About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 153
|
|
S v Marupen (118/92) [1993] ZASCA 153 (29 September 1993)
Saaknommer 118/92
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
ANDRé MARUPEN
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM:
HEFER, VIVIER ARR et HOWIE, Wnd AR
VERHOOR:
20 September 1993 GELEWER: 29 September 1993
UITSPRAAK
HOWIE, Wnd AR
2
HOWIE Wnd AR
,
Appellant is 5 jaar gevangenisstraf in 'n streekhof
opgelê weens diefstal. Hy is saam met h mede-beskuldigde ("beskuldigde 2")
verhoor. Dit is hulle ten laste gelê dat hulle op 11 Januarie 1990 en te
Johannesburg R150 000 van hulle werkgewer Trust Bank
gesteel het. Albei het
onskuldig gepleit en getuienis in hulle verdediging afgelê waarin hulle
aanspreeklikheid ontken het.
Daardie getuienis is tereg verwerp. Hulle
appèl na die Transvaalse Provinsiale Afdeling teen hulle
skuldigbevindings en vonnisse
is van die hand gewys. Daardie Hof het appellant
verlof om verder te appelleer -geweier.
Met verlof van hierdie Hof kom appellant nou in hoër beroep slegs teen
sy vonnis.
'n Opsomming van die aanvaarbare getuienis is soos
3
volg. Appellant, beskuldigde 2 en ene Williams was almal by die
Eloffstraattak van die bank werksaam. Hulle was die bemanning van
een van die
bank se 19 pantservoertuie waarin groot bedrae geld daagliks in trommels en
trollies na ander van die bank se takke vervoer
is. Appellant was die kassier,
beskuldigde 2 die bestuurder en Williams die wag.
Veiligheidsonthalwe is die personeel van een voertuig nie tot die
oplaaigebied toegelaat alvorens die bemanning van die vorige voertuig
klaar
opgelaai en die gebou verlaat het nie. Op die betrokke dag was die gesteelde
trommel vir 'n ander voertuig bestem. Appellant
en sy kollegas het egter die
"geleentheid gebruik om dit saam met hulle vrag op te laai in die afwesigheid
van daardie voertuig se
bemanning. In die loop van hulle werkverrrigtinge later
die oggend het hulle die gesteelde trommel na beskuldigde 2 se huis te
Roodepoort
geneem en
4
daar gebêre.
Intussen het die banktak vir wie die trommel bestem
was, die vertraging aan appellant se tak gerapporteer. Gedurende die namiddag
het een van die appellant se onderbestuurders die polisie in kennis gestel van
die vermiste geld. Nadat al die bemannings terug was,
is dit deur die polisie
vasgestel dat appellant se voertuig onnodig en onreëlmatig 'n ekstra 50
kilometer gery het. Nie lank
daarna nie het die ondersoekbeampte en beskuldigde
2 na lg se huis gegaan en is die trommel toe gevind waar dit in die motorhuis
in
'n papiersak weggesteek was.
Voor vonnisoplegging het die prokureurs wat namens appellant en beskuldigde 2
opgetree het die verhoorhof toegespreek sonder dat hulle
kliënte enige
getuienis ter versagting afgelê het.
In sy vonnisuitspraak het die streeklanddros die
5
volgende gesê:
"Uit die aard van die saak waar julle so saamwerk moet daar 'n mate van
beplanning wees al is dit dan ook nou net op die laaste oomblik.
Dit wil lyk
asof hier nie veel beplanning in hierdie misdaad ingegaan het nie, want dit is
werklik op h dom manier uitgevoer."
Aan die ander
kant het die verhoorhof opgemerk dat die onderhawige misdryf h tipe oortreding
was wat, ondanks die howe se herhaalde
waarskuwings, veelvuldig voorkom en
derhalwe swaar strawwe verg.
Die landdros het gemeld dat "die idee van straf is dat dit individualiseer
moet word" en het daarna die beskuidigdes se persoonlike
omstandighede
oorweeg.
Ten spyte van hulle prokureurs se versoek dat slegs boetevonnisse
opgelê word, het die hof bevind dat die misdryf te ernstig
was daarvoor en
dat slegs direkte gevangenisstraf gepas sou wees. Na die hof se oordeel was 5
jaar die kortste periode wat die gepleegde
misdaad gepas sou straf. In hierdie
verband het die hof hom toe soos
6
volg uitgelaat:
"Daar is gesê dat dit 'n eenmalige gebeurtenis is. Dit mag so wees, maar
nou vind die hof so dikwels by mense wat in vertrouensposisies
aangestel word
daardie eenmalige probeerslag en ons moet waak daarteen in die howe dat mense
die indruk kry dat hulle maar hulle
werkgewers kan besteel solank hulle dit net
nie meer as een keer probeer nie."
Aan die hand van
drie vorige sake waarin gevangenisstraf met boetestrawwe op appèl vervang
is, het appellant se advokaat aangevoer
dat hierdie Hof op soortgelyke wyse met
die opgelegde vonnis behoort in te meng.
Appellant was ten tye van die misdryf en ook vonnlsoplegging, 22 jaar oud. Hy
was 'n eerste oortreder. Hy het in 1987 die matriekeksamen
geslaag. Hy was vir
omtrent een jaar in die bank se diens voor die pleging van hierdie misdryf. As
gevolg daarvan het hy sy werk
verloor en was hy ten tye van die verhoor
werkloos. Hy was die vader van 'n buite-egtelike kind met wie se ma hy toe
7
saamgeleef het.
Beskuldigde 2 se omstandighede het die hof as "ietwat
anders" beskou. Hy was 42 jaar oud, getroud en die vader van 4 minderjarige
kinders. Hy het drie vorige veroordelings. In 1971 was hy weens gewone
aanranding gewaarsku en ontslaan. In 1974 is hy beboet weens
bestuur van 'n
voertuig met vals derdeparty- en lisensiebesonderhede. In 1983 is hy R1 000 of
12 maande tesame met opgeskorte gevangenisstraf
opgelê weens poging tot
moord.
Die drie sake waarop appellant se advokaat gesteun het, is almal
onderskeibaar van die onderhawige. In die huidige geval is daar hoegenaamd
geen
sprake van erkenning van skuld, samewerking met die polisie of berou nie.
Weliswaar is die misdryf betreklik maklik ontdek maar
appellant het geen
grondslag gelê nie vir die afleiding, as 'n redelike moontlikheid, dat hy
beïnvloed is,
8
niks vooraf beplan het nie of voor versoeking geswig het.
Hierdie was ook
nie 'n geval waar 'n bemanning deel van sy eie vrag steel nie. Appellant en sy
mededaders het die kans benut om 'n
ander bemanning se trommel te neem. Op die
oog af sou dit daardie ander bemanning onder verdenking geplaas het. Mens weet
ook nie
of appellant vir 'n hele tyd al vir so 'n kans gewag het nie.
Boonop het appellant voortgegaan om sy taak gedurende die oggend te verrig
wat hom heeltyd die geleentheid gebied het om te besin.
Ondanks daardie
geleentheid het hy in sy dieftige plan volhard. Dit was alleenlik die ekstra
afstand wat gery is wat die vlnger na
appellant laat wys het. Die verhoorhof het
opgemerk dat die diefstal op 'n dom manier uitgevoer is maar of dit nou miskien
moeilik
was om 'n medepligtige te kry om hulle langs hulle gewone roete te
ontmoet is natuurlik onbekend.
In al die omstandighede meen ek dat daar met die
9
In al die omstandighede meen ek dat daar met die oplegging van direkte
gevangenisstraf in die onderhawige saak geen fout gevind kan
word nie.
Die
bankwese is h onontbeerlike bestanddeel van die land se ekonomiese en
finansiële struktuur. Kliënte moet sover moontlik
in staat gestel word
om hulle sake te reël en te beplan op die veronderstelling dat hulle
beleggings en deposito's veilig is.
Dit is ongelukkig so dat banke deesdae deur
gewapende aanvalle aanhoudend geteister word waartydens baie groot bedrae geroof
word.
Hulle moet noodwendig groot bedrae uitgee op versekering en
sekuriteitsmaatreëls.
In die lig van sodanige eksterne bedreiging en gepaardgaande onkoste is die
publiek en die banke se bestuur geregtig om te verwag
dat daar nie ook interne
sekuriteitsprobleme sal wees nie en dat daar op die banke se eie amptenare se
eerlikheid en betroubaarheid
10
staatgemaak kan word. Appellant en sy metgeselle was nie sommer in enige
gewone soort vertrouensposisie nie, hulle was, as bankamptenare
aan wie groot
bedrae toevertrou is en in die lig van die voorgaande faktore, in 'n besondere
vertrouensposisie. Dit het hulle op
'n ernstige wyse misbruik.
Waar die
verhoorhof egter wel misgetas het na my mening was om geen onderskeid te tref
tussen appellant se vonnis en dié van
beskuldigde 2 nie. Lg se
geskiedenis toon dat hy geneig is om minagtend teenoor die belange van ander en
teenoor die gereg op te
tree. Sy vorige skuldigbevindings en vonnisse het hom
nie van misdadige optrede afgeskrik nie. Boonop is daar die wesenlike
ouderdomsverskil.
Myns insiens was hierdie 'n geval waar, selfs sonder enige
aanduiding dat beskuldigde 2 vir appellant mislei of direk beïnvloed
het,
dit gepas was om appellant ligter as beskuldigde 2 te straf.
11
Dit staan hierdie Hof dus vry om appellant se vonnis opnuut te oorweeg.
In al die omstandighede van die saak meen ek dat
aan die eise van reg en geregtigheid voldoen sal word
indien appellant 5
jaar opgelê word waarvan 2 jaar voorwaardelik opgeskort word.
Die appèl moet derhalwe slaag.
Dit word soos volg
beveei:
1.
Die appèl
slaag.
2. Die bevel van die Hof a quo word ter syde gestel en met die volgende bevel
vervang:
"(a) Tweede appellant se appèl teen
sy skuldigbevinding en vonnis word van die hand gewys.
(b) Eerste appellant se appèl teen sy
skuldigbevinding word van die
hand
gewys.
(c) Eerste appellant se appèl teen sy
vonnis slaag.
(d) Die vonnis wat deur die Streekhof aan
eerste appellant opgelê is
word ter
12
syde gestel en met die volgende vervang
'5 jaar gevangenisstraf waarvan 2 jaar vir 5 jaar opgeskort word op
voorwaarde dat in lg tydperk die beskuldigde geen misdryf pleeg
waarvan dieftige
opset 'n element is nie en waarvoor onopgeskorte gevangenisstraf opgelê
word.'"
C T HOWIE Wnd AR
HEFER, AR )
VIVIER, AR ) Stem saam