About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 134
|
|
S v Plaatjies (345/92,346/92) [1993] ZASCA 134 (24 September 1993)
Saak No 345/92 en 346/92
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELINC
In die saak tussen
SIMON PLAATJIES
1
ste APPELLANT
PHILLIP
MASALA
2de APPELLANT
en
DIE STAAT
RESPONDENT
CORAM
:HEFER, MILNE ARR et KRIEGLER Wn AR.
AANGEHOOR
:2 SEPTEMBER 1993.
GELEWER
:24 SEPTEMBER 1993.
UITSPRAAK
HEFFR AR
/.
2
HEFER AR
:
Die appellante is in the Witwatersrandse Plaaslike Afdeling skuldig
bevind aan moord (aanklag 1) en roof met verswarende omstandighede
(aanklag 2).
Appèl is aangeteken ooreenkomstig art 316A(1) van die Strafproseswet, 51
van 1977 soos gewysig, teen die doodvonnis
wat op aanklag 1 opgelê
is.
Die verhoor het gespruit uit die ontdekking op 30 Julie 1991 van die
lewelose liggaam van mev Joan Imrie, 'n 65-jarige weduwee, in
haar woning in
Emmarentia, Johannesburg. Dit was duidelik dat die woning geplunder was.
Ongeveer drie weke later is die appellante
in verband met 'n ander voorval deur
die polisie aangehou. Tydens die ondersoek het hulle aandadigheid aan mev Imrie
se dood op die
lappe gekom. Kort na sy arrestasie het eerste appellant 'n
verklaring aan 'n polisie-offisier gemaak. Die strekking daarvan was dat
hy en
tweede appellant om ongeveer 4 uur die oggend van Maandag 29 Julie 1991 by mev
Imrie se huis opgedaag het, oor die tuinmuur
gespring en in die motorhuis gewag
het totdat sy die
3
huis om ongeveer 7 uur verlaat het om 'n sak vuilgoed na
die
hek te neem, waarop hulle by die kombuisdeur ingeglip
het.
By mev Imrie se terugkoms het hulle haar oorrompel.
Nadat
hulle haar vasgebind het, het tweede appellant 'n
ketelkoord
styf om haar nek gedraai. Daarna het hulle van
haar
besittings bymekaar gesit en die huis verlaat.
Dieselfde
aand het ene Billy hulle met sy motor teruggeneem
soontoe.
Hulle is weer die huis binne en het toe opgemerk dat
mev
Imrie dood was. Daarna het hulle die perseel finaal
verlaat
met die goed wat hulle vantevore bymekaar gemaak het.
Eerste
appellant se verklaring is sonder beswaar by die verhoor
toegelaat. Dit kon natuurlik nie as getuienis teen tweede
appellant geld nie maar dit was gemene saak dat laasgenoemde
ook by die voorval betrokke was. In sy pleitverduideliking
het hy erken dat hy mev Imrie aangerand het en haar goedere
met geweld uit haar besit geneem het. Wat aanklag 1 betref
het hy die volgende erkenning gemaak:
"Ek erken dat ek gebruik gemaak het van 'n tou wat ons om die oorledene se
nek gebind het en wat haar dood tot gevolg gehad het soos
uiteengesit in
die
4
lykskouingsverslag." eeneen van die appellante het egter op enige stadium
tydens ie verhoor getuig nie. Hulie kon gevolglik nie verder
itgevra word oor
elkeen se besondere bydrae tot mev Imrie se ood nie.
Die verhoorhof was nie in staat om te bevind dat dit
óf
erste appellant óf tweede appellant óf die
gesamentlike
andeling van beide was wat mev Imrie se dood veroorsaak
het
ie. Wat wel bevind is, is dat
" ten minste een van hulle daardie handeling
verrig het,en dat die ander een van hulle teenwoordig was tydens die
uitvoering daarvan en dit waargeneem
het "
adat verwys is na beslissings soos
S v Safatsa and Others
988(1) SA 868 (A) en
S v Mgedezi and Others
1989(1) SA
687
A) gaan die uitspraak soos volg voort:
"By aanvaarding daarvan dat die een of die ander van die beskuldigdes die
doodveroorsakende handeling verrig het, moet die vraag beantwoord
word of die
beskuldigde wat nie daardie handeling verrig het nie, aan die vyf vereistes in
die
Mgedezi
-gewysde voldoen. Na oorweging van die bewese en
gemeenskaplike feite, is ons die mening toegedaan dat dié beskuldigde wat
nie die tersaaklike handeling verrig het nie, wel aan voormelde
5
vereistes voldoen. Daardie beskuldigde (wie ookal van die twee
beskuldigdes dit mag wees) was op die toneel waar die geweld toegepas
is,
teenwoordig. Hy was bewus van die verrigting van die tersaaklike handeling. Hy
het bedoel om gemene saak met die beskuldigde
wat die tersaaklike handeling
verrig het te maak. Hy het sy deelname aan die gemeenskaplike doel met die ander
beskuldigde openbaar
deur self 'n handeling van samewerking met die optrede of
gedrag van die ander te verrig. Hy het die nodige
mens rea
gehad in die
vorm van
dolus directus
of ten minste het hy die moontlikheid voorsien
dat die oorledene gedood kon word en sy eie handeling van assosiasie of deelname
verrig
onverskillig of die dood sou intree al dan nie."
In hierdie hof is namens beide appellante aangevoer dat
it,
weens die verhoorhof se onvermoë om te bepaal wie van
ulle die
doodveroorsakende handeling verrig het, onmoontlik
s om enigeen van
hulle as die werklike moordenaar aan te wys
n dat beide gestraf moet
word op die basis dat die skuldvorm
at bewys is hoogstens
dolus
eventualis
is. Ek stem nie saam
ie. Billy Mlambo, die persoon na wie in eerste appellant
se
erklaring verwys is, het getuig dat die appellante hom
die
ondagaand - die aand voor die roof - genader het met
'n
ersoek om goedere van eerste appellant met sy motor te
gaan
aal en dat hy (Billy) te kenne gegee het dat hy hulle
eers
6
die volgende aand sou kon help - wat hy dan ook gedoen het. Dit verklaar
waarom hulle mev Imrie se goedere bymekaar gesit het nadat
hulle haar
Maandagoggend oorrompel het maar aanvanklik niks uit die huis verwyder het nie;
en dit dui ook aan dat hulle beoog het
om haar reeds daardie oggend buite aksie
te stel sodat hulle die aand in staat sou wees om hulle buit ongestoord te
verwyder. Dat
hulle beoog het om haar permanent buite aksie te stel spreek uit
wat aan haar gedoen is. Ons weet reeds dat minstens een van die
appellante 'n
koord styf om haar nek gedraai het. Dit was volgens die lykskouer inderdaad
vas
geknoop
en so styf getrek dat die knoop 'n duidelike uitwendige merk
op die vel gelaat en die onderliggende skildklierkraakbeen gebreek het.
Die
persoon wat dit gedoen het, het klaarblyklik bedoel om haar dood te wurg. Daarby
het dit egter nie gebly nie. Ander beserings
wat aan haar liggaam gevind is (bv
uitgebreide kneusing van die gesig, bloeding van die neus en mond, veelvuldige
bloedings in die
kopvel, kollerige bloeding oor
7
die brein en kneusing van die hart) dui onteenseglik daarop dat mev Imrie
die slagoffer was van 'n aanval wat 'n groot mate van volgehoue
geweld vereis
het. Dit is nouliks denkbaar dat slegs een van die appellante so 'n aanval sou
loods; dit is gemene saak dat albei
teenwoordig was toe dit plaasgevind het en
nie een van hulle het probeer te kenne gee dat hy nie daarby betrokke was nie.
Die getuienis
as geheel is redelikerwys vatbaar vir slegs een afleiding naamlik
dat toe mev Imrie die kombuis binnegekom het beide appellante terstond
op haar
toegesak het en hulle aanval volgehou het totdat een van hulle haar uiteindelik
met die koord doodgewurg het. Dat hulle eers
die aand sou opmerk dat sy dood was
(soos eerste appellant in sy verklaring probeer te kenne gee het) is totaal
onaanvaarbaar. Dit
is insiggewend dat hulle nie haar hande vasgebind het nie en
die enigste denkbare afleiding is dat hulle beoog en besef het dat sy
haar hande
nooit weer sou gebruik nie. In die lig van die voorafgaande kan nie fout gevind
word met die verhoorhof se
8
evinding dat selfs die appellant wat nie persoonlik die oodveroorsakende
handeling verrig het nie,
mens rea
gehad et in die vorm van
dolus
directus
.
Die vraag bly nietemin of die doodvonnis die enigste
epaste vonnis is vir die moord. Hierdie vraag moet atuurlik beantwoord word met
inagneming van al die mstandighede van die saak en in besonder van die
verswarende n versagtende faktore.
Eerste appellant was 26 en tweede
appellant 29 jaar oud en tye van die moord. Op skool het eersgenoemde in std 8
eslaag. Hoewel hy
opleiding gehad het as bouer het hy ten ye van die moord ' n
lewe met stukwerk in die tuin probeer aak. Hy het drie vorige veroordelings
weens diefstal erken. weede appellant het op skool tot std 4 gevorder. Teen die
inde van 1988 het hy sy werk verloor weens 'n vermindering
an personeel en van
toe af het hy gesukkel om 'n bestaan te aak. Uiteindelik het hy sy kinders
onderhou deur daagliks rugte te smous
en los werk te doen.
9
Soos die verhoorregter tereg opgemerk het in sy uitspraak is dit moeilik
om enige versagtende faktore te vind behalwe, wat tweede
appellant betref, die
feit dat dit sy eerste oortreding is. Hulle advokate het gewag gemaak van die
feit dat die appellante sover
bekend ongewapen na mev Imrie se woning is en haar
heelwaarskynlik op die ingewing van die oomblik vermoor het. Dit is nie bekend
of hulle inderdaad ongewapen was nie maar, by gebrek aan getuienis tot die
teendeel, is ek bereid om te aanvaar dat dit die geval
was. Hiervan kan egter
nie afgelei word dat die moord op die ingewing van die oomblik gepleeg is nie.
Wat sterker in daardie rigting
dui is eerder dat die slagoffer se voete
vasgebind gevind is en dat daar 'n handdoek om haar mond en gesig gedraai was.
Dit skep
die indruk van 'n poging om haar sonder lewensgeweld buite aksie te
stel. Ek glo ek egter nie dat so 'n afleiding geregverdig is
nie. Die tou om
haar bene en die handdoek om haar mond sou niks help sonder om haar hande ook
vas te bind nie en, indien die oogmerk
aanvanklik
10
slegs was om haar vas te bind en te verhoed dat sy alarm maak, is die
volgehoue geweld wat daarop gevolg het en die dodelike koord
om die nek
onverklaarbaar. Dit is onwaarskynlik dat mev Imrie haar so heftig verset het dat
sy nie op 'n ander manier oorrompel kon
word nie. Soos vantevore aangedui, was
sy reeds 65 jaar oud; sy was betreklik klein van liggaamsbou en uitgemergel deur
keel- en
mondkanker. Klaarblyklik sou sy nie veel weerstand teen haar twee
manlike aanranders kon bied nie. In elk geval word die moontlikheid
dat die
moord op die ingewing van die oomblik gepleeg is nadat daar eers 'n poging was
om haar vas te bind totaal oorskadu deur wat
reeds genoem is ten aansien van die
skuldvorm. Dit is, om die minste te sê, hoogs onwaarskynlik dat die
appellante by die beplanning
van die rooftog beoog het om hulle slagoffer 'n dag
lank vasgebind te hou sodat hulle Maandagaand die buit kon verwyder. Aan
straf
verswarende
faktore ontbreek dit nie. In die verhoorhof se uitspraak
word, benewens die "uiters brutale en barbaarse"
11
wyse waarop mev Imrie gedood is, verwys na die feit dat sy weerloos en
bejaard was en in haar eie huis om die lewe gebring is om geen
ander motief nie
as die selfverryking van die appellante; dat, nadat sy vermoor is, haar huis
boonop geplunder is; dat die strooptog
vooraf goed beplan is; dat die moord met
direkte opset gepleeg is; en na die feit dat die appellante geen berou oor hulle
optrede
getoon het nie. Dit is onnodig om enigeen van hierdie faktore verder te
bespreek behalwe om appellante se brutaliteit en wreedaardigheid
te beklemtoon.
Dit was totaal onnodig dat hulle slagoffer doodgemaak moes word tensy hulle ten
alle koste wou verseker dat hulle
nie aan die pen sou ry nie. Dat sy angsvol en
swaar gesterf het spreek vanself. Na haar dood het die appellante die
vermetelheid
gehad om die goedere waarin hulle belang gestel het, bymekaar te
stapel. By hulle vertrek het tweede appellant, benewens die huis
se sleutels wat
hulle moes saamgeneem het, ook die apparaat waarmee die afstandbeheerde tuinhek
geopen kon word, weggeneem. Daardie
12
aand het hy dit ewe kordaat gebruik om weer toegang tot die
perseel te kry.
By die oorweging van die vraag of die doodstraf
die
enigste gepaste vonnis is, het die verhoorregter
gewag gemaak
van die gemeenskap se belang by 'n geval soos
die
onderhawige, gesien in die lig van die betreklik groot
getal
bejaardes wat deesdae die teiken geword het van
moorddadige
rooftogte. Dit is gedoen na aanleiding van statistieke oor
die voorkoms van die misdaad wat die Staat by wyse van 'n
polisie-offisier voorgelê het. Ten opsigte hiervan het die
verhoorregter hom soos volg uitgelaat:
"Uit voormelde blyk dit dat binne die bestek van 5 jaar het nie alleen die
aantal aanvalle nie maar ook die aantal bejaarde slagoffers
meer as
vervierdubbel. Na my mening is dit 'n toedrag van sake wat die ordeliewende deel
van die gemeenskap net nie kan duld nie
en dan word daar nie eers verwys na die
golf van geweldsmisdade waarmee die land geteister word
nie."
Nadat na sekere uitsprake van hierdie verwys hof
is gaan die
uitspraak soos volg voort:
"Uit voormelde gewysdes spreek dit duidelik dat die afskrikkings-,
voorkomings- en vergeldingselemente van besondere beiang is by
oorweging van
welke vonnis die
13
enigste gepaste vonnis is waar weerlose bejaardes in die veiligheid van
hulle huise aangeval, beroof en vermoor word en dat die gemeenskapsbelang
'n
sterker oorweging is as die persoon van die dader self, selfs al is hy
rehabiliteerbaar."
In hierdie hof het appellante se advokate aangevoer dat
ie
verhoorregter die faktore waarna so pas verwys is,
orbeklemtoon het
en nie voldoende gewig verleen het aan die
elt dat die appellante
nie onrehabiliteerbaar is nie. Daar
teek niks in hierdie betoog nie.
By die oorweging van die
epastheid van die doodvonnis moet 'n balans
natuurlik
ehandhaaf word tussen die verskillende elemente
van
trafoplegging maar dit spreek vanself dat daar soms, na
elang van die omstandighede, voorkeur aan een of meer
eenoor
die ander verleen word. En om in 'n saak soos die
nderhawige
voorkeur te verleen aan die afskrikkings-,
oorkomings- en
vergeldingselemente is nie onvanpas nie. In
v Makie
1991(2) SASV 139 (A) op 143 g-h het VIVIER
AR
pgemerk dat
"(in) sake soos die huidige tree die gemeenskapsbelang sterk na vore.
Aanvalle op weerlose
bejaardes
in die veiligheid
van hul eie huise is uiteraard iets wat vir
14
die gemeenskap verderflik is. Die appellant se misdaad was egter so
afgryslik en sy optrede so boos, dat hierdie as 'n uiterste geval
beskou moet
word waar die voorkomings-, en vergeldingselemente deurslaggewend, en die
doodstraf gevolglik die enigste gepaste vonnis
is."
ergelike uitlatings kom voor in etlike latere uitsprake
van
ierdie hof. Dit is onnodig om daarna te verwys.
Natuurlik
eteken dit nie dat die doodvonnis in alle gevalle
die
nigste gepaste vonnis is waar weerloses of
bejaardes
angeval, beroof en vermoor word nie. Elke geval word
steeds
olgens sy eie omstandighede beslis. In die onderhawige
een
estaan daar geen rede om van die verhoorhof te verskil
nie.
nteendeel, myns insiens is volkome tereg bevind dat
die
oodstraf die enigste gepaste vonnis is.
Die appél word van die hand gewys.
J J F HEFER AR
ILNE AR )
RIEGLER Wn AR ) Stem saam.