About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1993
>>
[1993] ZASCA 7
|
|
S v Tshandu (182/92) [1993] ZASCA 7 (25 February 1993)
Saak Nr 182/92 /MC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING
)
Tussen
THEMBISILE JACKSON TSHANDU
Appellant
- en -
DIE STAAT
Respondent
CORAM:
VIVIER, MILNE ARR et
KRIEGLER Wnd AR.
VERHOOR:
16 Februarie 1993.
GELEWER:
25 Februarie 1993.
UITSPRAAK
VIVIER AR
2
VIVIER AR:
Die appellant is in die Kaapse Provinsiale Afdeling
(Oostelike Rondgaande Plaaslike Afdeling) deur MUNNIK RP en assessore op een
aanklag
elk van moord en verkragting skuldig bevind. Op die moordaanklag is hy
die doodvonnis opgelê en op die aanklag van verkragting
is hy tot
lewenslange gevangenisstraf gevonnis. Hy appelleer na hierdie Hof ingevolge art
316 A van die Strafproseswet 51 van 1977
teen sy skuldigbevlnding en vonnis op
die moordaanklag.
Beide aanklagte spruit uit 'n aanval op 'n nege-jarige dogtertjie van Knysna,
Tamsyn Garth-Davis ("die oorledene") kort na twee-uur
die middag van 29 Januarie
1991. Sy was na skool te voet op pad na haar ouerhuis by Ploverweg 2 in die
gebied bekend as Ouplaas net
buite Knysna nadat die skoolbus haar, soos
gebruiklik, by 'n punt ongeveer 500m vanaf haar ouerhuis
3
afgelaai het. Haar ouerhuis is op die hoek van Ploverweg en Bokmakieriestraat
geleë en die ingang is vanuit laasgenoemde straat.
Bokmakieriestraat draai
uit die hoofweg na Port Elizabeth ongeveer 150m daarvandaan. Sy het nie haar
ouerhuis bereik nie en kort
voor vyfuur dié middag is haar liggaam onder
'n boom in 'n beboste gebied aan die oorkant van Bokmakie= riestraat, feitlik
regoor die ingang van haar ouerhuis en ongeveer 80m daarvandaan, gevind. Haar
twee broekies het om die een enkel gehang en haar skoolrok
was opgetrek sodat
haar onderlyf tot bokant haar heupe ontbloot was. Haar skooltas het langs haar
gelê en twee nylonbande,
wat van die tas afgeruk is, was afsonderlik van
mekaar om haar nek gedraai en geknoop. Op die grond was daar tekens van 'n
worsteling.
Dr Joubert, wat die nadoodse ondersoek op die liggaam van die oorledene
gedoen het, het getuig dat
4
die oorledene gesterf het as gevolg van versmoring deur die nylonbande om
haar nek. Haar privaatdele was ernstig beseer en penetrasie
het beslis
plaasgevind. In die boudspleet het dr Joubert kort, krullerige swart hare gekry
wat nie van die oorledene self afkomstig
was nie omdat sy nog geen pubiese hare
gehad het nie. Hierdie hare is vir ontleding weggestuur.
Die appellant is op 20 Maart 1991 gearresteer. Twee dae later het hy 'n
bekentenis voor landdros J Kapp afgelê wat na 'n binneverhoor
as getuienis
teen hom toegelaat is. Die toelaatbaarheid van die bekentenis was nie op
appèl aangeveg nie. Aan die landdros
het die appellant o a gesê dat
hy op die betrokke dag nie gaan werk het nie maar met 'n huurmotor dorp toe is
waar hy by die
New Haven Hotel gedrink het. Op pad terug na sy huis moes hy
verby Ouplaas loop, en hy het met Bokmakieriestraat afgedraai
5
in die rigting van die oorledene se huis. Hy het
die
oorledene goed geken omdat hy vantevore by haar pa in
die tuin gewerk
het. Sy was "gewoond" aan hom. Toe
hy naby hulle huis kom, het hy die
oorledene gesien en
haar gegroet. Hy het haar geroep en sy het na hom
toe
gekom. Op daardie oomblik het hy gevoel dat hy
"lus het om met haar
gemeenskap te hou". Toe sy by
hom kom, het hy vir haar gesê dat hy haar
iets in die
veld wou gaan wys. Hulle het verby die kerk reg
oorkant die
oorledene se ouerhuis geloop en toe die
oorledene nie verder wou loop nie,
het hy haar gegryp
en haar neergegooi. Hulle het geworstel en hy
het
daarin geslaag om haar broekie uit te trek. Die
appellant sê
verder: "Ek het probeer om gemeenskap met
haar te hou - ek het probeer om my
privaatdeel in haar
privaatdeel in te druk maar ek kon nie slaag nie.
Ek
het haar toe gewurg met my hande. Sy het toe later
6
doodstil gelê."
Op 23 Maart 1991, 'n dag nadat die appellant sy bekentenis aan die landdros
gemaak het, het hy sekere uitwysings en gepaardgaande
mondelinge verklarings aan
kapt Truter gemaak wat na 'n binneverhoor as getuienis teen hom toegelaat is.
Dit stem in alle wesenlike
opsigte ooreen met wat hy die vorige dag aan die
landdros vertel het. Aan Truter het hy o a die voetpaadjie uitgewys waarlangs hy
die oorledene in die beboste gebied ingelei het om "na die mooi bome te kom
kyk". Hy het verder uitgewys hoe hy die oorledene opgetel
het toe sy nie verder
wou saamloop nie en waar hy haar op die grond neergegooi het. Hy het aan Truter
gesê dat hy by die laaste
plek die oorledene se broekie uitgetrek en begin
het om met haar "seks" te hê waarna hy haar gewurg het. Die fotos wat van
die uitwysings geneem is, toon duidelik
7
dat die plek waar die oorledene doodgemaak is, tussen digte, hoe bosse en
gras is.
Op 25 Maart 1991 het die appellant by die pleitverrigtinge in die landdroshof
skuldig gepleit op beide aanklagte van moord en verkragting.
Na ondervraging
deur die landdros is pleite van onskuldig op beide aanklagte aangeteken
aangesien die appellant, wat die moordaanklag
betref, nie erken het dat hy die
nodige opset gehad het nie en, wat die aanklag van verkragting betref, nie erken
het dat gemeenskap
plaasgevind het nie. Nadat die appellant 'n feitelike relaas
van die gebeure aan die landdros gegee het wat wesenlik ooreenstem met
wat hy
voorheen aan landdros Kapp en kapt Truter gesê het, het die landdros
ingevolge art 115 2(b) van Wet 51 van 1977 aangeteken
dat die appellant erken
dat hy die oorledene probeer verkrag het en dat hy haar daarna doodgemaak het
deur
8
haar te wurg.
By die verhoor het die appellant getuig dat hy niks van die
misdade af weet nie en dat hy nie naby die toneel was nie. Hy het die
betrokke
dag nie gaan werk nie en is met h taxi van sy woning dorp toe waar hy by die New
Haven hotel gedrink het. Om twintig minute
oor een die middag is hy te voet huis
toe waar hy om vieruur aangekom het nadat hy eers by 'n sjebeen aangegaan het.
Oor sy bekentenis
aan landdros Kapp het die appellant getuig dat hy glad nie kan
onthou wat hy by daardie geleentheid gesê het nie, behalwe dat
hy
gesê het dat hy die oorledene geken het. Ten opsigte van die
pleitverrigtinge in die landdroshof het hy ontken dat hy skuldig
gepleit of
enige erkennings gemaak het en getuig dat hy aan die landdros gesê het dat
hy geen kennis dra van die misdade nie.
Oor sy uitwysings en mededelings aan
kapt Truter het
9
die appellant 'n verskeidenheid van verontskuldigende verduidelikings gegee.
Dit is nie nodig om daarna te verwys nie. Die Verhoorhof
het die appellant as 'n
deurtrapte leuenaar beskryf en sy getuienis in die geheel verwerp. In hierdie
Hof het mnr Keeton geredelik
toegegee dat die appellant se getuienis leuenagtig
was en dat dit met reg deur die Verhoorhof verwerp is. Mnr Keeton het ook nie
op
die getuienis van die appellant se vrou, wat deur die Verhoorhof verwerp is,
probeer steun nie.
Mnr Keeton het voor ons betoog, soos hy ook in die Hof a quo gedoen het, dat
daar h redelike moontlikheid bestaan dat die appellant
se bekentenis,
pleitverduideliking, uitwysings en verklarings aan die staatsgetuies nie
betroubaar is nie, maar dat dit inderdaad
alles vals is en dat hy dit opgemaak
het ten einde te ontkom aan die druk waaronder die polisie hom
10
sou geplaas het. Ter ondersteuning van hierdie betoog het mnr Keeton
aangevoer dat die appellant se weergawe, soos in sy buitegeregtelike
mededelings
vervat, in drie wesenlike opsigte verskil van die bewese feite. Eerstens het hy
daarop gewys dat die appellant 'n plek
ongeveer 30m van waar die oorledene se
lyk gevind is, uitgewys het as die plek waar hy haar doodgemaak het. Soos die
Verhoorhof vind
ek geen meriete in hierdie punt nie. Die appellant is byna twee
maande na die gebeure gearresteer en intussen is h groot gebied in
die omgewing
van die toneel van die misdaad ontbos. Dit is dus van geen betekenis dat die
appellant nie die presiese plek aangewys
het nie. Mnr Keeton het voorts daarop
gesteun dat penetrasie bewys is terwyl die appellant slegs erken het dat hy
gepoog het om met
die oorledene gemeenskap te hê. Die appellant se
weergawe is egter dubbelsinnig en kan wel beteken dat penetrasie
11
plaasgevind het. So sê hy o a dat hy begin woel het met die oorledene
(sy woordgebruik vir gemeenskap) toe sy "moed afval".
Derdens het mnr Keeton
daarop gesteun dat die appellant slegs daarvan melding maak dat hy die oorledene
met sy hande verwurg het
en niks praat van verwurging met die nylonbande nie. Ek
stem met die Verhoorhof saam dat sy versuim om die bande te noem niks meer
is as
'n poging om sy daad minder ernstig te laat lyk nie. Volgens die mediese
getuienis is dit nie uitgesluit dat die appellant
die oorledene eers met die
hande verwurg het voordat hy die bande om haar nek geknoop het. Ek vind
gevolglik geen wesenlike verskil
tussen die weergawe van die appellant toe hy
die pleging van die misdade erken het en die bewese feite nie.
Mnr Keeton se betoog dat die appellant moontlik 'n vals bekentenis onder druk
van die polisie
12
aan die landdros gemaak het, is suiwer spekulasie en daar is geen getuienis
om dit te staaf nie. Die appellant het self nie so getuig
nie. By die
binneverhoor oor die toelaatbaarheid van die bekentenis was sy verweer dat hy as
gevolg van aanrandings op hom gedwing
is om die bekentenis te maak. Nadat die
bekentenis toegelaat is as getuienis, was sy verweer dat hy nie kan onthou wat
hy aan die
landdros gesê het
nie.
Selfs op die veronderstelling dat die
appellant om een of ander rede h vals bekentenis sou
gemaak het, vind ek dit ondenkbaar dat hy dit daarna op
twee geleenthede nie alleen in wesenlike opsigte sou
herhaal nie, maar ook daarop sou uitbrei, soos hy wel
gedoen het.
Daar is ander omstandigheidsgetuienis wat die
appellant se bekentenis staaf. Volgens die appellant
13
het hy die ooriedene goed geken en was sy "gewoond" aan hom omdat hy vroeer
die familie se tuinier was. Aan die polisie het hy gesê
dat hy die
oorledene een dag by haar skool gesien het en dat sy vir hom lekkers gegee het.
Die feit dat sy haar aanvaller die bos
in vergesel het, dui daarop dat sy hom
goed geken het en eie aan hom gevoel het. Volgens beide haar ouers het hulle
haar gewaarsku
teen vreemdelinge. Verder was daar die onbetwiste forensiese
getuienis van luit Ras wat 'n pubiese haar wat op die oorledene gevind
is, met h
monster pubiese hare van die appellant vergelyk het. Haar ondersoek het elf
ooreenstemmende eienskappe getoon waarvan sewe,
volgens haar, voldoende is om te
bevind dat die hare aan dieselfde persoon behoort. Sy het verder getuig dat die
moontlikheid dat
twee persone identiese pubiese hare het, een uit agthonderd
is.
Mnr Keeton het in die alternatief betoog dat,
14
indien bevind word dat die appellant wel die oorledene aangeval het soos hy
in sy bekentenis erken het, die redelike moontlikheid
nie uitgesluit is nie dat,
nadat hy die toneel verlaat het, iemand anders die oorledene gedood het deur
haar met die nylonbande te
wurg. Mnr Keeton het vir hierdie betoog gesteun op
die feit dat 'n stuk lap 'n paar dae na die voorval opgetel is naby die plek
waar
die oorledene se liggaam vantevore gevind is. Op die lap was o a pubiese
hare wat nie met dié van die appellant ooreengestem
het nie. Dit is egter
uiters onwaarskynlik dat die lap reeds op die toneel was toe die polisie die
terrein gefynkam het nadat die
oorledene se liggaam gevind is. Daar is in elk
geval hoegenaamd niks wat die lap met die pleging van die misdryf verbind nie.
Daar
is geen redelike moontlikheid dat iemand anders enige aandeel in die dood
van die oorledene gehad het nie.
15
Ek is gevolglik van mening dat die appellant tereg skuldig
bevind is aan moord en dat die appèl teen sy skuldigbevinding nie
kan
slaag nie.
Dit laat die appèl teen die "doodvonnis wat die appellant
weens die moord opgelê is. Hy was ten tyde van die pleging
van die misdade
37 jaar oud en het geen vorige veroordelings gehad nie. Hy het nie verder as die
laerskool gevorder nie en het ten
tyde van die pleging van die misdade 'n vaste
werk as handlanger by 'n bouaannemer gehad. Mnr Keeton het namens die appellant
betoog
dat hy onder die invloed van drank gehandel het, maar die getuienis staaf
nie sy betoog nie. Die appellant het getuig dat hy die
betrokke oggend by 'n
sjebeen druiwesap gedrink het en dat hy en twee maats daarna 'n bottel soetwyn
by die hotel gedeel het. Hy
het nie getuig dat dit hom enigsins geaffekteer het
nie. Inteendeel, sy
17
op plekke deur die vel gedring het. Die aanval op die ooriedene het met
voorbedagte rade geskied. Die appellant was op pad na sy huis
wat nog meer as 4
km daarvandaan was en daar was geen rede vir hom om in Bokmakieriestraat uit die
hoofweg af te draai wat hom ver
uit sy normale roete sou neem nie. Toe hy die
oorledene gewaar, het hy besluit om haar te verkrag. Daar kan met veiligheid
aanvaar
word dat hy op daardie stadium besef het dat hy haar sou moes doodmaak
nadat hy haar verkrag het. Ten einde sy doel te bereik het
hy die vertroue wat
sy in hom as iemand wat sy goed geken het, misbruik om haar na die bos te
lok.
Uiteindelik moet ek dan oordeel of, met inagneming van die strafverswarende
en -versagtende omstandighede die doodstraf die enigste
gepaste vonnis is. By
die beslissing van hierdie vraag moet die hoofdoelstellings van straftoemeting
naamlik voor=
18
koming, afskrikking, vergelding en hervorming oorweeg word. In 'n geval soos
die huidige weeg die noodsaaklikheid om behoorlike uiting
te gee aan die faktore
van vergelding en afskrikking sowel as aan die gemeenskap se afsku aan moorde
van hierdie aard, na my mening
sterker as die moontlikheid van rehabilitasie.
Die appellant se optrede was so boos en afskuwelik en dit openbaar so 'n
gehardheid
en onverskilligheid teenoor menslike lewe, dat hierdie as 'n geval
van uitsonderlike erns beskou moet word. Gevolglik is die doodstraf,
na my
mening, die enigste gepaste straf.
Die appèl word afgewys.
W. VIVIER AR.
MILNE AR)
Stem saam. KRIEGLER Wnd AR)