S v Nkosi (103/91) [1993] ZASCA 50 (31 March 1993)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Appellant convicted of murder and other crimes — Appeal against conviction and sentence — Discrepancy between appellant's account and that of sole witness — Trial court's acceptance of witness's testimony without adequate reasoning — Court of Appeal finds trial court failed to properly consider appellant's explanation of accidental shooting — Conviction set aside due to insufficient evaluation of evidence and credibility of witnesses.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 50
|

|

S v Nkosi (103/91) [1993] ZASCA 50 (31 March 1993)

Saak No 103/91
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
OUPA PETRUS DUBE NKOSI
APPELLANT
en
DIE
STAAT
RESPONDENT
CORAM
: HEFER, MILNE, et VAN DEN HEEVER, ARR
AANGEHOOR
: 26 Mei
1992
GELEWER
: 31 Maart 1993
UITSPRAAK
HEFER, AR
Die appellant is in die Rondgaande Hof op Lydenburg deur Curlewis R en
assessore skuldig bevind aan
2
die moord op ene Josiah Motha (aanklag 10, waarop
hy on-skuldig gepleit het) en 'n reeks ander misdade (waaraan hy skuldig gepleit
het). Op aanklag 10 is hy ter dood veroordeel en op die ander aanklagte tot
wisselende termyne gevangenisstraf wat gesamentlik 122
jaar en 6 maande beloop.
Ooreenkomstig Art 316 (A) van die Straf-proseswet 51 van 1977 appelleer hy nou
teen sy skuldígbevinding
en vonnis op aanklag 10 en, met verlof van
hierdie Hof, ook teen die vonnisse op die ander aanklagte.
Wat aanklag 10 betref, was dit gemene saak by die verhoor dat Motha gesterf
het weens 'n koeëlwond in die bors en dat dit appellant
was wat hom geskiet
het. Appellant en mev Motha - die enigste staatsgetuie - was dit egter nie eens
oor presies hoe die skietery
plaas-gevind het en wat dit voorafgegaan het nie.
Volgens mev Motha was sy en die oorledene om ongeveer 4 uur die oggend van 12
Julie
1989 nog in die bed toe die appellant
3
hulle slaapkamer binnegekom het met 'n vuurwapen
in die hand. Hy het die wapen op hulle gerig en die oorledene beveel om op te
staan.
Daarna het die appellant die slaapkamer verlaat en in die kombuis gaan
staan maar weer teruggekom en die oorledene onverhoeds geskiet
terwyl hy op die
bed gesit het, besig om sy broek aan te trek. Appellant het erken dat hy die
slaapkamer in is met 'n vuurwapen.
Volgens hom het hy geld van die oorledene
geëis waarop laasgenoemde opgestaan het van die bed en na 'n hangkas gegaan
het om,
soos die appellant verwag het, geld daaruit te haal. By die kas het hy
egter 'n byl tevoorskyn gebring en na die appellant gekap.
Sonder die bedoeling
om hom raak te skiet en bloot om hom skrik te maak, het hy toe ' n skoot in die
rigting van die oorledene geskiet
wat hom toevallig getref het omdat hy beweeg
het. Die verhoorhof het appellant se weergawe verwerp en mev Motha s'n
aanvaar.
4
Die appèl teen die skuldigbevinding op
aanklag 10 wentel om die verwerping van appellant se getuienis. Dit is oorbekend
dat
geloofwaardigheidsbevindings hoofsaaklik weens die voordeel van die
verhoorhof om die getuies te sien en te hoor getuig - nie ligtelik
op
appêl versteur word nie. 'n Appél bly nogtans 'n herverhoor waarop
die appellant geregtig is en, soos aangedui in
o a
Rex v Dhlumayo and
Another
1948 (2) SA 677
(A) op 699 en
Protea Assurance Co Ltd v Casey
1970 (2) SA 643
(A) op 648 E, moet die voordeel wat die verhoorhof geniet om
kwessies van geloofwaardigheid te beoordeel nie oorbeklemtoon word sodat
die
vooruitsigte op 'n suksesvolle appêl op die feite bloot denkbeeldig word
nie. Gedagtig aan hierdie elementêre beginsels,
is die verhoorhof se redes
vir sy geloofwaardigheidsbevindings vanselfsprekend van beslissende belang. Aan
die hand dáárvan
is dit die taak van die hof van appèl om
te oordeel of die getuienis behoorlik oorweeg is en of die
5
verhoorhof tot die korrekte gevolgtrekking gekom
het
betreffende die aanvaarbare en verwerplike gedeeltes
daarvan. Daarom
kan dit met reg van verhoorregters
verwag word om toe tê sien dat die
redes behoorlik
geformuleer en in die uitspraak vermeld word.
Ek noem dit in die lig van die uitspraak in die
huidige geval. Soos reeds aangedui, was daar 'n
wesenlike geskil oor die gebeure wat die skietery
voorafgegaan het en is mev Motha se weergawe aanvaar.
Geen werklike redes is egter aangevoer waarom sy as 'n
geloofwaardige getuie beskou is nie. Die verhoorregter
het volstaan met die volgende kriptiese opmerking:
"No, there is no doubt that the wirtness gave excellent evidence, she was a
good witness, we have no doubt whatsoever she is telling
the truth. We heard Mr
Vermeulen suggest that because it was early in the morning she did not perhaps
quite see what was happening,
it all happened very quickly. Well, of course, we
have taken that into account.
6
Geen erkenning word verleen aan die feit dat sy
die enigste staatsgetuie was nie en nêrens word haar weergawe getoets aan
die
waarskynlikhede of andersins ontleed om die beweerde uitstekende gehalte
daarvan te illustreer nie. Boonop is dit totaal onmoontlik,
met kursoriese
behandeling soos hierdie, om te oordeel of mev Motha se getuienis behoorlik
oorweeg is. Billikheidshalwe moet bygevoeg
word dat sy alles behalwe deeglik
gekruisvra is. Soos later sal blyk, is daar uitstaande agterdogwekkende aspekte
van haar getuienis.
Daaroor is sy nie gekruisvra nie - die kruisondervraging
beslaan 'n skamele 21 reëls van die oorkonde en behels niks meer nie
as
vier eenvoudige vrae en enkele stellings oor appellant se weergawe; dit strek
geen advokaat enigsins tot eer nie. Maar wat ook
al die aard van die
kruisondervraging was, dit was steeds die hof se taak om haar getuienis deeglik
te oorweeg. Die uitspraak bevat
geen aanduiding dat dit inderdaad gedoen is
nie.
7
Ter verduideliking van die
verhoorregter se
opmerkings oor appellant se weergawe is dit nodig om te
meld dat hy getuig
het dat hy vantevore 'n uitval met die
oorledene gehad het omdat, soos hy dit
in sy getuienis
gestel het,
" . . .. hy en twee ander het my beskuldig oor 'n aangeleentheid by die werk
wat vals was en as gevolg van daardie aantygings het
ek my werk verloor."
Gevra waarom hy die betrokke nag na die oorledene is,
het hy geantwoord:
"Ja kyk, weens sy optrede het ek my werk verloor. Ek het na hom gegaan en vir
hom gesê hy moet my 'n loon gee.
Wou u die oorledene doodskiet?— Nee, ek het gedink as ek die wapen te
voorskyn bring, sal hy bang wees en dan sal hy gee wat
ek wil hê."
Dit is ook nodig om te let op die volgende passasie in
die oorkonde waar die appelant deur die staatsadvokaat
gekruisvra is en die verhoorregter tussenby getree het:
" U het nie vir die oorledene gewerk nie, is dit reg?— Nee
8
So hy het nie vir jou geld geskuld nie?— Nee.
Jy het na die huis toe gegaan en die vuurwapen saamgevat om hom te dwing om vir
jou geld te gee?— Maar ek het reg daartoe gehad,
want hy is die oorsaak
dat ek my werk verloor het.
HOF
:
Ag, u weet, die aanklaer stel dit aan u, hy het nie vir jou geld geskuld
nie?— Nee.
Nou as jy nou vir hom wou yra dat hy jou 'n bietjie help omdat jy jou werk
verloor het, hoekom gaan jy nie op 'n behoorlike en redelike
tyd na die man
nie?— Destyds was ek 'n gesoekte persoon gewees, ek het nie gewerk nie, ek
was werkloos."
Die appellant se getuienis is soos volg
verdoem:
"I have never heard such a lot of nonsense in my life, neither have the two
assessors. I do not know whether the accused thinks that
we are children that we
can be imposed upon by this sort of rubbish. Whether or not at any stage,
previously, he had some falling
out with the deceased, I do not know. The widow
says she knows nothing about this, it is the first time that she had seen this
man,
but of course she would not specifically know, necessarily, that they had
some falling out, although I think it highly likely she
would have known. But
his
9
story that he would go at 04h00 in the morning like a thief in the night to try
and get some money back is nonsense. His story further
that he did not mean to
shoot the deceased, because the deceased walked in the same direction as the
bullet is equally
ridiculous."
Die vrae wat
die verhoorregter tydens appellant
se kruisondervraging gevra het, openbaar dat hy onder die
indruk was (en
dat hierdie indruk by hom en ook by die
assessore gebly het, blyk uit die
opmerkings in die
uitspraak) dat appellant te kenne gegee het dat hy
hom
as' t ware hoed in die hand tot die oorledene gewend het
vir geldelike
bystand. Dit was nooit sy saak nie: die
staatsadvokaat het sy bewering korrek opgesom in die
aangehaalde gedeelte
van die kruisondervraging, nl dat hy
geld van die oorledene wou
afdwing
met die vuurwapen.
Waar
dit
was wat hy beoog het en waar hy boonop reeds
voortvlugtend was, is dit nie net verstaanbaar nie maar
inderdaad hoogs waarskynlik dat hy sy plan nie helder
oordag of vir die oorledene op 'n meer geleë tydstip sou
10
uitvoer nie. Sy getuienis in hierdie verband is alles behalwe
onsinnig en daar bestaan geen rede om dit te verwerp nie, veral waar
dit boonop
in ooreenstemming is met die waarskynlikhede. Dit is reeds gemeld dat die
appellant skuldig gepleit het aan 'n reeks ander
oortredings. Hy was 'n
bedrywige inbreker, rower en dief. Sy bewering dat hy weer daarop uit was om te
buit val dus geensins vreemd
op nie te meer daar hy geglo het dat Motha een van
die was wat hom sy werk gekos het.
Die verhoorhof se wanopvatting van
appellant se weergawe lê aan die wortel van die verwerping daarvan maar
dui ook daarop dat
mev Motha se getuienis nie be-"hoorlik oorweeg kon gewees het
nie. Op sigself genome, kom haar bewering dat appellant haar man beveel
het om
op te staan en toe na die kombuis beweeg het maar teruggekom en hom koelbloedig
geskiet het juis terwyl hy besig was om die
bevel te gehoorsaam, verdag voor.
Sulke optrede sou sinneloos en redeloos wees en 'n raaisel maak van die
11
doel van appellant se besoek. En, indien die hof besef het dat
appellant se saak was dat hy beoog het om die oorledene te beroof en
dat daardie
bewering as 'n redelike moontlikheid aanvaar moes word, moes dit ook besef het
dat mev Motha se verhaal nie net verdag
nie, maar inderdaad so onwaarskynlik was
dat dit nie aanvaar kon word nie. Ek sê dit omdat dit eenvoudig te veel
gevra is om
te glo dat appellant, vuurwapen in die hand en met roof as oogmerk,
die huis sou binnegaan en dan sy hulpelose slagoffer terstond
sou skiet sonder
om (soos mev Motha in kruisondervraging nadruklik beweer het) van sy aardse
besittings op te eis. Kortom: word dit
eenmaal as redelike moontlikheid aanvaar
(soos dit moet) dat appellant die huis besoek het om die oorledene te beroof,
moet mev Motha
se ontkenning dat hy geld van die oorledene geëis het en
haar verhaal oor die skietery verwerp word.
12
Wat dan oorbly is appellant se eie verduideliking
van die oorledene se dood.
Die verhoorhof het sy bewering dat hy die
oorledene per ongeluk getref het omdat laasgenoemde beweeg het sonder aangifte
van redes
as onsinnig verwerp. In hierdie hof het die staatsadvokaat slegs
aangevoer dat dit fisies onmoontlik is vir 'n persoon om voor 'n
koeël in
te beweeg. Ek moet sê dat ek hierdie betoog eienaardig vind in die lig van
die aanvaarding by die verhoor deur
dieselfde staatsadvokaat van appellant se
pleit van skuldig aan strafbare manslag op aanklag 31 (waarin hy ook aangekla
was van moord)
op grond daarvan dat hy na die bene van die oorledene in daardie
aanklag . geskiet het maar laasgenoemde in die kop getref het omdat
hy vooroor
gebuk het. Hoe dit ook al sy, die getuienis oor presies wat gebeur het, is so
karig dat appellant se bewering nie as 'n
onmoontlikheid verwerp kan word nie.
In hoofondervraging het hy slegs getuig:
13
"Hy het toe na my gekap met hierdie byl en hy was
te naby aan my gewees. Om hom skrik te maak het ek toe geskiet, maar toevallig
is
hy getref."
Die enigste vraag in kruisondervraging oor die skoot was:
"Jy weet as 'n mens iemand anders met 'n vuurwapen skiet kan hy doodgaan?
Die antwoord was:
"Ek het eintlik nie na die man gemik nie. Ek het gedink as ek 'n skoot afvuur
sal hy bang word, maar ek skiet toe in 'n rigting en
hy beweeg ook in daardie
rigting, toe is hy getref."
Indien die staatsadvokaat die fisiese moontlikheid van
die bewering betwyfel het, moes hy appellant behoorlik
gekruisvra het. Op die beskikbare getuienis bestaan
daar geen rede vir die verwerping van sy verduideliking
nie.
In die lig van die voorafgaande en die redelike
moontlikheid dat die oorledene toevallig getref is, kon
die appellant nie skuldig bevind word aan moord nie. Sy
advokaat in hierdie hof het egter tereg toegegee dat hy
14
op sy eie weergawe skuldig is aan strafbare
manslag omdat hy die dood van die oorledene redelikerwys moes voorsien het toe
hy die
skoot geskiet het. Die skuldigbevinding op aanklag 10 sal
dienooreenkomstig verander word. Die vonnis sal later aandag geniet.
Soos
aanvanklik aangedui, is die appêl ook gerig teen die vonnisse wat die
appellant opgelê is op die aanklagte waarop
hy skuldig gepleit het. Dit
sluit misdade in soos verkragting, menseroof, poging tot moord, strafbare
manslag, aanranding met die
opset om ernstig te beseer, huisbraak met die opset
om te steel en diefstal, huisbraak met die opset om te roof en roof,
motordief-stal,
ontsnapping uit wettige bewaring en die onwettige besit van
wapens en ammunisie. Uitgesonderd sommige aanklagte van verkragting wat
gepaard
gegaan het met menseroof, het die verhoorregter nie beveel dat die vonnisse of
gedeeltes daarvan gelyktydig uitgedien word
nie - vandaar die uitsonderlike lang
totale termyn van
15
122 jaar en 6 maande gevangenisstraf. In die
uitspraak oor
vonnis het hy opgemerk (nadat hy bevind
het dat die doodvonnis die enigste
gepaste vonnis op
aanklag 10 was):
" in so far as the other counts are
concerned I have taken into account what Mr Vermeulen had said and I do not
propose to juggle with the sentences and make some of
them run concurrently with
the others, because I wish to make perfectly clear that if, for some unfortunate
reason, this man escapes
the death penalty, then my intention is, and I wish
this to be brought to the attention of the prison authorities, that he remain
in
jail for the rest of his life. He is a wicked person."
Appellant se advokaat het twee besware teen die vonnisse
geopper. Eerstens het hy aangevoer dat die verhoor-
regter nie oor voldoende inligting beskik het om hom in
staat te stel om 'n gepaste vonnis ten opsigte van elke
aanklag behoorlik te oorweeg nie. Sy tweede beswaar
was teen die verhoorregter se weiering om te gelas dat
sekere van die vonnisse gesamentlik uitgedien word wat.
16
volgens hom, 'n skokkende lang totale termyn tot
gevolg gehad het.
Wat die eerste beswaar betref, blyk dit uit die oorkonde
dat die appellant wel getuienis ter strafver-sagting afgelê het na
skuldigbevinding maar dit was toegespits op die doodvonnis wat op aanklag 10
opgelê kon word. Die betoë was ook daarop
toegespits en min is
gesê oor die vonnisse op die ander aanklagte. Op daardie stadium was
appellant se advokaat terdeë
bewus van die afwesigheid van getuienis met
die oog op gepaste vonnisse; in sy betoog het hy byvoorbeeld opgemerk dat,
hoewel daar
nie getuienis was nie, hy die hof kon meedeel dat die klaagsters wat
verkrag is nie fisies beseer was nie. Origens het hy egter versuim
om enige
versagtende feite voor te lê of om die hof se aandag te vestig op die
afwesigheid van inligting aan die hand waarvan
gepaste vonnisse opgelê kon
word. Eers in 'n aansoek om verlof om te appelleer wat hy na vonnis tot die
verhoorregter
17
gerig het, het hy daarvan gewag gemaak toe hy
betoog het dat "there is not a shred of evidence before this court about the
facts of
any of those charges".
Beide advokate wat by die verhoor opgetree
het, het - waarskynlik weens die pleit van skuldig - nie veel aandag gegee aan
die ander
aanklagte nie. In 'n skriftelike verklaring onder art 112(2) van die
Strafproseswet wat appellant se advokaat voorberei het, is,
met enkele
uitsonderings, niks meer as die formele bewerings ten opsigte van elke aanklag
in die klagstaat erken nie. Die advokate
was ongetwyfeld bewus dat, soos die
staatsadvokaat in sy skriftelike betoogpunte in hierdie hof toegegee het, "die
hof a guo oor
die minimum van besonderhede oor elk van die misdade beskik het"
en dat, selfs al sou die verhoorregter vir doeleindes van vonnis
na die
opsomming van wesenlike feite onder art 144(3)(a) van die Strafproseswet verwys
het, dit hom nie juis sou baat nie omdat "die
besonderhede daarin vervat
18
uiters gering is". (Ek spreek geen mening uit oor
die toelaatbaarheid van so 'n verwysing nie.) En, soos reeds aangedui, was hulle
betoë in die verhoorhof ook nie van enige werklike nut nie. Skynbaar het
hulle besef dat 'n lang termyn gevangenisstraf die
appellant in elk geval voor
die deur gestaan het en was hulle tevrede om die duur daarvan aan die
verhoorregter oor te laat. Dit
alles het daartoe gelei dat hierdie hof by die
verhoor van die appél self moes vra wat ons te doen staan aange-sien ons
oor
dieselfde karige besonderhede as die verhoorregter beskik het. Met die oog
op die spoedige afhandeling van die appêl en om
'n terugverwysing na die
verhoorhof te vermy, het die advokate toe onderneem om ons van 'n stel
ooreengekome feite met betrekking
tot elke aanklag te voorsien. Die ooreengekome
feite is egter maande later eers ontvang en intussen moes uitspraak
agterweë
gehou word terwyl die appellant sy lot
19
in die skadu van 'n doodvonnis moes afwag.
Geregtigheid
word sekerlik nie op hierdie manier gedien nie.
Ongelukkig moet ek byvoeg dat ek dit onbegryp-
lik vind dat die verhoorregter bereid was om die
appellant te vonnis - en dit nogal tot so 'n ontsaglike
lang termyn - sonder behoorlike ondersoek na alle faktore
wat die straf kon beïnvloed, insluitende die omstandig-
hede waaronder elke oortreding gepleeg is. Die
opmerkings in
S v Soci
1986 (2) SA 14
(A) op 17 I - 18 A
is eenyoudig geïgnoreer, skynbaar omdat die betrokke
regter sy eie siening oor strafoplegging het waarby die
omstandighede waaronder 'n oortreding gepleeg is geen rol
speel nie. In sy uitspraak in die aansoek om verlof. om
te appelleer het hy hom naamlik soos volg uitgelaat:
"Now in this particular case, of course, I did not know what went on. The
only indication I had was what was said in the section 112
proceeding and also
in the charge-sheet and I think it is in seven and eight of the summing up (of)
the facts, which, of course,
are very small, very limited and do not say a great
deal,
20
but that does not worry me in the slightest. Not in the slightest. Attempted
murder is the attempt to take deliberately the life
of somebody else. Murder has
always, certainly by me and all other judges that I have ever known, reasonable
judges that is, considered
to be the most terrible crime that you can commit,
because life is the most important thing that one has. So that attempted murder
to me is a very, very serious of f ence. The fact that I am not told exactly how
or where the man shot or why it was only attempted
murder and was not something
else is to me completely irrelevant for the present purposes. Nine years seems
to me a moderate sentence
for attempted
murder."
Die
voor-die-hand-liggend korrekte benadering
verskyn in die uitspraak van Friedman R in
S v Banda
and
Others
1991 (2) SA 352
(BGD) op 356 B, naamlik:
"Merely to find that a crime is by itself serious without regard to the
setting and its factual context, and thereby concluding that
the crime committed
by the offender is therefore also serious, is not appropriate, and may result in
a serious misdirection. The
Court does not and cannot rely on a catalogue of
crimes. To do so would result in a purely mechanistic approach, whereby the
Court,
in its judicial discretion, would fail to pay due
21
regard to the facts and circumstances of the
particular crime."
(Vgl ook
S v P
1989 (1) SA 760
(K) op 762 A - D.) Die
verhoorregter
se eksentrieke benadering het meegebring
dat hy byvoorbeeld, benewens die
twee aanklagte van
poging tot moord wat hy uitdruklik behandel het in
die
aangehaalde gedeelte van sy uitspraak, dieselfde vonnis
van 5 jaar
gevangenisstraf opgelê het op elke aanklag van
huisbraak met die opset
om te steel en diefstal (en 7
jaar op elke aanklag van huisbraak met die opset om te
roof en roof) hoewel die waarde en aard van die goedere
wat gesteel of
geroof is in sommige gevalle opmerklik
verskil. Ewe insiggewend is die 2 jaar gevangenisstraf
op aanklag 38 wat die appellant opgelê is weens
aanranding met die opset om ernstig te beseer sonder
enige kennis van die werklike aard en erns van die
aanranding en die beserings wat die klaagster opgedoen
het of die rede vir die aanval.
22
Dit baat egter nie veel om die vonnis op elke aanklag
afsonderlik te bespreek nie aangesien dit eintlik gaan om die kumulatiewe effek.
Die verhoorregter het doelbewus 'n totale effektiewe termyn opgelê wat die
appellant se verwagte lewensduur oorskry omdat hy
wou verseker dat hy nooit
losgelaat sou word indien hy die doodvonnis op aanklag 10 sou vryspring nie. Die
enigste rede wat hy hiervoor
aanvoer is dat die appellant 'n "wicked person" is
maar dit moet aanvaar word dat die aandrang op sy gevangehouding vir die res van
sy lewe gespruit het uit die verhoorregter se beoordeling van sy persoonlikheid
aan die hand van die misdade wat hy gepleeg het.
Daarom is dit nodig om die
oortredings waaraan hy skuldig gepleit het, nader te betrag. Maar eers is daar
sy vorige veroordelings.
Gedurende 1973 is hy op tienderjarige leeftyd skuldig bevind aan die diefstal
van visgereedskap uit 'n motorhuis en daarna aan huisbraak
met die opset om
te
23
steel en die diefstal van 'n klein bedraggie
geld. In beide gevalle is lyfstraf met 'n ligte rottang opgelê. Daarna het
hy vir
ongeveer 11 jaar nie met die gereg gebots nie maar gedurende 1984 is hy
skuldig bevind weens die besit van dagga en beboet. Gedurende
1988 het hy vir
die eerste maal 'n misdaad gepleeg waarby geweld betrokke was en is hy skuldig
bevind aan aanranding met die opset
om ernstig te beseer. Die vonnis was 'n
boete van R100 of 90 dae gevangenisstraf. Volgens appellant het hierdie
veroordeling betrekking
gehad op sy vorige uitval met Motha. Hy het laasgenoemde
en 'n ander persoon met 'n kierie te lyf gegaan omdat hulle vals gerugte
oor hom
versprei het. Hy kon die boete nie betaal nie en toe hy uit die gevangenis kom,
het hy gevind dat hy sy werk verloor het.
Later gedurende 1988 is hy skuldig
bevind op ses aanklagte van huisbraak met die opset om te steel en diefstal. Hy
is 'n opgeskorte
vonnis opgelê - waarom weet ek nie - op voorwaarde o a
dat hy sommige van die
24
klaers in maandelikse paaiemente vergoed. Die
voorwaarde is blykbaar nie nagekom nie. Kort daarna het appellant met die
huidige reeks
misdade begin. Hy het oral in die omgewing by huise ingebreek en
gesteel. Op 'n stadium is hy gearresteer maar hy het ontsnap en
daarna het dit
eens so erg gegaan veral nadat hy - tydens een van die inbrake - vuurwapens in
die hande gekry het. Waar hy ingebreek
het en die huisbewoners nie tuis was nie,
het hy eenvoudig gesteel wat hy wou maar die wat tuis was, is telkens met 'n
vuurwapen
gedreig en beroof en waar hulle weerstand gebied het, het hy nie
gehuiwer om te skiet nie. Dit is reeds bekend wat in Motha se huis
gebeur het.
Nog 'n persoon wat hom teen appellant se roofpoging verset het, is doodgeskiet
(aanklag 31 waarna vroeër verwys
is) en twee ander is getref maar gelukkig
sonder dodelike gevolge. (Dit het aanleiding gegee tot aanklagte 15 en 17 waarop
hy skuldig
gepleit het aan poging tot moord.) Daarby het dit egter nie
25
gebly nie want appellant het blykbaar ook 'n besondere
voorliefde vir vroue. Op aanklag 1 het hy skuldig gepleit aan verkragting.
Hy
het die ongelukkige vrou langs die pad teëgekom en met 'n mes gedreig om
met hom omgang te hê. Later, nadat hy die
vuurwapens in die hande gekry
het, was dít waarmee hy sy vroulike slagoffers tot oorgawe gedwing het.
Aanklagte 11, 12 en
13 dui aan hoe hy te werk gegaan het. Nadat hy mev Motha se
man gedood het, het hy haar uit die huis ontvoer deur haar met die vuurwapen
te
dreig en later het hy haar twee maal met derglike dreigemente tot geslagtelike
omgang gedwing. Dieselfde lot het 'n 16-jarige
dogter later te beurt geval by 'n
ander huis waar hy ingebreek en die eienaar beroof het.
Voorafgaande is 'n breë oorsig van appellant se misdade. Sy skrikbewind
het ongeveer 'n jaar geduur en is eers beëindig
toe hy gearresteer is. By
die verhoor het hy skuldig gepleit op 5 aanklagte van huisbraak met
26
die opset om te steel en diefstal, 4 van huisbraak met die
opset om te roof en roof, 1 van huisbraak met die opset om 'n misdryf aan
die
aanklaer onbekend te pleeg, 1 van huisbraak met die opset om te roof, 2 van
motordiefstal, 1 van gepoogde motordiefstal, 1 van
strafbare manslag, 2 van
poging tot moord, 1 van aanranding met die opset om ernstig te beseer, 2 van
menseroof, 5 van verkragting,
1 van ontsnapping uit wettige bewaring en 1 van
die onwettige besit van wapens en ammunisie. Billikheidshalwe moet gesê
word
dat hierdie lys, hoe formidabel dit ook al is, miskien ernstiger voorkom as
wat dit werklik is omdat verskeie aanklagte uit een deurlopende
stel feite
gespruit het. Aanklagte 11, 12 en 13, en ook 28, 29 en 30 waarna reeds verwys
is, is sprekende voorbeelde. Ander is aanklagte
8 en 43 (motordiefstal); op die
betrokke geleenthede het die appellant eers huisbraak en diefstal in die huis
gepleeg (aanklagte
7 en 42) en toe die eienaars se motors
27
ook gesteel. En die wapens en ammunisie wat hy
onwettig besit het, het hy tydens 'n inbraak gesteel (aanklag 33).
Appellant se advokaat het aangevoer dat gevangenisstraf van meer as 25 jaar
slegs by wyse van hoë uitsondering opgelê word
en dat dit nie
geregverdig is in die huidige geval nie. Ofskoon in
S v Morris en 'n
Ander
1989 (2) SA 643
(A) op 645 F - G opgemerk is dat gevangenisstraf van
meer as 25 jaar slegs in "enkele, buitengewone" gevalle te regverdig is en
dergelike
dicta in etlike ander gewysdes verskyn (bv in
S v Tuhadeleni and
Others
1969 (1) SA 153
op 155 H,
S v Whitehead
1970 (4) SA 424
(A) op
438 H en
S v Skenjana
1985 (3) SA 51
op 55 H), is daar niks wat so 'n
vonnis in 'n gepaste geval verhoed nie (vgl
S v Sibiya
1973 (2) SA 51
(A)
op 57 G -H en die asnog ongerapporteerde uitspraak van hierdie Hof in
S v
Muller
(gelewer op 27 November 1992 in Saak No 338/91) ). Die onderhawige is
by uitstek so 'n geval.
28
Die omvang, aard en erns van appellant se wandade
spreek vir sigself. Wat veral opval is sy brutaliteit en sy gevoelloosheid
teenoor
sommige van sy slagoffers. Respek vir hulle lewens en liggame het hy
sekerlik nie getoon nie en vir hulle goedere natuurlik nog minder.
Die byna
dierlike wyse waarop hy die luste van sy vlees bevredig het, moet ook nie
misgekyk word nie. Dit, en sy impulsiewe gewelddadigheid
waarmee hy volhard het
selfs na sy aanvanklike arrestasie en ontsnapping terwyl hy 'n voortvlugtende
van die gereg was, dui sterk
daarop dat sy straf nie alleen as boetedoening moet
dien nie, maar dat sy vonnis, ter beskerming van die gemeenskap, hoofsaaklik
gerig moet wees op die voorkoming van dergelike optrede in die toekoms. Sou daar
enige werklike vooruitsigte op hervorming gewees
het, mag die resultaat anders
gewees het, maar daar is geen aanduidings dat die appellant vatbaar is daarvoor
nie. Dit is waar dat
hy hom, na sy
29
eerste teregwysing gedurende 1973, vir ongeveer
15 jaar weerhou het van ernstige misdaad. Dit is ook waar dat die vlaag misdade
wat
tans ter sprake is, gepleeg is nadat hy vrygelaat is uit die gevangenis en
gevind het dat hy sy werk kwyt was. Hy het egter nie probeer
te kenne gee dat al
sy oortredings uit nood gebore was nie en, gesien die aard daarvan, sou so 'n
aanspraak in elk geval onsinnig
wees. Hy het eenvoudig doelbewus besluit op 'n
loopbaan as beroepsmisdadiger en daarmee volgehou totdat hy aangekeer is. Hy het
'n
geharde rampokker geword wat gewoond is om sy wil gewelddadig te laat geld.
Daar is geen rede om enigsins te vermoed dat hy in die
toekoms 'n ander weg sal
inslaan nie. Daarom kan effektiewe beskerming slegs aan die gemeenskap verleen
word deur te probeer verseker
dat hy nie weer vrygelaat word nie.
Die verhoorregter het ongetwyfeld dieselfde doel voor oë gehad met sy
weiering om toe te laat dat die
30
vonnisse op die afsonderlike aanklagte
gelyktydig
uitgedien word. Ek verkies egter 'n eenvoudige vonnis
van
lewenslange gevangenisstraf wat meer realisties is
omdat dit nie een is wat
die appellant nooit sal kan
uitdien nie en boonop sal meebring dat daar -
weens die
bepalings van art 64 van Wet 8 van 1959, soos gewysig
-
verantwoordelike beheer oor sy aanhouding behoort te
wees. Soos aangedui
in
S v Younq
1977 (1) SA 602
(A) op
610 G kan daar, anders as wat die geval met verhoorhowe
is, nie probleme ontstaan wanneer hierdie Hof 'n
gesamentlike vonnis oplê vir meerdere oortredings wat
tesame geneem word vir doeleindes van vonnis nie. Dit
is wat ek van voorneme is om te doen.
Die volgende bevel word gemaak:
1. Die appèl teen die skuldigbevinding en vonnis op aanklag 10 word
gehandhaaf en die betrokke skuldigbevinding en vonnis vernietig.
Die
skuldigbevinding word vervang met een van strafbare manslag.
31
2. Die appél teen die vonnisse op die ander
aanklagte word gehandhaaf
tot die mate dat die
vonnisse vernietig word en vervang word met
die
vonnis in paragraaf 3 hiervan.
3. Aanklag 10 en al die ander aanklagte waarop die
appellant veroordeel is,
word tesame geneem vir
doeleindes van vonnis en die appellant
veroordeel
tot lewenslange gevangenisstraf.
J J F HEFER
MILNE JA)
VAN DEN HEEVER JA) STEM SAAM