klaer, Mkwanazi, het die getuienis van Madela in alle relevante opsigte
gestaaf. In besonder wys sy getuienis dat terwyl Madela
en nr 3 baklei het, het
die appellant van agter gekom; dat die appellant nr 2 bevry het; dat, hoewel hy
nie gesien het wie geskiet
het nie, het hy gesien hoedat die appellant met
'n
6
vuurwapen die groep na die skietery verlaat het. Volgens sy getuienis was nr
2 aan die bestuurderskant toe die oorledene "geval" het.
Nr 2 het toe die
oorledene omgegooi en sy vuurwapen geneem. Soos reeds gesê, is die
oorledene se vuurwapen onafgevuur in die
nabyheid van die lyk gevind en dit
bevestig wat namens nr 2 gestel is, naamlik dat nadat hy die oorledene se
vuurwapen geneem het,
het hy dit weggegooi. Die getuienis dat die appellant in
besit van 'n vuurwapen was, is bevestig deur Cynthia Makhubo ('n vriendin
van nr
2) en ene Makhubele. Hy was nie op die toneel nie maar tuis, 'n entjie vanaf die
smokkelkroeg. Nr 1 het met ' n vuurwapen
gewapen sy huis in gehardloop, van sy
klere uitgetrek, van die getuie s'n aangetrek en toe verder gehardloop.
Dit bring my dan by die getuienis van die eienaar van die kroeg, Playboy
Mthembu. Hy het getuig dat hy waargeneem het hoe die appellant
met Madela
7
baklei, sy vuurwapen afneem en hoe die appellant in die vangwa in geskiet het
terwyl die oorledene daarin was. Hy het bevestig wat
later objektief vasgestel
is, naamlik dat die linkervenster afgedraai was en dat die regtervenster in die
proses gebreek is.
Slegs die appellant het ter verdediging getuig. Sy saak was dat hy die
betrokke dag teenwoordig was by Playboy se smokkelkroeg toe
beskuldigdes 2 en 3,
wat vriende was, daar opgedaag het. Daarna het hy gesien hoedat die twee
polisiebeamptes arriveer en hy het
toe na buite gegaan om die gebeure gade te
slaan. Hy was, sê hy, aan die agterkant van die vangwa toe hy die eerste
skoot hoor
klap het. Hy het 'n vuurwapen op die grond gesien en toe
weggehardloop. Hy kon goed sien wat gebeur het. Hy het ontken dat hy geskiet
het
of selfs dat hy in besit was van 'n vuurwapen.
Die verhoorhof het die appellant se
8
getuienis as onwaar verwerp en dit is nie namens die appellant betoog dat die
verhoorhof in hierdie opsig gefouteer het nie. Met die.benadering
van die
advokaat kan nie fout gevind word nie. Wat wel namens die appellant betoog is,
is dat die Staat se getuienis onvoldoende
was om bo redelike twyfel te bewys dat
dit die appellant en nie moontlik beskuldigde nr 2 was wat die vuurwapen hanteer
het nie.
Hierdie betoog moet faal. Dit is gebaseer op die feit dat die getuienis
dui dat nr 2 op 'n stadium 'n vuurwapen hanteer het. Daardie
getuiehis was egter
duidelik dat nr 2 'n vuurwapen in sy besit gekry het ná die dood van die
oorledene en dat die oorledene
se vuurwapen nie tydens die gebeure afgevuur is
nie. Die betoog verloor uit die oog dat vyf getuies getuig het dat die appellant
in besit van ' n vuurwapen was - voor, tydens en na die skietery. En aangesien
die appellant erken het dat hy goed kon sien wat gebeur
het, is dit vreemd dat
hy nooit
9
beweer het dat nr 2 'n vuurwapen besit het nie. Hy het te kenne gegee dat die
oorledene 'n skoot afgevuur het tydens 'n gestoei met
nr 3. Daardie getuienis is
natuurlik nie moontlik waar nie in die lig van die feit dat die oorledene se
vuurwapen nie daardie dag
aangewend is nie. Dit moet ook in gedagte gehou word
dat die oorledene se vuurwapen ná sy dood op die grond gegooi is.
Aangesien
die appellant die vuurwapen daar gesien het voordat hy weggehardloop
het, beteken dit dat hy tydens al die gebeure teenwoordig moes
gewees het.
Dit is ook namens die áppellant betoog dat slegs Playboy Mthembu
getuig het dat hy waargeneem het hoe die appellant die oorledene
skiet en,
aangesien Mthembu se getuienis nie in alle opsigte bevredigend of in
ooreenstemming met die ander getuienis is nie, kan
nie bo redelike twyfel bevind
word dat die appellant die skietwerk gedoen het nie. Dit is so dat Mthembu nie
in alle opsigte 'n bevredigende
getuie was nie en dat daar
10
botsings tussen sy getuienis en dié van Madela was. Dieselfde betoog
is aan die verhoorhof voorgehou en die verhoorhof was
bewus van die gebreke in
Mthembu se getuienis. Die verhoorhof het sy getuienis met versigtigheid benader
en, in die lig van die totaliteit
van die getuienis, die skuldigbevindings
uitgebring. Met daardie benadering kan nie fout gevind word nie. Dit volg dus
dat ek van
oordeel is dat die verhoorhof die appellant korrek skuldig bevind het
aan die betrokke twee misdrywe.
Wat vonnis betref, is nie betoog dat die vonnis ten aansien van die
skuldigbevinding aan roof in enige opsig verkeerd is nie. Wat
ter oorweging
oorbly, is of die doodvonnis die enigste gepaste vonnis m b t die
skuldigbevinding aan die moord is. Die appellant
was ten tye van die pleeg van
die misdryf ongeveer 25 jaar oud, getroud en werkloos. Geen ander persoonlike
omstandighede is voor
die hof geplaas nie.
11
Hoewel die gebeure by 'n smokkelkroeg plaasgevind het, het die appellant by
monde van sy advokaat beweer dat hy 'n geheelonthouer
is en dat drank geen rol
kon gespeel het nie. 'n Wesenlike faktor ter strafversagting is die feit dat die
appellant geen vorige veroordelings
gehad het nie. Dit is verder namens hom
betoog dat sy handelinge deur 'n massa-psigose veroorsaak is en dat hierdie feit
'n strafversagtende
faktor is. Die antwoord op die betoog is eenvoudig dat daar
geen feite-basis yir die submissie bestaan nie.
Ter strafverswaring dien die volgende: Die moord is met direkte opset gepleeg
- wat blyk uit die hoeveelheid skote wat op 'n kort
afstand op die oorledene
afgevuur is. Die oorledene, 'n polisiebeampte, is in die loop van die uitvoering
van sy pligte vermoor.
Daar was geen provokasie nie. Die aanval was koelbloedig
en wreed en die oorledene is geskiet terwyl hy gepoog het om van die toneel
weg
te
12
kom. Die oorledene het nie eens probeer om sy eie
vuurwapen ter
selfverdediging aan te wend nie.
By die finale waarde-oordeel of die
doodvonnis die enigste gepaste vonnis
is, is ek van
mening dat die gemeenskapsbelang in hierdie
geval
deurslaggewend is en dat, met inagneming van die
oogmerke van vonnis, clie doodvonnis inderdaad die
enigste gepaste vonnis
is.
Die appèl word van die hand gewys.
L T C HARMS WAARNEMENDE APPèLREGTER
BOTHA, AR )
STEM SAAM NESTADT, AR )