About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 64
|
|
S v Chauke (544/92) [1993] ZASCA 64 (21 May 1993)
SAAKNOMMER: 544/92
J VD M
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING
)
In die saak tussen:
JOHN TSAKANI CHAUKE
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM
: VAN HEERDEN, NIENABER, ARR et
HARMS, Wnd AR
VERHOORDATUM
: 10 MEI
1993
LEWERINGSDATUM
: 21 MEI 1993
UITSPRAAK
HARMS, Wnd AR:
Die appellant en sy drie medebeskuldigdes het in die Hooggeregshof van
Venda voor Klopper Wnd HR
2
en twee assessore op 'n aanklag van moord tereggestaan. Die appellant was
beskuldigde nr 3. Die bewering hulle ten laste gelê,
was dat hulle op 11
Augustus 1985 vir ene Elias Mulaudzi, 'n oom van beskuldigdes 1, 2 en 4, vermoor
het. Hulle is skuldig bevind
soos aangekla en op 19 September 1986 ter dood
veroordeel. Die vier beskuldigdes se aansoek om verlof om te appelleer is deur
die
verhoorhof afgewys en 'n daaropvolgende petisie aan die Hoofregter gerig,
was ook onsuksesvol. Op 30 Januarie 1992 is die appellant
se drie
mede-beskuldigdes se vonnisse versag na lewenslange gevangenisstraf. Die
appellant se appél dien tans voor hierdie
Hof vanweë die bepalings
van artikel 18(1) van die Criminal Law Amendment Proclamation 16 van 1991 soos
deur artikel' 1 van
die Criminal Law Second Amendment Proclamation 41 van 1991
gewysig. Hierdie bepaling lui soos volg:
"18(1) Where a person has been sentenced to death
3
before the date of commencement of section 4 of
the principal Proclamation, and the said person has exhausted all the recognized
legal
procedures pertaining to appeal or review or no longer has such procedures
at his disposal, and where his petition for clemency to
the Chairman of the
Council for National Unity has been unsuccessful, the registrar of the Supreme
Court shall forthwith transmit
the requisite number of certified copies of the
relevant court record and proceedings to the registrar of the Appellate Division
of the Supreme Court of South Africa, whereupon that Court shall, irrespective
of whether it has previously given a decision on appeal
in the case concerned,
consider the case in the same manner as
if -
(a)
it were
considering an appeal by the convicted person against his sentence;
and
(b)
section 277 of the
Criminal Procedure Act, 1977 (Act 51 of 1977), as substituted by section 4 of
the principal Proclamation, were
in operation at the time sentence was passed by
the trial court.
(2) The Appellate Division
may -
(a)
confirm the
sentence of death; or
(b)
if
it is of the opinion that it would not itself have imposed the sentence of
death, set aside the sentence and impose such punishment
as it
considers
4
to be proper; or
(c) set aside the sentence of death and remit the case to the trial court
with instructions to deal with any matter, including the
hearing of evidence in
such manner as the Appellate Division may deem fit, and thereafter to impose the
sentence which in the opinion
of the trial court would have been imposed had the
said section 277 been so in operation.
(3) A sentence imposed in terms of subsection (2)(c), shall for the
purpose of any further appeal and all other purposes be deemed
to be the
sentence imposed upon the convicted person at his trial."
Die oorledene se lyk is in 'n rivier gevind. Dit was in die water vir 'n
paar dae. Die geneesheer wat die lykskouing uitgevoer het,
het bevind dat die
oorledene aan breinbeserings dood is. Hy het elf kapwonde aan sy kop gevind.
Daarbenewens was die oorledene se
regteroor ten dele geamputeer en was daar 'n
skaafmerk op sy maag. Post mortem oppervlakkige afskilfering van die vel van die
linkeroor,
die onderlip, die linkerarm en die penis is gevind. Die
5
afskilfering is deur die geneesheer toegeskryf aan 'n
langdurige onderdompeling of, moontlik, skade deur waterdiere
aangebring.
Die verhoorhof het bevind dat die moord 'n rituele moord
was. Hierdie bevinding is gebaseer op stellings gemaak deur beskuldigdes
1, 2 en
4 in hulle bekentenisse, naamlik dat ná die dood van die oorledene
stukkies vel van sy bo-lip, penis en arm deur die
appellant verwyder is. In
hulle verklarings het hulle ook beweer dat die appellant aan hulle R500 elk as
beloning aangebied het vir
hulp by die pleeg van die moord. Die appellant het
geen melding van hierdie lykskending in sy verklaring gemaak nie. Tydens die
verhoor
het slêgs beskuldigde 1 naastenby by die inhoúd van sy
bekentenis gebly. Die juistheid van hierdie tipe chirurgie en
die aanbod ter
betaling van vergoeding het hy egter ontken. Daar was dus geen toelaatbare
getuienis teen die appellant voor die hof
dat die
6
lykskending wel plaasgevind het of dat die appellant daarby betrokke was
nie. Ook was daar geen getuienis dat hierdie vergrype teen
die liggaam van die
oorledene enige rituele waarde of betekenis gehad het nie. Dit is dan ook tereg
namens die staat toegegee dat
die verhoorhof gefouteer het deur te bevind het
dat dit bewys is dat hierdie moord wel 'n rituele moord was.
Die toelaatbare getuienis teen die appellant het, van die staat se kant,
ten eerste bestaan uit die getuienis van inwoners van 'n
kraal wat getuig het
dat die oorledene die betrokke aand daar aangehardloop gekom het en om
beskerming gevra het. Die vier beskuldigdes
was sy agtervolgers. Hulle het
geëis dat die oorledene aan hulle uitgelewer moes word. Die oorledene het
uitgeroep dat beskuldigde
nr 2, sy ouer broer se seun, hom wou doodmaak. Die
hoof van die kraal het daarop aangedring dat hulle na die plaaslike hoofman moes
gaan. Op pad soontoe by 'n sokkerveld het die
7
getuies gehoor hoe die oorledene beskuldigde nr 2 daarvan beskuldig dat
hy hom doodmaak. Aangesien dit nag was, het hulle niks verder
waargeneem nie.
Bloed is later op die toneel gevind en dit kan aanvaar word dat die oorledene
daar doodgekap is.
Die appellant se verklaring meld dat hy en die drie medebeskuldigdes op
pad was om te gaan drink. Hulle het met 'n voertuig gery en
die oorledene het
langs die pad opgeklim. Nadat hulle 'n ent gery het, het hulle by 'n diptenk
gearriveer en daar is die slagoffer
gegryp, met 'n mes op die arm gesteek en sy
hand is gesny. Die mes het gebreek en iemand het 'n bandligter geneem en die
oorledene
op die agterkop geslaan. Vandaar het die oorledene na die kraal waarna
verwys is, gehardloop, is die oorledene teruggebring en is
dit gesê dat hy
"'n heks" is en dat hulle na 'n ander kraal moes gaan. Op pad soontoe is die
oorledene met 'n knopkierie op
die kop geslaan. Die
8
appellant is gevra waarom hy so ver van die toneel staan. Die oorledene
het gesterf, is in die voertuig geplaas, weggeneem en in die
rivier gegooi. Hy
is gewaarsku om niks te openbaar nie.
Wat opvallend is, is dat die
motief vir die moord volgens hierdie verklaring die feit is dat die oorledene 'n
heks was. Wat verder
opmerklik is, is dat die appellant teenwoordig was by die
moord en sekere gewelddadige handelinge beskryf het sonder om te identifiseer
wie wat gesê of gedoen het. En soos vroeër reeds gemeld, het hy niks
in hierdie verklaring genoem oor die afsny van stukkies
vel of liggaamsdele nie.
Die aard van die beserings beskryf, stem ook grootliks nie ooreen met dit wat
nadoods gevind is nie.
Beskuldigde nr 1 het getuig dat die vier beskuldigdes in die voertuig
bestuur deur nr 2 gery het. Die oorledene is opgelaai en dle
voertuig is tot
stilstand by 'n dipbak gebring. Waarom wis hy nie.
9
Op daardie stadium sou die appellant gesê het dat die oorledene 'n
towenaar was, dat hy die appellant se kinders getoor het
en dat hy derhalwe
gedood moes word. Hy het ook getuig van die gebeure by die kraal en dat by die
voetbalgrond die oorledene met
o.a. 'n byl gekap is. Volgens hom het die
appellant dit gedoen. Nr 2 sou die oorledene ook met ' n yster oor die kop
geslaan het.
Nadat die oorledene vermoor is, het nr 2 opdrag gegee dat die lyk
in die voertuig geplaas word en het hy die voertuig bestuur tot
by die rivier
waar die lyk afgegooi is. Aangesien beskuldigdes 2 en 4 se getuienis geheel en
al vals was en aangesien die appellant
'n alibi geopper het wat verwerp is, is
dit nie nodig om met hulle getuienis te handel nie. Die verhoorhof het
beskuldigde 1 nie
in alle wesenlike opsigte geloofwaardig gevind nie. Die rede
daarvoor was dat hy in belangrike opsigte van sy bekentenis afgewyk
het. Die
verhoorhof was gevolglik nie bereid om aan die
10
hand van sy getuienis bo redelike twyfel te bevind dat die appellant die
aanstigter of die hoofdader was nie. 'n Aspek wat ongelukkig
nie tydens die
verhoor geopper en opgeklaar is nie, is dat volgens nr 1 se bekentenis die
appellant ook sou gesê het dat die
oorledene in sy hoedanigheid as heks sy
kind se dood sou veroorsaak het.
Die probleem is dan om te bepaal wat die motief vir die moord was. Soos
gesê, het die verhoorhof verkeerdelik bevind dat dit
'n rituele moord was.
Daar is aanduidings dat dit geskied het uit ' n geloof in gewaande bose toorkrag
van die oorledene. (Wat veral
in hierdie verband opval, is dat drie van die
moordenaars neefs van die oorledene was terwyl die appellant geen verbintenis
met enigeen
van hulle gehad het nie. Hy is selfs lid van 'n ander etniese
groep.) Of dit wel die motief was, is nie bo redelike twyfel vasgestel
nie maar
dit is ook nie deur die staat bo
11
redelike twyfel bewys dat dit nie die motief vir die moord was nie.
Polities of finansieel van aard was dit egter nie. Ook is daar
geen rede om te
aanvaar dat dit sonder motief gepleeg is nie.
Die verswarende omstandighede in hierdie geval is volop. Die verhoorhof
het tereg bevind dat dit 'n voorafbeplande moord was en dat
dit met
dolus
directus
gepleeg is. Daarbenewens is die oorledene aan 'n lang en uitgerekte
marteling en teistering blootgestel. Die oorledene was 'n bejaarde
en weerlose
persoon.
Ter versagting kan gemeld word dat die appellant wat destyds 27 jaar oud
was, 'n eerste oortreder was. Soos reeds gemeld, het die
staat nie bewys dat die
motief vir die moord nie aan ' n verskoonbare geloof in toorkuns toe te skryf
was nie. Daarbenewens is daar
geen geloofwaardige getuienis wat getoon het dat
die appellant die leidende rol by hierdie
12
aanranding gespeel het of dat hy enige van die doodsveroorsakende
handelinge verrig het nie. Natuurlik is hy as mededader skuldig
maar in die
afwesigheid van aanvaarbare getuienis oor sy aandeel aan die moord, moet die
geringste aandeel vir doeleindes van vonnisoplegging
aan hom toegedig word. Na
my oordeel is dit 'n grensgeval. Tog is ek nie oortuig dat in die lig van al die
faktore gemeld, die doodvonnis
die enigste gepaste vonnis is nie. 'n Lewenslange
gevangenisstraf sou na my oordeel reg aan die gemeenskap en die appellant laat
geskied. Die appèl teen die doodvonnis word gevolglik gehandhaaf en word
vervang met 'n vonnis van lewenslange gevangenisstraf.
L T C HARMS WAARNEMENDE APPèLREGTER
VAN HEERDEN, AR )
) STEM SAAM NIENABER, AR )