About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 100
|
|
S v Jantjies and Another (158/92) [1993] ZASCA 100 (26 August 1993)
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING
)
In die saak tussen:
EBRAHIM JANTJIES
Eerste Appellant
BELINDA JOHNSON
Tweede
Appellant
EN
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: JOUBERT, EKSTEEN, ARR et HARMS, WN AR
VERHOOR
: 25 Mei
1993
GELEWER
: 26 Augustus 1993
UITSPRAAK
EKSTEEN
, AR :
Die twee appellante is op 8 Maart 1989 in die Wynbergse landdroshof skuldig
bevind aan 'n oortreding van art 2(a) van Wet 41 van 1971
deurdat hulle op 20
Maart 1988 handel gedryf het in 1062 Mandrax tablette wat metakaloon bevat.
Hulle is tot 8 jaar en 6 jaar gevangenisstraf
onderskeidelik gevonnis. 'n
Appèl na die Kaapse Provinsiale Afdeling teen hul skuldigbevindinge en
vonnisse is op 16 Oktober
1989 van die hand gewys, en op 14 November 1989 is
hulle aansoek na daardie hof om in hoër beroep na hierdie Hof te kom ook
afgewys. 'n Petisie is voorts aan
2
die Hoofregter gerig ingevolge Art 21(3) van Wet 59 van 1959 om na hierdie
Hof te appelleer, en verlof ingevolge hierdie petisie is
op 20 Maart 1990
toegestaan.
Daarna het niks verder gebeur nie tot-dat op 2 April 1992
appellante se prokureur 'n aan-soek geliasseer het om sy versuim om
ooreenkomstig
Reël 5(5) van hierdie Hof afskrifte van die notule van die
saak betyds by die griffier in te dien, te kondoneer. In sy versoekskrif
voer
die ap-pellante se prokureur, ene Weir, aan dat hy slegs vanaf 1 Junie 1991 as
sulks praktiseer en dat hy nie appellante se
saak voor daardie datum behartig
het nie. Hy het die praktyk van Ashley Dalton
..../ 3
3
Sharp gekoop. Sharp het vir die appellante voor die landdros verskyn; hul
appèl voor die Kaapse hof behartig, en ook hulle
petisie aan die
Hoof-regter geloods. Weir beweer dat Sharp se lêers in 'n chaotiese
toestand was en dat heelwat doku-mentasie
uit die appellante se lêers
ontbreek het. Sharp het hom onder die indruk gebring dat hy nog niks omtrent die
uitslag van appellant
se petisie aan die Hoofregter verneem het nie, en Weir het
hom gevolglik daarby berus.
Gedurende November 1991 het hy 'n navraag -"a
query" - van Wessels en Smith, sy Bloemfonteinse korrespondente, wat appellante
se aansoek
behartig het, ontvang rakende hierdie appèl. Besonder-
..../4
4
hede van hierdie navraag word nie verstrek nie, en 'n afskrif van. die
navraag self word nie aan-geheg nie. Hy meld ook nie wat sy
antwoord aan Wessels
en Smith op hul navraag was nie. Weir sê slegs dat hy weer die saak met
Sharp bespreek het en dat dié
hom weer gerusgestel het.
Gedurende
Januarie 1992 het die klerk van die Wynbergse hof hom telefonies geskakel om
navraag te doen omtrent die voortsetting van
die appèl. Dit hef Weir
aangespoor om weer in verbinding te tree met Wessels en Smith en toe, sê
hy, het hy vir die
eerste keer verneem dat verlof om te appelleer reeds op 20
Maart 1990 toegestaan is. Hy het dadelik met die appellante
..../ 5
5
in verbinding getree en van hulle verneem dat hulle ook onbewus was van die
uitslag van hul petisie, en dat hul nog begerig was om
te appel-leer. Geen
beëdigde verklaring deur enigeen van die appellante is aangeheg
nie.
Weir voer aan dat hy vermoed dat ene Els - destyds 'n kandidaat
prokureur by Sharp -verantwoofdelik moes gewees het vir die versuim
om die
tersaaklike korrespondensie met Wessels en Smith in appellante se lêer te
plaas, en dat dit ook Sharp se onkunde oor
die aangeleentheid verklaar. Weereens
is daar geen verklaring van òf Sharp òf Els aangeheg nie.
Hierdie aansoek om kondonasie is m i
.... / 6
6
geensins bevredigend nie. Soos reeds daarop gewys, word die karige beweringe
nie deur enige stawende verklarings of relevante korrespondensie
gerugsteun nie,
en die indruk word gelaat dat die aansoekdoener van die standpunt uitgegaan het
dat die aansoek maar "n blote formaliteit
was. Dat dit nie die geval is nie, is
meermale deur hier-die Hof beklemtoon (sien
Meintjies v H D Combrinck (Edms)
Bpk
1961 (1) SA 262
(A) op 264 A en
Saloo
-
jee and Another NNO v
Minister of Community De
-
velopement
1965 (2) SA 135
(A) op 138 E.)
In die onderhawige saak, waar so 'n lang tyd verloop het sedert die toestaan van
verlof om te appelleer totdat die
aansoek gebring is, kan daar met reg
.... / 7
7
van die prokureur verwag word dat hy veel meer inligting voor die hof sou
geplaas het om sy oënskynlike laksheid te verduidelik.
Dit is nie hier na
behore gedoen nie. Afgesien van die appellante of hul prokureurs se versuim om
aan die vereistes van die Reëls
van die Hof te vol-doen, kan die aansoek om
kondonasie in elk geval nie slaag nie tensy aangetoon kan word dat daar redelike
vooruitsigte
van sukses op die voorge-nome appèl sal wees. Ek wend my dus
nou tot 'n oorweging van hierdie aspek.
By die verhoor voor die landdros is
getuienis voor die hof geplaas om aan te toon dat die polisie op 20 Maart 1988
'n aantal "wit
..../8
8
pille" of "tablette" by die appellante se huis en in hulle besit gevind het.
Hierdie "pille" is na die Forensiese Wetenskaplaboratorium
te Pretoria vir
ontleding gestuur en die uitslag van sodanige ontleding is by wyse van 'n
beëdigde verklaring ingevolge Art
212 van die Strafproses-wet 51 van 1977
("die Wet") voor die hof geplaas. Albei die appellante het getuienis
afgelê in 'n poging
om hulself op die feite te verweer. Dit is egter nie
nodig om hrerop in te gaan nie. Voor die Kaapse hof en ook voor hierdie Hof
is
daar slegs op een punt staatgemaak nl dat die beëdigde verklaring waarna ek
verwys het onvol-doende was om die Staat van
die bewyslas wat op
..../ 9
9
hom gerus het om te bewys dat die betrokke tab-lette metakaloon bevat, te
kwyt.
Speurder-sersant Swart het by die ver-hoor getuig dat hy die tablette
wat hy by die appellante gekry het, te Mitchells Plain Poli-siestasie
in hulle
teenwoordigheid in 'n amptelike koevert gesit het, en dit gemerk het "Mitchells
Plain MR 568/03/88, SAP 13 588/88." Daarna
het hy dit verseël met 'n
amptelike seël nommer 1422. Op 'n later stadium het hy hierdie koevert in
'n groter koevert geplaas,
dit, op sy beurt, verseël met 'n amptelike
seël nommer 1364, en dit per aan-getekende pos versend aan die
Bevelvoerende
Offi-sier van die Forensiese Wetenskaplaboratorium
..../ 10
10
te Pretoria. Die beëdigde verklaring van die
ontleder, wat sers Swart
terug ontvang het, en
wat hy as deel van die getuienis by die verhoor-
hof
ingedien het, lui soos volg :
"PHILIP DOUGLAS TWIGGE verklaar onder eed en ingevolge Art. 212/4(a) en Art.
212(8)(a) van Wet 51/77:-
1. Ek is 'n luitenant in die Suid-Afrikaanse
Polisie, verbonde aan die
Forensiese
Wetenskaplaboratorium, Pretoria en is
in diens van die Republiek 'van Suid-Afrika.
2. Ek is in besit van 'n B.Pharm.-graad van die Universiteit van Potchefstroom
as-ook 'n M.Sc.-graad in Farmaseutiese Chemie van
die Universiteit van
Potchefstroom. Ek is as Apteker geregistreer by die Suid-Afrikaanse Aptekersraad
en het 8 jaar ondervinding
van skeikundige
ont-ledings.
3. Dat ek, tydens die verrigting van my
.... / 11
11
ampspligte, op 1988/03/29 een (1) pakket, verseël met amptelike
polisieseël nommer 1364, per aangetekende pos (WYNBERG
K/C 2 R No 09315)
vanaf s.sers. H.A. Swart, S.A.N.A.B., Wynberg, ontvang het. Die pakket het een
(1) koevert, verseël met amptelike
polisieseël nommer 1422 bevat. Die
koevert was gemerk 'MIT-CHELLS PLAIN MR 568/03/88 SAP 13/588/88' en het 538,44 g
tablette,
tabletstukkies en poeier bevat. Bereken volgens die gemiddelde massa
van een (1) tablet is die 538,44 g tablette, tabletstukkies
en poeier ekwivalent
aan een duisend twee en sestig (1062) tablette.
4. Dat ek versoek was om die bewysstukke
te ontleed ten einde vas te stel
of
hulle enige stowwe bevat soos gelys in
die Bylae van Wet 41/71.
5. Dat ek die bewysstukke ontleed het en
gevind het dat hulle metakaloon
bevat.
Metakaloon is gelys in Deel 1 van die
Bylae van Wet
41/71.
6., Dat bovermelde resultate behaal is op
..../ 12
12
'n wyse wat bedrewenheid in biologie, skeikunde en toksikologie
vereis."
Die verklaring is daarna behoorlik deur
luit Twigge voor 'n kommissaris van ede beëdig.
Die toelaatbaarheid van
hierdie verkla-ring as getuienis teen die appellante word deur die bepalinge van
Art 212(4) en (8) van die
Wet gereël. Die tersaaklike dele van hierdie twee
sub-artikels lui soos volg :
"212(4)(a) Wanneer 'n feit wat bepaal is
deur 'n ondersoek of proses wat bedrewenheid in biologie, skei-kunde .... of
in toksikologie... vereis, by strafregtelike ver-rigtinge
by die geskilpunt
rele-vant is of mag word, is 'n doku-ment wat voorgee 'n beedigde verklaring te
wees deur 'n per-soon wat in daardie
beëdigde
..../ 13
13
verklaring beweer dat hy in diens is van die Staat .... en dat hy bedoelde
feit deur middel van so 'n ondersoek of proses bepaal het,
by blote voorlegging
daarvan by sulke verrigtinge,
prima-facie
-bewys van daardie feit ....
"
"212(8)(a) In strafregtelike verrigtinge
waar die ontvangs, bewaring .... of versending van .... 'n voor-werp van
watter aard ook al by die geskilpunt relevant is, is 'n dokument
wat voorgee 'n
beëdigde verklaring te wees deur 'n persoon wat in daardie beëdig-de
verklaring beweer -(i) dat hy in diens
is van die Staat .... (ii) dat hy tydens
die verrig-ting van sy ampspligte -(aa) van 'n in die beëdigde
verklaring vermelde per-soon .... 'n in die be-ëdigde verklaring
be-skrewe .... voorwerp
.... / 14
14
ontvang het, wat op die wyse wat in die beëdigde verklaring beskryf
word, verpak of gemerk was .... by blote voorlegging daar-van
by sulke
verrigtinge
prima facie
-bewys van die sake aldus beweer."
Art 212(12) bepaal dan voorts dat:
"(12) Die hof voor wie 'n beëdigde verklaring ... ingevolge 'n voorafgaande
bepaling van hierdie artikel as
prima facie
-bewys van die betrokke inhoud
daarvan voor-gelê word, kan na goeddunke die persoon wat die beëdigde
verklaring afgelê
.... het, laat dagvaar om mondelinge getuienis by die
betrokke verrigtinge af te lê, of kan skriftelike vraagpunte vir
beant-woording
aan bedoelde persoon laat voor-lê, en sulke vraagpunte en
'n antwoord daarop wat voorgee 'n antwoord deur be-doelde persoon
te wees, is
insgelyks as getuienis by sulke verrigtinge
toe-laatbaar."
..../ 15
15
In die onderhawige saak het die Staat gesteun op die bepalings van Art 212(8)
om die
ontvangs van die pakket wat sers Swart versend het deur luit Twigge
te bewys, en op dié van Art 212(4) om die uitslag van sy
analise te
bewys. Wat die ontvangs betref, gee die dokument waarop gesteun word voor 'n
beëdigde verklaring deur luit Twigge
te wees. Daarin beweer hy
(i) dat
hy in diens van die Staat is, en (ii) dat hy, tydens die verrigting van sy
ampspligte, op 29 Maart 1988 'n pakket vanaf speurder-sersant
Swart van Wyn-berg
ontvang het. Die beskrywing van hierdie pakket - dws die seëls waarmee
..../16
16
dit verseël is, die feit dat dit 'n ver-seëlde koevert bevat het, die
seëls en die merke wat hierdie koevert gedra
het, asook die inhoud van die
koevert nl die tablette, tabletstukke en poeier, -kom volkome ooreen met dit wat
sers Swart getuig
het hy versend het. Hieraan is voldoen aan die
vereistes
van die sub-artikel en dien die blote
voorlegging van hierdie dokument as prima facie-bewys van sodanige ontvangs.
Insgelyks steun
die Staat op die bepa-linge van sub-artikel (4) om te bewys dat
daardie tablette wat sers Swart versend het, en wat luit
.../ 17
17
Twigge ontvang het, die verbode afhanklikheids-vormende stof metakaloon bevat
het. Weéreens (i) gee die dokument voor 'n beëdigde
ver-klaring van
luit Twigge te wees, (ii) waarin hy beweer dat hy in diens van die Staat is, en
(iii) dat hy by wyse van 'n proses
wat
bedrewenheid in biologie, skeikunde en toksilogie vereis, vasgestel het dat "die
bewysstukke" - dws die tablette, tabletstukke en
poeier wat hy in die koevert
gevind het - wel metakaloon bevat. Die blote voorlegging van hierdie doku-ment
dien, luidens die bepalinge
van
..../ 18
18
die sub-artikel, prima facie-bewys te
wees van die feit dat die tablette wel
metakaloon bevat het.
Mnr
Veldhuizen
, wat
namens die appellante verskyn het, het egter betoog dat luit Twigge ver-der moes
gegaan het in sy beëdigde verklaring om
aan te dui wanneer hy die ontleding
gedoen het en om te beweer dat die pakket na ontvangs en voor analise deurgaans
in sy bewaring
was. Vir hier-die betoog het hy steun gesoek by die beslissing
van die Transvaalse hof in
S v Van der Westhuizen
1989 (1) SA 468
(T). In
daardie saak is 'n bloed-monster aan die Departement van Nasionale Gesond-heid
en Bevolkingsontwikkeling te Johannesburg
/ 19
19
vir ontleding gestuur om die alkohol-inhoud daar-
van te bepaal. In sy
beëdigde verklaring inge-
volge Art 212 van die Wet het die ontleder
beweer
dat hy die monster op 3 Junie 1986 ontvang het
en dit op 30 Junie
ontleed het. Die
ratio deci
-
dendi
vir die beslissing is op p
473 E-G deur Heyns,
R soos volg gestel:
" ... myns insiens, is die sertifikáat wat deur die Staat gebruik was om
die een ele-ment in die Staat se saak te bewys, naamlik
wat die
bloedalkohol-inhoud van die appel-lant se bloed was en wat bewys is by wyse van
'n sertifikaat ingehandig ingevolge die voorskrifte
van art 212 van die
Strafproses-wet 51 van 1977 nie as prima facie-getuienis kon dien nie omdat daar
'n gebrek in was deur-dat die
persoon wat die sertifikaat uitge-reik het bloot
gesê het dat die bloedmonster ontvang is op 3 Junie 1986 en dat 'n
toets
.../ 20
20
daarna op 30 Junie 1986 uitgevoer was en daar geen verwysing is in wie se
bewaring en op welke wyse die bloedmonster in bewaring
ge-hou was gedurende die
tydperk van ontvangs op 3 Junie 1986 tot die ontleding gedoen is op 30 Junie
1986 nie."
Dit val dadelik op dat daar 'n wesenlike
verskil is
tussen die feite in
Van der Westhuizen
se saak en die feite in die
onderhawige geval.
Hier sê luit Twigge dat hy die tablette op 29
Maart
1988 ontvang hét, dat hy hulle ontleed het en dat
hy gevind
het dat hulle metakaloon bevat. Daar
is geen aanduiding dat daar enige
wesenlike tyd-
perk verloop het tussen die ontvangs en die ont-
leding nie. Die bewaring van die tablette tussen
ontvangs en ontleding is
dus prima facie irrelevant
..../21
21
tot die geskilpunt voor die hof. Wat wel van belang was, en wat deur die
Staat bewys moes word, was dat die tablette wat sersant Swart
in die be-sit van
die appellante gekry het, dieselfde tab-lette is wat by ontleding bevind is
metakaloon te bevat. Dit is
prima facie
-bewys deur die be-werings in die
beëdigde verklaring rakende die ontvangs van die verseëlde en gemerkte
pakket, en die
ontleding van die inhoud daarvan (
S v du Plessis
1972 (4)
SA 31
(A) op 34 A-C.)
Indien daar enige vermoede by die appel-lante bestaan
het dat daar enige moontlike onge-rymdheid by die ontvangs of ontleding kon
bestaan het, het dit hulle altyd vrygestaan om aansoek by
/ 22
22
die verhoorhof te doen om luit Twigge, ooreenkom-stig die bepalinge van
sub-artikel (12), te laat dagvaar om mondelingse getuienis
voor die hof af te
lê. Geen sodanige aansoek is gedoen nie. Trouens hierdie punt is geensins
voor die landdros geneem nie,
maar is vir die eerste keer op appèl voor
die Kaapse hof geopper. In 'n aansoek aan die hof a
quo
gedateer 19
September 1989 soek appellant se prokureur verlof om sy gronde van appèl
wat reeds ingedien was, aan te vul deur
hierdie punt te neem. In sy stawende
beëdigde verklaring beweer hy dat hy so pas van die be-slissing in
Van
der Westhuizen
se saak (
supra
) verneem het en hom op dieselfde punt
beroep.
.../ 23
23
Na my meningmoet volle gewig gegee word
aan die
bepaling in die Wet dat die vereiste be-
werings in die beëdigde
verklaring van die ont-
leder prima facie-getuienis van daardie feite sal
wees. In
S v
Veldthuizen
1982 (3) SA 413
(A) op
416 G-H waar dieselfde artikel onder
bespreking.
was, wys Diemont AR daarop dat -
"The words 'prima facie evidence' cannot be brushed aside or minimised. As used
in the section they mean that the judicial officer
will accept the evidence as
p
rima facie
proof of the issue and, in the absence of other credible
evidence, that that
prima facie
proof will become conclusive proof. (Ex
parte Minister of Justice
:
In re R v Jacobson and Levy
1931 AD 466
at 478 and
R v Abel
1948 (1) SA 654
(A) at 661)."
Die hele
doel van hierdie wetsbepaling was om die
.... / 24
24
bewys van die tersaaklike feite te vergemaklik
en om die noodsaaklikheid
om die ontleder in elke
geval as getuie te roep, sover moontlik uit te
skakel. Die bepalinge van die sub-artikels moet
dus nie so uitgelê
word deur vereistes daar in
te lees waarvoor die woorde nie vatbaar is
nie
en wat
prima facie
irrelevant tot die geskilpunt
is, om
sodoende die bedoeling van die wetgewer
kragteloos te maak nie.
In
S v Boyce
1990 (1) SASV 13 (T) wys
Eloff
ARP op 18 c-e tereg daarop dat, waar 'n ont-
leder 'n gemerkte en
verseëlde pakket in dieselfde
toestand as waarin dit versend is,
ontvang
"dit nie van belang is in wie se bewaring die geseëlde houer was vandat die
monster geneem
..../ 25
25
is totdat dit by die ontleder uitgekom het nie."
In
S v de
Leeuw
1990 (2) SASV 165 (NK) sê Buys R
op p 173 c-e -
"As die Staat nie nodig het om te bewys hoe 'n behoorlik verseëlde en
geidentifiseerde bloedmonster van die dokter wat dit geneem
het by die analis
uitgekom het nie, volg dit, myns insiens, dat die Staat ook nie nodig het om te
bewys hoe en waar die bloedmonster
bewaar is nadat dit by die ana-lis aangekom
het nie. Wat deurslaggewend is, is dat die sertifikaat sal aantoon dat die
analis 'n
behoorlik verseëlde en ge-identifiseerde bloedmonster van 'n
bepaalde beskuldigde ontvang en getoets het."
Met die voorbehoud
dat dit in gedagte gehou moet
word dat die "bewys" waarna die geleerde
regter
verwys slegs
prima facie
bewys moet wees, en
dat die
ontleder ingevolge sub-artikel (12) gedag-
..../ 26
26
vaar kan word om mondelinge getuienis af te lê, gaan ek met daardie
dictum
saam. Op hierdie be-nadering volg dit, na my mening, dat
Van
der West
-
huizen
se saak (
supra
) verkeerd beslis is.
In die
onderhawige saak was die Staat slegs geroepe om
prima facie
-bewys te
lewer dat die tablette wat sersant Swart by die appellant gekry het deur luit
Twigge ontvang is en deur hom ontleed is.
Dit was al wat
prima facie
relevant tot die saak was. Dit was dus nie nodig vir luit Twigge om in sy
beëdigde verklaring enige melding van die bewaring
van die tablette te maak
nie.
Mnr
Veldhuizen
het voorts betoog dat
.../ 27
27
'n verwysing na die bewaring van die stof ook nood-
saaklik
was om enige verandering by die chemiese
aard van die stof deur die verloop
van tyd, of enige
klerklike fout by die laboratorium uit te skakel.
Daar
steek m i niks in hierdie betoog nie.
Daar was geen getuienis voor die hof
gewees wat
enigsins daarop kon dui dat die betrokke stof
'n chemiese
verandering ondergaan het of kon on-
dergaan het nie. As soiets moontlik was
dan kon
appellante getuienis daaroor voor die hof geplaas
het.
Insgelyks as daar enige rede was om te ver-moed dat daar moontlik 'n klerklike
fout by die laboratorium kon ingesluip het, kon
appellante hulle op die
bepalinge van art 212(12) beroep het
.../ 28
28
deur aansoek te doendat luit Twigge gedagvaar word om mondelinge getuienis af
te lê (
S v Veldt
-
huizen
(
supra
) op 416 E-P). Dit het
hulle nie gedoen nie.
Daar is, na my mening, 'n
prima facie
-saak
daargestel dat die tablette wat sers Swart by die appellante gekry het wel by
ontleding ge-vind is metakaloon te bevat. Appellant
het geen getuienis
voorgelê om hierdie
prima facie
-saak te weerlê nie, en
gevolglik het dit bewys bo re-delike twyfel geword. Daar is dus geen
vooruit-sigte van sukses in hierdie
appèl nie en die aan-soek om
kondonasie kan nie slaag nie.
Die aansoek om kondonasie vir die
..../29
29
nie-nakoming van die Reëls van hierdie Hof word geweier.
J.P.G. EKSTEEN, AR
JOUBERT, AR )
stem saam HARMS, Wn AR )