Bankorp Trust Bpk v Pienaar en 'n Ander (679/91) [1993] ZASCA 74; 1993 (4) SA 98 (AD); [1993] 2 All SA 477 (A) (28 May 1993)

57 Reportability
Trusts and Estates

Brief Summary

Succession — Appointment of executor — Application to remove executor — Bankorp Trust appointed as executor in joint will but no executor's letter issued — Legal standing of applicant to seek removal of executor not established — Court finds no grounds for removal as executor's appointment not formalized under the Administration of Estates Act — Application dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 74
|

|

Bankorp Trust Bpk v Pienaar en 'n Ander (679/91) [1993] ZASCA 74; 1993 (4) SA 98 (AD); [1993] 2 All SA 477 (A) (28 May 1993)

Saaknommer 679/91 whn
BANKORP TRUST BPK
APPELLANT
HARLEEN PIENAAR
EERSTE RESPONDENTE
IE MEESTER VAN DIE
HOOGGEREGSHOF
.... TWEEDE RESPONDENT
)UBERT
AR:
Saak No 679/91
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING) In die saak tussen:
BANKORP TRUST BPK
Appellant
en
CHARLEEN PIENAAR
Eerste Respondente
en
DIE MEESTER VAN DIE
HOOGGEREGSHOF
Tweede Respondent
Coram
: JOUBERT SMALBERGER MILNE NIENABER ARR
et HOWIE Wnd AR.
Verhoor
: 3 Mei 1993
Gelewer
: 28 Mei 1993
UITSPRAAK JOUBERT
A R:
2
Op 11 September 1990 het die Eerste Respondente ("mev Pienaar")
en haar eggenoot Johannes Hendrikus Pienaar ("die oorledene") wat
binne
gemeenskap van goedere met mekaar getroud was, 'n gesamentlike testament te
Pietersburg verly. Daarin is die langslewende van
hulle as die enigste erfgenaam
van die eerssterwende se boedel benoem. Hulle het Bankorp Trust Bpk ("Bankorp
Trust") as eksekuteur
van hul onderskeie boedels ingestel. Bankorp Trust te
magtig om volgens diskresie gebruik te maak van die dienste van enige filiaal
of
verwante maatskappy en sal gevolglik geregtig wees op enige vergoeding vir
sodanige dienste gelewer". Die ander bepalings van
die gesamentlike testament is
nie relevant vir doeleindes van hierdie appèl-nie.
Die oorledene is onverwags op 9 Augustus 1991 dood as gevolg van die
plaasvind van 'n motorbotsing. By sy afsterwe was daar geen onroerende
bates in
die gemeen-skaplike boedel nie. Afgesien van versekeringspolisse was die
vernaamste bate 'n besigheid wat te Pietersburg,
3
Potgietersrus en Pretoria afvalpapier ingesamel het. Na
kompaktering van die afvalpapier is dit aan Sappi verkoop. Daarbenewens is
kartondose vervaardig en verkoop vir die verspreiding van bierbottels. Die
maandelikse omset van die besigheid was ongeveer R120
000-00. Die netto waarde
van die boedel was ongeveer R300 000-00. Die oortrokke bankrekening van die
oorledene by Trust Bank te Pietersburg
was ongeveer R40 000-00 in debiet. Mev
Pienaar het die oorledene "intens en nou bygestaan" by die bestuur van die
besigheid. Sy het
"intieme kennis van die besigheid, die probleme en die bestuur
en beheer van die personeel en finansies" gehad.
Mev Pienaar het in die Transvaalse Provinsiale Afdeling 'n dringende aansoek
teen Bankorp Trust en die Meester van die Hooggeregshof
as Eerste en Tweede
Respondente respektiewelik gebring. Die relevante regshulp wat sy in haar
Kennisgewing van Mosie, gedateer 8
Oktober 1991, aangevra het, is soos volg:
4
"2. Dat BANKORP TRUST BEPERK onthef word van
sy
benoeming as eksekuteur in die boedel van wyle JOHANNES HENDRIKUS PIENAAR
(Boedel No 13079/91);
3. Dat CHARLEEN PIENAAR (gebore Primmer) aangestel word as eksekutrise, met die
mag van assumpsie, in die boedel van wyle JOHANNES
HENDRIKUS PIENAAR (Boedel No
13079/91);
4. Dat die koste van hierdie aansoek betaal word uit die boedel, behalwe in
geval van opposisie in welke geval gelas word dat die
opponerende party die
koste van hierdie aansoek sal
betaal."
In haar funderende
beëdigde verklaring het mev Pienaar daarop gewys dat daar 'n ernstige
vertrouensbreuk tussen haar en die oorledene
aan die een kant en Trust Bank aan
die ander kant ontstaan het. Die oorsaak daarvoor was dat Trust Bank hul
prokureur, Kampherbeek,
meegedeel het van Trust Bank se voorneme om regstappe te
neem om die uitstaande bedrag op die oortrokke rekening in te vorder. Sy
en die
oorledene het dit oorweeg om hul bankrekening na 'n
5
ander bank oor te plaas en om die benoeming in hul gesamentlike
testament van Bankorp Trust as eksekuteur te verander. Voordat dit
kon geskied,
het die oorledene egter gesterf.
Trust Bank en Bankorp Trust is filiale van
die houermaatskappy Bankorp Bpk. Daar is geen direkte
nexus
tussen
Bankorp Trust en Trust Bank nie.
Na die afsterwe van die oorledene het die
vertrouensbreuk tussen mev Pienaar en Trust Bank "en by implikasie ook die
eerste respondent"
(Bankorp Trust) groter geword. Dit was veroorsaak deur die
feit dat Trust Bank versuim het om die boedel by die Meester aan te meld..
Dit
is gemene saak dat dit eers omstreeks die helfte van September 1991 gebeur het.
Mev Pienaar het nie belang gestel om met Trust
Bank en Bankorp Trust enigsins
geassosieer te wees nie. Geensins wil sy met Bankorp Trust saamwerk om die
boedel te beredder nie.
Sy het daarop aangedring dat Bankorp Trust nie die
benoeming as eksekuteur
6
aanvaar nie omdat Bankorp Trust dit vanuit Pretoria wou doen.
Haar houding was dat indien sy as eksekutrise aangestel word, sy die
bestuur van
die boedel se lopende besigheid beter kon behartig en ook die boedel beter kon
beredder.
In sy antwoordende beëdigde verklaring het Bankorp Trust
daarop gewys dat dit eers teen die middel van September 1991 kennis
van die
oorledene se afsterwe gekry het. Dit het ontken dat daar 'n vertrouensbreuk
tussen hom en mev Pienaar plaasgevind het. Verder
is daarop gewys dat Trust Bank
nie'n filiaal of divisie van Bankorp Trust is nie maar wel van Bankorp Trust Bpk
wat die houermaatskappy
van Bankorp Trust sowel as Trust Bank is. Bankorp Trust
beskik oor opgeleide en ervare personeel om die bereddering van boedels te
behartig. Gevolglik is Bankorp Trust nie van voorneme om afstand van sy
benoeming as eksekuteur te doen nie. Daar was geen sprake
van 'n vertrouensbreuk
tussen Bankorp Trust en mev Pienaar nie. Haar aansoek vertraag die aanstelling
van Bankorp Trust as eksekuteur.
7
In haar repliserende beëdigde verklaring opper mev Pienaar
'n geheel en al nuwe grond vir haar regsvorder-ing, nl. "dat die Eerste
Respondent 'n belang in die boedel het as gevolg van die feit dat sy
houermaatskappy 'n eis teen die boedel het en dat die Eerste
Respondent derhalwe
nie geskik is om as eksekuteur aangestel te word nie."
Die Meester het in sy
verslag daarop gewys dat die aansoek nie nodig was nie. Kragtens art 14 van
Boedelwet 66 van 1965 is hy verplig
om Bankorp Trust as benoemde eksekuteur aan
te stel sodra dit daarvoor aansoek doen. Mev Pienaar kon aansoek gedoen het vir
die aanstelling
van 'n tussentydse kurator kragtens art 12 van Wet 66 van 1965.
Die Meester het hom berus by die beslissing van die Hof.
Die aansoek is aangehoor deur ROUX R. Op 21 Oktober 1991 het hy 'n bevel
uitgereik wat soos volg lui: "1. Die tweede respondent word
verbied om enige
genomineerde van die eerste respondent as
8
eksekuteur in die boedel van
Johannes
Hendrikus
Pienaar (boedel nr 13979/91) aan te
stel of om 'n eksekuteursbrief aan so
'n
genomineerde uit te reik. 2 Die koste van hierdie aansoek sal deur
die
voormelde boedel betaal word." Die boedel van
die oorledene is gelas om die koste van die aansoek te betaal.
Met verlof van
die Hof
a quo
kom Bankorp Trust as appellant in hoër beroep teen sy
uitspraak en bevel na hierdie Hof. Mev Pienaar is die Eerste Respondente
terwyl
die Meester die Tweede Respondent is. Daar was geen vêrskyning namens die
twee respondente wat albei by die beslissing
van hierdie Hof berus.
In die onderhawige geval is daar drie vrae wat beslis moet word.
Eerste
vraaq
Die eerste vraag is of mev Pienaar geregtig was
op
9
die regshulp wat sy in bede 2 van haar Kennisgewing van Mosie
aangevra het, nl dat Bankorp Trust onthef moes word van sy
benoeming
as
eksekuteur. Bankorp Trust is in die gesamentlike testament as eksekuteur benoem
of aangewys. Geen aanstelling as eksekuteur het
egter plaasgevind nie omdat die
Meester geen eksekuteursbrief aan Bankorp Trust kragtens art 14(1) van Boedelwet
66 van 1965 uitgereik
het nie. Weliswaar verleen art 99 die bevoegdheid aan 'n
hof om 'n
aanqestelde
eksekuteur in bepaalde omstandighede te skors
(
suspend
) of te onthef (
remove
). Hierdie bevoegdheid dek egter nie
die geval waar 'n eksekuteur bloot in 'n testament benoem of aangewys is, soos
in die onderhawige
geval, nie.
Nóg in haar funderende beëdigde verklaring nóg in haar
repliserende beëdigde verklaring het mev Pienaar regsgronde
met steunende
feite aangevoer waarop bede 2 gebaseer is. Die antwoord op die eerste vraag is
derhalwe dat mev Pienaar nie 'n saak
uitgemaak het wat haar geregtig
10
maak op die regshulp wat sy in bede 2 aangevra het nie.
Tweede vraag
Is mev Pienaar geregtig op die regshulp in bede 3 van
haar Kennisgewing van Mosie, nl dat die Hof haar as eksekutrise aanstel ? Vir
redes wat straks sal blyk, is dit nodig om die antwoord in ons gemene reg sowel
as in die wettereg te soek.
Die eksekuteur was onbekend aan die Romeine omdat
sy funksie deur 'n erflater se erfgename vervul is. Die gangbare opvatting is
dat
die oorsprong van die eksekuteur in die Middeleeuse Kanonieke reg te vind
is. Raadpleeg De Blécourt-Fischer,
Kort Beqrip van het Oud-Vaderlands
Burgerlijk Recht
, 7e druk, p 375. Volgens die Romeins-Hollandse reg het 'n
erflater se erfgename outomaties sonder lewering of oordrag van sy bates
eiendomsreg daarvan verkry. Sien L C Steyn,
Die Eiendomsreq by Bestorwe
Boedels
, 1938 T v H R H R p 268-279. Die erfgename het die bestorwe boedel
administreer, beredder en verdeel. In Provinsie
11
Holland en Wes-Friesland was die eksekuteurskap 'n privaat
en
vrywillige amp (
officium privatum
) omdat die
eksekuteur
testamentêr nie van owerheidsweë (
a lege
constitutus
)
aangestel is nie. Hy het sy benoeming en
aanstelling
ontleen aan die testateur se testament, kodisil of
notariële
akte. Kersteman (1728-1793) stel dit soos volg in
sy
Hollandsch Rechtsqeleert Woorden-Boek
, 1768, s.v. Executeur:
"Een qualiteit die iemandt niet verkrygt uit kragte van de wet, maar uit hoofde
van een vrywillige verkiezing en aanstelling van
een Testateur by uiterste wille
en tot het bekleden van welke Consequentelyk niemandt kan worden geconstringeert
en gedwongen. Ten
zy aan zodanig een
Executeur
voor zyne Administratie,
en Boedelredding een Legaat by het zelve Testament gemaakt was, in hoedanig
geval het buiten contradictie
is, dat hy of den hem geconfereerde, en opgedragen
last van Boedelredding moet aanvaarden, of ahderzints de gelegateerde voordelen
missen. - - - - - - - -
De qualiteit van een
Executeur
begint met de Dood van de Perzoon die hem
daartoe aangesteld heeft, en eindigt zoo dra hy den Boedel tot een volkomen
liquiditeit,
en vereffening heeft gebragt
:
12
En de aanstelling van een Boedelredder geschiet by Testament, Codicil, of by een
Separate Acte Notariaal."
So ook Van Zutphen ( +
1685),
Practycke der Nederlandsche Rechten
, 1655, s.v. Executeurs van een
Testament, nr 1; Lybrechts (+ 1758),
Redenerend Vertooq over't Notaris
Ampt
, 1780, le Deel Hoofstuk 30 nr 4; Van der Keessel (1738-1816) ad Gr
2.21.7; Van der Linden (1756-1835) 1.9.10. Die eksekuteur testamentêr
verteenwoordig die testateur (
mandatarius testatoris
).
Nergens is daar
eniqe qesag in die Romeins-Hollandse req dat 'n eksekuteur testamentêr
deur 'n hof aanqestel of onthef is nie
.
Wessels,
History of the
Roman-Dutch Law
, p 530 wys daarop dat hy nergens in die regsbronne kon vind
dat 'n
executeur dativus
aangestel is nie. Waar 'n erflater intestaat
sterf, het sy intestate erfgename sy boedel beredder en verdeel behalwe waar hy
minderjarige
erfgename het in welke geval die plaaslike
Keuren
gereël
13
het dat 'n erfuiter deur die Weeskamer aangestel word om dit
te verrig. Raadpleeg Wessels, op.
cit
., p 531; Steyn op.
cit
., p
277.
Aan die Kaap is die Hollandse regspraktyk toegepas. In 1691 is 'n
Weeskamer te Kaapstad gestig om die bereddering van testate en intestate
boedels
waarin minderjariges belang gehad het, te behartig. Wessels, op.
cit
., p
531. Volgens die aanhef van Ordonnansie 104 van 1833 (K) is testamente van
oorlede testateurs deur die Weeskamer geregistreer.
Ordonnansie 104 van 1833
(K) het die Weeskamer (
Orphan Chamber
) afgeskaf en sy bevoegdhede aan die
Meester van die Hooggeregshof opgedra. Dit het ook uiters belangrike wysigings
aan die Hollandse
regspraktyk betreffende die bereddering van bestorwe boedels
ingevoer. Die Meester hou 'n
register of wills
van alle oorlede
testateurs se testamente wat hy geregistreer het (art 7). Hy hou ook 'n
death
reqister
van oorlede persone (art 11).
14
Hy reik briewe van administrasie uit aan eksekuteurs
testamentêr wat hy aanstel (art 20). Insgelyks reik hy briewe van
administrasie
aan eksekuteurs datief uit (art 21). Waar daar geldige besware
teen die aanstelling van eksekuteurs testamentêr of datief is,
kan 'n
Regter 'n bevoegde eksekuteur aanstel (art 22). Insgelyks kan 'n Regter in
bepaalde omstandighede die briewe van administrasie
van eksekuteurs
testamentêr of datief tersyde stel.
Volgens art 6(2) van Boedelwet 24
van 1913 geskied die bereddering deur 'n eksekuteur van 'n bestorwe boedel
"onder het uitsluitend
toezicht van de Meester." Die Meester reik briewe van
administrasie aan eksekuteurs uit (art 38(1)). Die Hooggeregshof is bevoeg
om 'n
aangestelde eksekuteur te skors (
suspend
) of te onthef (
remove
)
waar dit die bestorwe boedel sal benadeel indien hy in sy eksekuteursamp aanbly
(art 99).
Die Hof het eqter geen bevoegdheid om 'n eksekuteur aan te stel in
die plek van die eksekuteur wat onthef is nie
.
Ex Parte Hodgson
,
1914
15
C P D 846.
Kragtens Boedelwet 66 van 1965 reik die Meester
eksekuteursbriewe aan eksekuteurs uit (art 14(1)). Die Meester stel eksekuteurs
datief
aan (art 18).
Geen bevoeqdheid word aan die Hof verleen om 'n
eksekuteur aan te stel nie
. 'n Eksekuteur kan wel in bepaalde gevalle deur
die Hof van sy amp onthef word (art 54(1)(a)). Insgelyks kan die Meester dit
doen
uit hoofde van art 54(1)(b).
ROUX R het egter as gesag vir die stelling
"dat die bron van die hof se mag om die aanstelling van eksekuteurs en
administrateurs
in die gemene reg setel" op die beslissing van die Kaapse volle
hof in
Port Elizabeth Assurance Aqency & Trust Co Ltd v Estate
Richardson
,-1965(2) SA 936 (C) gesteun. Die relevante passasie in die
uitspraak van VAN WINSEN R, waarmee STEYN R en TEBBUTT Wnd R saamgestem
het, is
te vind op p 938 F-H. Dit lui soos volg :
"None of the Roman-Dutch authorities, however,
16
distinguishes between the powers of the Court in regard to the appointment and
removal of executors and administrators, and appear
to treat the Court's powers
in this regard on the same basis as its powers relating to guardians. For
instance
Lybrechts
,
l.c
, refers to the Court's powers of
appointment of persons to all three of these offices on a similar basis and says
that their appointments
derive either (1) from the terms of the will; (2) from a
notarial deed; (3) from an appointment made by
'den magistraat - - of dat de voogden overleden zyn, zonder andere personen te
hébben gesurrogeert of aangesteld; insgelyks
indien een der voogden komt
te sterven, en aan den langstlevende gene macht gegeven is om een ander nevens
hem t' assumeren, of by
zich te nemen, of dat de voogden door redenen zich
verschonen' or (4) an appointment made by the Court of the Province in its
capacity
as the upper guardian (30.13)."
Die
betrokke passasie is onvolledig ontleen aan Lybrechts,
Redenerend Vertoog
over 't Notaris Ampt
, le Deel Hoofstuk 30
17
nr 13 waarvan die opskrif soos volg lees :
Hoe werden de
Vooqden
,
Executeurs
,
Administrateurs
, enz.
ordinaris
aanqesteld
? Die volledige teks van die passasie lui soos volg :
"A. Door
Testament
, ofte separate
Acte Notariaal
, en zulks kan zo
wel gedaan worden by de
Moeder
, als by den
Vader
. Grot (lib 1 part
7 nu 10) En by d' Eerstoverledene gesteld zynde, mag de Langstlevende insgelyks
met gelyk recht Voogden aanstellen.
En heeft zulks plaats, zo wel ten aanzien
van d' ongeboorne als geboorne
ibid.nu 12
. En moet d' aangestelde persoon
duidelyk omschreven worden. En by aldien zulks in 't Testament verzuimd was,
ofte wel d' Ouders en
Vrienden
ab intestato
quame t' overlyden, zo zyn
daar toe in alle Steden en Plaatsen bequame
Weesmeesters
aangesteld; op
dat de minderjarige Wesen niet voogdeloos zouden blyven, ofte hunne goederen
verwaarloost worden.
B. Mitsgaders by den
Maqistraat
, ingeval de Weeskamer uitgesloten is, of
dat de Voogden overleden zyn, zonder andere personen te hebben gesurrogeert of
aangesteld;
insgelyks indien een der Voogden komt te sterven,
en aan den
lanqstlevende qene macht qeqeven is om een ander nevens hem t'
assumeren
,
18
of by zich te nemen, of dat de Voogden door redenen zich verschonen. C. Of door
't
Hof Provinciaal
, als synde
Oppervooqden
. En word in de twee
laatste aanstellingen ordinair daar toe verkoren de naaste der Magen, als een
van 's Vaders en een van 's Moeders
zyde, of de beguaamste van beide, zo den
anderen min onbequaam mochte zyn; door redenen daar toe dienende. En zo die niet
sufficant
mochten geoordeeld worden, ofte redenen van verschoninge bybragte,
steld 't
Hof Provinciaal
of de Magistraat, na gedaan onderzoek en
verhoring der Magen, andere Voogden.
Grot. lib 1 part 7 nu 17
. Hoedanig
dezelve by de
Romeinen
door den
Schout
,
Burgermeesteren
, of
'd
Overheden
van de Steden, aangesteld wierden. Zie
Voet beqinz
.
lib 1 tit 20 nu 1 & 2
." (Onderstreping van
Lybrechts).
Die opskrif van die passasie van Lybrechts word egter
nie gesteun deur die inhoud van die passasie wat geheel en al toegespits is
op
die aanstelling van voogde nie. Geen enkele woord word oor die aanstelling van
eksekuteurs en administrateurs gerep nie. Die Hof
was wel 'n oppervoog,
19
soos tans ook die posisie in Suid-Afrika is, maar dit was
nooit 'n oppereksekuteur nie en is dit tans ook nie. De Groot (1583-1645)
boek 1
titel 7 se opskrif is:
Van de onbejaarde wezen ende 't stellen haere
voogden
. Hy behandel voogdy van ouerlose minderjariges. So ook Van der
Keessel ad Gr. 1.7. Voet se
Beginselen des rechts volqens Justinianus
is
nie vir my beskikbaar nie maar wel sy
Elementa Juris secundum ordinem
Institutionum Justiniani
, 1700, wat in lib 1 tit 20
tutela dativa
behandel.
Eintlik was die betrokke passasie van Lybrechts geen gesag vir die
aanstelling van 'n administrateur deur 'n Hof nie. Dit was die
probleem waarmee
VAN WINSEN R te kampe gehad het. Volgens die Romeins-Hollandse reg kon
administrateurs egter wel deur 'n Hof aangestel
word. Die betrokke passasie is
geen gesag vir 'n Hof se regsbevoegdheid om 'n eksekuteur aan te stel of te
onthef nie.
In die lig van die voorgaande is dit duidelik
20
dat die Hof a
quo
nóg volgens die gemene reg
nóg volgens die Boedelwet 66 van 1965 regsbevoegdheid het om mev Pienaar
as eksekutrise
aan te stel. Die antwoord op die tweede vraag is derhalwe
ontkennend. Die Hof
a quo
moes gevolglik weens my gevolgtrekking op die
eerste en tweede vrae die aansoek van mev Pienaar afgewys het.
Derde
vraag
Was 'n permanente interdik in die omstandighede van hierdie geval
aangewese ?
ROUX R het Bankorp Trust sowel as Trust Bank as filiale van die
houermaatskappy Bankorp Bpk beskou. Sy redenasie was dat laasgenoemde
sou uit
hoofde van die ootrokke bankrekening 'n groot eis teen die boedel hê en
dit sou meebring dat Bankorp Trust as eksekuteur
'n dubbele lojaliteit sou
hê. Wat hierdie redenasie uit die oog verloor, is dat daar glad nie 'n
dispuut oor die bestaan of
omvang van die oortrokke bankrekening was nie. Mev
Pienaar het dit nie betwis nie. Daar was glad nie 'n
21
konfliksituasie tussen mev Pienaar en Trust Bank oor die
oortrokke bankrekening nie. Daar was geen gronde vir die ontheffing van Bankorp
Trust as eksekuteur indien dit as sulks deur die Meester aangestel sou word nie.
Die uitlating van ROUX R in sy uitspraak dat indien
Bankorp Trust reeds as
eksekuteur aangestel was, sou hy hom ingevolge art 54(1)(a)(v) van die Boedelwet
66 yan 1965 van sy amp onthef
het, is ongegrond en onvanpas.
Wat ROUX R beoog
het, was om te keer dat die Meester vir Bankorp Trust as eksekuteur
testamentêr aanstel. Daardeur sou hy inmeng
deur die Meester te verhinder
om sy statutêre verpligting ingevolge art 14(1) van die Boedelwet 66 van
1965 uit te oefen. Kragtens
welke regsbevoegdheid ? Die Hof
a quo
het
immers nie die "exclusive supervision" oor die bereddering van bestorwe boedels
deur eksekuteurs nie. Dit is nie 'n oppereksekuteur
nie.
ROUX R het in mosieprosedure sonder dat daar op die stukke melding van 'n
interdik gemaak is sodat die
22
Meester, indien hy daarvan vooraf kennis gedra het,
regsverteenwoordiging kon reël (wat hy geregtig was om te doen), besluit
om
'n permanente interdik teen die Meester te verleen. Daardeur het hy die Meester
verbied om Bankorp Trust se genomineerde as eksekuteur
testamentêr in die
oorledene se boedel aan te stel of om 'n eksekuteursbrief aan so 'n genomineerde
uit te reik. Wat ROUX R
oor die hoof gesien het, was die belangrike vereiste dat
mev Pienaar geen "clear right" gehad het dat Bankorp Trust nie as eksekuteur
testamentêr deur die Meester aangestel word nie.
Nolte v Johannesburg
Consolidated Investment Co Ltd
,
1943 A D 295
per appèlregter TINDALL
op p 318 : "If an applicant's right is clear, and it is beyond dispute that a
breach of the right
by the respondent is reasonably apprehended, an absolute
interdict may be granted on motion." ROUX R moes nooit in die onderhawige
geval
die permanente interdik verleen het nie.
Dit is die antwoord op die derde vraag.
23
Dit volg noodwendig dat die appél moet slaag. Adv.
BURGER het namens die appêllant afstand gedoen van koste in hierdie
Hof
sowel as in die Hof
a quo
indien die appél slaag.
Die volgende bevele word verleen
:
1.
Die appèl slaag.
2. Die bevele van die Hof
a quo
word deur die volgende bevel vervang
:
"Die aansoek word afgewys."
C. P. JOUBERT AR.
SMALBERGER AR
MILNE AR Stem saam.
NIENABER AR
HOWIE Wnd AR