Krygkor Pensioenfonds v Smith (388/92) [1993] ZASCA 47; 1993 (3) SA 459 (AD); [1993] 2 All SA 296 (A) (31 March 1993)

58 Reportability

Brief Summary

Execution — Disclosure of information — Respondent sought information from the appellant pension fund to enforce a divorce settlement against her ex-husband — Appellant refused to provide the requested information — Respondent obtained a court order compelling the pension fund to disclose details of the pension payout — Appeal by the pension fund against the order — Court held that the respondent's need for information was valid only in relation to her claim against her ex-husband, which had been settled, rendering her application against the pension fund moot — Order set aside as there was no basis for the claim against the pension fund after the settlement.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 47
|

|

Krygkor Pensioenfonds v Smith (388/92) [1993] ZASCA 47; 1993 (3) SA 459 (AD); [1993] 2 All SA 296 (A) (31 March 1993)

Saak No 388/92
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
KRYGKOR PENSIOENFONDS
Appellant
en
FLIPPINA CATHARINA SMITH
Respondent
CORAM
: HOEXTER, E M GROSSKOPF, EKSTEEN, NIENABER, ARR et KRIEGLER,
WnAR
VERHOOR
15 Maart 1993
GELEWER
: 31 Maart 1993
2
UITSPRAAK B M GROSSKOPF, AR
Hierdie appèl
ontstaan uit 'n poging van die respondent ("Mev Smith") om inligting van die
appellant, die Krygkor Pensioenfonds
("die Pensioenfonds") te bekom ten einde 'n
egskeidingsbevel teen haar gewese man ("Mnr Smith") af te dwing. Die uitspraak
van die
hof a quo is gerapporteer:
Smith v Smith en 'n Ander
1992 (1) SA
415
(T).
Die egpaar Smith is in 1989 geskei.
'n
Skikkingsooreenkoms tussen hulle is by
die egskeidingsbevel
ingelyf. Hierdie ooreenkoms het o m voorsiening gemaak vir
die beheer en toesig oor die minderjarige kind van die
huwelik, vir die onderhoud van Mev Smith en die kind, en vir
die verdeling van die gemeenskaplike bates (die egpaar was
binne gemeenskap van goedere getroud). As 'n deel van die
partye se skikking van hul vermoënseise het die ooreenkoms
die volgende bepaling bevát:
"Die volle bedrag wat die Verweerder [Mnr Smith] ontvang vanaf sy
pensioenfonds wanneer hy aftree sal gelykop tussen die partye verdeel
word,
Die
3
Verweerder onderneem hiermee om, waar 'n keuse aan hom gestel word, die
volle bedrag wat vir uitbetaling beskikbaar is in terme van
die reëls en
voorskrifte van die Pensioenskema te
aanvaar."
Mnr Smith was in Krygkor se diens
en 'n lid van die Pensioenfonds. Op 1 Maart 1991 het hy afgetree. Op 15 Maart
1991 het Mev Smith
se prokureur aan die uitvoerende hoofbeampte van die
Pensioenfonds geskryf en gevra om volle besonderhede van Mnr Smith se
pensioenuitbetalings.
Die Pensioenfonds het geweier om hierdie inligting te
verstrek. Verdere pogings om van die fonds besonderhede te kry oor die bedrag
wat aan Mnr Smith betaal is, het ook misluk.
Op 3 April 1991 het Mnr Smith by Mev Smith se huis aangekom met 'n nuwe
motor wat, so het hy gesê, hy met sy pensioengeld gekoop
het. Hy het ook
genoem dat 'n deel van sy pensioengeld sou gaan om 'n lening by die bank af te
los. Op advies van haar prokureur
het Mev. Smith op 8 April haar gewese man
gebel en hom pertinent versoek om haar helfte van die pensioengeld aan haar oor
te betaal.
Hy het geweier. Sy woorde was:
4
"Jy en jou ou prokureurtjie spook nou al baie lank. Ek het so min geld
uitgekry nadat ek my verband afgelos het en ek 'n ander motor
gekoop het dat
daar niks oor is vir my nie."
Die Pensioenfonds is weer genader maar het
steeds
geweier om inligting te verstrek.
Mev Smith se prokureur het
Mnr Smith gebel. Mnr Smith het volhard in
sy houding dat hy
geen gelde aan haar sou betaal nie aangesien hy ander skulde
het wat eers gedelg moes word. Op 10 April rig Mev Smith
'n
dringende aansoek tot die Transvaalse Provinsiale Afdeling
en
verkry 'n bevel
nisi
wat Mnr Smith (die eerste respondent)
en
die Pensioenfonds (die tweede respondent) aansê om redes
aan
te toon waarom die volgende bevel nie finaal gemaak sou word
nie:
"1.1 DAT eerste respondent onmiddellik die helfte van die kontant bedrag
wat respondent ontvang het vanaf sy pensioenfonds soos op
datum van aftrede aan
applikante lewer;
1.2
DAT tweede
respondent die volle bedrag van die pensioen wat eerste respondent toegeval het
soos op datum van sy aftrede bekend maak
aan
applikante;
1.3
DAT tweede
respondent die maksimum bedrag kontantuitbetaling wat aan eerste respondent
beskikbaar was vir uitbetaling
bekend
maak;
5
1.4 DAT tweede respondent aan applikante bekend maak welke bedrag aan eerste
respondent uitbetaal is;
1.5 DAT tweede respondent 'n aantekening in die rekords van die fonds maak
dat daardie deel van die betrokke pensioenbelang wat aldus
aan die applikante
betaalbaar is, indien die maksimum beskikbare kontantbedrag nie uitbetaal is
nie, aan die applikante uitbetaal
word;
1.6 DAT die eerste respondent die koste van hierdie aansoek betaal;
1.7 DAT tweede respondent indien die aansoek geopponeer word die koste
betaal"
Voordat
die aansoek op die keerdag aangehoor is, is
die saak tussen Mnr en Mev Smith geskik. Mev Smith
se
advokaat het gevolglik by die keerdag geen regshulp teen
Mnr
Smith gevra nie. Hy het egter wel versoek dat die
paragrawe
van die bevel
nisi
wat op die Pensioenfonds
betrekking het,
bekragtig word (behalwe paragraaf 1.5 wat hy laat
vaar het).
Die Pensioenfonds is deur 'n advokaat verteenwoordig en het
betoog dat daar geen regsgronde vir so 'n bekragtiging is
nie. Na aanhoor van argument het die hof (Goldstein R)
paragrawe 1.2, 1.3, 1.4, en 1.7 van die bevel bekragtig. Die
Pensioenfonds kom nou in hoër beroep teen hierdie bevel.
Nóg
6
Mnr Smith nóg Mev Smith het die appél teengestaan.
Dit is dienstig om eers na te gaan wat die
gronde
was waarop regshulp teen die
Pensioenfonds aangevra is. Mev
Smith se funderende eedsverklaring is onduidelik hieromtrent.
Nadat sy die geskiedenis van die saak uiteensit, sê sy:
"Dit is my submissie ... dat [Mnr Smith] te alle tye wil verhoed dat ons
enige inligting mag verkry om ons in staat te stel om enige
stappe te neem om
die gemelde bedrag wat aan my verskuldig is in te vorder. [Mnr Smith] het ook
herhaaldelik aan my te kenne gegee
dat hy geen geld te enige tyd aan my gaan
oorbetaal nie, aangesien hy dit nie aan my verskuldig is
nie."
Daarna behandel sy die dringendheid
van die saak
(naamlik dat as hy nie vinnig gekeer word nie, Mnr Smith al
die geld sou uitgee) en sluit dan af:
"[Die Pensioenfonds] weier om aan my enige inligting te verskaf en om
hierdie rede is dit vir my noodsaaklik om die Agbare Hof op
'n dringende basis
te nader om sodoende te verseker dat my vorderingsregte in terme van die
skikkingsooreenkoms ... beskerm word."
Hoewel, soos reeds gemeld, hierdie passasies nie
duidelik aandui watter gronde aangevoer word vir die eis teen
7
die Pensioenfonds nie, wil dit darem blyk dat dit Mev Smith se saak was
dat sy die inligting van die Pensioenfonds nodig gehad het
vir doeleindes van
haar aansoek teen Mnr Smith. Die regter
a quo
het dit ook so ingesien. Hy
sê o m (bl 417 B-
C):
"Dit is baie duidelik dat in hierdie omstandighede dit onmoontlik is vir
[Mev Smith] om die hierbo aangehaalde gedeelte van die ooreenkoms
teen [Mnr
Smith] af te dwing. Sonder die inligting weet sy nie watter voordele hom
toegekom het nie en kan sy onmoontlik dan die
helfte daarvan eis. Sonder
inligting weet sy ook nie of hy 'n keuse uitgeoefen het om die volle bedrag wat
beskikbaair geword het
te neem al dan
nie."
As dít Mev Smith se saak was,
het dit verval toe sy haar eis teen haar voormalige man geskik het. Die rede
waarvoor sy die
inligting wou gehad het, het toe nie meer bestaan nie. Daar was
geen ander grondslag in die stukke waarop die eis teen die Pensioenfonds
gefundeer kon word nie.
Dit is nie duidelik uit die stukke of die regter a
quo
geweet het
dat die saak tussen Mnr en Mev Smith geskik
8
was nie. Hy het egter wel geweet dat die eis teen die Pensioenfonds bloot
aanvullend en bykomstig was tot die eis teen Mnr Smith.
Toe daar nie voortgegaan
is met die eis teen laasgenoemde nie (om watter rede ook al) het die eis teen
eersgenoemde geen bestaansreg
meer gehad nie. Die hof
a quo
behoort dus
geen substantiewe regshulp teen die Pensioenfonds te verleen het nie.
Mnr. Vorster, wat namens die Pensioenfonds verskyn het, het, in die loop
van sy deeglike en weldeurdagte argument, betoog dat dit
nogtans nodig is om die
juistheid van die hof
a quo
se uitspraak te oorweeg vir die doeleindes
van koste. Sy argument was dat selfs as die hof geweet het dat die saak geskik
was, die
hof steeds vir doeleindes van sy kostebevel sou moes bepaal het of Mev
Smith geregtig was om die aansoek teen die Pensioenfonds aanhangig
te maak. Ek
stem hiermee saam. Bloot vir die doeleindes van koste sal ek dus oorweeg of Mev
Smith se eis teen die Pensioenfonds,
soos dit uit die stukke blyk, geldig
was.
Soos reeds gemeld was haar eis daarop gerig om inligting te
bekom ten einde die bepalings van die egskeidingsbevel teen haar voormalige
man
af te dwing. Die hof a quo het soos volg beslis (op bl 417J tot 418A):
"Ek is van oordeel dat die huidige 'n geval is waar ek gebruik moet maak van
my inherente bevoegdhede om [die Pensioenfonds] te gelas
om die inligting te
verskaf. Indien die inligting nie verskaf word nie, gaan reg inderdaad nie
geskied nie."
Vir sy
gevolgtrekking dat hy die inherente
bevoegdheid gehad het om hierdie bevel teen die Pensioenfonds uit te
reik, het die hof staatgemaak op
Hart v Stone
(1883) 1 Buch AC 309
en
Stuart v Ismail
1942 AD 327.
In
Hart v Stone
het 'n voornemende eiser aansoek gedoen teen 'n
vennootskap se agent om die agent te verplig om die name van die vennote te
openbaar
ten einde die aansoekdoener in staat te stel om 'n aksie teen die
vennootskap in te stel. Die hof het die bevel toegestaan. Appêl
is
aangeteken na die appêlhof van die Kaapkolonie. Vyf regters (insluitende
die regter
a quo
, Buchanan RP) het die
10
appêl verhoor en dit eenparig afgewys. Verskillende redes
is
verstrek. Hoofregter De Villiers het as volg geantwoord
op
die prokureur-generaal se betoog dat die gemene reg
nie
voorsiening vir 'n aansoek van hierdie aard maak nie (bl
313-
4):
"If ... he (dws die prokureur-generaal) had referred to the llth book of the
Digest
, he would have found in the first title numerous instances in
which an '
interrogatio in iure
,' as it was called, was allowed, at all
events before the time of
Callistratus
.
Voet
, in his Commentary in
(sc. "on") the title, treats fully upon the subject, and shows that even under
the Dutch Law - whatever might
have been the law of the province of Holland
proper -the Judges had very large powers of ordering a disclosure of facts where
justice
would be defeated without such a disclosure ... In the present case it
is not denied that the respondent
bona fide
intends to bring his action,
and the sole object of the application is to obtain from the appellant, who is
the only person who can
give it, information as to the names of the persons
forming the company which the respondent intends to sue. The application, in
my
opinion, was properly granted
Dwyer R het
met die hoofregter saamgestem "on the Bnglish and American authorities". Smith R
het sonder om verdere redes te verstrek,
met die Hoofregter saamgestem.
11
Barry RP het die volgende gesê (op bl. 315-6):
".... in my opinion we have a power to order a disclosure even before action
...
Ubi jus ibi remedium
is a principle common to our law and the law of
England ... In the present case the party intended to be sued and the cause of
action
are fully stated, but the remedy is incomplete because of the rule of
procedure which requires that the parties be named. The
jus
being
established, and there being no complete remedy, owing to this very procedure,
we may, and the Court below could, complete
the
remedy."
Barry RP het ook verwys na Voet,
11.2.1 en Van der Linden se byvoegsel daartoe as verdere gesag vir sy
standpunt.
Buchanan RP het volstaan met die redes wat hy as regter
a quo
verstrek het. Hulle voer die saak nie veel verder nie.
In
Stuart v Ismail
was die appellant die algemene sekretaris van
'n vakbond. Die respondent het 'n aansoek gerig om die appellant te verplig om
die
name van die lede van die uitvoerende komitee van die vakbond te openbaar.
Die name was weereens nodig vir die instelling van 'n
aksie.
12
Daar is namens die appellant betoog dat
Hart v
Stone
onderskei kon word, deurdat
Hart v Stone
te doen
gehad het
met die lede van 'n liggaam sonder regspersoonlikheid,
terwyl
daar by
Stuart
se saak slegs 'n versameling of groep
indiwidue betrokke was wat verteenwoordigers was van 'n
regspersoon. Die hof (Centlivres AR) het hierdie betoog as
volg afgemaak (op bl 332):
"The answer to this contention is that the principle underlying the
procedure sanctioned by the Courts in these cases is that the
Courts have, as
stated in the passage guoted above [uit
Hart v
Stone], 'very large powers
of ordering a disclosure of facts where justice would be defeated without such a
disclosure.' In the present
case it is not disputed that the respondent
bona
fide
intends to bring his action and it is obvious that he cannot bring that
action unless he knows the names and addresses of the executive
committee. The
procedure of compelling a person to disclose the necessary information is not in
my opinion confined to these cases
where information is required of the names
and addresses of members of an unincorporated body."
Hart v Stone
en
Stuart v Ismail
het dekades lank
min aandag in ons regspleging ontvang en is grotendeels,
indien nie uitsluitlik nie, toegepas in die soort gevalle
13
waarmee hulle pertinent te doen gehad het, t w, gevalle waar 'n
voornemende eiser die name van persone verlang het teen wie hy aksie
wou instel.
Teen die tagtigerjare van hierdie eeu het hierdie sake skielik omstrede geword.
Die rede hiervoor was dat daar gepoog
is om die wye stellings uitgespreek in
hierdie sake te gebruik as 'n kapstok om sogenaamde Anton Piller-bevele, en
soortgelyke bevele,
aan te hang. Oor die aard en geskiedenis van die Anton
Piller-bevel, sien
Universal City Studios Inc and Others v Network Video
(Pty) Ltd
[1986] ZASCA 3
;
1986 (2) SA 734
(A) op bl 749H tot 752H.
House of Jewels & Gems and Others v Gilbert and Others
1983
(4) SA 824
(W) was 'n saak waarin die applikante inligting wou kry oor waar
sekere diamante gevind kon word. Namens die applikante is daar betoog
dat so 'n
aansoek gefundeer kon word op ons gemeenregtelike
interrogatio in
jure,
en daar is onder meer op
Stuart v Ismail
as gesag gesteun. Coetzee R het
na 'n deeglike ondersoek van ons gemeenregtelike kenbronne, tot die
gevolgtrekking gekom (op
14
bl 833D-E) dat
"not a single element of either the
interrogatio in jure
or the
procedural interrogations of old Dutch law is applicable today. Nor can any
assistance be derived for the solution of problems
like those
in casu
by
any reference to these systems."
Wat
Stuart v Ismail
betref, wys Coetzee R
daarop
(op bl 834 B-C) dat Centlivres AR se
formulering van die
beginsel wat onderliggend is aan die hof se bevoegdheid om
die verstrekking van inligting te gelas, sy herkoms het in
Lord De Villiers se uitspraak in
Hart v Stone
. Hy gaan
dan
voort (op bl 834B- C):
"... the interesting result is that this authoritative and binding
statement of principle is extracted from a judgment inwhich these
words are used
in relation to a practice which is irrelevaht," as I hope I have pointed out
above. Moreover, and with great respect
to De Villiers CJ, this
dictum
is
not even an accurate reflection of Voet's description of the Judges'
powers."
Na 'n eeu is die prokureur-generaal, wat in
Hart v
Stone
opgetree het, dus in ere herstel.
In
Economic Data Processing (Pty) Ltd and Others v
15
Pentreath
1984 (2) SA 605
(M) het Coetzee R oorweeg of
Anton
Piller-bevele kragtens ons reg toegestaan kan word.
Sy
antwoord was ontkennend.
Hart v stone
en
Stuart v
Ismail
,
sê hy (op bl 609H), was "the origin of the right
to obtain a
simple
disclosure
(note, not any form of
discovery
of
the
type involved in this enquiry) of names for the purposes
of
bringing an action ... but this remedy was never
developed
beyond that point ..."
Anton Piller-bevele was weer ter sprake in
die
volbank-beslissing
Cerebos Food
Corporation Ltd v Diverse
Foods SA (Pty) Ltd and Another
1984 (4) SA 149
(T). Van
Dijkhorst R, wat die uitspraak van die hof gelewer het, het
sy instemming met Coetzee R betuig dat die gemeenregtelike
bronne waarna verwys is in
Hart v Stone
, geen stawing vir
die
uitspraak in daardie saak bied nie. Wat
Stuart v Ismail
betref, sê hy (op bl 167A-B):
"In as far as this case is based upon
Hart v Stone
, which in turn
was based upon an incorrect reading of the old authorities, it should be
strictly limited to the rule thereby created,
namely the type of case where an
order is sought for the
16
disclosure of the name of a principal where it is intended to sue that
principal."
In die Oos-Kaapse afdeling is groter waarde
aan
Hart v Stone
en
Stuart v
Ismail
geheg. In
Kinekor Films
(Pty) Ltd v B A Adami Films (Pty) Ltd
1976 (4) SA 935
(OK)
het die appellant 'n bevel aangevra wat die respondent
gelas
om die name te verstrek van persone wat sekere rolprente
aan
hom verskaf het. Die volbank was van oordeel dat
Hart v
Stone
en
Stuart v Ismail
gesag vir so 'n bevel bied (bl 939
A-H).
Sien ook
Ex Parte Matshini and Others
1986 (3) SA 605
(OK)
op
bl 609 E tot 611G - ook 'n volbank-beslissing - waar
Kannemeyer R, na oorweging van die bogemelde Transvaalse
beslissings, tot die volgende gevolgtrekking kom (op bl 611
E-H);
"I am thus of the view that this Court has the jurisdiction to order 'the
disclosure of facts where justice would be defeated without
such disclosure'. I
am satisfied that the right to order such disclosure is not limited to cases
where there is a fiduciary relationship
between the respondent and the party
whose identity it is sought to establish. Nor is there any reason why the
procedure should be
limited to the disclosure of names. In
Hart v Stone
(
supra
) reference is
17
specifically made to the disclosure of facts. It is but a short step from
the disclosure of facts to the disclosure of real evidence
material for the
purposes of the proposed litigation. There is no reason in principle why, if an
order compelling disclosure of the
one is competent, an order of compelling
disclosure of the other should not also be competent. The applicant need have no
proprietary
or other right or interest in the thing to be disclosed other than
that it is necessary for the purposes of the intended action."
In die
Universal City Studios
saak (
supra
)
het
hierdie hof vir die eerste keer die
toelaatbaarheid van die
Anton Piller-bevel oorweeg. Die hof het
hierdie vraag benader
van die volgende beginpunt (op bl 754G -
H):
"There is no doubt that the Supreme Court possesses an inherent reservoir of
power to regulate its procedures in the interests of
the proper administration
of justice [as gesag vir hierdie stelling is o a
stuart v Ismail
aangehaal] ... It is probably true that ... the Court does not have an inherent
power to create substantive law, but the dividing
line between substantive and
adjectival law is not always an easy one to
draw."
Die hof het dan ook op bl 755 A tot
G
obiter
te
kenne gegee dat die hof wel in bepaalde gevalle 'n bevel
soortgelyk aan 'n Anton Piller-bevel sou kon uitreik. Sien
18
ook
Jafta v Minister of Law and Order and Others
[1991] ZASCA 1
;
1991 (2) SA 286
(A).
Hoewel die debat rondom
Hart v. Stone
en
Stuart v
Ismail
dus nog nie finaal afgehandel is nie, het hierdie hof gesaghebbend
bevestig dat die hof wel sy prosedure kan aanpas in die belang
van behoorlike
regspleging. Vir huidige doeleindes is ek bereid om ten gunste van Mev. Smith te
veronderstel, sonder om die punt
te beslis, dat 'n hof in 'n gepaste geval selfs
'n derde party, teen wie die applikant geen eisoorsaak het nie en wat nie 'n
party
of beoogde party tot litigasie met die applikant is nie, kan gelas om die
aangevraagde inligting te verstrek. Dit sou verder veronderstel
dat afgewyk word
van die
dicta
in die
House of Jewels & Gems
saak (
supra
op bl 828H tot 829A) en die
Cerebos Food
saak (supra op bl 173E) ten
effekte dat die verlening van so 'n bevel 'n saak van substantiewe reg is, en
nie een van prosesreg nie.
In hierdie veronderstelling sou die hof a
quo
die bevoegdheid gehad om die verskaffing van die
19
aangevraagde inligting deur die Pensioenfonds te gelas. Die verdere vraag
is dan hoe hierdie bevoegdheid uitgeoefen moes word.
Normaalweg word die verstrekking van inligting as 'n deel van die
regsproses gereël deur die hofreëls. Voorsiening word
gemaak vir
blootlegging
inter partes
en vir getuiedagvaardings of dagvaardings
duces tecum
t o v derde partye. Ons howe is tradisioneel ongeneë om
buite hierdie bepalings te gaan. Sien bv, behalwe die gewysdes reeds
hierbo
behandel,
Biden v The French and D'Esterre Diamond Mining Co
(1882) 1
Buch AC 95
,
Colonial Government v W H Tatham
(1902) 23 NLR 153
op 157-8,
Spies v Vorster
1910 NPD 205
op bl 216,
Messina Brothers, Coles and
Searle v Hansen & Schrader, Ltd
1911 CPD 781
,
Moulded Components and
Rotomoulding South Africa (Pty) Ltd v Coucourakis and Another
1979 (2) SA
457
(W) op bl 462H tot 463B,
Roamer Watch Co SA and Another v African Textile
Distributors
1980 (2) SA 254
(W) op bl 282C en 284C en
Seetal v Pravitha
and Another NO
1983 (3) SA 827
20
(D) op bl B32G tot 833E. Vergelyk ook die bespreking in
Jafta
se
saak (
supra
) op bl 293J tot 294D. Wat duidelik uit hierdie gewysdes blyk
is dat die hof slegs in uitsonderlike gevalle sy inherente bevoegdheid
sal
uitoefen om prosedures te volg waarvoor nie in die gewone prosesreg voorsiening
gemaak word nie. Die uitsonderlike gevalle word
op verskillende maniere omskryf
in die beslissings wat hierbo aangehaal is. Vir huidige doeleindes is dit egter
genoeg om te sê
dat die hof hierdie bevoegdheid sal uitoefen net waar
geregtigheid vereis dat afgewyk word van die gewone prosedure-reëls. En
selfs waar 'n afwyking nodig mag wees, sal die hof natuurlik altyd poog om so
naby as moontlik aan die erkende praktyke te bly.
AS hierdie benadering in die onderhawige geval toegepas word, is die
resultaat m i soos volg. Mev Smith het 'n reg tot 'n helfte van
die pensioengeld
gehad. Hierdie reg kon sy by wyse van aksie of aansoek teen Mnr Smith afdwing.
Watter prosedure sy ook al gevolg
het, sou sy deur blootlegging kon vasstel
watter bedrae Mnr Smith ontvang het
21
(sien reël 35 en veral 35(13) van die eenvormige hofreëls).
Verder sou sy enige ongeprivilegieerde inligting van die Pensioenfonds
kon bekom
deur middel van 'n getuiedagvaarding selfs, in 'n gepaste geval, in
mosie-verrigtinge. Sien Harms, Civil Procedure in the
Supreme Court, para G 27.
Vir 'n gewone hofproses het sy dus geen buitengewone regshulp nodig gehad
nie.
Sy het egter om verstaanbare redes besluit om 'n dringende aansoek aan te
vra. Haar eerste bede was om 'n bevel wat Mnr Smith gelas
om die helfte van die
bedrag wat hy van die pensioenfonds ontvang het, aan haar te lewer. As sy bang
was dat hy haar sou bedrieg
en minagting van die hof sou pleeg deur 'n bedrag
oor te betaal wat minder as die helfte is, sou sy ook in hierdie aansoek die hof
kon gevra het om terselfdertyd blootlegging te gelas ingevolge hofreël
35(13). Dit sou haar in staat gestel het om insae te
kry in alle relevante
dokumente wat in sy besit was, soos byv. korrespondensie met die Pensioenfonds,
bankstate, e.d.m.
22
Geen rede blyk uit die stukke om te vermoed dat Mnr Smith 'n meinedige
blootleggingsverklaring sou geliasseer het nie. Ook in die
dringende aansoek het
sy dus m i nie buitengewone regshulp nodig gehad nie. Veral was dit nie nodig om
die Pensioenfonds, 'n buitestander,
in hierdie stadium in te trek in die geskii
tussen haar en haar voormalige man nie. Die Pensioenfonds was nie die enigste
wat die
inligting gehad het nie. Mnr Smith het dit ook gehad, en van hom kon sy
dit kry sonder om af te wyk van die erkende praktykreëls,
behalwe miskien
insoverre dit nodig mag gewees het om hulle aan te pas weens die dringendheid
van die saak. En as dit uiteindelik
onmoontlik geblyk het om reg te laat geskied
sonder die inligting van die Pensioenfonds, sou die hof kon gelas het dat 'n
gepaste
amptenaar van die Fonds
viva voce
getuienis aflê. Sien
Harms,
op. cit
.
Om op te som: as ek veronderstel dat die hof wel die inherente
bevoegdheid het om bekendmaking van hierdie soort inligting deur 'n
buitestander
tot 'n geskil te gelas,
23
meen ek nogtans nie dat die hof dit in hierdie geval behoort te gedoen
het nie. Daar was dus m i geen regverdiging vir Mev Smith om
die Pensioenfonds
by hierdie aansoek te betrek nie, en die hof
a quo
behoort haar te gelas
het om die gedingskoste te betaal. Soos ek reeds aan die begin van die uitspraak
gesê het behoort die
substantiewe bevele in elk geval nie bekragtig te
gewees het nie.
Die gevolgtrekking wat ek hierbo bereik het maak dit vir my onnodig om te
oorweeg of 'n verdere submissie van die Pensioenfonds gebaseer
op Art 37A(1) van
die Wet op Pensioenfondse, no 24 van 1956, ook gehandhaaf moet word.
Weens die voorgaande slaag die appèl met koste, en word die hof
a quo
se bevel verander na: Die bevel
nisi
word opgehef met
koste.
E M GROSSKOPF, AR HOEXTER,AR
EKSTEEN, AR
NIENABER, AR
KRIEGLER, wn AR Stem saam