S v Olifant (115/92) [1992] ZASCA 119 (28 August 1992)

66 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Death penalty — Appellant convicted of murder and robbery — Dismissal of appeal against death sentence — Court considers whether death penalty was appropriate in light of mitigating and aggravating factors — Appellant attacked a vulnerable victim in her home, resulting in fatal injuries — Evidence of impulsive behavior and lack of premeditation presented — Court finds that while the appellant's actions were violent, there was insufficient evidence of intent to kill, leading to the conclusion that the death penalty was not warranted under the circumstances.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1992
>>
[1992] ZASCA 119
|

|

S v Olifant (115/92) [1992] ZASCA 119 (28 August 1992)

Saaknommer 115/92
/al
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING
)
In die saak van:
FRANS MOTSAMAI OLIFANT Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM
: E.M. GROSSKOPF ET GOLDSTONE ARR et KRIEGLER Wnd. AR
DATUM VAN VERHOOR
: 17 AUGUSTUS 1992
DATUM VAN UITSPRAAK
: 28 AUGUSTUS 1992
UITSPRAAK
KRIEGLER Wnd. AR/
2
KRIEGLER Wnd. AR:
Hierdie saak dien ingevolge die bepalings
van artikel
19(12)(b) van Wet 107 van 1990. Met
ander woorde dit gaan om 'n doodvonnis
wat opgelê
is voor die inwerkingtrede van voormelde wet. Die
vonnis
is op 28 September 1989 in die Oranje-
Vrystaatse Provinsiale Afdeling gevel
vanweë 'n
skuldigbevinding aan moord. Terselfdertyd is 'n
vonnis van
10 jaar gevangenisstraf opgelê weens 'n
gepaardgaande roof met verswarende omstandighede. 'n Paneel het ingevolge
artikel 19(11)(a) van voormelde wet bevind dat die doodvonnis
waarskynlik nie
opgelê sou gewees het nie as artikel 277 van Wet 51 van 1977 ten tyde van
vonnisoplegging gelui het soos dit
tans lui. Die Minister van Justisie het
nietemin ooreenkomstig paragraaf (b) van laasgenoemde subartikel die vonnis vir
heroorweging
aan hierdie hof laat voorlê.
Die benadering in 'n saak soos die onderhawige en die beginsels wat daarby
toepassing vind, is sedert die inwerkingtrede van wet 107
van 1990 in 'n aantal
beslissings van hierdie hof uitgestip. In essensie moet hierdie hof opnuut vir
sigself uitmaak of die doodvonnis
in die omstandighede gebiedend aangewese is.
By sodanige oorweging word bo redelike twyfel bewese verswarende faktore oorweeg
asook
die redelikerwys
3
moontlike aanwesigheid van strafversagtende faktore
waarvoor daar 'n feitebasis bestaan. Sodanige faktore word dan in samehang
met die algemene oogmerke van straftoemeting geëvalueer.
Die doodvonnis
word opgelê - en in 'n saak soos die onderhawige bekragtig - alleen waar
dit in die omstandighede gebiedend
aangewese is.
Die feitekompleks waarop sodanige
beginsels toegepas moet word, is eenvoudig. Die
oorledene was 'n middeljarige
blanke huisvrou. Sy
en haar eggenoot het op 'n kleinhoewe buite Bloemfontein gewoon. Twee dae voor
die moord het hulle die appellant in diens geneem
om ongeskoolde plaasarbeid te
verrig. Die oggend van die moord was hy besig om uie uit te haal op die
kleinhoewe. Die oorledene was
alleen in die woonhuis: haar eggenoot was by die
werk en haar huishulp het in haar verafgeleë kamer siek gelê. In die
loop van die oggend val die appellant die oorledene in haar kombuis aan met 'n
mes. Hy gryp haar aan die keel en dien haar vier steekwonde
toe, drie aan die
voorkant van die bors en een agter die linkeroor. Die borswonde is oppervlakkig
maar dié agter die oor deursny
die linker vertebrale arterie en dring die
rugmurg binne tussen die tweede en derde nekwerwels. As gevolg van die
beskadiging van
die rugmurg was daar dodelike verlamming van
onder
4
andere die borskas. Bowendien was daar fatale
bloedverlies vanweë die deursnyding van die arterie.
Appellant sleep sy slagoffer na 'n waskamer langs die kombuis, waar hy haar
toesluit. Daarop pak hy enkele items mansklerasie en 'n
draradio in 'n drasak
wat hy in die huis vind, sluit die huis en maak hom uit die voete. ' n Rukkie
later verkwansel hy die radio
aan 'n vriend van hom op 'n naburige hoewe. Hy kry
toe 'n saamrygeleentheid by sy vriend se werkgewer tot waar hy 'n taxi haal. Die
moord is eers ontdek toe die oorledene se eggenoot laatmiddag by die huis kom en
deur die venster van die waskamer sy vrou se lyk
sien lê. Die huis was
gesluit en hy moes met die hulp van 'n polisieman diefwering saag, wegbuig en by
'n venster inklouter.
Die waskamer se deur is later oopgebreek om toegang tot
die lyk te verkry. Die kombuisdeur se sleutel is, ná die appellant
se
inhegtenisname, 'n geruime afstand daarvandaan gevind as gevolg van 'n uitwysing
deur hom. Die waskamer se sleutel is gevind op
'n bed in die huis onder goed wat
appellant in sy soektog uit 'n hangkas gepak het.
Die polisie was reeds dieselfde aand op soek na appellant en teen die oggend
van die
5
naasvolgende dag is hy aan die ondersoekbeampte
oorhandig deur sy kollegas van 'n naburige polisiestasie. Appellant het uit die
staanspoor sy samewerking gegee en uitwysings gedoen.
Onder andere het hy die
polisie geneem na die draradio en na 'n woonplek aan die anderkant van
Bloemfontein waar hy die drasak met
klerasie uitwys. Sy mededelings aan die
ondersoekbeampte was sodanig dat hy dieselfde middag voor 'n landdros gebring
is. Aan hom
verklaar appellant dat hy en sy vrou die oorledene met die mes
gesteek en hy haar toe in die waskamer ingesleep het. Volgens die
verklaring het
hy toe in die oorledene se slaapkamer gesoek na geld, dit nie gekry nie en toe
die klere en die draradio geneem. In
die verklaring gee hy te kenne dat sy vrou
voor die pleging van die misdaad sorghumbier gaan koop het waarvan hul elk drie
kartonne
gedrink het.
Ongeveer twee
weke later word appellant voor die hof gebring en ingevolge artikel 119 van die
Strafproseswet 1977 aangesê om
te pleit op aanklagte van moord en roof. Hy
pleit skuldig aan beide en beken tydens ondervraging dat hy die oorledene met 'n
mes
gesteek, haar na die waskamer gesleep en toe die draradio en klerasie
gesteel het. In teenstelling met sy verklaring aan die landdros
die dag van sy
arrestasie noem hy nie die
6
aandadigheid van sy vrou nie. Hy erken ook die toediening van slegs twee
steekwonde en gee te kenne dat hy dermate onder die invloed
van drank was dat hy
eintlik nie geweet het wat hy doen nie. Die drank sou hy by 'n naburige winkel
gekoop het in die loop van die
oggend.
By sy verhoor nagenoeg ses maande later
pleit hy op die
moordaanklag skuldig aan strafbare
manslag en voeg ter pleitverduideliking by
dat hy
dronk was as gevolg van ongeveer 10 kartonnetjies
sorghumbier wat
hy die oggend by 'n naburige winkel
gekoop en toe gedrink het. Hy voeg by dat
hy weens
sy dronkenskap nooit die moontlikheid oorweeg het
dat hy die
oorledene kon dood nie en ook nooit die
direkte bedoeling gehad om dit te
doen nie. Hy
pleit nietemin skuldig aan die tweede aanklag van
roof met
verswarende omstandighede.
Van die beweerde dronkenskap het daar by die verhoor niks tereg gekom nie.
Die eienares van die plaaslike winkeltjie, wat vir appellant
goed ken, het
getuig dat sy die betrokke dag teen ongeveer 12h50 vier sent se lekkers aan hom
verkoop het. Sy het geen drank aan
hom verkoop nie; hy het nie na drank geruik
nie en het heeltemal normaal voorgekom. Die winkeleienares se getuienis is
bevestig deur
dié van 'n bejaarde swartvrou,
7
voor wie appellant grootgeword het, wat hom daardie dag by die winkel gesien
het. Bowendien het die oorledene se huishulp getuig dat
appellant ongeveer 12h00
die noodlottige dag met haar by haar kamer gesels het. Daar was toe sover sy kon
bespeur geen tekens van
drank by hom waarneembaar nie. Ook die koper van die
draradio, by wie appellant sowat 'n uur later opgedaag het en in wie se
geselskap
hy toe 'n geruime tyd deurgebring het, het geen tekens van
beneweldheid of die reuk van drank bespeur nie. Toe die appellant mettertyd
self
getuig was hy -heel voorspelbaar - totaal ongeloofwaardig oor die drankkwessie.
Die verhoorhof het sy getuienis dienaangaande
dan ook verwerp. Aangesien dit die
enigste aangevoerde versagtende omstandigheid was, kon die appellant hom nie van
die bewyslas
ten aansien van versagtende omstandighede kwyt nie en die gevolglik
gebiedende doodvonnis is opgelê.
As die voorgaande feite in oënskou geneem word, val die strafverswarende
faktore onmiddellik op. 'n Weerlose vrou is met 'n roofmotief
in haar huis deur
' n werknemer met 'n mes toegetakel. Ná die dodelike steekwond toegedien
is, is die sterwende slagoffer
uit die pad gesleep en toegesluit. Daar is toe
planmatig gesoek na geld en, toe niks gevind kan word nie, is 'n aantal items
gesteel.
Daarop sluit appellant, oënskynlik
8
berekend, die huis, gooi die sleutel weg, verkoop
die radio en wyk uit die buurt.
Daar moet egter ook gelet word op moontlike strafversagting. Die eerste - en
stellig die belangrikste - faktor is die opsetsvorm waarmee
die moord gepleeg
is. Die destydse stand van die reg het nie geverg dat die verhoorhof tussen
dolus directus
dan wel
dolus eventualis
onderskei nie. Ofskoon
daar dan ook nie 'n onderskeid gemaak is nie, skemer dit uit die uitspraak op
die meriete asook dié
ten aansien van versagtende omstandighede deur dat
die moontlikheid van die mindere opsetsvorm nie uitgeskakel is nie. Daarmee moet
saamgestem word. Dit is inderdaad vrywel moontlik dat die vier steekhoue
toegedien is met die opset om die oorledene se weerstand
uit te skakel in die
wete en ongeërg dat sy noodlottig verwond mag word, maar nie met die
spesifieke doel om haar om die lewe
te bring nie. Drie van die vier steekwonde
was oppervlakkig en die dodelikheid van die vierde 'n frats. Hoewel dit met
geweld toegedien
moes gewees het om deur die kraakbeen tussen die werwels te kon
dring, is dit sonderling dat die dood op so 'n wyse teweeggebring
word. Dit is
dus onwaarskynllik dat die appellant die besondere meganisme beoog het. Dit lyk
eerder of die vier steekwonde kort agtermekaar
en sonder
9
besondere teikengerigtheid toegedien is. Die feit
dat appellant die oorledene daarna gaan toesluit, dui ook daarop dat hy nie
besef het hoedanig hy haar beseer het nie. As hy besef
het dat sy dodelik
verwond is, sou dit immers geen sin maak om haar weg te sleep en toe te sluit
nie. Die afwesigheid van 'n direkte
opset om te dood is nou wel nie
deurslaggewend by die vraag of die doodvonnis onvanpas sou wees nie, maar dit is
nietemin 'n gewigtige
faktor.
Die vraag tot welke mate daar vooraf beplanning was, speel ook ' n rol
bý die bepaling van straf. Die verhoorhof het geen pertinente
bevinding
dienaangaande gemaak nie. Dit wil egter uit die vonnismotivering ten aansien van
die roofaanklag blyk dat daar aanvaar
is dat appellant die toevallige
afwesigheid van die huishulp ten baat geneem het. Die omringende omstandighede
maak dit inderdaad
'n redelike moontlikheíd. Die appellant was goed
bekend in die buurt; sy teenwoordigheid op die hoewe die betrokke dag was
geen
geheim nie en, ná sy verdwyning, kon daar nouliks enige twyfel oor die
identiteit van die moordenaar gewees het. Boonop
gaan verkwansel hy feitlik daar
en dan die gesteelde radio aan iemand wat hom goed ken. Die blote sinloosheid
van die misdaad wil
dan daarop
10
dui dat dit wel op die ingewing van die oomblik
gepleeg is toe hy besef die huishulp is afwesig met siekte. Appellant het
getuig dat hy die oorledene aangeval het met die mes waarmee
hy die noodlottige
oggend besig was om uie te sny. Ook dit is aanduidend daarvan dat appellant
onbesonne tot die aanval oorgegaan
het toe hy besef die oorledene is alleen.
Die indruk van impulsiewe optrede word versterk as gelet word op die
persoonlikheid van die appellant. Hy is weliswaar nie geestelik
minderwaardig
nie, maar hy is ongeletterd, ongeskoold, het 'n spraakgebrek en 'n
drankprobleem. Oor die jare het hy as plaasarbeider
'n sukkelbestaan gevoer. Ten
tyde van die moord het hy die plaaslike winkeleienaar sowat R30,00 geskuld, 'n
haas onbereikbare bedrag
op sy bestaansvlak. Sy lys vorige veroordelings
verskerp die indruk van versukkelde agtergeblewenheid: In 1970 breek hy by 'n
stoorkamer
in en steel goedere ter waarde van R1,00; drie jaar later steel hy
grondboontjies ter waarde van R5,00; in Julie 1976 word hy die
eerste keer
tronkstraf opgelê weens 'n aanranding met die opset om ernstig te beseer;
die daaropvolgende jaar steel hy petrol
ter waarde van R9,00; na 'n gaping van
10 jaar word hy in Oktober 1988
11
gevonnis vir huisbraak en die diefstal van 'n radio ter waarde van
R40,00. Drie maande later pleeg hy die onderhawige misdade. Die
beeld is dus
dié van 'n versukkelde kleindief eerder as 'n geweldenaar. Alhoewel daar
weinig sprake van hervorming kan wees
(appellant is reeds in sy veertigerjare)
kan hy tog nie as verdorwe getipeer word nie.
Die gemeenskapsbelang tree sterk op die voorgrond by dié tipe misdaad.
Die afsku waarmee regdenkendes dit bejeën, die
onrusbarende toename in die
voorkoms daarvan en die gevolglike belang van die vergeldings- en
afskrikkingsoogmerke van straf, is
voor die hand liggend en verg geen
beredenering nie. Nietemin kan daar nie gesê word dat alleen die doodstraf
hier vanpas is
nie. Die minder laakbare opsetsvorm, die onbesonnenheid van die
misdaad en die appellant se persoonlike omstandighede dui daarop
dat 'n lang
termyn van gevangenisstraf sal voldoen aan die oogmerke van straftoemeting. As
in aanmerking geneem word dat appellant
reeds sedert Januarie 1989 in hegtenis
is (sedert September van daardie jaar in afwagting van sy teregstelling), sal
die moord wat
hy gepleeg het na behore besoek word met 'n vonnis van 20 jaar
gevangenisstraf, wat nou in werking tree. Ten einde onmenslike akkumulasie
te
voorkom en gedagtig aan die tyd- en opsetsgebondenheid van
12
die moord en die roof, is 'n samelopingsbevel
aangewese.
Bygevolg word soos volg
gelas:
1.
Die appél teen die
oplegging van die doodvonnis slaag.
2.
Bedoelde vonnis word tersyde gestel en vervang deur 'n vonnis van 20
jaar gevangenisstraf.
3.
Ingevolge die
bepalings van artikel 280(2) van Wet 51 van 1977 word gelas dat die vonnisse op
aanklagte 1 en 2 saamloop.
J.C. KRIEGLER Wnd. Appèlregter
E.M. GROSSKOPF AR ]
] STEM SAAM GOLDSTONE ]