About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 132
|
|
S v Venter (432/92) [1993] ZASCA 132 (23 September 1993)
Saak No. 432/92
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING
)
In die appèl tussen :
CHARLES FREDERICK VENTER
Appellant (op
borg)
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: NICHOLAS, KANNEMEYER, HARMS WRRA
VERHOOR
: 1993-09-17
GELEWER
: 1993-09-23
UITSPRAAK
2
KANNEMEYER, WRA
Die appellant het voor 'n streeklanddros tereg
gestaan op twee aanklagte, naamlik motordiefstal en bedrog. Hy het sy eie
verdediging
behartig en het op beide aanklagte skuldig gepleit. Na ondervraging
ingevolge artikel 112 (1) van die Strafproseswet, 51 van 1977
is hy op beide
aanklagte skuldig bevind. Op die diefstal aanklag is hy tot vier jaar
gevangenisstraf, waarvan die helfte voorwaardelik
opgeskort was, gevonnis. Op
die bedrog aanklag is hy tot een maand gevangenisstraf, saamlopend met die
vonnis op die diefstal aanklag,
gevonnis.
Hy het appêl aangeteken teen die vonnis op die diefstal aanklag en ook
teen die skuldigbevinding en vonnis op die bedrog aanklag.
Die skuldigbevinding
en vonnis op die bedrog aanklag is, op appêl, ter syde gestel maar die
appël teen die vonnis op die
diefstal aanklag is afgewys.
Hy kom nou, met verlof van die hof
a guo
, in hoër beroep teen die
vonnis op die motordiefstal aanklag.
3
Die appellant was 31 jaar oud ten tye van die pleging van die misdaad. Hy is
getroud met twee kinders. Sy vrou het hom, as gevolg
van die aangeleentheid en
sy onvermoë om haar en die kinders ordentlik te onderhou, verlaat maar die
huwelik bestaan nog. Hy
het geen vorige veroordelings nie. Hy het sy matriek met
'n eerste klas geslaag en is daarna as 'n databasis-administrateur opgelei
en
het 'n betrekking by De Beers bekom waar sy verdienste uiteindelik R7 000 per
maand met 'n gratis huis beloop het.
Hy het later uit hierdie betrekking bedank omrede hy nie 'n verwagte
bevordering gekry het nie. Hy het gepoog om 'n soortgelyke betrekking
te bekom
maar tevergeefs. De Beers wou hom nie terugneem nie en hy het deel van sy
pensioengeld gebruik om 'n musieksentrum aan te
koop waarmee hy musiek by 'n
hotel verskaf het, maar hierdie waagstuk het misluk en hy het in 'n
finansiële verknorsing beland.
Uiteindelik het hy 'n betrekking bekom by 'n firma wat, onder andere,
motorvoertuie verhuur. Dit was sy werk om
4
klante te werf en vir hierdie doel is hy van 'n motorkar voorsien.
Op 25 November 1991 het hy in die middestad van Johannesburg sy werk verrig.
Hy het 'n duplikaat van die motor se sleutel by 'n slotmaker
laat sny en die
motor in die straat geparkeer. Daarna het hy sy werkgewer gebel en hom meegedeel
dat die motor weg is. Die saak is
by die polisie aangemeld. Hy het die sleutels
van die voertuig aan sy werkgewer terugbesorg en later het hy teruggegaan na die
motor
en die sleutel wat hy laat sny het, gebruik om dit aan die gang te kry. Hy
het dit in sy broer se agterplaas weggesteek en 'n afspraak
gemaak met 'n
persoon wat, tot sy webe, in gesteelde motors handel, om oor die verkoop van die
voertuig te onderhandel. Die appellant
skat die waarde van die voertuig op
ongeveer R20 000-00. Voordat die beoogde verkoop afgehandel kon word, is die
appellant deur die
polisie in hegtenis geneem.
Voor ons het
Mnr Jacobs
namens die appellant
5
eerstens aangevoer dat die landdros 'n mistasting begaan het
deur die saak
nie te individualiseer nie, en nie feite eie
aan die appellant te oorweeg
nie. Na my mening gaan dit nie
op nie. Nadat hy, in sy uitspraak, die feite
gunstig vir die
appellant en dié wat teen hom tel oorweeg het,
sê die
landdros :
"Hy kan ongetwyfeld onderskei word van die massa misdadigers wat elke dag daar
staan."
Daar is, na my mening, geen rede om te dink
dat die landdros dit oor die hoof gesien het toe hy vonnis gevel het nie of dat
hy slegs
lippediens daaraan verrig het nie.
Dit is ook, namens appellant, aangevoer dat die vonnis buitensporig hoog is.
Die appellant is wel 'n eerste oortreder maar daar is
faktore wat
strafverswarend is. Die appellant was in 'n vertrouensposisie. Dit was 'n
beplande misdaad. Voor ons is dit aangevoer
dat appellant op die ingewing van
die oomblik die misdaad gepleeg het, maar dit is nie so nie. Hy het die
duplikaat sleutel laat
sny; hy het
6
die motor gaan parkeer en daarna sy werkgewer gebel. Daar was oorgenoeg tyd
vir hom om te besin. Die misdaad behels 'n element van
bedrog; trouens dit was
omdat die bedrog aanklag op 'n vermenigvuldiging van aanklagte neerkom dat die
hof a
quo
dit ter syde gestel het. Nadat hy die motor gesteel het, het hy
probeer om daarvan deur middel van 'n heler ontslae te raak. Motordiefstal
is 'n
baie ernstige misdaad wat volop voorkom. Dit ly geen twyfel nie dat vonnisse vir
hierdie tipe misdaad as afskrikmiddel moet
dien.
Na my oordeel het die
verhoorlanddros geen mistastings begaan nie, en is die opgelegde vonnis nie
buitengewoon swaar nie.
Die appèl word afgewys.
KANNEMEYER WRA
NICHOLAS WRA
STEM SAAM HARMS WRA