About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 77
|
|
Kommissaris van Binnelandse Inkomste en 'n Ander v Hogan (663/91, 683/91) [1993] ZASCA 77; [1993] 2 All SA 469 (A) (28 May 1993)
DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE
INKOMSTE
1e Appelant
DIE MULTILATERALE MOTORVOERTUIG-
ONGELUKFONDS . 2e Appelant
M M HOGAN
Respondent
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE
INKOMSTE
1e Appellant
DIE MULTILATERALE
MOTORVOERTUIGONGELUK-
FONDS
2e Appellant
en
M M
HOGAN
Respondent
Coram
: JOUBERT Wnd H R et E M GROSSKOPF, MILNE, NIENABER ARR et HARMS
Wnd AR.
Verhoor
: 2 Maart 1993
Gelewer
: 28 Mei 1993
U I T S P R A A K JOUBERT
Wnd HR:
2
Hierdie is 'n appél teen 'n uitspraak van PLEWMAN R in
die Transvaalse Provinsiale Afdeling wat 'n verklarende bevel ten gunste
van die
respondent ("Hogan") verleen het waarvolgens die tweede appellant (die
"Multilaterale Motorvoertuigongelukfonds", oftewel
die "M M F") verplig is om
sonder enige aftrekkings betreffende inkomstebelasting die bruto bedrae van die
paaiemente in klousule
1(6) van die sertifikaat te betaal (bede l(a) van Hogan
se Kennisgewing van Mosie). (Ek sal straks verwys na die aard van die
sertifikaat).
Behalwe vir die kostebevel ten gunste van Hogan is die ander
regshulp in bede l(b) van die Kennisgewing van Mosie, wat deur Hogan
laat vaar
is, tans akademies en irrelevant wat hierdie appél betref. Hogan was die
applikant in die Hof
a cruo
terwyl die eerste appellant (die
"Kommissaris") die tweede respondent en die M M F die eerste respondent was.
Verlof om te appelleer,
is deur die Hof
a quo
geweier. Met verlof in
terme
3
van art 20(4)(b) van Wet 59 van 1959 kom die Kommissaris en die
M M F tans in hoër beroep na hierdie Hof. Die appêl van
die M M F is
voorwaardelik vir die geval dat die Kommissaris se appèl gehandhaaf word
nl. dat inkomstebelasting wel deur Hogan
betaalbaar is, soos
infra
aangedui sal word.
Hogan wat op 25 Oktober 1960 gebore is, was 'n
brandweerman toe hy gedurende Junie 1977 baie ernstig in 'n motorvoertuigongeluk
beseer
is as gevolg waarvan hy 'n parapleeg geword het. Gedurende 1979 het sy
vader in sy hoedanigheid as natuurlike voog namens hom 'n
aksie in die
Transvaalse Provinsiale Afdeling teen die Motorvoertuigassuransie-fonds (die "M
V A-fonds) vir die betaling van R350
000-00 algemene skadevergoeding ingestel.
Laasgenoemde het betrekking gehad op items soos toekomstige verlies aan inkomste
of toekomstige
verlies aan verdienvermoë, verlies aan lewensgenietinge,
pyn, lyding, skending van voorkoms
4
ens.
Die aksie is geskik en die bestuurder van die M V
A-fonds het op 28 April 1981 kragtens art 21(lC)(b) van die Wet op Verpligte
Motorvoertuig-versekering
56 van 1972 'n sertifikaat uitgereik om Hogan se eis
vir toekomstige verlies vanaf 1 April 1981 paaiementsgewys te betaal. Hierdie
sertifikaat bevat die volgende klousules:
"1. Die Motorvoertuigassuransiefonds (die MVA-Fonds) sal, vanaf 1 April 1981,
Matthew Michael Hogan (gebore op 25 Oktober 1960) ingevolge
die Bepalings van
Artikel 21 (1 C) (b) van Wet 56 van 1972 ten aansien van sy eis om toekomstige
verlies aan inkomste genoemde verlies
paaiementsgewys betaal op die volgende
terme:-
1.1
Vir die
eerste 6 maande R540,00 per maand.
1.2
Vir die
daaropvolgende 6 maande R590,00 per maand.
1.3
Vir die daaropvolgende 6 maande R615,00 per
maand.
1.4 Vir die daaropvolgende 2½ jaar
R640,00
5
per maand.
1.5 Vir die daaropvolgende jaar R665,00 per maand.
1.6 Daarna, teen die bruto salaris wat per maand deur 'n sub-offisier (of iemand
wat 'n ekwivalente pos beklee) by die Brand-
weerafdeling van die Johannesburgse Stadsraad van tyd tot tyd verdien word en
wel tot by die normale aftreedatum van so 'n persoon.
1.7 Daarna, teen die bruto pensioen wat
sodanige persoon op daárdie
stadium sou
verdien op die veronderstelling dat sy
dienstydperk
geëtrek het vanaf 1 April
1981.
Die MVA-Fonds sal
geregtig wees om die bogenoemde betalings maandeliks vooruit te doen op 1 Mei en
1 November van elke jaar. Dit is
'n voorvereiste vir sodanige betalings dat die
Eiser voor elke betaling 'n verklaring voorlê van 'n Kommissaris van Ede
dat
hy homself tevrede gestel het dat die Eiser nog in lewe is. Indien betalings
om enige rede nie 6 maandeliks gedoen word nie, sal
die MVA-Fonds geregtig wees
om aan te dui met welke tussenposes sodanige verklarings aan die MVA-Fonds
voorgelê moet word deur
die Eiser.
6
2. Die betalings deur die MVA-Fonds aan die Eiser sal direk in die Eiser se
lopende bankrekening nommer 1938-000-986 by die Malvern
tak van Nedbank inbetaal
word of op sodanige ander rekening wat die Eiser van tyd tot tyd skriftelik mag
aandui. Alternatiewelik
sal die MVA-Fonds geregtig wees om die Eiser per tjek te
betaal.
3. Gemelde onderneming word gegee op die veronderstelling dat die
gemelde Matthew Michael Hogan vanweë die motorbotsing en daaropvolgende
beserings (insluitende paraplegia) opgedoen, sy gehele toekomstige
verdienste-vermoë verloor het.
4. Indien die MVA-Fonds te enige tyd van
oordeel is dat gemelde M M Hogan nie sy toekomstige verdienste-vermoë
totaal verloor
het nie, sal die Fonds geregtig wees om die aangeleentheid na 'n
arbiter te verwys wat geregtig sal wees om die voormelde paaiemente
te verminder
of om te gelas dat geen paaiemente betaalbaar is nie.
5. Indien gemelde M M Hogan te enige tyd van
7
oordeel is dat omstandighede sodanig verander het sedert die
arbiterstoekenning dat die paaiemente geheel of gedeeltelik her-ingestel
moet
word, sal hy geregtig wees om sodanige aangeleentheid na 'n arbiter te
verwys.
6. Die arbiter sal 'n senior advokaat wees wat aangewys is deur die
Voorsitter van die Pretoriase Balieraad.
7. Die prosedure voor die arbiter
sal informeel wees.
8. Die beslissing van die arbiter is nie aan appèl
onderhewig nie. Dit is egter nie finaal nie in die opsig dat enige party
op 'n
later stadium wanneer die party redelikerwys van mening is dat omstandighede
genoegsaam verander het, die reg behou om op te
tree soos uiteengesit in
paragrawe 4 en 5 hierbo.
9. Gemelde M M Hogan onderneem om pp enige redelike versoek van die Fonds
homself aan sodanige mediese en/of sielkundige toetse te
onderwerp wat die Fonds
in staat sal stel om te besluit om die aangeleentheid na die arbiter te verwys.
Hofreël 36 van die
8
Hooggeregshofreëls sal
mutatis mutandis
op sodanige ondersoek van
toepassing wees.
10. Gemelde M M Hogan sal van tyd tot tyd 'n sertifikaat van die Stadsraad van
Johannesburg aan die Fonds voorlê ten einde
die bruto salaris van 'n
gewone brandweerman of 'n sub-offisier vir doeleindes van paragraaf 1 van
hierdie sertifikaat te bewys.
ALDUS GETEKEN te PRETORIA op hierdie 28ste April
dag van April 1981.
AS GETUIES
:-
1. (GETEKEN) (GET) J KEYSER
2. (GETEKEN) (Geteken J KEYSER namens
DIE MOTORVOERTUIGASSURANSIEFONDS)".
Die M M F is
kragtens art 3(b) van Wet 93 van 1989 die regsopvolger van die
Motorvoertuig-ongelukkefonds (MVO-fonds of "MVA Fund").
Laasgenoemde was die
regsopvolger van die Motorvoertuigassuransie-fonds (MVA-fonds of "MVA Fund") wat
ingestel is deur art 25 B van
Wet 29 van 1942.
9
Wat aanleiding tot Hogan se aansoek om die regshulp in bede
l(a) van sy kenisgewing van mosie gegee het, is dat die M M F nie die
volle
bedrag soos bereken ingevolge klousule 1.6 van die sertifikaat aan hom betaal
het nie, maar wel 'n mindere bedrag naamlik daardie
bedrag na aftrekking van
werknemers-belasting. Laasgenoemde is deur die M M F aan die Kommissaris
oorbetaal. Die regverdiging wat
vir hierdie optrede voorgehou is, was dat die
bedrae, in terme van die sertifikaat betaalbaar, bedrae is wat by wysé
van 'n
jaargeld aan Hogan betaal word en dat dit gevolglik deel van sy bruto
inkomste uitmaak waarvan werknemersbelasting afgetrek moet
word. Hogan se
standpunt, daarenteen, is dat die betalings 'n ontvangste of toevalling van
kapitale aard is, dat dit nie 'n jaargeld
is nie en dat, in ieder geval, die M M
F onderneem het om die volle bedrae in die sertifikaat genoem, aan hom oor te
betaal.
10
Eerste Geskilpunt
: Die eerste geskilpunt tussen
die
partye wat deur bede l(a) van die Kennisgewing van Mosie
na vore kom,
is of die periodieke maandelikse
betalings, wat in klousule 1 van die
sertifikaat beding
is, as jaargeld (
annuity
) vir doeleindes van paragraaf
1 se
omskrywing van "
besoldiqinq
" (
remuneration
) in die
4e Bylae tot
die Inkomstebelastingwet 58 van 1962 (die
"Wet") beskou kan word of nie. Volgens die relevante
gedeelte van hierdie
omskrywing beteken "besoldiging":
" 'n bedrag aan inkomste wat by wyse van salaris,
verlofgratifikasie, toelae, loon,
besoldiging vir oortydwerk, bonus, gratifikasie, kommissie, gelde, vergoeding,
pensioen, toelae by bereiking van pensioenleeftyd,
aftreetoelae, stipendium of
traktement aan iemand betaal word of betaalbaar is, hetsy in kontant of
andersins, en ongeag of dit ten
opsigte yan bewese dienste is al dan nie, met
inbegrip van -(a) enige bedrag in paragraaf (a), (c), (d), (e) of (f) van die
omskrywing
van 'bruto inkomste' in artikel een
van
11
hierdie Wet bedoel. ............................."
In art 1 van die Wet word
"
bruto
inkomste
"
(
gross income
) soos volg omskryf:
"met betrekking tot 'n jaar of tydperk van aanslag en in die geval van enige
persoon, die totale bedrag, hetsy in kontant of andersins,
ontvang deur of
toegeval aan of ten gunste van so 'n persoon gedurende bedoelde jaar of tydperk
van aanslag uit 'n bron in die Republiek
of geag in die Republiek te wees, met
uitsluiting van ontvangste of toevallings van 'n kapitale aard,
maar ook
,
sonder afbreuk op enigerlei wyse aan die strekking van hierdie omskrywing,
sodanige bedrae
(
hetsy van 'n kapitale aard al dan nie
) aldus
ontvang of toêgeval
as wat hieronder beskryf word
, te wete -(a)
'
n bedraq by wyse van 'n jaarqeld ontvanq of
toeqeval
;
.....................u
(My
onderstreping). Gévolglik moet jaargeld in die bruto inkomste
ingesluit
12
word ongeag of dit van 'n kapitale aard is al dan nie. Volgens
art 10 A van die Wet word die kapitaalelement van aangekoopte jaargeld
egter
vrygestel van inkomstebelasting.
Die begrip jaargeld word nie deur die Wet
omskryf nie.
In ons regspraak is die benadering deur ons howe om aan die hand
van die betrokke feite die belangrikste eienskappe van jaargeld vas
te stel.
Raadpleeg
Secretary for Inland Revenue v Watermeyer
, 1965(4) SA 431 (A)
per HOLMES A R op p 437 A-C : "The Legislature has not defined 'annuity' and I
do not consider that it is either
necessary or desirable to try to formulate a
touchstone definition applicable to all cases. It will be sufficient for the
purposes
of this case to refer to one or two basic or essential characteristics,
without which there cannot be an annuity. Used in regard
to payments, the word,
from
13
its very nature, postulates
the element of recurrence
,
in the sense of annual payments (even if made, say, quarterly during the year).
And this element of necessary annual recurrence
cannot be present
unless the
beneficiary has a riqht to receive more than one annual payment
. This seems
to me to be axiomatic, and there is no need to make it sound portentous by
parading the authorities". Uit die onderstreepte
woorde blyk dit dat daar op
twee hoofeienskappe van jaargeld klem gelê is, nl.
1. herhaalde jaarlikse (of te wel periodieke) betalings,
2. die reg van die begunstigde om meer as een betaling van jaargeld te
ontvang.
Laasgenoemde hoofeienskap is natuurlik die keersy van
iemand se verpligting om die jaarlikse betalings te maak. Hierdie uiteensetting
van die hoofeienskappe van jaargeld onderskryf die toonaangewende benadering
14
deur PRICE R in I T C 761 19 S A T C 103 op 106: "The main
characteristics of an annuity are :
(1) that it is an annual payment (this would probably not be defeated if it were
divided into instalments);
(2) that it is repetitive - payable from year to year for, at any rate, some
period;
(3) that it is chargeable against some
person."
Hierdie hoofeienskappe van jaargeld is egter geensins
alomvattend
nie, soos straks sal blyk.
Die vraag in die onderhawige geval is of
paaiemente wat aan Hógan uit hoofde van klousule 1(6) van die sertifikaat
betaalbaar
is, jaargeld is of nie. Indien hulle wel jaargeld is dan is hulle
deel van sy bruto inkomste (ongeag of dit van 'n kapitale aard
is al dan nie).
Wat meer is, hulle maak dan ook deel uit van sy "besoldiging" soos omskryf in
paragraaf 1 van die 4e Bylae tot die
Wet. Daarenteen indien die paaiemente
15
nie jaargeld is nie dan ontstaan die verdere vraag of
hulle
van 'n kapitale aard is in welke geval hulle nie
deel van bruto inkomste en
"besoldiging" uitmaak nie.
Vergelyk
Secretary for Inland Revenue v
Watermeyer
,
supra
, per HOLMES A R op p 436 : "It will been seen
that if an
amount in question is received by way of an
annuity, it is part of gross
income whether or not it
is of a capital nature. If it is not an annuity, the
further question arises whether the amount is a receipt
or accrual of a
capital nature, in which event it is
excluded from gross income".
Art 21(1 C)(b) van Wet 56 van 1972, soos
ingevoeg deur art 8 van Wet 69 van 1978, is die
magtigende wetsbepaling
waarkragtens die sertifikaat as
'n onderneming (
undertakinq
) uitgereik is. Hierdie
artikel lui soos volg:
"Waar 'n eis om skadevergoeding kragtens artikel 21 -(b) 'n eis om toekomstige
verlies aan
16
inkomste of van onderhoud insluit, is die betrokke bevoegde versekeraar geregtig
om, nadat hy 'n onderneming te dien effekte aan
die betrokke derde party
verstrek het of 'n bevoegde hof hom gelas het om sodanige onderneming te
verstrek,
die bedrag deur hom ten opsiqte van genoemde verlies
betaalbaar
, paaiementsgewys soos ooreengekom of deur die hof gelas, te
betaal." (My onderstreping).
In
Marine & Trade Insurance Co Ltd v
Katz N 0
, 1979(4) S A 961
(A) het hierdie Hof ingegaan
op die uitleg van art 21(1 C)(b). Laasgenoemde
se
oogmerk is om voorsiening te maak daarvoor om te kan
afwyk van die
gemeenregtelike benadering waarvolgens 'n
eiser sy skadevergoeding vir al sy skade of verlies,
hetsy bestaande hetsy
toekomstige, eens en vir altyd in
één aksie moet eis. 'n Bevoegde versekeraar (soos
omskryf in art 1 (1) van Wet 56 van 1972) word deur
art 21 (1 C)(b) die bevoegdheid verleen om aan die
17
betrokke derde party 'n onderneming te verstrek om sy
toekomstige verlies aan inkomste of onderhoud
paaiementsqewys
te betaal.
Die doel van sodanige onderneming is om 'n verhoorhof
die taak te ontneem om
die cruantum van die skadeverqoeding vir hierdie items deur 'n qlobale bedraq
vas te stel met inaqneminq van
onsekerhede en onberekenbare faktore
(raadpleeg p 974 B, p 974
in fine
- p 975 A, p 975 B-C, p 976 A-B).
In
die huidige geval is die M V A-fonds se onderneming beliggaam in die sertifikaat
(supra). Wat dadelik opval, is dat nêrens
daarin melding gemaak word van
'n totaalsom of globale bedrag as skadever-goeding vir Hogan se eis om
toekomstige verlies aan inkomste
nie. Volgens klousule 1 onderneem die M V
A-fonds om Hogan se (illikiede) eis om toekomstige verlies aan inkomste
paaiementsgewys
te betaal vanaf 1 April 1981 óp sekere terme. Klousule 1
(1) tot (5) lê vir die eerste 5 jaar sekere vaste maandelikse
18
bedrae as paaiemente neer. Daarna is die maandelikse
paaiemente se bedrae bepaalbaar, soos vermeld in klousule 1(6) en (7). Dit is
'n
voorvereiste voor elke maandelikse betaling dat Hogan skriftelike bewys
voorlê dat hy nog in lewe is. Die afleiding is dat
die verpligting om die
maandelikse paaiemente te betaal met sy dood verval. Klousule 3 plaas op rekord
dat Hogan sy gehele toekomstige
verdienste-vermoë verloor het. Die ander
bepalings van die onderneming is op hierdie stadium nie ter sake nie.
Is die
maandelikse paaiemente in die onderhawige geval jaargelde ? Afgesien van die
hoofeienskappe van jaargelde waarná
supra
verwys is, is daar ook
ander hulpmiddels wat besonder waardevol in hierdie verband kan wees. In
Deary v Deputy Commissioner of Inland Revenue
,
1920 C P D 541
het
BENJAMIN R op p 549-550 die volgende aangehaal uit 'n
dictum
van ROWLATT
R in die Engelse
19
beslissing van
Jones v Commissioner of Inland
Revenue
,
121 L T 611
nl. :
"A man may sell his property for a sum which is to be paid in instalments and
when you sée that is the case, that is not income
nor any part of it - -
- -A man may sell his property for what is an annuity - that is to say
he
causes the principal to disappear and an annuity to take its place
. If you
can see that that is what it is then the Income Tax taxes it. Or a man may sell
his property for what looks like the annuity,
but you can see quite well from
the transaction that it is not really the transmutation of a principal sum into
an annuity, but it
is a principal sum the pavment of which is being spread over
a time and is being paid with interest
- - - - I therefore think that what
one has to do is to look and see what the sum payable really is. I think - - -
that the ascertaining
of an antecedent debt is not the only thing that governs
it; it does not govern it by magic, but it is a very
valuable
20
guide in a great many cases
undoubtedly."
(My onderstreping).
Aansluitend hierby is die
volgende
benadering deur MILLIN R in
Commissioner for Inland
Revenue v Millstein
,
1942 T P D 57
op p
64 ten aansien
van die betekenis van art 7(1) van die Inkomstebelas-
tingwet 40 van 1925 se omskrywing van "gross income"
wat insluit (a) "any
amount so received accrued by way
of annuity". Hy beslis soos volg:
"Par. (a) includes under gross income any amount so received by way of an
annuity. Annuities differ from other investments in that
the capital sum
invested is not returnable when the annuity ceases to be payable. - - - -
The
test
,
in determining whether a series of annual payments amounts to an
annuity
,
is whether the principal continues to exist as a debt or is
liquidated when the transaction takes place
.
If it is liquidated the
payments constitute an
21
annuity
."
(My onderstreping).
Die motorvoertuigongêluk waarin Hogan beseer is, het 'n deliktuele
skuld laat ontstaan uit hoofde waarvan die M V A-fonds aanspreeklikheid
teenoor
hom opgedoen het om sy toekomstige verlies van inkomste te vergoed. 'n Eenmalige
betaling van die skuld sou van 'n kapitale
aard wees wat die skuld sou uitwis.
Insgelyks sou die verspreiding van die betaling deur 'n aantal afbetalings ook
van 'n kapitale
aard wees wat die skuld verminder totdat dit uitgewis is.
Vergelyk
Jones v Commissioner of Inland Revenue
,
supra
. Die
onderneming het in die onderhawige geval egter 'n geheel en ander toestand tot
stand gebring. Dit het die deliktuele skuld met
sy aanspreeklikheid om Hogan se
toekomstige verlies van inkomste te vergoed, deur kontraktuele aanspreeklikheid
van die M V A-fonds
om maandelikse paaiemente aan Hogan te betaal, vervang.
22
Die deliktuele skuld is deur die onderneming uitgewis sodat
dit as 't ware 'n transmutasie ondergaan het deur . in die plek daarvan
kontraktuele aanspreeklikheid te stel om die maandelikse paaiemente aan Hogan te
betaal solank hy leef (tensy sy toestand sou verbeter)
sonder om 'n likwiede of
bepaalbare skuld daar te stel wat deur die betaling van maandelikse paaiemente
verminder word. By Hogan
se afsterwe word geen kapitaalsom aan hom teruggegee
nie anders as wat die geval met ander beleggings is. In die lig van hierdie
aspekte saamgelees met die hoofeienskappe van jaargeld, soos hierbo vermeld, is
ek van oordeel dat hierdie maandelikse paaiemente
jaargelde is en dat die Hof a
cruo
fouteer het deur hulle as kapitale betalings van algemene
skadevergoeding te konstrueer.
Wat die eerste geskilpunt betref, is ek derhalwe van oordeel dat die
periodieke maandelikse betalings jaargeld is vir doeleindes van
paragraaf 1
se
23
omskrywing van "besoldiging" in die 4e Bylae tot die Wet, en
dat hulle deel van Hogan se bruto inkomste (ongeag of hulle van 'n kapitale
aard
is al dan nie), soos omskryf in art 1 van die Wet, is.
Die Tweede
Geskilpunt
:
Hierdie geskilpunt het ontstaan deurdat die M M F van die
maandelikse paaiemente wat aan Hogan betaalbaar is maandeliks aftrekkings
van
werknemers-belasting gemaak het. Hogan daarenteen beroep hom op klousule 2 van
die onderneming waarvolgens die maandelikse paaiemente
direk
in sy
bankrekening inbetaal moet word. Sy standpunt is dat dit beteken sonder enige
aftrekkings. Die Hof
a quo
het Hogan gelyk gegee.
Art 89 bis (1) van
die Wet maak voorsiening vir werknemersbelasting wat ooreenkomstig die bepalings
van die 4e Bylae ingevorder moet
word. Para 2(1) van die 4e Bylae verplig 'n
werkgewer wat 'n
24
besoldiging aan 'n werknemer betaal, of deur hom aan 'n
werknemer betaalbaar is, om van die besoldiging 'n bedrag af te trek as
werknemersbelasting
t.o.v. die werknemér se aanspreeklikheid vir normale
belasting. Die werkgewer is verplig om die aftrekkings aan die Kommissaris
oor
te betaal. Sodanige oorbetalings kan dan in vergelyking gebring word deur die
werknemer as belastingpligtige teen sy belastingaanspreeklikheid
wanneer hy deur
die Kommissaris aangeslaan word (para
28(1)).
Die strekking van die omskrywing van "werkgewer" in para 1 is, vir doeleindes
van die onderhawige geval, 'n persoon wat aan 'n werknemer
(anders dan 'n
maatskappy) 'n bedrag by wyse van besoldiging betaal.
"Werknemer" is volgens
para 1 'n persoon (behalwe 'n maatskappy) wat besoldiging ontvang of aan wie
besoldiging betaalbaar is.
25
Para 1 se omskrywing van "besoldiging" is reeds
supra
aangehaal waaruit blyk dat dit o.a. bepaal "
met inbeqrip van
-(a)
eniqe bedraq in paraqraaf (a)
, (b), (c), (d), (e)
of (f)
van die omskrywinq van 'bruto inkomste' in
artikel een van hierdie Wet bedoel
."
(My onderstreping).
Uit die omskrywing van "bruto inkomste" in art 1 van die Wet,
supra
aangehaal, beteken para (a) daarvan : " 'n bedrag by wyse van
jaarqeld
ontvang of toegeval."(My onderstreping). Die effek daarvan is dat die begrip
"besoldiging", soos omskryf in para 1 van die 4e Bylae
tot die Wet, by wyse van
inlywing deur verwysing
jaarqeld
insluit.
Dit volg dan dat daar 'n
statutêre verpligting op die M M F rus om werknemersbelasting af te trek
van die jaargelde alvorens
hulle aan Hogan uitbetaal word. Al sou klousule 2 van
die onderneming
26
die betekenis dra wat Hogan daaraan heg, kan dit as 'n
kontraktuele bepaling nie die statutere verpligting van die M M F wysig nie.
Die
betoog namens die M M F moet derhalwe gehandhaaf word.
ie resultaat is dat
die twee appellante se appelle gehandhaaf word.
Die volgende bevele word verleen
:
1. Die appelle van die twee appellante slaag met koste.
2. Die bevel van die Hof
a quo
word deur die volgende bevel vervang :
"Prayer l(a) of the Notice of Motion is dismissed with costs."
C
P JOUBERT Wn HR.
E M GROSSKOPF AR
MILNE AR Stem saam.
NIENABER AR HARMS
Wnd AR