About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 23
|
|
S v Bronkhorst (553/91) [1993] ZASCA 23 (11 March 1993)
1
Saak nr 553/91 /MC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPeLAFDELING)
In die saak tussen:
GERHARDUS PETRUS BRONKHORST
Appellant
- en -
DIE STAAT
Respondent
CORAM:
VIVIER, EKSTEEN et F H GROSSKOPF
ARR.
VERHOOR:
11 Maart 1993.
GELEWER:
11 Maart 1993.
TRANSKRIPSIE VAN REDES MONDELING GELEWER IN DIE OPE HOF OP 11 MAART 1993
DEUR VIVIER AR WAARMEE EKSTEEN AR EN F H GROSSKOPF AR SAAMGESTEM
HET.
VIVIER AR/
2
VIVIER AR:
Die appellant, 'n 38-jarige man, is in die Streekhof op
Heidelberg skuldig bevind aan verkragting van 'n driejarige dogtertjie (aanklag
1) en van 'n oortreding van art 50(1) (a) van die Wet op Kindersorg 74 van 1983
deurdat hy 'n vierjarige seuntjie wat in sy bewaring
was, mishandel het (aanklag
2). Beide aanklagte is saamgeneem vir doeleindes van vonnis en die appellant is
tot vyf jaar gevangenisstraf,
waarvan drie jaar op sekere voorwaardes vir vyf
jaar opgeskort is, gevonnis. Hy het teen sy skuldigbevinding geappelleer na die
Transvaalse
Provinsiale Afdeling wat die skuldigbevinding op aanklag 1 tersyde
gestel en vervang het met een van skuldig aan onsedelike aanranding.
Die
appèl teen die skuldigbevinding op aanklag 2 is afgewys. Die vonnis is
tersyde gestel. Die Hof a quo het weereens die
twee aanklagte saamgeneem vir
doeleindes van vonnis en 'n vonnis van
3
drie jaar gevangenisstraf, waarvan die helfte vir vyf jaar op sekere
voorwaardes opgeskort is, opgelê. Met die verlof van die
Hof a quo
appelleer die appellant na hierdie Hof beide teen sy skuldigbevinding en
vonnis.
Dit was nie in geskil in hierdie Hof nie dat beide die dogtertjie Coreen en
haar broertjie Renier aangerand was en dat Coreen verder
ook seksueel aangerand
was. Die distriksgeneesheer op Heidelberg, dr Snyman, het die kinders kort voor
sesuur op Dinsdagmiddag 6
Desember 1988 ondersoek en sy onbetwiste bevindings
was die volgende. Coreen het veelvuldige erge kneusings en skaafplekke op beide
boudjies en linkerheup gehad. Daar was h skeur in die vagina sowel as in die
perineum. Penetrasie moes plaasgevind het om sulke beserings
te kon veroorsaak
het. Renier het ook veelvuldige kneusings wat soos slaanmerke gelyk het, op die
linkerboud gehad waarvan drie ongeveer
7 cm elk lank was. Verder het hy
4
veelvuldige kneusings en vel-letsels op die voorkop, regterwang, ken,
linkeroogbank, agter die linkeroor en op die linkerskouer gehad.
Hy het h
swelsel op sy agterkop gehad en sy penis en skrotum was opgeswel.
Die kinders se moeder, mev Corina Bronkhorst, is op 5 November 1988, 'n maand
voor die gebeure, met die appellant getroud en hulle
is twee maande later, op 17
Februarie 1989, weer geskei. Hy was nie die vader van die kinders nie. Beide die
appellant en mev Bronkhorst
het bedags gewerk en die kinders is dan by 'n
kleuterskool gelaat.
Mev Bronkhorst het getuig dat die appellant 'n opvlieënde geaardheid
het, gou sy humeur verloor en dan woedend word. Om ongeveer
vieruur op
Sondagmiddag 4 Desember 1988 het sy die kinders saam in die bad gesit en hulle
daar gelos omdat die appellant nie wou
toelaat dat sy die kinders bad nie. Hy
het daarop aangedring dat die kinders hulself moes was en
5
hulle mag nie uit die bad geklim het voordat dit nie
gebeur
het nie. Die kinders het later begin huil en
die appellant het met die
kinders gaan praat. Renier,
wat baie bang vir hom was, het harder begin huil.
Die
appellant het daarop die kinders met h lat geslaan
totdat hulle vol
blou kolle was. Die volgende oggend
is die kinders by die kleuterskool
afgelaai en die
appellant het hulle die middag gaan haal. Toe sy
die
middag na kwart oor ses by die huis kom het die
appellant klaar die
kinders gebad en hulle nagklere
aangetrek wat ongewoon was. Sy het gesien
dat
Renier se agterkop stukkend was en dat hy 'n blou-oog
gehad het. Die
appellant het gesê dat Renier in die
bad geval het. Om seweuur die aand
is sy kerk toe
en toe sy teen negeuur terugkom het die kinders
reeds
geslaap. Dinsdagoggend 6 Desember 1988 het die
appellant geweier dat
sy die kinders aantrek en het hy
weer self die kinders aangetrek. Sy het
hulle
6
kleuterskool toe geneem en voor agtuur daar geiaat. Later die dag is sy deur
die polisie na die kleuterskool geneem waar sy die kinders
gesien het. Die merke
aan die klnders was toe erger as wat dit die Sondag was.
Mev Uys van die kleuterskool het mev Bronkhorst se getuienis bevestig dat die
kinders voor agtuur die oggend van 6 Desember 1988 na
die skool gebring is.
Coreen was daarna die heeltyd onder haar toesig. Renier was die heeltyd in die
sorg van 'n ander onderwyséres.
In die loop van die dag het hulle
agtergekom dat die kinders aangerand was en die polisie en die dokter is
ontbied.
Die appellant het in sy getuienis ontken dat hy vir Coreen onsedelik of
andersins aangerand of dat
hy vir Renier mishandel het. Hy het getuig dat hy by
geleentheid gesien het dat Renier seksueel met Coreen lol. Maandagaand 5
Desember 1988 het hy die kinders
7
laat bad en toe gesien dat Renier die agterkant van 'n
skeermes in Coreen
se privaatdele indruk. Die
volgende oggend moes hy in die hof op Nigel
verskyn en
was haastig. Mev Bronkhorst was egter laat en hy het
buite
hulle huis in sy motor vir haar sit en wag. Toe
sy na half nege uit die huis kom het sy aan hom gesê
dat sy die
kinders geslaan het omdat hulle ongehoorsaam
was. Sy het voorheen op Saterdag
3 Desember en weer
op Sondag 4 Desember 1988 vir Renier geslaan. Hyself
het nooit die kinders geslaan nie behalwe dat hy die
Sondagaand vir Renier twee houtjies met sy plathand op
sy boudjies geslaan het toe hy nie wou klaar bad nie.
Op daardie stadium was daar geen merke aan Renier
gewees nie. Die volgende aand toe hy die kinders bad
en aantrek het hulle geen merke gehad nie.
Dinsdagoggend 6 Desember 1988 het hy die kinders
aangetrek en toe het hulle ook nog niks makeer nie.
As daar merke op hulle was sou hy dit gesien het.
8
Die Verhoorhof het die getuienis van die
appellant verwerp. Sy weergawe
van hoe Coreen aan die
beserings aan haar geslagsdele gekom het, is deur
dr
Snyman as totaal onwaarskynlik bestempel. Daar is
heelwat ander aspekte
van sy getuienis wat ek hoogs
onwaarskynlik vind, soos dat hy nie op enige
stadium
vantevore die beserings aan die kinders gesien het
nie. Inderdaad
het sy weergawe daarop neergekom
dat die kinders voorheen niks makeer het nie
en dat
hulle die Dinsdag by die skool beseer is en/of dat
hulle die
Dinsdagoggend deur mev Bronkhorst aangerand
is. Dat die kinders by die skool
aangerand is, is
nie alleen onversoenbaar met die getuienis van mev Uys, wie se getuienis deur
die Verhoorhof aanvaar is nie, maar dit is ook uiters
onwaarskynlik en feitlik
ondenkbaar. Wat die tweede moontlikheid betref, was daar die uitdruklike
ontkenning van mev Bronkhorst dat
sy ooit die kinders aangerand het en die
leuenagtige
9
relaas van die appellant oor wat die oggend by die huis gebeur het, wat na my
mening hierdie moontlikheid uitskakel. Die appellant
het nie mev Bronkhorst se
getuienis betwis dat hy nie normaalweg die kinders bad en aantrek nie. Die feit
dat hy die Maandagaand
die kinders gebad en aangetrek het en die volgende oggend
daarop aangedring het om hulle aan te trek, kom my as baie verdag voor.
Na my
mening is sy getuienis tereg deur die Verhoorhof verwerp.
Die getuienis van mev Bronkhorst is deur die Verhoorhof aanvaar. In hierdie
Hof is haar getuienis skerp deur die appellant se advokaat
gekritiseer en daar
is betoog dat die Verhoorhof verkeerdelik haar getuienis aanvaar het. Daar is
gesteun op die feit dat sy by die
verhoor ingevolge art 204 van Wet 51 van 1977
gewaarsku is as sou dit beteken dat sy erken het dat sy self die kinders
aangerand
het. Ek kan glad nie die af leiding maak waarvoor betoog is nie.
Mev
10
Bronkhorst het getuig dat sy vanweë die houding van haar
vorige man voortdurend bevrees was dat die kinders van haar weggeneem
sou word.
Dit verklaar waarom sy nie dadelik die aanranding van die Sondagaand openbaar
het nie en waarom sy die Dinsdag nog bereid
was om die indruk by mev Uys te skep
dat haar huwelik met die appellant gelukkig was. Ek vind dit onnodig om enige
van die ander
punte van kritiek afsonderlik te behandel. Baie daarvan is
onbenullig, ander is te verstane en meeste is, na my mening, ongegrond.
In die
geheel gesien is ek nie daarvan oortuig dat die Verhoorhof verkeerdelik haar
getuienis aanvaar het nie. Na my mening het die
Verhoorhof tereg bevind dat die
appellant die persoon is wat die kinders beseer het. Wat die eerste aanklag
betref, het die Hof a
quo die skuldigbevinding verander na een van onsedelike
aanranding vanweë die moontlikheid dat penetrasie deur 'n ander voorwerp
as
die appellant se geslagsorgaan
11
geskied het. Daar is geen grond waarop hierdie Hof met die
skuldigbevinding kan inmeng nie.
Mat die appèl teen die vonnis betref,
is ek
nie oortuig dat die Hof a quo homself in enige opsig
wanvoorgelig
het nie, of dat die vonnis so swaar is dat
inmenging geregverdig is nie. Die
aanrandings was
van 'n ernstige aard en, na my mening, is die vonnis aan
die ligte kant.
Die appèl word afgewys.
W. VIVIER
AR.
EKSTEEN AR)
F H GROSSKOPF AR) Stem saam.