Bank Windhoek Bpk v Rajie en 'n Ander (664/91) [1993] ZASCA 148; 1995 (1) SA 115 (AD); [1994] 1 All SA 437 (A) (29 September 1993)

70 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Ownership — Transfer of ownership — Requirements for transfer of ownership of movable property — Appellant sought recovery of a BMW vehicle from the first respondent, claiming ownership based on a sale agreement with a motor dealer — First respondent admitted possession but denied ownership — Second respondent raised estoppel as a defense — Court held that the appellant failed to prove ownership as the transfer of ownership requires mutual intention to transfer and receive ownership, which was not established in this case — Appeal dismissed with costs.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 148
|

|

Bank Windhoek Bpk v Rajie en 'n Ander (664/91) [1993] ZASCA 148; 1995 (1) SA 115 (AD); [1994] 1 All SA 437 (A) (29 September 1993)

BANK WINDHOEK BPK
APPELANT
en
S RAJIE
EERSTE RESPONDENT
M SADICK
ADAMS
TWEEDE RESPONDENT
Saaknommer: 664/91
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
In die saak tussen:
BANK WINDHOEK BPK
Appellant
en
S RAJIE
1
ste Respondent
M SADICK
ADAMS
2de Respondent
Coram
: JOUBERT, SMALBERGER, NIENABER ARR et
HOWIE, HARMS Wnd ARR.
Verhoor
: 6 September 1993 Gelewer: 29
September 1993
UITSPRAAK JOUBERT
AR:
2
Die appellant ("die Bank") het in die Kaapse
Provinsiale Afdeling 'n eiendomsaksie (
rei vindicatio
) teen die eerste
respondent ("Rajie") vir die lewering van sy B M W motorvoertuig alternatiewelik
die betaling van R20 000 synde
die waarde daarvan ingestel. Tweede respondent
("Adams") is op sy aansoek as tweede verweerder tot die aksie gevoeg. KüHN
Wnd
R het die Bank se eiendomsaksie teen Rajie met koste gehandhaaf. Rajie was
in besit van die B M W. Die verweer van Adams wat op estoppel
gebaseer is, is
nie bewys nie. Op appèl het die volle hof (VAN NIEKERK, BERMAN en COOPER
RR) die appél gehandhaaf en
KúHN Wnd R se bevel deur absolusie van
die instansie vervang. Die Bank is gelas om Rajie se koste in die verhoor asook
op
appèl te betaal. Geen bevel is gemaak met betrekking tot Adams se
koste nie. Met spesiale verlof kom die Bank tans in hoër
beroep na hierdie
Hof teen die uitspraak van die volle hof.
Die gedingsoorsaak, soos gepleit deur die
3
Bank in sy besonderhede van vordering is dat hy
die eienaar van die 1984 B M W met enjinnommer 0565037 is waarvan die markwaarde
R20
000 is en dat Rajie in besit daarvan is. In sy verweerskrif erken Rajie dat
hy in besit van die B M W is maar hy ontken dat die Bank
eienaar daarvan is.
Adams ontken in sy verweerskrif dat die Bank eienaar van die B M W is en in die
alternatief beroep hy hom op
estoppel as 'n verweer. In sy antwoord op Rajie se
versoek om nadere besonderhede vir verhoor beweer die Bank dat hy op 3 Junie
1988
eiendomsreg van die 1984 B M W van Hoosain h/a Motor _ World teen 'n
koopprys van R23 000 verkry het.
Die groot twispunt tussen die partye is die vraag by wie die eiendomsreg
van die B M W setel. Ofskoon registrasie van 'n motorvoertuig
as 'n roerende
saak nie noodwendig afdoende bewys van die gemeenregtelike eienaarskap van 'n
motorvoertuig is nie, kan dit tog, afhangende
van die bepaalde omstandighede, 'n
waardevolle hulpmiddel wees om 'n aanduiding te kry wie in besit van die
motorvoertuig as
4
"eienaar" op 'n bepaalde tydstip of gedurende 'n
bepaalde tydperk was. Uit die registrasie-dokumente van die B M W kan sy
geskiedenis
opgevolg word hoe dit van tyd tot tyd van besitter of "eienaar"
verwissel het terwyl die B M W deur sy enjinnommer 0565037 geïdentifiseer
kan word. Harland Hewson het in 1984 die eerste eienaar van die B M W as nuwe
motorvoertuig met die registrasienommer ND 179385 geword.
Op 3 April 1988 het
Roundabout Motors, 'n motorhandelaars-besigheid met 'n motorhandelaarslisensie,
in die loop van sy handelaarsbesigheid
om motorvoertuie te koop, te verkoop of
te ruil eienaar van die B M W geword wat sy ND 179385 registrasienommer behou
het. Vergelyk
art 33(1) van Ordonnansie 21 van 1966 (K) wat 'n motorhandelaar in
dergelike omstandighede nie verplig om sodanige motorvoertuig
in die naam van sy
handelaarsbesigheid te registreer nie. Indien die verkryging van die
motorvoertuig egter in die private hoedanigheid
van die verkryger plaasvind, sal
hy verplig wees om die motorvoertuig in sy eie naam te
5
registreer. (Raadpleeg arts 5 en 9). Volgens Adams
se onbetwiste getuienis het Hoosain as motorhandelaar die B M W van Roundabout
Motors gekoop en betaal. Deurdat Hoosain as motorhandelaar besit van die B M W
geneem het en eienaar daarvan geword het, het die
B M W sy registrasienommer ND
179385 bly behou. Hoosain het die B M W tot die voorraad van sy
motorhandelaarsbesigheid, genaamd Motor
World, gevoeg. 'n Motorhandelaar is
verplig om 'n register te hou van motorvoertuie deur hom in die loop van sy
besigheid verkry
of van die hand gesit (art 44(1)). Hy moet verder 'n
maandelikse opgawe daarvan aan die registrasie-owerheid van die gebied waarin
hy
sy besigheid dryf, verstrek.
Die relevante feite in hierdie appèl is grootliks gemene saak.
Soos vermeld, was Hoosain 'n motorhandelaar wat in Kaapstad
onder die naam Motor
World handel gedryf het. Vir die afgelope vier jaar het Hoosain 'n lopende
bankrekening by die Bank in Kaapstad
met
6
'n tweeledige funksie gehad, nl. om vir sy private
doeleindes sowel as sy besigheidsdoeleindes te dien. Sedert ongeveer Maart 1988
was Smit die bestuurder van die Bank. 'n Vriendskapsverhouding het tussen hulle
ontstaan. Smit het Hoosain as 'n gewaardeerde klant
met 'n bevredigende
bankrekening beskou. Omstreeks begin Junie 1988 het Hoosain vir Smit genader vir
finansiering aangesien hy 'n
B M W motorvoertuig as voorraad in sy besigheid
genad het wat hy na bewering vir sy vrou om mee te ry, wou aanskaf. Hy het egter
nie persoonlik die geld gehad om die B M W vir R23 000 te koop nie. Daarvoor het
hy finansiering deur die Bank nodig gehad. Smit
sou nooit finansiering aan
Hoosain se vrou wat 'n huisvrou sonder 'n vaste werk was, oorweeg het nie. Smit
het die B M W by Motor
World besigtig waar dit CA 222 as handelsplate gehad het
wat met "straps" vasgemaak was. Daar was geen ander registrasieplate aan
die B M
W nie. Hy het die waarde van die B M W op R23 000 vasgestel.
7.
Smit en Hoosain het ooreengekom hoe die
finansiering sou geskied. Motor World sou die B M W aan die Bank vir R23 000
verkoop waarmee
die Bank die gesamentlike bankrekening van Motor World en
Hoosain sou krediteer. Op sy beurt sou die Bank die B M W kragtens 'n
afbetalings-ooreenkoms
aan Hoosain verkoop vir R23 000 plus finan-sieringskoste
van R7 533-94. Op 3 Junie 1988 het die finansiering gestalte in die volgende
dokumentasie gekry :
1. Aansoek om paaiementekrediet deur Hoosain waarin hy besonderhede van sy
persoonlike finansies verstrek het.
2. 'n Bestelling deur die Bank aan Motor World as verskaffer wat die B M W
"ten laste van ons rekening aan N. Hoosain
sal lewer
" (My onderstreping).
Die registrasienommer van die B M W word as CA 222 en sy enjinnommer as 0565037
vermeld en die eenheidsprys
as R23 000 met uitsluiting van die algemene
verkoops-belasting. Smit het hierdie dokument voltooi en onderteken namens die
Bank.
Hoosain het as
8
voornemende kredietopnemer die bestelling se
besonderhede
bevestig en bekragtig dat die bestelling op
sy versoek geplaas is. Hy het die B M W uitgekies by
die verskaffer met die doel om 'n afbetalingsverkoop-
ooreenkoms met die Bank aan te gaan. Dit is deur
Hoosain onderteken. Daar volg dan drie voorwaardes
wat deur die verskaffer aanvaar is en namens Motor World
as verskaffer deur Hoosain onderteken is. Die drie
voorwaardes lees soos volg :
"1"
Die verskaffer bevesticr hiermee dat hy die eienaar van die
goedere
[die B M W] is en
dat hy geregtig is om dit te verkoop
- -
-
2.
Die
faktuur/fakture moet aan BANK WINDHOEK BEPERK uitgemaak word en die eiendomsreg
in die goedere gaan op die Bank oor by betaling
van die totale prys hierbo
genoem en
na lewerinq van die goedere soos hierbo
bepaal
.
3.
Waar van
toepassing, moet die registrasie - en ander tersaaklike dokumente behoorlik
voltooi en teen betaling van die totale prys
hierbo genoem, aan die Bank
oorhandig word."
(My
onderstreping).
9
Dit is duidelik uit hierdie bestelling deur die Bank aan Motor World as
verskaffer dat dit beding is dat Motor World as verskaffer
die B M W aan Hoosain
as voornemende kredietopnemer "ten laste van ons rekening" d.w.s. ten laste van
die Bank sou lewer.
3. 'n Faktuur is uitgereik deur Motor World aan die Bank. Dit vermeld die B
M W met enjinnommer 0565037 en registrasienommer CA 222
teen 'n kontant koopprys
van R23 000 "
to be delivered on your behalf to Mr N Hoosain
" (My
onderstreping). Die faktuur is onderteken namens Motor World deur N Hoosain as
"salesman". Verder het Hoosain dit as "purchaser"
onderteken. Hoosain het die
faktuur ook bevestig deur sy hand-tekening as "proprietor."
4. 'n Afbetalingsooreekoms waarkragtens Hoosain as kredietopnemer die B M W
met registrasienommer CA 222 en enjinnommer 0565037 teen
die kooprys van R23
000,
10
waarvan 'n deposito van R3 000 reeds betaal is,
plus R7 533-94 finansieringskoste van die Bank as kredietgewer koop. Die
hoofskuld
van R27 533-94 is betaalbaar in 42 maandelikse paaiemente van R655-57
elk waarvan die laaste paaiement op 2 Desember 1991 betaalbaar
is. Die B M W
moes gewoonlik gehou word by 32 Abraham Catz Avenue, Montana. Volgens Bedinge en
Voorwaardes Nr 3 sou die eiendomsreg
van die BM W nie op Hoosain oorgaan
alvorens alle verskuldigde bedrae onder die afbetalingsverkoopooreenkoms deur
hom ten volle betaal
is nie.
'n Inbetaalstrokie van 3 Junie 1988 dui
aan dat die Bank op 3 Junie 1988 die bedrag van R23 000 op die gesamentlike
bankrekening van
Hoosain en Motor World inbetaal het. Verder toon die
rekeningstaat van Hoosain by die Bank dat maandelikse paaiemente van R655-57
vanaf 3 Augustus 1988 tot 3 Januarie 1989 aan die Bank betaal is.
Na die dood van Hoosain op 21 Desember 1988,
11
het die Bank vasgestel dat Hoosain die B M W
vervreem het en dat Rajie in besit daarvan is. Hoe dit geskied het, kan kortliks
soos
volg geskets word.
Op 10 Junie 1988 het Hoosain die B M W na
die perseel van M S Car Agencies geneem waar Adams as 'n motorhandelaar onder
hierdie naam
besigheid gedoen het. Hulle het ooreengekom op 'n koopprys van R20
000 maar Adams wou 'n Ford Lazer vir R14 000 inruil latende 'n
balans van R6
000. Op 16 Junie 1988 het hulle die transaksie beklink. Hoosain, het 'n faktuur
van Motor World aan M S Car Agencies
uitgereik met besonderhede van die
transaksie asook die B M W se enjinnommer 0565037 en registrasienommer ND
179385. Adams het die
balans van R6 000 betaal en besit van die B M W met sy
registrasiedokumente geneem. Hier het geen registrasie van die B M W op die
naam
van M S Car Agencies plaasgevind nie omdat laasgenoemde die B M W as
motorhandelaar vir besigheidsdoeleindes bekom het.
M S Car Agencies het 'n gewillige koper vir
12
die B M W in Rajie gekry maar laasgenoemde moes
finansiering van Boland Bank bekom. Op 13 Julie 1988 verkoop M S Car Agencies
die
B M W aan Boland Bank vir R24 500 plus R2 940 algemene verkoopsbelasting.
Dit het geskied deur 'n faktuur wat M S Car Agencies aan
Boland Bank uitgereik
het met vermelding van besonderhede betreffende die B M W. Wat opval, is die
feit dat die faktuur die volgende
bepaling bevat : "To be delivered on your
behalf to Mr S Rajie" met vermelding van sy adres. Adams het getuig dathy die B
M W aan
Rajie gelewer het. Dit is waarskynlik dat Rajie en Boland Bank 'n
afbetalingsverkoopooreenkoms met mekaar aangegaan het met voorbehoud
van die
eiendomsreg van die B M W. Op 13 Julie 1988 is die B M W met registrasienommer
CY 302294 op die naam van Rajie geregistreer.
Het die bank bewys dat hy eienaar van die B M W is ? Om eiendomsreg van
'n roerende saak deur lewering oor te dra en te verkry word
o.a. vereis dat die
eienaar as
13
oordraer dit met die bedoeling om eiendomsreg oor
te dra (
animus transferendi dominii
) aan die ontvanger oordra wat die
bedoeling het om die eiendomsreg te verkry (
animus accipiendi dominii
).
Die wedersydse bedoeling van oordraer en ontvanger kan op verskillende maniere
bewys word, bv. deur die omringende omstandighede,
direkte getuienis of 'n
verbintenisskeppende ooreenkoms soos 'n koopkontrak, ruil-kontrak ens. Deurdat
ons howe 'n abstrakte stelsel
van eiendomsoordrag volg, staan die geldigheid van
die eiendomsoordrag los van die geldigheid van enige verbintenis-skeppende of
onderliggende ooreenkoms. Raadpleeg
Commissioner of Customs and Excise v
Randles
, B
rothers & Hudson Ltd
1941 A D 369
op pp 398-399, 411,
Trust Bank van Afrika Bpk v Western Bank Bpk N 0 en Andere
1978(4) S A
281 (A D) op p 301 in fine - p 302 A,
Krapohl v Oranje Koöperasie
Bpk
1990(3) SA 848 (A) op p 864 E - F. Wat die lewering betref, kan dit in
fisiese lewering (
traditio de manu in manum
) of fiktiewe lewering
(
traditio
14
ficta
) bestaan.
In die onderhawige geval was dit nodig vir doeleindes van die
finansieringstransaksie dat die Bank eiendomsreg van die B M W van Motor
World
verkry. Volgens Adams se navorsing, soos dit uit sy onbetwiste getuienis blyk,
het Motor World as motorhandelaar die eiendomsreg
en besit van die B M W van 'n
ander motorhandelaar, te wete Roundabout Motors verkry. Die Bank het egter nie
oor die fasiliteite
beskik om fisiese lewering van die B M W te ontvang nie.
Daarom het dit in sy bestelling van 3 Junie 1988 aan Motor World opdrag
gegee om
"ten laste van ons rekening" die B M W aan Hoosain gua voornemende
kredietopnemer en koper te lewer. Motor World het in
sy faktuur van 3 Junie 1988
aan die Bank hierdie opdrag bevestig en erken. Wat meer is, Hoosain het die
faktuur ook qua koper onderteken
en daardeur die opdrag erken. Dit is opvallend
dat M S Car Agencies in sy faktuur van 13 Julie 1988 aan Boland Bank 'n opdrag
bevat
wat namens laasgenoemde
15
onderteken is, nl. "To be delivered on your
behalf to Mr S Rajie." Soos vermeld het Adams daardie opdrag uitgevoer deur die
B M W
aan Rajie te lewer.
In die onderhawige saak egter, omdat Motor World en Hoosain een en
dieselfde persoon was, kon lg nie die B M W op fisiese wyse lewer
nie. Die vraag
is dan of Motor World die B M W op enige ander wyse aan die Bank gelewer het
sodat laasgenoemde eiendomsreg van die
BM W verkry het toe die dokumentasie
voltooi is en die R23 000 deur die Bank in die bankrekening van Hoosain/Motor
World inbetaal
is. Regtens kon Hoosain op 'n fiktiewe wyse aan die Bank lewer.
Die gepaste vorm wat op die onderhawige situasie van toepassihg kon
gewees het,
was
constitutum possessorium
. Daardie leweringsvorm sou 'n ooreenkoms
vereis het met duidelike manifestasie van 'n wilsverandering aan Hoosain se
kant, d w s
dat hy opgehou het om die B M W as eienaar te besit en voortgegaan
het om dit as koper te besit. Die feit dat die leweringsaspek
in die
16
bestellingsvorm ultdruklik behandel is, laat geen
ruimte oor vir die gevolgtrekking dat die partye bedoel het om daarin by
noodwendige
implikasie met daardie onderwerp te handel nie. Sodra dit dan
vasstaan dat die ooreengekome wyse ondoeltreffend en onvanpas was,
beteken dit
dat daar prakties geen leweringsooreenkoms was nie. Die verdere vraag is dan of
die oorblywende getuienis vatbaar is
vir die afleiding dat daar mondeling of
stilswyend op
constitutum possessorium
ooreengekom is. Smit het nooit in
sy getuienis met die vraag of daar lewering was, gehandel nie. Daar is ook niks
in die dokumentasie
wat hierop lig werp nie. Smit se getuienis dat hy na die
voltooiing van die dokumentasie Hoosain met die B M W sien wegry het, is
dubbelsinnig. Het Hoosain weggery in sy rol as motorhandelaar of in sy rol as
koper ?
Daar is sterk
indicia
dat Hoosain qua motorhandelaar nooit die
bedoeling gehad het om eiendomsreg van die B M W aan die Bank oor te dra nie.
Hoosain het
17
klaarblyklik likiditeit nodig gehad. Hy kon dit
nie bekostig om sy vrou 'n geskenk te gee van hierdie aard en omvang nie. Daar
is
geen getuienis dat sy ooit die B M W bestuur of selfs in besit gehad het nie.
Reeds op 10 Junie 1988 is die B M W aan Adams by M
S Car Agencies te koop
aangebied. Op 16 Junie, die datum van die verkoop aan Adams, was dit nog steeds
vir verkoop vertoon. Die waarskynlikheid
is dat Hoosain as 'n ervare
motorhandelaar heeltyd die moóntlikheid ingesien het om die B M W sonder
die Bank se wete te vervreem
terwyl hy steeds voortgegaan het om op 'n eerlike
wyse die maandelikse paaiemente onder die afbetalingsooreenkoms verskuldig aan
die Bank te betaal. Alles dui daarop dat Hoosain nooit van
animus
verander het nie en dat hy deurentyd die motor qua eienaar/handelaar in sy besit
gehou het. Op sy beste vir die Bank is die getuienis
onvoldoende om sodanige
bedoelingsverandering aan te toon. Gevolglik het die Bank nie op 'n oorwig van
waarskynlikhede bewys dat
Motor World die B M W in
18
eiendomsreg aan die Bank gelewer het
nie.
Na my oordeel het die volle hof tot die korrekte slotsom gekom
dat die Bank nie bewys het dat hy eiendomsreg van die B M W verkry
het nie. Dit
is gevolglik nie nodig om met Adams se alternatiewe pleit van estoppel te handel
nie.
In die lig van die voorgaande kan die appèl nie slaag
nie.
Adams het as tweede respondent 'n aansoek om kondonasie sowel as 'n
petisie vir spesiale verlof tot 'n kruisappèl in hierdie
Hof aanhangig
gemaak. Die omstandig-hede wat daartoe aanleiding gegee het, word volledig deur
HARMS Wnd AR in sy afsonderlike uitspraak,
wat ek bestudeer het, behandel. Ek
vereenselwig my met sy benadering hieroor asook sy gevolgtrekking t.o.v. die
koste-aspekte.
19
Die resultaat is dat die volgende bevele gemaak
word :-
1. Die appèl word met koste
verwerp.
2. Die tweede respondent se aansoek om kondonasie en spesiale verlof tot
kruisappèl word met koste
afgewys.
CP. JOUBERT AR.
SMALBERGER AR stem saam HOWIE Wnd AR stem saam.
NIENABER AR
1
Die feitelike agtergrond tot die geskilpunte
tussen die partye blyk uit die uitspraak van my kollega, Joubert AR. Ons slotsom
is dieselfde
maar ons benadering verskil. Vandaar dié
uitspraak.
Die primêre vraagstuk is of die Bank sy eienaarskap
van die betrokke BMW motorvoertuig bewys het. Die antwoord op dié
vraag
hang na my mening van die bedoeling van die partye af: of die geskrewe koop en
herverkoop-transaksies hul werklike bedoeling
weerspieël het; of Hoosain en
Smit (namens die Bank) die bedoeling gehad het om eiendomsreg van die saak
onderskeidelik oor
te dra (animus transferendi dominii) en te ontvang (animus
accipiendi dominii) (vgl Trust Bank van Afrika Bpk v Western Bank Bpk
en Andere
NNO
1978 (4) SA 281
(A) 301H-302A; Concor Construction (Cape) (Pty) Ltd v
Santambank Ltd
1993 (3) SA 930
(A) 933B; Van der Merwe Sakereg, 2de uitgawe 302;
Silberberg and Schoeman The Law of Property, 3de uitgawe 77); en of Hoosain, wat
deurgaans in fisiese
2
besit van die saak gebly het, die bedoeling gehad het om die voertuig met
instemming van Smit nie meer namens homself nie maar voortaan
namens die Bank te
besit (dws of lewering by wyse van constitutum possessorium plaasgevind het).
Word dié drie vrae, wat in
die gegewe geval op één
ondersoek met drie fasette neerkom, bevestigend beantwoord, is daar aan sowel
die verbintenisskeppende
as die saaklike vereistes vir die oorgang van
eiendomsreg op die voertuig voldoen (Air-Kel (Edms) Bpk h/a Merkel Motors v
Bodenstein
en 'n Ander
1980 (3) SA 917
(A) 922E-924A). Dan kan die Bank hom
teenoor die eerste respondent op sy rei vindicatio beroep. Word eenmaal bewys
dat eiendomsreg
wel aldus deur die Bank verkry is, ontstaan die sekondêre
vraag of die Bank se aanspraak op die rei vindicatio nie deur estoppel
verydel
is nie.
Blykens die dokumentasie het Motorworld, 'n firma waarvan Hoosain die
alleen-eienaar was, die voertuig teen
3
kontant aan die Bank verkoop en gelewer (sodat die Bank eienaar daarvan
sou word), net om dit onmiddellik daarna teen krediet (maar
met voorbehoud van
eiendomsreg aan die Bank) terug te koop. Die vraag is: het die partye werklik
bedoel dat volle eiendomsreg op
die Bank oorgaan, of was die eintlike gedagte
nie eerder dat Hoosain 'n voorskot by die Bank ontvang, vir die terugbetaling
waarvan
die voertuig as 'n vorm van saaklike sekuriteit moes dien, en dat die
koop- en herverkoop-kontrakte bloot 'n voorwendsel was wat
hulle prakseer het om
aan daardie bedoeling uitvoering te gee nie? Indien laasgenoemde, sou die skema
tot mislukking gedoem wees
omdat dit in wese 'n vorm van saaklike sekerheid, te
wete pandgewing, beoog, sonder dat besit aan die pandhouer gegee word. Volgens
ons reg moet 'n pandhouer (in die onderhawige geval die Bank) in besit van die
saak geplaas word en in besit daarvan bly anders vestig
of behou hy geen
voorkeuraanspraak daarop nie (Vasco Dry Cleaners v
4
Twycross
1979 (1) SA 603
(A) 611H-612D). Dit SOU die
geval
wees al is beide partye volkome openlik en opreg.
Aldus maak De
Villiers Wn AR in McAdams v Fiander's
Trustee & Bell NO
1919 AD 207
te 228 melding van
"...the proposition that because parties intend, honestly intend, to
enter into a contract of purchase and sale, the contract must
be one of purchase
and sale. They may so intend and yet the Court in investigating what Perezius
(ad.C. 4.22) calls the rei gestae
veritas, may find an absence of an intention
to buy and to sell, where, e.g., parties are honestly under the impression that
ít
would be sufficient for them to go through the form of a sale. And
they would be going through such form in every case where there
is an absence of
a genuine intention to buy and to sell, no matter whether they are bona or mala
fide."
Die skema hoef nie verbloem te wees om verdoem te word
nie. Dit kan aanvegbaar wees selfs al was dit nie te
kwaaier trou of met 'n onbehoorlike oogmerk aangegaan
nie - maar wel omdat dit regtens ondoenlik en as sodanig
onuitvoerbaar was. Soos dit deur Innes HR in Goldinger's
Trustee v Whitelaw & Son
1917 AD 66
op 79 gestel is:
"The transaction was in essence, therefore, not a sale but a pledge. No
doubt the parties thought that by going through the form of
a sale they
could
5
secure the benefits of a pledge. But in that they were mistaken. The
doctrine of constitutum possessorium, though it may in certain
cases have the
same ef fect as actual delivery, can have no operation to validate a pledge
where the pledged article remains in the
possession of the pledgor under such
circumstances as are present here. (Lighter v Edwards
1907 TS
442)."
En weer, ook op 79:
"There is no occasion to stigmatise the arrangement as fraudulent; it was
simply an attempt to obtain the effect of a pledge under
the form of a sale;
..." (vgl ook 90-91, 98).
Wat wel waar is, is dat hierdie soort
konstruksie,
met constitutum possessorium as sy
hoeksteen, hom by
uitstek tot onderduimsheid leen. Die kenmerke
van
constitutum possessorium word, na aanleiding van
Schorer,
Aantekeningen over de Inleidinge tot de
Hollandsche
Rechtsgeleertheid van Hugo de Groot, nota 258,
in
Goldinger's Trustee v Whitelaw & Son supra te 85 deur
Solomon AR uiteengesit. Dit kom op die volgende neer:
1. detentio, oftewel daadwerklike fisiese besit
van die saak, deur die voornemende
besitgewer;
6
2. die bedoeling van die voornemende besitgewer om
die saak
vanaf 'n bepaalde tydstip nie meer in eie
hoedanigheid nie (animus
dominii) maar namens die
voornemende besitnemer tê besit
(animus tenendi);
3. 'n ooreenstemmende bedoeling aan die kant van
die voornemende
besitnemer dat die besitgewer dit
vanaf daardie oomblik namens hom
besit.
Sowel Schorer as Solomon AR meld as vierde
vereiste 'n causa of justus titulus, deur Innes HR in dieselfde saak, op 75, 'n
causa detentionis
genoem. Myns insiens, is dit eerder die aanleiding tot, en nie
soseer 'n el-ement van die lewering as sodanig nie. Lewering hang
nie in die lug
nie. Een of ander causa sal daar altyd vir die besitsoorgang wees, gewoonlik 'n
verbintenisskeppende ooreenkoms. Vanweë
die abstrakte stelsel van
eiendomsoorgang wat in ons reg heers (Van der Merwe a.w. 305-6), hoef dit nie
noodwendig 'n regsgeldige
causa te wees nie. So 'n verbintenisskeppende
ooreenkoms sal
7
meestal bepalend wees van wat die besitgewer en -nemer werklik bedoel
het: as die verbintenisskeppende ooreenkoms, om 'n voorbeeld
te noem, 'n egte
koopkontrak is, kan geredelik aanvaar word dat die betrokke partye bedoel het om
daaraan uitvoering te gee, sodat
die verkoper wat volgens afspraak in besit van
die saak bly, dit voortaan namens die koper hou - dan het lewering by wyse van
constitutum
possessorium aan die koper geskied eh het eiendomsreg reëlmatig
op laasgenoemde oorgegaan. Omgekeerd, waar die verbintenisskeppende
ooreenkoms
nie
' n egte koopkontrak is nie (al word dit ook deur die partye so ingeklee)
maar iets anders, soos 'n set om 'n bepaalde bate van of
teen die besitter se
skuldeisers te verskuil of te verskans, dui dit op die afwesigheid van
'n egte geestesverandering oor die hoedanigheid waarin die saak voortaan
deur die besitter gehou word.
Sodanige bedoeling word bepaal met verwysing na die oómblik van
totstandkoming van die saaklike ooreenkoms
8
(Van der Merwe, a.w. 322) . Maar 'n party se optrede ná die tyd
kan steeds aanduidend wees van sy bedoeling indertyd.
Die agterdog
waarmee transaksies waarby constitutum possessorium betrokke is, bejeën
word, is juis op die egtheid van die onderliggende
verbintenisskeppende
ooreenkoms toegespits. Eeue lank word reeds gemaan teen die gemak waarmee
hierdie regsfiguur misbruik kan word
om 'n toedrag van sake te bewerkstellig wat
regtens óf ongeoorloof óf onmoontlik is óf wat daarop gemik
is om
derdes te mislei óf om skuldeisers te benadeel (vgl Sonnekus
1979
TSAR 45).
So ook in ons hedendaagse reg (Orson v Reynolds
(1885) 2 Buch AC 102
;
Lighter and Co v Edwards
1907 TS 442
, 445; Zandberg v Van Zyl
1910 AD 302
,
308-9; Goldinger's Trustee v Whitelaw & Son supra 73-75, 82, 86, 89, 98;
Katz v Dreyer's Trustee
1920 AD 454
; K & D Motors v Wessels
1949 (1) SA 1
(A) 13-14; Delport v Strydom
1977 (3) SA 325
(0); Vasco Dry Cleaners v
9
Twycross supra 610F-H). Waar daar in die beslissings telkens na die bona
fides van die partye verwys word, beteken dit nie dat bona
fides as 'n
afsonderlike vereiste vir constitutum possessorium beskou word nie -dit beteken
slegs dat daar noukeurig, omsigtig en
skepties na die omstandighede van die
causa gekyk word omdat constitutum possessoriunif wat in die stilligheid en
sonder enige uiterlike
verandering van regime plaasvind, so geredelik vir
misbruik vatbaar is. Op die keper beskou, is dit bloot 'n kwessie van bewys
(Zandberg
v Van Zyl
1910 AD 302
, 309).
Wat is in die onderhawige geval nou die
posisie?
Smit getuig dat hy deur Hoosain, 'n
motorhandelaar, genader is. Hoosain vertel hom van die BMW motorvoertuig wat hy
kwansuis vir sy
vrou wil koop. Maar die voertuig behoort reeds aan Hoosain. Al
wat Hoosain dus hoef te doen, is om die voertuig aan sy vrou te skenk.
Maar
daarvoor, getuig Smit, het Hoosain "nie self die geld
10
gehad nie en hy het toe vir my genader om die kar vir hom
te gaan finansier". Elders sê hy:
"Nou waarom was dit dan nodig om ' n bedrag van
R23 000,00 se finansiering te verkry? Hy was nie
finansieel sterk genoeg gewees om sommer net die kar vir sy vrou te gee nie,
daarom het hy vir my genader om die kar in sy naam te
f inansier wat hy dan nou
vir sy vrou gegee het om mee te ry. Ek meen, as hy finansieel sterk genoeg was,
dan sou hy seker vir sy
vrou die ding gegee het."
En nog
later:
"Hy het nie gesê hy wil dit aan haar skenk met ander
woorde nie of iets van die aard nie? Edelagbare,
ek is nou seker baie dom maar of hy dit nou vir haar gee om mee te ry of te
skenk, ek - dit kom seker maar op dieselfde neer.
Ons probeer net met presiesheid vasstel wat gesê is deur hom, mnr
Smit. Het hy gesê hy wil dit bloot omdat sy hou van
die kar en sy wil
daarmee ry, het hy gesê hy wil die kar vir haar gee, wat het hy
gesê? Wel, hy het gesê hy wil die kar vir
haar
gee om mee te ry, om ek meen mee te ...
(tussenbeide)
Maar u indruk was dat hy eienaar van die kar sou
bly? Ja, dit is reg."
Dié antwoorde maak nie sin nie. Hoosain het nie
die
Bank se geld nodig gehad om die voertuig aan sy vrou
te
skenk, nog minder om haar net die gebruik daarvan te gee
11
nie. Hoogstens kon hy bedoel het dat Motorworld dit nie kon bekostig om
'n voertuig waarvoor hy reeds betaal het, sonder meer uit
sy voorraad te onttrek
nie. Wat Hoosain dus van Smit wou gehad het, was 'n lening.
Dat dit
die oogmerk was, blyk reeds uit die eerste dokument, geteken op 3 Junie 1988 en
getiteld "Aansoek om paaiementskrediet", waarin
Hoosain sekere inligting aan die
Bank moes verskaf, onder meer ten opsigte van sy versekering. Smit was bereid om
aan Hoosain krediet
te verleen. Hulle bespreek toe hoe om dit te doen: Hoosain
verkoop die BMW teen kontant aan die Bank vir R23 000,00 en koop dit daarna
teen
dieselfde prys, met 'n deposito van R3 000,00 (wat uit die R23 000,00 gekom het)
en terugbetalings in paaiemente, finansieringskoste
inkluis, oor die maksimum
toelaatbare tydperk van 42 maande.
Die oorgang van eiendomsreg in die voertuig is nooit pertinent deur hulle
bespreek nie. Die Bank verlaat hom suiwer op die dokumentasie.
Hoosain moes 'n
faktuur
12
bring wat as bewys sou dien van die verkoping van die voertuig deur
Motorworld aan die Bank. Dit doen hy. Die faktuur is ook op 3
Junie 1988
geteken. Dit beskryf die " voertuig (met registrasienommer CA 222, 'n vals
nommer, soos dit later blyk) en lui dan: "To
be delivered on your behalf to Mr M
Hoosain". Dit beteken dat Hoosain, wat in besit was van die voertuig, dit namens
die Bank aan
homself moes lewer. Die leweringsdatum word ook ingevul as 3 Junie
1988. Hoosain teken die dokument in sy hoedanigheid as "salesman"
vir
Motorworld, as "proprietor" van Motorworld wat die transaksie bekragtig, en
sommer ook namens die "purchaser". (Die dokument,
te oordeel aan sy bewoording,
was eintlik onvanpas. Dit was bestem as 'n dokument wat uitgemaak word aan en
geteken word deur 'n
gewone koper, wat dalk 'n ander motor as deel van die
koopsom inruil, en nie deur ' n bank wat finansiering in die vorm van 'n lening
verskaf nie.)
Die Bank het ook met sy eie dokument vorendag
gekom,
13
gerig aan "Motorworld" as "verskaffer", ook geteken 3
Junie
1988, wat begin met die woorde: "Ons sal dit
waardeer indien u die
ondergenoemde goedere ("die
goedere") ten laste van ons rekening aan
N Hoosain sal
lewer". Dan volg 'n beskrywing van die voertuig (weer
met die
vals registrasienommer) en van die prys
(R23 000,00 avb uitgesluit). Dit is onderteken deur Smit
namens die Bank en deur Hoosain in sy verskillende
hoedanighede: eerstens as "voornemende krediet-
opnemer/huurder" en tweedens, namens Motorworld, as
verskaffer. Die dokument bepaal onder meer:
"Ek bevestig verder dat ek die goedere by die Verskaffer uitgekies het met
die doel om 'n afbetalingsverkoopooreenkoms/huurooreenkoms
ten opsigte daarvan
("die transaksie") met die bank aan te gaan."
Onder die
"voorwaardes" verskyn dan die volgende:
"2. "Die faktuur/fakture moet aan die Bank Windhoek Beperk uitgemaak word
en die eiendomsreg in die goedere gaan op die Bank oor by
betaling van die
totale prys hierbo genoem en na lewering van die goedere soos hierbo
bepaal.
3. Waar van toepassing, moet alle registrasie- en
14
alle tersaaklike dokumente behoorlik voltooi en teen betaling van die
totale koopprys hierbo genoem, aan die bank oorhandig word."
Op dieselfde datum, 3 Junie 1988, word 'n
verdere
dokument deur Smit namens die bank en deur
Hoosain as
kredietopnemer onderteken, getiteld
"Afbetalingsverkoop-
ooreenkoms". Onder die tersaaklike bepalings is die
volgende:
"B (vi) die goedere gewoonlik by die volgende perseel gehou sal word: 32
Abraham Catz Avenue..." (dws Hoosain se woonadres).
"2. Die goedere is of sal op versoek van die
Kredietopnemer deur die Kredietgewer van die verskaffer daarvan gekoop word
met die doel om dit aan die Kredietopnemer te verkoop
kragtens hierdie
ooreenkoms en die Kredietopnemer neem op sy koste namens die Kredietgewer
lewering van die goedere van die verskaffer
daarvan ten einde die Kredietgewer
se eiendomsreg in die goedere te vestig.
3. Die eiendomsreg van die goedere sal nie op die Kredietopnemer oorgaan nie
alvorens alle bedrae wat deur hom in verband met hierdie
transaksie aan die
Kredietgewer verskuldig is of mag raak, ten volle betaald is: Met dien verstande
dat die Kredietgewer eienaar
van die goedere sal bly indien hierdie transaksie
beëindig word kragtens artikel 6C of 6D van die Wet op Beperking en
Bekendmaking
van Finansieringskoste, 1968 ("die Wet") of kragtens 13
hierna."
15
"8. Vir solank hierdie ooreenkoms van krag is, moet die Kredietopnemer
-
(a) die goedere gewoonlik hou by die perseel deur die Kredietopnemer in sy
verklaring in hierdie ooreenkoms genoem of by sodanige
ander perseel waarvan hy
die Kredietgewer vooraf of per geregistreerde pos in kennis gestel het, welke
kennisgewing ook die naam
en adres van die verhuurder (indien enige) van
sodanige ander perseel moet vermeld;
(d) die goedere vry hou van die vestiging van saaklike of enige ander regte
deur derdes en mag hy ook nie die goedere op enige wyse
vervreem nie; (9) op eie
koste die goedere registreer en lisensieer en dit verseker kragtens die Wet op
Verpligte Motorvoertuigversekering,
1972, (indien van toepassing), dit
alomvattend verseker vir die redelike vervangingswaarde daarvan van tyd tot tyd,
welke waarde
die Kredietgewer geregtig (maar nie verplig nie) sal wees om
volgens goeddunke te bepaal, of vir sodanige ander waarde as wat die
Kredietgewer skriftelik mag goedkeur, sorg dra dat die Kredietgewer se belang in
die goedere op die betrokke versekeringspolis genoteer
word of na keuse van die
Kredietgewer, sodanige polis aan die Kredietgewer sedeer as sekuriteit vir enige
bedrag wat deur die Kredietopnemer
in verband met hierdie transaksie aan die
Kredietgewer verskuldig mag wees;"
Dié soort dokument is klaarblyklik bestem vir
die
geval waar die Bank 'n voertuig by een verskaffer
koop
met die oogmerk om dit weer aan 'n ander klant te
verkoop
16
aan wie die verskaffer die voertuig in opdrag van die Bank moet
lewer.
Uit die dokumentasie, saamgelees met Smit se getuienis, is
dit klinkklaar dat Hoosain geld by die Bank nodig gehad het en die voertuig
as
'n vorm van sekuriteit wou aanwend. Hy kon die voertuig natuurlik as 'n pand in
besit van die Bank laat. Maar dit sou nóg
vir Hoosain nóg vir die
Bank pas. Gevolglik is 'n ander plan bedink. En dit was om 'n geykte skema aan
te pas waarvolgens
die aankoop van 'n voertuig gebruiklikerwys gefinansier word:
'n voornemende koper leen geld by 'n bank om 'n voertuig mee te koop;
die bank
koop die voertuig teen kontant by die verskaffer; verkoop dit op sy beurt teen
krediet aan die voornemende koper, met voorbehoud
van eiendomsreg; en die
verskaffer lewer die voertuig namens die bank direk aan die koper. Met so 'n
transaksie is daar op die oog
af geen fout te vind nie: die bank koop die
voertuig by een party aan om dit weer teen ' n wins aan ' n ander
17
party te verkoop; die bedoeling van sowel die verskaffer
as
die bank is dat volle eiendomsreg op die bank oorgaan.
In die onderhawige geval is dit heel anders. Die Bank
koop
die voertuig by Hoosain se f irma aan net om dit as
't ware in een asem weer aan Hoosain self te verkoop.
Smit word gevra;
"En in daardie omstandighede, meneer, het u gefinansier 'n transaksie wat in
wese 'n verkoping
deur die koper aan homself was? Ja, ek weet nie,
Edelagbare, hy stel nou die vraag snaaks vir my, hoe om die vraag te
beantwoord nie. ' n Feit van die saak is ek het vir hom finansiering
op 'n
voertuig gegee.
En die verkoper was? Motorworld.
En wie is Motorworld? Mnr Hoosain was die
alleeneienaar.
Van Motorworld? Dis reg.
Motorworld is nie 'n maatskappy nie? —- Nee.
En die koper was? Mnr Nasrudiene Hoosain.
So, dit was 'n finansiering waar die koper en die
verkoper dieselfde persoon was. ja, wat nie vir
my baie snaaks is nie."
Nooit was dit die bedoeling
van die Bank om self die
voertuig te bewaar of te gebruik of aan 'n derde te
verkwansel nie.
In K & D Motors v Wessels supra te 13-14 kontrasteer
18
Greenberg AR twee situasies. Eerstens:
"The mere fact that the reason for the parties' entering into a contract of
sale is that the seller required the use of money and
that the purchaser was
prepared to meet his requirement, may not necessarily mean that such a contract
will be regarded in law as
a secured loan and not as a contract of sale, even
though the purchaser does not wish to exercise the rights of using or reselling
the property and is bound by the contract to allow the use to the seller and to
return the property to the latter if certain conditions
are
performed."
In die onderhawige geval, anders as in die
gepostuleerde
geval, was daar niks in die ooreenkoms tussen die partye
dat Hoosain eers op teruggawe van die voertuig geregtig
sou wees "if certain conditions are performed." Hier het
hy nooit fisiese besit van die voertuig aan die Bank
afgestaan nie.
Die tweede situasie word soos volg omskryf:
"But in deciding whether an agreement which purports to be a contract of
sale is not a disguised contract of loan and pledge, it is
certainly relevant to
inquire whether the so-called purchaser requires the goods said to be bought
either for use or for re-sale,
and whether the seller wishes to dispose of the
goods or whether the seller merely requires financial accommodation, which the
purchaser
is prepared temporarily to advance but not without
some
19
form of assurance of repayment other than the financial stability of the
seller. If the latter is the case, and not the former, it
is some indication
that the transaction is one of loan and pledge."
So ook
hier. Dit was suiwer 'n metode om die voertuig as
saaklike
sekuriteit aan te wend ten einde die lening wat
die Bank aan Hoosain
maak, te verseker. Die koopprys van
R23 000,00 is dan ook bereken
aan die hand van die
mediaan-waarde van daardie model voertuig in
die
motorbedryf, sonder inagneming van wat Hoosein self
daarvoor betaal het.
Die verhoorhof beslis:
"Die totaliteit van Smit se getuienis, die manier waarop die transaksie
hanteer is, die koopprys en die ander terme van die afbetalingsverkoopooreenkoms
dui na my mening alles op 'n werklike bedoeling om die verkoping te finansier
deur middel van afbetalingsverkoopooreenkoms tussen
eiser en Hoosain. Dit is na
my mening ook nie onwaarskynlik dat Hoosain bedoel het om die finansiering so te
reël nie. Dit word
gewoonlik in die handel so gedoen."
Die hof a quo se teenstrydige benadering blyk
uit
die volgende aanhaling:
"Smit's intention, on his evidence was to enter into
20
a genuine contract of sale. Hoosain's actions show the contrary. The failure
to register the vehicle in his name falls into this category,
and negates any
real intention by Hoosain to hold on respon-dent's behalf. All these factors
referred to and submitted for consideration
on the respondent's behalf tend, in
my view, to show what Hoosain's state of mind was when he submitted the
documents with fraudulent
information to the respondent for consideration and
the alleged subseguent sale."
Mens kan aanvaar, soos beide howe bevind het,
dat
Smit opreg was. Met Hoosain was dit anders gesteld.
Hy
is oorlede en kon dus nie getuig nie. Maar dat hy
die
voertuig vir sy vrou wou aanskaf, was op
die
waarskynlikhede bloot oëverblindery. Sy optrede
spreek
daarteen. Strydig met sy ooreenkoms met die Bank,
beskou
hy dit as deel van sy handelsvoorraad,, dit word nie op sy
of sy vrou se naam geregistreer of verseker nie, hy
betaal nie die verkoopbelasting nie en, les bes, neem hy
dit 'n skamele dertien dae later na die tweede respondent
aan wie hy dit verkwansel. Sy optrede getuig van 'n
voorneme om vanuit die staanspoor teenoor die Bank
kontrakbreuk te pleeg, in die stellige vertroue dat dit
21
nooit op die lappe sou kom nie. Het hy nie gesterf nie, sou sy plan goed
moontlik geslaag het, aangesien Hoosain wel deurentyd sy
paaiementverpligtinge
teenoor die Bank betyds en volkome nagekom het. Te gelegener tyd, so vermoed
mens, sou hy die volle bedrag
wat verskuldig was vereffen het en dan sou hy,
deur middel van traditio brevi manu, eienaar van die voertuig geword het sodat
die
titel van die tweede respondent (of enige latere koper) nooit in gedrang sou
gekom het nie. Dan het geen haan daarna gekraai nie.
Inmiddels sou Hoosain die
voordeel geniet het van 'n aansienlike kontantvloei: in die eerste plaas het hy
R23 000,00 van die Bank
ontvang, waarvan hy R3 000,00 weer by wyse van 'n sg
deposito op die terugkoop moes afstaan; kort daarna verkoop hy dieselfde
voertuig
aan die tweede respondent vir R20 000,00. Op dié wyse het hy,
met gebruikmaking van die voertuig as gewaande sekuriteitsobjek,
op die kort
termyn R40 000,00 in die hande gekry teënoor 'n
22
verpligting om die koopprys met finansieringskoste oor 42 maande terug te
betaal.
Kortom, vanuit Smit se oogpunt beskou was die transaksie,
ingeklee as 'n koop en terugkoop, 'n bona fide poging om 'n lening aan Hoosain
te verleen teen die sekuriteit van die voertuig, sonder dat die Bank besit
daarvan hoef te neem; Hoosain het 'n soortgelyke strewe
gehad maar onder die
voorwendsel dat hy die voertuig vir sy vrou wou aanskaf.
En as dit so is, was die transaksie op die keper beskou niks anders as 'n
poging, eerlik aan die kant van Smit, minder eerlik aan
die kant van Hoosain, om
'n vorm van beperkte saaklike sekerheid, oftewel besitlose pandgewing, ter
versekering van 'n lening te
bewerkstellig nie. Regtens deug dit nie. Daar mag
in die handelsverkeer 'n behoefte bestaan vir die erkenning van 'n vorm van
besitlose
pandgewing (sien Van der Merwe a.w. 688-695; Sonnekus a.w. 137-139),
maar soos sake
23
tans staan, is dit nie ons reg nie. En as die partye in werklikheid
pandgewing bedoel het, kon hulle ook nie die oorgang van eiendomsreg
in gedagte
gehad het nie want pand en eiendom kan nie tegelyk in een hand saamgevat word
nie. En as hulle nie die oorgang van eiendomsreg
in gedagte gehad het nie, het
hulle ook nie die bedoeling gehad dat Hoosain die saak nie meer vir homself nie,
maar ten behoewe van
die Bank besit.
Na my mening het die Bank, ondanks die dokumentasie in sy guns wat
oënskynlik op die verkoping en lewering van die voertuig aan
hom dui, nie
bewys dat eiendomsreg van die voertuig met die eerste transaksie op hom
oorgegaan het nie. Hy kan hom dus nie op sy
rei vindicatio teenoor die eerste
respondent beroep nie. Anders as wat tydens betoog voor hierdie hof namens die
respondente toegegee
is, sou hy hom ook nie teenoor Hoosain of sy boedel op 'n
rei vindicatio kon beroep het nie. Hy het denkbaar wel 'n eis teen die
boedel op
grond
24
van Hoosain se kontrakbreuk maar dit is iets anders wat nie nou ter sake
is nie.
So gesien kom die kwessie van estoppel nie ter sprake nie.
Wat koste betref, gaan ek met die uitspraak van Harms Wnd AR akkoord. In
die gevolg stem ek dus saam dat die appél met koste
van die hand gewys
word.
P M NIENABER AR HARMS Wnd AR stem saam.
UITSPRAAK
HARMS, Wnd AR:
Hierdie uitspraak handel net met die kwessie van koste. Wat dit betref
verg die posisie van Adams,
2
die tweede respondent, spesiale aandag. Die Bank, die appellant, se eis,
ook om gedingskoste, was slegs teen Rajie, die eerste respondent,
gerig. Rajie
het dan ook gepleit dat hierdie eis met koste afgewys moes word. Die Bank het
nooit met Adams in geding getree of vir
'n kostebevel teen hom gevra nie. Adams
het egter in sy pleit gevra dat die Bank se eis met koste van die hand gewys
moet word.
In die hof van eerste instansie het Kühn Wnd R die Bank gelyk gegee
en gelas dat Rajie die Bank se gedingskoste moet betaal.
Die hof kon nie, in die
omstandighede, gelas dat Adams moet deel aan hierdie kostelas nie. Die resultaat
was dat Adams sy eie koste
moes dra. Tot op daardie stadium was die twee
verweerders deur afsonderlike prokureurs en advokate verteenwoordig
gewees.
Met die oog op die appèl na die volle hof het die twee respondente
van een prokureur en een
3
advokaat gebruik gemaak. Die kennisgewing van appèl was,
byvoorbeeld, 'n gesamentlike kennisgewing wat deur een prokureur onderteken
is.
Die volle hof het, wat koste betref, nie 'n beredeneerde uitspraak
gelewer nie maar het gelas dat die Bank die koste van appél
en die
verhoorkoste van Rajie moet betaal terwyl verder bepaal is dat geen bevel ten
aansien van Adams se koste gemaak word nie.
Die Bank het aansoek om spesiale verlof tot appèl aan die
Hoofregter gerig en hierdie aansoek is toegestaan. Adams het daarop,
onder die
waan dat hy 'n reg van kruisappèl het, 'n kennisgewing van
kruisappèl geliasseer waarin hy die volle hof
se kostebevel in geskil
geplaas het. Sy saak is, volgens die kennisgewing, dat die Bank gelas moet word
om sy koste in sowel die
verhoorhof as die volle hof te betaal.
Voor hierdie hof is die respondente weer deur verskillende prokureurs en
advokate verteenwoordig.
4
Tydens betoog is die advokate se aandag daarop gevestig dat die
teenappèl onontvanklik is omdat die nodige spesiale verlof
daartoe nie
verleen is nie: art 20(4) (a) van die Hooggeregshofwet 59 van 1959;
Goodrich
v Botha & Others
1954 (2) SA 540
(A). Adams is daarop geleentheid gebied
om 'n petisie tesame met 'n aansoek om kondonasie in te dien ten einde hierdie
probleem te
ondervang. Die petisie is na die aanhoor van die appèl
geliasseer en die Bank het 'n bestrydende beedigde verklaring ingedien.
Wat
vervolgens oorweeg moet word, is of Adams 'n saak vir spesiale verlof uitgemaak
het. In hierdie verband is die beginsels wat
geld in
Westinqhouse Brake &
Equipment (Pty) Ltd v Bilqer Enqineerinq (Pty) Ltd
1986 (2) SA 555
(A)
564H-565E uiteengesit. Daaruit blyk dit dat die begrip "spesiale verlof" nie 'n
vaste inhoud het nie maar dat "an applicant for
special leave to appeal must
show, in addition to the ordinary requirement of reasonable
5
prospects of success, that there are special circumstances which merit a
further appeal tp the Appellate Division". Dit volg nie dat
spesiale verlof t a
v 'n voorgenome kruisappèl toegestaan moet word bloot omdat dit t a v die
appèl toegestaan is nie
-elkeen staan op sy eie bene. Dit volg ook nie
dat, wat 'n diskresionêre aangeleentheid betref, as hierdie hof van
oordeel
is dat 'n ander bevel moontlik gepas sou wees, spesiale verlof verleen
kan word nie. Die feit dat die hof van appèl se bevoegdheid
tot inmenging
beperk is, moet ook in gedagte gehou word.
Ten eerste die koste in die volle hof: Ek het daarop gewys dat die
respondente op daardie stadium deur dieselfde prokureur en dieselfde
advokaat
verteenwoordig was. Daar is dus slegs een stel koste (met uitsondering van
moontlik enkele onbenullige items). Die Bank
is gelas om Rajie se koste te
betaal. Dit sal al die takseerbare koste van die rekord en die
6
verskyning insluit. Die bevel van die volle hof is dus, in hierdie opsig,
nie onredelik nie en regverdig nie 'n spesiale verlof tot
appêl
nie.
Wat die verhoorkoste betref, is die aangeleentheid ietwat moeiliker,
veral omdat die volle hof nie sy redes vir die bevel geopenbaar
het nie. Ek glo
egter dat daar, weens die redes wat volg, ook in hierdie geval geen spesiale
faktore aangedui is wat verlof regverdig
nie. Die vraag is nie of hierdie hof 'n
ander bevel sou gemaak het as dit sy oordeel is nie maar of daar nie tog 'n
redelike basis
bestaan het op grond waarvan die volle hof Adams sy koste kon
ontneem het nie.
Waarom het Adams tot die geding toegetree? Namens hom is betoog dat as 'n
koper deur uitwinning bedreig word, kan hy sy verkoper in
kennis stel en
dié is dan bevoeg om óf die verweer oor te neem, óf om as
mede-verweerder toe te tree óf
om getuienis ter
7
verdediging van die eis te verskaf: vgl
Lammers & Lammers v
Giovannoni
1955 (3) SA 385
(A) 391 B-G. Die reg van toetrede is daaraan toe
te skryf dat dit die verkoper in staat stel om sy waarborg teen uitwinning
gestand
te doen en ook omdat die uitslag van die geding konsekwensies vir hom
inhou: vgl
York & Co (Pvt) Ltd v Jones NO
(1)
1962 (1) SA 65
(SR) 68
D-F. Maar, as hy as addisionele party toetree, "an innocent plaintiff might well
object successfully against being compelled
to incur the additional cost
incurred by the introduction of a second antagonist":
MacKeurtan Sale of
Goods in SA
, 5e uitg., p 171. Wat egter uit die oog verloor is, is dat daar
geen regsband tussen die twee respondente bestaan nie aangesien daar
'n
tussenkoper was:
Louis Botha Motors v James and Slabbert Motors (Pty) Ltd
1983 (3) SA 793
(A) 800G-801C. Vir Adams kon daar nie enige regsgevolge
voortgevloei het as hy nie toegetree het en die Bank se aksie sou geslaag
het
nie -
8
die tussenkoper sou teen hom tnoes bewys het dat Hoosain die eienaar van
die BMW was. Die volle hof kon dus geoordeel het dat daar
nie voldoende gronde
was waarom Adams homself laat voeg het nie. Ek is gevolglik nie daarvan oortuig
dat daar wel faktore bestaan
wat spesiale verlof regverdig nie en ek sou die
petisie met koste van die hand wys.
Met die koste van die huidige appèl is dit anders gesteld. Hierdie
hof het 'n onafhanklike diskresie om uit te oefen. Die respondente
het vir
doeleindes van dié verrigtinge weer van onafhanklike
regsverteenwoordigers gebruik gemaak. Dit is nie namens die Bank
betoog dat
Adams, indien suksesvol, nie op die gebruiklike kostebevel geregtig is nie. Hy
was t a v die meriete van die appèl
suksesvol in die hof a
quo
en
dit was gebillik om koste aan te gaan ten einde die
status quo
te probeer
handhaaf.
9
L T C HARMS WAARNEMENDE APPèLREGTE