About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 147
|
|
S v Van Rhyn and Another (651/92) [1993] ZASCA 147 (28 September 1993)
SAAKNOMMER: 651/92
J VD M
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPêLAFDELING
)
In die saak tussen:
JACOBUS VAN RHYN
Eerste
Appellant
OCKERT DANIëL OOSTHUIZEN
Tweede
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: SMALBERGER, GOLDSTONE, ARR et HARMS,
Wnd AR
VERHOORDATUM
: 21 SEPTEMBER
1993
LEWERINGSDATUM
: 28 SEPTEMBER 1993
UITSPRAAK
HARMS, Wnd AR:
Die twee appellante het voor die streekhof te Pretoria op 'n aanklag van
bedrog tereggestaan. Die
2
saak teen hulle was dat hulle op 20 Februarie 1989 aan mnr Peter Letsiye
("die klaer") valslik voorgegee het dat hulle 'n motorvoertuig
vir R19 000 aan
hom sou verkoop en dat hulle die klaer daardeur beweeg het om aan hulle 'n
deposito van R5 000 te betaal terwyl hulle
geen voorneme gehad het om die
voertuig aan hom te verkoop nie. Die verhoor het op 13 Maart 1989 begin en na 26
verskynings op 22
April 1991 geëindig toe die appellante skuldig bevind is
soos aangekla en tot vyf en twee jaar gevangenisskap respektiewelik
gevonnis is.
Die eerste appellant ("Van Rhyn") het twee dae later 'n appèl teen die
meriete geliaseer terwyl die tweede appellant
("Oosthuizen") op 13 Mei 1991
appél teen sowel sy skuldigbevinding as vonnis aangeteken het. Op 27
September 1991 is Van Rhyn
se kennisgewing van appèl gewysig deur onder
andere ook 'n appèl teen die vonnis te rig. Die appellante se betoogpunte
vir die appèl in die Transvaalse Provinsiale Afdeling is dieselfde
dag
3
gedateer. Die datum vir die aanhoor van daardie appèl was 28
Oktober 1991. Die verhoor van die appèl is
vermoedelik
uitgestel en dit het die appellante in staat gestel om op 22 Januarie 1992 -
presies nege maande na die skuldigbevinding
en vonnis en kort na die landdros se
afsterwe - 'n hersieningsaansoek gegrond op die bewering dat die streeklanddros
nie verstandelik
of fisies in staat was om die verhoor te behartig nie, te rig.
Hierdie aansoek en die appêl is deur Hartzenberg R (met wie
J J Strydom R
saamgestem het) afgewys en daardie hof het verlof tot die huidige appèl
verleen.
By die aanvang van die verhoor van hierdie appèl het adv
Kotzé, wat namens beide appellante opgetree het, die hof meegedeel
dat
Van Rhyn 'n voortvlugtende voor die gereg is - hy het sy borgvoorwaardes
verbreek en die land verlaat. Dit beteken dat Van Rhyn
sy
locus standi
om
die appèl te kan voortsit, verbeur het. Sien
Mulliqan v Mulligan
1925
4
WLD 164. Normaalweg word 'n appél onder sodanige omstandighede van
die rol geskrap. Sien
S v Nkosi
1963 (4) SA 87
(T);
S v Molotsi en
Andere
1976 (2) SA 404
(0);
Herf v Germani
1978 (1) SA 440
(T) 450
A-C. Kragtens Appélhofreël 7(3) word 'n appél weens
nie-voortsetting afgewys as 'n appellant sou versuim
om persoonlik of deur 'n
advokaat by die appél te verskyn. Die hof het egter in hierdie verband 'n
diskresie. Hoewel adv Kotzé
fisies vir Van Rhyn verteenwoordig het en
tydens die gepoogde appêl teenwoordig was, kon hy natuurlik nie namens Van
Rhyn optree
nie omdat Van Rhyn nie meer
locus standi
gehad het nie. Dit
is net so goed soos 'n geval van nie-verskyning. Hierdie reël is dus van
toepassing en omdat geen gronde
aangevoer is waarom die appêl vanweë
voorgaande nie afgewys moet word nie, behoort dit na my oordeel afgewys te word.
Vgl
S v Isaacs
1968 (2) SA 184
(A);
S v Moshesh & Others
1973
(3) SA 962
(A). Dit moet egter onmiddellik gemeld word
5
dat die meriete van die twee appellante se saak identies is en dat wat
hierna oor Oosthuizen se appèl gesê word, ook
van toepassing sou
wees op Van Rhyn s' n indien dit behoorlik voor ons was.
Ek handel
ten eerste met die appél teen die afwysing van die hersieningsaansoek.
Soos reeds gemeld, was die aansoek op die
landdros se fisiese en
geestesonvermoë om die appellante 'n billike verhoor te laat toekom,
gebaseer. Tydens betoog het adv
Kotzé dit duidelik gestel dat hy nie wil
betoog dat die landdros aan enige geestesonvermoë gely het nie. Daardie
toegewing
is tereg gemaak. Die betoog wat oorgebly het, en soos ek dit verstaan
het, was dat die landdros homself moes rekuseer omdat, objektief
gesien, dit
gelyk het asof hy nie bevoeg is om sy funksie uit te oefen nie. Ek sai
veronderstel dat die advokaat op hierdie laat
stadium wel geregtig is om met
hierdie frontverandering vorendag te kom. Om die betoog te
6
verstaan, is dit nodig om in besonderhede met die verloop van die
verrigtinge in die streekhof te handel.
Dis reeds gemeld dat daar
tot en met vonnisoplegging 26 hofverskynings was. Maar slegs by drie geleenthede
is getuienis gelei. Die
talle verskynings is hoofsaaklik deur die toedoen van
die appellante veroorsaak. Hulle het gedurende die verloop van die verhoor
bewus
geword van die feit dat die landdros aan breinkanker ly. Gereeld soos klokslag
het óf die een óf die ander, óf
albei, versuim om op die
voorgeskrewe tyd of hoegenaamd by die hof op te daag. Hulle was óf in die
destydse Suidwes-Afrika,
óf in Swaziland, óf in Lesotho, óf
in hegtenis op ander aanklagte, óf siek en ongesteld. Daar kan weinig
twyfel wees dat hulle gehoop het dat hulle vertragingstaktiek daartoe sou lei
dat die landdros op een of ander stadium tou sou moes
opgooi. Maar ten spyte van
sy siekte het die landdros deurgedruk tot die einde en was hierdie die
7
laaste saak wat hy afgehandel het. Tydens die 25ste verskyning en in die
loop van 'n verdedigingsaansoek om uitstel, het die landdros
terloops gemeld dat
hy nie fisies in staat sou wees om ' n
ex tempore
-uitspraak te lewer nie
en dat hy verplig sou wees om sy uitspraak uit te skryf. By die daaropvolgende
verskyning het hy 'n geskrewe
uitspraak byderhand gehad en toe hy dit wou begin
voordra, het 'n hoesbui hom oorval. Hy het toe die geskrewe uitspraak ingehandig
en die appellante skuldig bevind. Daarna is getuienis ter strafversagting
aangebied, hierdie aspek is betoog en die landdros het
toe dermate herstel dat
hy 'n uitspraak uit die vuis oor vonnis kon lewer. Teen hierdie agtergrond is
betoog dat, in die oë
van die objektiewe litigant, die landdros onbekwaam
was om 'n billike verhoor te behartig. Hierdie betoog moet myns insiens afgewys
word. Die advokaat kon nie na enige fout in die
ex tempore
-uitspraak op
vonnis wys nie. Hoewel in
8
die beëdigde verklarings deur die appellante beweer is dat die
uitspraak op die meriete "ietwat onsamehangend" was, vind ek geen
bewyse daarvan
nie. Die landdros het wel een of twee wanvoorligtings ten aansien van die feite
begaan maar dit is nie betoog dat
hulle wesenlik was nie en, indien in gedagte
gehou word dat die verhoor oor 'n tydperk van twee jaar gestrek het en dat die
landdros
slegs sy notas ter beskikking gehad het, is dit verbasend dat hy nie
meer foute gemaak het nie.
Dis verder aan die hand gedoen dat die indruk van 'n verhoor deur 'n
onbevoegde regterlike beampte geskep is tydens die 25ste verskyning.
Op daardie
stadium is weereens aansoek om borg namens Oosthuizen gedoen. Die landdros het
onmiddellik te kenne gegee dat hy nie borg
gaan toestaan nie omdat hy te veel
met die appellante gesukkel het en aan die einde van sy geduld gekom het.
Hierdie stelling van
die landdros moet nie in isolasie gesien word nie. Reeds
by
9
die 12de verskyning het die landdros die appellante gewaarsku dat hulle
herhaalde verbreking van die borgvoorwaardes en hulle versuim
om die hof by te
woon daartoe sal lei dat hy nie verdere borg aan hulle sal toestaan nie.
Oosthuizen was daarna by ten minste verskynings
nrs 20, 21 en 24 afwesig en op
dié betrokke dag weer laat. Sy borg was toe reeds verbeurd verklaar en hy
moes dus in hegtenis
bly. Teen daardie agtergrond is aansoek om borg gedoen. Die
landdros se reaksie was onder die omstandighede verstaanbaar. En ten
spyte van
wat hy gesê het, het hy die borgaansoek aangehoor en toe, myns insiens
tereg, afgewys. Soos ook ten aansien van al
die ander besware wat teen die
landdros geopper is, het die prokureur nooit 'n aansoek om rekusering geloods
nie. Die onvermydelike
indruk van die feit dat die hersieningsaansoek eers nege
maande na oplegging van vonnis geliasseer is, is dan ook dat dit 'n blote
nagedagte was. Die beweerde probleme
10
wat uit die rekord blyk, is ook nie in enige kennisgewing van
appél of in die oorspronklike betoogpunte in dle hof
a quo
geopper
nie.
'n Verdere grond van beweerde skyn van onbevoegdheid is dat die
landdros na skuldigbevinding daarop aangedring het dat die vonnisondersoek
onmiddellik afgehandel moes word en, volgens die appeliante, hulle prokureur
aangejaag het. Nie alleen was die landdros se houding
myns insiens redelik nie
maar die prokureur se eie standpunt was dat hy die saak wou afhandel en dat hy
kort sou wees. Ek moet daarop
dui dat die appellante nooit beweer het dat hulle
deur hierdie sogenaamde vinnig vonnisondersoek benadeel is nie. Hulie het
getuig,
die landdros het hulle nooit onderbreek nie en hulle prokureur het
betoog. Hy sê nie dat hy nie sy volle betoog voorgelê
het of kon
voorlê nie.
Dit is reeds gemeld dat dit die Staat se
11
saak was dat die appellante deur mlddel van bedrog R5 000 vanaf die klaer
ontvang het. Dit was deurgaans die appellante se saak dat
hulle begerig en
gewillig was om daardie bedrag terug te betaal omdat die
causa
vir die
betaling weggeval het. Dit word deur die appellante beweer dat die landdros druk
op hulle prokureur en op hulle geplaas het
om toe te sien dat hulle hierdie geld
terugbetaal en dat hy selfs tydens 'n geleentheid in sy kantoor sou gesê
het dat die
Staat die vervolging sou staak indien die geld terugbetaal sou word.
Dit is nie duidelik of hierdie gebeure, volgens die betoog,
op vooroordeel of
onbekwaamheid sou dui en of dit gebeure is wat die landdros sou genoop het om
homself te rekuseer nie. Hoe dit
ookal sy, die submissie is nie op al die
tersaaklike feite gebaseer nie. Reeds op 6 Junie 1989 en tydens die sesde
verskyning het
die appellante in hulle pleitverduideliking (valslik, soos later
sou blyk)
12
beweer dat hulle vantevore reeds die R5 000 teruggetender het. Hulle het
toe ook die tender "herhaal". Tydens die daaropvolgende verskyning
- in die loop
van kruis-ondervraging deur die prokureur van die klaer - het die prokureur
namens die appellante teenoor die klaer
onderneem om op 6 September 1989 die
geld aan hom terug te betaal. Die klaer het by die afgespreekte plek op die
afgespreekte datum
opgedaag maar die belof te is nie nagekom nie. Meer as ' n
jaar na die aanbod en wel op 29 Junie 1989 is die aanbod in die ope hof
herhaal
maar dié keer, na ondervraging deur die landdros, het dit rente teen 'n
markverwante koers ingesluit. Hierna (ons
weet nie wanneer nle) is die
aangeleentheid in die landdros se kantoor geopper. Die omstandighede waaronder
dit gebeur het, is nie
uiteengesit nie. Hoe dit ookal sy, op daardie geleentheid
het die landdros aangedui dat as die klaer vergoed sou word die staat om
'n
staking van die
13
verrigtinge genader kon word en, indien dit nie suksesvol sou wees nie,
sou hy 'n ligter vonnis oorweeg. Die onderneming van 29 Junie
1990 is ook nie
gestand gedoen nie en op 13 Maart 1991 is dit weereens in die ope hof herhaal.
Op 25 Maart 1991 is dit ten dele nagekom
toe die kapitale bedrag terugbetaal is.
Van Rhyn het tydens sy getuienis ter strafversagting 'n bereidwilligheid om die
rente wat
hy herhaaldelik al beloof het, te betaal, uitgespreek. Op daardie
stadium het Oosthuizen egter reeds teruggegaan op sy onderneming
in die
pleitverduideliking uiteengesit en die maak daarvan inderdaad ontken. Na my
oordeel toon die landdros se optrede dat hy bereid
was om die appellante
tegemoet te kom. Dit is hulle wat hulle herhaaldelike onderneming verbreek het
en die landdros het tereg besef
dat hierdie nalate van die appellante, in die
geval van skuldigbevinding, 'n invloed op die vonnis sou hê. Ek vind geen
onreëlmatigheid
in sy optrede nie. Die
14
appellante se eintlike beswaar is dat die R5 000 terug betaal is en hulle
nogtans tronk toe is. Die landdros was klaarblyklik nie
tevrede dat hulle slegs
'n deel van hulle onderneming nagekom het nie, 'n siening wat 'n redelike
geregtelike beampte kan huldig.
Om op te som: Ek is oortuig dat,
subjektief gesproke, die appellante nooit die indruk gehad het dat hulle 'n
onbillike verhoor gehad
het nie. Daarbenewens, objektief gesproke, was die
landdros se gedrag, in die lig van die heersende omstandighede, gepas. Dit volg
dat die appél teen die afwysing van daardie aansoek nie kan slaag
nie.
Om dan met die skuldigbevinding te handel, was die Staatsaak
soos volg: Die appellante het langs die pad voertuie te koop aangebied.
Die
klaer het op 18 Februarie 1989 verby hul staanplek gery en hy het in die een
voertuig (wat die onderwerp van die aanklag is)
belanggestel. Op navraag is hy
meegedeel dat die
15
koopprys R19 000 is en na onderhandeling is mondeling ooreengekom dat 'n
deposito van R5 000 voldoende sou wees. Hy is meegedeel dat
die voertuie aan
Wesbank behoort, dat die appellante agente vir Wesbank is en dat die voertuie
namens Wesbank as teruggeneemde voertuie
verkoop word. 'n Afspraak vir Maandag
20 Februarie 1989 is gemaak en die appellante het toe by die klaer se werk
aangekom. Die appellante
het aangedui dat die stukke in 'n woongebied in
Pretoria voltooi sou moes word. Op navraag van die klaer waarom dit nie by
Wesbank
se kantoor kon geskied nie, het hulle gesê dat hulle eintlik van
Benoni is en dat hulle op daardie wyse hulle kommissie sou
verbeur. Stukke is
opgestel wat aandui dat Wesbank die verkoper is en waarvolgens die klaer aansoek
om krediet by Wesbank gedoen
het. Die appellante wou toe die R5 000 hê
maar die klaer het daarop aangedring dat dit in Wesbank se kantoor moes geskied.
Hulle het toe dieselfde vrees uitgespreek en
16
as gevolg daarvan het die klaer voorgestel dat hulle na 'n polisiekantoor
gaan sodat die geld daar oorhandig kon word en dat hy 'n
kwitansie in die vorm
van 'n beëdigde verklaring kon kry. Die appellante het ingestem en dit het
gebeur. Die afspraak is toe
gemaak dat die voertuig die volgende dag afgelewer
sou word. Dit het nie gebeur nie. Die appellante het verdwyn en op ongeveer 4
Maart 1989 het hulle hierdie voertuig aan mnr Stevens Ndlovu vir R16 000 te koop
aangebied. Hulle het ook aan hom gesê dat
hulle vir Wesbank werk. Op 7
Maart 1989 het hulle die voertuig by Ndlovu gelaat want hy wou dit koop. Hulle
is op 10 Maart 1989 gearresteer
na aanleiding van 'n klag wat die klaer
gelê het en Ndlovu het die voertuig die daaropvolgende dag aan die polisie
oorhandig.
Die appellante het 'n gesamentlike pleitverduideliking verskaf.
Daarvolgens het hulle as agente van ene Botha die voertuig aan die
klaer
verkoop
17
en R5 000 ontvang. Voordat hulle die klaer se aansoek
om
finansiering by Wesbank kon inhandig, is die vorm deur ene Barnard gekonfiskeer.
Hulle het beweer dat hulle altyd in staat was
om die voertuig te lewer en die
transaksie te finaliseer. Tydens getuienis het hulle saak wesenlike veranderings
ondergaan. Ek vind
dit nie nodig om met die detail daarvan te handel nie. Dit is
voldoende om op die volgende te wys: Volgens Van Rhyn se getuienis
het Botha
teruggeneemde voertuie namens of ten behoewe van Wesbank verkoop. Hierdie
voertuig was so 'n voertuig gewees. Die aflosbedrag
vir die voertuig was R20
000. Hulle het as agente opgetree. Vermoedelik moes hulle 'n kommissie verdien.
Nogtans het hulle die voertuig
vir minder as die aflosbedrag aan die klaer
verkoop. Die deposito wat hulle ontvang het, is in Van Rhyn se persoonlike
rekening inbetaal
en verbruik. Die bewering dat hulle nie die aansoek om
finansiering by Wesbank kon inhandig nie, mag moontlik
18
waar wees maar ook daaroor was daar meer as een weergawe. Geen
aanvaarbare verduideliking is gegee waarom hulle vanaf 21 Februarie
tot en met
hulle arres nie na die klaer se werkplek gegaan het nie. Die afleweringsdatum is
nie in geskil gestel nie. Tydens betoog
is dit nie voorgehou dat die landdros
gefouteer het deur die staatsgetuies se getuienis te glo en dié van die
appellante te
verwerp nie. Die landdros se bevinding dat die appellante
hulleself as agente van Wesbank voorgegee het, is weliswaar aangeval maar
daardie aanval het niks om die lyf nie. Afgesien van die klaer en Ndlovu is die
polisiebeampte wat die beëdigde verklaring wat
as kwitansie moes dien
beëdig het, se getuienis dat ook aan hom dieselfde bewering gemaak is. Ek
is dus tevredé dat die
skuldigbevinding van Oosthuizen in orde
is.
Wat vonnis betref, is Oosthuizen soos gemeld twee jaar gevangenisstraf
opgelê. Hy het meerdere
19
vorige veroordelings gehad maar al wat vir huidige doeleindes relevant
is, is twee skuldigbevindings gedurende 1986 of 1987 van bedrog
waar voertuie by
betrokke was. Ten tye van die pleeg van die onderhawige oortreding het daar 'n
opgeskorte vonnis van vier jaar oor
sy kop gehang. Dit was opgeskort op
voorwaarde dat hy nie skuldig bevind word aan onder andere bedrog gepleeg
gedurende die tydperk
van opskorting nie. Dit verduidelik waarskynlik die
verskil in vonnis wat die landdros tussen Van Rhyn en Oosthuizen getref het.
Hoe
dit ookal sy, geen wanvoorligting deur die landdros is aangetoon nie en
daarbenewens wek die vonnis nie 'n gevoel van skok nie.
Inderdaad is die vonnis
na my oordeel 'n gepaste vonnis in die omstandighede. (So ook wat Van Rhyn s'n
betref, dws as sy appèl
gedien het.)
Gevolglik word die volgende bevele gemaak:
20
(a)
Die eerste
appellant se appél word weens nie-voortsetting
afgewys.
(b)
Die tweede
appellant se appêl word afgewys.
L T
C HARMS WAARNEMENDE APPêLREGTER
SMALBERGER, AR )
) STEM SAAM GOLDSTONE, AR )