About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 102
|
|
S v Hendricks (297/92) [1993] ZASCA 102 (27 August 1993)
Saak No 297/92 (WPA)
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
In die saak tussen
YUSUF HENDRICKS
1
ste APPELLANT
SAM
JACOBS
2de APPELLANT
IVAN GEORGE
3de APPELLANT
en
DIE STAAT
RESPONDENT
CORAM:
HEFER, MILNE et EKSTEEN ARR
AANGEHOOR
: 11 NOVEMBER 1991, 2 MAART 1992 en
24 AUGUSTUS 1993
GELEWER
: 27 AUGUSTUS 1993.
UITSPRAAK HEFER, AR
:
2
Die appèl van die huidige twee appellante
is in 'n vorige uitspraak ooreenkomstig Reël 7(3) van die Reëls van
hierdie
hof van die hand gewys. Sedertdien het dit geblyk dat die kennisgewing
van verhoor wat op die oog af voldoen het aan die vereistes
van Hofreël
7(2), inderdaad gebrekkig was. In die lig hiervan het die hof geen bevoegdheid
gehad om die appèl van die
hand te wys nie en moet die betrokke bevel as
nietig beskou en geïgnoreer word (
S v Absalom
1989(3) SA 154 A op
164 E-G).
Om verwarring te voorkom sal na die appellante by name ("Hendricks" en
"Jacobs") verwys word. In die vorige uitspraak is aangedui
dat die enigste vraag
is of die Staat bo redelike twyfel bewys het dat Hendricks en Jacobs en hulle
eertydse mede-appellant ("Ivan
George") lede was van die bende wat 'n supermark
op 2 November 1985 beroof het. Verder
3
is gewys op gebreke in die getuienis van die
staatsgetuies wat oor die identiteit van die rowers getuig het. Net soos die
geval was
met Ivan George, is hulle getuienis nie voldoende om Hendricks of
Jacobs met die roof te verbind nie. Die uitslag van die appèl
hang, wat
hulle betref, af van die toelaatbaarheid van bekentenisse deur beide van hulle
wat ten spyte van beswaar as getuienis teen
hulle toegelaat is. Die grond vir
hulle besware en die verloop van die binneverhore wat dit tot gevolg gehad het,
was wesenlik dieselfde
as dië van Ivan George wat in die vorige uitspraak
beskryf is. Ook wat hulle betref, behels die appèl dus niks meer nie
as
'n ondersoek na die Streeklanddros se geloofwaardigheidsbevindings in die
binneverhore. In die vorige uitspraak is reeds aangedui
waarom sy bevinding ten
opsigte van Ivan George nie ondersteun kan word nie en wat nou oorbly, is die
vraag tot
4
watter mate hierdie hof se reeds uitgesproke
kritiek Hendricks en Jacobs se gevalle ook raak.
Jacobs se saak verskil van Ivan George s'n tot die mate dat die aanklaer
hom wel gekruisvra het aan die hand van die distriksgeneesheer
se verslag. Wat
egter opvallend is, is dat die kruisondervraging nie betrekking gehad het op
beserings waaroor Jacobs getuig het
nie; wat aan hom gestel is, kom daarop neer
dat die distriksgeneesheer geen beserings aan dele van sy liggaam gevind het nie
waar
Jacobs in elk geval nie getuig het dat hy beseer was nie! Word verder in ag
geneem dat Jacobs se bekentenis aan 'n polisieoffisier
gemaak is en dat die
Staat gevolglik opgesaal was met die las om bo redelike twyfel te bewys dat dit
vrywillig geskied het, word
die versuim om die distriksgeneesheer te roep nog
meer belangrik as wat dit in Ivan George se geval was. Jacobs was een van
dié
wat by sy eerste
5
verskyning in die landdroshof beweer het dat hy
aangerand was en wou selfs sy beserings aan die landdros vertoon (dit was juis
die
rede waarom hy en die ander na die distriksgeneesheer vir ondersoek verwys
is) en by die verhoor was hy bereid om te beweer dat die
distriksgeneesheer
inderdaad beserings gevind het, welwetend dat so 'n bewering maklik en afdoende
weerlê sou kon word indien
dit nie waar was nie. Die gevolgtrekking is
onvermydelik dat die distriksgeneesheer nie geroep is nie omdat hy die Staat se
saak
nie kon ondersteun nie. Jacobs se bekentenis behoort ook nie toegelaat te
gewees het nie.
Hendricks se saak word nie geraak deur
die
versuim om die distriksgeneesheer te roep nie. Hy
is
vier dae voor die ander gearresteer en was nie
onder diegene wat
fisies ondersoek is nie. Trouens,
in sy getuienis het hy erken dat
hy geen beserings
6
gehad het na sy beweerde aanranding nie. In sy
geval word ons bloot op grond van die inherente waarde van sy eie getuienis
teenoor
dié veral van Adjudant-offisier Hertz gevra om in te meng met die
verhoorhof se geloofwaardigheidsbevinding. Ek is nie bereid
om dit te doen nie.
Die beste wat Hendricks se advokaat kon doen by wyse van kritiek oor Hertz se
getuienis was om te verwys na aspekte
waarop ander staatsgetuies hom weerspreek.
Sommige van die weersprekings is beuselagtig en almal volkome verklaarbaar en
alles behalwe
suspisiewekkend. Daarenteen hang daar 'n vraagteken oor etlike
aspekte van Hendricks se eie getuienis. Minstens twee gedeeltes daarvan
- dat hy
voorgesê is oor die inhoud van die bekentenis en sy ontkenning in die
binneverhoor van enige kennis van 'n geel motor
wat hy, volgens sy eie latere
erkenning, 'n dag na die roof gekoop het - was ongetwyfeld leuenagtig.
7
Origens skep die lees van sy getuienis sekerlik
nie die indruk van 'n geloofwaardige getuie nie. Die bekentenis is aan 'n
landdros
gemaak en voldoen aan die ander vereistes van Art 217(1)(b)(i) en (ii)
van die Strafproseswet. Waar die bewyslas gevolglik op die
verdediging gerus
het, bestaan daar - gedagtig aan wat reeds gesê is en die verhoorhof se
nadelige bevindings - geen rede om
sy weergawe bo die van die staatsgetuies te
verkies nie of met sy skuldigbevinding in te meng nie. Bygevolg word -
1.
Hendricks se
appèl van die hand
gewys.
2.
Jacobs se
appèl gehandhaaf en sy skuldigbevinding en vonnis ter syde
gestel.
J J F HEFER AR.
MILNE AR ) STEM SAAM EKSTEEN AR )