About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 16
|
|
S v Van Lill (384/91) [1993] ZASCA 16 (4 March 1993)
Saaknommer: 384/91 NvH
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
DIRK FREDERICK LOUW VAN
LILL
APPELLANT
en
DIE STAAT
RESPONDENT
CORAM
: SMALBERGER, NIENABER, ARR,
et KRIEGLER, Wnd AR
VERHOORDATUM
: 25 Februarie 1993
LEWERINGSDATUM
: 4 Maart
1993
UITSPRAAK
SMALBERGER, AR :-
Die appellant is op 2 Mei 1988 in die streekhof te Potchefstroom aan twintig
aanklagte van bedrog skuldig bevind. Die aanklagte is
vir vonnisdoeleindes
saamgevat en hy is tot sewe jaar gevangenisstraf gevonnis. Sy appél na
die hof benede
2
het misluk. Hy kom nou (met die nodige verlof) slegs teen sy vonnis in
hoër beroep.
Die skuldigbevindings spruit voort uit die werwing
gedurende September 1984 van kopers van sogenaamde "kubus" aktiveerders deur die
appellant (wat as Alfa Kulture handel gedryf het) en sy gemagtigde agent. Die
werwing het geskied by wyse van die plasing van 'n
advertensie in 'n plaaslike
koerant en kontakmaking met voornemende kopers deur die agent. Die appellant het
bedrieglik voorgegee
dat alle opbrengste uit die aktiveerders deur hom aangekoop
sou word. Hy was egter nooit voornemens om dit te doen nie aangesien
daar geen
afsetgebied vir die oeste was nie. Twintig persone is vanweë die appellant
se bedrieglike wanvoorstellings tot hulle
nadeel oorreed om met'Alfa Kulture
koopkontrakte aan te gaan. As gevolg daarvan het hulle gesamentlik 'n verlies
van R21 990-00 gely.
Die appellant, 'n voormalige prokureur, was 53
3
jaar oud ten tye van sy skuldigbevinding. Hy is getroud en het geen
afhanklikes nie. Hy het reeds verskeie kere vantevore met die
reg gebots. In
Augustus 1975 is hy skuldig bevind aan (1) bedrog en (2) diefstal van trustgelde
(twee aanklagte). Hy is op die drie
aanklagte 'n effektiewe vonnis van vyf jaar
gevangenisstraf opgelê. In Junie 1982 is hy skuldig bevind aan nege
aanklagte van
bedrog (waarby R24 972-00 betrokke was). Die aanklagte is vir die
doeleindes van vonnis saamgeneem en hy is gevonnis tot drie jaar
gevangenisstraf
wat in geheel opgeskort is vir drie jaar op voorwaarde dat hy nie skuldig bevind
word aan bedrog of diefstal gepleeg
gedurende die tydperk van opskorting nie.
Die onderhawige misdade is tydens die opskortingstydperk gepleeg. Gevolglik het
die verhoorlanddros
gelas dat indien die opgeskorte vonnis in werking gestel sou
word, dit met die onderhawige vonnis moes saamloop. Die appellant het
dit ook
onder
4
die verhoorlanddros se aandag gebring dat, afgesien van sy vorige
veroordelings, hy in 1987 aan tjekbedrog skuldig bevind is waarvoor
hy ook sewe
jaar gevangenisstraf opgelê is ("die 1987 vonnis") . Dié misdaad is
na die onderhawiges gepleeg. Die 1987
vonnis geld dus nie as 'n vorige
veroordeling nie.
Dit is geykte reg dat inmenging deur hierdie Hof met die uitoefening van 'n
verhoorhof se diskresie met betrekking tot vonnis slegs
kan geskied as daar 'n
onreëlmatigheid of 'n mistasting was, of die opgelegde vonnis ontstellend
onvanpas is. Hier is daar geen
sprake van 'n onreëlmatigheid nie. Namens
die appellant is wel betoog dat die verhoorlanddros in verskeie opsigte misgetas
het.
Die beweerde mistastings maak egter nie deel uit van die gronde van
appél nie, Gevolglik was die verhoorlanddros nooit die
geleentheid gegun
om daarmee te handel nie. Streng gesproke dus kan die appellant nie op die
beweerde mistastings steun
5
nie. Maar afgesien hiervan is ek oortuig dat die beweerde mistastings geen
mistastings was nie, en dat die verhoorlanddros, by die
beoordeling van alle
relevante feite en die toepassing van die toepaslike beginsels van
straftoemeting, deurgaans 'n suiwer en I
gebalanseerde benadering gehandhaaf
het.
Die enigste oorblywende vraag is of die vonnis ontstellend onvanpas is.
Namens die appellant is daar toegegee dat indien daar geen
mistasting was nie
die vonnis van sewe jaar gevangenisstraf, ofskoon swaar, nie
per se
aanvegbaar sou wees nie. Daar is egter betoog dat die vonnis buitensporig swaar
is as daar op die kumulatiewe uitwerking van die
onderhawige vonnis en die 1987
vonnis - wat saam op veertien jaar gevangenisstraf neerkom - gelet word. Dit
behoef geen betoog dat
'n effektiewe vonnis van veertien jaar gevangenisstraf
vir bedrog, ongeag die aantal aanklagte, 'n besonder swaar vonnis is nie.
Dit is
' n vonnis wat selde in
6
oneerlikheidsmisdade voorkom en dan alleenlik in gevalle waar die omvang van
die bedrog of diefstal, of die vorige veroordelings van
die beskuldigde, van 'n
baie meer ernstige aard is as in die onderhawige geval. Indien die appellant
terselfdertyd aangekla was van
die 1987 misdaad en die onderhawige misdade (wat
wel moontlik was), sou die verhoorlanddros hom nouliks 'n effektiewe vonnis van
veertien jaar gevangenisstraf opgelê het.
Ofskoon die verhoorlanddros daarvan bewus was dat hy die kumulatiewe
uitwerking van die vonnis in gedagte moes hou, blyk dit tog,
te oordeel suiwer
aan die vonnis wat hy opgelê het, dat hy dit op die ou end uit die oog
verloor het. Namens die Staat is tereg
toegegee dat die kumulatiewe uitwerking
van die vonnisse te hoog is. Myns insiens sou 'n effektiewe vonnis van elf jaar
gevangenisstraf
vir die 1987 misdaad en die onderhawige misdade aan die oogmerke
van straftoemeting
7
voldoen en gepas wees in al die omstandighede. Gevolglik moet die onderhawige
vonnis, gesien sy kumulatiewe uitwerking met die 1987
vonnis, as ontstellend
onvanpas beskou word. Inmenging daarmee is dus noodsaaklik.
As uitgangspunt kan aanvaar word dat die vonnis van sewe jaar gevangenisstraf
op sigself 'n gepaste vonnis is. Dit moet egter versagtend
aangepas word om die
kumulatiewe uitwerking daarvan saam met die 1987 vonnis teen te werk. Sodanige
aanpassing sou normaalweg kon
geskied by wyse van 'n gedeeltelike
samelopingsbevel of 'n gedeeltelike opskortingsbevel. Wat sameloping betref is
daar egter 'n
komplikasie. Volgens inligting wat vanaf die Departement van
Korrektiewe Dienste bekom is, het die appellant se 1987 vonnis (met
inagneming
van amnestie en strafvermindering) reeds op 17 Mei 1992 verstryk. Vanaf 18 Mei
1992 is hy dus besig om die onderhawige
vonnis
8
uit te dien. Terwyl dit vir die verhoorlanddros aangewese sou gewees het om
deel van die vonnis wat hy opgelê het te laat saamloop
met die 1987
vonnis, omdat laasgenoemde vonnis reeds verstryk het, is sameloping nie meer
prakties moontlik nie. Al sou 'n samelopingsbevel
nogtans in die omstandighede
regtens bevoeg wees (iets waaromtrent ek my nie uitlaat nie), sou dit
administratiewe aanpassing verg.
Welke administratiewe probleme dit sou
meebring, en of daar oplossings daarvoor gevind kon word, is onseker.
Die ander alternatief is 'n gedeeltelike opgeskorte vonnis. In die normale
verloop van sake sou die appellant nie meer vir so 'n vonnis
kwalifiseer nie.
Opskorting van 'n vonnis, geheel of gedeeltelik, het hoofsaaklik afskrikking ten
doel. Die appellant het reeds die
voordeel van 'n opgeskorte vonnis gehad. Te
oordeel daaraan dat die onderhawige misdade gedurende die opskortingstydperk
gepleeg
is, (en die appellant
9
selfs daarna 'n verdere oneerlikheidsmisdaad gepleeg het), het die appellant
hom nie deur sy opgeskorte vonnis laat afskrik nie, of
andersins daarby gebaat
nie. Dit is dus sterk te betwyfel of 'n gedeeltelike opgeskorte vonnis enige
heilsame uitwerking op hom sal
hê. Ek is daarvan bewus dat gewaak moet
word teen die onoordeelkundige aanwending van strafverligting deur middel van
opgeskorte
of gedeeltelik opgeskorte vonnisse uit vrese dat die algemene
afskrikwaarde daarvan sodoende sal afneem. Gesien egter die ietwat
buitengewone
omstandighede van die onderhawige geval blyk 'n gedeeltelike opskorting (ofskoon
dit nie normaalweg aangewese sou wees
nie) tog die bevredigendste meganisme vir
vonnisversagting te wees. Die hoop dat dit tog as afskrikmiddel sal dien kan ook
seker
nie totaal uitgesluit word nie.
Die appél teen vonnis slaag dermate dat terwyl die vonnis van sewe (7)
jaar gevangenisstraf bly staan,
10
drie (3) jaar daarvan vir vyf (5) jaar opgeskort word op voorwaarde dat die
appellant nie skuldig bevind word aan 'n misdaad waarvan
oneerlikheid 'n element
is nie, gepleeg gedurende die tydperk van opskorting, en ten opsigte waarvan hy
regstreekse gevangenisstraf
opgelê word.
J W SMALBERGER APPéLREGTER
NIENABER, AR )
KRIEGLER, WND AR ) - STEM SAAM