About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 60
|
|
S v Oor and Another (258/92) [1993] ZASCA 60 (14 May 1993)
Saak no 258/92 /MC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen
BAREND OOR
Eerste Appellant
SAMUEL PAPIER
Tweede
Appellant
- en -
DIE STAAT
Respondent
CORAM:
VIVIER, F H GROSSKOPF ARR et
KRIEGLER Wnd AR.
VERHOOR:
7 Mei 1993
GELEWER:
14 Mei 1993
UITSPRAAK
VIVIER AR.
2
VIVIER AR.
Die twee appellante ("beskuldigdes 1 en 2"
onderskeidelik) is saam met vyf ander ("beskuldigdes 3 tot 7" onderskeidelik)
deur EDELING
R en assessore in die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling aan
moord skuldig bevind. Beskuldigdes 1 en 2 is die doodvonnis en die
ander
beskuldigdes verskillende tydperke van gevangenisstraf opgelê.
Beskuldigdes 1 en 2 appelleer na hierdie Hof slegs teen
hul vonnisse.
Die tersaaklike feite wat nie langer in geskil is nie, is die volgende. In
die vroeë oggendure van Maandag 28 Oktober 1991 het
die sewe beskuldigdes
die oorledene in sy slaap oorval in sel 5 in D-afdeling van die
Goedemoed-gevangenis naby Rouxville, waar hulle
almal langtermyn-gevangenes was.
Terwyl beskuldigde 1 die oorledene se kop vasgehou en sy mond toegedruk het, het
beskuldigdes 2
en 7 die oorledene gewurg met h lyfband van materiaal wat
hulle
3
om sy nek gedraai en na weerskante toe styf getrek
het.
Beskuldigdes 3, 4, 5 en 6 het die oorledene se arms en
bene
vasgedruk. Toe die oorledene stil word het die
beskuldigdes na hul
slaapplekke teruggekeer. Na h ruk
het die oorledene h roggelgeluid gemaak en
op bevel van
beskuldigde 1 het al die beskuldigdes weer na die
oorledene
gegaan. Beskuldigde 1 het hom verskeie
kere met beide skoene op sy maag
getrap en geskop
terwyl beskuldigdes 2- en 7 hom met die lyfband
verwurg
het. Voordat die lig in die sel daardie oggend om
vyfuur
aangeskakel en die bewaarders gekom het, het
beskuldigdes 1 en 2 al die
gevangenes in die sel
bymekaargeroep en hulle beveel om niks van die
moord
aan die owerhede te meld nie. Hulle het gesê dat
hulle self
aanspreeklikheid sou aanvaar. Volgens die
mediese getuienis het die oorledene
as gevolg van h
suurstofgebrek gesterf. Aan sy nek was duidelike
tekens
dat hy met een of ander ligatuur verwurg is.
4
Hierdie Hof moet nou oordeel of, met inagneming van die strafverswarende en
-versagtende omstandighede, die doodstraf die enigste
gepaste vonnis is. By die
beslissing van hierdie vraag moet die hoofdoelstellings van straftoemeting
naamlik voorkoming, afskrikking,
vergelding en hervorming oorweeg
word.
Beskuldigde 1 was 38 jaar oud ten tyde van die moord. Hy het std 3 op
skool geslaag en was ongetroud. Hy het nie minder nie as vier-en-twintig
vorige
veroordelings waarvan ses vir geweldsmisdade en tien vir huisbraak is. Op 12
Februarie 1991 is hy ingevolge die bepalings
van art 286 van Wet 51 van 1977 tot
h gewoontemisdadiger verklaar. Beskuldigde 2 was 45 jaar oud toe die moord
gepleeg is, ongeletterd
en ongetroud met een buite-egtelike minderjarige kind.
Hy het twintig vorige veroordelings waarvan een vir roof is en nege vir
aanranding
met die opset om ernstig
5
te beseer. Volgens sy lys van vorige veroordelings blyk dit dat hy gedurende
1981 en weer gedurende 1991 gewaarsku is dat hy gevaar
loop om as
gewoontemisdadiger verklaar te word.
Namens beskuldigdes 1 en 2 is voor ons
betoog dat die misdryf deur die sogenaamde gevangenis- of bendekultuur
veroorsaak of gemotiveer
is. Soos al dikwels in uitsprake van hierdie Hof
beklemtoon, is die blote bestaan van so 'n subkultuur h neutrale feit. Dit is
slegs
wanneer die subkultuur sodanig op die motiewe of gedrag van h beskuldigde
inwerk dat sy morele blaamwaardigheid daardeur verminder
word, dat dit as h
strafversagtende faktor beskou kan word. Sien S v Malgas en Andere 1991(1) SASV
284(A) op 293h - 294b en S v May,
h ongerapporteerde uitspraak van hierdie Hof
gelewer op 22 November 1991 in saak nr 232/91. Die feite waarop in die huidige
saak
gesteun word, is die volgende. Beskuldigdes 1 tot 6 is op 22 Augustus
6
1991 vanaf h ander gevangenis na sel 5 in die Goedemoed-gevangenis
oorgeplaas. Die oorledene was ongeveer 'n maand en beskuldigde
7 tien dae in sel
5 voor die moord. Beskuldigdes 1, 2, 6 en 7 was selferkende lede van die
28-bende. Volgens die staatsgetuies April
en de Wee, wat saam met die
beskuldigdes in sel 5 was en wie se getuienis oor die gebeure die betrokke aand
deur die Verhoorhof aanvaar
is, was al die beskuldigdes lede van die 28-bende en
was die oorledene h lid van die Big Five-bende. Laasgenoemde bende is daarvoor
bekend dat sy lede inligting verskaf aan die owerhede. Beskuldigde 1 was h
inspekteur en
beskuldigdes
2 en 7 luitenante
in die 28-bende. Beskuldigde 1 het volgens die ander getuies die hoogste rang
van almal in sel 5 beklee. Beskuldigdes
3, 4, 5 en 6 was as wyfies beskou en
moes die ander seksueel bevredig terwyl hulle op beskerming binne tronkverband
geregtig was.
Volgens
7
beskuldigdes 1 en 2 was daar onmin tussen hulle en die oorledene vanaf die
oomblik toe laasgenoemde in sel 5 aangeland het. Die oorledene
wou 'n wyfie
gehad het en hulle het geweier om hom een te gee. Verder het hy allerlei leuens
aan senior lede van die 28-bende in
die res van die gevangenis vertel oor wat in
sel 5 gebeur het. Dit het beskuldigdes 1 en 2 in h slegte lig ges.tel by die res
van
die bende. So het hy vertel dat hulle toelaat dat lede van die 26-bende
seksueel verkeer met die 28-bende se wyfies en dat beskuldigdes
1 en 2 die
wyfies in die sel aangestig het om met h eetstaking te begin. Sy kwaadpratery
het daartoe gelei dat die 28-bende beskuldigdes
1 en 2 opdrag gegee het om een
of twee lede van die 26-bende in sel 5 dood te maak. Hulle het geweet dat indien
hulle die opdrag
verontagsaam hulle met die dood gestraf kon word. Beskuldigdes
1 en 2 het verder getuig dat hulle die vorige Donderdag h opdrag van
die
8
28-bende ontvang het om beskuldigde 7 dood te maak omdat hy inligting
aan die owerhede sou verskaf het. Hulle het nie hierdie opdrag
uitgevoer nie.
Beskuldigde 1 het dieselfde nag waarin die oorledene doodgemaak is, met hom gaan
praat oor die stories wat hy na buite
aandra. Die oorledene se reaksie was dat
hy sou toesien dat beskuldigdes 1 en 2 uit die sel geneem word. Beskuldigdes 1
en 2 was
kwaad vir die oorledene en het besluit om hom aan te rand, Beide het
uitdruklik ontken dat hierdie besluit in opdrag van of onder
druk van die
28-bende geneem is en beskuldigde 1 het verder gesê dat die aanval op die
oorledene nie gedoen is om die guns
van die bende te wen nie. Hulle weergawe van
die aanval, wat deur die Verhoorhof as vals verwerp is, was dat hulle nie
verantwoordelik
was vir die dood van die oorledene nie: beskuldigde 1 het niks
aan die
9
oorledene gedoen nie en beskuldigde 2 het slegs op sy maag gespring en sy nek
teen die grond platgetrap.
Beskuldigdes 1 en 2 se saak by die verhoor was
gevolglik nie dat hulle in opdrag of onder invloed van, of in vrees vir die
28-bende
gehandel het nie. Alhoewel hulle gebelg was oor die oorledene se
kwaadstokery was hulle aksie teen hom 'n persoonlike een wat nie
direk in
verband gestaan het met enige bendebedrywighede nie. Hulle het hulle in elk
geval min gesteur aan dreigemente van die 28-bende,
soos blyk uit die feit dat
hulle die opdragte om beskuldigde 7 en lede van die 26-bende dood te maak,
ignoreer het. Ek is gevolglik
van mening dat die bende- of gevangenis-subkultuur
in die omstandighede van die huidige saak nie as h versagtende faktor beskou kan
word nie. Daar is, inderdaad, geen strafversagtende faktore te vind in die
huidige saak nie.
Die strafverswarende faktore is voor die hand
10
liggend. Die aanval op die oorledene was vooraf beplan en op h koelbloedige
en meedoenlose wyse uitgevoer op 'n weerlose slagoffer
in sy slaap. Beskuldigdes
1 en 2 het die direkte opset gehad om te dood. Hulle het vyf ander by die moord
betrek om hulle te help.
Die wyse waarop hulle die oorledene die tweede keer
aangerand het om seker te maak dat hy sterf, openbaar 'n totale gehardheid en
onverskilligheid teenoor menslike lewe.
By die oorweging van die oogmerke van vonnis is dit duidelik, meen ek, dat
beskuldigdes 1 en 2 se kanse op hervorming so skraal is
dat dit buite rekening
gelaat kan word. Hulle is h gevaar vir die samelewing buite sowel as binne die
gevangenis en 'n langtermyn-gevangenisstraf
sal nie 'n voldoende voorko= mende
vonnis wees nie. S v Malgas en Andere, supra, op 296d, S v Mandela, 1992(1)
SASV(A) 661 op 666d-f,
S v May, supra, op bl 17 van die getikte
11
afskrif. In al die omstandighede is ek van mening dat die doodvonnis die
enigste gepaste vonnis vir beide beskuldigdes 1 en 2 is.
Die appèl word afgewys.
W. VIVIER AR.
F H GROSSKOPF AR)
KRIEGLER Wnd AR) Stem saam.