About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 72
|
|
S v De Vries (318/92) [1993] ZASCA 72 (27 May 1993)
SAAKNOMMER 318/92 HVN
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen
JOHN DE VRIES
APPELLANT
EN
DIE STAAT
RESPONDENT
CORAM:
MILNE, KUMLEBEN ARR,
et HOWIE, Wn AR
VERHOORDATUM:
14 MEI 1993
LEWERINGSDATUM:
27 MEI 1993
UITSPRAAK KUMLEBEN, AR
:
Die appellant is in die Kaapse Provinsiale Afdeling van die Hooggeregshof aan
moord skuldig bevind en ter dood veroordeel. Hierdie
appèl is slegs teen
die opgelegde vonnis gerig. Die gebeure wat tot die
2
skuldigbevinding aanleiding gegee het, kan soos volg saamgevat word.
Die appellant is in die gevangenis te Stellenbosch op 'n aanklag van
huisbraak aangehou. Hangende die beregting van die saak, het
hy voor 'n
plaaslike landdros, mnr Van Niekerk, verskyn, vermoedelik vir die uitstel
daarvan. Borg ten bedrae van R 300 is toegestaan
en dit is later tot R 150
verminder. Die bedrag is egter nie betaal nie en sy aanhouding moes voortduur.
Hy het ook tevergeefs regsverteenwoordiging
aangevra. Op 30 September 1991 het
Andrew Conradie ("die oorledene"), Andries Faas ('n staatsgetuie) en 'n derde
persoon by hom in
die sel aangesluit. Daar was toe altesame nege persone daarin
toegesluit, almal verhoorafwagtend. Die oorledene was vermink deurdat
hy net een
oog en geen kunsoog gehad het nie. Die appellant het by sy mede-aangehoudenes en
die
3
gevangenisbeamptes gekla oor die feit dat so 'n persoon in die sel saam met
hom geplaas was.
Die aand van 1 - 2 Oktober 1991 het die getuie Faas langs die oorledene naby
die toilet op die vloer van die sel geslaap. 'n Buitelig
was aan gewees wat
die
binnekant van die sel tot 'n mate verlig het. Gedurende die vroegoggend het
Faas wakker geword en gesien dat die appellant 'n das
om die nek van die
oorledene plaas. Die appellant het Faas beveel om anderkant toe te kyk. Hy het
gehoor dat die oorledene met iets
gekap word, dat die appellant die toiletbak
uitspoel en die wasbak gebruik. Hierdie optrede het hy herhaal. Daarna het hy
die oorledene
vir die derde keer genader, hom gevra "Hoekom wil jy nie dood nie"
en hom weer gekap totdat hy gesterf het. Op 'n stadium het Faas
gesien dat dit
die appellant se skoen was wat as wapen gebruik was om die oorledene te kap.
Daarna het hy die lyk op sy maag laat
4
lê, sy komberse daaroor gesit en 'n stuk papier, waarop hy eers geskryf
het, bo-op die komberse geplaas. (Die dokument, waarna
ek later sal verwys, is
as 'n bewysstuk ingehandig.) Na hierdie gebeure het die appellant na sy
slaapplek teruggekeer.
Nie lank daarna nie het die gevangenispersoneel op die lyk van die oorledene
afgekom. Daar was bloed in die toiletpot en aan die muur
van die sel. Die
polisie is ontbied en die lyk is verwyder. Volgens die geregtelike
nadoodse-ondersoek, was daar ses skeurwonde wat
die skoenhoue moes veroorsaak
het; sewe sny- of steekwonde (die appellant het 'n geslypte tandeborsel voor die
voorval in sy besit
gehad); "snoerspoorwonde" rondom die nek, veroorsaak deur
die gebruik van 'n das asook hande om te verwurg; en 'n aantal skaafwonde.
Die
oorsaak van dood was verwurging en breinbloeding.
5
Die getuienis van die appellant om sy optrede te
probeer
verduidelik, is onsamehangend en klaarblyklik 'n
versinsel, inderdaad 'n
belaglike relaas. 'n Paar
uitreksels uit sy hoofgetuienis is voldoende bewys
daarvan:
Daardie aand nadat hy gaan slaap het:
"[het] ek begin my voorspellings kry, my voorspellings wat ek gekry het was
die eerste voorspelling was van Hendrika en die ander
voorspellings was met my
ma, my oorlede ma,van Hendrika en van my - ek is eintlik van ...(onduidelik) my
mense is van - my ma is
geboorte van ...(onduidelik). Die plaas wat my ma onder
gewerk het was Breytenbach. Ek het 'n voorspelling gekry daarvan."
Later sê hy:
"Ek weet nie wat aangegaan het daardie aand nie. Soos ek warm geword het, het
ek net my mat opgerol en ek het my mat skuins soos ek
altyd gebid het, my mat
gegooi nou. Daardie tyd doen jy 'n baie sag gebed wat jy doen.
Wag nou net 'n oomblik daar, waar het u u mat oopgegooi? Waar
in die sel het u u mat
oopgegooi om te bid? Ek het die mat gegooi
by die - by die kraan."
Terwyl hy gebid het, het een van sy selgenote, nie die
6
oorledene nie, gekla dat sy gebede hom steur. Dit het
'n bakleiery tot gevolg gehad:
"Het iemand u toe voor die bors gegryp?
Ja, toe het iemand my voor die bors gegryp.
Wie was dit? Dit is die persoon wat
daar gelê het, daai persoon.
Die oorledene? Die oorledene, ja.
Toe gryp die oorledene u voor die bors?
Hy het my gegryp voor die bors wat ek ...
(tussenbeide)
Aan die hemp, u wys ... (tussenbeide) — ... hom navraag doen ...
(tussenbeide)
Net so 'n oomblikkie, u wys met u hand hy
het u aan die hemp gegryp, is dit reg? Hy
het my aan my T-frokkie gegryp.
Aan u T-hempie? ... Aan my T-hemp.
En wat het toe gebeur nadat hy u gegryp
het aan u bors, wat gebeur toe? En toe is
dit 'n bakleiery, ek en hy."
Gedurende die bakleiery, volgens hom, het die oorledene
agteroor geval, waarna die appellant hom met sy
kniekoppe in die maag geskop, sy kop teen die muur
gekap, hom getrap en hom met sy een hand om sy nek
beetgekry het. Hy voeg by dat
"die warmte was nog altyd by my gewees, die
warmte was nog altyd in my. In daardie
geval kan ek nie sê hoekom en waarom ek
7
aangehou het om hom aan te rand nie omrede die gevoel wat by my gewees
het."
Die verhoorhof (Van Deventer R en twee assessore)
se kommentaar
op die appellant se getuienis lui soos volg:
"Die beskuldigde het 'n uiters swak indruk in die getuiebank gemaak. Hy was
in verskeie opsigte 'n onbevredigende en ongeloofwaardige
getuie. Sy herhaalde
verskoning dat drome en geeste teenwoordig was en sy relaas van 'voorspellings'
wat hy al soveel jare lank 'ontvang',
het die Hof hoegenaamd nie beïndruk
nie. Inteendeel het die Hof die afleiding van sy spreekmanier en algemene
reaksies in getuiebank
gemaak dat hy 'n verbale en heel intelligente persoon is
wat die regsproses basies baie goed begryp en wat terdeë bewus is van
die
noodsaaklikheid om een of ander verskoning te vind vir sy ongeregverdigde en
brutale aanval op die oorledene - vandaar sy onsamehangende
en obskure relaas
van 'geeste', 'n 'warm gevoel' en 'voorspellings'."
Ek stem volkome saam met hierdie gevolgtrekking.
Mnr Joubert het namens die appellant opgetree. Hy
8
het op grond van drie oorwegings aangevoer dat die doodvonnis nie die enigste
gepaste een is nie: (i) dat 'n mate van provokasie,
as 'n redelike moontlikheid,
bewys is en dat dit as 'n versagtende faktor geld; (ii) dat "die Hof a
quo
te veel klem op die grusaamheid van die moord geplaas het en die
moontlikheid dat die Appellant se subjektiewe gemoedstoestand sy
optrede minder
moreel laakbaar gemaak het, uit die oog verloor het"; en dat. (iii) die
bevinding dat die appellant 'n gevaar vir
die gevangenisgemeenskap sou inhou
ongegrond of oorbeklemtoon is.
Daar kan van provokasie geen sprake wees nie. Só 'n betoog is desnoods
gegrond op die appellant se verhaal van die gebeure
wat, soos reeds genoem,
verwerp moet word. Dit word ook weerspreek deur sekere uitlatings van die
appellant voor en na die aanval
op die oorledene waarna ek aanstonds sal verwys.
Daar is ook geen
9
aanvaarbare getuienis dat hy aan enige geestelike versteuring of swakheid
gely het nie en dat hy as gevolg van 'n sodanige gebrek
moreel minder
verwytbaar
is nie.
Om die appellant se "subjektiewe gemoedstoestand" te bepaal, moet vasgestel
word wat tot die moord aanleiding gegee het. Hy was gegrief
oor die borg
aangeleentheid en die weiering om regshulp aan hom te verstrek. Ook in die
gevangenis het hy sonder welslae daarvoor
aansoek gedoen. Hy het vir een van die
aangehoudenes gesê dat hy vir "vryborg" gaan vra as hy weer voor die hof
verskyn. (Terloops
wys ek daarop dat die gevangenisowerhede met sy familie in
verbinding getree het om betaling van sy borg te probeer bewerkstellig.)
Hy het
op 'n stadium in die gevangenis aangekondig dat "as hulle hom nie wil borg gee
nie of regsverteenwoordiging nie, dan sal [ek]
'n moord
10
maak...." Hy het ook gekla dat hy onskuldig was aan die misdryf hom ten laste
gelê, en gesê dat hy onnodiglik toegesluit
was. Om die rede het hy '
n wrok teen die speurder wat hom "opgehang het" gekoester. Na die aanval op die
oorledene is sy uitlatings
ewe belangrik en insiggewend. Die volgende oggend het
hy sy mede-aangehoudenes vertel dat hy aanpreeklikheid vir die noodlottige
aanranding sou aanvaar ("ek het die ou nou vrek gemaak") en dat hulle nie die
sel moes skoonmaak nie ("mense moet sien wat [ek] gemaak
het"). Volgens
die getuie Faas, sou hy vir adjudant-offisier Truter gesê het dat
laasgenoemde vir landdros Van Niekerk moet gaan vra waarom
hy (die appellant)
die oorledene doodgemaak het. Die noodwendige afleiding uit hierdie getuienis is
dat hy 'n gevoel van onreg teenoor
verskeie gesagsfigure gehad het; dat hy
besluit het om op dié wyse uiting aan sy frustrasie te gee; en dat hy die
oorledene
as slagoffer uitgesonder het bloot omdat hy 'n
11
"eenoog persoon" was. In die nota, wat hy uitgeskryf het net na hy die
oorledene doodgemaak het, verwys hy na speurder Van Schalkwyk,
landdros Van
Niekerk en die feit dat hy verkeerdelik in hegtenis geneem was. Hierdie skrywe
is dan verdere bevestiging van sy beweegrede.
Daar kan dus nie gesê word
dat sy gemoedstoestand sy wanoptrede enigsins verskoon of minder laakbaar maak
nie - dit is eerder
bewys van die teendeel.
Die tersaaklikheid van die feit dat 'n veroordeelde 'n gevaar vir die
gevangenisgemeenskap mag inhou wanneer die oplegging van 'n
gepaste vonnis
oorweeg word,is deur hierdie hof in 'n onlangse beslissing in perspektief
gestel. In
S v Lawrence
1991 (2) SASV 57 (A) 59 f - h is gesê:
"Having regard to the passages cited by
Eksteen JA from
S
v Eiman
1989(2) SA 863 (A)
at 873 A - B, I respectfully agree that
in
a
proper case, and upon adequate evidence, the
12
probability that a convicted criminal is likely to constitute a danqer to
prison society is a factor which a Court might take into
account in the
determination of a proper sentence
. In the event that evidence is adduced
establishing the probability that a dangerous criminal could not be prevented
from escaping
from custody, that, too, could be a factor which might properly be
taken into account. In the present case there was no such evidence
in respect of
either of these issues. At the cost of repetition, I would stress that, in my
opinion, more particularly in cases involving
the death penalty, a Court should
not make findings prejudicial to an accused on the basis of mere speculation. A
proper and adequate
factual foudation should be laid if the State wishes such
considerations to be taken into account for
purposes of sentence." (Ek beklemtoon)
Dat
langtermyn gevangenissetting 'n bron van frustrasie kan wees, is 'n realiteit
wat nie misgekyk kan word nie. Die appellant se
lys van vorige veroordelings
toon aan dat hy op 7 September 1988 te Wellington aan 'n misdryf skuldig bevind
is. Die beknopte beskrywing
daarvan is soos volg: "Aanranding met die opset om
ernstig te beseer - 4 klagtes - geslaan en getrap." Ander
13
gegewens, wat in sy rekord van misdaad verskyn voor en na die inskrywing van
hierdie oortreding, dui aan dat die aanranding tydens
aanhouding gepleeg is
-vermoedelik was ander gevangenes die klaers. Hierdie misdryf is dan ook
bykomstige bewys dat die dissipline
van gevangenisstraf hom nie beteuel nie, dat
selfs in die gevangenis hy vir ander mense 'n gevaar inhou en dat hy bereid is
om gesag
te verontagsaam. Hierdie kenmerke en oorwegings behoort wel deeglik as
'n verswarende faktor in aanmerking geneem te word.
Die verswarende faktore is voor die hand liggend.
Die appellant is in 1951 gebore. Sy eerste misdaad is op 20 jarige ouderdom
gepleeg. Daarna, oor 'n tydperk van ongeveer 20 jaar,
is nie minder as 21
skuldigbevindings teen hom geboekstaaf nie. Hulle sluit in diefstal, huisbraak
met die opset om te steel en
14
diefstal, roof, aanranding met die opset om ernstig te beseer en besit van 'n
gevaarlike wapen. Vir sommige van hierdie misdade moes
hy langtermyn
gevangenisstraf uitdien. Dit het nie die gewenste uitwerking op hom gehad om hom
van kriminele gedrag te weerhou nie.
Hy is 'n geharde misdadiger.
Dit was 'n grusame aanval op 'n slapende, weerlose
persoon.
Die foto's van die lyk is beeldende bewys
daarvan. Die distriksgeneesheer,
wat die lyk in die sel
besigtig het, het dit as 'n "wreedaardige" aanval beskryf.
Die appellant is 'n bendelid en 'n bullebak. Toe die oorledene en sy twee
metgeselle saam met hom in die sel toegesluit is, het hy
hulle intimideer en
hulle as onderdane behandel.
15
Die appellant het geensins impulsief opgetree nie. Soos reeds genoem, het hy
vooraf sy voornemens bekend gestel en toe die daad by
die woord gevoeg. Na
pleging van die moord was sy houding een van verharde voldoening, eerder as
enige selfverwyt.
Met die oog op die getuienis in sy geheel, en veral die faktore
hierbo genoem, moet aanvaar word dat die moontlikheid van hervorming
uiters
skraal is; dat die appellant in die toekoms 'n wesenlike gevaar vir die
lewens van andere mag wees; dat die vergeldings - en voorkomingselemente van
strafoplegging sterk na vore tree; en dat die doodvonnis
bygevolg die enigste
gepaste een is.
16 Die appél word van die hand gewys.
KUMLEBEN AR MILNE AR
) HOWIE AR ) STEM SAAM