S v Ruthven (632/91) [1993] ZASCA 42 (26 March 1993)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Theft — Intention to permanently deprive owner of property — Appellant initially borrowed vehicle but later intended to sell it — Appellant found guilty of theft of a Datsun bakkie after initially using it without permission — Appellant's appeal against conviction challenged the finding that he formed the intention to steal after deciding to sell the vehicle — Court upheld conviction, finding that the appellant's actions indicated a shift from borrowing to intent to permanently deprive the owner of the vehicle.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 42
|

|

S v Ruthven (632/91) [1993] ZASCA 42 (26 March 1993)

632/91
mb
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELlNG)
In die appèl van:
JOHANNES MARTHINUS RUTHVEN
. . APPELLANT
en
DIE STAAT
RESPONDENT
CORAM
: SMALBERGER, KUMLEBEN et EKSTEEN ARR
VERHOORDATUM
: 16 MAART 1993
LEWERINGSDATUM:
26 MAART 1993
UITSPRAAK
KUMLEBEN AR
/...
1 .
KUMLEBEN AR
:
Die appellant is in die streekhof te Potchefstroom aan diefstal van 'n Datsun
bakkie skuldig bevind. Daar was twee alternatiewe aanklagte
- ek sal aanstons na
een van hulle verwys. Sy medebeskuldigde, mnr Abel Leeu, is op al die aanklagte
ontslaan. Die appellant is tot
2 ½ jaar gevangenisstraf gevonnis. Sy
appèl na die Transvaalse Provinsiale Afdeling (Roos R en Myburgh WnR)
teen die
skuldigbevinding en vonnis het misluk. Hierdie hof het egter die
korrektheid van die skuldigbevinding op die hoofaanklag bevraagteken
en verlof
is verleen om verder daarteen te appelleer.
Die verhoorhof het bevind (i) dat die appellant, sonder die toestemming van
die eienaar daarvan, die bakkie vanaf die besigheidsperseel
van die eienaar
verwyder het; (ii) dat die appellant se
2/...
2. bedoeling op daardie stadium was om die bakkie oor die naweek te
gebruik en dit voor die Maandagoggend weer terug te besorg; (iii)
maar dat hy op
'n latere stadium besluit het om die bakkie te verkoop en hom daardeur aan
diefstal skuldig gemaak het. Wat die hoofaanklag
betref, is slegs die
korrektheid van (iii) hierbo deur die appellant aangeveg.
Die volgorde van gebeure, uitsluitende aspekte wat in geskil is, kan soos
volg saamgevat word. Op 29 Junie 1990 was die bakkie op
die perseel van Mine
Locomotive Engineering, 'n besigheid in Potchefstroom, geparkeer. 'n
Sekuriteitsfirma, wat aan die appellant
behoort het, was verantwoordelik vir die
bewaring van eiendom aldaar. Dié betrokke Vrydagaand het die appellant
die perseel
besoek en besluit om die bakkie daarvandaan onregmatiglik en vir eie
gebruik te verwyder. Hy het aan een van sy werknemers op die
3/...
3. perseel gesê dat, indien die eienaar navraag oor die
vermiste bakkie sou doen, hy aan hom moes vertel dat een van die eienaar
se
bestuurders dit geneem het. Kort daarna het Bezuidenhout en nog 'n persoon daar
aangekom om die bakkie te kom haal en hulle het
daarmee weggery. Mnr Havenga,
die eienaar van Mine Locomotive Engineering, het later die aand opgedaag en die
bakkie vermis. Die
betrokke werknemer van die appellant het, strydig met sy
opdrag, Havenga meegedeel dat die appellant dit geneem het.
Die appellant sou die bakkie oor die naweek vir 'n jagtog in die
Kalaharigebied gebruik. Hy en nog ses persone het dieselfde aand
daarmee
vertrek. Een van hulle was Leeu. Die volgende dag, die Saterdag, het hulle by
Twee Riviere op 'n plaas gejag. Toé
al het probleme met die bakkie
ontstaan. Later het die appellant besef dat weens die meganiese gebreke hy
4/...
4. nie die bakkie betyds die Sondagaand by die perseel sou kon
terugbesorg nie. Hy en twee van sy metgeselle het besluit om na Potchefstroom
te
ryloop. Leeu en die drie ander persone is by die bakkie agtergelaat. Die
appellant het vir Leeu gesê dat hy in Potchefstroom
sou reël vir die
terugsleep van die bakkie maar bygevoeg dat indien hulle dit aan die gang kon
kry, hulle dit na Potchefstroom
moes terugbestuur. Op pad na Potchefstroom het
die appellant sy moeder vanaf Van Zylsrus geskakel. Sy het hom vertel dat die
"gesteelde"
bakkie gesoek word. Hy het sonder welslae vir Havenga probeer
telefoneer. Hulle het aanhou ryloop en eers op Woensdag 4 Julie in
Potchefstroom
aangekom. Die appellant het dadelik vanaf sy huis met die S A Polisie in
verbinding getree. Speurder-konstabel Kleynhans
het na sy huis gekom, hom van
die aanklag verwittig en hom in hegtenis geneem. Volgens
5/...
5.
Kleynhans het die appellant onmiddelik vir hom gesê waar die
bakkie te vinde was, dat mense wat hom vergesel het dit oppas en
dat hy sou reel
dat dit na Potchefstroom teruggebring word.
Leeu het getuig oor wat gebeur het nadat die appellant hulle verlaat het.
Hulle het vir 'n lang tydperk, volgens hom vir twee weke,
by die voertuig gewag.
Gedurende dié tydperk het Leeu telefonies die appellant probeer kontak.
Die tweede keer het hy geslaag,
met die appellant gepraat en van hom verneem dat
hy in verband met die bakkie gearresteer was. Die bakkie is op h stadium herstel
sodat hulle kon voortry. Op Kuruman was die bakkie egter in 'n ongeluk betrokke
en beskadig. Leeu het een van hul groep, mnr Albert
Sitolse, opdrag gegee om die
appellant te skakel en hom van die probleme te vertel. Leeu moes toe by die
bakkie agterbly. Die terugvoering
van Albert Sitolse
6/...
6.
was dat die appellant die volgende dag na hulle sou kom. Hy het die
volgende aand daar aangekom. Die appellant het met Leeu se oom,
mnr Magwatong,
gereël dat die bakkie op sy perseel sou bly totdat dit weggesleep kon
word.
Die oggend van 23 Julie 1990 was mnr James Rabie en twee manspersone in 'n
voertuig wat langs die pad by Marupi Stat, Bophuthatswana,
gestaan het. Leeu het
hulle genader en aangebied om h voertuig aan hulle te verkoop. Hy het hulle na
die huis van sy oom geneem waar
hy die bakkie vir hulle gewys het. Hulle het
ooreengekom om die volgende dag weer te ontmoet. Alhoewel die getuienis hieroor
onduidelik
is, blyk dit dat voor hierdie gesprek met Rabie, Leeu na
Potchefstroom teruggekeer het. Daar het hy h oproep ontvang dat die polisie
op
Kuruman hom wou spreek in verband met die ongeluk met die bakkie. Hy was op
pad
7/...
7. terug na Kuruman toe hierdie gesprek met Rabie plaasgevind het.
Rabie het Leeu die volgende dag opgespoor en laasgenoemde het herhaal
dat hy die
bakkie wou verkoop. Rabie het nie daarin belang gestel nie. Hy het egter
onderneem om die bakkie vir Leeu te sleep. Voor
dit kon gebeur het die polisie
opgedaag. Hulle het Rabie meegedeel dat die voertuig te Potchefstroom gesteel
was. Leeu is toe gearresteer.
Soos reeds genoem, het die verhoorhof aanvaar dat die appellant aanvanklik
nooit bedoel het om die bakkie te steel nie. Die
animus furandi
, aldus
die bevinding van die hof, het onstaan toe die appellant Leeu opdrag gegee het
om die bakkie te verkoop. Volgens Leeu het
dit gebeur by die huis van Magwatong,
toe die appellant na hulle teruggekeer het. Leeu se getuienis in hierdie verband
lui:
"Dit is toe dat hy te kenne gegee het dat die
8/...
8.
waarde van die voertuig is R3 000,00 en as 'n persoon belang stel in daardie
voertuig en die persoon R3 000,00 beskikbaar het dan
kan ons hom maar gee. Ek
kon nie met hom daaromtrent stry nie want ek weet nie onder watter omstandighede
hy hierdie voertuig in
besit ontvang het nie."
Leeu is die
enigste persoon wat oor hierdie beweerde
opdrag getuig het. Die appellant het
dit ontken.
Die bevinding van die verhoorhof dat die
appellant, weens die opdrag, die vereiste bedoeling
gevorm het, berus op (i) die ongeloofwaardigheid van
die appellant as
getuie; (ii) Leeu se getuienis dat
die opdrag wel aan hom gegee is; en (iii) sekere
beweerde waarskynlikhede en ander oorwegings, wat in
die volgende passasie van die uitspraak vermeld word:
"In verband met beskuldigde 2 is die posisie dat hy aan James Rabie vertel het
dat die bakkie syne is, hy ontken dit. Nou daar is
sekerlik ruimte vir 'n
misverstand. Dit is tewens ook moontlik dat hy voorgegee het dat die bakkie syne
is omdat hy dit dan makliker
sal verkoop. h Versigtige man soos James Rabie
ongetwyfeld is sou waarskynlik van hom een of ander dokument in skrif van
die
9/...
9.
eienaar verlang het om die bakkie te verkoop en dit moes hy geweet het.
So die waarskynlikste is dat hy so sou voorgegee het omdat hy maklik die
bakkie sou verkoop. 'n Mens kan hom werklik nie verkwalik
nie want hy is al 'n
lang tyd wat hy gestrand is. Hy is al in 'n hofsaak betrokke as gevolg van die
bestuur van daardie bakkie, hy
sit gestrand hy kan nie wegkom nie hy moet die
bakkie oppas. Vir 'n week en 'n half sê hy het hy die bakkie opgepas. Om
watter
rede hoegenaamd sal hy sonder magtiging gaan probeer om daardie bakkie te
verkoop.
Die aanduidings is eerder, die waarskynlikhede is ten gunste van sy weergawe
en strydig met die weergawe van beskuldigde 1.
Ek aanvaar beskuldigde 2 se weergawe en verwerp die van beskuldigde 1.
Maar beskuldigde 1 het die bakkie geneem. Hy wou gaan jag. Ek is oortuig dat
op daardie stadium was daar nie enige bedoeling by hom
om hom die bakkie toe te
eien nie. Die waarskynlikhede is dat beskuldigde 1 gedink het hy sal Sondagaand
betyds terug wees en hy
kan die bakkie terugneem en dit het nie gebeur nie. Maar
nadat die bakkie onklaar geraak het is dit vir my duidelik het beskuldigde
1 nie
veel belang gestel daarin of die klaer sy bakkie terugkry of nie.
Ek kan nie glo dat hy in al die tyd vanaf Kuruman
tot in Potchefstroom, voor hy in Potchefstroom
10/...
10.
aangekom het nie 'n telefoon kon kry om mnr. Havenga te skakel en vir hom te
sê dat die bakkie wat hy hom geleen het het probleme
gegee en aan hom te
verduidelik wat die omstandighede is nie.
Ek kan nie glo dat van daardie Maandag tot daardie Woensdag of Donderdag wat
hy hier aangekom het hy nooit met Havenga kon kontak
maak om vir hom te sê
wat gebeur het nie. Dit is wat sou gebeur het met 'n persoon wat die bakkie
geleen het maar ons weet
hy het dit nie geleen nie.
Maar dit is ook die optrede van 'n persoon wat daardie bakkie wou teruggebring
het en wou seker maak dat die eienaar sy bakkie terugkry.
So vandat die bakkie probleme gegee het is die hof tevrede was dit vir hom nie
van enige belang of die eienaar sy bakkie terugkry
of nie en dit is waarom hy
aan beskuldigde 2 die opdrag gegee het om die bakkie te verkoop.
Die feit dat hy hier gekom het en die polisie geskakel het en die polisie vertel
het waar die bakkie is doen nie afbreek aan hierdie
bevindings van die hof nie
want hy het toe al geweet die polisie is warm op sy
spoor."
Weliswaar is die appellant se verduideliking - dat hy
toestemming gehad het om die bakkie te gebruik
11/...
11
as vals bewys. Maar die spreuk
falsum in uno falsum
in
omnibus
geld veral nie in die omstandighede van hierdie geval nie: die appellant se
mislukte poging om aanspreeklikheid vir een misdryf te
ontwyk dra nie by tot die
gevolgtrekking dat hy 'n ander, 'n meer ernstige een, gepleeg het nie.
Die
getuienis van Leeu van die voorgestelde verkoping is onoortuigend en in sekere
opsigte deur die Staatsgetuie Rabie weerspreek.
Volgens hom het Leeu aan hom
vertel dat die bakkie syne was. Leeu ontken dit. Hy sê dat toe Rabie hom
daaroor uitgevra het,
hy pertinent vir hom gesê het dat die bakkie aan die
appellant behoort en bygevoeg:
"dat beskuldigde 1 gesê het enige persoon wat belang stel in die voertuig
en as daar kontant beskikbaar is dan kan die persoon
die voertuig koop, dan sal
ons dan deurgaan na Potchefstroom toe vir die
dokumente."
12/...
12.
Rabie sê ook dat Leeu, in h poging om hom te oorreed om die bakkie te
koop, aan hom vertel het dat die enjin van die bakkie
h groter een is as
dié wat gewoonlik in daardie model Datsun bakkie geinstalleer word en dat
dit in Rabie se voertuig gebruik
kon word. Dit ontken Leeu ook. Die verhoorhof
aanvaar implisiet die getuienis van Rabie. Geen redes vir die verwerping daarvan
kan
aangevoer word nie. Die hof het egter die weerspreking in verband met
eiendomsreg van die bakkie toegeskryf aan 'n misverstand of
aan die
omstandigheid dat Leeu moontlik (en indien wel, valslik) voorgegee het dat die
bakkie syne is om dit makliker van die hand
te sit. Die feite laat egter nie
ruimte vir misverstand toe nie, en getuienis ontbreek om die tweede
verduideliking te regverdig.
Die streeklanddros het bygevolg gefouteer om die
direkte getuienis oor die gepoogde verkoping sonder voorbehoud
13/...
13. of bedenking te aanvaar.
Ek kan ook nie saamstem dat die
waarskynlikhede Leeu se stelling staaf nie. Dit is uiters onwaarskynlik dat die
appellant na sy arrestasie,
sy (valse) verduideliking dat hy die bakkie met
toestemming geneem het, sy aanduiding van waar dit te vinde was en sy
onderneming
om dit te gaan haal, homself verder in die moeilikheid sou plaas
deur die verkoping daarvan te gelas. Deur so 'n opdrag sou hy dan
eers die
misdaad pleeg waarvoor hy reeds (verkeerdelik) in hegtenis geneem is. Indien sy
verduideliking oor toestemming aanvaar is,
sou sy onskuld bewys word. Indien
nie, sou so 'n stap hom net verder inkrimineer. Dit is hoogs onwaarskynlik dat
hy sou besluit om
op so 'n dwase wyse op te tree.
Die verhoorhof is ook verkeerd in sy afleiding dat die appellant gedurende sy
reis vanaf
14/...
14.
Kuruman na Potchefstroom "nie 'n telefoon kon kry om mnr Havenga te
skakel [nie]." Sy getuienis, soos reeds genoem, is dat nadat hy
op Van Zylsrus
aangekom het, hy probeer het om Havenga by sy huis te skakel. Hy is nie gevra
vanaf watter plek, wanneer of hoeveel
maal hy probeer telefoneer het nie. Sy
getuienis in diê verband is ook nie gedurende kruisondervraging enigsins
aangeveg nie.
Ek ag dit onnodig om die uitspraak van die hof a
guo
in besonderhede
te bespreek. In dié uitspraak word die motivering van die streeklanddros
eenvoudig herhaal en beaam met die
verdere stelling wat
soos volg lui:
"Daar is betoog namens die appellant dat die hof a
quo
nie moes steun
op die getuienis vanLeeu nie, eerstens, omdat sy getuienis as medebeskuldigde
versigtig benader moet word en, tweedens,
omdat hy nie 'n bevredigende getuie
was nie. Dit kom my nie voor asof die landdros swaar, indien enigsins,op Leeu se
getuienis gesteun
het vir 'n skuldigbevinding nie."
15/...
15.
Dit is net nie so nie. Die getuienis van Leeu is die hoeksteen van enige
bevinding dat so 'n opdrag gegee is, en dit is duidelik dat
die streeklanddros,
soos hy noodwending moes doen, op Leeu se getuienis gesteun het vir die
skuldigbevinding aan diefstal.
Om bogemelde redes is ek tevrede dat die
hoofaanklag nie op grond van die beweerde opdrag aan Leeu bo redelike twyfel
bewys is nie.
Dit het mev Gernandt, namens die respondent, tereg toegegee. Sy
het egter alternatiewelik aangevoer dat die appellant die bakkie
abandoneer het
en dat daarvan afgelei kan word dat hy aan diefstal skuldig is. Nadat sy daarop
gewys is dat die Staat nooit op hierdie
grondslag sy saak gevoer het nie en dat
die getuienis nouliks so 'n afleiding regverdig, is hierdie betoog ter
ondersteuning van
die skuldigbevinding deur haar laat vaar.
16/...
16.
Mnr Coetzee, wat namens die appellant opgetree het, moes op sy beurt
toegee dat die appellant wel op die eerste alternatiewe aanklag
skuldig is, nl,
oortreding van a 1(1) van Wet 50 van 1956 deurdat hy wederregtelik sonder
toestemming van die eienaar die bakkie
verwyder het om vir sy eie doel te
gebruik.
Die bestaande vonnis moet gevolglik vervang word. Uit die notule
blyk dit dat die appellant op twee-en-twintigjarige ouderdom 'n eerste
oortreder
was; dat hy getroud is met twee kinders; en dat hy in Potchefstroom woon waar hy
sy sekuriteitsbesigheid bestuur. Hoewel
hy nie aan diefstal skuldig bevind is
nie, was sy gedrag tog laakbaar. Hy het sy vertrouensposisie as 'n
sekuriteitsbeampte misbruik
en daardeur het die eienaar van die bakkie skade
gely ten bedrae van ongeveer R9 000,00. Mnr Havenga se
17/...
17. vrygewige houding oor hierdie verlies is prysenswaardig. Hy het
gesê dat, aangesien die appellant se eggenote sonder werk
is en dat hulle
-soos hy dit gestel het - in die nood is, hy nie sy skade van die appellant wou
verhaal nie. Die element van slagoffer-vergelding
by straftoemeting kom dus in
hierdie geval nie sterk na vore nie.
Met inagneming van al die faktore, versagtend en verswarend, het beide
advokate met die sienswyse van hierdie hof saamgestem: eerstens,
dat regstreekse
gevangenisstraf onvanpas sal wees; en, tweedens, dat, onderhewig aan verdere
feite wat voorgelê mag word, korrektiewe
toesig, ingevolge a 276(1)(h) van
die Strafproseswet, nr 51 van 1977, die aangewese vorm van bestraffing is.
(Ingevolge Proklamasie
R 86 1992 gepubliseer in Staatskoerant 14204 van 1
Augustus 1992, kragtens a 50 van die Wysigingswet op Aangeleenthede
18/...
18. rakende Korrektiewe Dienste en Toesig, nr 122 van 1991 (die
"Wysigingswet"), het die genoemde a 276(1)(h) vanaf 1 Augustus 1992
ten opsigte
van o m die gebied van die landdrosdistrik Potchefstroom in werking
getree.)
Die doel, omvang en voordele van hierdie vonnisopsie is in die
onlangse beslissing van hierdie hof,
S v R
1993(1) SA 476(A), deur
Kriegler WnAR deurtastend en omvattend bespreek. Hierdie uitspraak behoort as
riglyn en grondslag te dien
vir die strafoplegger wat die toepassing van hierdie
vonnisopsie oorweeg. Ek ag dit slegs nodig om sekere oorwegings daarin te
vermeld
en te beklemtoon met verwysing na die feite van hierdie saak.
(i) Hoewel die onderhawige misdryf op 29 Junie 1990 gepleeg is en die
skuldigbevinding en vonnis ook voor 1 Augustus 1992 plaasgevind
het, is 'n
hof,
19/...
19. weens die vervanging van die skuldigbevinding, by magte om
hierdie vonnisopsie, na tersydestelling van die bestaande vonnis, op
te
lê. (
S v R
(
supra
) 484J -485H).
(ii) Ingevolge a 276A van
die Strafproses-wet mag hierdie straf slegs opgelê word nadat 'n verslag
van h proefbeampte of 'n
korrektiewe beampte - of albei - voor die hof geplaas
is.
(iii) Dit is die plig van die straftoemeter om inhoud en beslag te gee
aan die maatreels (soos in a 84 van die Wysigingswet vermeld)
wat hy na
goeddunke op 'n bepaalde toesiggeval toepas. (
S v R
)(
supra
) 487J
-488C en 492G.) In 'n latere beslissing van hierdie hof het Kriegler WnAR in
meer besonderhede op die verantwoordelikheid en
plig van 'n regterlike beampte
in diè verband ingegaan:
Peter Ndaba v Die Staat
, saaknommer
499/91 - uitspraak gelewer op 25 Maart 1993.
20/...
20.
Aangesien die beslissing nog nie gerapporteer is nie, haal ek die
pertinente gedeelte daarvan aan:
"Die hoofvraag is of korrektiewe toesig hoegenaamd vanpas is, maar dit is ook
belangrik om ondersoek in te stel na die toepaslikheid
en formulering van die
een of ander komponent daarvan. Veral terwyl hierdie nuwe vonnisopsie nog in sy
kinderskoene staan, sal die
samestelling van 'n gepaste regime 'n moeisame - dog
onvermydelike - las op die reeds swaar belaaide skouers van regterlike beamptes
plaas. Maar die beslissing oor die toepaslikheid van korrektiewe toesig en van
enige bestanddeel daarvan berus by hom. Hy laat hom
wel lei deur vakkundige
getuienis maar behoort self die raamwerk van die program te konstrueer. Dit
beteken dat hy iedereen van die
komponente bepaal sonder om die inhoud daarvan
haarfyn voor te skryf. So byvoorbeeld kan hy voorskryf dat die toesiggeval hom
by
die korrektiewe beampte of 'n ander gespesifiseerde persoon of instansie (by
die naam of generiek aangedui) aanmeld op tye wat die
korrektiewe beampte van
tyd tot tyd bepaal. Dit sou ook in orde wees om voor te skryf dat die
toesiggeval vir h voorgeskrewe soort
behandeling rapporteer op tye en plekke wat
deur die korrektiewe beampte bepaal word.
'n Hof behoort in die reël egter nie sommer breedweg 'n vonnis van
korrektiewe toesig op te lê en die komponente daarvan
aan die goeddunke
van die korrektiewe beampte oor te laat nie. Dit sou
21/...
21 .
ook oor die algemeen verkeerd wees om die inhoud van 'n wesenlike komponent
geheel en al aan vasstelling deur die korrektiewe beampte
oor te laat. Hier het
ek dit daarteen dat die hof byvoorbeeld huisarres of gemeenskapsdiens voorskryf
sonder om die termyn of periodieke
tydsduur daarvan te bepaal. Artikel 84(1) van
Wet 8 van 1959 (soos ingevoeg by a. 28 van Wet 122 van 1991) beklee weliswaar
die Departement
van Korrektiewe Dienste met uitvoerige bevoegdhede buite-om die
hof se voorskrifte. Dit bepaal naamlik dat "[e]lke toesiggeval ...
onderworpe
[is] aan die monitering, gemeenskapsdiens, huisarres, indiensplasing,
diensverrigting" ensovoorts "soos deur die hof of
die Kommissaris bepaal ... en
aan enige ander vorm van behandeling, beheer of toesig ... wat die Kommissaris
... mag bepaal ..."
Dit beteken egter nie dat die regspreker goedskiks sy geykte
rol as straftoemeter ten gunste van die uitvoerende gesag moet afstaan
nie. Juis
vanweë die veelsoortigheid van die onderhawige strafvorm en die
knelpotensiaal van bepaalde komponente daarvan (byvoorbeeld
huisarres of
diensverrigting) betaam dit 'n regterlike straftoemeter om paal en perk te stel
aan die straf wat hy oplê. Die
feit dat bykomende administratiewe
handelinge deur andere geneem mag word, ontneem 'n regspreker geensins van die
plig om die geregtelike
fase van straftoemeting, waarvoor hy verantwoordelik is,
ooreenkomstig geykte norme te laat verloop nie."
22/...
22.
Die appèl slaag. Die skuldigbevinding aan diefstal word ter syde
gestel en vervang met die volgende: Skuldig aan oortreding
van a 1(1) van Wet nr
50 van 1956. Die vonnis word ook tersyde gestel en die saak word na die
verhoorhof terugverwys vir die oplegging
van 'n gepaste vonnis met inagneming
van die vonnisopsie in a 276(1)(h) van die Strafproseswet, nr 51 van 1977,
vervat.
M E KUMLEBEN
APPèLREGTER