About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 108
|
|
S v Van Heerden (631/92) [1993] ZASCA 108 (3 September 1993)
1.
Saak nr 631/92 /MC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
JOHANNES LODEWIKUS PETRUS
VAN HEERDEN
Appellant
- en -
DIE
STAAT
Respondent
CORAM:
VIVIER, NIENABER ARR
et,
HOWIE Wn AR.
VERHOOR:
27 Augustus 1993.
GELEWER:
3 September 1993.
UITSPRAAK
VIVIER AR.
2.
VIVIER AR.
Die appellant het in die Rondgaande Hof op
Springs saam met twee ander, na wie ek as beskuldigdes 1 en 2 onderskeidelik sal
verwys,
tereggestaan op een aanklag elk van moord en roof. By die aanvang van
die verhoor het die appellant skuldig gepleit op die aanklag
van moord en
onskuldig op die aanklag van roof. Beskuldigdes 1 en 2 het onskuldig op beide
aanklagte gepleit, waarna 'n skeiding
van verhore gelas is en die verhoor teen
die appellant alleen voortgegaan het. Nadat getuienis gelei is, is hy skuldig
bevind aan
moord en onskuldig op die aanklag van roof. Hy is gevonnis tot 25
jaar gevangenisstraf. Met verlof van die Verhoorregter appelleer
hy na hierdie
Hof slegs teen sy vonnis.
Die oorledene was die appellant se vrou met wie hy op 26 September 1986
getroud is. Hy was toe 34 jaar en sy slegs ongeveer 17 jaar
oud. Hy is
ses
3.
maande vantevore van sy vorige vrou geskei en het toesig gekry oor hulle
vier kinders, 'n dogter van 16
jaar en drie seuns van onderskeidelik
14 jaar, 12 jaar en 10 jaar. Die kinders het by hom en die oorledene gebly. Uit
sy huwelik met
die oorledene is een kind gebore ("Johan") wat 4 jaar oud was ten
tyde van haar dood. Die huwelik was nie gelukkig nie. Uit die getuienis
van die
appellant, sy dogter Linda en 'n vriendin van die egpaar, mev Venter, is dit
duidelik dat die oorledene nie alleen onvolwasse
was nie, maar ook 'n jaloerse
en aggressiewe geaardheid gehad het. Sy was jaloers op die appellant en het hom
valslik van onbehoorlike
verhoudings met ander vroue beskuldig. Sy was ook
jaloers op sy kinders uit sy vorige huwelik. Sy kon hulle nie hanteer nie en het
hulle sleg behandel. Wanneer die appellant met haar oor hul probleme gepraat
het, het sy hom gevloek en uitgeskel. As gevolg van
hul huweliksprobleme het
die
4.
oorledene 'n paar keer die huis verlaat en Johan saam met haar geneem.
Die laaste keer was gedurende April 1990 toe die appellant
eers na agt dae
uitgevind het waar sy en Johan is. Hy het getuig dat hy op daardie stadium vir
die eerste keer daaraan gedink het
om iemand te kry om haar dood te maak. Hy het
haar egter oorreed om terug te kom na hom maar na twee of drie maande het die
moeilikheid
weer begin. Hy was desperaat en het selfs verskeie toordokters se
hulp ingeroep. Een van hulle, Samuel Sombani, het namens die Staat
getuig dat hy
die appellant gedurende die winter van 1990 drie keer besoek en R400 vir sy
dienste ontvang het. Die appellant het
hom oa versoek om die oorledene dood te
maak wat hy nie bereid was om te doen nie. Volgens die appellant het sy
verhouding met die
oorledene teen die einde van 1990 verder versleg. Hy wou nie
van haar skei nie omdat hy te lief was vir haar en sou haar liewer dood
wou sien
as om haar aan
5.
iemand anders af te staan. Sy het ook herhaaldelik gedreig dat indien sy
hom verlaat sy sou sorg dat hy Johan nooit weer sien nie
en hy het dit
geglo.
Ongeveer 'n maand voor die oorledene se dood het hy vir die beskuldigde
2,wat by hom gewerk het,gevra
om iemand te kry om die oorledene dood
temaak. Ongeveer twee tot drie weke later het beskuldigde 2 aan hom gesê
dat hy iemand
gekry het wat haar sou doodskiet teen 'n vergoeding van R4 000. Op
Woensdag 19 Desember 1990 het beskuldigdes 1 en 2 na sy werkplek
gekom en
gesê dat hulle die oorledene die Saterdagaand van daardie week sou
doodskiet en dat hy moes sorg dat hy die aand laat
by die huis kom. Hy het aan
beskuldigdes 1 en 2 verduidelik dat die voordeurslot van sy huis stukkend is en
dat hulle op dié
manier by die huis kon inkom. Hy het die R4 000 aan
beskuldigde 2 oorhandig. Hy het ook aan beskuldigde 2 geld gegee om vir
beskuldigde
1, wat van Mosambiek gekom het, se
6.
verblyf in Johannesburg te betaal. Die Saterdagoggend het beskuldigde 2
hom gebel en gesê dat hy die huis aan beskuldigde 1
uitgewys het en dat
alles reg is vir die aand. Toe hy ongeveer kwart oor elf die aand by die huis
kom, het hy die oorledene dood
aangetref in die slaapkamer. Volgens die mediese
getuienis het die oorledene gesterf as gevolg van 'n skietwond tussen haar
wenkbroue.
Namens die appellant het mnr Strydom voor ons betoog dat
die Verhoorregter tot so h mate die strafverswarende faktore oorbeklemtoon
en
die strafversagtende faktore onderbeklemtoon het dat die afleiding geregverdig
is dat hy nie sy diskresie behoorlik uitgeoefen
het nie. Ek stem nie saam nie.
Daar is geen steun te vind vir hierdie betoog in die uitspraak oor vonnis nie en
die Verhoorregter
het inteendeel, soos ek hieronder sal aantoon, twee
versagtende faktore in die appellant se guns aanvaar
7.
wat, na my menihg, nie deur die getuienis geregverdig is nie. Uiteindelik
het mnr Strydom volstaan met die betoog dat die vonnis buitengewoon
swaar is en
daarom inmenging deur hierdie Hof regverdig.
As 'n versagtende
faktor het die Verhoorregter aanvaar dat die appellant "subjektief geglo het dat
daar geen ander uitweg was nie
en uit pure désperaatheid" die moord
beplan het. Dié bevinding is gegrond op die appellant se getuienis dat hy
geglo
het dat hy na 'n egskeiding nooit weer vir Johan sou sien nie en dat hy
die oorledene so lief gehad het dat hy haar eerder dood wou
sien as om haar aan
'n ander man af te staan. Ek vind die gedeelte van die appellant se getuienis
oor Johan waarna hierbo verwys
is, totaal onaanvaarbaar. Volgens prof Beyers, 'n
'nh goed gebalanseerde persoon met 'n bo-gemiddelde intelligen= sie. Hy is 'n
suksesvolle
sakeman wat al vantevore
8.
geskei is en h egskeidingsaksie teen die oorledene begin en weer laat
vaar het. Volgens sy eie getuienis was Johan elke dag by hom
en het hy vir hom
gesorg. Hy kon nie geglo het dat hy Johan na 'n egskeiding nooit weer sou sien
nie. Sy ander motief vir die moord
-dat hy die oorledene so lief gehad het dat
hy haar eerder dood wou sien as om haar aan 'n ander af te staan is moeilik om
te aanvaar
en is in elk geval eerder strafverswarend as -versagtend.
Oor die kwessie van berou sê die
Verhoor=
regter dat hy twyfel of die
appellant aanvanklik berouvol was en of sy latere berou eg was, maar dat hy die
voordeel van die twyfel
moet kry en dat as 'n versagtende faktor bevind moet
word dat die appellant berouvol was en is oor sy optrede. Totdat hy sewe maande
na die moord gekonfronteer is deur die polisie met die arrestasie van
beskuldigdes 1 en 2, het die appellant geen tekens van berou
getoon nie en het
hy
9.
inderdaad deur listige optrede die polisie om die bos probeer lei. In die
lig van die oorweldigende staatsaak teen hom kan nie te
veel gewig geheg word
aan sy samewerking met die polisie en sy pleit van skuldig nie. In sy getuienis
het hy klaarblyklik nie die
Verhoorhof volkome in sy vertroue geneem toe hy oor
sy beweegredes vir die pleging van die moord getuig het nie. Hy kan homself dus
gelukkig ag dat die Verhoorhof desnieteenstaande bereid was om in sy guns te
aanvaar dat hy opregte berou vir sy optrede gehad het.
Die verswarende faktore is voor die hand liggend. Huurmoorde word in die
algemeen deur hierdie Hof in 'n besonder ernstige lig gesien.
Sien S v
Ntshangase 1992(2) SASV 141 (A)op 145 a-c en die sake daar aangehaal. In die
huidige saak is die appellant deur niemand
beïnvloed nie en die inisiatief
vir die pleging van die moord het deurgaans by hbmself berus.
10.
Hy het die moord oor 'n lang tydperk beplan en kon sy opdrag aan sy
mededaders tot op die laaste oomblik afgelas het maar het op koelbloedige
wyse
gesorg dat hy nie die betrokke aand by die huis was nie sodat hulle die
oorledene kon doodskiet. Sy optrede was, soos die Verhoorregter
dit gestel het,
afgryslik en verfoeilik.
Die huidige misdaad moet na my mening as een van buitengewone erns beskou
word, en in al die omstandighede van die saak is ek nie
oortuig daarvan dat
hierdie Hof hoegenaamd 'n ligter vonnis as die Verhoorregter sou opgelê
het nie.
Die appèl word afgewys.
W. VIVIER AR.
NIENABER AR )
Stem saam. HOWIE Wn AR )