About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 146
|
|
S v Sekgola (169/92) [1993] ZASCA 146 (28 September 1993)
SAAKNOMMER 169/92
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPêLAFDELING
In die saak tussen:
WILLIAM SEKGOLA Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM
: BOTHA, KUMLEBEN et NIENABER ARR
VERHOOR
: 16 SEPTEMBER 1993
GELEWER
: 28 SEPTEMBER 1993
UITSPRAAK
NIENABER AR
2
Die appellant is in die Transvaalse Provinsiale
Afdeling ter
dood veroordeel. Die hof a quo (Van Dyk R
en twee assessore) het bevind dat
hy die oorledene eers
verkrag en toe vermoor het. Op die aanklag
van
verkragting is hy tot 12 jaar gevangenisstraf veroordeel;
op 'n klag
van roof is hy skuldig bevind aan diefstal en
tot vier jaar gevangenisstraf
gevonnis; en op die
moordklag is die doodvonnis opgelê. Kragtens
artikel
316A van die Strafproseswet 1977, dien slegs die
skuldigbevinding
en vonnis op die klag van moord tans
voor hierdie hof.
Die appellant het glad nie tydens die verhoor getuig nie, nóg met die
oog op die meriete van die saak, nóg met die oog
op vonnis. Maar hy het
wel twee bekentenisse gemaak, die toelaatbaarheid waarvan nie betwis is nie.
Daarbenewens het hy vryelik geantwoord
op vrae wat tydens die verrigtinge
kragtens artikel 119 van die Strafproseswet, 1977 aan hom gestel is. Uit
dié drie
3
relase, gelees met die getuienis wat namens die staat gelewer is en ander
feite wat gemeensaak was, kan mens die volgende wys word:
1. Die oorledene was 'n 18-jarige student, 1.57 m lank, 51,1 kg swaar, 'n
tingerige meisie. Sy het saam met haar gesin in hul huis
in Silverton, Pretoria,
gewoon. Die oggend van 27 Februarie 1991, so ongeveer 7h30, so getuig haar
moeder, is pa en ma en haar broers
en jonger sussie met die motor weg werk- en
skool-toe. Die oorledene was nog aan die slaap en het alleen in die huis
agtergebly.
Die deur van die motorhuis was effens oop; die motorhuis het direkte
toegang tot die hoofslaapkamer verleen; daardie deur was ook
nie gesluit
nie.
2. Die appellant, indertyd 20 jaar oud, het die
oggend in
die omgewing van die oorledene se huis
rondgedrentel op soek, sê hy op
een plek, na werk, en op
'n ander plek, na kos. Toe hy die oop garagedeur
4
gewaar, is hy daarin. In die gang loop hy die oorledene
raak.
3. Wat daarna gebeur het blyk uit sy eerste
bekentenis. Ek haal
aan:
"Ek het na die kamer gestap waar ek gesien het die meisie ingaan. Ek het toe 'n
Drie Ster mes uit my broeksak uitgehaal en die blanke
meisie daarmee gedreig.
Toe ek haar met die mes dreig het sy geskrik en ek het haar na die bed toe
getrek. Ek het haar broek uitgetrek
daarna het ek my broek uitgetrek en bo-op
haar geklim. Sy het begin skreeu. Ek het haar weer met die mes gedreig en daarna
het sy
stilgebly. Ek het toe gemeenskap met haar gehad.
Nadat ek
klaar was het ek 'n plastieksak oor haar kop getrek en haar voete met 'n geel
tou vasgemaak.
Ek het toe komberse gevat en bo-op haar gesit en weggeloop. Terwyl ek nog in
die huis was het ek 'n sigaret aangesteek. Ek het gehoor
dat die telefoon lui
maar het dit nie geantwoord nie. In die kamer was 'n 'Battery Charger'. Ek het
dit gevat en het toe die huis
verlaat."
4. Die oorledene se moeder het ongeveer 13h50 na
die huis teruggekeer. Sy het vroeër, ongeveer 8h30, huis
toe gebel maar daar was geen antwoord nie. (Dit kan goed
moontlik die oproep wees waarvan die appellant melding
5
maak). By haar aankoms het sy onmiddellik onraad gemerk.
Sy
het hul buurman, Van Heerden, geroep, wat die polisie
ontbied het en self die
huis in is. Dit was 'n warboel.
Laaie is uitgepluk en klerasie en beddegoed
het oral
rondgestrooi gelê. In die hoofslaapkamer het Van Heerden
op
die liggaam van die oorledene afgekom. Dit was
gedeeltelik met 'n duvet
bedek. Sy het op haar maag
gelê. Oor haar mond was 'n doek wat met 'n
mansdas deur
haar mond styfgetrek en agter haar kop as 't ware
vasgegespe
was. So styf was die das agter haar kop
vasgeknoop dat Van Heerden, menende
dat sy dalk nog kon
gelewe het, dit met 'n mes moes lossny. Haar
gewrigte
was agter haar rug vasgebind. Op die foto' s van die
rugkant van
haar naghemp was 'n skoenspoor duidelik
sigbaar. Mens kan bespiegel dat dit
is waar die
appellant moes vasgetrap het toe hy die knoop agter haar
nek
vasgetrek het. Haar enkels was ook met 'n koord
vasgebind. Haar gesig was
bebloed. Haar linkeroog was
6
blou en geswel. Om haar keel van voor was daar tekens
van verwurging. Van 'n plastieksak oor haar kop was daar egter geen teken
nie.
5. Heelparty artikels is uit die huis vermis.
Die enigste vrae wat voor hierdie hof dien is of die appellant behoorlik op
die moordklag skuldig bevind en ter dood veroordeel is.
Daar is betoog dat die appellant hoogstens aan
strafbare manslag, en nie aan moord nie, skuldig bevind
moes gewees het, aangesien die opset om te moor nie teen
hom bewys is nie. Die betoog berus in die eerste plaas
op die mediese getuienis. Die lykskouing is behartig
deur dr Loubser. In sy verslag word die oorsaak van dood
as "asfiksie" aangedui waarop soos volg in par (iv) van
sy verslag uitgebrei is:
" 'n Jong wit vrou met tekens van manuele verwurging sowel as tekens van 'n
binding wat deur die mond gestrek het en wat waarskynlik
die onderkaak na onder
sou vasgedruk het. 'n Lykskouingbevinding vereenselwigbaar met 'n asfiktiese
sterfwyse is gevind. Dit is nie
moontlik om op die waarskynlikhede standpunt in
te neem of die manuele
7
verwurging of die binding deur die mond die dodelike inwerking was nie. Die feit
dat fekale besmering plaasgevind het kan as 'n agonale
oorprikkeling van die
outonome senustelsel met 'n simpatiese respons gesien word. Met die gevolglike
fekale besmering van die perineum
sou 'n penetrasie kon plaasvind sonder dat
uitwendige merke gelaat was."
Dit was ook die strekking van sy getuienis.
Die betoog, as ek dit
reg begryp het, kom hierop neer:
(i) die oorsaak van dood is óf die "manuele verwurging" óf die
"binding deur die mond";
(ii) die "manuele verwurging" het plaasgevind ten einde die oorledene se
weerstand teen die verkragting te bowe te kom. Daarom moes
dit
vóór die verkragting gebeur het. En as dit voor die verkragting
gebeur het, dan was dit nie die oorsaak van die
dood van die oorledene nie en
dui dit in ieder geval nie op 'n bedoeling om haar dood te maak nie;
(iii) die werklike oorsaak van die dood was gevolglik die sg. "binding deur
die mond". Haar
8
onderkaak is vasgebind. Haar mond was oop. Op die oog
af sou sy dus nog kon asemhaal. Iemand so ongekunsteld
soos die appellant, sonder die deskundigheid van 'n dr
Loubser, sou nie noodwendig besef het dat sy op dié
manier kon versmoor nie. Gevolglik ontbreek dit aan
opset by die appellant. Maar hy behoort dit redelikerwys
te besef het. Daarom was hy nalatig en sou strafbare
mansiag die korrekte bevinding wees.
In dié betoog steek daar niks nie. Om mee te begin
bots dit met wat die appellant self in sy bekentenisse en
sy antwoorde tydens die artikel 119-verrigtinge gesê
het. In sy bekentenisse meld hy nie eens die verwurging
nie. Daarvolgens het hy die oorledene met 'n mes
gedreig. Sy antwoorde tydens die artikel 119-verrigtinge
verloop soos volg:
"HOF: Het u haar doodgemaak op daardie dag?
BESKULDIGDE: Ek het haar gewurg.
HOF: En was sy toe nadat u haar gewúrg het, dood?
BESKULDIGDE: Ek weet nie of sy daarna gesterf
het, want terwyl ek in die huis was, was sy nog
lewendig.
HOF: Hoe weet u dit?
9
BESKULDIGDE: Ek was later verbaas gewees toe die
polisie vir my genader
het en gesê het dat daardie
persoon oorlede is, maar sy was nog nie
oorlede toe,
terwyl ek in die huis was.
HOF: Bedoel u nadat u haar gewurg het, terwyl u nog
in die huis was?
BESKULDIGDE: Ek het haar hier voor by die keel
vasgehou, hy demonstreer met sy hand.
HOF: Het u haar gewurg met u hande?
BESKULDIGDE: Ek het haar met een hand teen haar
keel vasgegryp.
HOF: Was dit al waarmee u haar gewurg het?
BESKULDIGDE: Dit is nie al nie.
HOF: Nou waarmee het u haar nog gewurg?
BESKULDIGDE: Daarna het ek die komberse om haar kop
gesit.
HOF: Ja meneer, luister nou mooi wat ek vir u vra.
Het u haar by haar keel net met die een hand gewurg
of het u enige ander manier of item aangewend om
haar te wurg behalwe die een hand, antwoord nou eers
daardie vraag?
BESKULDIGDE: Ek het haar met een hand gewurg en
daarna het ek 'n plastiek se materiaal om haar
gesit, vasgesit en toe daarna haar met die komberse
toegemaak.
HOF: Net toegemaak of het u dit gedruk op haar
gesig?
BESKULDIGDE: Ek het haar net toegemaak.
HOF: Net haar gesig of haar liggaam ook?
BESKULDIGDE: Van die bene af tot by liggaam.
HOF: Het u haar so gewurg voor of nadat u met haar
gemeenskap gehad het?
BESKULDIGDE: Nee.
HOF: Op watter stadium het u haar gewurg?
BESKULDIGDE: Ek het eers vleeslike gemeenskap saam
met haar gehou en toe ek klaar gemaak het, het ek 'n
plastiese materiaal om haar kop, ek het die kop
10
sommer toegedraai en daarna die komberse op haar
gesit.
HOF: Wanneer het u haar gewurg, was dit tydens die
verkragting?
BESKULDIGDE: Nee, nadat ek vleeslike gemeenskap
saam met haar gehou het.
HOF: Wat het u gedoen nadat u haar met die kombers
toegegooi het?
BESKULDIGDE: Ek het haar net met die komberse
toegemaak en ek het toe my tabak aangesteek en toe
die batterylaaier geneem en toe weggeloop.
HOF: Hoekom het u haar gewurg?
BESKULDIGDE: Nee, ek het sommer haar gewurg, ek was
ook verbaas gewees nadat ek dit gedoen het.
HOF: Wat was die doel, weet u wat die doel was
hoekom u haar gewurg het?
BESKULDIGDE: Ek het ook daarna gedink, maar ek kon
nie ' n grondige rede kry waarom ek haar gewurg het
nie.
HOF: Het u bedoel om haar dood te maak?
BESKULDIGDE: Ek het geen bedoeling gehad om vir
haar dood te maak nie.
HOF: Het u enige rede gehad om haar te wurg?
BESKULDIGDE: Geen rede."
Uit dié aanhaling blyk die volgende:
(i) sy is met een hand gewurg;
(ii) anders as wat betoog is het
dit ná en nie voor die verkragting plaasgevind;
(iii) daarna het die
appellant die duvet oor die oorledene gegooi;
11
(iv) hy sê dat hy gedink het dat sy toe nog gelewe het;
(v) hy sê dat hy geen bedoeling gehad het om haar te vermoor nie.
Blykens die mediese getuienis is aansienlike geweld by sowel die "manuele
verwurging" as die "binding van die mond" gebruik. Trouens,
vir sover dr Loubser
nie op die waarskynlikhede kon bepaal watter van hierdie "inwerk-ings" die
asfiksie veroorsaak het nie, volg
dit dat elkeen potensieel fataal was. Sowel op
die mediese getuienis as op die appellant se eie relaas kon die verwurging,
anders
as wat betoog is, nie vóór die verkragting plaasgevind het
en kan dit gevolglik nie sommerso as oorsaak van die dood
ge-elimineer word,
soos betoog is nie.
Maar selfs al aanvaar mens die hipotese dat dit nie die verwurging was nie
maar die binding van die mond wat die eintlike oorsaak
van die dood van die
oorledene was,
12
baat dit die appellant nie. Die geweld waarmee en die wyse waarop dit geskied
het, dui op sigself op 'n vereenselwiging aan die kant
van die appellant met die
moontlikheid dat die oorledene in die loop daarvan sou sterf. Die afbind van die
onderkaak sou die lugweg,
vanweë die vasdruk van die tong, versper het.
Bowendien het die appellant 'n lap in die oorledene se mond ingeprop voordat hy
dit met die das afgebind het. Volgens dr Loubser was daar meerdere fisiologiese
tekens van 'n belemmering van haar asemhalingsproses.
Soos dr Loubser dit stel,
sy het teen weerstand asemgehaal. Weliswaar was die hioïedbeen nie gebreek
nie maar dit was te danke
aan 'n gewriggie in die linker groter horing van die
tongwortelbeentjie wat net in omtrent 5 persent van mense voorkom. Te oordeel
aan die tekens van die aanval op die oorledene het dr Loubser dit as "brutaal"
beskryf.
Wat die appellant nou juis met die verwurging van
13
voor en die afbind van die oorledene se mond van agter beoog het, weet mens
nie. Daaroor kan alleen maar bespiegel word. So ook oor
presies wanneer die
verwurging en die afbinding onderskeidelik plaasgevind het, of dit by een en
dieselfde geleentheid was of voor
of nadat die oorledene se gewrigte agter haar
rug en haar enkels vasgebind is. Na alle waarskynlikheid is dit alles gedoen om
haar
onskadelik te stel sodat hy die huis op sy eie goeie tyd en sonder enige
teenkanting kon deursoek. As dit so is, moes sy op die tydstip
toe haar gewrigte
en enkels vasgebind is óf nog gelewe het óf die appellant moes so
gedink het. Dat sy op die vloer
op haar maag gevind is, met die das agter haar
kop vasgeknoop en haar arms agter haar rug, dui daarop dat sy eers van voor
verwurg
en toe van agter vasgebind en so gelos is. En as dit gedoen is om haar
te verhoed om alarm te maak, spreek dit nie onteenseglik,
anders as wat die hof
a quo bevind het, van dolus directus nie. Die
14
hof a guo se bevinding dat die appellant die oorledene doelbewus versmoor het
om sy latere uitkenning te verhoed, is moeilik daarmee
te versoen dat hy haar
eers verwurg en daarna vasgebind het. Maar die gewelddadige manier waarop hy
haar mond toegebind het, kon
by hom geen twyfel gelaat het dat sy dalk kan
versmoor nie. Daarna het hy 'n sigaret gerook, toebroodjies geeët, die huis
omgedolwe,
geneem wat hy wou, en padgegee, sonder enige verwagting dat iemand
die oorledene dalk sou kon red. Na my mening is die gevolgtrekking
onvermydelik
dat hy die intrede van die oorledene se dood gewis moes voorsien het en dat hy
hom, deur sy optrede, daarmee versoen
het. Ten beste vir die appellant was sy
skuldvorm dus opset by moontlikheidsbewussyn. Waar hy, toe daar gedurende die
artikel 119-verrigtinge
op 'n antwoord aangedring is, beweer het dat hy nie
bedoel het om haar dood te maak nie, kan dit hom nie verontskuldig nie. As dit
sy verweer was, moes hy dit vir die verhoorhof kom sê het.
15
Die betoog as sou die appellant nie die moontlikheid van die intrede van die
dood van die oorledene voorsien het nie, kan dus nie
opgaan nie. Die appellant
het die oorledene met opset doodgemaak. Die skuldigbevinding op die aanklag van
moord is in orde.
Kom dit by vonnis, is daar veral drie oorweginge wat ten gunste van die
appellant tel: sy jeugdigheid, 20 jaar ten tyde van die voorval;
sy skoon
rekord; en die afwesigheid van dolus directus. Wat laasgenoemde betref, het die
verhoorhof, soos reeds gesê, moontlik
gefouteer. Origens het die
verhoorregter, soos hy moes, die verkragting afsonderlik bekyk en die moord
buite rekening gelaat: die
oorledene is nie in die loop van die verkragting dood
nie en daar moes gewaak word teen die risiko om een strafverswarende faktor
twee
keer teen die appellant te laat geld. Maar wanneer dit by die moord kom, kan
mens jou oë nie daarvoor sluit dat die verkragting
deel uitmaak van die
geskiedenis van die
16
moord nie. Dit wys van watter soort stoffasie die
appellant
gemaak is: sy wreedheid, sy ongenaakbaarheid,
sy minagtende ingesteldheid
teenoor 'n weerlose jong
meisie. Die manier waarop hy die oorledene óf
verwurg óf
laat versmoor het, in laasgenoemde geval sonder om
hom
aan haar doodswroeging te steur terwyl hy sy gang gaan om
'n sigaret
te rook, toebroodjies te eet en die huis op sy
tyd te deursoek, vererger die
gewelddaad van die
appellant dermate dat dit die vermelde
versagtende
faktore na my oordeel volkome oorskadu. Iemand wat so
kan
optree, is kwalik rehabiliteerbaar. Die
gemeenskapsbelang speel hier 'n
deurslaggewende rol.
Optrede van hierdie aard skrei om vergelding. Die
enigste gepaste vergelding, in die omstandighede, is die
doodvonnis. Die appèl faal.
P M NIENABER AR
BOTHA AR )
Stem saam. KUMLEBEN AR)