About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 44
|
|
Administrateur van die Provinsie, Kaap die Goeie Hoop v Burger (526/91) [1993] ZASCA 44; 1993 (3) SA 414 (AD); [1993] 2 All SA 261 (A) (30 March 1993)
1
Saak nr 526/91 /MC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen
DIE ADMINISTRATEUR VAN DIE PROVINSIE
KAAP DIE GOEIE
HOOP
- en -
STEPHANUS BURGER
Respondent
CORAM:
JOUBERT WHR et VIVIER, KUMLEBEN,
GOLDSTONE ARR et HOWIE Wnd AR.
VERHOOR:
15 Maart 1993.
GELEWER:
30 Maart 1993.
UITSPRAAK
VIVIER AR/
2
VIVIER AR:
Die respondent, na wie ek as die eiser sal
verwys, het in die Kaapse Provinsiale Afdeling 'n deliktuele aksie om
skadevergoeding ingestel
teen die appellant ("die verweerder") in sy
hoedanigheid as hoof van die Provinsiale Administrasie van die Provinsie die
Kaap die
Goeie Hoop ("die Administrasie"). Ingevolge die Ordonnansie op
Hospitale 18 van 1946 (K) berus die algemene beheer, toesig en bestuur
van
provinsiale hospitale in sy gebied, waarvan dle Tygerberg-hospitaal ("die
hospitaal") een is, by die Administrasie.
Die eiser se saak was dat die Administrasie middellik aanspreeklik is
teenoor hom vir 'n onregmatige-daad wat een van sy werknemers,
dr J P le Roux,
in die uitvoering van sy pligte op 7 September 1981 gepleeg het deurdat hy in
stryd met 'n uitdruklike verbod daarteen,
doelbewus of nalatig 'n operasie,
bekend as 'n testisbiopsie, op hom uitgevoer het in die hospitaal.
3
Benewens sy verweer op die meriete van die aksie, wat vir huidige
doeleindes nie meer ter sake is nie, het die verweerder die spesiale
pleit
geopper dat die geding in stryd met die bepalings van art 2(1) (c) van die Wet
op Beperking van Regsgedinge (Provinsiale en
Plaaslike Besture) 94 van 1970
("die Wet") na verloop van 'n tydperk van 24 maande vanaf die dag waarop die
skuld opeisbaar geword
het, ingestel is.
By die verhoor voor TEBBUTT R is getuienis namens die eiser op die
spesiale pleit en die ander geskilpunte saam aangehoor waarna die
Verhoorregter
op aansoek van die verweerder oorgegaan het om ingevolge Reël 33(4) die
spesiale pleit apart te beslis. Na aanhoor
van argument is die spesiale pleit
afgewys. Getuienis is daarna namens die verweerder afgelê op die
oorblywende geskilpunte
wat uiteindelik, behalwe die guantum van die eiser se
skade, almal deur die verweerder toegegee is. Dit was gevolglik slegs
nodig
4
vir TEBBUTT R om laasgenoemde geskilspunt te beslis en
hy het
uitspraak ten gunste van die eiser gegee vir die
bedrag van Rl9
000-00 met koste. Met die nodige
verlof appelleer die verweerder na hierdie Hof slegs
teen die afwysing van die spesiale pleit.
Art 2(1)(c) van die Wet bepaal as
volg:
"2(1) Behoudens die bepalings van hierdie Wet, word geen regsgeding ten
opsigte van 'n skuld teen h administrasie, plaaslike bestuur
of beampte
(hieronder die skuldenaar genoem), ingestel nie
-
(c) na verloop van 'n tydperk van
vier-en-twintig maande vanaf die dag dat die skuld opeisbaar geword
het."
Met betrekking tot die opeisbaarheid van 'n skuld bepaal
art 2(2) (c) van die Wet dat h skuld nie as opeisbaar
beskou word nie -
"voor die eerste dag waarop die skuldeiser kennis dra van die identiteit
van die skuldenaar en die feite waaruit die skuld ontstaan
het, of die eerste
dag waarop die
5
skuldeiser sodanige kennis deur beoefening
van redelike sorg kan bekom, watter dag die
vroegste is".
Die beperkende bepalings van art 2(1)
van
die Wet is uitdruklik van toepassing op
regsgedinge
teen sowel die Administrasie as teen 'n beampte wat
in
sy diens is, mits in laasgenoemde geval die "skuld"
van
die beampte ten opsigte waarvan 'n regsgeding teen
hom
persoonlik ingestel word, h "skuld" is wat uit
delik
ontstaan en waarvoor die Administrasie regtens ook
aanspreeklik is. Dit blyk duidelik uit die
woordomskrywing van "skuld" in art 1 as synde
"h skuld wat uit delik ontstaan en, met betrekking tot 'n beampte, so h
skuld van die beampte waarvoor die administrasie of plaaslike
bestuur in wie se
diens die beampte is, regtens ook aanspreeklik
is."
Die woorde "die identiteit van die
skuldenaar" in subart 2(2)(c) verwys 6f na die betrokke amptenaar 6f
6
na die betrokke instansie, afhangende daarvan of die regsgeding teen die
instansie of teen sy beampte persoonlik ingestel word (sien
die openingswoorde
van subart 2(1)). Die huidige saak is teen die Administrasie ingestel en die
woorde "die identiteit van die skuldenaar"
in subart 2(2)(c) moet gevolglik geag
word om na die Administrasie te verwys en nie na die beampte wat die delik
gepleeg het nie,
soos TEBBUTT R na my mening verkeerdelik bevind het.
Die operasie is, soos reeds genoem, op 7 September 1981 gedoen en die
geding is eers gedurende Februarie 1990 ingestel. Wat betref
die verweerder se
spesiale pleit van nie-nakoming van die bepalings van art 2(1) (c) van die Wet,
was die onus op die verweerder
om te bewys wanneer die skuld opeisbaar geword
het. Dit het behels dat hy moes bewys wanneer die eerste dag was waarop die
eiser
kennis gedra het van die middellike aanspreeklikheid van die
7
Administrasie sowel as van die feite waaruit die skuld ontstaan het, of
die eerste dag waarop die eiser sodanige kennis deur die uitoefening
van
redelike sorg kon bekom het, soos in art 2(2)(c) van die Wet voorgeskryf. (Hatem
v Oos-Randse Administrasieraad 1984(2) SA 276(T)
op 281 H-282 A en vgl Gericke v
Sack 1978(1) SA 821(A) op 827 G-828 C).
Die verdere feite wat ter sake is vir die
beslissing van die
spesiale pleit is die volgende. Die eiser is in 1977 getroud. Aan die begin van
1980 het hy aan die Universiteit
van Stellenbosch in tandheelkunde begin
studeer. Op 31 Maart 1980 het hy vir dr J A van Zyl by die infertiliteitskliniek
van die
Andrologie Departement van dle Universiteit geraadpleeg oor die feit dat
hy en sy vrou nog nie kinders gehad het nie. Dr van Zyl
het 'n operasie, bekend
as 'n varikoselektomie, vir die herstel van spatare in die skrotum aanbeveel wat
sy fertiliteit sou verbeter.
Die operasie is op 13 Junie 1980 deur
8
dr H Rabe van die Departement van Urologle gedoen. Die operasie was nie
suksesvol nie en beide drr van Zyl en Rabe het die eiser aangeraai
om h tweede
varikoselektomie te laat doen. Die vraag of daar terselfdertyd h testisbiopsie
gedoen moes word, is met beide geneeshere
bespreek en daar is uitdruklik
daarteen besluit. Daar is met dr Rabe ooreengekom dat hy self die tweede
varikoselektomie sou doen.
Die operasie is vir 7 September 1981 bepaal en enkele
minute voordat hy daardie dag in die teater by die hospitaal ingeneem is, het
die eiser met dr Rabe gepraat en hom daaraan herinner dat h testisbiopsie nle
gedoen moes word niel Dr Rabe het toe geen aanduiding
gegee dat hy nie self die
varikoselektomie sou doen nie. Sonder die eiser se medewete is die
varikoselektomie deur dr le Roux gedoen
wat voortgegaan het om ook h
testisbiopsie te doen.
Na die operasie het die eiser erge pyn en
9
ongemak in sy skrotum ondervind en binne twee weke by
dr van
Zyl uitgevind dat 'n testisbiopsie, in weerwil
van sy uitdruklike
verbod, wel op hom gedoen is. Dit
het later geblyk dat die eiser se
linkertestis as
gevolg van die testisbiopsie beseer is en dit het
vir
die eiser pyn en ongerief en verlies
van
lewensgenietinge veroorsaak wat tot by die verhoor
geduur het.
Die eiser het getuig dat toe hy hoor dat
'n
testisbiopsie gedoen is, hy aan dr van
Zyl gesê het dat hy "nie tevrede is met die toedrag van sake nie en dat hy
die saak verder
wil voer". Dr van Zyl het hom egter oorreed om die saak daar te
laat en niks verder te doen nie. Dr van Zyl het hom nie meegedeel
dat dr Rabe
nie die operasie gedoen het nie en hy was nog steeds onder die indruk dat dit dr
Rabe was wat die testisbiopsie uitgevoer
het. Omdat hy 'n student aan die
mediese fakulteit was en nie sy studies wou
10
benadeel nie en ook omdat hy dit nie kon bekostig nie, het hy besluit om
geen regstappe te neem nie. Hierdie besluit is op die laatste,
vroeg in 1983
geneem.
Die eiser het gedurende 1985 as tandarts gekwalifiseer en dieselfde jaar
op Springbok begin praktiseer. Omdat die nagevolge van die
testisbiopsie
voortgeduur het, het hy in Maart 1988 'n prokureur op Springbok geraadpleeg. Sy
hospitaallêer is bekom en daaruit
het die eiser op 18 Maart 1988 vir die
eerste keer vasgestel dat dr le Roux, en nie dr Rabe nie, die testisbiopsie op 7
September
1981 op hom gedoen het. Hy het toe besluit om die huidige regsgeding
in te stel wat, soos reeds genoem, in Februarie 1990 gedoen
is.
Die eiser het getuig dat hy reeds in September 1981 geweet het dat die
hospitaal 'n provinsiale opleidingshospitaal is; dat die dokters
wat die
operasies doen, in diens is van die
11
"Administrasie en dat die operasies binne hul
diensverband
met die Administrasie gedoen word.
Verder was al die wesenlike feite
aan die eiser bekend:
hy het geweet dat 'n dokter in diens van
die
Administrasie in die uitvoering van sy pligte op
7
September 1981 doelbewus of nalatig 'n testisbiopsie
in
stryd met sy uitdruklike verbod op hom gedoen het
en
dat hy as gevolg daarvan beseer is en skade gely het.
Vir doeleindes van die huidige regsgeding teen die Administrasie moet die
eiser gevolglik geag word om vanaf September 1981 kennis
te gedra het van die
identiteit van die skuldenaar sowel as van die feite waaruit die skuld ontstaan
het, soos vereis deur art 2(2)
(c) van die Wet. Die feit dat dr le Rouxile van
wesenlike belang vir die huidige saak teen die Administrasie nie, hoe belangrik
dit
ook al sou gewees het in 'n aksie teen dr le Roux persoonlik of in
'n
12
aksie gegrond op dr Rabe se optrede. Die "skuld"
vir
sulke moontlike aksies sou waarskynlik eers op
18
Maart 1988 opeisbaar geword het. Al wat die eiser
in
die huidige saak moes bewys, was dat een of
ander
dokter in diens van die Administrasie die
ongemagtigde
operasie in die uitvoering van sy pligte gedoen het.
Om dit te bewys was die identiteit van die dokter wat
inderdaad die operasie gedoen het, nie van wesenlike
belang nie. Die gevolgtrekking tot die teendeel van
sowel TEBBUTT R as
MUNNIK RP
, toe hy 'n voorafgaande
aansoek van die eiser toegestaan het om die
kennisgewing deur art 2(1)(a) vereis, na verloop van
die voorgeskrewe tydperk te beteken, is dus nie
korrek nie. (MUNNIK RP se uitspraak is
gerapporteer, sien Burger v Administrateur, Kaap
1990(1) SA 483 (KPA) op 489 E-H).
Ek is gevolglik van mening dat die "skuld" in die huidige saak reeds
gedurende September 1981
13
opeisbaar geword het en dat die eiser deur die bepalings van art 2(1)(c)
van die Wet verhinder is om die geding in te stel.
Ingevolge 'n kennisgewing wat na aanhoor van die appèl ingedien
is, vra die appellant nie vir koste in hierdie Hof of in die
Hof a quo
nie.
Die volgende bevel word gemaak:
1. Die appèl slaag, en die uitspraak van
die Hof a quo word verander om te lees: "Die eis word van die hand
gewys".
2. Geen bevel van koste word gemaak in
hierdie Hof of in die Hof a quo nie.
W. VIVIER AR.
JOUBERT WHR)
KUMLEBEN AR) Stem saam.
GOLDSTONE AR)
HOWIE Wnd AR)