About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 31
|
|
S v Mnisi (1/92) [1993] ZASCA 31 (16 March 1993)
Saaknommer : 1/92 NvH
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(
APPéLAFDELING
)
In die saak tussen:
JOSEPH MNISI
APPELLANT
en
DIE
STAAT
RESPONDENT
SMALBERGER, AR :-
Saaknommer : 1/92 NvH
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPéLAFDELING
)
In die saak tussen:
JOSEPH MNISI
APPELLANT
en
DIE
STAAT
RESPONDENT
CORAM
: SMALBERGER, VIVIER, ARR,
et NICHOLAS, WND AR
VERHOORDATUM
: 9 MAART
1993
LEWERINGSDATUM
: 16 MAART 1993
UITSPRAAK
SMALBERGER, AR :-
Die appellant is in die Transvaalse Provinsiale Afdeling deur HEYNS, R, en
twee assessore skuldig bevind aan drie aanklagte van moord,
twee aanklagte van
poging tot moord en een aanklag elk van roof met verswarende omstandighede,
onwettige besit van 'n vuurwapen en
onwettige besit van ammunisie. Op elk
2
van die drie moordaanklagte is hy die doodvonnis opgelê. Op die ander
vyf aanklagte (wat saamgeneem is vir vonnisdoeleindes)
is hy tot 15 jaar
gevangenisstraf gevonnis. Hy kom nou ingevolge die bepalings van artikel 316 A
van die Strafproseswet 51 van 1977
in hoër beroep slegs teen die drie
doodvonnisse wat hom opgelê is.
Die gebeure wat tot die appellant se skuldigbevindings aanleiding gegee het,
is die volgende: Gedurende die aand van 1 Mei 1989 is
die appellant en 'n
metgesel ("die twee rowers") na 'n vulstasie in die Moutse distrik. Hulle is
soontoe met die opset om te gaan
roof. Een van hulle was met 'n egte pistool
gewapen; die ander het net 'n speelgoed pistool in sy besit gehad. Met hulle
aankoms
daar het vier van die petroljoggies wat by die vulstasie werksaam was na
die wagkamer op die perseel gevlug en die deur agter hulle
toegemaak; 'n vyfde
een het in 'n aangrensende kamer
3
gaan skuiling soek. Die twee rowers het probeer om die wagkamer se deur oop
te stoot. Toe hulle daarin slaag om dit effens oop te
druk, het die een met die
egte pistool, onder aanmoediging van die ander, sy pistool in die opening
ingedruk en 'n aantal skote na
binne gevuur. Een van die petroljoggies in die
wagkamer is noodlottig in die hart getref; twee ander is gewond. Daarna het die
twee
rowers die vyfde persoon in die kamer waar hy geskuil het, opgespoor. Hy is
noodlottig in die bors geskiet. Die twee rowers is toe
met meer as R4 000 wat
hulle buitgemaak het, daar weg.
Later die aand, nadat die polisie ontbied is en op die toneel opgedaag het,
is die liggaam van 'n man wat soos een van die rowers
geklee was onder 'n boom
naby die vulstasie gevind. Hy het 'n skietwond in sy bors gehad wat sy dood
veroorsaak het. Langs hom was
die speelgoed pistool. Die verhoorhof het bevind
dat dié persoon die appellant se metgesel was. 'n Pistool
4
is later deur die polisie in die huis wat die appellant bewoon het, gevind.
Ballistiese toetse het getoon dat die koeëlpunte
wat uit die liggame van
twee van die oorledenes verwyder is (waarvan een die appellant se makker was)
vanaf dié pistool afkomstig
was. Aangesien dit die enigste vurwapen op
die misdaadstoneel was, kan afgelei word dat die derde oorledene (in wie se
liggaam geen
koeëlpunte gevind is nie) ook met daardie pistool geskiet
is.
Die appellant, wie se alibi verweer tereg deur die verhoorhof verwerp is, het
nie by die verhoor getuig nie. Die leerstuk van gemeenskaplike
oogmerk is deur
die verhoorhof aangewend om hom aan die moord van die twee petroljoggies skuldig
te bevind. Daar is nie uitdruklik
bevind dat hy die persoon was wat die
noodlottige skote afgevuur het nie. Na my mening is die afleiding onafwendbaar
dat dit wel
hy was. Die pistool (die moordwapen) word met hom verbind. Slegs
hy
5
kon sy makker geskiet het. Die pistool moes dus op daardie tydstip in sy
besit gewees het. Dit is uiters onwaarskynlik dat tydens
die rooftog kort
vantevore hy nie ook in besit van die pistool sou gewees het nie. Daar blyk geen
rede te bestaan waarom die pistool
nie deurgaans in die besit van dieselfde
persoon sou gebly het nie. Gesien hierdie faktore, en die appellant se versuim
om te getuig,
is die enigste redelike afleiding dat dit hy was wat die twee
petroljoggies noodlottig geskiet het, en dat sy opsetvorm
dolus directus
was. Die presiese omstandighede waaronder die appellant sy makker geskiet het,
is onbekend. Ons kan nie spekuleer oor waar en hoe
dit gebeur het nie.
Vanweë die appellant se versuim om te getuig was die verhoorhof egter
geregtig om te bevind dat hy sy makker
met die nodige opset om te dood geskiet
het. Die juiste verskyningsvorm van sodanige opset is egter onseker.
Dit is geykte reg dat hierdie Hof geroepe is
6
om opnuut te besluit, met behoorlike inagneming van alle strafverswarende en
strafversagtende faktore, sowel as die oogmerke van straftoemeting,
of die
doodvonnisse in die onderhawige geval die enigste gepaste straf is.
Die
strafverswarende faktore is veelvuldig en gewigtig. Die rooftog was klaarblyklik
vooraf beplan. Die motief vir die roof was suiwer
hebsug. Die appellant was met
'n pistool gewapen. Die moontlikheid dat dit gebruik sou word was deurgaans
voorsienbaar. Die appellant
het doelgerig en berekend opgetree en nie geskroom
om twee van die oorledenes tydens die rooftog koelbloedig dood te skiet nie
sonder
dat hulle enige noemenswaardige weerstand gebied het of enige wesenlike
gevaar vir hom ingehou het. In albei gevalle het hy die direkte
opset gehad om
te dood. (Ofskoon in die geval van sy makker direkte opset mag ontbreek het, sou
die afwesigheid daarvan beswaarlik,
in die omstandighede, as strafversagtend
beskou kon word.)
7
Die appellant het drie vorige veroordelings vir roof wat etlike maande voor
die onderhawige misdade gepleeg is. Hy het ook latere
skuldigbevindings vir
ontvlugting en aanranding op 'n lid van korrektiewe dienste. Ten tye van sy
verhoor was hy besig om 'n totale
vonnis van 18 jaar en 4 maande gevangenisstraf
uit te dien. Daar is geen opregte tekens van berou by hom te bespeur nie. Hy is
'n
gevaar vir die samelewing en sy vooruitsigte om gerehabiliteer te word is
gering.
Daar is in werklikheid geen strafversagtende faktore nie. Die appellant was
24 jaar oud toe hy die misdade gepleeg het. Hy het standerd
5 op skool geslaag,
is ongetroud en het vir 'n aantal jare vaste werk gehad. Hy is dus 'n volwasse
persoon met geen gebrek aan lewenservaring
nie.
Die veelvuldige en steeds toenemende voorkoms van gewapende roof en
gepaardgaande verlies van menselewens is onrusbarend en verderflik
vir die
8
gemeenskap. Dit is herhaaldelik deur hierdie Hof benadruk dat in gevalle soos
die onderhawige die afskrikkings- en vergeldingselemente
van straftoemeting
voorrang moet geniet. Hulle oorskadu heeltemal die appellant se geringe
vooruitsig op hervorming. Die appellant
se weersinswekkende optrede het tot
gevolg dat hierdie as 'n geval van uitsonderlike erns beskou moet word.
Gevolglik is die doodvonnisse
die enigste gepaste straf.
Die appél word afgewys.
J W SMALBERGER APPéLREGTER
VIVIER, AR )
NICHOLAS, WND AR ) Stem saam