S v Botha (438/92) [1993] ZASCA 129 (23 September 1993)

54 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Theft and Fraud — Appellant convicted of theft and fraud for selling vehicles not owned by him — Appellant, a member of a closed corporation, sold vehicles leased from Volkskas and Wesbank while knowing he had no right to do so — Appellant's defense of implied consent and belief that proceeds would settle debts rejected — Court found appellant acted with intent to deprive owners of property — Conviction upheld on appeal.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 129
|

|

S v Botha (438/92) [1993] ZASCA 129 (23 September 1993)

Saak nr 438/92 /MC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPeLAFDELING)
Tussen
GIDEON JOHANNES BOTHA
Appellant
- en -
DIE STAAT
Respondenb
CORAM:
VIVIER, EKSTEEN ARR et KRIEGLER
Wnd AR.
VERHOOR:
17 September 1993
GELEWER:
23 September 1993
UITSPRAAK
VIVIER AR/
2
VIVIER AR:
Die appellant het in die Streekhof op Potchefstroom
tereggestaan op vyf aanklagte van bedrog (aanklagte 1, 3, 5, 7 en 9) en vyf
aanklagte
van diefstal (aanklagte 2, 4, 6, 8 en 10). Hy is skuldig bevind op
aanklagte 2, 4, 8 en 9 en tot 18 maande gevangenisstraf op elk
van die vier
aanklagte gevonnis. Die Transvaalse Provinsiale Afdeling het sy appèl
teen sy skuldigbevindings afgewys; die
appèl teen die vonnisse gehandhaaf
en die vonnisse vervang met een van drie jaar gevangenisstraf op al vier die
aanklagte;
en aan die appellant verlof verleen om teen die skuldigbevindings na
hierdie Hof te appelleer.
Gedurende 1989 en 1990 was die appellant lid van 'n beslote korporasie,
Wesland Beleggings BK ("Wesland"), wat 'n motorverhurings-besigheid
op
Potchefstroom bedryf het onder die naam K B Verhurings. Alle sake van Wesland en
K B Verhurings is deur die
3
appellant self gedoen. Die voertuie is almal by wyse van kredietooreenkomste
verkry en dan weer aan lede van die publiek verhuur.
Die Staatsaak was dat in
die geval van elke aanklag die appellant die betrokke voertuig verkoop het
terwyl hy geweet het dat hy nie
die eienaar daarvan was nie en nie geregtig was
om dit te verkoop nie.
Die drie voertuie wat ter sprake is by aanklagte 2, 4 en 8, naamlik 'n Toyota
Hi-Ace bussie met registrasie-nommer MLC764T, 'n Toyota
Corolla met
registrasie-nommer NKC445T en 'n Toyota Hi-Ace bussie met registrasie-nommer
NFM789T onderskeidelik, is almal van Volkskas
Bank Beperk ("Volkskas") gehuur
ingevolge huurooreenkomste wat bepaal het dat die huurder na betaling van 'n
vasgestelde aantal paaiemente
eienaar van die voertuig kon word. Ek sal na
hierdie voertuie as die Volkskas-voertuie verwys. Die voertuig wat die onderwerp
van
aanklag 9 is, 'n Toyota
4
Hi-Ace bussle met registrasie-nommer NLZ932T, is ingevolge 'n soortgelyke
ooreenkoms van Wesbank Beperk ("Wesbank") verkry. Dit was
gemene saak dat
Volkskas die eienaar van die eerste drie voertuie en Wesbank die eienaar van die
laaste voertuig was toe hulle na
bewering deur die appellant verkoop
is.
Voertuig no MLC764T is op 3 Mei 1989 deur Wesland van Volkskas gehuur en
op 20 Julie 1989, terwyl daar nog 'n bedrag van ongeveer
R25 000 daarop
verskuldig was, deur die appellant aan Kyalami Motors ("Kyalami") verkoop.
Kyalami het die koopprys per tjek betaal
wat deur die appellant in Wesland se
bankrekening by die Noordbrug-tak van Volkskas op Potchefstroom inbetaal is.
Voertuig no NKC445T
is op 19 Mei 1989 gehuur van Volkskas en op 17 November
1989, terwyl daar nog ongeveer R6 000 daarop verskuldig was, aan Kyalami
vir die
bedrag van R2 5 000 verkoop. 'n Tjek vir daardie bedrag is op dleselfde datum
deur
5
Kyalami aan K B Verhurings uitgemaak en in Wesland se gemelde bankrekening
gedeponeer. Voertuig no NFM789T is op 9 Maart 1989 gehuur
en op 2 Februarie
1990, terwyl ongeveer R35 000 nog daarop verskuldig was, aan Kyalami verkoop vir
die bedrag van R35 000. Kyalami
het dieselfde dag vir die voertuig betaal met 'n
tjek wat uitgemaak is aan Wesland en in laasgenoemde se gemelde bankrekening
inbetaal
is.
Die bestuurder van die betrokke tak van Volkskas, mnr Van Eck,
het by die verhoor getuig dat hy in April 1990 vasgestel het dat die
drie
Volkskas-voertuie deur die appellant aan Kyalami verkoop is. Toe hy die
appellant daarmee konfronteer het laasgenoemde dit aanvanklik
probeer ontken.
Van Eck het daarop aangedring dat Volkskas betaal word, en op 11 Mei 1990 het
Kyalami die verskuldigde bedrae van
R23 140 op voertuig no MLC764T en R35 553 op
voertuig no NFM789T aan Volkskas betaal terwyl die appellant
6
die balans van R6 028 ten opsigte van voertuig no NKC445T betaal' het. Sowel
Van Eck as mev Thompson, wat in beheer van die paaiemente-krediet
by Volkskas se
gemelde tak was, het getuig dat die appellant geen reêlings met Volkskas
getref het dat geld uit enige lopende
bankrekening onder sy beheer aangewend
word vir die betaling van die bedrae verskuldig ten opsigte van die betrokke
voertuie nie.
Mnr Redelinghuys, die verkoopbestuurder van Kyalami, het getuig dat hy geweet
het dat daar nog geld aan Volkskas verskuldig was op
al drie voertuie, maar hy
het aangeneem dat die appellant dit sou betaal met die geld wak hy van Kyalami
vir die voertuie ontvang
het. Hy hek eers later uitgevind dat dit nie gedoen was
nie. Omdat Kyalami toe reeds weer die voertuie verkoop heb, was hy verplig
om
die bedrae verskuldig ten opsigte van twee daarvan aan Volkskas te betaal.
7
Die appellant se verweer op die aanklagte van diefstal van die
Volkskas-voertuie was dat Volkskas stilswygend tot die verkopings toegestem
het,
en verder dat hy vas geglo het dat die opbrengs aangewend is ter delging van die
skuld. Hy het getuig dat dit nodig was om van
tyd tot tyd die voertuie te
vervang. Hy was dan verplig om eers die ou voertuie te verkoop ten einde die
uitstaande balans uit die
opbrengs te betaal. Op twee vorige geleenthede is
voertuie wat van Volkskas gehuur is, eers verkoop en dan betaal. By dié
geleenthede het hy vir Van Eck of 'n ander bankamptenaar wat hom gehelp het,
gesê dat die ou voertuig verkoop en die opbrengs
in sy of Wesland se
bankrekening inbetaal moet word om die skuld van die ou voertuig te delg. Hy het
dan terselfdertyd Volkskas se
tjek ter betaling van die nuwe voertuig ontvang en
die nuwe kredietooreenkoms tussen hom en Volkskas geteken. Hy het aanvaar dat
Volkskas self die nodige reêlings sou
8
tref om die uitstaande balans op die ou voertuig uit sy bankrekening te
betaal. Ek vind die appellant se getuienis oor wat by die
vorige twee
geleenthede gebeur het moeilik om te aanvaar. Maar dit is in elk geval nie wat
in die huidige drie gevalle gebeur het
nie. Hier was geen sprake van die
vervanging van voertuie nie of van 'n vooraf reëling met Volkskas om 'n
nuwe kredietooreenkoms
en tjek gereed te kry vir die nuwe voertuig wat in die
plek van die oue kom nie. Volkskas was onbewus daarvan dat sy voertuie verkoop
is, en daar kan van stilswygende toestemming geen sprake wees nie.
Die Verhoorhof het die appellant se getuienis dat hy 'n reëling met Van
Eck getref het om die uitstaande balanse uit sy lopende
rekening te betaal, as
"deursigtig vals" verwerp. Afgesien van die oortuigende getuienis tot die
teendeel van Van Eck en Thompson,
bots die appellant se weergawe met die
9
objektiewe feite en is dit totaal onwaarskynlik. Nadat die appellant die
Volkskas-voertuie verkoop het, het hy voortgegaan om die
maandelikse paaiemente
aan Volkskas te betaal, wat onversoenbaar is met sy beweerde reeling met Van
Eck. In elk geval is dit ondenkbaar
dat die appellant kon gedink het dat
Volkskas sonder sy skriftelike opdrag geld uit sy bankrekening kon aanwend ter
delging van die
betrokke skulde en verder dat hy nie uit sy bankstate sou
agtergekom het dat die bedrae, wat aansienlik was, nie betaal is nie. Dit
is
duidelik dat die appellant voertuie waarvan Volkskas die eienaar was doelbewus
vir homself toegeëien het, met daardie optrede
volhard het en dat hy die
nodige wederregtelikheidsbewussyn gehad het. Hy is gevolglik korrek skuldig
bevind aan diefstal van die
Volkskas-voertuie.
Ek kom nou by die bedrogaanklag ten opsigte van die voertuig wat die
appellant van Wesbank gehuur
10
het (aanklag 9). Reeds teen Julie 1989 was Volkskas nie meer bereid om verder
krediet aan die appellant te verleen nie en hy het hom
gevolglik na Wesbank
gewend. Op 3 Julie 1989 het hy 'n kredietooreenkoms met Wesbank gesluit ten
opsigte van voertuig NLZ932T. Op
20 Julie 1990, en terwyl daar nog h bedrag van
ongeveer R62 000 op die voertuig uitstaande was, het die appellant besit van die
voertuig
aan mnr Nkwech afgestaan. Volgens Nkwech het hy die voertuig van die
appellant vlr die bedrag van R40 000 gekoop, betaalbaar deur
'n deposito van R18
000 en maandelikse paaiemente van R2 000. Hy het die deposito van R18 000 en
drie paalemente van R2 000 elk betaal
en kwitansies vir hierdie betalings
ontvang. Die voertuig is op sy naam geregistreer nadat die appellant die nodige
dokumentasie
voltooi en aan hom oorhandig het. Hy het die algemene
verkoopbelasting op die voertuig betaal. Daarna het die appellant hom genader
en
gesê dat die bank die
11
voertuig terugeis en dat hy sy geld sou teruggee. Nkwech het sy prokureur
gaan spreek en met sy hulp 'n ooreenkoms met Wesbank bereik
waarvolgens hy die
voertuig behou en onderneem het om R2 000 per maand op die uitstaande balans af
te betaal.
Die appellant se weergawe was dat hy slegs die voertuig aan Nkwech
verhuur het. Die bedrag van R18 000 was 'n "versekeringsdeposlto"
en die bedrae
van R2 000 huurgeld. Hy het verduidelik dat hy aan Nkwech 'n brief van sy
versekeraars gewys het waarin gesê
is dat die versekering slegs geld
indien 'n blanke die voertuig bestuur. Nkwech se reaksie was dat hy 'n bedrag
van R18 000 beskikbaar
het wat hy nie dadelik nodig het nie en dat die appellant
dit kon hou om die voertuig te herstel indien dit beskadig word. Hy het
verder
sy registrasiesertifikaat aan Nkwech oorhandig sodat laasgenoemde dit op sy naam
kon registreer ten einde die nodige permit
te bekom. Nkwech het ontken dat
die
1 2
appellant ooit melding van enige brief van sy versekeraars gemaak het.
Ek
vind die appellant se weergawe dat Nkwech R18 000 rentevry as 'n
"versekeringsdeposito" aan hom sou oorhandig het, uiters onwaarskynlik.
Daarmee
kon Nkwech 'n nuwe voertuig gekoop het, soos hy ook gesê het. Die
Verhoorhof het die getuienis van Nkwech aanvaar en
die van die appellant
verwerp. Die Hof sê dat Nkwech deurgaans 'n gunstige indruk as 'n getuie
gemaak het, dat sy weergawe
gestaaf word deur die feit dat die voertuig in sy
naam geregistreer is en dat dit ook meer waarskynlik is as diê van die
appellant.
Daar bestaan geen gronde om met die Verhoorhof se bevinding oor
geloofwaardigheid in te meng nie. Dit volg dat die appellant ook
op hierdie
aanklag korrek skuldig bevind is.
Alhoewel die appellant nie verlof gekry het om teen sy vonnis te appelleer
nie, is daar namens hom
1 3
betoog dat hierdie Hof met die vonnis moet inmeng. Met verwysing na S v
Shenker and Another 1976(3) SA 57(A) op 61D het mnr Malan,
namens die Staat,
toegegee dat hierdie Hof by magte is om die vonnis te oorweeg al het die
appèl teen die skuldigbevindlngs
misluk en al was daar nie 'n
appèl teen die vonnis nie. Omdat daar in elk geval geen basis is om met
die vonnis in te meng
nie, is dit onnodig om te beslis of die toegewing korrek
gemaak is. Daar is nie namens die appellant op enige wanvoorligting gesteun
wat
die vonnis betref nie en dit is ook nie so swaar dat inmenging geregverdig is
nie.
Die appèl word afgewys.
W.
VIVIER AR.
EKSTEEN AR)
Stem saam. KRIEGLER Wnd AR)