About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 104
|
|
A-Team Drankwinkel BK and Another v Botha NO and Another (659/91) [1993] ZASCA 104; 1994 (1) SA 1 (AD); [1994] 1 All SA 284 (A) (30 August 1993)
SAAKNOMMER: 659/91
J VD M
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING
)
In die saak tussen:
A-TEAM DRANKWINKEL BK
Eerste Appellant
T J H POTGIETER
Tweede Appellant
en
P D G BOTHA NO
Eerste Respondênt
H S FAURIE NO
Tweede Respondent
CORAM
: BOTHA, MILNE, NIENABER, ARR et
VAN COLLER, HARMS, Wnd ARR
VERHOORDATDM
: 11 MEI
1993
LEWERINGSDATUM
: 30 AUGUSTUS 1993
UITSPRAAK
HARMS, Wnd AR:
Die tweede appellant is die likwidateur van
2
die eerste appellant, 'n beslote korporasie ("die beslote korporasie")
wat op 12 November 1990 gelikwideer is. Die respondente is
die mede-trustees van
die Botha & Faurie Trust. Die appèl is teen 'n bevel van Spoelstra R
gerig wat in die Transvaalse
Provinsiale Afdeling op aansoek van die huidige
respondente 'n verklarende bevel met koste uitgereik het waarin verklaar is
dat:
"'n hipoteek oor die bates, insluitende die dranklisensie, wat die
onderwerp was van die koopkontrak van 28 April 1989, aangegaan
deur die Botha
& Faurie Trust en Eerste Respondent [die beslote korporasie], by die
likwidasie van Eerste Respondent ingevolge
die bepalings van artikel 84 van die
Insolvensiewet, Wet No 24 van 1936, ten gunste van die Botha & Faurie Trust
gevestig het."
Die verhoorregter het die nodige verlof tot appèl
toegestaan.
Die respondente, as trustees van die trust.
3
was die houers van 'n drankwinkellisensie ten aansien van 'n perseel te
Brits en het as sodanig 'n drankwinkelbesigheid sedert ongeveer
Maart 1988
aldaar onder die naam A-Team Drankwinkel bedryf. Gedurende Februarie 1989 het
ene Van der Merwe belang begin stel om die
besigheid te bekom. Skynbaar is 'n
mondelinge ooreenkoms bereik waarvolgens 'n te stigte beslote korporasie die
besigheid sou koop.
Van dér Merwe het 'n deposito van R375 000 betaal en
op 4 Maart 1989 die besigheid oorgeneem. Op daardie stadium was die
dranklisensie
nog in die naam van die respondente, was die beslote
korpórasie nog nie gestig nie en was 'n skriftelike kontrak nie gesluit
nie. Die terme van die mondelinge ooreenkoms waarkragtens die deposito betaal en
die besigheid oorgeneem is, blyk nie uit die stukke
nie.
Nadat die beslote korporasie met Van der Merwe as enigste lid opgerig is,
is 'n skriftelike
4
koopkontrak tussen die beslote korporasie (deur Van der Merwe
verteenwoordig) en die trust gesluit. Dit was op 28 April 1989. Die
drankwinkel
is as lopende saak vir R735 000 verkoop. Ten spyte van die datum van
ondertekening, bepaal die kontrak dat die gemelde
deposito van R375 000 "sal in
kontant na aanvaarding en ondertekening hiervan deur die Verkoper, op 3 Maart
1989" in trust aan 'n
agent betaal word vir oorbetaling aan die verkoper op die
effektiewe datum van die kontrak, naamlik 4 Maart 1989. Hieruit, en uit
wat
volg, kan geredelik afgelei word dat die skriftelike stuk reeds (ten dele) voor
3 Maart opgestel was en dat die partye gehandel
het asof die kontrak toe reeds
geteken was. Hoe dit ook al sy, die balans koopsom moes in sestig gelyke
paaiemente betaal word.
Die koopsaak is, volgens die aanhef tot die koopkontrak: die drankwinkel
as lopende saak tesame met alle lisensies, klandisiewaarde,
toerusting,
toebehore
5
en handelsvoorraad. (Die handelsvoorraad se prys was egter apart beding
en apart betaalbaar.) In klousule 2 is genotuleer dat die
besigheid kragtens 'n
geldige dranklisensie en handelslisensie bedryf is, is die toerusting en
toebehore gelys, is gemeld dat die
boekskulde nie by die koop ingesluit is nie
en is gestel dat vir die doeleindes van die res van die ooreenkoms 'n verwysing
na die
drankwinkel ook alle lisensies en klandisiewaarde
insluit.
Van besondere belang vir die trustees se aanspraak is
klousule 8 wat bepaal dat ten spyte van lewering aan die koper dié
eiendomsreg
"in die besigheid en sy bates" in die verkoper gevestig bly totdat
alle bedrae wat ingevolge die ooreenkoms verskuldig is, vereffen
is. Hierdie
klousule het dus beoog dat die eiendomsreg van ook die klandisiewaarde en die
dranklisensie voorbehou word. Ook van belang
is klousule 16.1. Dit bevat 'n sg.
"spesiale voorwaarde"
6
en verg dat voor die effektiewe datum (soos reeds gesê, 4 Maart
1989)
"moet voldoen word aan die bepalings soos vereis deur enige
beheerliggaam, watter onderafdeling of paragraaf van hierdie ooreenkoms
ook van
toepassing is, om wetlike gesag te verleen aan die behoorlike oordrag van
eienaarskap".
Toe die kontrak byna twee maande later onderteken is, was die partye
daarvan bewus dat die oordrag van die dranklisensie nog nie bewerkstellig
was
nie. Inderdaad het die trustees, op wie die plig om aansoek om oordrag te doen
statutêr gerus het (vgl art 45 van die Drankwet
87 van 1977), nie eens 'n
aansoek in dier voege gerig nie, 'n Tydelike lisensie is aan die koper gedurende
Junie 1989 uitgereik terwyl
die sertifikaat van oordrag van die trust se
dranklisensie 14 September 1989 gedateer is.
Soos gemeld, is die koper veertien maande
7
later gelikwideer. Op daardie stadium was R282 000 ten aansien van die
koopsom van die besigheid nog uitstaande. Die trustees het
die besigheid
ingevolge hulle voorbehoue eiendomsreg opgeëis. Hoewel dit nie uitdruklik
gesê is nie, is dit duidelik dat
die kontrak gekanselleer is. Die partye
het toe heel verstandig ooreengekom dat ten spyte van die trustees se aanspraak
die besigheid
ten beste verkoop sou word, die opbrengs deur die likwidateur in
trust gehou sou word hángende die beslegting van die geskil
en dat,
indien ten gunste van die trustees beslis word, hul regte beperk sou word tot
die volle betaling van die balans koopsom met
rente en dat enige oorskot aan die
beslote korporasie sou toeval asof art 84 van die Insolvensiewet 24 van 1936
daarop van toepassing
was. Die besigheid is, met uitsluiting van die voorraad,
vir R369 000 verkoop.
Waarskynlik die belangrikste gevolg van 'n sekwestrasie of likwidasie is
dat die insolvent se
8
boedel ophou om aan hom te behoort en op die kurator of likwidateur
oorgaan (art 20(1)(a)). Indien 'n insolvent die besit van enige
goed verkry het,
en die kurator of likwidateur dit opeis, word daardie goed geag aan die boedel
te behoort tensy die teendeel bewys
word (art 24(2)). Wat dus bepaal moet word,
is waar ten tye van die likwidasie van die beslote korporasie die eiendomsreg in
die
drankbesigheid gesetel het.
Namens die appellante is betoog dat
klousule 16.1 'n opskortende voorwaarde is, dat die voorwaarde nie vervul is nie
omdat die lisensie
nie vóór die effektiewe datum oorgedra is nie
en dat die ooreenkoms derhalwe verval het. Omdat geen kontrak tot stand
gekom
het nie, moet restitusie, volgëns die betoog, plaasvind,maar omdat die
besigheid reeds verkoop is vir minder as wat klaar
aan die verkoper betaal is,
moet die trustees die verskil aan die likwidateur terugbetaal. Aangesien daar
geen teenaansoek vir 'n
terugbetaling is
9
nie, kan die appellante natuurlik nie die regshulp wat op hierdie betoog
moet volg, kry nie. Spoelstra R het veronderstel dat die
bepaling 'n opskortende
voorwaarde daarstel maar het bevind dat aangesien die beslote korporasie die
besigheid oorgeneem het voor
die vervulling van die voorwaarde en die partye die
aangeleentheid later in die reine gestel het, die beslote korporasie van die
voorwaarde afstand gedoen het. Namens die appellante is die uitspraak op hierdie
aspek aahgeveg met 'n beroep op klousule 13.2 van
die kontrak wat bepaal dat 'n
vergunning of tegemoetkoming van 'n party "ten opsigte van die nakoming deur
daardie ander party van
enige van sy verpligtinge ingevolge hierdie ooreenkoms"
nie op 'n afstanddoening van e g party se kontraksregte neerkom nie. Hierdie
klousule staan m i nie in die weg van die resultaat van die verhoorhof nie. Die
vervulling van 'n opskortende voorwaarde is per definisie
nie 'n nakoming van
'n
10
kontraksverpligting nie omdat dit die ontstaan
van die kontrak voorafgaan. Sien
Jurgens Eiendomsaqente v Share
[1990] ZASCA 81
;
1990 4 SA
664(A)
674E-675B. So ook het 'n afstanddoening daarvan geen effek op die
kontraksregte van die eerste party nie. Dit volg dus dat ek van
oordeel is dat
Spoelstra R korrek was in sy beoordeling van hierdie deel van die
saak.
Dit is ook namens die appellante betoog dat die trust sy
aanspraak op teruglewering van die koopsaak verbeur het vanweë die
toepassing
van leerstukke van ex
turpi causa non oritur actio
en
in
pari delicto potior est conditio possidentis
. (Sien oor die algemeen De Wet
& Van Wyk,
Kontraktereg & Handelsreg
5e uitg vol 1 bl 89-92.) Dit
is naamlik voorgehou dat die ooreenkoms tussen die partye in stryd was met die
bepalings van art 69
en art 191 van die Drankwet van 1977 of met art 148 van die
Drankwet 27 van 1989 (wat ook op kontrakte van toepassing is wat voor
die
inwerkingtreding van dié wet
11
gesluit is). Art 69 het die bedryf van ' n
dranksaak deur iemand anders as die lisensiehouer vir langer as een maand sonder
magtiging
asook die beheer of winsdeling daarvan deur so 'n persoon sonder
skriftelike magtiging van die Minister verbied. Dat die kontrakspartye
hierdie
verbod oortree het, staan vas. So 'n oortreding vernietig egter nie die kontrak
nie. 'n Kontrak kan alleen vanweë hierdie
bepaling nietig wees indien die
kontrak 'n oortreding van die verbod beoog het. So 'n uitleg van die kontrak is
nie te regverdig
nie. Om saam te vat: dit was die uitvoering en nie die
bepalings van die kontrak nie wat art 69 oortree het. Hierdie beweerde
nietigheidsgrond
gaan dus nie op nie. Dieselfde antwoord geld t a v die betoog
betreffende art 191 van die 1977-wet en art 148 van die 1989-wet. Beide
is teen
'n bepaling gerig waarkragtens iemand voorgee om o a 'n reg of verpligting
ingevolge die wet af te staan of prys te gee.
Weereens het die
12
kontrak nie 'n afstanddoening of prysgewing van
'n reg of verpligting beoog nie en hierdie artikels is ook nie op 'n beding wat
'n
party verplig om 'n dranklisensie oor te dra, van toepassing nie. Sien
Aquatur (Pty) Ltd v Sacks & Others
1989(1) SA 56 (A)
64D.
Die volgende vraag wat oorweging verdien, is of die oogmerk wat
die partye deur hulle ooreenkoms wou bereik het, naamlik om "eiendomsreg"
in die
dranklisensie voor te behou, ten spyte van die oordrag van die dranklisensie aan
die beslote korporasie, bewerkstellig is.
Die aard van 'n
dranklisensie is aldus deur Vivier AR in die Aguatur-saak
supra
op
64H-65A omskryf:
"A liquor licence, it has been stated in decisions of this Court, is a
purely personal statutory privilege granted to a particular
person under
the
13
liquor laws to sell liquor at particular
premises. Its grant involves the exercise by the licensing authorities of a
delectus personae
so that the licensee cannot transfer or otherwise deal
with the licence unless authorised thereto in terms of the Act, which provides
for the strict supervision of the grant, transfer and removal of licences. (See
Fick v Woolcott and Ohlsson's Cape Breweries Ltd
(
supra
at 230)
and
Slims (Pty) Ltd and Another v Morris NO
1988 (1) SA 715
(A) at
736I-737B.) Nevertheless, as I have pointed out, our Courts have recognised
contractual obligations such as the one under
consideration and have ordered
specific performance thereof." (Die verwysing na
Fick
se saak is
1911 AD
214.)
Sekere feite van die
Aquatur
-saak is vir huidige doeleindes van
belang. A, B en C was die eienaars van 'n perseel waarop 'n hotel bedryf is. Te
alle tersaaklike
tye het 'n hoteldranklisensie t a v die perseel bestaan. Die
perseel is aan 'n reeks huurders verhuur en telkens het die huurder
oordrag van
die lisensie geneem. D was op 'n stadium die huurder
14
en houer van die dranklisensie en gedurende 1981
het hy die besigheid aan die appellant verkoop en die perseel aan hom
onderverhuur.
Dit was 'n term van die onderhuur en die hoofhuur dat die huurder
bevestig het dat die dranklisensie aan die perseel kleef, dat dit
die eiendom
van die grondeienaar is en dat dit slegs deur die huurder gehou word ten einde
hom in staat te stel om die besigheid
te kan bedryf. Die appellant het, in sy
hoedanigheid as houer van die hoteldranklisensie, ook 'n buiteverbruiklisensie
bekom. Na
afloop van die huurtermyn het die appellant geweier om aansoek om
oordrag van die lisensies aan A, B en C te doen. Hierdie hof het
nie alleen
bevind dat hy daartoe verplig was nie maar ook dat sy verpligting kontraktueel
van aard was. (Sien veral op bl 64G, 65D-E
en 66B-G.) Wat opmerklik is, is dat
A, B en C se aanspraak nie op die sg voorbehoue eiendomsreg gebaseer was nie. Na
my oordeel volg
dit uit hierdie beslissing dat 'n vorige
15
eienaar van 'n dranklisensie deur die oordrag
daarvan enige sakeregtelike aanspraak op daardie lisensie
verloor.
Dit is dan ook wat Corbett AR (Nestadt AR samestemmend) in
'n minderheidsuitspraak in
Slims (Pty) Ltd & Another v Morris NO
supra
beslis het. Die appellant in daardie saak het ook 'n hotelbesigheid
verhuur en die dranklisensie aan die huurder (ene Marsal) oorgedra.
Volgens
ooreenkoms moes die lisensie by beëindiging van die huur weer aan die
verhuurder oorgedra word. Die huurder se boedel
is gesekwestreer, die huur is
beëindig, die kurator het die perseel ontruim maar het geweier om die
dranklisensie terug te lewer.
Botha AR (met wie Van Heerden AR en Nicholas Wnd
AR saamgestem het) het bevind dat die kurator vanweë die bepalings van art
37(5) van die Insolvensiewet verplig was om die dranklisensie terug te lewer.
Daardie statutêre bepalihg is vir huidige doeleindes
16
ontersake. Ten einde Corbett AR se uitspraak
beter te kan verstaan, is dit nodig om Nicholas Wnd AR se afwykende uitspraak
vooraf
op te som. Sy benadering kan soos volg gestel word:
(a)
Hy aanvaar die
algemene aard van 'n dranklisensie soos in die latere en reeds aangehaalde
Aquatur
-saak uiteengesit is (bl 724E-J). (Hy was toevallig ook 'n party
tot lg uitspraak.)
(b)
'n
Dranklisensie is egter nie alleen 'n voorreg nie maar het 'n kommersiële
waarde (bl
724J-725A).
(c)
Die lisensie
het by sekwestrasie in die insolvent se kurator gevestig (bl 725I) aangesien na
oordrag daarvan die oordraer slegs 'n
ius in personam
behou om by
beëindiging van die kontrakstermyn teruglewering te vorder. Hiervoor het hy
steun in
Weintraub & Weintraub v Joseph & Others
1964(1)
17
SA 750 (W) 754B-E gevind (bl 725A-H).
(d)
" It does not,
however, follow from the f act of vesting, and the fact that the trustee is
under no enforceable contractual obligation
to retransfer the licence to the
lessor, that the trustee necessarily has the power to dispose of the licence for
the benefit of
the creditors. That must depend upon the facts of the particular
case. This can be illustrated by reference to s 67 of the former
Liquor Act 30
of 1928." (Sien bl
725J-726A.)
(e)
Wat verhuur
is, is nie alleen die eiendom nie maar die besigheid as lopende saak (bl 726H)
en dit sluit die klandisiewaarde in (bl
727H).
(f)
"Goodwill is
property" (bl 727J).
(g)
Die
lisensie is onlosmaaklik deel van die klandisiewaarde (bl
728E-G).
(h) Aangesien die klandisiewaarde
steeds in die
18
verhuurder gevestig het, was die kurator verplig
om dit terug te lewer met dit wat onlosmaaklik daaraan kleef, naamlik die
dranklisensie
(bl 728F-729C).
Corbett AR het ook (a), (b) en (c) bevind (bl 736I-737I) en bygevoeg dat
slegs die lisensiehouer eienaar van die lisensie kan wees
(bl 737J; 738G-I). Dit
het Colman R reeds in
Bank Station Hotel (Pty) Ltd v Thomas & Others
1970(4) SA 411 (T) 416A beslis. Ten aansien van (e) tot (h) was sy standpunt dat
by die verhuur van 'n besigheid nie al die elemente
van die besigheid noodwendig
slegs tydelik op die huurder oorgaan nie (bl 740A-F). (So bv in die onderhawige
saak hët die trust
die boekskulde uitgehou en is die voorraad per
kredietooreenkoms verkoop.) Ten besluite het hy op bl 740F-741C die volgende
gesê:
"I shall assume in favour of Slims that under a
19
'lease' such as this the lessor retains some form
of real right in the goodwill of the business which entitles him to the
restoration
of the goodwill together with the leased premises, upon the
termination of the lease, even as against the lessee's trustee in insolvency.
Nevertheless, I do not think, with respect, that it follows from this that in
this case the trustee is not free to deal with the
liquor licence otherwise than
by transf erring it to the sublessor. It is true that the goodwill of a licensed
business is very much
dependent upon the liguor licence and, as pointed out by
Innes ACJ in
Receiver of Revenue Cape v Cavanaqh
[1912 AD 459]
(
supra
at 464-5), the cases in which they are separately dealt with must
be 'few indeed'. Nevertheless, they are separate entities and may
be separately
dealt with. As Innes ACJ said (at 465):
'An hotel proprietor of long standing and wide repute might quite
conceivably dispose on profitable terms of his premises ahd their
relative
licences, while expressly retaining the goodwill for himself.'
It is also true that without the licence the goodwill is deprived of much
of its value; and that consequently the restoration to the
sublessor by the
trustee of the goodwill only (the licence
20
being retained for the benefit of creditors) will
cause the sublessor loss (for which the sublessor would no doubt have a
concurrent
claim against the insolvent estate), but it seems to me that this is
an inevitable consequence of the sublessee's insolvency. In
short, I am of the
view that the vesting of the licence in the trustee for the benefit of creditors
cannot be reconciled with an
obligation upon the trustee to restore the licence
to the sublessor.
It was argued by counsel for appellant (Slims) that the licence was
'encumbered' by the obligation to restore it to the sublessor
upon termination
of the lease and that this obligation was, therefore, binding upon the
sublessee's trustee. Insofar as this argument
involves the proposition that the
obligation to restore is something more that a personal obligation, I can find
no basis for it.
And, as I have explained, upon insolvency a creditor with a
jus in personam
cannot claim specific performance as against the debtor's
trustee where this conflicts with the interests of the general body of
creditors."
Namens die trustees is betoog dat hierdie hof Nicholas Wnd AR se
benadering behoort te
21
volg. Dit veronderstel dat die dranklisensie by
likwidasie 'n bate van die beslote korporasie was, dat die werfkrag in die
trustees
gesetel het maar dat vanweë die noue band tussen lisensie en
werfkrag 'n beroep op die sg eiendomsreg in die werfkrag 'n sakeregtelike
aanspraak vir die teruglewering van sg eiendomsreg in die lisensie
regverdig.
Indien punte (a), (b) en (c) as korrek aanvaar word, moet
vervolgens oorweeg word of (d) korrek is, m a w dat ten spyte daarvan dat
die
lisensie in die likwidateur vestig, hy buite kontrak om 'n vêrpligting kan
hê om die lisensie aan die voormalige
eienaar oor te dra. Die respondent
se senior advokaat kon nie 'n ander voorbeeld aan die hand doen waar hierdie
beginsel (as dit
een is) toepassing kan vind nie en ek kon ook nie aan een dink
nie. Die aanwending deur Nicholas Wnd AR van ' n bepaling van ' n
herroepe wet
wat nie herverorden is nie, kan na my eerbiedige oordeel ook nie
22
van enige hulp wees nie. Wat (f) betref, is dit
'n ope vraag of werfkrag "property" in 'n sakeregtelike sin is en of dit nie
eerder
die voorwerp van 'n immaterieel-goederereg is nie. Sien bv W A Joubert,
Grondslae van die Persóonlikheidsreq
p 21-22; Van Heerden &
Neethling
Onregmatiqe Mededinging
hfst 4. Dat die term "property" in
hierdie verband aanleiding tot misverstand kan gee, blyk ook duidelik uit prof C
G van der Merwe
se titel
Things
27 LAWSA para 5. Maar die feit dat iets
"property" is, beteken nie dat mens eiendomsreg daarop kan voorbehou nie. 'n
Klaarblyklike
voorbeeld is 'n vorderingsreg. Dit is egter nie nodig om
uitsluitsel oor hierdie vraag te gee nie en ek sal vir doeleindes hiervan
aanvaar dat die reg op werfkrag 'n
ius in rem
is en dat eiendomsreg
daarop voorbehou kan word.
Die uitgangspunt in (g) is m i nie noodwendig korrek nie. Dit moet van
die feite van elke geval afhang. In dié verband wil
ek vir eers
aansluit
23
by Corbett AR se uiteensetting (t a p). Die
lisensie mag die ontstaansbron van die werfkrag wees en die waarde daarvan
wesenlik beïnvloed.
Dit omvat egter nie die totaal van die werfkrag nie.
Die werfkrag het ook ander komponente soos die ligging van die perseel en
handelsmerke.
As 'n lisensie bv in eksekusie verkoop word en die vorige eienaar
'n nuwe lisensie t a v die perseel kan bekom wat hom in staat sou
stel om
besigheid onder sy ou naam te bedryf, kan nie gesê word dat die skeiding
tussen die lisensie en die werfkrag lg vernietig
het nie. Die koper van die
lisensie sal ook nie in die gepostuleerde geval bevoeg wees om die ander
elemente van die werfkrag soos
die handelsnaam in eie belang te kan aanwend nie.
Daar is ook niks wat die eienaar van 'n drankbesigheid verhoed om bv sy
handelsnaam
aan 'n ander te vervreem en om onder 'n nuwe naam besigheid te begin
dryf nie. Die beginsel in art 49(1) van die Wet op Handelsmerke
62 van 1963
vervat, nl
24
dat 'n geregistreerde handelsmerk met of sonder
die klandisiewaarde van die besigheid betrokke by die goedere of dienste
waarvoor
dit geregistreer is; gesedeer of oorgedra kan word, kan m i ook op 'n
drankbesigheid toegepas word veral in die geval van die besigheid
van 'n
bierbrouerslisensie, groothandelaars-dranklisensie of wynboerlisensie. Dit sou
ook vir ongeregistreerde handelsmerke geld.
Maar al word die
juistheid van (g) aanvaar, naamlik dat in 'n geval soos die huidige dïe
dranklisensie onlosmaaklik deel van
die klandisiewaarde is, lei dit egter nie
tot die gevolgtrekking in (h) nie. Daar is naamlik in ons reg geen beginsel
waarvolgens
meerdere persone eiendomsreg (anders as mede-eiendomsreg) in
verskillende aspekte van 'n ondeelbare saak kan hê nie. (Die uitsondering
deur die Wet op Deeltitels 95 van 1986 geskep, verander dit nie : vgl Van der
Merwe
Sakereg
2e uitg hfst 10.) Met ander
25
woorde, as eenmaal aanvaar word dat die
"eiendomsreg" in die dranklisensie in die koper gevestig het toe dit aan hom
oorgedra is en
as veronderstel word dat die lisensie onlosmaaklik deel van die
werfkrag is, volg dit m i dat die werfkrag ook in die koper gevestig
het.
In die huidige geval moes die trust bewys dat 'n werfkrag
bestaan het toe die besigheid aan die beslote korporasie verkoop is. Hoewel
die
partye nie hierdie probleem voor oë gehad het toe die stukke opgestel is
nie, is daar tog voldoende aanduidings dat 'n werfkrag
wel bestaan het. Dit kan
o a daarvan afgelei word dat die trust vir ongeveer 'n jaar besigheid op die
perseel onder die naam A-Team
Drankwinkel bedryf het en dat die beslote
korporasie die klandisiewaarde as deel van die koopsaak laat beskryf
het.
Dit is in die alternatief namens die trust betoog dat (c) verkeerd is en
dat die oordraer van 'n
26
dranklisensie kragtens ooreenkoms die eiendomsreg
daarin kan voorbehou. Dit sou beteken dat hoewel die oordraer geen residuele
beskikkingsbevoegdheid
vanweë die Drankwet behou het nie, hy nogtans iets
van 'n sakeregtelike aard voorbehou het. Dit is m i analoog aan 'n geval
waar 'n
verkoper van vaste eiendom transport aan die koper gee maar nogtans by
ooreenkoms 'n reg op terugtransportering behou : as
die betoog reg is, sal lg
reg 'n
ius in rem
wees. Dis onhoudbaar. Hoewel dit moontlik is om 'n reg
op teruggawe te beding, is die aard van die oordragshandeling in beide die
gevalle sodanig dat daardie reg slegs 'n
ius in personam
kan wees
aangesien al die bevoegdhede wat uit eiendomsreg vloei, oorgedra is. Voorbehoud
van eiendomsreg voorveronderstel immers die
behoud van 'n
ius neqendi
nl
die reg "to reclaim the thing from anyone who wrongfully withholds it" (27 LAWSA
para 105) of soos Carey Miller,
The Acquisition and Protection
of
27
Ownership
p 255 dit stel, "(t)he right to
vindicate [is] synonymous with ownership". Dit ontbreek hier. Die statuut bepaal
naamlik dat alleen
die houer van die lisensie aansoek om oordrag kan doen. Die
regte van 'n houer word ook ten volle deur die wet omskryf. Al die regte
is
statutêr van aard. 'n Nie-houer het geen regte nie. Die bevoegdheid om toe
te stem tot oordrag en om die nuwe
delectus personae
aan te wys, berus by
'n owerheidsinstansie. Sien die
Fick
-saak op bl 230.
Dit volg
uit voorgaande uiteensetting dat ek van oordeel is dat die trustees die
eiendomsreg in die besigheid met uitsluiting van
die dranklisensie regmatig
voorbehou het; dat die dranklisensie statutêr op die beslote korporasie
oorgegaan het; en dat die
trustees hoogstens 'n eis
in personam
vir die
teruggawe van die dranklisensie gehad het.
Vervolgens moet oorweeg word wat die gevolge van likwidasie op hierdie
feite is. Die hof a
quo
het
28
'n bevel na aanleiding van die partye se
ooreenkoms uitgereik gebaseer op die veronderstelling dat die trustees se
aanspraak deur
art 84(1) van die Insolvensiewét beheer word. Dit lui soos
volg:
"(1) As goed aan iemand (hieronder die skuldenaar genoem) gelewer is
ingevolge 'n transaksie wat 'n afbetalingsverkooptransaksie is
soos in paragrawe
(a) en (b) van die omskrywing van 'afbetalingsverkooptransaksie' in artikel 1
van die Wet op Kredietooreenkomste,
1980, beoog, dan word die transaksie by die
sekwestrasie van die skuldenaar se boedel geag ten gunste van die ander party
tot daardie
transaksie (hieronder die skuldeiser genoem) 'n hipoteek op daardie
goed te vestig, waardeur die bedrag wat ingevolge die transaksie
nog aan hom
verskuldig is, verseker word. Die kurator van die skuldenaar se insolvente
boedel moet, indien die skuldeiser dit verlang,
die goed aan hom oorhandig, en
daarop word die skuldeiser geag daardie goed te besit as sekuriteit vir sy
vordering en is die bepalings
van artikel 83 van toepassing."
29
Die relevante woordomskrywing in art 1 van die
Wet op Kredietooreenkomste 75 van 1980 lui só:
"'afbetalingsverkooptransaksie' 'n transaksie ingevolge waarvan
-
(a)
goedere deur
die verkoper aan die koper verkoop word teen betaling deur die koper aan die
verkoper van 'n bepaalde of bepaalbare geldsom
op 'n bepaalde of bepaalbare
toekomstige datum of in die geheel of gedeeltelik in paaiemente oor 'n tydperk
in die toekoms; en
(b)
die
koper nie eienaar van daardie goedere word nie bloot op grond van die lewering
aan of die gebruik, besit of genot deur hom
daarvan."
(Sub-paragraaf (c) daarvan is
weggelaat omdat dit nie deel van die kruisverwysing vorm nie,)
Die Wet op Kredietooreenkomste het die Huurkoopwet 36 van 1942
vérvang en grootliks herverorden. Dit is t a v lg wet in
Smit &
Venter v
30
Fourie & Another
1946 WLD 9
beslis dat
dit slegs op die verkoop van liggaamlik roerende sake van toepassing is en dat
die verkoop van 'n besigheid nie deur die
wet se bepalings geraak word nie. Deel
van die
ratio
van die beslissing was dat die wet, soos ook die huidige
wet, net op roerende goedere van toepassing was en wel, volgens die aangehaalde
(b), goed waarvan eiendomsreg d m v lewering verkry kan word. Dit is nie betoog,
m i tereg, dat die uitspraak verkeerd was of dat
dit nie van toepassing is op
die Wet op Kredietooreenkomste nie. Sien ook Diemont & Aronstam
The Law
of Credit Aqreements and Hire-Purchase in South Africa
5e uitg bl 32 en 38;
Flemming
Krediettransaksies
bl 23 en 41. Wat wel betoog is, is dat die
woord "goed" (die tweede woord wat in art 84 (1) gebruik is) in art 2 van die
Insolvensiewet
gedefineer is om roerende en onroerende goed te omsluit en dat
roerende goed volgens daardie wet "elke soort goed en elke reg wat
nie
onroerende goed is
31
nie", beteken. Of die definisies op art 84(1) van
toepassing is, hang egter yan die samehang daarvan af. Ten eerste is die artikel
nie op onroerende goed van toepassing nie omdat dit veronderstel dat die goed
aan die insolvent "gelewer" is en ook omdat voorsiening
gemaak word vir die
"oorhandiging" van die goed aan die skuldeiser. Nóg lewering nóg
oorhandiging is begrippe wat op
onroerendes van toepassing gemaak kan word. Vgl
verder
Ex parte Steyn
1962(3) SA 121 (0). Daarbenewens maak art 35
spesiale voorsiening vir die geval van onvoltooide transaksies t a v onroerendes
en
dit verskil wesenlik van die regime van art 84(1). Die artikel het in sy
oorspronklike vorm betrekking gehad op goed wat gelewer
is ingevolge 'n
"ooreenkoms wat voorsiening gemaak het vir die oorgang van eiendomsreg van
daardie goed wanneer sekere in die ooreenkoms
voorgeskrewe betalings gedaan is".
Die Huurkoopwet het egter die wye aangehaalde frase vervang met 'n
verwysing
32
na 'n huurkooptransaksie ingevolge daardie wet en
toe dit herroep is deur die Wet op Kredietooreenkomste is die verwysing na lg
wet
ingevoer. Dit is dus duidelik dat die wetgewer bedoel het om die bepalings
van art 84(1) op transaksies wat onder die genoemde twee
wette opeenvolgend
ressorteer, van toepassing te maak. Die artikel in sy huidige vorm verg dan ook
dat die goed gelewer moes gewees
het ingevolge 'n transaksie wat 'n
afbetalingsverkoop-transaksie "is" soos in die aangehaalde omskrywing
beoog.
Dit beteken dat ek van oordeel is dat art 84(1) nie op die
verkoop van 'n besigheid van toepassing is nie. Die trust is egter nie
sonder
remedie nie. Art 84 (1) bevat ' n beperking op die regte van die eienaar en as
die artikel nie van toepassing op 'n transaksie
is nie, beteken dit dat die '
trust op sy gemeenregtelike
rei vindicatio
, of waar die goed met kennis
van die aanspraak vervreem is die
actio ad
33
exhibendum
, aangewese is. Vgl Smith,
The Law of Insolvency
, 3e uitg bl 169. Die ooreenkoms tussen die partye
het egter die trust se aanspraak beperk tot dit wat ingevolge art 84(1)
opgevorder
kan word. Dit is teoreties minder as waartoe die trust t a v die
besigheid geregtig is. Aangesien die verkoop van die besigheid met
die lisensie
nie die uitstaande koopsom gedek het nie, maak dit egter geen praktiese verskil
nie. Namens die appellante het hulle
advokaat ingestem dat ten spyte van die
afwesigheid van 'n kruisappèl die bevel gewysig mag word om effek aan die
ooreenkoms
te gee. Die likwidateur het die besigheid met die lisensie vir 'n
globale bedrag verkoop en hoewel daardie koper om persoonlike redes
'n toedeling
van die koopprys tussen die toerusting en die lisensie gemaak het, is die partye
tot die geding nie daaraan gebonde
nie. In die afwesigheid van enige ander
verdeling, kan die bedrag waarop die trust geregtig is nie op die stukke
bepaal
34
word nie.
Die appèl slaag dus met koste in dié mate dat die
verklarende bevel uitgereik, vervang word met 'n bevel waarvolgens
verklaar
word
(a)
dat by
likwidasie van die beslote korporasie het die
dominium
in die besigheid
(synde die onderwerp van die koopkontrak van 28 April 1989), met uitsluiting van
die dranklisensie, in die applikante
in hulle hoedanigheid as trustees
gevestig;
(b)
dat dit by
ooreenkoms tussen die partye geag word dat 'n hipoteek oor die besigheid,
uitsluitende die dranklisensie, ingevolge die
bepalings van art 84(1) van die
Insolvensiewet 24 van 1936, ten gunste van die applikante in hul voormelde
hoedanigheid gevestig
het.
35
L T C HARMS WAARNEMENDE APPèLREGTER
MILNE, AR )
NIENABER, AR ) STEM SAAM
VAN COLLER,
Wnd AR)
UITSPRAAK
BOTHA AR
:-
2.
Na my mening behoort die appèl van die hand gewys
te word. My sienswyse van die saak verskil in h fundamentele opsig van die
standpunt van die meerderheid van die Hof, wat uiteengesit word in my kollega
HARMS se uitspraak (waarna ek sal verwys as "die hoofuitspraak"),
soos sal blyk
uit wat volg.
Die skriftelike koopkontrak van 28 April
1989
tussen die trust en die beslote
korporasie het 'n
doodgewone handelstransaksie van alledaagse aard behels:
die verkoping van 'n lopende besigheid, wat in die aanhef
van die kontrak omskryf is as
"die drankwinkel wat as 'n lopende saak bedryf word onder die naam A TEAM
DRANKWINKEL by die adres h/v Van Velden en Hendrik Verwoerd
Lane tesame met alle
lisensies, klandisiewaarde, toerusting, toebehore en handelsvoorraad."
Met die uitdrukking "die drankwinkel" het die partye
klaarblyklik beoog om te verwys na die drankwinkelbesig-
heid, nie die perseel waarop dit bedryf is nie
(laasgenoemde is blykens klousule 16.2 gehuur van "die
eienaar van die gebou waarin die drankwinkel gevestig
3.
is"). Klousule 2 van die kontrak lui soos volg:
2.
DIE DRANKWINKEL
2.1
Die bovermelde drankwinkel doen sake uit hoofde van h geldige dranklisensie
volgens die bepalings van Wet 87 van 1977 soos gewysig,
en 'n geldige
handelslisensie en die VERKOPER bevestig dat daar op dese geen stappe hangende
is wat die lisensie wesenlik in gedrang
kan bring nie en geen rede bestaan
waarom die lisensies nie aan die KOPER oorgedra kan word
nie.
2.2
Die toerusting en toebehore in die drankwinkel waarna in die aanhef tot
hierdie ooreenkoms verwys word, word in 'Bylae A' hiertoe
aangeteken.
2.3
Boekskulde ten gunste van die drankwinkel word nie by hierdie koop
ingesluit nie.
2.4
Waar hieronder na "die drankwinkel verwys word, omvat die begrip alle
lisensies, klandisiewaarde en die bates waarna in paragrawe
2.1 en 2.2 hierbo
verwys word."
Die losgoed wat in Bylae A opgenoem word, sluit in twee
"koelkamers met elektriese motors", twee vrieskaste, drie
ysmasjiene, h Toyota paneelwa, kasregisters, trollies,
4.
toonbanke, rakke, h kluis, kabinette en dies
meer.
Klousule 5 van die kontrak maak afsonderlik
voorsiening
vir die oorname en betaling van die
handelsvoorraad.
Klousule 6 beding 'n globale koopprys van R735 000
"vir die
drankwinkel, uitgesonderd handelsvoorraad". En dan bepaal
klousule 8 soos volg:
"Ondanks lewering aan en besitname deur die KOPER van die besigheid, sal
eiendomsreg in die besigheid en sy bates in die VERKOPER
gevestig bly totdat die
volle koopsom en alle ander gelde kragtens hierdie ooreenkoms verskuldig, ten
volle betaal is."
Uit die
voorgaande bepalings is dit duidelik dat
die onderwerp van die koopkontrak die besigheid was, as 'n
ondeelbare eenheid, wat (onder meer) uit die volgende
komponente bestaan het:
(1)
die
dranklisensie;
(2)
die
klandisiewaarde; en
(3)
die
losgoed (toerusting en toebehore). Volgens die bewoording van klousule 8, in die
samehang van die aanhef en klousule 2, is die
eiendomsreg van
die
5. besigheid voorbehou, onteenseglik
met betrekking tot al drie die onderdele daarvan, (1), (2) en
(3).
Nogtans is die resultaat wat in die hoofuitspraak bereik word
dat die voorbehoud van die eiendomsreg slegs betrekking het op bestanddele
(2)
en (3) en nie ook op (1), die dranklisensie, nie, met die gevolg dat
laasgenoemde, anders as eersgenoemdes, in die insolvente
boedel van die beslote
korporasie gesetel het tydens likwidasie en deur die likwidateur te gelde gemaak
moet word ten voordeel van
al die skuldeisers. Hierdie resultaat verydel die
oogmerk van die partye, soos dit weerspieël word in hulle kontrak. Klousule
8 was klaarblyklik ingestel op die beskerming van die verkoper teen benadeling
as gevolg van die koper se versuim om die kontrak
uit te voer, in die besonder
vanweë insolvensie. Die beoogde beskerming was die voorbehoud van die
eiendomsreg van al die verkoopte
bates, sodat dit nie ten voordeel van die
insolvente koper se skuldeisers aangewend sou kon word nie, maar vir die
verkoper se uitsluitlike
6.
voordeel behoue sou bly. Dit ly geen twyfel nie dat die
waarde van die verkoopte bates tot baie groot hoogte regstreeks vasgekoppel
is
aan die bestaan van die dranklisensie. Daarsonder beteken die klandisiewaarde,
prakties gesproke, niks. Om die dranklisensie uit
klousule 8 weg te neem, sou
dus die verkoper se sekuriteit in effek beperk tot die losgoed, en aldus dit
grotendeels reduseer tot
'n leë dop. Dat hierdie resultaat in stryd is met
die duidelike bewoording en oogmerk van klousule 8 word nie in die hoofuitspraak
bevraagteken nie. Die meerderheidsbeslissing berus op die grondliggende
bevinding dat dit vir die partye regtens onmoontlik was om
hulle oogmerk te
verwesenlik.
Die fundamentele vraag is dus of die partye regtens kon vermag het wat
hulle beoog het om te bereik, naamlik om die eiendomsreg van
die dranklisensie
by die verkoper te laat bly en aldus te verhoed dat die lisensie by wanprestasie
en likwidasie van die koper in
laasgenoemde se boedel setel om tot voordeel van
al die
7. skuldeisers te gelde gemaak te word. Die hoofuitspraak
beantwoord die vraag ontkennend, op grond van oorwegings wat (volgens my
beskouing) op 'n tweeledige grondslag ingedeel kan word, naamlik dat, om
uitvoering te gee aan die voorbehoud van eiendomsreg ten
opsigte van die
dranklisensie, strydig sou wees met
(i) die juridiese aard van h dranklisensie en die regsbeginsels wat
daarop van toepassing is; en (ii) die gesag van verskeie gewysde
sake. Ek
verskil, met eerbied, in albei opsigte, soos agtereenvolgens aangedui sal
word.
Dit is wel moontlik om dogmatiese besware in te bring teen die konsep van
eiendomsreg van 'n dranklisensie. Volgens die klassieke
omskrywing in
Fick v
Woolcott and Ohlsson's Cape Breweries Ltd
1911 AD 214
op 230 is 'n
dranklisensie h suiwer persoonlike statutêre privilegie wat aan 'n
bepaalde persoon verleen word ingevolge die
drankwette om op 'n bepaalde perseel
drank te verkoop. Deur die verlening van die privilegie word die
8.
lisensiehouer van owerheidsweë gemagtig, en verkry hy
aldus die reg, om handel te dryf in drank. Sowel die magtiging as die reg
is
onliggaamlike (of onstoflike) dinge. Daar bestaan h standpunt dat 'n
onliggaamlike ding soos h subjektiewe reg nie in juridiese
sin as h "saak"
beskou behoort te word nie - sien bv Van der Merwe
Sakereg
(2de uitg) op
20-23. Daarteenoor bestaan daar ook 'n teenoorgestelde standpunt, wat treffend
beredeneer word in Silberberg en Schoeman
Law of Property
(3de uitg) op
9-15 en 29-30. Volgens eersgenoemde standpunt sou 'n dranklisensie, synde
onstoflik, nie kwalifiseer as 'n "saak" nie,
en sou die konsep van eiendomsreg
met betrekking daartoe onbestaanbaar wees. Volgens laasgenoemde standpunt sou 'n
dranklisensie
sekerlik 'n "saak" wees, maar nie noodwendig met die meegaande
erkenning van die terminologiese begrip "eiendomsreg" met betrekking
daartoe
nie. Die insiggewende en gedagte-prikkelende bespreking in
Silberberq en
Schoeman loc cit
toon aan dat die bestaan van beperkte saaklike regte
met
9. betrekking tot subjektiewe regte om goeie redes wel in die
regspraktyk erkenning geniet, en op grond daarvan redeneer die skrywers
dat dit
ook regswetenskaplik erkenning behoort te hê. Hulle bespreking van die
regsposisie ten opsigte van beperkte saaklike
regte in hierdie verband gee
vanself aanleiding tot die vraag of daar nie 'n behoefte is om dieselfde
benadering uit te brei tot
eiendomsreg nie.
Om die pasgemelde vraag in die algemeen te probeer bespreek, sou hierdie
uitspraak onhanteerbare dimensies laat aanneem. Gevolglik
beperk ek my tot die
oorweging van een voorbeeld, wat direk (en heel gerieflik) aan die feite van die
onderhawige geval ontleen word:
die verkoping van 'n besigheid met sy
klandisiewaarde, sonder die komplikasie van lisensies. 'n Besigheid is iets
amorfs en net so
onliggaamlik soos die klandisiewaarde wat 'n komponent daarvan
is. Die bedenkings wat in die hoofuitspraak uitgespreek word oor die
vraag of
klandisiewaarde "property" is, hang saam met die eerste standpunt wat ek hierbo
genoem het (soos dié van
Van der
10.
Merwe loc cit
) en met die meegaande standpunt
dat
klandisiewaarde - die reg op werfkrag -
regswetenskaplik
afsonderlik geklassifiseer moet word onder die
rubriek
regte op immateriële goed (sien bv Van Heerden
en
Neethling
Onregmatige Mededinging
op 48-54). As
'n
besigheid met klandisiewaarde verkoop word met
voorbehoud
van eiendomsreg vir die verkoper totdat die koopprys
ten
volle vereffen is, en voordat dit gebeur gaan die
koper
insolvent en die kontrak word gekanselleer, sal
die
besigheid en'die klandisiewaarde nogtans in die koper
se
insolvente boedel setel, omdat wat verkoop is
onstoflike
goed is? Hierdie vraag is reeds in die
hoofuitspraak
beantwoord. Die beslissing van die meerderheid van
die
Hof, met verwysing na die feite van die huidige geval,
is
dat die trustees (as verkopers) die eiendomsreg in
die
besigheid regmatig voorbehou het en dat die
dominium
in
die besigheid by likwidasie van die beslote
korporasie
(die koper) in die trustees (nie die likwidateur
nie)
gevestig het - met uitsluiting van die dranklisensie,
maar
11.
klaarblyklik met insluiting van die klandisiewaarde. Die
meerderheidsbeslissing erken dus eiendomsreg, en gee uitvoering aan die
voorbehoud
daarvan, met betrekking tot onliggaamlike sake soos die besigheid en
die klandisiewaarde daarvan.
Die korrektheid van hierdie deel van
die
meerderheidsbeslissing kan, met eerbied gesê, sekerlik
nie
bevraagteken word nie (behalwe miskien deur
verbete
voorstanders van h puristiese regsdogmatiek). Die
redes
daarvoor lê voor die hand. Die verkoop van h
besigheid
met klandisiewaarde is 'n alledaagse verskynsel in
die
handelsverkeer. Die verkoper wat aan die koper tyd gun
om
die koopprys af te betaal het alle rede om aanspraak
te
maak op sekuriteit ten opsigte van die verkoopte goed,
ten
einde hom te beskerm in geval van die koper
se
wanprestasie en insolvensie. Hy kan dit gedeeltelik
doen
deur die eiendomsreg van die losgoed van die
besigheid,
die toerustihg en toebehore, voor te behou. As die
partye
die beskerming vollediger en doeltreffender wil maak
deur
12. die voorbehoud van eiendomsreg uit te brei tot die besigheid se
klandisiewaarde ook, dan sou 'n hof se weiering om uitvoering
aan die bykomende
gedeelte van die beding te gee, die verydeling beteken van 'n verstandige
kontrak en 'n volkome geoorloofde oogmerk,
op grond van oorwegings wat deur die
handelsgemeenskap ongetwyfeld as dwase pedanterie beskou sal word, en met reg
ook. Die behoeftes
en die eise van h gesonde en doelmatige regspraktyk noodsaak
dat uitvoering aan die kontrak gegee moet word volgens sy strekking.
As dit nie
inpas by regswetenskaplike teorieë nie, moet laasgenóemde aangepas
word om rekenskap te hou met eersgenoemde,
en nie andersom nie.
As dit so gesteld is met die besigheid se klandisiewaarde, waarom sal dit
anders gesteld wees met die besigheid se dranklisensie?
Na my mening is daar
geen gegronde rede vir 'n onderskeid nie. Die klandisiewaarde behels die
rég op werfkrag; die dranklisensie
behels die reg om handel te dryf in
drank. Albei is subjektiewe
13.
regte, en hulle hang ten nouste saam met mekaar. Dat hulle in beginsel in
uitsonderlike gevalle van mekaar geskei kan word, is myns
insiens van geen
praktiese betekenis in die huidige verband nie. As 'n kommersiële realiteit
is hulle
samestellende
komponente van 'n
enkele entiteit. So onlogies soos dit is om, wat die voorbehoud van eiendomsreg
betref, 'n onderskeid te maak tussen
die losgoed van die besigheid en die
klandisiewaarde daarvan, so onlogies lyk dit vir my om 'n verskil te maak tussen
die klandisiewaarde
en die dranklisensie.
Die klandisiewaarde en die
dranklisensie verskil weliswaar in dié opsig van mekaar, dat die regte
voortspruitend uit die lisensie
statutêr van aard is; al die regte van die
lisensiehouer word in die Wet omskryf en 'n nie-lisensiehouer het geen regte
nie,
soos dit in die hoofuitspraak gestel word. Na my mening is dit egter nie
van belang in die samehang van die huidige bespreking nie.
Dit gaan nie hier om
die oorsprong van die regte of waar hulle omskryf is nie, en ook nie om die
verhouding tussen
14. die lisensiehouer en die owerheidsinstansie
wat gemoeid is met die oordrag van die lisensie nie. Daardie aangeleenthede maak
nie
die lisensie 'n
res extra commercium
nie; dit bly steeds 'n
kommersieel verhandelbare kommoditeit. Dit synde die geval, is ons ondersoek
toegespits op die verhouding
tussen die verkoper en die koper van die lisensie,
en wat hulle, bloot
inter se
, regtens kan vermag ten aansien van die
beskikking oor die lisensie. Wat dit betref, verskil die posisie nie wesenlik
van enige ander
geval waar die lewering, of teruglewering, van 'n prestasie
ingevolge 'n kontrak, of die kansellasie van 'n kontrak, afhanklik is
van die
toestemming van 'n buitestaande owerheidsinstansie nie. Insgelyks het die feit
dat instemming tot die oordrag van die lisensie
by 'n owerheidsinstansie berus,
en dat die proses 'n
delectus personae
behels, geen regstreekse
uitwerking op die regsverhouding tussen die verkoper en die koper nie. Die
moontlikheid dat die implementering
van die voorbehoud van die eiendomsreg
miskien in die
15. praktyk kan skeefloop, kan tog nie meebring dat
sodanige voorbehoud as regtens onbestaanbaar afgeskryf word nie. En by dit alles
verloor ek nie die moontlike aansprake van skuldeisers van die koper uit die oog
nie. Maar hulle het geen regmatige belang by die
statutêre aard van die
koper se regte of die nodigheid van die owerheid se toestemming tot 'n oordrag
van die lisensie nie.
Oor die feit dat die dranklisensie nie in die koper se
insolvente boedel setel nie kan die skuldeisers hulle net so min bekla as
oor
die feit dat die losgoed en die klandisiewaarde van die besigheid aan die
verkoper toekom. Trouens, ek is oortuig daarvan dat
die skuldeisers van die
koper die nuus dat hulle kan deel in die opbrengs van 'n verkoping van die
dranklisensie, as gevolg van wat
hulle ongetwyfeld as 'n tegnikaliteit sal
beskou, sal ontvang met dankbare verbasing oor die
meevaller.
Aansluitend by die voorgaande oorwegings is ek van mening
dat die oënskynlike beginselbesware wat in die hoofuitspraak geopper
word
teen die voorbehoud van
16. eiendomsreg van 'n dranklisensie nie
geldig is nie. Daar word gesê dat 'n vorderingsreg 'n voorbeeld is van
"property" ten
aansien waarvan eiendomsreg nie voorbehou kan word nie. Ek wil
nie ingaan op die vraag of die stelling juis is nie; in die veronderstelling
dat
dit is, volg dit nog nie dat dieselfde moet geld ten opsigte van 'n
dranklisensie nie. Vir my is dit van meer belang hoe die
sessie van 'n
vorderingsreg
in securitatem debiti
in die regspraktyk gehanteer word:
die sedent behou die
dominium
van die reg teenoor die sessionaris, wat
tog die reg kan uitoefen. Na aanleiding daarvan kan dit nie as iets ongehoords
beskou word
dat die verkoper van 'n dranklisensie die eiendomsreg daarvan behou,
terwyl die koper die regte daaraan verbonde uitoefen nie (al
moet dit dan wees
volgens 'n besondere soort
quasi possessio
). Oor die vraag of die
standpunt wat in die regspraak ingeneem word ten aansien van 'n sessie
in
securitatem debiti
nodig
of wenslik is om aan die behoeftes van
die regspraktyk te
voldoen, kan daar geredekawel word, maar na my
oordeel is
17. die behoefte om 'n analogiese benadering op die
onderhawige vraag toe te pas duidelik, aan die hand van wat reeds hierbo
gesê
is. Gevolglik kan ek ook nie saamstem met die analogie wat in die
hoofuitspraak gevind word in die geval van die transport van vaste
eiendom met
behoud van 'n reg op terugtransportering nie: om die analogie te postuleer, is
om ten opsigte van die vraag onder bespreking
as bewese te bevind dit wat nog
eers uitgemaak moet word. Saaklike regte op onroerende eiendom kan slegs beslag
kry deur registrasie
in die aktesregister; dit is lankal uitgemaak, en is
vasstaande regsbeleid.
Non constat
dat 'n saaklike reg nie gevestig kan
word op 'n dranklisensie anders as deur "registrasie" in die vorm van h oordrag
van die lisensie
van owerheidsweë nie. Insgelyks beskou ek dit nie as
betekenisvol dat die oordraer van 'n dranklisensie geen residuele
beskikkingsbevoegdheid
vanweë die Drankwet behou nie. Die verkoper kan
inderdaad sy voorbehoue eiendomsreg kragtens sy regsverhouding met die koper
afdwing deur laasgenoemde te belet om die lisensie
18. aan iemand
anders oor te dra en hom te dwing om aansoek te doen om heroordrag aan die
verkoper. Die feit dat hy nie 'n
reivindicatio
kan laat geld op dieselfde
wyse as die eienaar van 'n ligaamlike voorwerp nie, vloei voort uit die feit dat
ons hier met 'n besondere
onliggaamlike saak te doen het, maar na my mening is
dit nie 'n genoegsame grondslag om die bestaansreg van voorbehoue eiendomsreg
in
die geheel te ontken, ook met betrekking tot die koper en sy skuldeisers nie.
Die posisie in hierdie verband skyn my in elk geval
nie wesenlik te verskil van
dié met betrekking tot die reg op werfkrag nie. Soos ek reeds probeer
aantoon het, moet dit wat
vir die een geld, ook geld vir die
ander.
As dit reg is dat daar geen dwingende beginsel is wat verhoed
dat uitvoering gegee word aan die voorbehoud van eiendomsreg in die
omstandighede van die huidige saak nie, is die volgende vraag of daar gesag in
die regspraak is wat dit belet. Die effek van h'nbeding
in 'n koopkontrak van 'n
besigheid met klandisiewaarde en
19. dranklisensie, waarvolgens
eiendomsreg vir die verkoper voorbehou word, is nog nie tevore in die regspraak
pertinent oorweeg nie;
in dié sin is die geskilpunt in die huidige saak
nog oop. Aan die ander kant is daar in vorige uitsprake stellings in algemene
terme te vind dat slegs die houer van 'n lisensie die eienaar daarvan kan wees,
en dat by die insolvensie van die houer die lisensie
in sy boedel setel. Op die
oog af is sulke uitlatings in stryd met die gedagte dat by die verkoping en
oordrag van 'n dranklisensie
die eiendomsreg daarvan voorbehou kan word. Na my
mening is daardie uitlatings egter telkens gemaak in 'n ander samehang as
dié
van die huidige saak, en is hulle nie beslissend van die onderhawige
geskilpunt nie.
Eerstens verwys ek na
Weintraub and Weintraub v
Joseph and Others
1964 (1) SA 750
(W). Die eienaar van 'n perseel waarop 'n
biersaal bedryf is, het dit verhuur
ingevolge 'n kontrak waarvan
klousule 3(g) bepaal het dat
die huurder nie die toepaslike
dranklisensie sou oordra
20.
aan 'n ander persoon sonder die toestemming van die
eienaar
nie, en dat die huurder by die verstryking yan
die
huurtermyn die lisensie sou oordra aan die eienaar.
Die
huurder het op bedrieglike wyse die oordrag van die
lisensie aan 'n
bona fide
derde party bewerkstellig.
Die
eienaar het aansoek gedoen vir die hersiening
en
tersydestelling van die lisensieraad se magtiging van
die
oordrag. Die aansoek is afgewys. Ter aanvang van
sy
beredenering het VIEYRA R verwys na die uitspraak in
Fick
v Woolcott and Ohlsson's Cape Breweries Ltd
supra
, en gesê
(op 754C-D):
"Although in some reported cases the lessor in the position of the
applicants here is referred to as being the owner of the licence
it is clear
from
Fick
's case,
supra
, that this is not a
correct description of his rights.
Although a licence is in respect of particular premises it belongs to the
licensee as
delectus personae
. Once transferred to the lessee it is his
and no longer vests in the lessor; the only one who is entitled to apply for its
transfer,
removal or renewal is the lessee. All that the lessor has is a right
in personam
to enforce the obligations set out in clause 3(g), which the
cases above referred to show will be specifically enforced
...."
21.
Daarna gaan die uitspraak voort om die vraag te bespreek of die bedrog
van die huurder tydens die aansoek om oordrag 'n grond is waarop
die hof die
besluit van die lisensieraad kan hersien en tersyde stel, en uiteindelik word
die gevolgtrekking bereik dat dit nie die
geval is nie. Die beslissing op
hierdie punt was die
ratio decidendi
. Die vraag of die verkoper van h
dranklisensie die eiendomsreg daarvan kan voorbehou met sakeregtelik-effektiewe
uitwerking teenoor
die koper en sy skuldeisers was nie ter sprake nie en die
aangehaalde uitlatings het nie daarmee rekening gehou
nie.
Vervolgens,
Bank Station Hotel (Pty) Ltd v Thomas and
Others
1970 (4) SA 411
(T). h Huurkontrak van h hotelperseel het bepaal dat
die toepaslike drank-lisensies die eiendom van die verhuurder sou bly en dat
die
huurder by die verstryking van die huurtermyn alle stappe sou doen wat nodig is
om die lisensies aan die verhuurder oor te dra.
Na die beëindiging van
die
22.
huurtermyn het die huurder geweier om sy verpligting
volgens
die kontrak na te kom. Die verhuurder het aansoek
gedoen om 'n
tussentydse bevel wat die huurder belet (onder
meer) om die
lisensies aan enige ander persoon oor te dra.
Die aansoek is
toegestaan. Een van die verwere wat die
huurder geopper het, was dat
niemand behalwe die houer van
'n lisensie die eienaar daarvan kan
wees of enige saaklike
reg ten opsigte daarvan kan hê nie, en
dat op daardie
grondslag die bepalings van die kontrak waarna ek
verwys
het ongeldig en onafdwingbaar was. Hierdie verweer
is
deur COLMAN R verwerp, in die volgende woorde (op 416A-
C):
"It is true, I think, that no one other than the licensee can be the owner
of a licence. The references, in the lease and in the affidavits,
to the licence
as the property of the applicant are therefore legally unsound. But that does
not mean that a person other than the
licensee cannot, by contract, acquire a
ius in personam
against the licensée whereunder, in certain
circumstances, the licensee will be obliged to do whatever lies in his power to
have the licence transferred to that other person or his or its nominee. Such a
situation is created whenever there is a purchase
of a
licensed
23.
business, and such purchases are recognised in sec 42(1 ) of the Act.
Moreover the holding of licences by nominees of their lessors
and of others is a
long standing practice in this country. It is commonly done under contractual
provisions similar to those in the
lease before me, and the validity of such
arrangements has been recognised by the Courts. I would refer, in that regard,
to
Fick v Woolcott and Ohlsson's Cape Breweries Ltd
1911 AD
214."
Die werklike
ratio decidendi
was dat die kontraktuele
bepalings as sodanig geldig en afdwingbaar
was. Weereens
was. die vraag of 'n verkoper die eiendomsreg van 'n
lisensie
kan voorbehou met saaklike werking teenoor die koper
se
skuldeisers in insolvensie nie ter sprake nie, en
die
aangehaalde stellings kan nie as beslissend in diê
opsig
beskou word nie.
In albei die bogemelde sake is die uitlatings in
verband met die eiendomsreg van 'n dranklisensie in
algemene
en ongekwalifiseerde terme ingeklee, en in albei
gevalle is dit
gedoen met verwysing na
Fick
se saak
supra
.
Na my
mening regverdig die uitspraak van INNES HR in
daardie saak egter
nie die formulering van so h oënskynlik
24.
algemeen-geldende beginsel nie. In vereenvoudigde vorm was die feite in
Fick
se geval die volgende. Fick het 'n hotel verhuur aan Breweries, en
Breweries het dit onder-verhuur aan Woolcott. Die onder-huurkontrak
het 'n
bepaling bevat waarvolgens Breweries die eienaar van die hotel-dranklisensie sou
bly en Woolcott verplig sou wees om by die
verstryking van die huurtermyn die
lisensie aan Breweries oor te dra. Met die verstryking van die onderhuur het
Fick 'n huurkontrak
direk met Woolcott aangegaan, en dié kontrak het ten
gunste van Fick teenoor Woolcott h bepaling bevat met soortgelyke strekking
as
dié wat in die onderhuur ten gunste van die Breweries beding was. Na
afloop van die kontrak tussen Fick en Woolcott het
Fick 'n aksie teen Woolcott
ingestel om hom te verplig om die lisensie aan Fick oor te dra. Woolcott se
verweer was dat die lisensie
die eiendom van Breweries was en dat hy nie verplig
was om dit oor te dra aan Fick nie. Breweries het tot die geding toegetree en
aansluitend by Woolcott se verweer 'n bevel geëis waarin verklaar word
dat
25.
Breweries die eienaar van die lisensie was. Die
geskilpunt
voortspruitend uit Fick en Breweries se
mededingende aansprake op
die lisensie is op appèl ten
gunste van Fick beslis. Die
kern-grond van die beslissing
was dat Breweries se aanspraak op die
lisensie ten gevolge
van die bepalings van die kontrak tussen
Breweries en
Woolcott tot 'n einde gekom het met die verstryking van
die
huurtermyn, en dat dit dus nie in die weg gestaan het
van
Fick om sy kontrak met Woolcott af te dwing nie. Dit is
in hierdie samehang dat die stellings in die
uitspraak
aangaande die eiendomsreg van 'n dranklisensie gelees
moet
word, eerstens met verwysing na die statutêre
bepalings
wat vervat was in die destydse ordonnansie, en
tweedens
met verwysing na die bepalings van die kontrak
tussen
Breweries en Woolcott. Ter illustrasie haal ek
die
volgende uittreksels aan (op 230 en 232):
"It is a privilege granted to a particular person to sell liquor at a
particular place.
And the law attaches the greatest importance,
and provides for the strictest supervision, in regard to both these
elements. The
Ordinance,
26.
were it necessary to go into details, affords ample proof of that
proposition. No person can own a licence save as the Statute permits,
and no
licence can issue for premises which the Statute declares to be
unsuitable."
" I am satisfied that there can be no
transfer of a retail
liquor licence to a person who has no right to occupy the licensed premises, and
that no contract having that
object can be enforced."
"It was, of course, impossible for the Breweries to be or become in law
the owner of these licences. No company, it is common cause,
can be the holder
of an hotel or retail licence; nor could Woolcott legally transfer his licence
to anyone. But, as already pointed
out, Woolcott might have been compelled
during the currency of the sub-lease to apply for, and do all things necessary
to procure,
the transfer of the licences into the name of a nominee of the
Breweries. I do not think this undertaking was intended to last longer
than the
term of the sub-lease. But, in any event, the company ceased to be lessees of
the premises after March 31st. Its lease was
by notice duly terminated on that
date. And that being so, it lost all right of occupation of the licensed
premises, could confer
none upon its nominees, and
therefore ceased
to be able to enforce against
Woolcott its contract of March 5th
relating to transfer."
27.
Na my mening sou dit verkeerd wees om die stellings in die uitspraak
aangaande eiendomsreg van 'n dranklisensie as beslissend ten
aansien van die
vraag onder oorweging in die huidige saak te beskou. Hulle is gemaak in 'n
bepaalde verband, met die oog waarop hulle
(vanselfsprekend) gepas was, as deel
van die beredenering van die geskilpunt wat daar besleg moes word. Dat hulle in
algemene terme
ingeklee was, regverdig nie hulle toepassing op die beslegting
van 'n gans ander geskilpunt, waarmee die Hof daar nie gemoeid was
en waarop die
aandag nie gevestig was nie. Om dit te doen, sou verkeerdelik daarop neerkom dat
daar aan die stellings, in isolasie
geneem, die krag van h statutêre
voorskrif gegee word met betrekking tot 'n feitekompleks wat nie in die
kontemplasie was nie
(vgl
Thómas Construction (Pty) Ltd (In
Liquidation) v Grafton Furniture Manufacturers (Pty) Ltd
1988 (2) SA 546
(A)
op 565A-B).
Gevolglik is my mening dat die uitspraak in
Fick
28.
se saak
supra
nie 'n beletsel is om uitvoering te gee
aan
my sienswyse oor die oplossing van die geskilpunt in
die
onderhawige saak nie, soos ek dit vroeër uiteengesit
het.
Dieselfde geld dan vir die uitsprake in die gevalle
van
Weintraub
en
Bank Station Hotel supra
. En verder
ook vir
die stelling in
Solomon v Registrar of Deeds
1944 CPD
319
op 325 dat 'n dranklisensie by die insolvensie van
die
houer daarvan oorgaan op die kurator vir die voordeel
van
die skuldeisers. Dié stelling is gemaak in die loop van
'n
bespreking van die vraag of 'n dranklisensie met
'n
notariële verband beswaar kan word, wat
bevestigend
beantwoord is. Die samehang blyk uit die
volgende
uittreksels uit die uitspraak van VAN ZYL RP (op
325-326
en 327):
"Although INNES JA, in the judgment above referred to, describes a liquor
licence as a privilege granted to a particular person, it
is, I think, clear
from what is said above that a liquor licence is not merely a privilege but is a
right of a potential commercial
value which may sometimes be very considerable,.
and a right
which is
alienable and can be sold. It is, however, not every sale thereof which can
be
29.
given effect to because when a licence has been sold, transfer thereof to
the purchaser will have to be obtained from the Licensing
Board; and if the
Board does not approve of the purchaser or if the purchaser does not possess one
of the essentials required by
law, such as e g the right to occupy the premises
to which the licence relates, transfer of the licence will not be obtained and
the sale will fall through. Although, however, there are these limitations to
the giving effect to a sale of a liquor licence, the
right to sell is there and
it can sometimes be a very valuable right.
As pointed out above, in spite of the personal elements attached to the
licence, on the insolvency of the licensee the licence passes
to his trustee for
the benefit of the insolvent estate. Likewise on the death of the licensee the
licence passes to his executor
for the benefit of his estate.
In the case of insolvency if the trustee, in the realisation of the
estate, has sold the licence and has obtained a transfer thereof
to the
purchaser from the Licensing Board, the proceeds of the sale of such licence
would in the ordinary course, if there is no
notarial bond on the licence
securing the debt of a particular creditor, be distributed by the trustee among
the concurrent creditors
of the insolvent, and if there is such a notarial bond
the secured creditor will have a preferential claim on such proceeds for the
payment of his debt and the trustee will have to pay the secured creditor's
claim therefrom and only if thereafter there is a surplus
can he distribute such
surplus among the concurrent creditors."
30.
"As a right of a commercial value which can be separately held, alienated
and sold, a liquor licence under our law can also be mortgaged."
" in the case of
South African Breweries
Ltd v Liquidators, Cape Hotels Ltd and Another
(1934 CPD 2)
the
holder of such a notarial bond was awarded the full value of the licence, on the
basis that the licence was an asset with a value
of its own which could be
separately dealt with. I think that was a correct decision and the principles
upon which it was given still
apply
to-day."
Dit is duidelik dat die
regsposisie ten opsigte van 'n
dranklisensie by insolvensie van die
houer in oënskou
geneem is slegs vir sover dit ter sake was met
betrekking
tot die regte van die houer van 'n notariële
verband
daaroor. Maar die beslissing in daardie opsig is
inderdaad van groot belang met betrekking tot die
standpunt
wat ek huldig oor die geskilpuht in die huidige
saak, al is dit op 'n onregstreekse wyse. Die kern van
die
beslissing, wat deur SCHREINER AR goedgekeur is in
Nkwana"
v Hirsch
1956 (4) SA 450
(A) op 457H, was dat
'n
31 . dranklisensie, as 'n reg met kommersiële waarde wat
afsonderlik gehou, vervreem en verkoop kan word, met 'n verband beswaar
kan word
- met die destyds vanselfsprekende gevolg dat die houer van so 'n verband
voorkeur geniet bo die onversekerde skuldeisers
in die insolvente boedel. Dit
behels dat dit in ons reg in beginsel wel moontlik is om 'n saaklike reg te
vestig op 'n dranklisensie
ten gunste van iemand anders as die houer daarvan. En
dit is so, ten spyte van die feit dat die vermeende beginselsware wat ek
vroeër
bespreek het met verwysing na die erkenning van eiendomsreg van 'n
dranklisensie in iemand anders as die houer daarvan, eweseer geopper
sou kon
word teen die erkenning van 'n beperkte saaklike reg oor 'n lisensie ten gunste
van so iemand. Die onlangse verwikkelings
met betrekking tot notariële
verbande wat blyk uit die beslissing in
Cooper NO en Andere v Die Meester en
'n Ander
1992 (3) SA 60
(A) en die bepalings van die Wet op
Sekerheidstelling deur middel van Roerende Goed 57 van 1993 doen geen afbreuk
aan
32.
die voorgaande beskouings in die samehang van die huidige bespreking
nie.
Na my oordeel bied die beslissing in die
Solomon
-saak 'n
aansienlike mate van ondersteuning aan my standpunt dat dit regtens moontlik is
om uitvoering te gee aan dié behoefte
om die voorbehoud van eiendomsreg
van 'n dranklisensie te erken ten gunste van die verkoper daarvan, met effek
teen die skuldeisers
van die koper wat insolvent gaan. Aansluitend by die
uitspraak in die
Solomon
-saak het JANSEN R in
Ramdaie v Ganesh and
Others
1959 (1) SA 535
(D & C) op 536 D-F 'n dranklisensie beskou as 'n
res
. Op daardie grondslag sou dit in stryd wees met die werklikheid om
die kontrak tussen die verkoper en die koper te misken en die
skuldeisers van
die koper toe te laat om te deel in die opbrengs van die dranklisensie (vgl
McEwen NO v Hansa
1968 (1) SA 465
(A) op 471F-472F).
Ten
slotte verwys ek kortliks na die twee betreklik onlangse sake in hierdie Hof,
wat bespreek word in die hoofuitspraak:
Slims (Pty) Ltd and Another
v
33.
Morris NO
1988 (1) SA 715
(A) en
Aquatur (Pty)
Ltd v Sacks and Others
1989 (1) SA 56
(A). In geeneen van dié twee
sake is die vraag wat in die onderhawige saak beslis moet word, hoegenaamd te
berde gebring nie.
In die meerderheidsuitspraak in die
Slims
-saak, wat op
die bepalings van artikel 37(5) van die Insolvensiewet gebaseer was, is die
beredenering voorafgegaan (op 730A-E) deur
'n aanname in algemene terme, en 'n
veronderstelling, wat 'n geskil soos die huidige uitgesluit het van oorweging.
Soos in daardie
saak, is dit hier ook nie vir my nodig om oorweging te skenk aan
die minderheidstandpunt wat vervat is in die uitspraak van NICHOLAS
Wnd AR nie.
Oor die ander minderheidstandpunt, in die uitspraak van CORBETT AR (met NESTADT
AR samestemmend), is dit slegs nodig
om te sê dat, in soverre die
beredenering gebaseer is op, of van dieselfde strekking is as, die beslissings
in die vroeëre
sake wat ek reeds hiebo in oënskou geneem het,my
sienswyse, met eerbied, dieselfde is as wat ek alreeds uitgespreek het. Origens
moet ek net meld dat, as
34. die opmerking op 738I/J uitgelê
sou word om te beteken dat artikel 47(1) van die Drankwet 87 van 1977 noodwendig
inhou dat
h dranklisensie altyd by die sekwestrasie van die boedel van die houer
daarvan in sy kurator setel, op so h wyse dat hy dit moet
te gelde maak ten
voordeel van al die skuldeisers, dan stem ek met eerbied nie saam daarmee nie.
Tydens die betoog voor ons was dit
gemene saak tussen die advokate van albei
kante dat die bepalings van artikel 47(1), waarvolgens die lisensie op die
kurator oorgaan
en hy die besigheid kan voortsit, slegs bedoel was as h
meganisme om die instandhouding van die lisensie en die besigheid gedurende
die
kurator se administrasie van die boedel te beveilig, en dat dit ook die geval is
ingevolge die ooreenstemmende bepalings van
artikel 118(1) van die Drankwet 27
van 1989. Ek stem daarmee saam; die voorskrifte is klaarblyyklik nie bepalend
van die vraag of
die kurator verplig is om die lisensie te gelde te maak ten
bate van die skuldeisers dan wel om stappe te doen om dit te laat oordra
aan
iemand wat daarop geregtig is nie.
35. Wat die beslissing in die
Aquatur
-saak betref, word daar in die hoofuitspraak gesê dat dit
daaruit volg dat die vorige eienaar van 'n dranklisensie deur die
oordrag
daarvan enige sakeregtelike aanspraak op die lisensie verloor. Met daardie
siening van die saak kan ek, met alle eerbied,
nie saamstem nie. Van enige
sakeregtelike aanspraak op die lisensie was daar eenvoudig geen sprake nie. Dit
blyk uit die uitspraak
van VIVIER AR op 61D-G dat die eis teen die appellant
gegrond was op kontraktuele bepalings waarvolgens hy verplig was om die betrokke
lisensies oor te dra, en dat die verweer teen die eis gebaseer was op sekere
bepalings van die Drankwet 87 van 1977. Die Hof het
bevind dat die verweer
ongegrond was en dat 'n bevel van spesifieke nakoming van sy kontraktuele
verpligtings teen die appellant
geregverdig was (sien op 66G). Die feit dat die
kóntrak ook bepaal het dat die eiendomsreg van die lisensies by die
verhuurders
gebly het, het geen rol gespeel in die wyse waarop die eis teen die
appellant ingeklee was nie, en is
36.
dus ook nie as sodanig in die uitspraak oorweeg nie. Gevolglik is geen
afleiding geregverdig uit die feit dat die Hof die appellant
se verpligting as
kontraktueel van aard beskou het nie.
Om al die voorgaande redes
stem ek nie saam met die bevel wat aan die einde van die hoofuitspraak
uiteengesit word nie, in dié
mate dat ten opsigte van beide paragrawe (a)
en (b) daarvan ek van mening is dat die woorde "met uitsluiting van die
dranklisensie"
vervang behoort te word deur die woorde "met insluiting van die
dranklisensie". Op hierdie grondslag sou die wysiging van die bevel
van die hof
a quo
geen wesenlike sukses vir die appellant inhou nie, en gevolglik sou
ek, behoudens die wysiging, die appèl van die hand wys,
met koste,
insluitend die koste van twee advokate.
A S BOTHA AR