S v Khumalo (186/1992) [1993] ZASCA 73 (27 May 1993)

81 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Sentencing — Appellant convicted of murder following a planned robbery resulting in the death of a vulnerable elderly woman — Appellant and accomplice attempted to rob the victim, who was alone in her home, leading to violent confrontation — Appellant shot the victim after she attempted to defend herself — Court held that the murder was premeditated and particularly heinous due to the victim's age and vulnerability — Appeal against death sentence dismissed, with the court emphasizing the need for deterrence and the community's sense of outrage.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 73
|

|

S v Khumalo (186/1992) [1993] ZASCA 73 (27 May 1993)

Saak No 186/1992 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPeLAFDELING
)
In die saak tussen:
THEMBA RICHARD KHUMALO
Appellant
EN
DIE STAAT
Respondent
Coram
: VAN HEERDEN, EKSTEEN et
GOLDSTONE, ARR
Verhoor
: 17 Mei 1993
Gelewer
: 27 Mei 1993
UITSPRAAK
EKSTEEN
, AR :
Die appellant is deur Thirion R in die Matalse Provinsiale Afdeling die
doodvonnis op-gelê na sy skuldigbevinding aan die moord
op wyle mev Aletta
Maria Francina Kruger ("die oorledene") gedurende Junie 1991. Hy kom nou in
hoër beroep slegs teen gemelde
vonnis kragtens die bepalinge van art 316
(A)(l) van die Strafproseswet no 51 van 1977 ("die Wet").
Uit die oorkonde blyk dit dat die ap-pellant en sy"broer"Bizokwakhe Mtungwa
op 'n strooptog uit was met die opset om by 'n plaas-huis
in te breek en geld te
stéel. By die
2
eerste twee plase waar hulle aangedoen het om die omstandighede te
bespied, het hulle besluit dat dit vir hulle te gevaarlik sou wees
om daar te
probeer inbreek. Op die derde dag van hul tog kom hulle by die plaas van die
oorledene aan. Sy was 'n ou vrou in haar
tagtigerjare, en het alleen op die
plaas gewoon. Bizokwakhe het na die plaashuis gegaan op die voorwendael dat hy
werk soek. Daar
het hy opgemerk dat die oorledene pottebakkery doen en haar
hande-werk verkoop. Hy en die appellant het die afleiding gemaak dat
sy derhalwe
geld in haar huis sou hê.
Hulle het hulle hierop in die bosse
.... /3
3
in die omgewing skuil gehou en teen skemer weer die opstal
genader. Hulle het later gesien hoe die huishulp na haar kamer gaan, en
afgelei
dat die oorledene alleen in haar huis sou wees. Hulle het eers na die motor-huis
gegaan waar hulle die oorledene se motor
gekry het. Hulle het die motor
uitgestoot tot in die grootpad sodat hulle na hul roof-tog daarmee kon wegry.
Tot hul terleurstel-ling
moes hulle egter ontdek dat die motor se battery
verwyder was en hulle dus nie daarmee sou kon ry nie.
Hierna is hulle terug na die plaas-huis waar hulle die telefoondrade buite
die
..../4
4 huis afgesny het. Met behulp van 'n hamer
wat hulle in die
motorhuis gekry het, het
hulle die diefwering van 'n venster aan die
kant van die huis afgebreek en is appellant
deur die venster na binne. Hy het die kombuis-
deur vir sy makker oopgesluit en hulle is
saam die huis in. Bizokwakhe was
met
'n lang mes gewapen en appellant sê in sy be-
kentenis dat hy 'n speelgoed pistool gehad
het. Saam is hulle in die oorledene se slaap-
kamer waar sy reeds in die bed was. Sy het
ingestem om hulle te gaan wys waar die geld
was. Appellant het haar aan die een arm ge-
neem en Bizokwakhe aan die ander. Toe oor-
.... / 5
5
ledene by die voetenent van haar bed kom, het sy skielik gebuk, 'n .38
Webley rewolwer onder die matras uitgepluk, en Bizokwakhe in
sy regterbors
geskiet. Bizokwakhe het die oor-ledene tweekeer in die bors gesteek met die mes
wat hy by hom gehad het, en sy is ook
met 'n stomp voorwerp op haar kop geslaan.
Dit blyk nie uit die appellánt se bekentenis wie haar op haar kop geslaan
het nie,
maar by die lykskouing is gevind dat sy twee laserasiewonde soos deur
'n stomp voorwerp veroorsaak, aan die linkerkant van die kop
gehad het en 'n
derde wond bo-op haar kop. Laasgenoemde wond was met soveel geweld toegedien dat
dit frakture
.... / 6
6 van die skedel na die regter en na die linkerkant
van die kop veroorsaak het. Hierdie frakture was
van so 'n ernstige aard
dat dele van die breinweef-
sel daardeur uitgedruk was namate die drukking in
die brein toegeneem het.
Nadat die oorledene so ernstig aangerand is, het appellant oorledene se
rewolwer opgetel en die twee booswigte is by die kombuisdeur
die huis uit.
Bizokwakhe het in die agterplaas naby die kombuisdeur aan sy wond beswyk en sy
lyk is die volgende oggend daar gekry.
Ongeveer vyf minute oor een die nag het die huishulp, Lilian Shelembe, die
oor-ledene na haar hoor roep. Oorledene het vir haar gevra
om na die
sitkamerdeur te kom,
..../7
7
wat oorledene dan vir haar sou oopmaak. Lilian is na hierdie
deur en het gehoor hoe-dat die oorledene met groot moeite na die deur
kom en dit
oopsluit. Voordat oorledene egter die deur kon oopmaak het Lilian 'n skoot
gehoor afgaan, en toe sy by die deur inloer
sien ay oorledene op die vloer
lê. Sy is in haar kop geskiet maar het nog ge-lewe. Lilian het probeer om
die polisie te bel
maar gevind dat-die telefoon buite werking was. Sy het
gevolglik die oor-ledene met 'n kombers toegemaak en by haar gewaak totdat
dit
lig geword het. Daarna het sy die bure van die aanval verwittig en
.... / 8
8 oorledene is na die hospitaal geneem. Sy is eers 12 dae later
op 28 Junie oorlede, as gevolg van 'n trombus of bloedklont wat in
die
longslag-aar gaan vassit het, en wat regstreeks deur die skietwond in die kop
veroorsaak is.
Appellant erken dat hy die oorledene geskiet het. Hy meld geen rede vir
hierdie optrede in sy bekentenis nie, en hy het ook nie by
die verhoor getuig
nie. Appellant het hom uit die voete gemaak en is eers op 27 Julie in hegtenis
geneem. Appellant was 23 jaar oud
ten tyde van die pleging van die misdaad en
Bizokwakhe 19 jaar.
Die verhoorhof het by vonnisoplegging
.../9
9 die volgende versagtende faktore in
aanmerking geneem nl dat appellant 23 jaar oud was, dat hy op skool slegs tot by
std V gevorder
het, en dat hy armoedig groot geword het. Dit is ook aan die
verhoorhof betoog dat appellant nie die leidende aandeel by die rooftog
gespeel
het nie, daar dit Bizokwakhe was wat met 'n mes gewapen is, en dat dit
bes-moontlik hy was wat die telefoondrade afgesny
het. Die hof het egter daarop
gewys dat daar geen werklike getuienis voor die hof was om dié betoog te
staaf nie. Daarteen
kan daarop gewys word dat dit die appellant was wat eerste
deur die venster in die huis
... /10
10
gegaan het, en die kombuisdeur oopgesluit het. Dit dien ook
verder daarop gelet te word dat die appellant vier jaar ouer as Bizokwakhe
was.
Dit is ook voor die verhoorhof en voor ons aangevoer dat die appellant
en Bizok-wakhe nie in die huis ingegaan het met die op-set
om te moor nie maar
slegs met die opset om te roof. Die verhoorhof het tereg dáarop gewys dat
appellant geweet het dat oorledene
alleen in die huis was en dat hy die
moont-likheid moes voorsien het dat sy in die loop van hulle misdadige en
gewelddadige optrede
gedood kon word. Bizokwakhe was ook, tot appellant se wete,
met 'n mes gewapen waarmee
... / 11
11
die oorledene geintimideer kon word ingeval sy sou poog om
haarself teen hulle te verweer. Die oorledene het inderdaad probeer om
haarself
te verweer en is daarop in die bors gesteek en op 'n gruwelike wyse oor die kop
geslaan.
Dit is ook voor ons aangevoer dat die appellant se optrede om, nadat hy
aanvank-lik die huis verlaat het, weer terug te keer en die
oorledene in die kop
te skiet impul-sief was en gemotiveer was deur 'n drang om die noodlottige wond
wat oorledene sy broer toegedien
het, te wreek. Hierdie betoog kan nie opgaan
nie. Dit was juis die geweld-dadige optrede van appellant en sy broer teen-
..../ 12
4
oor die bejaarde en weerlose oorledene wat haar genoop het om 'n poging aan
te wend om haarself te verweer. Haar optrede was volkome
regmatig. Hulle s'n was
boos en misdadig. Onder sulke omstandighede kan appellant se gedrag om terug te
keer en die reeds swaar gewonde
oorledene sonder enige aanleiding van haar kant
te skiet, in geen opsig gebillik word nie. Dit kan gevolglik nie as 'n
versagtende
faktor gesien word nie (
S v Mandela
1992 (1) SASV 661 (A)).
Die verswarende faktore is voor die hand liggend. Die oorledene is vermoor in
die loop van 'n rooftog wat
met voorbedagte rade beplan en uitgevoer is. Hul
slagoffer was 'n
.../ 13
13
weerlose bejaarde vrou wat alleen in haar afge-sonderde plaashuis gewoon het.
Toe sy gepoog het om haarself te verweer is sy in haar
bors gesteek en met groot
geweld oor die kop geslaan. Daarna het appellant, nadat hy eers die huis verlaat
het, teruggekeer en die
reeds beseerde oorledene geskiet. Aanvalle soos die
onder-hawige waar bejaardes in hul huise vermoor word in die loop van 'n
beplande
rooftog, is reeds meermale deur hierdie Hof as besonder ernstig en
verderflik vir die gemeenskap bestempel. (
S v Khundulu and Another
1991
(1) SASV 470 (A);
S v Makie
1991 (2) SASV 139 (A);
S v Sesing
1991
(2) SASV 361 (A)). In
S v Shabalala
1991
.... / 14
14 (2) SASV 478 (A) op 483 c-e is daarop gewys
dat almal in die
gemeenskap, ook die wat op
afgeleë plase woon, veilig moet kan voel
in
hul huise, en dat wanneer dit by vonnisopleg-
ging kom by moorde soos
die onderhawige, moet
die geregverdigde gevoel van verontwaardiging
by die
gemeenskap wel deeglik in aanmerking
geneem word. Die opgelegde vonnis moet dien
as 'n afskrikking vir ander wat moontlik in
die versoeking kan kom om weerloses te beroof
en te vermoor. Dit moet ook, in gepaste ge-
valle, die gemeenskap se aandrang op vergelding
vir misdade wat enige redelike mens as afgryslik of
weersinwekkend beskou, weerspieël. In sulke
/ 15
15 gevalle sal oorwegings van moontlike
rehabilitasie wesenlik oorskadu word deur dié van afskrikking en
vergelding.
Na my mening is die onderhawige so 'n geval; naamlik een waar
daar 'n gebiedende aandrang is op die doodvonnis as die enigste gepaste
vonnis.
Bygevolg word die appèl afgewys.
J.P.G. EKSTEEN, AR
VAN HEERDEN AR
STEM SAAM
GOLDSTONE AR