Ontvanger van Inkomste, Lebowa and Another v De Meyer NO (257/92) [1993] ZASCA 80; 1993 (4) SA 13 (AD); [1993] 2 All SA 462 (A) (28 May 1993)

70 Reportability

Brief Summary

Taxation — Confidentiality of taxpayer information — Applicant, appointed to investigate alleged mismanagement of the Lebowa income fund, sought access to documents held by the Receiver of Revenue and the Commissioner of Inland Revenue — Respondents invoked confidentiality provisions of the Income Tax Act, claiming disclosure would breach taxpayer confidentiality — Court a quo granted access, determining that the public interest in investigating potential misconduct outweighed confidentiality — On appeal, the court considered whether the lower court properly exercised its discretion in granting the order — Appeal dismissed, confirming the necessity of balancing public interest against confidentiality in tax matters.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 80
|

|

Ontvanger van Inkomste, Lebowa and Another v De Meyer NO (257/92) [1993] ZASCA 80; 1993 (4) SA 13 (AD); [1993] 2 All SA 462 (A) (28 May 1993)

257/92
N V H
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPêLAFDELING)
In die appèl van:
ONTVANGER VAN INKOMSTE, LEBOWA
Eerste Appellant
KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE
INKOMSTÉ
Tweede
Appellant
en
OELOF ABRAHAM DE MEYER N
O
Respondent
SMALBERGER, AR :-
257/92
N v H
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPéLAFDELING)
In die appél van:
ONTVANGER VAN INKOMSTE, LEBOWA
Eerste Appellant
KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE
INKOMSTË
Tweede Appellant
en
OELOF ABRAHAM DE MEYER N 0
Respondent
CORAM
: HOEXTER, EM GROSSKOPF, SMALBERGER, MILNE, ARR, et HOWIE, WND
AR
VERHOORDATUM
: 10 MEI
1993
LEWERINGSDATUM
: 28 MEI 1993
UITSPRAAK
SMALBERGER, AR :-
Oelof Abraham de Meyer ("die applikant") het in die Transvaalse
Provinsiale Afdeling aansoek gedoen om sekere regshulp teen die Ontvanger
van
Inkomste, Lebowa ("die Ontvanger") en die Kommissaris van Binnelandse Inkomste
("die Kommissaris") (as die eerste
2
en tweede respondente onderskeidelik). Die aansoek
het voor
Spoelstra R gedien. Hy het uitspraak ten
gunste van die applikant gelewer en beveel:
"1. Dat 1ste Respondent alle rekords, sake, stukke of dokumente,
insluitende die lêers van persone wat belastingpligtig is of
kan wees
teenoor die Regering van Lebowa, aan die applikant beskikbaar stel in soverre
sodanige rekords, sake, stukke of dokumente
deur applikant benodig word om te
bepaal of:
1.1 enige persoon as belastingbetaler by
die 1ste Respondent
geregistreer
is.
1.2 belastingopgawes aan geregistreerde
belastingbetalers by
die 1ste
Respondent uitgestuur word.
1.3 opvolgingswerk deur die 1ste
Respondent en sy personeel
gedoen
word indien geregistreerde
belastingbetalers by
die 1ste
Respondent nie belastingopgawes
indien
nie.
1.4 belastingopgawes geprossesseer word
en belastingaanslae
korrek opgestel
is en aan die betrokke
belastingbetalers
uitgestuur word;
1.5 ondersoeke deur die 1ste Respondent
en sy personeel
ingestel word ten
einde vas te stel en te bepaal of
die
verklaarde inkomste van persone
wat by die 1ste Respondent
as
belastingbetalers geregistreer is,
3
korrek in belastingopgawes weergegee word en of sodanige verklaarde
inkomste daardie persone se enigste inkomste is;
1.6 aangeslane belastings ingevorder
word;
1.7 alle wette, voorskrifte en wettige
opdragte met
betrekking tot die
magte en pligte van die
1ste
Respondent en sy personeel deur die
1ste Respondent
en sy personeel
nagekom word."
Die Ontvanger en die Kommissaris kom nou, met die
nodige
verlof, in hoër beroep teen die uitspraak van
Spoelstra R.
Die feite en omstandighede wat aanleiding
tot
die aansoek gegee het, is die volgende.
Die applikant
is op 2 Junie 1989 deur die Staatspresident aangestel as
die voorsitter en enigste lid van 'n Kommissie van
Ondersoek ("die Kommissie") na die aanwending van die
Lebowa-inkomstefonds en beweerde wanbestuur in Lebowa
(Staatskoerant Nr 11913 van 2 Junie 1989). Insgelyks is
hy ook as sodanig aangestel deur die Regering van Lebowa
4
(Goewermentskennisgewing Lebowa Nr R14 van 28 Julie
1989). Dit is aan die applikant opgedra kragtens die
gemelde
kennisgewings (ek haal net die tersaaklike
bepalings aan):
"Om ondersoek in te stel na en verslag en aanbevelings te doen oor
-
(a) enige wanbestuur wat in die
Regeringsdiens van Lebowa, die Lebowa-Ontwikkelingskorporasie of die
Lebowa-Landboumaatskappy mag
voorgekom het, met spesiale verwysing na -
(i) enige wanpraktyke of ongerymdhede, met ingebrip van enige
nie-nakoming van finansiele of ander voorskrifte in die administrasie
van 'n
departement van genoemde Regerings= diens of in die administrasie van genoemde
Korporasie of Maatskappy; (ii) enige onreëlmatige
of onbehoorlike
bevoordeling van individue of instansies deur so 'n departement of genoemde
Korporasie of Maatskappy, hetsy sodanige
individue of instansies aan daardie
departement, Korporasie of Maatskappy verbonde is of nie;
(iii
(iv)
(b) die vraag of enige gevalle van wanbestuur wat deur die Kommissie
gevind word
5
voorgekom het, enige verlies of nie-voordelige benutting yan. fondse van, of
afkomstig van, die Lebowa-Inkomstefonds of wat deur die
Suid-Afrikaanse Regering
of 'n liggaam deur 'n Wet ingestel beskikbaar gestel is, tot gevolg gehad
het;
(c) "
Die magte van die Kommissie en die prosedures
wat dit mag volg, is aanvanklik beliggaam in sekere
regulasies wat deur die Staatspresident in Proklamasie
R75
van 1989 uitgevaardig is. Gewysigde regulasies is
later uitgereik kragtens Proklamasie R33 van 1990 in
Staatskoerant Nr 12323 van 9 Maart 1990 ("die
regulasies").
In sy funderende eedsverklaring beweer die
applikant:
"Uit hoofde van die bostaande magte en voorgeskrewe prosedures het die
Kommissie van Ondersoek alreeds verskeie getuies gedagvaar,
hulle ondervra en
die voorlegging van boeke en dokumente van hulle opgeëis. Uit die getuienis
van persone voor die Kommissie
van Ondersoek blyk dit dat daar moontlik in die
kantoor van die [Eerste] Respondent [die
6
Ontvanger] wanpraktyke of ongerymdhede bestaan.
Daar word ook deur sekere persone, wie se identiteit dit nie in die belang
van die werksaamhede van die Kommissie van Ondersoek is
om te openbaar nie,
bewerings gemaak ten opsigte van onreëlmatige en onbehoorlike bevoordeling
van individue of instansies deur
persone in die kantoor van die [Eerste]
Respondent.
Dit blyk ook uit die getuienis wat voor die Kommissie van Ondersoek
afgelê is, asook uit die ander inligtingsbronne waarna hierbo
verwys word
dat daar waarskynlik verliese deur die Lebowa-inkomstefonds gely word as gevolg
van die nie-nakoming van finansiële
voorskrifte met betrekking tot die
insameling van inkomstebelasting."
Die
applikant maak ook die verdere bewering dat die feit
dat hierdie
moontlikhede bestaan, en dat sulke bewerings
gemaak was, uit sy
tussentydse verslag aan die
Staatspresident blyk. Daarin word verwys, onder meer,
na gevalle van belastingontduiking en versuim om
belastingopgawes in te dien.
In sy beantwoordende eedsverklaring was
die
7
Ontvanger nie in staat om te ontken dat die moontlikhede waarna die
applikant verwys wel bestaan nie, of dat die bewerings waarop
staatgemaak is,
wel gemaak is nie. Hy ontken egter dat hy enige kennis dra van (i) enige
wanpraktyke en ongerymdhede in sy kantoor;
(ii) enige onreëlmatige
bevoordeling van individue of instansies deur persone in sy kantoor; of (iii)
enige verliese deur die
Lebowa-inkomstefonds gely as gevolg van die nie-nakoming
van tersaaklike finansiële voorskrifte.
In sy repliserende eedsverklaring betwyfel die applikant die Ontvanger se
ontkenning. Hy wys voorts daarop dat 'n werkverrigtingsinspeksie
gedurende 1988
by die Lebowa Departement van Finansies gehou is, en dat die verslag wat na
aanleiding daarvan opgestel is op ernstige
leemtes in die prosedure met
betrekking tot die behartiging van inkomstebelasting-aangeleenthede in die
Ontvanger se kantoor dui.
Hy verwys verder na 'n brief gedateer 15 Maart 1990
wat aan die Kommissie deur die
8
Sekretaris van Finansies, Lebowa, gerig is waaruit dit
onder meer blyk dat;
(i) meer as 12 maande na verstryking van die 1989 belastingjaar, 11166
uit 23060 belastingbetalers in Lebowa nog nie opgawes ingedien
het nie en dat
die Ontvanger nog nie een van daardie belastingbetalers aangeslaan het nie;
en
(ii) meer as 2 jaar na die verstryking van die 1988 belastingjaar, 4919
uit 18655 belastingbetalers nog nie hulle belastingopgawes
ingedien het nie en
dat uit die 13736 wat wel opgawes ingedien het, 5475 belastingbetalers nog nie
aangeslaan is nie."
Die aansoek aan die hof a
quo
is genoodsaak
deur die volgende gebeure. Die Kommissie het gepoog om
ondersoek in te stel na die moontlike en beweerde
wanpraktyke en onreëlmatighede en die waarskynlike
verliese waarna reeds verwys is. Die Ontvanger is
gedagvaar om in dié verband voor die Kommissie te
verskyn en te getuig. Hy het hom (heeltemal tereg)
beroep op die bepalings van artikel 4 van die
9
Inkomstebelastingwet 58 van 1962 ("die Wet"). Sy
standpunt
was dat nóg hy nóg sy personeel, gesien die
eed van
geheimhouding wat hulle ingevolge die Wet afgelê
het, enige
getuienis, lêers of dokumente mag voorlê
wat hulle eed
sou skend ten einde die applikant in staat
te stel om sy opdrag met betrekking tot die Ontvanger se
kantoor na te kom.
Artikel 4(1) van die Wet bepaal:
"Iedereen wat diens doen by die uitvoering van die bepalings van hierdie
Wet, moet ten aansien van alle sake wat by die vervulling
van sy pligte in
verband met daardie bepalings
tot sy kennis kom, geheimhouding bewaar en help bewaar, en mag nie so 'n
saak aan wie ook al behalwe die betrokke belastingpligtige
of sy wettige
verteenwoordiger meedeel nie, of so iemand toelaat of veroorloof om toegang te
verkry tot stukke wat in die besit of
onder die bewaring van die Kommissaris is
nie, behalwe by die uitvoering van sy pligte ingevolge hierdie Wet of
op
bevel van 'n bevoegde geregshof
." (My emfase).
Die applikant het die Ontvanger gelyk gegee.
Hy het daarna beide clie Staatspresident en die Lebowa
10
Regering genader om 'n besluit of die Kommissie moes voortgaan met sy
ondersoek in die kantoor van die Ontvanger. Beide het bevestig
dat die ondersoek
voortgesit moes word. Die applikant het hom gevolglik tot die hof a
quo
gewend en die regshulp aangevra wat later deur Spoelstra R toegestaan
is.
Dit is gemene saak dat sonder die toegestaande regshulp die Kommissie nie
in staat sal wees om sy ondersoek na behore uit te voer
nie. Die partye is dit
ook eens dat die geheimhoudingsbepalings van artikel 4(1) in 'n gepaste geval
deur 'n bevoegde geregshof,
in die uitoefening van 'n regterlike diskresie,
verslap kan word. Dit gaan dus op appèl wesenlik oor die vraag of die
geleerde
regter a
quo
die diskresie waarmee hy beklee was behoorlik
uitgeoefen het. Namens die appellante is betoog dat hy in gebreke gebly het om
dit
te doen omdat (1) hy die regsbeginsels wat by die verslapping van die
geheimhoudingsbepalings van artikel
11
4(1) geld verkeerdelik uit die oog verloor het, en (2) omdat daar 'n
onvoldoende feitlike grondslag was om die bevel wat gemaak is,
te
regverdig.
Dit lê die geheimhoudingsbepalings
van
artikel 4(1) ten grondslag dat openbaarmaking
van
inligting verstrek deur belastingpligtiges teen
die
openbare belang sal wees omdat dit die vertroue
tussen
belastingpligtiges en die Departement van
Binnelandse
I Inkomste sal skaad, die weerhouding van inligting
tot
gevolg kan hê en die werksaamhede van die Departement sodoende sal
bemoeilik. 'n Waarborg van geheimhouding word dus benodig
om belastingpligtiges
aan te moedig om volledige inligting aangaande hulle inkomste en die bronne
daarvan aan die Departement te
verstrek (
Silver v Silver
1937 NPA 129 op
134/5). In dié verband het Corbett, AR in
Estate Dempers v Secretary
for Inland Revenue
1977(3) SA 410 (A) op 420 B - C hom as volg
uitgedruk:
12
"As was pointed out in
Silver v Silver
,
1937 N P D 129
, it is
necessary for the purpose of administering the Act that the fullest information
be available to the Department of Inland Revenue;
and that if such information
is to be obtained there must be some guarantee as to secrecy. For this reason
the Courts do not readily
grant orders, against the will of the taxpayer, for
the disclosure of information falling within the terms of
sec.4."
Van hierdie beginsel sal daar nie
ligtelik en sonder
afdoende gronde afgewyk word nie (
Strydom v
Griffin
Enqineerinq Co
1927 0 P A 47).
Ons is na 'n aantal sake verwys waar hierdie
beginsels gehandhaaf en toegepas is. Dit is nie nodig
om op hulle in te gaan nie. Hulle handel hoofsaaklik
met die opweging van geheimhouding in die openbare
belang, aan die een kant, en die belange van litigante
wat beskermde inligting kragtens artikel 4(1) wil bekom
om as getuienis in 'n geding aan te bied, aan die ander.
Mnr van der Byl, namens die appellante, voer aan dat
daar nog nooit in die verlede 'n bevel gemaak is met so
13
'n algemene strekking soos dié in die
onderhawige geval
nie. Dit magtig in effek openbaarmaking van
alle
inligting vervat in alle lêers en ander stukke van
elk
van die bykans 24 000 belastingpligtiges wat in
die
Ontvanger se kantoor gehou word. Die bevel
kom
gevolglik op 'n grootskeepse skending van die
waarborg
van geheimhouding neer, druis in teen die
betaande
regsbeginsels en is teen die openbare belang.
Sy
betoog kom eintlik daarop neer dat geheimhouding
van
sulke kardinale belang is dat daar geen
denkbare
situasie kan bestaan vir die oorweging en toestaan
van
'n bevel soos dié waarteen geappelleer word nie.
Die
logiese konsekwensie daarvan sou wees dat daar nooit
'n
behoorlike en volledige ondersoek deur 'n Kommissie
van
Ondersoek kan wees na wanpraktyke of ongerymdhede in
die
kantoor van 'n Ontvanger van Inkomste nie selfs as
daar
'n dringende behoefte daarvoor bestaan. Dit is
immers
verregaande en ondenkbaar.
14
Soos die regter a
quo
tereg bevind het, is
daar egter
ook 'n ander aspek van openbare belang hier
ter sake. Die Kommissie is deur die Staatspresident en
die
Regering van Lebowa juis in die lewe geroep om in
die openbare belang die taak wat hom opgedra is, te
onderneem. In dié verband het die regter a
guo
hom as
volg uitgedruk:
"Die onderhawige saak staan egter op 'n totaal ander grondslag. In die
eerste plek het ons nie te doen met litigasie tussen individue
nie. Die
ondersoek waarmee die applikant belas is, is 'n ondersoek in die openbare
belang. Dit is in die openbare belang dat wanadministrasie
en wanpraktyke in die
staatsadministrasie aan die kaak gestel en uitgeroei moet word. Dit is soveel
meer so in ' n departement soos
dié van die eerste respondent waar
geheimhouding hom kan leen tot wanadministrasie en wanpraktyke wat nie slegs die
Staat
nie maar elke individuele belastingbetaler kan benadeel. Bewerings van
misstande moet dus ondersoek word en as dit teenwoordig is
moet dit uitgeroei
word."
Ek stem saam. Die geheimhoudingsbeginsel wat
daarop gemik is om belastingpligtiges aan te moedig tot
15
openbaarmaking van volledige inligting aangaande alle bronne van inkomste
kry ook hier in ' n ander vorm gestalte, Waar wanpraktyke
en wanadministrasie,
asook die moontlike bevoordeling van sekere belastingpligtiges bestaan, of 'n
persepsie daarvan ontstaan, sal
ander belastingpligtiges minder geneë wees
tot volledige openbaarmaking. Daar bestaan ook die wesenlike gevaar dat hulle
die
houding sal inneem dat as belastingpligtiges, met die medewerking van 'n
Ontvanger van Inkomste of van sy personeellede, belasting
ontduik, daar geen
morele plig op hulle rus om oop kaarte te speel nie. Dit sal ook bemoeiliking
van die Departement van Binnelandse
Inkomste se werksaamhede tot gevolg
hê. Dit is dus van groot belang vir belastingbetalers in die algemeen dat
die administrasie
van die belastingstelsel bo verdenking sal staan en eerlik sal
geskied.
In die uitoefening van sy diskresie
kragtens
16
artikel 4(1) was die regter a
guo
ten volle geregtig
om
hierdie botsende belange - streng geheimhouding
ter
waarborging en bevordering van vertroulikheid aan
die
een kant, en openbaarmaking van andersins
vertroulike
lêers vir die doeleindes van 'n ondersoek na
wanpraktyke
en ongerymdhede ter nastrewing van skoon
administrasie
aan die ander - teenoor mekaar op te weeg. (Daar
kan
geen sprake daarvan wees dat die regter a
quo
die
beginsels waarop die appellante steun verkeerdelik
uit
die oog verloor het nie - dit blyk duidelik uit
sy
uitspraak dat hy deurgaans op hulle bedag was.)
Die
gevolgtrekking waartoe hy geraak het is dat "as dit
by
'n oorweging van hierdie belange kom, die belang
ten
gunste van vleklose administrasie swaarder weeg as
enige
van die belange wat eerste respondent opper".
Om tot dié slotsom te kom kon hy, en het hy tereg, in aanmerking
geneem dat:
1) By ontstentenis van 'n wydlopige bevel
en
17
toegang tot die lêers van belastingpligtiges in die Ontvanger se
kantoor die Kommissie nie sy opdragte sou kon uitvoer nie,
of dit nie op
doeltreffende wyse sou kon doen nie.
2) Daar voldoende waarborge
bestaan om te verseker dat geheimhouding sover doenlik eerbiedig sal word. In
die verband kan daar op
die volgende gelet word. Die applikant is klaarblyklik
'n verantwoordelike persoon wat bedag is op die vertroulikheid, van die
inligting
wat tydens sy ondersoek tot sy kennis mag kom, en die behoefte aan
geheimhouding. Afgesien hiervan, vereis regulasie 4 van die regulasies
dat elke
persoon wat diens doen by die verrigtinge van die Kommissie se werksaamhede
geheimhouding moet help bewaar ten aansien van
inligting wat tot sy kennis kom,
behalwe vir sover bekendmaking van sodanige inligting vir die doeleindes van die
Kommissie se verslag
nodig is. Regulasie 12 verbied
18
verspreiding of publikasie van enige dokument wat in
verband
met die ondersoek aan die Kommissie voorgelê is
sonder die skriftelike toestemming van die Voorsitter
(applikant). Die applikant gee ook die versekering in
sy funderende eedsverklaring dat:
"dit nie die oogmerk van die Kommissie van
Ondersoek is om die
optrede, bron van inkomste
of aard van inkomste van
enige
belastingbetalers of die besigheid van
sodanige
belastingbetalers te ondersoek nie.
Die oogmerk van die Kommissie
van Ondersoek is
om die werksaamhede van die Eerste
Respondent
se kantoor te ondersoek
"
Daar kan dus verwag word dat die
applikant nie, indien enigsins moontlik, individuele besonderhede openbaar sal
maak nie. (In dié
verband sal die applikant ook oorweging moet skenk aan
die bepalings van artikel 4(2A) van die Wet, die juiste vertolking waarvan
ek my
nie oor uitlaat nie.)
3) Die pligte en die bevoegdhede van die
19
Kommissie (soos vervat in sy opdrag) veel omvangryker is as dié
van die Ouditeur-generaal kragtens artikel 5 van die Wet op
die
Ouditeur-generaal 52 van 1989 wat beperk is tot die ouditering van rekenings en
finansiële state.
Ons het hier te make met die uitoefening van 'n regterlike diskresie van
die tipe waar inmenging slegs geregverdig is as bevind kan
word dat "the Court a
quo
has exercised its discretion capriciously or upon a wrong principle,
that it has not brought its unbiased judgment to bear on the
question or has not
acted for substantial reasons" (
Ex Parte Neethlinq and Others
1951(4) SA
331(A) op 335 E - F. Kyk ook
A v Law Society of the Cape of Good Hope
1989(1) SA 849(A) op 851 E - F; en
South African Druqqists Ltd v Bayer AG
1989(4) SA 103 (A) op 109 A). Nie een van dlé gronde vir inmenging is in
die onderhawige geval aanwesig nie. In iedere geval,
al het dit my vrygestaan om
my eie
20
diskresie te laat geld, sou ek tot dieselfde slotsom as die regter a
quo
geraak het.
Dieselfde geld ten opsigte van die betoog dat
die inligting deur die applikant verstrek te karig was vir die toestaan van die
ingrypende
regshulp wat aangevra is. Die applikant kan hom alleen verlaat op die
inligting tot sy beskikking wat op die noodsaaklikheid van
' n ondersoek dui.
Dit is nie vir hom moontlik om meer spesifiek te wees nie. Hy kan nie sê
of daar wel ongerymdhede of wanpraktyke
is nie, en wie daarby betrokke is. Dit
is juis omdat hy nie weet nie dat 'n ondersoek nodig is. Daar kan ook nie van
hom verwag word
om op dié tydstip die name te noem van die persone wat
die inligting verstrek het waarop hy staat maak as dit sy ondersoek
belemmer
nie. Na my mening bevat die applikant se onbetwiste bewerings genoegsame
motivering vir die toestaan van die aangevraagde
regshulp. Gevolglik bestaan
daar ook nie
21
in dié opsig enige grond vir inmenging met die regter
a
quo
se diskresie nie.
Wat betref die regshulp wat toegestaan is,
laat die regter a q
uo
hom as volg in sy uitspraak uit:
"Ek het oorweeg of dit nie gewens is nie om die regshulp te snoei of op die
een of ander wyse aan voorskrifte onderhewig te maak sodat
daar vir sover
doenlik nog steeds aan artikel 4 gevolg gegee kan word. Ek het ook die partye 'n
geleentheid gegee om daaroor te besin.
Geen sinvolle voorstelle het na vore
gekom nie en ek was ook nie suksesvoller
nie."
Ook op appèl was geen sinvolle
voorstelle in dié verband gemaak nie. Daar bestaan gevolglik geen rede om
die bevel enigsins
te wysig nie.
Geen kostebevel word aangevra nie, ook nie ten
opsigte van die koste van die aansoek wat aan hierdie Hof gerig is om
verlof om appèl aan te teken nie, welke koste voorbehou
is vir beslissing
by die appél.
22
Die appél word afgewys.
J W
SMALBERGER APPéLREGTER
HOEXTER, AR )
EM GROSSKOPF, AR )
MILNE, AR ) STEM
GAAM
HOWIE, WND AR )