About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 86
|
|
S v Yende (222/92) [1993] ZASCA 86 (28 May 1993)
SAAK NR 222/92
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
SAMUEL YENDE
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: E M GROSSKOPF, F H GROSSKOPF, ARR et VAN COLLER,
Wn AR
VERHOOR
: 24 Mei 1993
GELEWER
: 28 Mei 1993
2
UITSPRAAK
Die appellant is in 'n streekhof skuldig bevind aan strafbare manslag en
gevonnis tot drie jaar gevangenisstraf. Op appél het
die Transvaalse
Provinsiale Afdeling (J J Strydom en McCreath RR) die skuldigbevinding en vonnis
bekragtig. Met die nodige verlof
kom die appellant nou in hoër beroep na
hierdie hof.
Die feite is kortliks soos volg. Die appellant is 'n 55 jarige
hoofman en woon op 'n stat in die distrik Wakkerstroom. Die stat bestaan
uit 'n
aantal wonings wat aan die appellant behoort. Vroeg in 1990 was daar twee keer
brandstigting in die stat. Elke keer is 'n
huis met petrolbomme aan die brand
gesteek. Die appellant se ondersoeke het aan die lig gebring dat ene Themba
Dlamini ("die oorledene")
die skuldige was. Die appellant het sy inligting aan
die polisie by Dirkiesdorp oorgedra. Daarna was daar blykbaar weer 'n poging
tot
brandstigting. Die honde het
3
geblaf, en vreemdelinge is naby 'n huis gewaar, maar hulle het
weggekom sonder om skade aan te rig. Die polisie op Dirkiesdorp het
blykbaar
niks uitgerig nie, en die appellant het besluit om die saak by die polisie op
Standerton aan te meld. Hy het 'n voertuig
gehuur en saam met die eienaar van
die voertuig, die appellant se broer, en 'n kind wat op pad winkel toe was, na
Standerton gery.
Op pad het die kind die oorledene raakgesien. Die motor is tot
stilstand gebring, en die oorledene is hardhandig in die motor ingedwing.
Die
kind is by die winkel afgelaai, en die res van die groep is terug na die stat.
Daar is die oorledene uit die motor geneem, kaal
uitgetrek en vasgebind. Daar is
'n dispuut in die getuienis oor of hy aan 'n balk vasgemaak is of aan die
bakkie, maar dit maak vir
die doeleindes van die appèl nie saak nie. Die
appellant het 'n sambok geneem en hom 'n loesing gegee. Die oorledene is later
aan die gevolge van die loesing oorlede.
Twee nadoodse ondersoeke is op die oorledene uitgevoer, die eerste deur die
distriksgeneesheer, dr
4
Veenemans, en die tweede deur dr P Klepp, 'n lektrise
in
forensiese patologie aan die Universiteit van die
Witwatersrand. Daar
was verskille in die getuienis van die
twee geneeshere. Die verhoorlanddros
het dr Klepp se
getuienis aanvaar bo dié ván dr Veenemans, en
op appèl voor
ons is hierdie bevinding tereg nie aangeveg nie.
Die oorledene was omtrent 28 jaar oud, was 1,7
meter
lank en het ongeveer 56 kilogram geweeg. Dr Klepp het
bevind dat daar
minstens 74 verskillende kneusplekke en
skaafplekke op die liggaam van die
oorledene was. Die oorsaak
van dood was onderhuidse bloeding. Sy het nie
saamgestem met
dr Veenemans dat die dood veroorsaak was deur braking
en
daaropvolgende aspirasie van die braaksel nie. Oor die erns
van die
aanranding het dr Klepp gesê:
"Well we've mentioned that there were at least 70 blows and there is massive
contusion. This was not a light beating of a man. This
was an extensive beating
to the areas affected. Both thighs, both buttocks and the back of his body were
extensively beaten."
Oor die ligging
van die beserings, het sy soos volg
5
getuig:
"Was the hiding, the fact that the man was being struck, was it confined to the
lower part of the body? .. (a) I mentioned the smaller
abrasion up here. But
that is not the main impactive injury. The major impact was to man's buttocks.
His hip regions on both sides
and down the lateral aspects of his legs. On the
right side to the knee and on the left side to below the knee. And extensively
to
the back, the lower back. In other words is primarily to the lower half of
his body yes. And to the back side? ..(a) Yes. There are
some injuries to the
front but they may have been as I indicated to you have been applied from the
back with the twisting action
to the front of the
body."
Waar sy in hierdie passasie praat van 'n
"twisting action" verwys sy na getuienis wat sy vroeër gegee het ten
effekte dat die
aanwesigheid van 74 beserings nie beteken dat daar noodwendig 74
houe met die sambok geslaan was nie. Een sambokhou kan beserings
op meer as een
plek veroorsaak, byvoorbeeld deur om die lyf te krul.
Dit bring my dan by die appêl teen die skuldigbevinding. Namens die
appellant is betoog dat die redelike man nie sou voorsien
het dat die loesing
wat aan die
6
oorledene toegedien is, sy dood kon veroorsaak nie, en
dat
die appellant dus nie nalatig was ten opsigte daarvan nie.
Die hof
a quo
het hierdie aspek soos volg behandel:
"Dit bring my tot die tweede punt wat behandel moet word en wat eintlik die kern
van die appél is, naamlik of die appellant
die dood van die oorledene as
'n moontlikheid kon voorsien het.
Volgens die getuienis van die distriksgeneesheer sou 'n leek nie voorsien het
dat die oorledene sou vomeer nie en in sy braaksel
versmoor nie. Eerstens,
indien die bevinding van dr. Klepp aanvaar word, dan is hierdie mening van dr.
Veenemans eintlik nie relevant
nie, maar al sou dit relevant wees is dit na my
mening dit wat 'n medikus sou bevind as gevolg van sy mediese kennis. Dit volg
nie
omdat die appellant nie voorsien het dat die oorledene sou vomeer nie, dat
hy nie die moontlikheid voorsien het dat 'n wrede aanranding
op die oorledene sy
dood kon veroorsaak nie.
Wat dr. Klepp betref, het sy in die loop van haar getuienis wel gesê dat
sy nie weet of 'n leek die saak in dieselfde lig sou
sien as wat sy dit sien nie
en sy het ook onder andere gesê:
'That is my experience. That is not what I think the general public possibly
think.' Dit met die verwysing na of die algemene publiek
die moontlikheid sou
voorsien het dat die oorledene as gevolg van hierdie aanranding sou sterf.
Dit egter is weer eens na my mening die uitlatings van 'n medikus en is nie die
maatstaf waarmee die hof sy bevinding moet maak nie.
Dit is vir die
hof
7
om te bevind of 'n redelike man in die omstandighede van die appellant die
moontlikheid sou voorsien het dat dit wat hy gedoen het
wel tot die dood van die
oorledene sou kon lei.
Dit bring my by die aantal houe wat die oorledene toegedien is. Die
distriksgeneesheer het nie die aantal houe getel nie. Hy het 'n
skatting gemaak
van nie minder as nege houe nie, maar dit is baie duidelik dat dit doodeenvoudig
'n skatting was en dat dr. Veenemans
op sy geheue staatgemaak het.
Die appellant in sy getuienis het gesê dat hy tien of elf houe
toegedien het, maar nie meer as dertien nie. Hierteenoor is daar
egter dit wat
hy in sy verklaring aan die polisie gesê het. Daarin het hy te kenne gegee
dat dit meer as twintig houe kon gewees
het en dat hy nie meer kan onthou
nie.
Dr. Klepp het 74 wonde gevind wat deur 'n sjambok of 'n soortgelyke voorwerp
veroorsaak is getel. Klaarblyklik is dit nie die aantal
houe wat die oorledene
toegedien is nie. Die hale op die linker en regteragterstewe is onafhanklik deur
haar in berekening gebring
en die kneusings wat deur die voorpunt van die
sjambok wat omgebuig het, gemaak is, is ook onafhanklik bereken.
Dit allês in ag genome is dit baie duidelik na my mening dat daar
minstens tussen 20 en 30 houe toegedien moes gewees het. Daarbenewens,
luidens
die getuienis van dr. Klepp, moes dit 'n ernstige aanranding gewees het, moes
daar harde houe toegedien gewees het en is
dit geensins 'n tugtiging soos aan
haar voorgestel nie.
Dit is, soos alreeds deur my gemeld, vir die hof om
8
te bepaal wat redelikerwys voorsienbaar was en of die redelike man in
soortgelyke omstandighede dit wel sou voorsien het. Teen die
agtergrond van die
uitgebreide en oordrewe aanranding wat in die onderhawige geval geskied het, kan
daar nie na my mening gesê
word dat die verhoorhof enigsins fouteer het
deur te bevind dat die appellant nalatig was en dat 'n redelike man in sy
posisie die
intrede van die dood sou moes voorsien het nie.
Na my mening dus het die verhoorhof korrek bevind dat die appellant hom aan
strafbare manslag skuldig gemaak het ..."
Ek stem ten volle saam met hierdie uiteensetting,
en
wil net een punt byvoeg. Dit gaan om die voorsienbaarheid
van die dood. Die
appellant het getuig dat hy die oorledene
net ongeveer 10 houe toegedien het.
Na aanleiding daarvan het
hy gesê dat hy nie geweet het dat 'n persoon
van 10 houe kan
doodgaan nie. Hierop volg die volgende passasie:
"Meneer wat sou u sê, kan 'n persoon doodgaan as u hom 30 houe slaan? ..
(a) Ja hy kan doodgaan."
Hierdie getuienis staaf die gevolgtrekking dat
mense
in die appellant se posisie wel behoort te besef het
dat 'n uitgebreide aanranding van hierdie aard die oorledene
9
se dood sou kon veroorsaak.
Weens die voorgaande meen ek dat
die appèl teen die skuldigbevinding afgewys moet word.
Dit bring my
dan by die vonnis. Namens die appellant is betoog dat die verhoorlanddros 'n
mistasting begaan het deurdat hy onder die
indruk was dat die appellant 74 houe
toegedien het, terwyl die werklike getal moontlik die helfte daarvan of minder
was. Met ander
woorde, die landdros het blykbaar die getuienis van dr Klepp oor
die hoof gesien dat 'n enkele hou meer as een besering kon veroorsaak
het. Dat
die verhoorlanddros inderdaad onder 'n wanindruk hieromtreht was, blyk duidelik
uit verskillende dele van die oorkonde;
maar veral uit sy aanvullende redes vir
vonnis. Daarin meld hy op twee plekke dat die appellant die oorledene "74 houe
met 'n sambok"
toegedien het. Hierdie wanindruk is na my mening 'n wesentlike
mistasting. 'n Pak slae van 74 houe is aansienlik ernstiger as een
van tussen 20
en 30, wat die syfer is wat die hof
a quo
aan die hand gedoen het as
'n
10
aanvaarbare minimum. Ek meen dus dat ons geregtig is om in te
gryp en 'n vonnis op te lê wat ons as gepas beskou.
Selfs met
inagneming daarvan dat daar miskien so min as 20 tot 30 houe toegedien is, was
dit steeds 'n wrede en genadelose aanranding
op 'n weerlose man wat nakend en
vasgebind was. As die appellant geregtigheid wou laat geskied met betrekking tot
die brandstigting,
kon hy eenvoudig sy reis na Standerton voortgesit het en die
oorledene daar aan die polisie oorhandig het. Dit is duidelik dat die
appellant
wou wraak neem. Eienaardig genpeg ontken die appellant dat hy die oorledene wou
straf vir die brandstigting. Wat hom woedend
gemaak het, sê die appellant,
was dat die oorledene erken het dat hy die brandstigting gepleeg het, maar nie
wou erken dat
die rede hiervoor was dat die appellant 'n lid van Inkatha was
nie. Die oorledene het volgehou dat hy dit gedoen het omdat een van
die
appellant se vrouens in 1986 teen hom getuig het. Hoe dit ook al sy, dit is
duidelik dat die aanranding sy oorsprong gehad het
in die brandstigting, en
op
11
die getuienis moet ons aanvaar dat die appellant redelikerwyse
vir die oorledene daarvoor aanspreeklik gehou het.
Die appellant se
persoonlike omstandighede is dat hy, soos reeds gemeld, ten tyde van die verhoor
55 jaar oud was. Hy is 'n man van
aansien in die samelewing. Hy het een
onbenullige vorige veroordeling en kan vir alle praktiese doeleindes as 'n
eerste oortreder
beskou word. Hy is 'n suikersiektelyer.
Die erns van die
aanranding, en die feit dat dit die oorledene se lewe gekos het, meen ek, maak
die oplegging van gevangenisstraf
onafwendbaar. Aan die ander kant is 'n tydperk
van 3 jaar, gesien die appellant se persoonlike omstandighede, m i te lank. Ek
meen
dat dit verminder moet word na twee jaar.
Die appèl teen die skuldigbevinding word afgewys. Die appèl
teen die vonnis slaag. Die vonnis wat deur die verhoorlanddros
opgelê is,
word ter syde gestel en vervang
12
met gevangenisstraf van twee jaar.
E M GROSSKOPF, AR
F H GROSSKOPF, AR VAN COLLER, Wn AR Stem saam