Bevray Investments (Edms) Bpk v Boland Bank Bpk and Others (308/91,326/91) [1993] ZASCA 57; 1993 (3) SA 597 (AD); [1993] 2 All SA 345 (A) (14 May 1993)

74 Reportability

Brief Summary

Company Law — Security — Validity of security provided by companies — Appellant Bevray Investments and Taskor Beleggings challenged the validity of their suretyships and mortgage bonds in favor of Boland Bank, arguing they were rendered invalid under section 226 of the Companies Act 61 of 1973 due to lack of proper authorization — The court had to determine whether the security fell within the exceptions provided in the Act — The court upheld the validity of the suretyship and mortgage bond of Taskor, while rejecting Bevray's claims, concluding that the necessary approvals were not obtained for Bevray's security, thus rendering it invalid.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 57
|

|

Bevray Investments (Edms) Bpk v Boland Bank Bpk and Others (308/91,326/91) [1993] ZASCA 57; 1993 (3) SA 597 (AD); [1993] 2 All SA 345 (A) (14 May 1993)

LL
Saak Nos 308/1991 en 326/1991
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
In die saak tussen:
BEVRAY INVESTMENTS (EDMS) BPK
Appellant
en
BOLAND BANK BPK
Eerste Respondent
PIETER P
VOGES
Tweede Respondent
VOJAY NOMINEES (EDMS) BPK
Derde
Respondent
TASKOR BELEGGINGS (EDMS) BPK
Vierde
Respondent
In die teenappèl van:
BOLAND BANK
BEPERK
Appellant in die
teenappèl
en
TASKOR BELEGGINGS
(EDMS) BEPERK
Respondent in die teenappèl
CORAM
: BOTHA, E M GROSSKOPF, EKSTEEN ARR
NICHOLAS et VAN COLLER Wnd ARR
VERHOORDATUM
: 4 MAART
1993
LEWERINGSDATUM
: 14 MEI 1993
UITSPRAAK
BOTHA AR
:-
2 In Junie 1989 het Boland Bank
Beperk (hier-na genoem "die Bank") 'n aksie in die Afdeling Kaap die Goeie Hoop
ingestel teen vier
verweerders: P P W Voges ("Voges"),
Bevray
Investments (Edms) Bpk ("Bevray") Vojay Nominees (Edms) Bpk ("Vojay") en Taskor
Beleggings (Edms) Bpk ("Taskor"). Die Bank
se eis teen Voges was vir die
terugbetaling van geld wat hy aan die Bank verskuldig was uit hoofde van die
gebruikmaking van oortrek-kingsfasiliteite
op sy lopende rekening by die Bank.
Ten tye van die verhoor van die aksie in die hof a
quo
was dit. gemene
saak tussen al die partye dat die kapitale bedrag van Voges se skuld teenoor die
Bank Rl 650 000,00 beloop het.
Die Bank se eise teen die ander drie
ver-weerders was gebaseer op aparte borgaktes wat elk van hulle aangegaan het
ter versekering
van Voges se
3 skuld op sy oortrokke, rekening. Die
borgaktes van Vojay en Taskor was onbeperk ten aansien van bedrag; Bevray s'n
was beperk tot
'n bedrag van R500 000,00. As sekuriteit vir die nakoming van sy
verpligting het Bevray ook 'n verband laat registreer oor sy plaas
Grootfontein,
in die distrik Clanwilliam.
Bevray en Taskor se verweer teen die
Bank se eise teen hulle was dat hulle sekerheidstellings ongeldig en nietig was,
op gronde wat
weldra sal blyk, en aansluitend daarby het elk van hulle 'n
teeneis teen die Bank ingestel vir 'n verklarende bevel te dien
effekte.
Na die afloop van die verhoor het die verhoorregter (FOXCROFT R) in sy
uitspraak bevele uitgereik, waarvan die effek kortliks weergegee
kan word soos
volg:
1. Vonnis word verleen teen Voges en Vojay, gesamentlik en
afsonderlik.
4
vir die betaling van die bedrag van Rl 650 000,00, met
rente en koste;
2.
Vonnis word
veríeen teen Bevray, gesamentlik en afsonderlik met Voges en Vojay, vir
die betaling van die bedrag van R500 000,00,
met rente en koste, en dit word
verklaar dat die plaas Grootfontein uitwinbaar
is;
3. Bevray se teeneis word afgewys;
en
4.
Taskor
se teeneis slaag, met koste, en dit word verklaar dat Taskor se borgakte nietig
is.
Daarna het Bevray by die verhoorregter
aansoek gedoen om verlof om na hierdie Hof te appel-leer teen die bevele waarna
verwys word
in paragrawe 2 en 3 hierbo. Die aansoek is toegestaan en die koste
daarvan is gelas koste in die appèl te wees. Terselfdertyd
het die Bank
aansoek gedoen om verlof
5
om na hierdie Hof te appelleer teen die bevele waarna verwys word in
paragraaf 4 hierbo. Dié aansoek is ook toegestaan, en
die verhoorregter
het beveel dat die koste daarvan koste in die teenappèl sou wees. Soos
die verhoorregter (en die advokate
wat voor ons opgetree het), sal ek na Bevray
se appèl verwys as die appèl, en na die Bank se appèl as
die teenappèl.
(In die appèl is Bevray die appellant en die Bank
die eerste respondent; in die teenappèl is die Bank die appellant
en
Taskor die respondent.)
Soos blyk uit die voorgaande oorsig, is die
vonnis wat die verhoorhof teen Voges en Vojay toege-staan het (paragraaf 1
hierbo) nie
in die gedrang nie. Dit kan verder buite beskouing gelaat
word.
Wat in geskil is, is die geldigheid of ongeldigheid van die verweer wat
Bevray en Taskor teen die Bank se eise geopper het. Soos ek
reeds aangedui het,
is die verweer dat die betrokke seker-
6 heidstellings ongeldig en
nietig is - in die geval van Taskor, sy borgakte, en in die geval van Bevray, sy
borgakte en verbandakte.
In albei gevalle berus die verweer op die bepalings van
artikel 226 van die Maatskappywet 61 van 1973 ("die Wet"), maar die geskilpunte
wat daaruit voortspruit is tog nie pre-sies dieselfde nie, soos reeds blyk uit
die feit dat die verhoorhof die verweer in die geval
van Bevray afgewys het en
in die geval van Taskor gehandhaaf het. Dit sal weldra nodig wees om die
bepalings van artikel 226 van
die Wet aan te haal en te ontleed. Vir eers is dit
genoeg om net die kern van die bepal-ings te noem wat in hierdie saak op die
voorgrond
staan: geen maatskappy mag sekuriteit aan 'n ander persoon voorsien in
verband met 'n verpligting van 'n direkteur of bestuurder
van die maatskappy of
sy houermaatskappy nie, maar die verbod is nie van toepassing op die voorsiening
van sekuriteit deur 'n
7 maatskappy in verband met 'n verpligting
van sy eie direkteur of bestuurder met die toestemming van al die lede van die
maatskappy
nie. Bevray en Taskor voer aan dat hulle sekuriteite getref word deur
die verbodsbepaling van artikel 226; die Bank se saak is dat
die sekuriteite val
onder die uitsonderings-bepaling van die artikel. Dit is met die oog op hierdie
bepalings en kontensies dat die
feite van die saak nou in oënskou geneem
moet word.
Die feite wat aanleiding gee tot die geskilpunte is
grotendeels gemene saak en kan kort-liks saamgevat word. Ter aanvang moet ek
egter
eers meld dat Voges tot op 13 April 1988 sy bankrekening en
oortrekkingsfasiliteite gehad het by Distriksbank Beperk ("Distriksbank").
Op
daardie datum het die Bank ingevolge artikel 30 van die destydse Bankwet 23 van
1965 al die bates en laste van Distriksbank oorgeneem
en daarmee is al die regte
en verpligtings
8
van Distriksbank aan die Bank oorgedra. Daarna het Voges sy rekening by
die Bank gehad en het die Bank steeds oortrekkingsfasiliteite
aan hom verleen.
Bevray en Taskor se sekerheidstellings is reeds voor die oorname aan
Distriksbank verleen, maar met die oorname
het die Bank die begunstigde daarvan
geword en dus kan die Bank dit nou afdwing, as dit afdwingbaar is. Die oorname
het geen uitwerking
op die geskilpunte tussen die partye nie. Gevolglik, om
onnodige omslagtigheid te vermy, verwys ek voortaan slegs na "die Bank",
as
omvattend ook 'n verwysing na Distriksbank, ten opsigte van gebeure wat
plaasgevind het voor die oorname op 13 April 1988.
Taskor se borgakte is aangegaan en aan die Bank verstrek op 23 Augustus
1982, en Bevray s'n op 4 Januarie 1988. Bevray se verband
oor sy plaas ten
gunste van die Bank is geregistreer op 15 Januarie 1988.
9 Voges ('n
aandelemakelaar van beroep) het gedurende 1975 al die aandele in Taskor
aangekoop en dit toe in gelyke dele oorgedra aan
sy drie minder-jarige kinders.
In Augustus 1982 was die kinders, die enigste aandeelhouers in Taskor, nog al
drie minderjarig. (Tussen
Augustus 1982 en Januarie 1988 het een van die kinders
te sterwe gekom en is sy aandele oorgedra aan die ander twee kinders, wat
die
enigste aandeelhouers gebly het.)
Bevray was te alle tersaaklike tye
'n volfiliaal van Taskor.
Voges was te alle tersaaklike tye 'n
direkteur en die bestuurder van beide Taskor en Bevray. In besonderhede wat
verstrek was vir
die doeleindes van die verhoor het Taskor en Bevray beweer dat
Voges die alleen-direkteur en bestuurder van die twee maatskappye
was. (Blykens
een van die bewysstukke wat voor die verhoorhof geplaas is, kon
10
Voges se gewese vrou moontlik in 'n stadium ook 'n direkteur van Taskor
gewees het. Dit is egter van geen belang by die beslegting
van die geskilpunte
nie.)
Taskor en Bevray se borgskappe en Bevray se verband is deur
Voges aan die Bank beskikbaar gemaak omdat hy verhoogde oortrokke fasiliteite
wou gehad het en die Bank nie bereid was om dit toe te staan sonder bykomende
sekuriteit nie. In Augustus 1982 is die fasiliteit
van R200 000,00 tot R375
000,00 ver-hoog. Die borgakte van Taskor, waarin Taskor hom as borg en
mede-hoofskuldenaar teenoor die Bank
verbind het vir Voges se verpligtings
teenoor die Bank, is namens Taskor aangegaan en onderteken deur Voges as
direkteur van Taskor.
Gepaard met die borgakte het Voges 'n sertifikaat
onderteken en aan die Bank verskaf, waarin gesertifiseer word dat 'n besluit op
'n vergadering van die direkteure van Taskor op 23
11
Augustus 1982 geneem is wat Taskor magtig om die borgakte aan te gaan en
wat Voges magtig om dit namens Taskor te onderteken.
In Januarie
1988 is Voges se oortrek-kingsfasiliteit, wat intussen gegroei het tot R2 000
000,00 verder verhoog tot R2 400 000,00.
Bevray se borgakte was van dieselfde
strekking as dié van Taskor (maar beperk tot 'n bedrag van R500 000,00).
Voges het dit
namens Bevray onder-teken, as direkteur van Bevray, en so ook die
volmag wat nodig was vir die verlening van die verband. Voges het
ook 'n
sertifikaat onderteken en aan die Bank verskaf met die strekking dat dle
betrokke handelinge gemagtig was op 'n vergadering
van die direkteure van Bevray
op 4 Januarie 1988.
Voges het getuig dat hy ten tye van al die transaksies met die Bank
heeltemal onbewus was van die bepalings van artikel 226 van die
Wet.
Dié
12 getuienis is nie betwis nie. (Die beampte van die Bank
met wie Voges die transaksies op beide geleent-hede beklink het, Jordaan,
het
insgelyks getuig dat ook hy nie van die bepalings bewus was
nie.)
Aan die hand van die voorgaande feite behandel ek vervolgens
eers die appêl van Bevray. Die hoofbetoog van mnr
Scholtz
, namens
Bevray, was dat die borgstelling en verband van Bevray ten gunste van die Bank
getref word deur die verbodsbepaling van artikel
226 van die Wet en dat dit nie
tuisgebring kan word onder die uitsonderingsbepalings nie, As alternatiewe
argumente het hy aangevoer
dat die borgskap en verband 'n onregstreekse
verskaffing van sekuriteit deur Taskor self uitgemaak het; dat die transaksies
buite
die omvang van Voges se bevoegdheid as direkteur van Bevray geval het om
Bevray te ver-bind; en dat dit nie bevind kan word dat Taskor
as aandeelhouer in
Bevray toegestem het tot die voor-
13
siening van die sekuriteit deur middel van die op-
trede van
Voges nie, omdat laasgenoemde onbewus was
van die noodsaaklikheid
van Taskor se toestemming.
Ek behandel eers die hoofbetoog namens
Bevray. Dit verg 'n noukeurige beskouing van artikel
226 van die Wet. Die bepalings daarvan, vir sover
dit ter
sake mag wees (en met weglating van 'n
onbelangrike wysiging wat in
1992 aangebring is,
waarna ek later sal verwys), lui soos
volg:
"226. (1) Geen maatskappy mag regstreeks of onregstreeks 'n lening maak
aan -
(a) 'n direkteur of bestuurder van -
(i) die maatskappy;
of
(ii) sy houermaatskappy; of (iii) 'n ander maatskappy wat 'n filiaal van
sy houermaat-skappy is; of
(b) 'n ander maatskappy of ander
regspersoon beheer deur een
of
meer direkteure of bestuurders van
die maatskappy of
van sy houer-
maatskappy of van 'n maatskappy
wat 'n
filiaal van sy houermaat-
skappy is;
of sekuriteit aan 'n ander persoon in verband met 'n verpligting van so
'n direkteur.
14
bestuurder, maatskappy of ander regspersoon voorsien nie.
(1A)
(1B) Die bepalings van subartikel (1) en van paragraaf (b) van subartikel
(1A) word nie uitgelê nie as sou dit 'n maatskappy
verbied om 'n lening
toe te staan aan, of sekuriteit te voorsien aan iemand in verband met 'n
verpligting van, sy houermaatskappy
of filiaal of 'n filiaal van sodanige
houermaat-skappy;
(2) Die bepalings van subartikel (1) is nie van toepassing nie -
(a) ten opsigte van -
(i) die maak van 'n lening deur 'n maatskappy aan sy eie direkteur of
bestuurder; (ii) die voorsiening van sekuri-teit deur 'n maatskappy
in verband
met 'n verpligting van sy eie direkteur of bestuurder; (iii) die toestaan van 'n
lening deur 'n maatskappy aan 'n ander
maatskappy of 'n ander regspersoon wat
deur een of meer direkteure of bestuur-ders van eersgenoemde maat-skappy beheer
word; of (iv)
die voorsiening van sekuri-teit deur 'n maatskappy in verband met
'n verpligting
15
van 'n ander maatskappy of 'n
ander regspersoon
wat deur
een of meer direkteure of
bestuurders van
eersgenoemde
maatskappy beheer word;
met die toestemming
van al die
lede van die maatskappy of inge-
volge 'n
spesiale besluit betref-
fende 'n bepaalde transaksie; of
(b) behoudens die bepalings van sub-
artikel (3), ten opsigte
van
enigiets gedoen om 'n direkteur of
bestuurder van
fondse te voorsien
om uitgawe te dek deur hom
aange-
gaan of aangegaan te word vir die
doeleindes van
ciie betrokke maat-
skappy of met die doel om hom
in
staat te stel om sy pligte as
direkteur of bestuurder
van daar-
die maatskappy behooriik uit te
voer;
of
(c) ten opsigte van enigiets
bona
fide
gedoen
in die gewone loop van
die besigheid van 'n
maatskappy
wat inderdaad en gereeld 'n besig-
heid dryf
wat die maak van lenings
of die voorsiening van
sekuriteit
behels; of
(d) op die voorsiening van geld of die
maak van lenings deur
'n maatskap-
py vir die doeleindes in artikel
38(2)(b)
en (c) bedoel; of
(e) op die maak van ' n lening en die
voorsiening van
sekuriteit met die
goedkeuring van die maatskappy op
'n
algemene vergadering om behuis-
16
ing te voorsien vir sy direkteur
of bestuurder; of (f) ten opsigte van -
(i) die maak van 'n lening deur 'n maatskappy aan 'n direk-teur of
bestuurder van sy filiaal; of (ii) die voorsiening van sekuri-teit
deur 'n
maatskappy aan iemand anders in verband met 'n verpligting van 'n direk-teur of
bestuurder van sy filiaal:
mits daardie direkteur of bestuur-
der nie ook
' n direkteur of be-
stuurder van daardie maatskappy
self is nie,
(3) .....
(4) 'n Direkteur of beampte van 'n
maatskappy wat die maak
van ' n lening of die
voorsiening van sekuriteit in stryd met
die
bepalings van hierdie artikel magtig of toe-
laat of
'n party daarby is -
(a) is aanspreeklik om die maatskappy
en enige ander persoon
wat geen
werklike kennis van die oortreding
gehad het
nie skadeloos te stel
teen verlies wat regstreeks
ont-
staan uit die ongeldigheid van die
lening of
sekuriteit; en
(b) is aan 'n misdryf skuldig.
(5) Vir die doeleindes van subartikel
17
(4) beteken 'direkteur of beampte van 'n
maatskappy' ook, waar die maatskappy 'n
filiaal is, 'n direkteur of beampte
van sy
houermaatskappy."
Bevray het sekuriteit voorsien aan die Bank
in verband met die verpligting van Voges teenoor die
Bank.
Voges was 'n direkteur (en die bestuurder) van
die maatskappy
Bevray, asook van sy houermaatskappy
Taskor. Die voorsiening van die
sekuriteit word dus
getref deur die verbod in subartikel (l)(a)(i)
en
(ii). Gevolglik is die sekuriteit ongeldig, tensy
die toepaslikheid van die verbod uitgeskakel word
deur 'n bepaling van subartikel (2). Die bepaling
wat ter
sake is, is dié van subartikel (2)(a)(ii).
Vir huidige
doeleindes (dit wil sê by die oorweging
van die hoofbetoog)
moet daar aanvaar word dat Taskor
deur middel van sy direkteur Voges toegestem het tot
die voorsiening van die sekuriteit deur Bevray.
Taskor was die enigste aandeelhouer in Bevray;
18
gevolglik was daar dan "die toestemming van al die lede van die
maatskappy" soos bepaal in die slotgedeelte van subartikel (2)(a).
Beskou 'n
mens nou Voges steeds as direkteur van Taskor (en terselfdertyd ook as Taskor se
bestuurder), dan pas die woorde van subartikel
(2)(a)(ii), "sy eie direkteur of
bestuurder", nie op hom in daardie hoedanigheid nie, want die woorde verwys na
Bevray se eie direkteur
of bestuurder. Maar, afgesien van die hoedanigheid
waarin Voges toegestem het tot die sekuriteit, was hy inderwaarheid tog
terselfdertyd
ook direkteur en bestuurder van Bevray, en in daardie hoedanigheid
pas die woorde van subartikel (2)(a)(ii) wel op hom.
Mnr Scholtz
se betoog het op die volgende neergekom. Voges se twee
hoedanighede, met verwysing na Bevray en Taskor, val afsonderlik binne die
bestek van die twee selfstandige bepalings van die verbod in
19
subartikel (l)(a)(i) en (ii). Die uitsonderings-bepaling van subartikel
(2)(a)(ii) het slegs betrek-king op Voges se een hoedanigheid,
naamlik
dié genoem in subartikel (l)(a)(i). Die ander, in subartikel (l)(a)(ii),
word nie uitgesonder nie, soos blyk uit die
gebruik van die woord "eie" in
subartikel (2)(a)(ii). Voges, as die bevoordeelde met betrek-king tot die
sekuriteit wat voorsien
is, kan homself nie ontdoen van sy hoedanigheid wat
genoem word in subartikel (l)(a)(ii) nie. Daar is geen uitsondering wat
dáárop
van toepassing is nie, en gevolglik geld die
verbod.
Mnr
Blignaut
, namens die Bank, se antwoord op hierdie betoog het
op die volgende neergekom. Die inleidende woorde van subartikel (2)(a) is
duidelik
en van deurslaggewende belang: die bepalings van subartikel (1) is nie
van toepassing nie ten opsigte van, onder andere, die geval
genoem in subartikel
(2)
20
(a)(ii). Voges was direkteur en bestuurder van die maatskappy wat genoem
word in subartikel (2)(a)(ii), Bevray. Daaruit volg vanself
en onvermydelik dat
die verbod van subartikel (l)(a)(i) en (ii) nie van toepassing is nie. Die feit
dat Voges ook direkteur en bestuurder
van Taskor was, is 'n toevalligheid wat
nie ter sake is nie. Die gebruik van die word "eie" in subartikel (2)(a)(ii)
doen nie afbreuk
aan die posisie dat die verbod van subartikel (l)(a)(i) en (ii)
nie kan geld nie.
Mnr
Blignaut
se uitleg is in ooreenstemming
met die gewone, letterlike en grammatikale betekenis van die woorde wat die
Wetgewer in artikel 226
ge-bruik het. Maar daar bestaan by my geen twyfel nie
dat sy uitleg lynreg in stryd is met die bedoeling van die Wetgewer. Die redes
vir my sienswyse volg.
Ter aanvang is dit nodig om te bepaal wat die oogmerk is wat die Wetgewer
bedoel het om te
21
bereik met artikel 226. In
Neugarten and Others v
Standard Bank of South Africa Ltd
1989 (1) SA 797
(A)
het NICHOLAS Wnd AR op 802A-C met goedkeuring
die
volgende beskrywing van die oogmerk van die artikel
aangehaal:
"The clear purpose of s 226 of the Act is to prevent directors or
managers of a company acting in their own interests and against
the interests of
shareholders by burdening the company with obligations which are not for its
benefit but are for the benefit of
another company and/or for the benefit of its
direc-tors and/or managers",
en bygevoeg:
"Subsection (2), by providing that ss (1) shall not apply where the
transactions speci-fied are concluded with the consent of all
the members of the
company or in terms of a spe-cial resolution relating to a specific
trans-action, makes it clear that the prohibition
in ss (1) is solely for the
benefit of the mem-bers of the company."
In dieselfde saak, op 813A/B, het KUMLEBEN AR opge-
merk dat
"... it is plain that s 226(1) and (2) was íntroduced solely for
the protection and
22
benefit of members of the company . ..." In daardie geval het die hof te
doen gehad met die voorsiening van sekuriteit deur 'n maatskappy
vir die skuld
van 'n ander maatskappy wat beheer is deur een of meer van die direkteure van
eersgenoemde maat-skappy (d w s die een
wat die sekuriteit voorsien het) . Dit
was dus 'n geval wat geressorteer het onder subartikels (l)(b) en (2)(a)(iv) van
artikel 226.
(Sien die uitspraak van die hof
a quo
in daar-die saak:
Standard Bank of SA Ltd v Neuqarten and Others
1988 (1) SA 652
(W) op 654
C/D (para (j)) en 658C-F) . Dit is in daardie verband dat daar gesê is dat
die oogmerk van die wetgewing is om die
aandeel-houers van die maatskappy te
beskerm, en dat die verbodsbepalings slegs ten voordeel van die lede van die
maatskappy ingestel
is. Die hof het egter nie daar te doen gehad met die
verbodsbepalings in sub-artikel (l)(a)(ii) en (iii) nie, wat betrekking
het
23
op 'n direkteur of bestuurder van die maatskappy se houermaatskappy of 'n
ander maatskappy wat 'n filiaal van sy houermaatskappy is.
In hierdie gevalle,
waar maatskappye teenoor mekaar in groepsverband staan, kring die implikasies
van die verbodsbepalings en hulle
wisselwerking met die uitsonderingsbepalings
wyer uit as wat in die
Neuqarten
-saak die geval was, soos ek nou sal
probeer aantoon.
Om die bespreking te vergemaklik, sal ek slegs
verwys na 'n direkteur, in die veronderstelling dat 'n bestuurder daarby
ingesluit
is, en slegs na die maak van 'n lening aan 'n direkteur, in die
veronderstelling dat daarby ingeslult is die verskaf-fing van sekuriteit
in
verband met die verpligting van 'n direkteur. Verder gaan ek eerstens gebruik
maak van die volgende voorbeeld:
24
Maatskappy I houermaatskappy ; direkteure A en B
Maatskappy II Maatskappy III
filiaal van I ; filiaal van I ;
direkteur
C direkteur D
In my voorbeeld is dit maatskappy II wat 'n
lening maak. Ek neem eers die geval van 'n lening
deur
maatskappy II aan C. Dit word verbied in sub-
artikel (l)(a)(i). Die
rede vir die verbod is duide-
lik. Vanweë sy amp as direkteur is c in 'n
magsposisie
wat hom in staat stel om die fondse van
maatskappy II aan te wend
vir sy eie persoonlike
voordeel en ten nadeel van die aandeelhouers
van
maatskappy II. Dit wil die Wetgewer verhoed,
ter
beskerming en ten voordeel van die aandeelhouers, in
ooreenstemming met wat in die
Neuqarten
-saak
supra
gesê is. Weens die verwantskap tussen maatskappy II
en maatskappy I het laasgenoemde se aandeelhouers na
my
mening egter ook 'n werklike belang by die verbod
25
op die wanaanwending van die fondse van maatskappy II deur C, al is hulle
belang 'n onregstreekse een deur middel van maatskappy I
se aandeelhouding in
maat-skappy II. Volgens die uitsonderingsbepaling van subartikel (2)(a)(i) en
(ii) geld die verbod nie, en is
die lening dus geldig, as al die lede van
maat-skappy II toestem daartoe. As maatskappy II 'n volfiliaal van maatskappy I
is, is
laasgenoemde se toestemming op sigself voldoende; andersins kom die
minderheidsaandeelhouers se toestemming ook in dié prentjie.
Die gedagte
wat al die uitsonderings in subartikel (2)(a) ten grondslag lê, is
klaarblyklik dit: as die aandeelhouers toestem,
verval die nodig-heid om hulle
belange te beskerm; die oogmerk van die Wetgewer is bevredig en die verbod hoef
nie toegepas te word
nie. Sover dit die aandeelhouers van maatskappy II aangaan,
is dié gedagte toepaslik; maar nie sover dit die aandeelhouers
van
maatskappy I
26
aangaan nie. Die Metgewer het dit in hierdie geval nie nodig geag om
hulle belange afsonderlik te be-skerm nie. Die verklaring daarvoor
kan alleen
wees dat dit gereken is dat hulle belange voldoende be-skerm sal word deur die
tussenkoms van A en B, wat as direkteure
van maatskappy I waarskynlik sal
verhoed dat maatskappy I en sy aandeelhouers benadeel
word.
Vervolgens neem ek die geval van 'n lening deur maatskappy II
aan A of B. Dit word verbied deur subartikel (l)(a)(ii). Die rede vir
die verbod
is weereens duidelik, maar dit lê op 'n effense ander grondslag as in die
eerste geval. A en B is in 'n magsposisie
om die fondse van maatskappy II aan te
wend vir hulle persoonlike voordeel, nie omdat hulle direkteure van maatskappy
II is nie,
maar vanweë hulle amp as direkteure van maatskappy I. Die
Wetgewer was klaarblyklik bedag op die realiteite van die verwantskap
tussen 'n
houermaatskappy en sy
27 filiaal en wou verhoed dat die direkteure
van eersge-noemde hulle magsposisie ten opsigte van laasgenoemde uitbuit vir
hulle eie
persoonlike voordeel. Die Wetgewer se verbod strek in die eerste plek
weer ter beskerming van die aandeelhouers van maatskappy II.
Maar in hierdie
geval, omdat A en B se magsposisie voortvloei uit hulle verbintenis met
maatskappy I, is dit duidelik dat die belange
van die aandeelhouers van
maatskappy I baie sterker op die voorgrond tree. Hulle belange kom pertinent in
die gedrang omdat A en
B se bevoordeling van hulleself bots met hulle plig om
die belange van maatskappy I en sy aandeelhouers te beskerm. Dit is juis hierdie
euwel wat die Wet-gewer wil beveg. In hierdie geval meen ek dat dit 'n
belangrike deel van die Wetgewer se oogmerk is om die belange
van die
aandeelhouers van maatskappy I te beskerm. Hier strek die oogmerk dus wyer as
wat in die stellings in die
Neuqarten
-saak
supra
weerspieël
28 word. In hierdie geval is daar bowendien geen
uit-sonderingsbepaling in subartikel (2)(a) wat van toepassing kan wees nie.
Subartikel
(2)(a)(i) en (ii) geld nie, omdat A of B nie maatskappy II se "eie"
direkteure is nie. Die rede vir die afwesig-heid van ' n uitsondering
wat
gegrond is op die toestemming van die aandeelhouers van maatskappy II is
duidelik: sodanige toestemming skakel nie die nodigheid
uit om die belange van
die aandeelhouers van maatskappy I te beskerm nie. Daarom is die verbod
absoluut. (Dit kon wel sin gehad het
om 'n uitsondering te gegrond het op die
toestemming van die aandeelhouers van maatskappy I. Ek kan aan redes dink waarom
so 'n bepaling
nie ingevoeg is nie, maar vir huidige doeleindes is dit onnodig
om daarop in te gaan. Self s al sou ' n mens veronderstel dat die
weglating van
so 'n bepaling 'n anomalie is, affekteer dit nie die gedagtegang wat hieronder
volg
29
nie.)
Die derde geval in my voorbeeld is 'n lening van maatskappy II aan D, wat
verbied word in subartikel (l)(a)(iii). Die feit dat die
Wetgewer hierdie verbod
by die ander gevoeg het, is 'n duide-like aanduiding dat hy daarop ingesteld was
om die moontlikheid van
wanbesteding van maatskappyfondse in 'n groepsverband
ook in 'n sywaartse rigting volledig te bekamp. Origens is wat ek hierbo
gesê
het ten opsigte van 'n lening aan A of B
mutatis mutandis
van
toepassing op 'n lening aan D.
In die voorbeeld wat tot dusver bespreek is, is die direkteure van die
drie maatskappye ver-skillende mense. Wat hierdie gevalle betref,
is die beeld
wat uit die bespreking blyk aangaande die skema van die Wetgewer se verbiedings
en uitsonderings weliswaar nie in alle
opsigte die beeld van 'n volledig
uitgewerkte of volkome afgeronde skema nie.
30
maar vir huidige doeleindes is daar een aspek van die bepalings wat met
sekerheid vorendag kom: die Wet-gewer het beoog, ter wille
van die beskermlng
van die aandeelhouers van maatskappy I, dat die toestemming van die
aandeelhouers van maatskappy II nie voldoende
is om 'n lening van maatskappy II
aan A of B of D te veroorloof nie.
Hierdie beskouing dien as agtergrond vir die oorweging van gevalle waar
die drie maatskappye in my voorbeeld gemeenskaplike direkteure
het. Dit is
natuurlik iets wat baie dikwels voorkom, en is trouens eerder die reël as
die uitsondering. Dit is ook die geval
in die onderhawige saak in soverre Voges
tegelyk direkteur was van Taskor en Bevray -maatskappy I en maatskappy II. Dit
is teen die
agtergrond van wat hierbo geblyk het ten aansien van die oogmerk van
die Wetgewer, dat mnr
Blignaut
se betoog namens die Bank in oënskou
geneem moet word.
31
Om dit te doen, pas ek my voorbeeld aan, sodat die
prentjie
soos volg lyk:
Maatskappy I houermaatskappy : direkteure A en B
Maatskappy II . Maatskappy III
filiaal van I : filiaal van I :
direkteure A en C direkteure A en D
Die posisie is nou dat maatskappy II steeds
verbied word, volgens subartikel (l)(a)(ii) en (iii),
om 'n lening te maak aan B en D, en dat die toestem-
ming van die aandeelhouers van maatskappy II tot so
'n lening nie die toepaslikheid van die verbod uit-
skakel nie; subartikel (2)(a)(i) en (ii) kan steeds
nie in werking tree nie. Wat dan van 'n lening deur
maatskappy II aan A? Die argument namens die Bank is
dat subartikel (2)(a)(l) en (ii) die uitwerking het
dat maatskappy II wel met die toestemming van sy
aandeelhouers 'n lening mag maak aan A. Maar dit is
klaarblyklik absurd. Geen bestaansrede vir so 'n
32 resultaat
is denkbaar nie. Die
ratio
van die verbod op 'n lening deur maatskappy II
aan B of D, sonder uitsondering, is steeds ten volle van toepassing ook op 'n
lening
deur maatskappy II aan A. Inderdaad is die rede vir die verbod nog
sterker aanwesig in A se geval, vanweë sy direkte magsposisie
teenoor
maat-skappy II as direkteur van daardie maatskappy, om tot eie voordeel die
fondse van die maatskappy te ge-bruik. Die Wetgewer
se oogmerk om die belange
van die aandeelhouers van maatskappy I te beskerm teen die wanaanwending van
maatskappy II se fondse deur
B of D, vereis met groter krag dat daar 'n verbod
moet wees in die geval van 'n lening aan A. Die toestem-ming van die lede van
maatskappy
II tot 'n lening aan A kan nog minder die beskerming van die
aandeelhouers van maatskappy I onnodig maak as in die geval van 'n lening
deur
maatskappy II aan B of D.
As die argument namens die Bank oor die
33
betekenis van subartikel (2)(a)(i) en (ii) reg is,
sou dit beteken dat die Wetgewer die verbod wat hy
met
die een hand in subartikel (l)(a)(ii) en (iii)
tot stand gebring het, eensklaps met die ander hand
weer tot
groot hoogte ongedaan gemaak het in sub-
artikel (2)(a)(i) en (ii). Die euwel wat die Wet-
gewer in subartikel (l)(a)(ii) en (iii) bestry het
met betrekking tot direkteure van houer- en filiaal-
maatskappye, sou hy dan weer deur middel van sub-
artikel (2)(a)(i) en (il) grootliks laat herleef het.
Dit sou 'n sinlose en onsinnige resultaat wees. Na
my oordeel is dit ondenkbaar dat dit die bedoeling
van die Wetgewer kon gewees het.
Die voorgaande oorwegings lei tot die gevolgtrekking dat die Wetgewer in
subartikel (2) (a) (i) en (ii) die woord "eie" nie net in
'n kleurlose en
oorbodige sin gebruik het, soos in die betoog namens die Bank voorgestel word
nie, maar dat
34
hy inteendeel daardeur te kenne wou gee dat
hy in dié
subartikel uitsluitlik gemoeid was met 'n
direkteur
van die maatskappy in daardie hoedanigheid alleen,
en
nie met 'n direkteur van die maatskappy wat
terself-
dertyd ook direkteur is van die maatskappy se
houer-
maatskappy of van 'n ander maatskappy wat 'n
filiaal
van sy houermaatskappy is nie. So 'n opvatting
van
die betekenis van "eie" in die subartikel
vloei
geredelik voort uit die oorwegings wat hierbo
be-
spreek is, want daardeur maak die
wisselwerking
tussen die verbodsbepalings in subartikel
(l)(a)(i),
(ii) en (iii) en die uitsonderingsbepalings
van
subartikel (2)(a)(i) en (ii) volkome sin en word
die
oogmerk van die Wetgewer ten volle
verwesenlik.
Hierdie gelaaide betekenis van "eie" kan egter
nie
gehaal word uit 'n blote vertolking van die
woorde
wat die Wetgewer in subartikel (2)(a)(i) en
(ii)
gebruik het nie. Dit vereis dat 'n bykomende gedagte
35
tot die gewone en letterlike betekenis van die woorde
veronderstel moet word.
'n Hof is geregtig om van die gewone en
letterlike betekenis van die woorde in 'n wet af te wyk as dit noodsaaklik is om
uiting te
gee aan die klaarblyklike bedoeling van die Wetgewer. 'n Onlang-se
voorbeeld van die toepassing van hierdie beginsel het voorgekom
in
S v
Tieties
[1990] ZASCA 4
;
1990 (2) SA 461
(A). In daardie geval het hierdie hof beslis dat die
woorde "before sentence is passed" in artikel 123(b) van die Strafproseswet
51
van 1977 gelees moet word as "be-fore conviction", op grond van 'n bevinding dat
dié woordwysigende uitleg noodsaaklik
was om die ware bedoeling van die
Wetgewer weer te gee. In sy uit-spraak het SNALBERGER AR, na 'n oorsig van 'n
groot aantal vorige
gewysdes en 'n passasie in Steyn
Die Uitleg van
Wette
, die posisie soos volg gestel (op 464D - F):
36
"It is clear from these principles, and the cases that have applied them,
that provided it can be indisputably established that the
Legislature intended
something different from the ordinary meaning conveyed by the words used in a
statutory enactment, a departure
from such meaning is justified, even if it
involves an alteration or sub-stitution of the words used. The key reguirement
is that
the Legislature's contrary intention must be clearly esta-blished with
regard to such circumstances as the Court may properly take
into
ac-count."
In daardie geval was een van die
omstandighede wat
die hof in oënskou geneem het om die werklike
bedoel-
ing van die Wetgewer na te gaan, en wat uiteindelik
'n wesenlike rol gespeel het by die slotsom waartoe
die hof geraak het, die voorgeskiedenis van die statutêre bepalings
wat daar ter sprake was.
Die voorgeskiedenis van artikel 226 van die Wet is merkwaardig
insiggewend. Die Wetgewer het in 1952 vir die eerste keer die probleem
van
maatskappy-lenings aan direkteure aangespreek. Deur artikel 49
37
van Wet 46 van 1952 is artikel 70
oct
in die
Maat-
skappyewet 46 van 1926 ingevoeg. Die bepalings
daarvan, vir sover dit ter sake mag wees, het soos
volg gelui:
"70oct.(l) Dit is nie wettig vir 'n maatskap-py om 'n lening, van geld,
aandele of obliga-sies, aan 'n persoon toe te staan wat sy
direkteur of 'n
direkteur van sy kontrolerende maatskappy is nie, of om 'n waarborg aan te gaan
of om sekerheid te stel in verband
met so 'n lening wat deur enige ander persoon
aan so 'n persooh toegestaan is nie: Met dien ver-stande dat hierdie artikel nie
van
toepassing is nie òf -
(a) op enigiets wat deur 'n private maat-skappy, wat nie 'n
filiaal-maatskappy is nie, met toestemming van die lede wat minstens driekwart
van die uitgegewe aandelekapitaal hou, gedoen is; òf
(b) behoudens sub-artikel (2), op enigiets wat gedoen is om aan so 'n
persoon fondse te verskaf om uitgawes te dek wat deur hom aangegaan
is of
aangegaan staan te word vir die doeleindes van die maatskappy of om hom in staat
te stel om sy pligte as 'n beampte van die
maat-skappy behoorlik te vervul;
òf
(c) in die geval van 'n maatskappy wie se gewone besigheid die uitleen
van geld insluit, of die gee van waarborge in verband met lenings
wat deur
ander
38
persone toegestaan is, op enigiets wat deur die maatskappy in die gewone
loop van daardie besigheid gedoen word.
(2)
(3)
(4) Vir die geval dat versuim word
om
die bepalings van sub-artikel (1) na te kom,
is elke
beampte van die maatskappy wat die
versuim magtig of willens en
wetens toelaat of
deel daaraan het, skuldig aan 'n misdryf en
by
skuldigbevinding strafbaar met 'n boete van
hoogstens
vyfhonderd pond of met gevangenis-
straf vir 'n tydperk van
hoogstens twee jaar
of met beide sodanige boete en
gevangenis-
straf."
Die verbod was dus aanvanklik beperk tot
lenings aan 'n maatskappy se direkteur of 'n direk-
teur van
sy houermaatskappy. Wat van belang is, is
hoe die
uitsonderingsbepaling ten opsigte van sub-
artikel (l)(a) ingeklee
is. Die sleutelwoorde, vir
huidige doeleindes, is:
"... dat hierdie artikel nie van toepassing is nie ... op enigiets wat deur
'n ... maatskappy, wat nie 'n filiaal-maatskappy is nie,
met toestemming van die
lede . . . gedoen is."
39
Die
uitsluiting van 'n filiaal uit die trefwydte van die uitsondering, toegepas op
my tweede voorbeeld hierbo, is duidelik daarop
gerig dat maatskappy II onder
geen omstandighede 'n lening mag maak aan A of B of C nie. Die belange van die
aandeelhouers van maatskappy
II en van maatskappy I word volledig en effektief
beskerm, sonder uitsonderings. Met sy oorsprong in artikel 70
oct
,
bevestig die herkoms van artikel 226 van die (huidige) Wet ten volle die
opmerkings wat ek hierbo gemaak het oor die oogmerk en
die bedoeling van die
Wetgewer met betrekking tot 'n lening van maatskappy II aan A.
Toe artikel 70
oct
vervang is deur artikel 226, het die wesenlike
bepalings van eersgenoemde behoue gebly. In sy oorspronklike vorm, voor
wysig-ings
aangebring is in 1976 en 1977, het die tersaak-like bepalings van
artikel 226 soos volg gelui:
"226. (1) Geen maatskappy mag regstreeks of
40
onregstreeks 'n lening ... maak aan 'n direk-teur ... van -
(a)
die maatskappy;
of
(b)
sy beherende
maatskappy; of
(c)
'n ander
maatskappy beheer deur sy beherende
maatskappy;of
(d)
'n
maatskappy beheer deur een of meer sodanige direkteure
...
of 'n waarborg gee of sekuriteit in
verband met so 'n lening voorsien nie ....
(2) Die bepalings van subartikel (1) is nie van toepassing nie -
(a) op 'n private maatskappy (wat nie
'n beheerde maatskappy is nie) wat met toestemming van lede wat minstens
drie-kwart van sy uit-gereikte aandelekapitaal hou, handel;
of
(b) ....
(c) ...."
Twee aspekte is hier van belang. Die eerste is dat die Wetgewer dit nodig
geag het om die omvang van sy verbodsbepalings uit te brei
in subartikel (l)(c)
en (d), tot die verdere kategoriee van direkteure wat daar genoem word.
Paragraaf (c) verbied nou vir die
41
eerste keer 'n lening deur 'n maatskappy aan 'n direkteur van 'n filiaal
van sy houermaatskappy (in my voorbeeld, maatskappy II aan
D). Die tweede is dat
die skema van die Wetgewer se uitsonderings in subartikel (2)(a) onveranderd
gebly het. Die toe-stemming van
die aandeelhouers van maatskappy II is nog
steeds nie 'n uitsonderingsgrond ten opsigte van die verbod op 'n lening aan A
of B of
C nie (en ook nie op die bygevoegde geval van 'n lening aan D nie). Na
sowat 21 jaar het die logiese skema van artikel 70
oct
ongeskonde gebly.
'n Mens kan met veiligheid aanvaar dat die Wetgewer geen rede gehad het om dit
te verander nie.
Drie jaar later het die probleem ontstaan, toe artikel 226 vervang is
kragtens artikel 19 van Wet 111 van 1976. Subartikel (l)(a)
is toe ingeklee in
sy huidige vorm, maar subartikel (2)(a) het nie toe reeds die huidige paragrawe
(iii) en (iv) bevat
42 nie. Ter wille van die historiese perspektief
en vir gemak van verwysing haal ek die twee subartikels hier
aan:
"226. (1) Geen maatskappy mag regstreeks of onregstreeks 'n lening maak
aan -
(a) 'n direkteur of bestuurder van -
(i) die maatskappy;
of
(ii) sy houermaatskappy; of (iii) 'n ander maatskappy wat 'n filiaal van
sy houermaat-skappy is; of
(b) 'n ander maatskappy of ander
regspersoon beheer deur een
of
meer direkteure of bestuurders van
die maatskappy of
van sy houer-
maatskappy of van 'n maatskappy
wat 'n
filiaal van sy houermaat-
skappy is;
of sekuriteit aan 'n ander persoon in
verband,met 'n verpligting van so 'n
direkteur, bestuurder, maatskappy of
ander regspersoon
voorsien nie.
(2) Die bepalings van subartikel (1) is nie van toepassing nie -
(a) ten opsigte van -
(i) die maak van ' n lening deur 'n maatskappy aan sy
eie
43
direkteur of bestuurder; of (ii) die voorsiening van sekuri-teit deur 'n
maatskappy in verband met 'n verpligting van sy eie direkteur
of
bestuurder,
met die toestemming van al die lede van die
maatskappy of ingevolge 'n spesiale besluit betreffend 'n bepaalde transaksie;
of
...."
Die bepalings in subartikel (1) (b) was iets heelte-
mal nuuts. Vir die eerste keer het die Wetgewer nou 'n verbod op lenings
aan 'n ander maatskappy en 'n ander regspersoon (soos 'n
beslote korporasie)
inge-voer. Dit gaan hier om beheer deur 'n direkteur of direkteure, en nie oor
lenings tussen maatskappye in
'n groepsverband nie. Laasgenoemde is reeds
gereël in artikel 37, en dat subartikel (l)(b) nie daarmee gemoeid was nie,
het
die Wetgewer gou buite twyfel gestel deur middel van artikel 21(1)(b) van
Wet 64 van 1977, waardeur subartikel (1B) in artikel 226
44
ingevoeg is. (Dit is vroeër reeds aangehaal.)
Terselfdertyd het die ou skema van artikel
70
oct
weggeval in die nuwe subartikel (2)(a). Ek
is
oortuig daarvan dat die verklaring vir hierdie
ver-
andering uitsluitlik geleë is in die nuwe verbod
van
subartikel (l)(b). Die Wetgewer was klaarblyklik
van
mening dat die ou bedeling van artikel 70
oct
,
en
artikel 226(2)(a) in sy oorspronklike vorm, nie
ingepas het by die nuwe verbod van subartikel (l)(b)
nie. Hy
was bedag daarop dat die uitsonderings-
bepaling soos dit voorheen
bestaan het, nie van
toepassing moes wees op sy nuwe verbod nie. Dat dit
so is,word gestaaf deur die feit dat hy net 'n jaar
later weer aandag aan hierdie aangeleentheid gegee
het. Deur artikel 21(1)(c) van Wet 64 van 1977 is
paragrawe (iii) en (iv) tot subartikel (2)(a) byge-
voeg:
"(iii) die toestaan van 'n lening deur 'n maatskappy aan 'n ander
maatskappy
45
of 'n ander regspersoon wat deur een of meer direkteure of bestuur-ders
van eersgenoemde maatskappy beheer word; of (iv) die voorsiening
van sekuriteit
deur 'n maatskappy in verband met 'n verpligting van 'n ander maat-skappy of 'n
ander regspersoon wat deur een of
meer direkteure of bestuurders van
eersgenoemde maatskappy beheer word; . ..."
Dit is opvallend dat die bewoording van hierdie
bepalings nie
dieselfde veld dek as dié van sub-
artikel (l)(b) nie: direkteure van die uitlener-
maatskappy
se houermaatskappy of mede-filiaal is nie
by die uitsondering
inbegrepe nie; in sulke gevalle
is die verbod nog absoluut. Die uitwerking van die
subartikel in hierdie opsig, soos hy eers in 1976 tot
stand gekom het, is dus nie ongedaan gemaak nie, maar
slegs afgewater.
Aangesien daar so 'n voor die hand liggende
verklaring is vir die verandering wat subartikel
(2)(a) in die voorheen bestaande bepalings teweeg-
46 gebring
het, met verwysing na die invoering van subartikel (l)(b), is daar geen
bestaansreg vir die gedagte dat die Wetgewer bedoel
het om die werking van die
verbodsbepalings in subartikel (l)(a)(i), (ii) en (iii) in te kort op die
drastiese en groten-deels selfverydelende
wyse wat ek vroeër geskets het
nie. Dit sou in stryd wees met die voorgeskiedenis van die bepalings en met die
aanduidings wat
daar is dat die Wetgewer die bepalings wou uitbrei eerder as
inkort (vgl ook artikel 226(5), wat in 1976 vir die eerste keer sy verskyning
gemaak het). Bowendien maak die voorgeskiedenis dit meteens ook duidelik dat die
Wetgewer die woord "eie" in subartikel (2)(a)(i)
en (ii) in 'n besondere
betekenisvolle sin wou ge-bruik het. Volgens artikel 70
oct
(l)(a) en
artikel 226(2)(a) soos dit oorspronklik was, is lenings deur 'n maatskappy wat
'n filiaal is, uitgesluit van die uitsonderingsbepaling,
en daardeur is al die
katego-
47
rieë in 'n groepsverband wat nou in subartikel (l)(a)(i), (ii) en
(iii) verskyn, vanself uitgesluit. Toe die verwysing na 'n
filiaal met die oog
op sub-artikel (l)(b) uit die uitsonderingsbepaling wegge-laat is, was dit nodig
om op ' n ander wyse die situasie
te beredder. 'n Mens kan verstaan dat die
wetsopsteller die woord "eie" gebruik het om by wyse van dié beklemtoning
van die
hoedanigheid in sub-artikel (l)(a)(i) aan te dui dat die hoedanighede in
subartikel (l)(a)(ii) en (iii) nie deur die bepaling getref
word nie. Die poging
tot bereddering was egter nie suksesvol nie, omdat die woord "eie" op sigself
ontoereikend is om die geval uit
te sluit waar meerdere hoedanighede
terselfdertyd aan 'n direkteur vaskleef, en veral omdat die inleidende woord van
subartikel (2),
"is nie van toepassing nie", wat net so uit artikel 70
oct
(1) en artikel 226(2) in sy oorspronklike vorm oorgeneem is,
die
48
bedoelde trefkrag van "eie" verydel.
Dit is nou nodig om te
verwys na die ander uitsonderingsbepalings, wat vervat is in paragrawe (b) tot
(f) van subartikel(2). Mnr
Blignaut
het aangevoer dat hierdie bepalings
dit onmoontlik maak om in paragraaf (a)(i) en (ii) te veronderstel dat dit nie
van toepassing
is op 'n "eie" direkteur wat tegelykertyd ook die hoedanighede
het wat genoem word in subartikel (l)(a)(ii) en (iii) nie. Eers, wat
betref
paragrawe (b) tot (c), was die argument dat, as die genoemde veronderstelling in
paragraaf (a)(i) en (ii) geld, dit ook in
paragrawe (b) tot (e) sou moes geld,
maar dat dit nie die bedoeling van die Wetgewer kon gewees het nie. Byvoorbeeld,
in para-graaf
(e) word uitgesonder 'n lening deur 'n maat-skappy "om behuising
te voorsien vir sy direkteur". Mnr
Blignaut
se argument het hierop
neergekom, met verwysing na my tweede voorbeeld hierbo: as maat-
49
skappy II nie 'n lening mag maak aan A nie, kragtens paragraaf (a)(i),
omdat A nie kwalifiseer as "sy eie direkteur" nie, weens sy
direkteurskap van
maatskappy I, dan moet "sy direkteur" in paragraaf (e) op die-selfde wyse
vertolk word en dan kan maatskappy II
ook nie 'n lening maak aan A vir behuising
nie. Ek stem nie saam nie. Paragraaf (e) staan geheel en al onafhanklik van
paragraaf
(a)(i) en (ii). Laasge-noemde uitsonderings het alleenlik betrekking
op lenings wat gemaak word met die toestemming van al die lede,
en dit is slegs
in daardie samehang dat die meerdere hoedanighede wat aan ' n direkteur kan
vas-kleef ter sake is. Paragraaf (e)
het niks te make met toestemming van al die
lede nie, maar het te doen met lenings van 'n besondere aard, waarby die
meer-dere hoedanighede
van 'n direkteur geensins ter sprake kom nie. Hierdie
beskouing word weereens gestaaf deur die voorgeskiedenis van die
bepalings.
50
In artikel 70
oct
(1) het paragrawe (b) en (c) klaar-blyklik los
gestaan van paragraaf (a); die verwysing na 'n filiaal-maatskappy in (a) het
geen
rol gespeel by (b) en (c) nie. Paragrawe (b) en (c) het deur-gaans behoue
gebly (met geringe veranderings wat nie ter sake is nie)
tot artikel 226 sy
huidige beslag gekry het in 1976, toe die verdere paragrawe bygekom het. Die
verandering wat op dieselfde tyd
aan para-graaf (a)(i) en (ii) aangebring is, in
die plek van die vorige verwysing na 'n filiaal, was sekerlik nie bedoel om die
onafhanklike
toepassing van die ander paragrawe te raak nie. Gevolglik word 'n
lening ten opsigte van behuising ingevolge paragraaf (e) toege-laat
ook al sou
die betrokke direkteur tegelyk 'n direkteur van die maatskappy se
houermaatskappy of mede-filial wees. (Terloops kan daar
gewys word op die
opsigtelike afwesigheid van die word "eie" in paragraaf (e), in teenstelling met
paragraaf (a)(i)
51 en (ii); die bepalings het op dieselfde tyd die
lig gesien, en dit onderskraag die sienswyse dat "eie" in paragraaf (a)(i) en
(ii)
bedoel was om 'n gelaaide betekenis te hê.) Dieselfde oorwegings is
ook van toepassing op die ander paragrawe. Hulle doen dus
nie afbreuk aan my
opvatting van die Wetgewer se bedoeling met betrekking tot subartikel (2)(a)(i)
en (ii) nie.
Paragraaf (f), toe dit in 1976 in subarti-kel (2)
ingevoeg is, het nie die voorbehoudsbepaling ("mits ...") bevat nie; dié
is deur die 1977-wysigings bygevoeg. Aanvanklik het die paragraaf sonder
kwalifikasie 'n lening veroorloof deur 'n maatskappy aan
'n direkteur van sy
filiaal. Die rede vir die bepaling is dit: subartikel (1) wil nie lenings in 'n
afgaande lyn verbied nie, maar
as gevolg van die woordomskrywing van "filiaal"
in artikel l(3)(a)(ii) van die Wet het subartikel
52
(l)(a)(iii) wel die uitwerking van so 'n verbod ('n filiaal van 'n
filiaal word geag 'n filiaal van die houermaatskappy te wees).
Die oogmerk van
paragraaf (f) was om daardie uitwerking te neutraliseer. In sy aanvanklike vorm
het paragraaf (f) egter ook 'n lening
aan 'n direkteur veroorloof wat tegelyk
direk-teur van albei die filiale in die afgaande lyn is. Die Wetgewer wou nie '
n lening
aan so ' n direkteur veroorloof nie, en het daarom spoedig die
voorbe-houdsbepaling ingevoeg waarvolgens die bepaling slegs geld
as die
direkteure van die onderste filiaal nie ook 'n direkteur is van die
uitlener-filiaal self nie. Op grond van hierdie uitdruklike
bepaling het mnr
Bliqnaut
aangevoer dat die afwesigheid van 'n soortgelyke voorbehoud in
subartikel (2)(a)(i) en (ii) daarop dui dat die Wetgewer nie bedoel
het om in
daardie verband tussen direkteure met meerdere hoe-danighede te onderskei nie.
Ek stem nie daarmee saam
53 nie. Ek kan eenvoudig nie aanvaar nie
dat die manier waarop die relatief onbelangrike aanpassing ten opsigte van die
afgaande lyn
in paragraaf (f) teweeg-gebring is, die afleiding regverdig dat die
Wetgewer bewustelik daarmee genoeë geneem het dat die veel
belangriker
verbodsbepalings in die opwaartse lyn, soos vervat in subartikel (l)(a)(ii) (in
ooreen-stemming met die regsposisie soos
dit vir bykans 20 jaar aanvaar en
toegepas is), en in die sywaartse rigting, soos vervat in subartikel (l)(a)(iii)
(in ooreenstemming
met die uitbreiding van 1973), beskou sou word asof
subartikel (2)(a)(i) en (ii) die tref-wydte daarvan sou ingekort het op ' n wyse
wat die verspotte gevolge sou meebring wat ek vroeër aangedui het. So 'n
drastiese en irrasionele ommeswaai in die fundamentele
beleid en oogmerk van die
Wetgewer kan nie gehaal word uit paragraaf (f) nie. Die afleiding is inteendeel
geregverdig dat die Wetgewer
gemeen het
54
(verkeerdelik) dat die bewoording van subartikel (2)(a)(i) en (ii)
duidelik genoeg is om uiting te gee aan sy bedoeling en dat dit
onnodig was om
daaraan te torring.
Mnr
Blignaut
het voorts daarop gewys dat
artikel 226 'n beperking plaas op maatskappye se handelingsvryheid en dat 'n
strafsanksie gekoppel is
aan die nie-nakoming van die bepalings daarvan, en op
grond daarvan het hy aangevoer dat die artikel op 'n beperkende wyse
uitgelê
moet word. Na my mening kan die aanduidings ten gunste van 'n
beperkende uitleg in die algemeen, egter nie as 'n grondslag gebruik
word om 'n
resultaat te bereik wat die Wetgewer se klaarblyklike bedoeling verydel en
inderdaad op 'n absurditeit neerkom nie. My
bevinding aangaande die betekenis
van die betrokke bepalings berus alreeds op die grondslag dat daar geen werklike
twyfel oor die
bedoeling van die Wetgewer bestaan nie; daar bly dus
55
nie ruimte oor vir 'n beperkende vertolking om 'n ander resultaat te
bereik nie. Ek stem gevolglik nie saam nie met die sienswyse
van D H Botha,
Groups in South African Company Law
(ongepubliseerde doktorale proefskrif
1981) oor wat hy noem "the better view" van die uitwerking van subartikel
2(a)(i) en (ii) (wat
ooreenstem met dié wat mnr
Blignaut
voorgestaan het).
Om die voorgaande redes is my gevolg-trekking dat
die woorde "sy eie direkteur of be-stuurder" in artikel 226(2)(a)(i) en (ii)
uitgelê
moet word in die sin dat dit uitsluitend is van ' n direkteur of
bestuurder wat ook 'n direkteur of bestuurder is van die maatskappy
se
houermaatskappy of 'n ander maatskappy wat 'n filiaal van sy houer-maatskappy
is.
Om hierdie resultaat te bereik, is dit nie nodig om 'n drastiese
begripsverandering in sub-
56
artikel (2)(a)(i) en (ii) aan te bring deur 'n klomp
woorde
daarin te veronderstel nie. Wat wel nodig is,
is om nou weer, na aanleiding van die voorafgaande
ontleding
van al die bepalings van subartikels (1) en
(2), die inleidende woorde van subartikel (2) van
naderby te
beskou. Dit lui:
"Die bepalings van subartikel (1) is nie
van toepassing nie -
"
Ek het vroeër gesê dat die
uitleg wat mnr
Blignaut
in
sy betoog namens Bevray voorgestaan het, en wat
hoofsaaklik
op hierdie woorde toegespits was, in
ooreenstemming is met die gewone, letterlike en
grammatikale betekenis van die woorde wat die Wet-
gewer gebruik het. Daaruit volg dit egter nie dat
die inleidende woorde slegs vatbaar is vir 'n volle-
dige letterlike toepassing op al die afsonderlike
bepalings wat daarop volg nie. Inderdaad is dit nie
moontlik om die woorde op hierdie wyse toe te pas
57 nie,
vanweë die feit dat sowel subartikel (1) as subartikel (2) uit verskeie
onderafdelings bestaan. In subartikel (2) is
die verdere onderafdelings van
paragraaf (a) van belang, met terugverwysing na die onderafdelings van
subartikel (1). Die bepalings
van subartikel (l)(a) kan nooit van toepassing
wees op die gevalle waarna verwys word in subartikel (2)(a)(iii) en (iv) nie, en
die
bepalings van sub-artikel (l)(b) kan nooit van toepassing wees op die
gevalle genoem in subartikel (2)(a)(i) en (ii) nie. Die Wetgewer
kon nie bedoel
het om sinloos die be-palings van subartikel (l)(a) uit te sluit van toe-passing
ten opsigte van subartikel (2)(a)(iii)
en (iv), waarop dit in ieder geval nooit
van toepassing kon gewees het nie, en dieselfde geld ten aansien van subartikel
(l)(b) met
betrekking tot subartikel (2)(a)(i) en (ii). Die bedoeling was
klaarblyklik om slegs sodanige van die bepalings van subartikel
(1)
58 uit te sluit van toepassing op die afsonderlike gevalle
genoem in subartikel (2)(a) as wat andersins in daardie gevalle van toepassing
sou gewees het, was dit nie vir die uitsluiting nie. Dus: die verbod van
subartikel (l)(a) word uitgesluit van toepassing in die
gevalle genoem in
subartikel (2)(a)(i) en (ii), en die verbod van subartikel (l)(b) is nie van
toepassing ten opsigte van subartikel
(2)(a)(iii) en (iv) nie. Die Wetgewer se
bedoeling sou hy duide-liker kon gemaak het deur in die inleiding van
sub-artikel (2) te
sê: "Die bepalings van subartikel (1)
is
onderskeidelik
nie van toepassing nie ",
maar
selfs sonder die woord "onderskeidelik" is die begrip daarvan
by noodwendige implikasie in die woorde opgesluit. Dit is derhalwe duidelik
dat
die inlei-dende woorde nie bedoel was om volledig letterlik toegepas te word ten
opsigte van die korrelasie tussen paragrawe
(a) en (b) van subartikel (1)
onder-
59 skeidelik en paragrawe (a)(i) en (ii), enersyds, en
(a)(iii) en (iv), andersyds, van subartikel (2) nie. Kyk 'n mens vervolgens
dan
na die verdere onder-afdelings van subartikel (l)(a), in paragrawe (i), (ii) en
(iii) daarvan, in vergelyking met subartikels
(2)(a)(i) en (ii), dan is die
posisie egter nie so duidelik nie, omdat dit wel moontlik is om die geheel van
subartikel (l)(a) in
al sy onderdele letterlik van toepassing uit te sluit ten
opsigte van sub-artikel (2)(a)(i) en (ii), alhoewel laasgenoemde net op
één van die onderdele betrekking het. Aan die ander kant is dit
ewe moontlik om die nie-letterlike, korrelatiewe begrip
van onderskeidelikheid
wat alreeds in die inleidende woorde opgesluit is, ook hier aan te wend, wat
behels dat die uitsondering van
subartikel (2)(a)(i) en (ii) net op die
ooreen-stemmende verbodsbepaling van subartikel (l)(a) betrekking het wat
andersins van toepassing
sou
60
gewees het, d w s paragraaf (i) van subartikel (l)(a), en nie ook op
paragrawe (ii) en (iii) daarvan nie. Deur bloot na die bewoording
van die
Wetgewer te kyk, is dit nie duidelik watter van die twee moontlike maniere van
toepassing hy beoog het nie. Gevolglik is
daar 'n dubbelsinnigheid geleë in
hier-die bepalings ten opsigte van hulle wedersydse wis-selwerking. Dit synde
die geval, moet
daar na die bedoeling van die Wetgewer gesoek word buite die
woorde alleen. Aan die hand van al die oorwegings wat ek reeds hierbo
bespreek
het, volg dit dan dat die inleidende woorde van subartikel (2) met betrek-king
tot hulle toepassing so uitgelê moet
word dat dit die resultaat
teweegbring wat ek in die vorige paragraaf gestel het.
Toegepas op die feite van die onderhawige saak, beteken dit dat die
sekuriteit wat Bevray aan die Bank verskaf het vir Voges se skuld,
ongeldig
is.
61 Bevray se borgakte en verbandakte ten gunste van die Bank is
dus onafdwingbaar. Dit beteken verder dat Bevray se appèl op
hierdie
grond moet slaag. Gevolglik is dit onnodig om aandag te skenk aan die
alternatiewe argumente wat mnr
Scholtz
namens Bevray geopper
het.
Vervolgens behandel ek die Bank se teen-appèl. Die hof
a quo
se afwysing van die Bank se eis teen Taskor, en die handhawing van
laasgenoemde se teeneis om 'n verklarende bevel, het voortgespruit
uit 'n
bevinding dat Taskor se borgstelling aan die Bank ongeldig was, vanweë die
verbodsbepaling in artikel 226(1)(a)(i). Die
Bank se saak was dat Voges, toe hy
as direkteur van Taskor die borgstel-ling gemagtig en aangegaan het,
terselfdertyd toe-stemming
verleen het tot die transaksie in sy hoedanigheid as
vader en natuurlike voog van sy minderjarige kinders, die aandeelhouers van
Taskor,
62
en dat die uitsonderingsbepaling van subartikel 2(a)(ii) gevolglik van
toepassing was. Die hof
a quo
het dit verwerp. Mnr
Bliqnaut
het
betoog dat die hof gefouteer het.
Die woorde "met die toestemming
van al die lede van die maatskappy" in subartikel (2)(a) het betrekking op 'n
feitelike toedrag van
sake. Die woorde is onlangs gewysig: artikel 6 van Wet 82
van 1992 het die woord "voorafverkreë" ingevoeg voor die woord
"toestemming",
en daarbenewens is 'n voorbe-houdsbepaling bygevoeg met
betrekking tot die bekrag-tiging van transaksies wat voor die inwerkingtreding
van die wysiging aangegaan is. Die wysiging raak nie die geskilpunt in die
teenappêl (of die appèl) nie, en kan buite
rekening gelaat
word.
Die feite val binne 'n baie noue bestek. Voges, soos ek vroeër
gesê het, het getuig dat hy nie bewus was van die bepalings
van artikel
226 nie, en
63 daardie getuienis is nie betwis nie. Jordaan, wat
namens die Bank opgetree het tydens die onderhandel-ings in verband met Taskor
se borgstelling, was ook nie daarvan bewus nie. Tydens die onderhandelings was
daar geen melding gemaak van die aandeelhouers van
Taskor of van Voges se
kinders nie, en die doku-mente wat Voges as direkteur van Taskor onderteken het,
het ook geen verwysing na
die aandeelhouers of die kinders bevat nie. Voges het
bowendien uitdruk-lik getuig dat hy inderdaad nie namens sy kinders tot die
transaksie toegestem het nie.
Mnr
Blignaut
het gepoog om die
trefkrag van die voorgaande getuienis die hoof te bied deur staat te maak op 'n
paar passasies in die getuienis
wat Voges onder kruisondervraging afgelê
het. 'n Reeks stellings is aan hom gemaak, waarop hy instemmend geantwoord het.
Kortliks
het dit hierop neergekom: hy was bewus van sy verantwoordelikheid
teenoor sy
64 kinders ten opsigte van hierdie transaksie; hy was
bewus van sy fidusiêre plig teenoor die maatskappy Taskor en sy
aandeelhouers
om verantwoordelik op te tree; as voog van sy kinders was hy
verantwoordelik om na hulle belange om te sien; hy het geweet dat hulle
belange
as aandeelhouers van Taskor op indirek-te wyse geraak kon word deur die borgakte
van Taskor, maar hy was in daardie stadium
van oordeel dat daar in werklikheid
geen risiko van benadeling vir hulle bestaan het nie, vanweë die waarde van
sekere aandele
wat Taskor gehou het. Na my mening kan hierdie getuienis van
Voges nie die Bank se saak bevorder nie, om die eenvoudige rede dat
dit nie
daaruit blyk, of volg, dat Voges namens sy kinders toegestem het nie. Die blote
feit dat hy bewus was van hulle belange en
dit op die hart gedra het, doen geen
afbreuk aan die feit dat hy onbewus was daarvan dat hulle toestemming 'n
vereiste was vir die
geldigheid
65 van die transaksie en dat hy dus
geen bedoeling gehad het om namens hulle toe te stem nie. Dit blyk trouens uit
die manier waarop
hierdie kruisonder-vraging ten einde geloop het: na die reeks
bevestig-ende antwoorde wat van Voges verkry is, is die pertinente
stelling aan
hom gemaak dat hy inderdaad namens die kinders toegestem het tot die
borgstel-1ing; dit het hy onomwonde ontken, deur
te sê dat daar by hom
"geen kwessie" was dat hy namens hulle toegestem het nie.
Mnr
Blignaut
het voorts aangevoer dat, ten spyte van Voges se getuienis, dit
tog uit die objek-tiewe feite afgelei moet word dat hy namens die
kinders
toegestem het, omdat 'n persoon wat in twee hoedanighede optree, en in die een
hoedanigheid toestemming gee tot die transaksie
wat hy aangaan, nie kan sê
dat hy nie in die ander hoedanigheid ook toegestem het nie; uit die feit dat
Voges namens
66
Taskor toegestem het, in sy hoedanigheid as direk-teur, sou dit dan
noodwendig vanself volg dat hy ook namens sy kinders toegestem
het, in sy
hoedanigheid as hulle vader en natuurlike voog. Ek stem nie saam nie, weereens
om 'n eenvoudige rede: Voges het as 'n
feit nie in twee hoedanighede opgetree
nie. Uit die feit dat die twee hoedanighede in hom gesetel het, volg dit nie dat
hy in die
twee hoedanighede opgetree het nie. Mnr
Bliqnaut
se argument
kan moontlik geldig wees in ander omstandighede, soos byvoorbeeld as ' n mens
sou veronderstel dat Voges self die enigste
aandeelhouer van Taskor was: dan sou
daar ruimte gewees het vir 'n betoog dat hy nie sou kon sê dat hy nie ook
as aandeelhouer
toegestem het nie. Maar in so ' n geval sou die toestemming op
homself betrekking gehad het. In die huidige saak gaan dit om die
toestemming
van die kinders. Van hulle toe-stemming kan daar slegs sprake wees as Voges as
hulle
67 verteenwoordiger namens hulle toegestem het. Maar Voges kon
nie as hulle verteenwoordiger opgetree het as hy nie bewus was van
die feit van
verteenwoordig-ing en dus geen bedoeling gehad het om aldus op te tree
nie.
Mnr
Bliqnaut
het ons verwys na twee beslis-sings. Die
eerste is
In re: Wilmer's Trusts; Wing-field v Moore
[1910] 2 Ch 111
op
119. Soos ek daardie saak verstaan, het dit daar gegaan om 'n persoon wat namens
ander persone tot 'n transaksie toegestem het,
en die vraag was of dit daaruit
gevolg het dat hy ook in sy persoonlike hoedanigheid toege-stem het. Dit is byna
'n omgekeerde soort
geval as waarmee ons te doen het. Die tweede geval is
Barn-hoorn NO v Duvenaqe and Others
1964 (2) SA 486
(A) op 493H-494D.
Daar is dit as 'n feit bevind dat 'n vader en natuurlike voog in 'n "dual
capacity" opge-tree het, en dit is duidelik
uit die beredenering
68
(bo-aan bladsy 494) dat hy as 'n feit geweet het dat sy aanvaarding van die
betrokke transaksie nodig was om sy kinders te bevoordeel.
Die vraag na
toestem-ming is, soos ek reeds gesê het, 'n feitelike vraag. Die
beslissings in die twee gewysdes het berus op
die grondslag van hulle eie feite.
Ek kan niks daarin vind wat afbreuk doen aan die beskouings wat ek hierbo
uitgespreek het met
betrekking tot die feite van die huidige saak
nie.
My gevolgtrekking is derhalwe dat Voges nie namens sy kinders,
die aandeelhouers van Taskor, tot die borgstelling van Taskor toegestem
het nie.
Dit is gevolglik onnodig om aandag te skenk aan 'n alter-natiewe argument van
mnr
Scholtz
dat sodanige toe-stemming in elk geval nie geldig sou gewees
het nie, weens die botsing van belange wat daar tussen Voges en sy kinders
sou
gewees het.
Dit volg dus dat die Bank se teenappèl moet
69 misluk.
Uiteindelik sou ek 'n bevel maak dat die
appél van Bevray gehandhaaf word, met koste; dat paragrawe 2 en 3 van die
bevel van
die hof
a quo
tersyde gestel word en vervang word deur 'n bevel
wat die Bank se eise teen Bevray afwys en 'n bevel dat Bevray se teeneis om 'n
verklaring
dat sy borgakte en verbandakte nietig is, toegestaan word, met koste;
dat die Bank se teenappèl van die hand gewys word, met
koste; en dat die
koste deurgaans die koste van twee advokate insluit.
A S BOTHA AR NICHOLAS Wnd AR
STEM SAAM
E M GROSSKOPF, AR
Ek het die voorreg gehad om my kollega Botha
se
uitspraak te lees. Ek stem saam dat die
Bank se teenappèl
van die hand gewys moet word met koste om
die redes wat my
kollega noem. Tot my spyt kan ek egter nie saamstem
dat
Bevray se appèl gehandhaaf moet word nie. In besonder
verskil
ek van hom oor die vertolking van art 226 van
die
Maatskappywet. Gerieflikheidshalwe herhaal ek die
relevante
bepalings. Hulle lui soos volg:
"226. (1) Geen maatskappy mag regstreeks of onregstreeks 'n lening maak
aan -
(a) 'n direkteur of bestuurder van -
(i) die maatskappy;
of
(ii) sy houermaatskappy; of
(iii) 'n ander maatskappy wat
'n
filiaal van sy houermaatskappy is; of
(b) 'n ander maatskappy of ander regspersoon
beheer deur een
of meer direkteure of
bestuurders van die maatskappy of van
sy
houermaatskappy of van 'n maatskappy wat
'n filiaal van sy houermaatskappy is; . of sekuriteit aan 'n ander
persoon in verband met 'n verpligting van so 'n direkteur, bestuurder,
maatskappy of ander regspersoon voorsien nie.
(1A)
(1B) Die bepalings van subartikel (1) en van paragraaf (b) van subartikel
(1A) word nie uitgelê
3
nie as sou dit 'n maatskappy verbied om 'n lening toe te staan aan, of
sekuriteit te voorsien aan iemand in verband met 'n verpligting
van, sy
houermaatskappy of filiaal of 'n filiaal van sodanige
houermaatskappy;
(2) Die bepalings van subartikel (1) is nie van
toepassing nie -
(a) ten opsigte van -
(i) die maak van 'n lening deur 'n
maatskappy aan sy eie direkteur of bestuurder; (ii) die voorsiening van
sekuriteit deur 'n maatskappy in verband met 'n verpligting
van sy eie direkteur
of bestuurder; (iii) die toestaan van 'n lening deur 'n maatskappy aan 'n ander
maatskappy of 'n ander regspersoon
wat deur een of meer direkteure of
bestuurders van eersgenoemde maatskappy beheeer word; of (iv) die voorsiening
vah sekuriteit deur
'n maatskappy in verband met 'n
verpligting van 'n ander maatskappy
of 'n ander regspersoon wat deur een
of meer direkteure of bestuurders van eersgenoemde maatskappy
beheer
met die toestemming van al die lede van die maatskappy of ingevolge 'n
spesiale
besluit betreffende 'n bepaalde transaksie; of
(b) behoudens die bepalings van subartikel
(3), ten opsigte van enigiets gedoen om 'n direkteur of bestuurder van
fondse te voorsien om uitgawe te dek deur hom aangegaan of
aangeggan té
word vir die
4
doeleindes van die betrokke maatskappy of met die doel om hom in staat te
stel om sy pligte as direkteur of bestuurder van daardie
maatskappy behoorlik
uit te voer; of
(c) ten opsigte van enigiets
bona fide
gedoen
in die
gewone loop van die besigheid van
'n maatskappy wat inderdaad en
gereeld 'n
besigheid dryf wat die maak van lenings
of
die voorsiening van sekuriteit behels;
of
(d) op die voorsiening van geld of die maak
van lenings deur 'n
maatskappy vir die
doeleindes in artikel 38(2)(b) en
(c)
bedoel; of
(e) op die maak van 'n lening en die
voorsiening van sekuriteit
met die
goedkeuring van die maatskappy op 'n
algemene
vergadering om behuising te
voorsien vir sy direkteur of
bestuurder;
of
(f) ten opsigte van -
(i) die maak van 'n lening deur 'n maatskappy aan 'n direkteur of
bestuurder van sy filiaal; of (ii) die voorsiening van sekuriteit
deur 'n
maatskappy aan iemand anders in verband met 'n verpligting van 'n direkteur of
bestuurder van sy filiaal: mits daardie direkteur
of bestuurder nie ook 'n
direkteur of bestuurder van daardie maatskappy self is nie
(3)
(4) 'n Direkteur of beampte van 'n maatskappy
5
wat die maak van 'n lening of die voorsiening van sekuriteit in stryd met
die bepalings van hierdie artikel magtig of toelaat of 'n
party daarby is
-
(a) is aanspreeklik om die maatskappy
en
enige ander persoon wat geen werklike
kennis van die
oortreding gehad het nie
skadeloos te stel teen verlies
wat
regstreeks ontstaan uit die ongeldigheid
van die
lening of sekuriteit; en
(b) is aan 'n misdryf skuldig.
(5) vir die doeleindes van subartikel (4) beteken 'direkteur of beampte van
'n maatskappy' ook, waar die maatskappy 'n filiaal is,
'n direkteur of beampte
van sy houermaatskappy."
Om die bespreking van die artikel te
vergemaklik
sal ek, soos my kollega, slegs
verwys na 'n direkteur, in die
veronderstelling dat 'n bestuurder
daarby ingesluit is, en
slegs na die maak van 'n lening aan 'n
direkteur, in die
veronderstelling dat daarby ingesluit is die
verskaffing van
sekuriteit in verband met die verpligting van 'n
direkteur.
Die probleem in die onderhawige geval kan dan
eenvoudig
gestel word. Sub-art (l)(a)(ii) verbied 'n maatskappy
onvoorwaardelik om 'n lening aan 'n direkteur van sy
houermaatskappy te maak. Sub-art (2)(a)(i), daarenteen,
6
magtig 'n maatskappy, onder bepaalde omstandighede, om 'n lening aan sy
eie direkteur te maak. Wat is die posisie dan waar 'n persoon
terselfdertyd 'n
direkteur van die maatskappy self (die filiaal) en van sy houermaatskappy is?
Word hy, as direkteur van die houermaatskappy,
getref deur die absolute verbod
in sub-art (l)(a)(ii)? Of kry hy, as direkteur van die filiaal, die
voorwaardelike voordeel wat aan
die maatskappy se eie direkteure verleen word
deur sub-art (2)(a)(i)?
Die gewone, letterlike en grammatikale betekenis van die woorde wat die
Wetgewer in art 226 gebruik het, bied 'n duidelike antwoord
op hierdie vraag.
Kragtens sub-art (2) is die verbodsbepalings in sub-art (1) "nie van toepassing
nie" ten opsigte van, o a, "die
maak van 'n lening deur 'n maatskappy aan sy eie
direkteur" onder bepaalde omstandighede. Dit beteken eenvoudig dat waar 'n
maatskappy
'n gemagtigde lening aan sy eie direkteur maak, sodanige transaksie
nie geraak word deur enige van die verbodsbepalings in sub-art
(1) nie. So 'n
lening word
7
gevolglik nie verbied bloot omdat die persoon wat die lening ontvang,
toevallig ook 'n direkteur van die houermaatskappy (sub-art
(l)(a)(ii)) of 'n
direkteur van 'n ander filiaal van die houermaatskappy (sub-art (l)(a)(iii)) is
nie. Om hierdie resultaat te vermy
op die manier wat my kollega beoog, sou dit
nodig wees om woorde met die volgende effek van toepassing te maak op elk van
die paragrawe
van sub-art (2)(a); "mits daardie direkteur of bestuurder nie ook
'n direkteur of bestuurder van daardie maatskappy se houermaatskappy,
of van 'n
ander maatskappy wat 'n filiaal van sy houermaatskappy is nie". Dit sou dus
aansienlike wysiging van die artikel verg.
Aan die begin van my kollega se uitspraak gee hy toe dat die uitleg wat
die Bank aan die artikel gee, "in ooreenstemming [is] met
die gewone, letterlike
en grammatikale betekenis van die woorde wat die Wetgewer in artikel 226 gebruik
het", en dit is die basis
waarop hy die uitleg van die artikel benader. Soos ek
reeds aangedui het,
8
stem ek hiermee saam. Later gee hy egter te kenne dat daar 'n
dubbelsinnigheid in die bewoording is. Ek vind, met eerbied, sy beredenering
hieromtrent onoortuigend. Dubbelsinnigheid het te doen met die betekenis van
taal. Niks wat hy sê dui m i aan dat die woorde
van die Wet iets anders
kan beteken as wat ek hierbo aangedui het nie. Van dubbelsinnigheid kan daar dus
m i geen sprake wees nie.
Wat my kollega wel sê is dat elke geval wat deur
sub-art (2) uitgesonder word, nie in die afwesigheid van so 'n uitsondering
deur
elke verbodsbepaling in sub-art (1) verbied sou gewees het nie, en dat dit dus
nie nodig was om elke verbodsbepaling uit te
sluit van toepassing op elke
uitsonderingsgeval nie. Dit mag so wees, maar wat daarvan? As sub-art (2) nie
bestaan het nie, sou elke
geval wat tans in die sub-artikel voorkom, deur een of
ander van die bepalings van sub-art (1) verbied gewees het. Die Wetgewer wou
die
gevalle in sub-art (2) wettig, en het dus bepaal dat die verbodsbepalings
(d.w.s. al die verbodsbepalings) nie op
9
sub-art (2) van toepassing sou wees nie. Met ander woorde, die gevalle in
sub-art (2) is wettig nieteenstaande al of enige van die
verbodsbepalings in
sub-art (1). Geen van die verbodsbepalings is van toepassing op enige van die
transaksies wat in sub-art (2)
uiteengesit word nie. Niks kan duideliker wees
nie. En wat maak dit saak dat elke verbodsbepaling nie op elke
uitsonderingsgeval
betrekking sou gehad het as sub-art (2) nie bestaan het nie?
Hierdie oorweging doen niks af aan die duidelike betekenis van die woorde
of aan
die praktiese uitvoerbaarheid van die artikel nie. Die Wetgewer het sy beoogde
resultaat op 'n eenvoudige en effektiewe manier
bereik. Die omstandigheid dat
die uitsonderingsbepaling in die wydste terme is dui trouens die Wetgewer se
erns aan om die uitsonderingsgevalle
teen enige moontlike aanval te beskerm. Om
'n begrip in die artikel in te lees, soos my kollega voorstel, dat die
verbodsbepalings
"onderskeidelik" nie van toepassing is nie, is nie in
ooreenstemming met die woorde van die artikel nie, is nie
10
nodig vir die behoorlike vertolking van die artikel nie, en sou net
verwarring en onsekerheid skep wat tans nie bestaan nie.
Terloops,
die bewoording van die wysiging wat nodig sou wees om effek te gee aan my
kollega se vertolking, het ek aangepas uit die
woorde van art 226(2)(f). Daar
maak die wetgewer uitdruklik voorsiening vir die moontlikheid dat dieselfde
persoon direkteur of bestuurder
van verskillende maatskappye kan wees. Die
wetgewer was dan ook klaarblyklik nie onbewus van hierdie moontlikheid nie -
trouens,
waar die wetgewer in art 226 voorskrifte vir direkteure van
maatskappygroepe neerlê sou dit vergesog wees om te veronderstel
dat die
wetgewer nie besef het dat dieselfde persoon verskillende direkteurskappe in die
groep kan beklee nie. Nogtans word so 'n
situasie nie in art 226(2)(a) behandel
nie, terwyl dit wel in art 226(2)(f) aandag geniet. Dit is 'n verdere aanduiding
dat die letterlike
betekenis van sub-art (2)(a) inderdaad die wil van die
wetgewer uitdruk.
11
Natuurlik aanvaar ek dat die gewone, letterlike en
grammatikale betekenis van die woorde wat die
Wetgewer
gebruik het, nie altyd sy werklike bedoeling
weerspieël nie.
In 'n gepaste geval kan die hof bevind dat daar 'n
duidelike
bedoeling uit die wetsbepaling blyk wat afwyk van
die
letterlike betekenis van die woorde. Die beginsels wat
in
hierdie verband toegepas word is soos volg opgesom in
Summit
Industrial Corporation v Claimants Aqainst the Fund
Comprisinq the Proceeds of the Sale of thë MV Jade
Transporter
1987 (2) SA 583
(A) op bl 596 G tot 597 B:
"The general rule is that the words of a statute must be given their
ordinary, grammatical meaning unless to do so
-
'... would lead to absurdity so glaring
that it could never have been contemplated by the Legislature, or where it would
lead to a
result contrary to the intention of the Legislature, as shown by the
context or by such other considerations as the Court is justified
in taking into
account. ...' (
per
Innes CJ in
Venter v R
1907 TS 910
at 915). In
that event the Court may depart from the ordinary effect of the words to the
extent necessary to remove the absurdity
and give effect to the true intention
of the Legislature. (See also
Ebrahim v Minister of the Interior
1977(1)
SA 665 (A) at 678 and the authorities there cited.)
12
The principle in
Venter's
case
supra
has generally been used
in order to cut down the wide meaning of the words employed by the Legislature,
but in exceptional cases
it may also be permissible for a Court to expand the
literal meaning of the words (see
Barkett v SA National Trust & Assurance
Co Ltd
1951(2) SA 353 (A) at 363A-F).
As has been remarked in various judgments, it is dangerous to speculate on
the intention of the Legislature (see eg the reference
in
Savaqe v
Commisioner for Inland Revenue
1951(4) SA 400 (A) at 409A) and the Court
should be cautious about thus departing from the literal meaning of the words of
a statute
(see remarks of Solomon JA in
Dadoo Ltd and Others v Krugersdorp
Municipal Council
1920 AD 530
at 554-5). It should only do so where the
contrary legislative intent is clear and indubitable (see
Du Plessis v
Joubert
1968(1) SA 585 (A) at 594-5). Moreover, it is not the function of
the Court to supplement a statutory provision in order to provide
for a
casus
omissus
(see
Walker v Carlton Hotels (SA) Ltd
1946 AD 321
at 330;
Barkett's
case
supra
at
363F-G)."
Sien ook
S v Tieties
[1990] ZASCA 4
;
1990
(2) SA 461
(A) op bl 463C tot 464F.
Dit is by die toepassing van die
beginsels wat in bogemelde sake uiteengesit word dat ek en my kollega van mening
verskil. Dit is
dus van pas dat ek 'n oomblik stilstaan by die beginsels self.
Die reël dat die wetgewer se
13
bedoeling in eerste instansie in die letterlike betekenis van sy woorde
gesoek word is so geyk, en die redes daarvoor so klaarblyklik,
dat dit skaars
beklemtoning verg. Die wetgewer bepaal wat veroorloof word en wat verbied word.
Die onderdaan kan alleen die wetgewer
se wil vasstel uit die woorde wat gebruik
word. In 'n geval soos die onderhawige, as 'n direkteur of 'n
maatskappy-sekretaris of
'n ouditeur wil weet of 'n bepaalde lening 'n
oortreding van art 226 is, behoort hy die antwoord te kan vind in die woorde van
die
wet, en, indien hulle duidelik is, behoort dit nie vir hom nodig te wees om
te bespiegel of die wetgewer nie miskien iets anders
bedoel het nie, of om rond
te krap in die wetgewende geskiedenis van die bepaling nie. Daar word gevolglik
dikwels beklemtoon dat
dit net in uitsonderlike gevalle is waar afgewyk mag word
van die letterlike betekenis van die woorde van wetsbepalings - "Slegs
'n
duidelike en onbetwyfelbare bepaalde bedoeling van die Wetgewer, en nie 'n bloot
veronderstelde bedoeling nie, kan 'n afwyking
van die gewone
14
betekenis van woorde regverdig..." (per Botha AR in Du
Plessis v
Joubert
1968 (1) SA 585
(A) op bl 595 A). Sien ook
S v Tieties
(
supra
) op bl 464 A: "... a Court ... may only do so where this is
necessary to give effect to what can with certainty be said to be the
true
intention of the Legislature" en op bl 464 E "provided it can be indisputably
established that the Legislature intended something
different from the ordinary
meaning conveyed by the words used ...".
Die vraag is dan of daar in die ohderhawige geval 'n "duidelike en
onbetwyfelbare bepaalde bedoeling" uit die wetgewing blyk wat 'n
afwyking van
die letterlike betekenis sou regverdig. My kollega soek so 'n bedoeling eerstens
in art 226 se oogmerk. Die breë
oogmerk of oogmerke van die bepaling is
natuurlik duidelik. Maatskappye word bestuur deur direkteure en bestuurders.
Hierdie direkteure
en bestuurders kan hul bevoegdhede misbruik vir hul eie
voordeel. Daarbenewens kan die direkteure of bestuurders van houermaatskappye
hulself onbehoorlik bêvoordeel deur hul
15
beheer oor filiaalmaatskappye. Die wetgewer wou die moontlikheid van
sulke wanpraktyke beperk. Die wetgewer het egter nie hierdie
oogmerk probeer
verwesenlik deur 'n algemene of absolute verbod te plaas op alle transaksies
tussen 'n bestuurder of direkteur en
'n betrokke maatskappy waardeur die
bestuurder of direkteur bevoordeel kan word nie. Klaarblyklik sou so 'n verbod
onprakties wees.
Daar moet noodwendig baie omstandighede wees waarin dit nie
onbehoorlik is vir 'n direkteur of bestuurder om geldelike voordele te
ontvang
van die maatskappy wat hy bestuur of wat deur sy maatskappy beheer word nie. Die
wetgewer het homself dus beperk tot 'n verbod
op sekere bepaalde transaksies wat
as prima facie onaanvaarbaar beskou is, nl die maak van sekere lenings en die
voorsiening van
sekere sekuriteite. Selfs hier is die verbod egter nie absoluut
nie - sekere transaksies wat binne die trefwydte van die verbod val,
was nogtans
vir die wetgewer aanvaarbaar. Om vir sulke transaksies voorsiening te maak,
bevat sub-art (2) 'n langerige lys uitsonderings
op die
16
verbodsbepalings in sub-art (1). Die wetgewer se spesifieke oogmerk met
art 226 was dus om sekere bepaalde vorms van geldelike bystand
te verbied
onderhewig aan bepaalde uitsonderings. Met die een hand verbied hy; met die
ander hand veroorloof hy. Daar was dus nie
'n eenvoudige of ongekwalifiseerde
oogmerk wat as toetssteen by die uitleg van die artikel gebruik kan word
nie.
Hierdie aspek word goed ge-illustreer deur die twispunt in die
onderhawige geval. Waar 'n persoon terselfdertyd 'n direkteur van die
houermaatskappy en van die filiaal is, is daar teoreties twee moontlikhede wat
albei in ooreenstemming met die wetgewer se dubbele
oogmerk kan wees. Die
wetgewer mag die bedoeling gehad het dat die verbodsbepaling oorheersend moet
wees en dat enige lening deur
die filiaal aan so 'n persoon verbode moet wees.
Aan die ander kant mag die wetgewer net so wel beskou het dat die uitsondering
oorheersend
moet wees, en dat dit altyd vir 'n maatskappy behoort vry te staan
om (met instemming van al sy
17
lede of ingevolge 'n spesiale besluit) 'n lening aan sy eie direkteur te
maak, al is hy ook 'n direkteur van die houermaatskappy.
Wat vasgestel moet word
is die trefwydte van die verbod met sy uitsondering. Die wetgewer se oogmerke
het betrekking op albei elemente.
Die trefwydte van die bepalings moet deur 'n
proses van wetsuitleg vasgestel word, en kan nie a priori uit die wetgewer se
oogmerk
om 'n verbod op te lê (wat net 'n deel van sy volle oogmerk vorm)
bepaal word nie. Des te minder kan die oogmerk om 'n verbod
op te lê
regverdiging bied vir 'n hof om af te wyk van die letterlike betekenis van die
woorde wat aandui dat die wetgewer
hier inderdaad die klem laat val het op die
ander aspek van sy oogmerk, naamlik die skepping van 'n uitsondering.
Of die resultaat wat bereik word deur 'n letterlike uitleg aan die woorde
te gee, sinloos en onsinnig is, soos deur my kollega beweer,
is vir my moeilik
om te beoordeel. Dit hang af van wat die wetgewer se beleidstandpunt was. Die
letterlike betekenis lyk dan ook
nie vir my uit pas met die
18
algemene patroon van art 226 t o v filiaalmaatskappye nie. Blykbare
anomalieë kom veral voor waar 'n mens met 'n volfiliaal te
doen het, soos
in die onderhawige geval. Die houermaatskappy is ex hypothesi die enigste
voordelige lid van die volfiliaal. 'n Persoon
wat deur die houermaatskappy
gemagtig word om sy lidmaatskapsregte in die filiaal uit te oefen (kom ons noem
hom X) kan dus sonder
meer ingevolge sub-art (2) toestem dat die filiaal 'n
lening aan sy eie (dws die filiaal se) direkteur maak. Die volfiliaal se bates,
en indirek die houermaatskappy se bates, word dus in gevaar gestel vir die
voordeel van 'n direkteur van die filiaal sonder dat die
lede van die
houermaatskappy enige inspraak gehad het. Is dit 'n sinvolle resultaat? Sinvol
of nie, dit is wat die wet bepaal. Wanneer
die direkteur van die volfiliaal ook
'n direkteur van die houermaatskappy of van 'n ander filiaal van die
houermaatskappy is, het
X, volgens my kollega, nie meer die bevoegdheid om toe
te stem tot die lening deur die volfiliaal nie. Volgens my beskouing behou
hy
19
hierdie bevoegdheid. Is die een resultaat werklik meer of minder sinvol
as die ander? Ek sou verkies om te sê dat die woorde
van die wet duidelik
is, en dat die wetgewer met behulp van sy amptenare en raadgewers (en veral die
Vaste Advieskomitee oor Maatskappyereg
ingestel kragtens art 18 van die
Maatskappywet) meer bevoeg is ás ek om te besluit wat in die praktyk
dienstig is op 'n tegniese
gebied soos hierdie.
Natuurlik, waar 'n filiaal nie 'n volfiliaal is nie, is die posisie
basies anders. Dan sou die minderheidsaandeelhouers in die filiaal
geregtig wees
om, ingevolge sub-art (2)(a), hul toestemming tot 'n lening te weier, en sou
hulle 'n spesiale besluit betreffende
so 'n transaksie kon teenstaan. Die
probleme wat in hierdie saak met die volfiliaal ontstaan kan dus moontlik
toegeskryf word daaraan
dat die wetgewer nie aandag gegee het aan die verskil
tussen die volfiliaal se posisie en dié van ander filiale nie, of nie
omgegee het dat daar minder beskerming teen wanpraktyke by volfiliale bestaan
nie (miskien omdat daar nie
20
minderheidsaandeelhouers in die filiaal is wat benadeel kan word nie).
Dit is egter alles bespiegeling. Wat die redes vir die bepaling
ook al mag wees,
is ons nie geregtig om die wetgewer se verordeninge te wysig bloot omdat ons
beskou dat 'n beter resultaat daardeur
bereik word nie.
Weens my beskouing oor die duidelike betekenis van die woorde meen ek dat
daar geen regverdiging is om hulp te soek by die wetgewende
geskiedenis van art
226 nie. Volledigheidshalwe verwys ek nogtans daarna. Myns insiens maak dit geen
verskil nie. Die verloop van
die wetgewing is volledig uiteengesit in my kollega
se uitspraak en ek hoef dit nie hierin te herhaal nie. Ek noem net die
hooftrekke
wat van belang is vir huidige doeleindes.
Art 70
oct
van die Wet, wat in 1952 ingevoeg is, was beperk tot
lenings aan (en waarborge ten gunste van) 'n maatskappy se direkteur of 'n
direkteur
van sy houermaatskappy. Ten opsigte van sulke persone was die verbod
egter drastieser as wat tans die geval is. Daar was geen
21
algemene bepaling dat aandeelhouers kon toestem tot 'n lening nie.
Sodanige toestemming kon alleen geldiglik gegee word deur die voorgeskrewe
meerderheid van aandeelhouers van 'n private maatskappy wat nie 'n filiaal-
maatskappy was nie. Dus kon 'n openbare maatskappy nie
'n lening aan sy
direkteur maak selfs met toestemming van al sy lede nie. 'n Private maatskappy
kon 'n lening aan sy eie direkteur
maak met die toestemming van die voorgeskrewe
meerderheid tensy hy 'n filiaal was, in welke geval die toestemming van sy
aandeelhouers
hom glad nie kon magtig om 'n lening aan sy eie direkteur of 'n
direkteur van sy houermaatskappy te maak nie. As hierdie bepaling
tans gegeld
het, sou ons geen probleem gehad het nie. Bevray, 'n filiaalmaatskappy, sou
onder geen omstandighede 'n lening aan Voges,
sy eie direkteur, kon gemaak het
nie. Die feit dat Voges ook 'n direkteur van die houermaatskappy was sou nie
eers ter sprake hoef
te gekom het nie.
Hierdie toestand het wesentlik onveranderd gebly
22
tot in 1976. In 1973 is die verbod uitgebrei maar die uitsondering is
onveranderd gelaat. In 1976 is die verbod verder uitgebrei,
en vir die eerste
keer verskyn daar die algemene magtiging waarmee ons tans te doen het om, met
toestemming van aandeelhouers of
ingevolge 'n spesiale besluit, 'n lening aan te
gaan en sekuriteit te verleen. Dit is duidelik, soos dit gestel word deur De Wet
& Yeats, Kontraktereg en Handelsreg, 4e uitg. bl. 649, (hoewel nie met
verwysing na ons besondere probleem nie) dat hierdie uitsondering
"'n nogal
aansienlike verslapping van die reël beteken". Dat hierdie uitsondering
ingevoer is, is maklik verstaanbaar. Dit gee
uitvoering aan die oogmerke van die
wetgewer, soos bespreek in
Neugarten and Others v Standard Bank of South
Africa Ltd
1989 (1) SA 797
(A) op bl 802A-C en 813A-B, naamlik dat die
verbod primêr opgelê is ten gunste van aandeelhouers, en dat
aandeelhouers
derhalwe gemagtig moet wees om daarvan afstand te doen. Deur
hierdie bepaling het die wetgewer die bevoegdheid van maatskappye om
lenings
23
aan direkteure te gee, aansienlik uitgebrei, en die enigste vraag is hoe
ver hierdie uitbreiding strek. Ek wil aan die hand doen dat
die antwoord op
hierdie vraag in die bewoording van die artikel te vinde is.
My
kollega spreek die mening uit dat die nuwe uitbreiding van 'n maatskappy se
bevoegdhede iets te doen het met die nuwe beperkings
wat in sub-art (l)(b)
ingevoer is. Ek vind dit moeilik om hierdie argument te verstaan. Sub-art (l)(b)
verbied 'n lening aan 'n regspersoon
wat beheer word deur 'n geaffekteerde
direkteur of bestuurder. Die rede hiervoor is duidelik. As 'n lening nie direk
aan 'n bepaalde
persoon gemaak mag word nie, mag dit ook nie gemaak word aan 'n
regspersoon wat deur hom beheer word nie. Ek kan geen logiese verband
sien
tussen hierdie spesifieke verbod en 'n algemene magtiging aan 'n maatskappy om
met toestemming van sy lede of ingevolge 'n spesiale
besluit 'n lening aan sy
eie direkteur te maak nie. En die feit dat albei wysigings in dieselfde wet
voorkom, is betekenisloos. Wet
111 van 1976 het
24
die Maatskappywet in baie en uiteenlopende opsigte gewysig. Klaarblyklik
het die wetgewer bedoel om terselfdertyd alle voorgestelde
verbeterings in die
Wet aan te bring.
As ek dus moet opsom kom dit vir my voor dat die
geskiedenis van die wetgewing dieselfde patroon vorm as wat tans uit die
wetgewing
blyk. Van die begin af het die wetgewer sekere beperkinge opgelê
en sekere uitsonderinge daargestel. Sekere transaksies is
verbied en andere is
veroorloof. Beide die verbodsbepalings en die uitsonderinge het verander van tyd
tot tyd. Dit is nie asof die
beperkinge net al hoe strenger geword het nie. Ook
die uitsonderings is aangepas, en soms selfs aansienlik uitgebrei, soos in 1976
gebeur het met die uitsondering wat tans ter sprake is. Aan die uitsondering
sowel as die verbod moet effek gegee word. Daar is niks
in die geskiedenis van
die bepaling wat ons sou regverdig om 'n verbod toe te pas waar die feite
duidelik binne die bestek van 'n
uitsondering val nie.
Dit bring my dan by die ander uitsonderings-
25
bepalings, nl dié vervat in paragrawe (b) tot (f) van sub-art (2).
Klaarblyklik is hulle van toepassing op 'n direkteur van
'n filiaalmaatskappy al
is hy ook terselfdertyd 'n direkteur van die houermaatskappy of van 'n ander
filiaal van die houermaatskappy.
In die samehang is daar nie, wat taal betref,
'n verskil in betekenis tussen "sy eie direkteur" in sub-art (2)(a) en "sy
direkteur"
in die ander paragrawe nie. Trouens, dit kom vir my, met eerbied,
effens vergesog voor om te vermoed dat die wetgewer deur die woordjie
"eie" in
te voeg, 'n ingrypende kwalifikasie in die bepaling wou aanbring. Waar daar dus
geen wesentlike verskil in taalgebruik is
nie, is dit, volgens ortodokse
uitlegbeginsels, 'n regverdigbare afleiding dat geen wesentlike betekenisverskil
beoog is nie. Natuurlik,
as 'n mens die ortodokse uitlegbeginsels, wat gegrond
is op die wetgewer se woorde, negeer en gewig heg alleen aan 'n a priori
bedoeling
wat op vermeende doelmatigheidsgronde aan die wetgewer toegedig word,
verloor hierdie argument sy
26
gewig.
Weens die voormelde redes meen ek dat die appellant se
eerste argument nie gegrond is nie. Dit maak dit nodig om kortliks na sy ander
argumente te verwys.
Die appellant het betoog dat die voorsiening
van sekuriteit deur Bevray neergekom het op die onregstreekse voorsiening van
sekuriteit
deur Taskor, en derhalwe verbied word deur sub-art 226(1) deurdat die
toestemming van Taskor se aandeelhouers nie verkry is nie.
Namens die respondent
is eerstens betoog dat die woorde "regstreeks of onregstreeks" in sub-art (1)
net betrekking het op 'n lening,
en nie ook slaan op die verskaffing van
sekuriteit nie. Ek sal veronderstel, sonder om te beslis, dat die respondent
hier verkeerd
is en dat die artikel wel 'n verbod plaas op die onregstreekse
voorsiening van sekuriteit. Die vraag is dan of die feite hier aantoon
dat
Taskor onregstreeks sekuriteit vir die lening voorsien het. Die antwoord moet m
i nee wees. Taskor en Bevray is afsonderlike
regspersone. Die
borgkontrak
27
is deur Bevray aangegaan. Dit was Bevray se plaas wat met verband beswaar
was. Volgens die getuienis was hierdie nie gesimuleerde
transaksies nie. Dit was
wat die partye bedoel en beoog het.
Die enigste basis waarop
aangevoer word dat dit Taskor was wat onregstreeks sekuriteit voorsien het, was
dat Bevray Taskor se volfiliaal
was. Myns insiens doen dit egter nie af aan die
maatskappye se aparte regspersoonlikhede nie. Dat Taskor benadeel kan word deur
sekuriteit
wat deur Bevray verleen word, staan vas, maar dit beteken nog nie dat
sodanige sekuriteit onregstreeks
deur Taskor
verleen word nie. Sien, oor
die algemeen,
The State v Pouroulis and Others
2 Juta's Commercial Law
Digest 123 op 133 tot 147.
Dan word daar betoog dat Voges nie
gemagtig was om namens Taskor op te tree nie. Die feite was dat Voges die
enigste direkteur van
Taskor was. As sodanig was hy geregtig om Taskor te
verteenwoordig by ledevergaderings van Bevray, waarvan Taskor 'n lid was (sien
art 188 van die
28
Maatskappywet). Trouens, as die enigste lid van Bevray, word Taskor
(verteenwoordig deur sy gemagtigde direkteur, Voges) geag deur
sy blote
teenwoordigheid 'n vergadering uit te maak (art 184 van die Wet). En in die
onderhawige geval het Voges voordat die borgakte
en die verbandakte aangegaan
is, 'n dokument aan die Bank gelewer waarin hy gesertifiseer het dat die
voorgestelde transaksies eenparig
deur 'n ledevergadering van Bevray goedgekeur
is. Waar hy op sy eie so 'n ledevergadering uitmaak, beteken dit, minstens
prima facie
, dat Taskor as enigste lid van Bevray, tot die betrokke
transaksies toegestem het. Ek behandel later 'n verdere argument dat hierdie
prima facie
posisie in die onderhawige geval weerlê is.
Afgesien van wat Voges se formele posisie was, word daar betoog dat hy
nie in die onderhawige geval geldiglik kon optree nie, deurdat
hy vir sy eie
voordeel en nie vir dié van Bevray nie, gehandel het. Dit is m i nie
nodig om in te gaan op die regsvraag wanneer
'n maatskappy
aanspreeklikheid
29
teenoor 'n derde kan vryspring op grond daarvan dat optrede deur sy
direkteur, hoewel binne sy formele magtiging, nie tot voordeel
van die
maatskappy gestrek het nie, want die feite van die onderhawige geval steun nie
so 'n betoog nie. Die getuienis was dat Voges
Bevray se plaas hoofsaaklik op sy
eie koste ontwikkel het, en volgens ooreenkoms geregtig was om, solank hy kon,
vir sy eie rekening
op die plaas te boer. Ten tyde van die onderhawige
transaksies was hy besig om 'n dam op die plaas te laat bou. Die verhoging van
sy oortrekkingsfasiliteite was nodig om vir die dam te betaal. Die borgakte en
verbandakte was dus bedoel om finansiering te verskaf
vir 'n permanente
verbetering op Bevray se eiendom. Dit kan skaars beskryf word as iets wat bloot
vir die voordeel van Voges aangegaan
is.
Ten slotte is daar betoog dat, ten spyte van die sertifikaat dat Bevray
se aandeelhouers die transaksies goedgekeur het (waarna ek
so pas verwys het),
Voges nie in feite as direkteur van Taskor (wat op sy beurt alleen-
30
aandeelhouer van Bevray was) tot die gewraakte transaksies
toegestem het nie. Hierdie argument berus weereens op die feit dat Voges
nie
bewus was van die bepalings van art 226 nie. Die argument verwar m i opset en
motief. Voges is 'n man met 'n B Comm graad. Hy
was op sy dag
maatskappy-sekretaris van 'n bekende bank, en het jare lank as aandelemakelaar
gepraktiseer. Hy kon skaars betwis (en
het inderdaad nie betwis nie) dat hy
besef het dat die Bank die toestemming van lede van Bevray wou gehad het tot die
transaksies,
en dat hy sodanige toestemming verleen het. Al wat hy sê is
dat hy nie geweet het hoekom sodanige toestemming nodig was nie.
Na my mening
maak dit nie saak nie. Hy het willens en wetens 'n toestemming verleen wat binne
sy bevoegdheid geval het ten einde
'n geldige borgakte en verbandakte daar te
stel. Myns insiens het hy hierin geslaag.
Weens die voorgaande meen ek dat nie een van Bevray se argumente aanvaar
kan word nie en dat die appêl, soos die teenappél,
van die hand
gewys moet word.
31
Die volgende bevel word dus
verleen
(a) Die appèl van Bevray Investments (Edms) Bpk
word
afgewys met koste.
(b) Die teenappèl van Boland Bank Beperk word afgewys met
koste.
(c) In albei gevalle word die koste van twee advokate ingesluit in die
kostebevele.
E M GROSSKOPF,
AR
EKSTEEN, AR
VAN COLLER, WnD AR Stem
saam