S v Thusi (379/91) [1993] ZASCA 128 (20 September 1993)

62 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Appeal against death sentence — Appellant convicted of murder, housebreaking with intent to rob, and robbery — Appellant's claim of acting in a fit of rage over unpaid wages rejected by trial court — Evidence of premeditated attack with excessive violence — Trial court's finding of direct intent to kill upheld — Death sentence substituted with 20 years' imprisonment based on mitigating factors, including appellant's emotional state and lack of prior violent convictions.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 128
|

|

S v Thusi (379/91) [1993] ZASCA 128 (20 September 1993)

1
Saak Nr 379/91 /MC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPeLAFDELING)
In die saak tussen
ABRAHAM THUSI
Appellant
- en -
DIE STAAT
Respondent
CORAM:
HOEXTER, VIVIER et VAN DEN HEEVER
ARR.
VERHOOR:
13 September 1993
GELEWER:
20 September 1993
UITSPRAAK
VIVIER AR./
2
VIVIER AR.
Die appellant is in die Transvaalse
Provinsiale Afdeling deur LABUSCHAGNE R en assessore op een aanklag elk van
moord, huisbraak meb
die opset om te roof met verswarende omstandighede en roof
met verswarende omstandighede skuldig bevind. Op die moordaanklag is die
appellant die doodvonnis opgelê en op die ander twee aanklagte, wat
saamgeneem is vir doeleindes van vonnis, is hy tot 12 jaar
gevangenisstraf
gevonnis. Ingevolge die bepalings van art 316A van Wet 51 van 1977 appelleer hy
na hierdie Hof alleen teen sy vonnis
op die moordaanklag.
Die tersaaklike feite is die volgende. Gedurende Augustus 1989 het die
appellant diens aanvaar by 'n geneesheer van Benoni, die 56-jarige
dr Michiel
Daniel Burger ("die oorledene") as motorbestuurder om pasientc na en van sy
spreekkamer te vervoer. Die appellant was
verder 'n bedrewe bouer en
gedurende
3
Sepbember 1989 het hy begin om in sy vrye tyd vir die oorledene 'n
swembad te bou. Teen 18 November 1989 het die bouwerk goed gevorder
en het die
oorledene reeds 'n bedrag van Rl,500 van die ooreengekome R3,500 aan die
appellant betaal. Daardie dag was dle appellant
besig om met 'n elektriese
skuurder aan die teëls in die swembad te werk toe die oorledene se 5-jarige
seuntjie aan die kabel
van die skuurder ruk. Die appellant het geskrik, uit die
swembad gespring en die seuntj ie 'n paar houe met die oop hand op sy boud
gegee. Die oorledene het nader gekom en die appellant beveel om die perseel te
verlaat. Hy het geweier om dit te doen tensy hy sy
geld kry. Die oorledene het
die polisie ontbied en h klag van aanranding gelê. Die polisie het die
appellant aangeraai om die
swembad te voltooi, wat hy op 3 Januarie 1990 gedoen
het, nadat hy intussen slegs 'n verdere R50 van die oorledene vir sy werk
ontvang
het. Toe hy die oorledene daardie
4
dag vir betaling van die balans van Rl,950 vra, het die oorledene geweier
en gesê dat hy eers die pleisterwerk moes oordoen.
Hy was nie bereid om
dit te doen nie omdat dit sou beteken dat die teëls verwyder en die swembad
oorgeteel en -geverf moes word.
Die appellant het getuig dat hy baie
ontsteld en gegrief was oor die oorledene se weiering om hom te betaal en dat hy
dadelik by die
polisie gaan kla het. Twee polisiemanne is saam met hom na die
oorledene wat 'n onwrikbare houding ingeneem het met die woorde dat
al die beste
prokureurs in die land hom nog nie sover sou kry om die appellant te betaal nie.
Alhoewel die appellant se getuienis
in hierdie verband verskil van wat hy
voorheen in 'n bekentenis aan 'n landdros gesê het, het die Verhoorhof
aanvaar dat hy
minstens by een geleentheid by die polisie gaan kla het oor die
geld wat die oorledene hom skuld, maar dat die polisie hom nle kon
help nie. Die
Verhoorhof het verder aanvaar
5
dat die appellant nie genoegsame fondse gehad het om 'n prokureur se hulp
in te roep nie. Die appellant het daarna sy gereedskap van
die oorledene se
perseel verwyder, behalwe vir 'n panga wat hy gebruik het om teëls mee te
sny wat onder 'n afdak agtergebly
het.
Die aand van 16 Januarie 1990
het die appellant na die oorledene se huis gegaan waar 'n partytj ie aan die
gang was. Hy het die panga
gaan haal waar hy dit vantevore gelaat het en het toe
vir ongeveer ses uur in die bosse langs die oorledene se perseel gewag totdat
die laaste gaste om ongeveer half-drie die nag vertrek het. Hy is toe die huis
binne deur die kombuisdeur, wat nie gesluit was nie,
tot in die oorledene se
slaapkamer. Hy het die oorledene wakker gemaak deur hom met die panga in die
maag te druk. Op die oorledene
se vraag wie dit was, het hy geantwoord: "Dit is
Abraham, die man vir wie jy nie wil betaal nie". Die oorledene het van die
bed
6
afgespring en nader gekom, waarop die appellant hom veelvuldige houe met
die panga op die kop en bolyf geslaan het. Die oorledene
se seuntjie wat saam
met hom geslaap het, het intussen wakker geword en begin huil. Dle appellant het
die seuntjie se kop met 'n
deken toegemaak, sy hande agter sy rug vasgebind en
hom in 'n hangkas toegesluit. Die appellant het daarna die oorledene se kamer
deursoek vir geld maar niks gevind nie. Hy het verskeie artikels soos die
televisiestel, 'n videospeler en 'n hoetroustel uit die
huis geneem, dit op die
oorledene se bakkie gelaai en dit saam met die oorledene se elektriese
saagmasjien en sy elektriese skêr
wat toevallig op die bakkie was, by sy
huis gaan aflaai met die doel om dit later te verkoop. Hy het daarvandaan verder
gery met
die oorledene se voertuig totdat dit sonder brandstof gaan staan het.
Hy het die voertuig net daar gelos. Hy is later dieselfde week
gearresteer.
7
Dit is duidelik uit die mediese getuienis oor die nadoodse ondersoek op
die liggaam van die oorledene dat die aanval op hom 'n langdurige
een was wat
met groot geweld gepaard gegaan het. Daar was ongeveer 40 wonde waarvan 'n hele
aantal op die kop, nek en gesig was;
feitlik die hele skedel was gebreek en
beide die linker- en regtervoorarms was gebreek.
In sy uitspraak op
die meriete het die Verhoorhof die appellant se getuienis dat hy die betrokke
nag na die oorledene gegaan het slegs
om hom skrik te maak ten einde sy geld te
kry, as vals verwerp. Die Verhoorhof het instede die appellant se weergawe in sy
bekentenis
aan die landdros aanvaar dat hy daarheen gegaan het met die doel om
die oorledene met sy panga aan te rand en van sy goed te beroof.
Die aard en
omvang van die aanval is, na my mening, sekerlik nie te versoen met 'n blote
bedoeling om die oorledene skrik te maak
nie, en die bevinding dat die
8
appellant met dolus directus die oorledene gedood het, is ten volle
geregverdig. Die appeiiant se getuienis dat die oorledene aan
sy seuntjie
gesê het om sy vuurwapen te bring en dat hy daarom die oorledene met
soveel geweld aangeval het, is deur die Verhoorhof
verwerp as 'n versinsel om sy
aanval te probeer regvërdig. Daar is nie voor ons betoog dat die Verhoorhof
in hierdie opsig fouteer
het nie.
Die Verhoorhof het bevind dat daar geen strafversagtende faktore is nie,
alhoewel die Hof aanvaar het dat die appellant geglo het
dat hy die bouwerk
behoorlik voltooi het en dat hy ontsteld was en gegrief gevoel het oor die
oorledene se weiering om hom be betaal.
Die Verhoorregter sê in sy
uitspraak oor vonnis dat dit te verstane is dat 'n persoon in die posisie waarin
die appellant hom
bevind het, by die oorledene se huis sou wou inbreek om van sy
goed te
9
vat as betaling vir dle skuld. Die appellant kon dit met die grootste
gemak gedoen het sonder om die oorledene aan te rand, maar hy
was nie daarmee
tevrede nie, en het besluit om die oorledene ook aan te rand. Gevolglik is sy
"ontsteltenis oor die geld" ten aansien
van die roof- en moordklagtes inderdaad
'n strafverswarende faktor, alhoewel dit, wat die huisbraak betref, 'n
strafversagtende faktor
is. Hierdie redenasie is moeilik te begryp. Die
appellant se heftige gemoedstoestand, wat deur die Verhoorregter aanvaar is, was
tog deurgaans dieselfde, en die feit dat die appellant nie tevrede was om net
die oorledene se goed te vat nie, is juis aanduidend
daarvan. Sy woorde aan die
oorledene: "Dit is Abraham, die man vir wie jy nie wil betaal nie", spreek ook
duidelik daarvan. Na my
mening moet die appellant se gegriefdheid oor die
oorledene se ongenaakbare weiering
10
om hom te betaal, wat sekerlik vererger is deur die 'feit dat hy vanaf 18
November 1989 slegs 'n verdere R50 vir sy werk ontvang het,
as h sterk
versagtende faktor beskou word.
Die Verhoorregter het voorts in sy
uitspraak oor vonnis die appellant dit verkwalik dat hy leuenagtige getuienis
afgelê het
en ek kry die indruk dat dit as 'n strafverswarende faktor teen
die appellant in ag geneem is. 'n Beskuldigde se leuenagtige getuienis
of vals
verweer, opsigself genome, kan natuurlik nie as strafverswarend teen hom gehou
word nie.
Die appellant was 31 jaar oud ten tyde van die pleging van die misdade.
Hy het std 8 op skool geslaag en het voorheen by verskeie
bouaannemers gewerk:
eers as 'n handlanger en later as vragmotorbestuurder. Hy het onder meer drie
vorige veroordelings vir huisbraak
met die opset om te steel
11
en diefstal erken, twee vir diefstal en een vir poging tot diefstal. Sy
enigste vorige veroordeling vir 'n geweldsmisdaad is een vir
aanranding met die
opset om ernstig te beseer. Laasgenoemde oortreding, waarvoor hy op 28 Augustus
1984 ses maande gevangenisstraf
opgelê is, is in die gevangenis gepleeg
terwyl hy besig was om 'n vonnis van sewe jaar gevangenisstraf vir diefstal uit
te
dien. Sy vorige veroordelings oortuig my nie daarvan dat hy nie
rehabiliteerbaar is nie.
Dat daar erg verswarende faktore aanwesig is in die huidige saak, is
duidelik. Die aanval was beplan en het sekerlik 'n element van
wraak behels. Dit
is op wreedaardige wyse en met groot geweld op h weerlose slagoffer uitgevoer.
Die appellant het met die direkte
opset om te dood gehandel. Hy het geen berou
getoon nie en het h hele aantal vorige veroordelings. Daarteenoor is daar die
sterk
12
versagtende faktor waarna ek reeds verwys het. Na my mening is die
heftige gemoedstoestand waaronder die appellant as gevolg van sy
gegriefdheid en
frustrasie gehandel het, die een uitstaande kenmerk van die huidige saak. Ek is
gevolglik nie daarvan oortuig dat
die doodvonnis die enigste gepaste vonnis is
nie. Na my mening sal 'n lang termyn van gevangenisstraf eerder as die
doodvonnis in
die besondere omstandighede van hierdie saak die gepaste straf
wees.
Die appèl teen die doodvonnis op die moordaanklag slaag
gevolglik. Die doodvonnis op hierdie aanklag word tersyde gestel en
met 'n
vonnis van 20 jaar gevangenisstraf vervang. Daar word verder gelas dat die
vonnis van 12 jaar gevangenisstraf wat die appellant
op die ander aanklagte
opgelê is, met hierdie vonnis van 20 jaar gevangenisstraf
saamloop.
W. VIVIER AR.
HOEXTER AR) Stem saam.
VAN DEN HEEVER AR
2 Die omstandighede waarin oorledene
gedood is, word deur my kollega uiteengesit. Ek gaan egter met eerbied nie
akkoord met sy voorgestelde
bevel nie, en sou die appêl van die hand wys.
Die redes volg, kortliks:
1.
Om oorledene se
houding teenoor appellant as ongenaakbaar te klassifiseer, druis na my mening in
teen die trant van die getuienis
van mnr du Plessis wat deur appellant as getuie
geroep is.
2.
Die verhoorhof
het in appellant se guns aanvaar dat hy erg gegrief was oor oorledene se
weiering om hom te betaal tensy hy gedane
werk regstel. Daar kan egter na-my
mening nie gepraat word van 'n "heftige gemoedstoestand" by appellant in hierdie
geval nie. Die
hele voorval was kil vooruitbeplan, geduldig afgewag, en wreed
uitgevoer. Sy optrede deurgaans was berekend. Hy het die
huilende
3 kind na 'n aangrensende vertrek geneem en uit die pad gekry, is terug
kamer toe waar hy, nadat hy homself tevrede gestel het dat
oorledene heeltemal
buite aksie is, vir geld gesoek het en het van daar gegaan na die eetkamer waar
hy tydsaam vir hom handelsware
gekies het. Nadat hy hulle in die swart woonbuurt
afgelaai het, het hy teruggekom na die misdaad-toneel: toe die oorledene se
voertuig
sonder brandstof gaan staan, is hy verder te voet sodat hy die gevolge
van sy optrede kon gewaar (en hy hét gesien dat die
polisie en die
ambulans op die toneel was). Geen ander rede doen hom voor nie.
3. Daar is na my mening, met eerbied, nie ' n "element" van wraak in sy
optrede nie. Daardie optrede is slegs deur wraak
gemotiveer.
4.
Volgens
sy SAP 69, bots hy sedert 1975 toe
hy
4 ongeveer 17 jaar oud moes gewees het, met die gereg. Vonnisse in die
verlede het hom nie oorreed om sy hande van andermanseiendom
te hou nie, sodat
aanvaar moet word dat hy nie leer uit ondervinding nie: prima facie
onrehabiliteerbaar is. Weliswaar is hy slegs
eenkeer in die verlede skuldig
bevind aan 'n geweldsoortreding maar wat kwel is dat hy 'n aanranding met 'n
yster binne die gevangenis
gepleeg het. Inagnemend die beplande en berekende
wreedheid waartoe hy in staat is soos bewys deur die oorkonde voor ons meen ek
dat die samelewing waaruit hy verwyder behoort te word, nie beperk is tot
wetsgehoorsames op vrye voet nie. Ek meen dat die doodvonnis
die enigste
gepaste
straf is vir hierdie man vir die
daad wat hy gepleeg
het.
5 L VAN DEN HEEVER AR