S v Mtsweni (63/91) [1993] ZASCA 125 (16 September 1993)

70 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Nullity of conviction — Appellant convicted of murder but proceedings declared a nullity due to absence of legal provisions for sentencing after appeal — Appellant charged with the murder of Nellie Mthombeni, but conviction set aside as the trial court could not impose a sentence after the appeal process was initiated — Court held that the conviction was invalid and required a declaratory order to resolve the status of the conviction and the appellant's bail.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 125
|

|

S v Mtsweni (63/91) [1993] ZASCA 125 (16 September 1993)

CG SAAKNOMMERL: 63/91
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak van:
JOHN KOSABO NTULI MTSWENI
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: HOEXTER, HEFER, VIVIER, EKSTEEN et VAN DEN HEEVER ARR
AANGEHOOR
: 6 SEPTEMBER 1993
GELEWER
: 16 SEPTEMBER 1993
UITSPRAAK VAN DEN HEEVER AR
2
Op 2 Augustus 1986 is mev Nellie Mthombeni naby Vaalbank B in Transvaal
gedood. 'n Groep persone het haar by haar huis gekonfronteer
met die eis dat sy
haar toormiddels uitwys. Toe sy dit nie doen en hulle ook niks op haar perseel
kon vind nie, is brandstof oor
haar gegiet en sy aan die brand gesteek.
Uit hoofde van hierdie gebeure, maar eers vier jaar later, is agt persone
voor Human WnR in die Transvaalse Provinsiale Afdeling aangekla
van moord. Die
huidige appellant was beskuldigde nr 1. Ek verwys na hom voortaan soos by die
verhoor. Die aanklag is teruggetrek
teen beskuldigde nr 7, in sy afwesigheid.
Beskuldigdes nommers 2, 3, 4, 5, 6 en 8 is onskuldig bevind maar nr 1 skuldig
sonder dat
enige van hulle getuig het.
Sy advokaat het beskuldigde nr 1 geroep om getuienis ter versagting af te
lê in die loop waarvan hy vorendag gekom het met '
n storie wat 'n verweer
kon gewees het teen die Staat se saak indien die verhoorhof
3
dit as redelik moontlik waar sou beskou het. Sy moeder het ook getuig ter
versagting. Daarna het Human WnR sonder om vonnis op te
lê 'n spesiale
aantekening ingevolge a 317 van die Strafproseswet gemaak en ook verlof verleen
om te appelleer op dieselfde
gronde as wat deur die spesiale aantekening gedek
word. Vir doeleindes hiervan is die inhoud daarvan nie tersake nie. Die hof het
gelas dat beskuldigde se borg bly staan in dieselfde bedrag en op dieselfde
voorwaardes as wat gegeld het tot op daardie stadium.
Waar die verhoorhof nie
gemeld het dat dit die posisie sou wees
totdat die appèl afgehandel is nie, kan aanvaar word dat die bedoeling
was dat hy daardie vergunning sou geniet,
soos in die verlede, totdat die saak uiteindelik eenkant
toe of die ander afgehandel is.
Die verrigtinge is daarna gestaak hangende die
beslissing van hierdie hof.
Dit is onnodig om te besluit of daar dalk
verskoning daarvoor kan wees dat in uitsonderlike
4 gevalle ten opsigte
van skuldigbevindings in die laer howe, in hoër beroep gegaan word voordat
die laerhof se verrigtinge deur
vonnisoplegging voltooi is. Heeltemal ander
oorwegings geld in elk geval ten aansien van strafverhore in die Hooggeregshof,
omdat
geen statutêre voorsiening gemaak is dat 'n ander hof as dié
wat die getuienis aangehoor en skuldigbevinding ingebring
het, op 'n latere
stadium vonnis kan oplê nie.
Wat in hierdie geval gebeur het, beklemtoon hoe ongewens enige poging is om
verrigtinge stuksgewys voor hierdie hof te laat dien.
Human WnR is ongelukkig
inmiddels oorlede. Die advokate is dit eens dat die verrigtinge by ontstentenis
aan enige wetteregtelike
voorskrif waarvolgens daardie verrigtinge afgehandel
kan word, 'n nulliteit word.
In
S v DE KOKER
1978 (1) SA 659
(0) is gesê dat geen bevel nodig
is nie omdat die verrigtinge verval waar die voorsittende regterlike amptenaar
nie kan voortgaan
met 'n verhoor wat reeds 'n aanvang voor hom
5 geneem het
nie. Dit is wel so dat waar die verrigtinge 'n nulliteit word, alles wat daarmee
saamhang ook moet verval soos hier die
appèl self en die aansoek om
kondonasie vir laat aantekening van appèl. Dit is egter ongewens dat 'n
aangetekende skuldigbevinding
in die lug bly hang om moontlik vorentoe elders
verwarring te skep, en aangesien die saak wel voor ons dien, meen ek dat 'n
verklarende
bevel gemaak moet word.
Die Prokureur-generaal het deur sy verteenwoordiger onderneem om spoedig te
besluit of hy voornemens is om óf opnuut beskuldigde
nr 1 voor die hof te
bring om verhoor te word óf die bestaande aanklag teen hom terug te trek,
sodat die vraag van sy borg
ook opgelos kan word.
Die bevel van die hof is dat dit verklaar word dat die skuldigbevinding van
beskuldigde nr 1 op die aanklag dat hy op 2 Augustus 1986
te of naby Vaalbank
"B" in die distrik Mdutjana vir Nellie Mthombeni vermoor het, 'n nulliteit
is.
6
VAN DEN HEEVER AR
STEM SAAM:
HOEXTER AR)
HEFER AR)
VIVIER AR)
EKSTEEN AR)