S v Mveke (206/93) [1993] ZASCA 83 (28 May 1993)

60 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Appeal — Application for bail pending appeal — Appellant convicted of reckless driving and sentenced to 12 months' imprisonment — Initial application for bail pending appeal dismissed by lower court — Appellant granted leave to appeal against sentence only — Court allows appellant to apply for further evidence regarding sentence and to seek bail pending appeal as circumstances have changed with the granting of leave to appeal — Court a quo entitled to grant bail under section 321(1) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 83
|

|

S v Mveke (206/93) [1993] ZASCA 83 (28 May 1993)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-APRIKA
(
APPèLAFDELING
)
In die saak tussen:
BALOLEKILE SIMON MVEKE
Appellant
EN
DIE STAAT
Respondent
Coram
: HOEXTER, EKSTEEN ARR et HARMS WN AR
Verhoor: 27 Mei 1993
Gelewer
: 28 Mei 1993
UITSPRAAK
EKSTEEN
, AR :
Die appellant is deur 'n landdroshof skuldig bevind aan die roekelose bestuur
van 'n motorvoertuig en tot 12 maande gevangenisstraf
gevonnis. Sy appèl
na die Transvaalse Pro-vinsiale Afdeling teen beide sy skuldigbevinding en
vonnis is afgewys, en so ook
sy aansoek by daardie hof om 'n verdere
appèl na hierdie Hof te bring. Na 'n petisie aan hierdie Hof is
ap-pellant verlof
verleen om slegs teen sy vonnis te appelleer, en dit is op
hierdie grondslag dat die appèl voor ons kom.
By aanhoor van die appèl het mnr de
..../ 2
2
Jager
aansoek gedoen om uitstel ten einde hom in staat te stel om "n
aansoek te doen om verdere getuienis rakende vonnis voor die Hof te
plaas. Mnr
Jacobs
, namens die Staat, het geen beswaar hierteen geopper nie, en ons
is van mening dat appellant toegelaat moet word om sy voorgenome
aansoek te
bring.
'n Verdere aansoek by die hof a
quo
om appellant se borg te verleng
hangende die uitslag van sy petisie aan hierdie Hof is ook afgewys op grond
daarvan dat die hof nie
be-voeg was om op daardie stadium, na afwysing van sy
appel, borg te verleen nie. Sonder om my enigsins uit te laat oor die
juistheid
..../3
3
van hierdie siening, dien dit daarop gelet te word dat na die toestaan deur
hierdie Hof van verlof om te appelleer die omstandighede
ver-ander het. Daar is
nou 'n appèl hangende, en gevolglik is die hof a
quo
onteenseglik
geregtig om ingevolge art 321(1) van die Strafproseswet no 51 van 1977 borg toe
te staan. Dit staan appellant dus vry
om weereens daardie hof om borg te
nader.
Bygevolg word die aanhoor van hierdie appèl uitgestel ten einde die
appellant toe te laat om aansoek te doen vir die aanhoor
van ver-dere getuienis
rakende vonnis. Dit word voorts gelas dat appellant sy aansoek tesame met
enige
..../4
4
stawende verklarings op of yoor 31 Augustus 1993 by die griffier van hierdie
Hof moet liasseer, en hulle op die Staat beteken.
J P G EKSTEEN, AR
HOEXTER, AR )
stem saam HARMS, WN AR )