About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1992
>>
[1992] ZASCA 120
|
|
S v Mooi (618/91) [1992] ZASCA 120 (28 August 1992)
Saak nr 618/91 E du Plooy
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING
)
In die saak tussen:
ISAAC MOOI
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
Coram
: NESTADT, F H GROSSKOPF ARR et HARMS Wnd AR
Verhoordatum:
Lewerinqsdatum:
20 Augustus 1992. 28 Augustus 1992.
2
UITSPRAAK
F H GROSSKOPF AR:
Die appellant is in die Suid-Oos Kaapse Plaaslike Afdeling deur Rein Wnd R en
twee assessore aan moord en roof met verswarende omstandighede
skuldig bevind.
Die verhoorhof het verder bevind dat daar geen versagtende omstandighede by die
pleging van die moord aanwesig was
nie en het die appellant gevolglik die
doodvonnis vir die moord opgelê. Daarbenewens is die appellant tot 12 jaar
gevangenisstraf
vir die roof gevonnis. Verlof om teen die skuldigbevindings en
doodvonnis te appelleer is deur die verhoorhof geweier. 'n Petisie
aan die
hcofregter om verlof om te appelleer was eweneens onsuksesvol. Die paneel
ingestel kragtens art 19(1) van die Strafregwysigingswet
107 van 1990 het die
geval oorweeg en die saak dien tans voor hierdie hof ingevolge die bepalings van
art 19(12) (a) van daardie
wet asof dit 'n
3
appèl teen die
opgelegde doodvonnis is.
Die oorledene was 'n 76-jarige weduwee wat alleen in
'n huis in Port Elizabeth gewoon het. Op 20 Januarie 1989 het sy die appellant
van die straat af in diens geneem om haar gras te sny. Dit is gemene saak dat
die appellant die oorledene later daardie dag in haar
huis vermoor en beroof
het. Die omstandighede waaronder die misdade gepleeg is, blyk uit sekere
verklarings wat die appellant na
sy arrestasie op 28 Januarie 1989 aan twee
polisie offisiere en aan 'n landdros gemaak het. Die toelaatbaarheid van daardie
verklarings
was nooit in geskil nie. Die appellant het egter in latere
verklarings, en in sy getuienis in die hof
a quo
, van sy aanvanklike
weergawe afgewyk en sekere verskoningsgronde vir sy optrede probeer aanvoer.
Hierdie latere weergawe van die
appellant is deur die hof
a quo
as vals
verwerp en die appellant se advokaat het myns insiens tereg toegegee dat die
beweerde verskoningsgronde heeltemal buite rekening
gelaat moet word by die
beoordeling van
4
die vraag of die doodvonnis die gepaste vonnis vir die
appellant is.
Die aanvanklike weergawe van die appellant, wat deur die hof
a quo
aanvaar is, is dat die tuinskêr waarmee hy die gras gesny
het, gedurende die loop van die dag I gebreek het. Die appellant
het die
gebreekte skêr na die oorledene geneem en by die kombuis aan haar
oorhandig. Hy het haar gevolg toe sy 'n ander tuinskêr
uit 'n kas in die
kombuis gaan haal het. Terwyl haar rug op hom gekeer was, het hy haar skielik
van agter gegryp en op die grond
neergegooi. Hy het die skêr gevat en haar
verskeie male daarmee in die linkersy gesteek. Toe sy probeer opstaan, het hy
haar
met sy voet op haar bors platgetrap. Daarna het hy 'n mes geneem, 'n stuk
elektriese koord van die radio afgesny en haar daarmee
om die nek gewurg.
Aangesien die oorledene volgens hom nog steeds 'n geraas gemaak het, het hy ook
'n kombuisvadoek en serp om haar
nek vasgemaak, Al drie hierdie wurgkoorde is
later vasgeknoop om haar nek gevind. Die appellant-het
tydens
5
kruisondervraging toegegee dat hy geweet het dat 'n persoon dood
sal gaan as iets styf om sy nek gebind word.
Die oorsaak van dood in die onderhawige geval was inderdaad verwurging.
Daarna het die appellant die oorledene na die naaste slaapkamer
gesleep en die
deur toegetrek.
Die appellant beweer dat hy geskok was deur hierdie gebeure, maar sy verdere
optrede weerspreek dit. Hy het nie geskroom om die oorledene
se trouring van
haar vinger en haar polshorlosie van haar arm te verwyder nie. Nadat hy die
oorledene in die kamer toegemaak het,
het hy met die gang af geloop en ' n
koffer in een van die ander slaapkamers gaan haal en ook 'n radio en kos elders
in die huis
vir homself gevat. Die ring en die horlosie het hy egter kort daarna
êrens buite die huis weggegooi toe hy besef het dat dit
hom met die
pleging van die misdade kan verbind.
Die getuienis van die distriksgeneesheer wat die nadoodse ondersoek op die
liggaam van die oorledene
6
uitgevoer het, toon onteenseglik aan dat die oorledene ernstige
beserings in die loop van 'n gewelddadige en wrede aanranding opgedoen
het. Daar
was 'n fraktuur van haar borsbeen en frakture van twaalf van haar ribbebene.
Haar neus was ook gebreek. Verder was daar
frakture van sowel die
hioïedbeen as die skildklierkraakbeen, met gepaardgaande beserings om haar
nek, wat volgens die distriksgeneesheer
op 'n erge vorm van verwurging gedui
het. Daarbenewens het sy veelvuldige steekwonde aan veral die linkersy opgedoen,
asook ander
minder ernstige beserings.
Die appellant was ongeveer 35 jaar oud toe die moord gepleeg is. Dit blyk uit
sy lys van vorige veroordelings dat hy 'n geharde misdadiger
is wat nie deur
lang termyne van gevangenisstraf in die verlede afgeskrik of hervorm is nie,
maar telkens weer in misdaad verval
het. Pas nadat hy meer as 7 jaar in die
gevangenis deurgebring het, is hy in Desember 1986 weer tot 3 jaar
gevangenisstraf gevonnis.
Binne net meer as 'n maand na
7
sy vrylating in Desember 1988 het hy die onderhawige misdade in
Januarie 1989 gepleeg. Hy het in die verlede veral huisbraak en diefstal
gepleeg, maar daar is ook 'n
geval waar die huisbraak met roof en verwonding van die slagoffer gepaard
gegaan het.
Dit is namens die appellant betoog dat daar wel sekere faktore in sy guns is
wat as strafversagtende faktore oorweeg behoort te word.
Die feit dat hy geen
formele skoolopleiding gehad het nie is in hierdie verband genoem. Daardie gemis
beteken egter nie dat hy noodwendig
ook dom is nie. Soos reeds genoem, het hy
genoeg insig gehad om die gesteelde ring en horlosie liewer weg te gooi as om
later in
besit daarvan betrap te word. Daar is verder betoog dat die appellant
sy volle samewerking by die ondersoek van die saak gegee het
en dat hy ook aan
die ondersoekbeampte genoem het dat hy jammer is oor wat hy gedoen het. Die
leuenagtige getuienis wat die appellant
daarna tydens die verhoor afgelê
het, en die vals verskonings wat hy toe as
8
regverdiging vir sy optrede probeer aanvoer het, skep egter wesenlike
twyfel oor die egtheid van sy beweerde berou. Dit doen ook afbreuk
aan sy
vroeëre bereidwilligheid om met die waarheid vorendag te kom. Hierdie
strafversagtende faktore dra gevolglik weinig gewig
teen die agtergrond van die
saak in sy geheel.
Dit is nie bewys dat die appellant die roof vooraf beplan het nie, of dat hy
met die gebreekte skêr na die kombuis gegaan het
met die oogmerk om die
oorledene aan te val of te vermoor nie. Hy het trouens die gebreekte skêr
by die kombuis aan die oorledene
teruggegee. Vermoedelik het hy eers daarna, en
toe hyself ongewapen was, op die ingewing van die oomblik besluit om die
oorledene
aan te val en te beroof. Dit is aspekte wat sy optrede wel minder
laakbaar maak. Toe hy egter eenmaal met sy aanval op die weerlose
ou vrou begin
het, het hy haar, sonder enige provokasie of weerstand van haar kant, wreed en
genadeloos aangerand met die direkte
opset om haar dood te maak.
9
Die appellant se advokaat het betoog dat hierdie hof die
gemeenskapsbelang oorbeklemtoon het in
S v Makie
1991(2) SASV 139 (A) te
143 h-i, en
S v Sesing
1991(2) SASV 361 (A) te 365 g-h, en dat die
doodstraf nie noodwendig die enigste gepaste vonnis is waar bejaarde persone in
hulle
huise beroof en vermoor word nie. Die beslissings in daardie en ander
soortgelyke sake het egter geen algemene reël neergelê
dat die
doodvonnis noodwendig opgelê moet word waar bejaarde persone in hulle
huise beroof en vermoor word nie. Wat wel beslis
is, is dat die afskrikkings- en
vergeldingselemente by straftoemeting na vore tree wanneer 'n gepaste straf in
dergelike soort gevalle
oorweeg word. (Vgl verder
S v Khundulu and
Another
1991(1) SASV 470 (A) te 479 h-i; S_v
Shabalala and Others
1991(2) SASV 478 (A) te 483 c-e;
S v Tloome
1992(3) SA 568 (A) te 577 I).
Dieselfde oorwegings met betrekking tot straftoemeting geld myns insiens ook in
die onderhawige geval
waar 'n weerlose en bejaarde vrou in haar eie huis in die
loop van 'n
10
roofaanval op wreedaardige wyse vermoor is. In die omstandighede van
hierdie saak is die doodvonnis na my oordeel die enigste gepaste
vonnis vir die
moord wat die appellant gepleeg het.
Die appèl word afgewys en die
doodvonnis wat die appellant opgelê is, word bekragtig.
F H GROSSKOPF AR
NESTADT AR
HARMS Wnd AR Stem saam.