About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 17
|
|
S v Francis (719/91) [1993] ZASCA 17 (5 March 1993)
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING
)
In die saak tussen:
CYRIL FRANCIS
Appellant
EN
DIE STAAT
Respondent
Coram
: HOEXTER, VIVIER et EKSTEEN, ARR
Verhoor
: 19 Februarie
1993
Gelewer
: 5 Maart 1993
UITSPRAAK
EKSTEEN
, AR
:
Die appellant is in die Kaapse Provinsiale Afdeling deur Lategan R en twee
assessore aan mense-roof, roof, huisbraak met die opset
om te roof en roof, en
aan moord skuldig bevind. Al hierdie misdade is op 22 September 1990 te
Manenberg in die distrik Wyn-berg
gepleeg. Op elk van die eerste drie aanklagte
is hy tot vier jaar gevangenisstraf gevonnis. Op die vierde aanklag, nl
dié
van moord, is hy ter dood veroordeel. Die huidige appèl is
slegs teen die vonnis op laasgenoemde aanklag gerig.
Die appellant se kennisgewing van appèl is buite tyd geliasseer, en 'n
substantiewe aansoek om kondonasie is by hierdie Hof
ingedien. Dit word nie deur
die respondent bestry nie, en daar skyn
......./2
2
geen rede te wees waarom dit nie toegestaan sal word nie.
Sodanige kondonasie word bygevolg ver-leen.
Appellant is in die hof a
quo
saam met twee medebeskuldigdes - Alie Adams en Marius John-son
aangekla. Volgens Adams se getuienis het hy en Johnson ongeveer nege-uur
die
aand van 22 Sep-tember 'n kar gesoek om goedere wat hulle reeds gesteel het, in
Wynberg te gaan haal. Hulle het appellant in
dié verband genader. Hy het
voor-gestel dat hulle sy pa se kar in Surrey Estate moes gaan leen. So het dit
gekom dat die drie
kornuite saam in 'n straat in Manenberg gestap het, juis net
toe mnr Noël Lancelot Stanton ("die
....../3
3
oorledene"), 'n Rooms-Katolieke priester, met sy
motor by sy pastorie opdaag en voor sy motorhuis stilhou. Die pastorie is vlak
langs
die kerk geleë. Toe appellant die motor daar sien stil-hou, sê
hy vir sy makkers "Ouens, dié is onse laaste kans.
Maak julle harte
sterk.", en met dié loop al drie van hulle na die oorledene. Ap-pellant
het die oorledene dadelik vasgegryp,
sy motorsleutels van hom geneem, en sy
polshorlosie van sy arm afgeruk. Adams en Johnson het die oor-ledene by die
agterdeur van
die motor ingefor-seer en weerskante van hom op die agterste
sit-plek gaan sit. Appellant het agter die stuur-wiel ingeskuif en met
die
oorledene weggery.
...../4
4
Na hulle 'n entjie gery het, het appel-lant die oorledene gevra
waar hy sy geld bêre. Aanvanklik wou die oorledene nie antwoord
nie, maar
nadat appellant hom 'n paar keer in die gesig geslaan het, het die oorledene
beduie waar hy sy geld in die pastorie hou.
Hulle is terug na die pastorie. Die
buitedeur se sleutel was aan die bossie met die motorsleutel, en hier-mee het
appellant die deur
oopgesluit en toegang gekry tot die huis. Adams en Johnson is
metter-tyd een-een agterna saam met die oorledene. Daar het hulle geld
gesteel
asook heelwat goed wat aan die oorledene behoort het - oa 'n video-kassetspeler
en 12 vadeokassette. Al hierdie
....../5
5
goed is in die motor gelaai. Weereens is die oorledene agter in die
motor gedwing en daar is met hom weggery na 'n blok woonstelle
in Manen-berg.
Appellant en Johnson het die gesteelde goed in appellant se suster se woonstel
gaan neersit. . Hulle het toe verder
met die oorlede-ne gery na 'n afgeleë
plek tussen bome.
Daar het hulle die oorledene se skoene, sy broek, sy trui en sy hemp
uitgetrek sodat hy net in sy sokkies, sy onderbroek en sy frokkie
gelaat is. Sy
hande is so vasgemaak dat die een hand agter sy rug en die ander hand voor sy
bors vasgetrek is. Die oorledene het
'n orna-mentele kruis of 'n medaljon (die
getuienis is
.... / 6
6
nie eenstemmig hieroor nie) aan 'n ketting om sy nek gedra. Dit het appellant
afgeruk en dit in sy sak gesteek. Appellant het hierna
sy eie lyfband en
dié van die oorledene geneem, hulle aanmekaar vasgemaak en om die
oorledene se nek gedraai. Hy en Adams
het elk 'n punt van hierdie ligatuur
geneem en dit styf getrek in 'n poging om die oorledene te verwurg. Hierdie
poging het egter
nie geslaag nie. Daarna is sneesdoekies in oorledene se mond
gedruk en sy trui is om sy kop en oor sy gesig gewikkel so-dat hy nie
kon sien
wat om hom aangaan nie. Adams en appellant het hom toe tussen die bome ingeneem
waar hy beveel is om op die grond te
....../ 7
7
gaan lê. Terwyl hy so gelê het, het appellant 'n betonblok wat
daar naby gelê het, en wat sowat 20 kg geweeg het,
opgetel en dit op die
oorlede-ne se kop laat val. Die betonblok is weereens opgetel en weer op die
oorledene laat val - hier-die
keer op sy bors. Die appellant het in sy getuienis
voor die verhoorhof beweer dat dit Adams was wat hierdie tweede aanwending van
ge-weld gepleeg het, maar Adams sê dat dit die ap-pellant was. Die
verhoorhof kon geen bevinding oor hierdie geskilpunte bo
redelike twyfel
uit-bring nie. Om die minste daarvan te sê, en selfs al sou Adams die
tweede hou toegedien het, dan was appellant
'n mededader en het hy
klaarblyklik
.... / 8
8
'n gemeenskaplike oogmerk met Adams gehad om die
oorlédene om die lewe te bring. Dit het die verhoorhof dan ook bevind.
Die
geweld teen die kop het twee skedelbreuke tot gevolg gehad wat kneusing van
die frontale lobbe van die brein met sub-durale en sub-arachnoidale
bloeding
ver-oorsaak het. Die hou op die bors het die sesde, sewende en agste ribbes aan
die regterkant, en die sesde tot die tiende
ribbes aan die linker-kant gebreek.
Al hierdie beserings het die oorledene se asemhaling belemmer en sy dood tot
gevolg gehad. Sy
aanvallers het daarna met die gesteelde motor in Manenberg
rondgery, by ver-skeie plekke aangedoen, en teen dagbreek die
......./9
9
motor langs die straat gelos.
Die verhoorhof het bevind dat die appel-lant
die oorledene met direkte opset gedood het omdat die oorledene verdoemende
getuienis
teen sy aanvallers sou konaflê wat nie slegs hulle identiteite
sou onthul nie maar ook waar hulle hul buit heen geneem het.
Na
skuldigbevinding is mej Meyer, 'n kliniese sielkundige, geroep om ter versagting
van vonnis te getuig. Sy het by twee geleent-hede
onderhoude met die appellant
gevoer, en ook gesprekke met van sy familiebetrekkinge en ken-nisse gehad.
Psigometriese toetse is ook
op die appellant uitgevoer. Ek is nie van voor-
......./ 10
10
neme om breedvoerig op mej Meyer se getuienis in te gaan nie, maar sal later
in hierdie uit-spraak na tersaaklike dele daarvan verwys.
Nog 'n kliniese
sielkundige, mnr Lay, is deur die respondent geroep. Sy getuienis was in 'n
groot mate 'n kommentaar op mej Meyer
s'n, en hy het in sekere opsigte van haar
ver-skil.
Adjudant-offisier van Heerden, die een-heidsbevelvoerder van die
speurafdeling by die Manenberg polisie-stasie het kortliks getuig
van die
ontsteltenis en verontwaardiging wat onder die gemeenskap van Manenberg geheers
het toe die nuus van die moord op die oorledene
....../ 11
11
rugbaar geword het. Die oorledene was blykbaar 'n gerespekteerde en gewilde
man onder alle dele van die gemeenskap gewees. Die gemeenskap
was geskok en
seergemaak. 'n Gespanne toestand het geheers en na inhegtenisname het adjudant
van Heerden gevrees dat bendes in die
gebied familie-lede van die beskuldigdes
kon aanval.
Die verhoorhof het sekere versagtende faktore gevind -
hoofsaaklik uit hoofde van mej Meyer se getuienis - maar het tot die
gevolg-trekking
gekom dat die verswarende faktore hulle so ver oorskadu het dat
die doodvonnis die enig-ste gepaste vonnis was.
Die eerste versagtende faktor wat die
.... / 12
12
hof in aanmerking geneem het was die bevinding van mej Meyer dat die
appellant "as 'n minder-bevoorregte kind met 'n gewelddadige
vader opge-groei
het wat nie die nodige leiding in die vorming van (sy) persoonlikheid aan (hom)
gegee het om volwassenheid te bereik
nie." Mej Meyer het egter ook getuig dat
die appellant '"n rede-like goeie verhouding" met sy moeder gehad het, en dat hy
op tienjarige
ouderdom by sy ouer sus-ter, mev Cole, met wie hy 'n baie hegte
verhou-ding gehad het, gaan woon het, en haar feitlik as sy ma beskou
het. In
die lig hiervan kan die feit dat hy in 'n minder-bevoorregte samele-wing
grootgeword het, en die gewelddadigheid
....../ 13
13
van sy vader kwalik as 'n versagtende faktor ge-
sien word.
Tweedens bevind die hof dat die appel-
lant volgens mej Meyer -
"van subnormale intelligensie is en net tot standerd een gevorder het. Dit is
dus vir ons duidelik dat jou intellektuele vermoë
inderdaad nie van veel
omvang is nie."
Mej Meyer het bevind dat op grond van
die Suid-Afrikaanse Wechler volwasse skaal in-
telligensietoets wat sy afgeneem het die appel-
lant 'n "verbale IK" van 70 gehad het en 'n "prak-
tiese of nie-verbale IK" van 84 wat haar dan
'n totale IK van 77 gegee het. 'n Telling van
tussen 65 en 80, sê sy, word as "grensgraad ver-
...../ 14
14
traag of sub-normaal" beskou. Mnr Lay
getuig
egter dat, op grond van die toetse wat mej Meyer
gedoen het, hy dle
IK van die appellant op tussen
80 en 90 sou gestel het, en dit sou hy beskryf
as -
"The upper limits of the borderline range of intellectual functioning."
en kan dit, syns insiens, geen rol speel by die
oorweging van hierdie saak nie. Hy voeg dan
by dat daar baie mense is met 'n lae IK wat ver-
antwoordelike betrekkinge beklee, gesinsverant-
woordelikhede dra, en in alle opsigte as volwas-
senes in 'n oop gemeenskap optree.
Uit die getuienis van die appellant en
... / 15
15
sy medebeskuldigdes voor die verhoorhof blyk dit dat die appellant van die
begin tot die einde van die gebeure van 22 September die
voórtou geneem
het. Die doelbewuste planmatigheid van sy optrede dié aand, en die wyse
waarop hy daarna in sy verklarings
aan die landdros en aan die polisie, en in sy
ge-tuienis voor die verhoorhof gepoog het om sy aanda-digheid aan die dood van
die
oorledene aanvanklik te ontken, en later sover as moontlik af te water
sonder om te veel van sy geloofwaardigheid in te boet, getuig
mi geensins van n
sub-normale intel-ligensie nie. Na my mening kan die graad van sy intellektuele
vermoë ook kwalik veel gewig
dra as 'n versagtende faktor.
..../ 16
16
Derdens bevind die verhoorhof dat die
appellant onder die invloed van
dagga was toe
hy die moord gepleeg het. Die hof het bevind -
" ... dat jy in die bos by die motor nog steeds tekens getoon het dat jy
onder die invloed van dagga was. Ons is ook gedwing om te
bevind dat daar nie
duidelike getuie-nis is wat aandui dat die invloed van dag-ga jou egter tot
buitengewone optrede be-invloed het
nie. Ons aanvaar egter dat die mate waartoe
jy deur die dagga beinvloed was tog 'n rol in jou optrede gespeel het toe jy die
man
vermoor het deurdat jy nie in staat was om helder te dink nie."
Hierdie bevindinge berus feitlik ge-
heel en al op die getuienis van die
drie beskul-
digdes, en aldrie van hulle is bevind onbetrou-
bare getuies
te wees. ' By blote deurlêes van
hulle getuienis op die oorkonde bevestig hierdie
...... / 17
17
bevinding. Dit is veral op hierdie aspek van die getuienis rakende hul
dwelmgebruik dat 'n mens on-derlinge weersprekings van mekaar
vind. Om slegs
enkele voorbeelde te noem,kan verwys word na die getuienis van beide Adams en
Johnson dat die drie van hulle twee
"pype" Mandrax en dagga gerook het voordat
hulle die oorledene ontmoet het. Appellant sê egter dat hulle ses of sewe
"pype"
gerook het. Appellant beweer in sy getuienis dat hulle nog ses "pype"
Mandrax en dagga gerook het in die kar net voordat hulle die
oorledene
doodgemaak het. Johnson sê dat hulle eers nadat die oorledene doodgemaak
is in die kar gerook het, en nie voor die
tyd nie. Mej
....../18
18
Meyer getuig ook dat volgens die inligting wat die appellant aan haar
verstrek het, het hulle nie kort voor die voorval gerook nie.
In sy getuienis
erken die appellant dat hy in 'n ver-klaring aan die landdros en aan luitenant
Smith leuens vertel het, en dat getuienis
wat hy in 'n borgaansoek afgelê
het in verskeie opsigte nie die waarheid was nie. Daar kan dus klaar-blyklik
geen peil getrek
word op appellant se getuienis nie en die verhoorhof was na my
mening ten volle geregverdig om dit te verwerp. Maar selfs al sou
daar aanvaar
word dat die appel-lant wel dwelms gebruik het die dag, dan wil dit voorkom dat
dit hom nie tot enige noemens-
......./ 19
19
waardige graad aangetas het nie. Die planma-tigheid van sy optrede dié
aand, en sy vermoë om dit daarna in sy getuienis
in soveel besonder-hede te
weergee, dui sterk op so 'n afleiding. Die verhoorhof se bevinding dat die
appellant, as gevolg van sy
dwelmgebruik 'nie in staat was om helder te dink
nie" toe hy die oorledene ver-moor het, kom my voor te sterk gestel te wees op
al
die getuienis.
Laastens het die verhoorhof die gevolg-trekking waartoe mej
Meyer as gevolg van haar toetse op die appellant gekom het dat daar geen
teken
van aggressie by hom te bespeur was nie, as 'n versagtende faktor aangemerk. Die
verhoor-
......./ 20
20
regter voeg egter by dat dit maar "'n karige" toets was wat tot hierdie
konklusie aanléiding gegee het.
Benewens die faktore hierbo genoem,het
mev Brits namens die appellant aangevoer dat die appellant slegs 23 jaar oud was
ten tyde van
die pleging van die misdaad, en dat dit en die feit dat sy vorige
vêroordelings geen geweldmisdade insluit nie, ook as versagtende
faktore
gesien moet word. Laasgenoemde kan wel ter oorweging geneem word, maar wat sy
ouderdom betref meen ek nie dat dit enige gewig
kan dra nie. Hy kan kwalik as 'n
jeugdige gesien word en die lei-dende rol wat hy dié aand deurgaans
gespeel het,
.... / 21
21
tesame met die planmatigheid van sy optrede, loën enige
suggestie dat hy deur sy makkers be-ïnvloed is of in jeugdige
onbesonnenheid
gehan-del het.
Die verswarende faktore in hierdie saak is
oorweldigend. Die verhoorhof het gevind dat die appellant die direkte opset
ge-had het
om die oorledene dood te maak, en hier-die bevinding kan kwalik
betwyfel word. Die enigste redelike afleiding op die getuienis is
dat die
oorledene doodgemaak is in 'n poging om die identiteit van diegene wat hom
ontvoer en beroof het te verberg en sodoende te
verhoed dat hulle aan die gereg
uitgeken sou word. Die
..... / 22
22
oorledene het voldoende tyd gehad beide in die mo-
tor en
by sy pastorie om sy aanvallers waar te neem
sodat hy hulle later sou kon uitken. Hy het ook
geweet waar hulle die gesteelde goed heen geneem het.
Die mishandeling en
vernedering van die oorledene
het oor etlike ure gestrek, en kon hy gedurende daar-
die tyd vertroud geraak het met die voorkoms van sy
ontvoerders. Dit is voorts opvallend dat hy op
geen stadium hom teen sy aanvallers verset het of
die geringste provokasie aan hulle gebied het nie.
Toe hulle daarop aangedring het dat hy hulle moes
sê waar sy geld gebêre was, het hy dit gedoen.
Hy het die sleutels van sy pastorie aan hulle
gegee om daar in te gaan. Selfs toe hulle hom
uiteindelik geblinddoek in die bos ge-
......./ 23
23
lei het, en hom beveel het om te gaan lê, het hy dit
gedoen.
Die appellant het in sy getuienis aan-gevoer dat hy nie geweet het
dat die oorledene 'n priester was nie - met dié implikasie
dat hy nie so
teen hom sou opgetree het as hy dit ge-weet het nie. Weereens kan hierdie
suggestie nie opgaan nie. Dit moes vir appellant
duide-lik gewees het dat die
oorledene alleen gewoon het in die huis wat - op die foto's voor die hof - vlak
by die kerk geleë
was met geen af-skorting tussen die twee geboue nie. As
'n mens voorts kyk na die foto's van die binnekant van die huis met die boeke,
die ikone en die kruise
..../ 24
24
teen die muur, en die foto's van kerklike aan-geleenthede in
die kamer, moes die aanduidings dat hierdie man 'n priester was baie
sterk na
vore gekom het. Maar selfs al sou die appellant nie geweet het dat sy slagoffer
'n priester was nie, kan dit kwalik enigsins
afdoen aan die weer-sinwekkendheid
van sy optrede. 'n Ingetoë sag-moedige man is, sonder enige provokasie of
aanleiding, deur
hierdie drie booswigte vlak-by sy huis aangeval en van sy motor
en sy pols-horlosie beroof. Daarna is hy ontvoer, beledig en aangerand.
By sy
huis is ingebreek en sy goed geplunder terwyl hy gedwonge moes toekyk. Weereens
is hy ontvoer en tussen die bome aan
......./ 25
25
die vernedering onderwerp om van sy skoene en klere beroof te
word, en sy arms en hande vas-gebind te word. Selfs toe hy so hulpeloos
voor
hulle gestaan het, het sy gevoellose ontvoerders hom die verdere leed aangedoen
om die kruis of medaljon wat hy om sy nek gedra
het, en waar-aan hy in alle
waarskynlikheid waarde geheg het, af te ruk en dit vir hulle toe te eien.
Hier-na is hy met sy eie lyfband
verwurg en, nadat hy dit oorleef het, is papier
in sy mond gestop en word hy met sy eie trui geblinddoek en weg-gelei. Hy is op
die
grond laat lê en terwyl hy nie kon sien vanwaar enige aanval op hom
ge-loods sou word nie, is hy genadeloos vermoor.
......./ 26
26
Hierdie optrede is so barbaars en weersinwekkend, en so
verswarend by die oorweging van 'n gepaste
vonnis, dat dit alles wat as
versagtend beskou kan word oorheers.
Mev Brits het aangevoer dat die appel-lant, deur in die hof sy aandadigheid
aan die reeks misdade te erken, sy berou oor die gebeure
getoon het, en dat dit
hom ter versagting ge-reken moet word. Ek kan nie saamstem nie. Nêrens in
sy getuienis toon hy enige
sweem van berou nie. Trouens na sy inhegtenisname het
hy leuens vertel aan die landdros en sy aanda-digheid aan die moord geheel
en al
ontken. Later in 'n verklaring aan luitenant Smith het
..../ 27
27
hy erken dat hy bewus was van die finale aan-randing op die
oorledene, maar die skuld daar-voor op Adams gepak. Dit toon geen berou
vir sy
dade nie. Mej Meyer het getuig dat in haar onderhoude met appellant sy 'n
"gevoel" gekry het van n "algehele ongelukkigheid"
by hom, en dat "na vele
aanmoediging van my kant" het hy uit-eindelik sy spyt uitgespreek oor wat gebeur
het. In kruisverhoor is
sy gevra of appellant nie eintlik spyt was "oor die
posisie waarin hy hom nou bevind" nie. Hierop kon sy geen hoorbare antwoord gee
nie, maar in antwoord op 'n vraag van die verhoorregter of appellant "ooit enige
jammerte uitgespreek het oor die persoon wat hy
....../ 28
28
doodgemaak het" het sy geantwoord -
"Nee, hy het geensins
verwys na die persoon nie." Daar is dus mi geen aanduiding op die getuienis dat
die appellant ooit werklik berou
getoon het vir sy dade nie, of vir sy
gevoellose optrede teenoor die oorledene nie. In die ure-lange mishandeling en
treitering van
die oorledene het appellant ook geen sweem van medelye met sy
slag-offer getoon nie, maar met sy hardvogtigheid voortgegaan tot die
einde
toe.
Die uiteindelike vraag bly dan of hier-die Hof van mening is dat die
doodvonnis die enigste gepaste vonnis in al die omstandighede
is. By oorweging
van hierdie vraag moet nie
....../ 29
29
slegs die versagtende en verswarende faktore hierbo genoem, in
aanmerking geneem word nie, maar moet hulle gesien word in die lig
van die
hoofoogmerke van straftoemeting, nl vergelding, voorkoming en hervorming. In 'n
geval soos hierdie moet die gemeenskapsbelang
sterk na vore kom en sal die
voorkomende en vergeldende oog-merke van straftoemeting die hervormingsaspek
totaal oorheers. Mev Brits
het ook aan die hand gegee dat Johnson, en veral
Adams, saam met die ap-pellant, en met 'n gemeenskaplike oogmerk om die
oorledene
dood te maak, opgetree het, en dat dit derhalwe onbillik was om
appellant die doodvonnis
......./ 30
30
op te lê terwyl hulle wat ewe skuldig aan
sy dood was, 'n mindere vonnis opgelê is. Wat ook al die meriete van die
submissie
dat aldrie ewe skuldig aan die moord op die oorledene was en te lig
daar-van afgekom het, is dit nogtans slegs die appel-lant wat
op appèl
voor ons is en is ons geroepe die gepastheid van sy vonnis te oorweeg. Dit moet
ook in gedagte gehou word dat die
verhoorhof, mi tereg, bevind het dat die
appellant van meet af daardie aand die aanstigter van die aanval op die
oorledene was en
die leidende rol in al die gebeure geneem het. Selfs by die
uiteindelike moord op die oorledene was appellant die onbetwis-de leier
van die
groep. Hy het al die besluite
......../ 31
31
geneem en die ander twee het slegs meegedoen.
By oorweging
van al hierdie omstandig-hede is ek van mening dat hierdie moord so af-gryslik
is en so verderflik vir die gemeenskap,
dat dit as een van daardie uiterste
gevalle ge-sien moet word waar die doodvonnis die enigste gepaste vonnis is.
Bygevolg word die appèl afgewys.
J.P.G. EKSTEEN, AR
HOEXTER, AR )
stem saam VIVIER, AR )