About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 144
|
|
Herselman NO v Botha (623/91) [1993] ZASCA 144; 1994 (1) SA 28 (AD); [1994] 1 All SA 420 (A) (28 September 1993)
S.W.HERSELMAN N O.
Appellant
(eksekoteur van die bedoel van wyle Ismael Jonker) en
BAREND MATTHEUS BOTHA
. Respondent
JOUBERT AR.
Saaknommer:623/91
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING
In die saak tussen:
S. W. HERSELMAN N O
Appellant
(eksekuteur van die boedel van
wyle Ismael Jonker)
en
BAREND
MATTHEUS BOTHA
Respondent
Coram
: JOUBERT, VAN HEERDEN, VIVIER, KUMLEBEN ARR
et HARMS Wn AR.
Verhoor: 19 Augustus 1993
Gelewer
: 28 September 1993
UITSPRAAK JOUBERT
AR :
/2
2
Enkele dae voor die verhoor van hierdie
appèl is die appellant (Jonker) oorlede. By die aanvang van die verhoor
van die appèl
het hierdie Hof Herselman, die eksekuteur van Jonker se
boedel, in sy verteenwoordigende hoedanigheid in die plek van Jonker vervang.
Ek
sal voortaan na die voormalige appellant as "Jonker" en na die respondent as
"Botha" verwys.
Omstreeks 1988 het Jonker in die Suid-Oos Kaapse Plaaslike
Afdeling 'n lasteraksie teen Botha vir die betaling van R50 000-00 genoegdoening
ingestel. Die verhoor van die geding het op 28 Mei 1990 voor JENNETT R 'n
aanvang geneem. Die uitslag van die verhoor was dat JENNETT
R 'n bedrag van R2
000-00 met rente en gedingskoste op die Hooggeregshof-skaal aan Jonker toegeken
het. Botha het teen die hele uitspraak
en bevel van JENNETT R na die volle hof
van die Oos Kaapse Afdeling geappelleer. Op 24 Oktober 1991 het die appèl
met koste
geslaag en is JENNETT R bevel verander deur Jonker se eis
3
van die hand te wys met koste, soos blyk uit die
uitspraak en bevel van ZIETSMAN R waarmee ERASMUS R en NEPGEN Wn R saamgestem
het.
Met spesiale verlof kom die appellant tans in hoër beroep teen die
volle hof se hele uitspraak en bevel na hierdie Hof.
Botha was 'n onderwyser
by 'n tegniese skool in Uitenhage. Hy was ook 'n dienende raadslid van die
Stadsraad van Uitenhage. Jonker
was 'n sakeman wat 'n besigheid bekend as
Riverside Joinery in 'n nywerheidsgebied bedryf het. Netsoos Botha was hy ook 'n
raadslid
van die Stadsraad asook 'n lid van die komitee vir finansies en
algemene sake.
Bradley was in beheer van die Stadsraad se werkswinkel departement en
reinigings-departement terwyl Selby sy assistent voorman in
die reinigings
departement was. Laasgenoemde het dienste vir raadslede en amptenare van die
Stadsraad sowel as vir lede van die publiek
teen bepaaide vasgestelde tariewe
verrig. Op 'n stadium het
4
Selby sekere inligting aan Botha verskaf
betreffende die verwydering van saagsels van die persele van Rivierside Joinery
om aan die
kant van 'n rivierwal gestort te word. Die strekking van hierdie
inligting was dat Bradley vir Jonker 'n kwotasie gegee het as sou
die
hoeveelheid saagsels 6 kubieke meter beloop wat oor 'n tydperk van 4 dae
verwyder is. Jonker se aanspreeklikheid was dus by verre
meer as slegs vir 6
kubieke meter waarvoor hy gedebiteer is en betaal het.
Volgens Botha se getuienis het hierdie inligting wat Selby aan hom verskaf
het, in sy kraam gepas. Botha was trots daarop dat hy "
'n slaaf van die
waarheid" is en dat dit sy rigsnoer in die lewe is. Daar is 'n erekode vir
raadslede om die belastingbetaler se
belange te beskerm deur toe te sien dat
niemand onbehoorlik bevoordeel word of onbehoorlik benadeel word nie. Sy oogmerk
was steeds
om in die belang van die Stadsraad en die belastingbetaler op te
tree. Selby het vantevore inligting
5
aan hom verskaf wat betroubaar was.
Selby was
selfs bereid om hierdie inligting oor die saagsels by wyse van 'n beëdigde
verklaring te bevestig. Botha het hom geglo
al het Botha eers op 15 September
1987 sodanige beëdigde verklaring van Selby bekom. Ofskoon hy Jonker as 'n
man van integriteit
en 'n vriend van hom beskou het, het Botha nooit die
korrektheid van Selby se inligting met hom gekontroleer nie. Hy het ook nie
by
die munisipale kantore vasgestel wat die bedrag was wat Jonker vir die
verwydering van die saagsels betaal het nie. Al inligting
wat hy bekom het, was
dat daar 'n standaard tarief van R8-80 per kubieke meter vir die verwydering van
vuilis was. Selby het aan
hom 'n bedrag van R52-00 genoem terwyl 30 vragte van
5,5 kubieke meter elk verwyder is wat meer as R400-00 bedra het.
Bradley is
skuldig bevind vir die besit van pornografiese materiaal. Op 14 September 1987
is 'n vergadering van die komitee vir finansies
en algemene sake
6
gehou om 'n aanbeveling aan die Stadsraad te maak
oor die
vraag of Bradley weens sy skuldigbevinding uit die diens van
die
Stadsraad ontslaan moes word of nie. Die vier lede van
die komitee was
teenwoordig asook ander raadslede en
amptenare van die Stadsraad. Beide Botha en Jonker was
teenwoordig. Dit was 'n warm debat omdat die aanwesiges in
twee kampe verdeel was nl. vir die ontslag en teen die
ontslag. Botha was
'n vurige voorstander vir die ontslag
van Bradley en in sy ywer om sy standpunt te laat seëvier,
het hy volgens die notule die volgende gewraakte woorde
gebesig, te wete:
"Nommer een, ek weet raadslid Jonker het vir sy werk betaal, maar ek wonder
of die regte prys betaal is. Nou weet ek nie hoeveel hy
betaal het nie, u kan
dit ook nagaan. Ek weet net daar was 'n laaigraaf by betrokke en daar was drie
soorte munisipale implemente
by hierdie saak betrokke en ek dink dit het twee
keer gebeur as die informasie korrek is. U kan net daardie kostes nagaan, ek
sê
nie hy is skuldig aan dit nie, maar weereens wys dit terug na daardie
spesifieke departement.
7
Dis nou twee gevalle. Ongelukkig is dit nou altwee raadslede."
"Menere, nou die goed wat ek vir u genoem het, kan dit blote versinsels wees ?
Nee wag, gee my 'n kans - kan dit net blote versinsels
wees ? U moet weet as 'n
man hoor van 'n man wat sulke dinge in hom geestelik ronddra, dan is ek
waaragtig geneig om hierdie goed
te glo. Op grond van hierdie dinge wat ek hier
vir u genoem het en ek dink as 'n mens diep daarin, as 'n mens ouditeure daarop
aansit
en begin ondersoek instel en begin krap daarso, dan gaan 'n mens vind dat
baie van hierdie goed waar is. Hier is twee raadslede wat
hierby betrokke is,
meneer u kan sê of dit so is, raadslid Jonker kan sê, julle kan
julle sy van die saak stel."
Die nadraai van die
vergadering van 14 September 1987 was dat die Stadsraad 'n kommissie van
ondersoek onder voorsitterskap van landdros
Loots benoem het om 13 klagtes teen
Bradley te ondersoek. Dit het gedurende Oktober 1987 plaasgevind. Klagte 12(c)
het betrekking
op die verwydering van saagsels vanaf Riverside Joinery se
8
perseel deur Bradley gehad. Selby het getuig dat
Bradley aan Riverside Joinery 'n kwotasie gegee het om 6 kubieke meter saagsels
te
verwyder. Volgens Selby het die verwydering omtrent 6 of 7 uur oor 'n tydperk
van 3 dae versprei geneem. Wat die hoeveelheid van
die verwyderde saagsels
betref, het Selby soos volg getuig:
"V: Was die goed wat verwyder is, was dit 6 kubieke
meter ? A: Ek sou nie sê dit was 6 kubieke meter nie - kon
meer gewees het. V: Maar was 6 min of meer in die kol ? A: Ja min of
meer."
Getuienis is ook deur Van Appel gelewer dat volgens die
Stadsraad se state van Riverside Joinery is R52-80 betaal teen die standaard
tarief van R8-80 per kubieke meter.
Op 24 Oktober 1987 het voorsitter Loots
sy uitspraak gelewer. Hy het Bradley op klagte 12(c) onskuldig bevind. Sy
aanbeveling was
dat Bradley nie uit sy werk ontslaan moes word nie. Hy het
aanbeveel dat Bradley
9
se besoldiging vir 'n jaar met 10% verminder
word.
Die Stadsraad het Bradley ontslaan terwyl Botha kriminele klagtes teen
hom aanhangig gemaak het. Tydens 'n vergadering van die komitee
vir finansies en
algemene sake van die Stadsraad het Botha sy ontevredenheid met die verrigtinge
en bevindinge van die kommissie
van ondersoek deur voorsitter Loots uitgespreek.
Sy standpunt was dat dit nie 'n volledige ondersoek was nie. Hy het daarop
aangedring
dat die gevalle van die drie raadslede (Kitching, Jonker en Fourie)
op 'n volgende vergadering weer bespreek moes word.
Jonker het in sy
gewysigde besonderhede van vordering (para 3 (a)) beweer dat Botha op 14
September 1987 tydens 'n vergadering van
die Stadsraad van Uitenhage se komitee
vir finansies en algemene sake onregmatiglik en
animo injuriandi
die twee
passasies van gewraakte woorde (
supra
) oor en met betrekking tot Jonker
gespreek het. Wat die lasterlike betekenis van die gewraakte woorde betref,
10
is op die volgende
innuendo
gesteun (para
3(c)) :
"(i) dat eiser deelgeneem het aan korrupte en
onreëlmatige
praktyke en op 'n korrupte en onreëlmatige wyse vir eie gewin te min betaal
het vir dienste deur die Munisipaliteit
van Uitenhage aan hom gelewer.
(ii) dat eiser sy posisie as stadsraadslid misbruik het om vir eie gewin en
tot nadeel van die Munisipaliteit van Uitenhage te min
betaal het vir dienste
deur die Munisipaliteit van Uitenhage aan hom gelewer."
Botha het in sy pleit erken dat hy op die vergadering van 14 September 1987
die gewraakte woorde geuiter het maar hy het die volgende
verwere aangevoer
:
1. 'n ontkenning dat die gewraakte woorde lasterlik van Jonker is en vatbaar vir
die
innuendo
is wat Jonker daaraan geheg het.
2. indien die gewraakte woorde bevind word om wel lasterlik van Jonker te wees
dan het hy hulle
sine animo iniuriandi
gebesig, d.i. sonder die bedoeling
om Jonker
11
te belaster of in sy goeie naam of eer te krenk maar "uitsluitlik met die doel
om aan te dui dat daar sekere bewerings teen Bradley
gemaak word wat ondersoek
vereis ten einde vas te stel of dit gegrond is en wat, indien dit gegrond sou
wees, 'n belangrike invloed
sou hê op die geskiktheid van Bradley as 'n
munisipale amptenaar."
3. alternatiewelik, indien die gewraakte woorde bevind word om wel lasterlik van
Jonker te wees dan het hy hulle op 'n bevoorregte
geleentheid sonder
kwaadwilligheid (
mala fides
) geuiter.
Jonker het sy saak
gesluit sonder om self te
getuig of getuies te roep. Botha het self getuig
terwyl
Selby ten gunste van hom getuig het.
Ek het reeds hierbo in hooftrekke na die
relevante aspekte van Botha se
getuienis verwys. Hy het
daarop aanspraak gemaak dat dit vir hom gegaan het
om Bradley
se misbruik van munisipale dienste.
12
Hy het na die optrede van drie raadslede, met
inbegrip van Jonker, by name verwys omdat hy dit in belang van die Stadsraad en
die
belastingbetalers geag het. Hy het gevoel dat Jonker vir die voordeel wat hy
deur Bradley se onreëlmatige toedoen ten koste
van die Stadsraad ontvang
het, moes betaal.
Selby se getuienis was daarop gerig om te bevestig dat hy
aan Botha die inligting aangaande die beweerde onreëlmatige vergoeding
vir
die verwydering van Riverside Joinery se saagsels verstrek het. Tydens
kruisondervraging is hy daarop gewys dat hy voor die kommissie
van ondersoek
getuig het as sou Riverside Joinery wel die reëlmatige fooi aan die
Stadsraad betaal het. Selby het egter volgehou
dat meer as 6 kubieke meter se
saagsels verwyder is. Hy het ontken dat hy voor die kommissie van ondersoek oor
die hoeveelheid van
die verwyderde saagsels as "6 kubieke meter min of meer in
die kol" getuig het. Eers nadat die advokate van die
13
bandopname van die kommissie van ondersoek se
werksaamhede vasgesstel het dat Selby wel aldus voor die kommissie van ondersoek
getuig
het, het Selby dit as korrek aanvaar. Hy het toe egter probeer om
verskonings vir hierdie getuienis van hom voor die kommissie van
ondersoek te
gee, soos dat hy destyds onder "stress" getuig het en behandeling vir sy
senuwees gekry het.
Dit is te begryp dat Selby glad nie die verhoorhof as
getuie beïndruk het nie. JENNETT R het bevind dat ook Botha nie as 'n
oortuigende
getuie beskryf kon word nie, met toevoeging van die volgende : "Ek
aanvaar dat hy wel hoë ideale vir homself stel en dat hy
op sy wyse hulle
probeer nakom. Dit blyk egter dat hy hom laat glo wat hy wil."
Die verhoorhof het deur die aanwending van 'n objektiewe toets bevind dat die
gewraakte woorde die lasterlike betekenis van die
innuendo
, soos deur
Jonker gepleit, dra. Dit het Jonker se goeie naam en aansien
14
aangetas. Die vergadering van 14 September 1987
was
duidelik 'n bevoorregte geleentheid "insover dit mede* delings aangaan
aangaande mnr Bradley se werksbevoegdheid en die vraag of sy
skorsing aanbeveel
moes word. Ek is egter van mening dat die gewraakte woorde in werklikheid
irrelevant was met betrekking tot die
onderwerp onder bespreking. Dit was
absoluut onnodig om aantygings van betrokkenheid by onreëlmatighede teen
eiser teenoor die
aanhoorders by die betrokke vergadering te maak nie [ ? ] en
dit geld veral die benoeming van eiser". Die verhoor-hof het verder
bevind dat
mala fides
of "malice" aan die kant van Botha in die gebruik van die
gewraakte woorde op 'n oorwig van waarskynlikhede bewys is.
Die volle hof was
dit eens met twee aspekte van die verhoorhof se bevindinge, nl. 1. dat die
gewraakte woorde volgens 'n objektiewe
toets
lasterlik van Jonker was aangesien 'n normale redelike mens hul sou verstaan het
om te beteken dat Jonker en
15
Bradley die genoemde onreëlmatighede tot voordeel van
Jonker en tot nadeel van die Munisipaliteit en
die
belastingbetalers gepleeg het, en 2. dat die vergadering van
14 September 1987 'n
bevoorregte geleentheid was om aan te beveel of Bradley
as
werknemer geskors moes word of nie. Die volle hof het egter bevind dat die
gewraakte woorde wel relevant tot die bevoorregte geleentheid
was en dat die
bewyslas toe op Jonker was om op 'n oorwig van waarskyn-likhede te bewys dat
Botha die gewraakte woorde
mala fide
geuiter het. Dit was volgens die
volle hof nie bewys nie.
Wanneer die publikasie van lasterlike woorde
betreffende 'n bepaalde persoon bewys word, ontstaan daar twee vermoedens, nl.
dat die
woorde opsetlik (
animo injuriandi
) met
wederrregtelikheidsbewussyn gepubliseer is en dat die publikasie wederregtelik
of onregmatig is.
Suid
-
Afrikaanse Uitsaaikorporasie v O'Malley,
1977(3) S A 394 (A) op p 401 in fine - 402,
May v Udwin
, 1981(1) S A
1
16
(A) op p 10 C-D. Dit is gebruiklik om die verwere
wat 'n verweerder teen 'n lasteraksie kan opper veral in twee groepe in te deel
nl. (1) skulduitsluitingsgronde (
defences directed against the subiective
element
) wat teen die
animus injuriandi
as die subjektiewe element of
skuldelement van laster gerig is, bv. die afwesigheid van
wederregtelik-heidsbewussyn, afwesigheid
van
animus injuriandi
,
rixa
(woede), skerts, dwaling ens. (vergelyk
Lee & Honoré
, S A
Law of Obligations 2e uitgawe, para 650-652,
Borgin v De Villiers
,
1980(3) S A 556 (A) op p 571 F-G,
Marais v Richard
, 1981(1) S A 1157 (A)
op p 1166-1167 A) en (2) onregmatigheidsuitsluitingsgronde of
regverdigingsgronde wat teen wederregtelikheid
as objektiewe element van laster
gerig is, bv privilegie, waarheid in die openbare belang, billike kommentaar,
toestemming, ens.
(vergelyk
Lee & Honoré
,
op cit
., para
643-649).
In die onderhawige geval is dit gemene saak dat Botha die gewraakte woorde
met betrekking tot Jonker op
17
die vergadering van 14 September 1987 gepubliseer
het. Dit is ook nie in geskil nie (1) dat die gewraakte woorde lasterlik van
Jonker
is en (2) dat die gewraakte woorde by 'n bevoorregte geleentheid wat
betref die aanbeveling of Bradley geskors moes word of nie,
gepubliseer is. Die
geskilpunt is of Botha bewys het dat die gewraakte woorde
relevant
was
tot die onderwerp onder bespreking, nl. die aanbeveling of Bradley as werknemer
geskors moes word of nie. Anders gestel, kom
dit daarop neer of die gewraakte
woorde
binne
die perke van die bevoorregte geleentheid gepubliseer is of
nie. Per WATERMEYER Wn AR in
De Waal v Ziervoqel
,
1938 A D 112
op p 122 :
"This does not mean that the subject-matter of the communication is immaterial,
because of course an occasion which is
privileged for a communication upon one
subject is not privileged for a communication upon another subject not germane
to the occasion.
Thls point is fully dealt in the case of
Adam v Ward
(1917 A C 309)."
Sien ook
Basner v Triqqer
1946 A D 83
per SCHREINER A R
op p
18
97 : "The defendant has to prove that the
defamatory words were uttered in the course of a priviliged discussion between
himself and
the publishee and that the communication was relevant to the matter
under discussion."
Wat is die toets om relevansie te bepaal ? In die House of
Lords se uitspraak in
Adam v Ward
1917 A C 309
(H L) is melding gemaak
van twee benaderings wat 'n objektiewe toets en 'n subjektiewe toets genoem kan
word. Lord FINDLEY L C het
blykbaar die objektiewe toets in gedagte waar hy
sonder meer na "directly relevant" verwys (p 319). So ook Earl LOREBURN : " - -
- and I do think the principle can be put more definitely than by saying that
the judge has to consider the nature of the duty or
right or interest and to
rule whether or not the defendant has published something beyond what was
germane and reasonably appropriate
to the occasion, or has given to it a
publicity incommensurate to the occasion. For a man ought not to be protected if
he publishes
what is in fact untrue of some one
19
else when there is no occasion for his doing so,
or when there is no occasion for his publishing it to the persons to whom he in
fact
publishes it" (p 321). Vergelyk ook Lord DUNEDIN : " If the defamatory
statement is quite unconnected with and irrelevant to the
main statement which
is ex hypothesi privileged, then I think it is more accurate to say that the
privilege does not extend thereto
than to say, though the result may be the
same, that the defamatory statement is evidence of malice. But when the
defamatory statement
is, so to speak, part and parcel of the privileged
statement and relevant to the discussion, then I think the first way is the true
way to put it - - - -" (p 96). (In hierdie verband mag ek tussen hakies daarop
wys dat 'the first way' in die passasie beteken "that
the language of the
defamatory statement and its relation to the context may provide evidence of
malice", soos aangetoon is in
Basner v Trigger
,
supra
, p 96).
Daarenteen het die subjektiewe toets byval by Lord ATKINSON gevind:
20
"These authorities, in my view, clearly establish
that a person making a communication on a privileged occasion is not restricted
to the use of such language merely as is reasonably necessary to protect the
interest or discharge the duty which is the foundation
of his privilege; but
that, on the contrary, he will be protected, even though his language should be
violent or excessively strong,
if, having regard to all the circumstances of the
case, he might have honestly and on reasonable grounds believed that what he
wrote
or said was true and necessary for the purpose of his vindication, though
in fact it was not so."
Tot dusver het hierdie Hof nie ten gunste van die een toets bo die ander
beslis nie. Trouens hierdie Hof het van albei toetse gebruik
gemaak waar hulle
tot dieselfde resultaat gelei het, soos blyk uit
Molepo v Achterberg
,
1943 A D 85
op p 99 en
Rhodes University Colleqe v Field
, 1947(3) S A 437
(A) op p 464. Vergelyk ook
Blumenthal v Shore
, 1948(3) S A 671 (A) op p
681
in fine
- 682.
21
In
Borgin v De Villiers and Another
,
supra
, op p 579 A is verwys na die
Rhodes University College
-
saak (
supra
) sonder om die toetse by name te noem. In
Jasat and
Another v Paruk
, 1983(4) S A 728 (N) op p 733 G het die Natalse hof blykbaar
met albei toetse rekening gehou. Aangesien daar in die onderhawige geval
nie
argument oor die twee toetse gelewer is nie, is ek van voorneme om met albei
toetse rekening te hou om vas te stel of die gewraakte
woorde relevant is tot
die aanbeveling of Bradley as werknemer van die Stadsraad geskors moes word of
nie.
Om terug te keer na die vraag of die gewraakte woorde
relevant
tot die
onderwerp onder bespreking op die vergadering van 14 September 1987 is, nl. die
aanbeveling of Bradley as werknemer uit die
diens van die Stadsraad geskors moes
word of nie vernaamlik weens sy skuldigbevinding aan die besit van pornografiese
materiaal,
is dit uit die notule van die vergadering duidelik dat Botha die
bespreking nie tot hierdie "gebeurtenis" wou beperk nie. Volgens
die notule
het
22
Botha verklaar: "En van wat ek gehoor het meneer,
kan ons nie net bepaal by die gebeurtenis nie. Dit raak ver wyer as dit en dit
raak
elkeen van ons wat om hierdie tafel sit. Dit raak elke munisipale amptenaar
en hierdie is iets wat heeltemal uitgesorteer moet word
tot op die been. Ek wil
netnou, as julle my gaan toelaat, wil ek 'n paar dinge sê."
Die "paar
dinge" wat Botha geopper het, het hy egter nie beperk tot Bradley se wandade en
oneerlikheid as moontlike gronde vir die
aanbeveling van sy skorsing nie. Hy het
'n stap verder gegaan deur na die oneerlike optrede van drie raadslede, onder
wie Jonker,
by name te verwys. Die verwyt wat Botha tref, is nie dat hy daardie
raadslede geïdentifiseer het nie, want hy was wel geregtig
om besonderhede
van Bradley se beweerde onreëlmatige optrede te verstrek. Daarby kon die
raadslede op skuldige of onskuldige
wyse betrokke gewees het. Botha het egter
verder gegaan en te kenne gegee dat hy geglo het dat hul wetens deel van
sodanige optrede
was, en derhalwe wetens
23
daardeur bevoordeel is. Of hulle oneerlik
opgetree het, het egter geen inslag gehad op die vraag of Bradley hom
aan
onreëlmatighede skuldig gemaak het en of die ondersoek moes word
nie. Botha het geen reg of verpligting gehad om op daardie vergadering
sodanige
lasterlike bewerings aangaande die drie raadslede te maak nie en die aanwesige
aanhoorders het geen reg of verpligting gehad
om sulke lasterlike bewerings aan
te hoor nie. Die kwessie van die oneerlike optrede van raadslede was immers nie
volgens die objektiewe
toets relevant as 'n onderwerp vir bespreking deur die
vergadering nie.
Wat die aanwending van die subjektiewe toets betref, is dit duidelik dat
Botha nie eerlik en op redelike gronde geglo het dat die
lasterlike woorde
betreffende Jonker waar en noodsaaklik vir die doel van sy mededeling was nie.
Ofskoon Botha getuig het dat hy
Selby geglo het, het hy die aand van die
vergadering geen skriftelike verklaring van Selby gehad nie. Botha het aanspraak
op vriendskap
met
24
Jonker gemaak maar hy het Jonker nooit vooraf in
sy vertroue geneem oor Selby se inligting nie. Hy het ook nie Selby
se
inligting gekontroleer nie. Ek is nietemin bereid om te veronderstel dat
hy rede gehad het om te glo dat Bradley se hantering van
die transaksie met
Jonker onreëlmatig was. In hierdie veronderstelling is dit egter duidelik
dat hy geen rede gehad het om Jonker
van oneerlikheid te verdink of te beskuldig
nie. Trouens, Selby het niks aan hom gesê waarop so 'n verdenking
redelikerwyse
kon berus nie. Bowendien het Botha getuig dat hy nie geglo het dat
Jonker oneerlik opgetree het nie.
Weens hierdie redes bevind ek dat die
gewraakte woorde nie relevant tot die bevoorregte geleentheid was nie en dat die
volle hof fouteer
het om die teendeel te bevind. Deurdat Botha nie daarin
geslaag het om die relevansie van die gewraakte woorde tot die onderwerp
onder
bespreking op die vergadering van 14 September 1987 te bewys nie volg dit dat
hulle nie binne die perke van 'n bevoorregte
25
geleentheid gepubliseer is nie. Die vermoede dat die
publikasie van die gewraakte woorde wederregtelik of onregmatig is, bly derhalwe
onweerlê staan. Die vermoede dat die gewraakte woorde
animo
injuriandi
met wederregtelik-heidsbewussyn gepubliseer is, is nie in geskil
nie en bly derhalwe onweerlê staan.
In die lig van die voorgaande volg
dit dat die appêl moet slaag. Die volgende bevele word gemaak :
1.
Die appél slaag met
koste.
2. Die bevel van die hof
a guo
word vervang deur die
volgende:
"Die appél word met koste van die hand
gewys."
C. P. JOUBERT AR. VAN HEERDEN AR
KUMLEBEN AR Stem saam VIVIER AR HARMS Wn AR