About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1992
>>
[1992] ZASCA 107
|
|
S v Mkhonto en Andere (86/91) [1992] ZASCA 107 (1 June 1992)
Saak Nr 86/91 /MC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
Tussen
JUDAS MKHONTO
Eerste Appellant
ANDRIES SAMBO
Tweede Appellant
JAMES MONA
Derde Appellant
- en -
DIE STAAT
Respondent
CORAM:
JOUBERT, VIVIER ARR et VAN
COLLER Wn AR
VERHOOR:
22 MEI 1992
GELEWER:
1 JUNIE 1992
UITSPRAAK
VIVIER AR.
2.
VIVIER AR:
Die drie appellante, na wie ek as beskuldigdes 1, 2 en 3 onderskeidelik sal
verwys, is in die Oos- en Suid-Oostelike Rondgaande Plaaslike
Afde= ling op
Lydenburg skuldig bevind aan moord (aanklag 1). Beskuldigdes 1 en 2 is verder
skuldig bevind aan die onwettige besit
van 'n vuurwapen (aanklag 2). Op die
aanklag van moord is beskuldigde 1 ter dood veroordeel, beskuldigde 2 is tot
twaalf jaar gevangenisstraf
gevonnis en beskuldigde 3 tot nege jaar
gevangenisstraf. Op aanklag 2 is beskuldigde 1 tot vier jaar gevangenisstraf en
beskuldigde
2 tot een jaar gevangenisstraf gevonnis. Beskuldigde 1 appelleer na
hierdie Hof teen sy skuldigbevinding en vonnis op aanklag 1 ingevolge
art 316 A
van Wet 51 van 1977. Met verlof van hierdie Hof appelleer beskuldigdes 2 en
3.
3 teen die skuldigbevinding op aanklagte 1 en beskul= digde 2
ook teen die skuldigbevinding op aanklag 2.
Die Staatsaak by die verhoor was
dat beskuldigde 1 op 18 Junie 1989 vanaf die Somerset Trustgebied in die
Mhala-distrik waar hy en
die oorledene gewoon het, per motor gereis het na die
gebied waar beskuldigdes 2 en 3 gewoon het, waar hy vir beskuldigde 2 gevra
het
om die oorledene dood te skiet. Beskuldigde 2 het vir beskuldigde 3 gevra om hom
te vergesel en laasgenoemde twee is dieselfde
dag deur beskuldigde 1 na die
Somerset Trustgebied vervoer. By 'n begraafplaas naby die oorledene se huis het
hy hulle afgelaai met
die opdrag om daar te wag. Later die dag het beskuldigde 1
'n AK 47 geweer met h jong seun na hulle gestuur. Die seun het hulle na
die
oorledene se huis geneem en laasgenoemde aan hulle uitgewys. Beskuldigde 2 het
die oorledene in die bors
4.
met die AK 47 geweer geskiet en die koeël het deur beide
die linkerlong en hart gedring en die oorledene se dood veroorsaak.
Beskuldigdes
2 en 3 het die nag by beskuldigde 1 se huis geslaap en hy het hulle vroeg die
volgende oggend teruggeneem na hul tuiste.
Nadat hulle op Vrydag 4 Augustus 1989 gearresteer is, het al drie
beskuldigdes op Maandag 7 Augustus 1989 skriftelike verklarings
voor landdros
David Ngobeni afgelê. Die toelaatbaarheid van elke verklaring is by die
verhoor betwis op grond daarvan dat dit
nie vrywillig en ongedwonge gemaak is
nie. Na h verhoor binne 'n verhoor het die Verhoorhof beslis dat die verklarings
wel as getuienis
toelaatbaar is. In die geval van beskuldigdes 2 en 3 is die
verklarings die enigste getuienis wat hulle met die misdaad verbind.
Teen
beskuldigde 1 was daar die addisionele getuienis dat 'n koeeldoppie wat deur
speurder-sersant
5.
Hlatswayo op die toneel gevind is, afgevuur is met h AK 47 geweer wat
beskuldigde 1 na sy arrestasie aan die polisie uitgewys het
en wat hy in sy
getuienis erken het hy op 'n stadium voor die oorledene se dood in sy besit
gehad het.
Namens die drie
beskuldigdes
het mnr
Jordaan in hierdie Hof betoog dat die Verhoorregter verkeerdelik die verklarings
as getuienis teen die onderskeie beskuldigdes
toegelaat het. Beskuldigde 1 is
aanvanklik 'n paar weke na die pleging van die misdaad in hegtenis geneem maar
is 'n paar dae later
weer vrygelaat. In die vroeë oggendure van Vrydag 4
Augustus 1989 is hy weer by sy huis gearresteer deur Hlatswayo en
adjudant-offisier
Ndinisa en na die Calcutta-polisiestasie naby Hazyview gebring
waar hy ondervra is. Beskuldigde 1 het daarna die polisie geneem na
beskuldigdes
2 en 3 wat ook arresteer is.
6.
Dieselfde dag het beskuldigde 1 die AK 47 geweer waarmee die
oorledene geskiet is, uitgewys waar dit in 'n land begrawe was. Die drie
beskuldigdes is aangehou by die Calcutta-polisiestasie en is op Maandag 7
Augustus 1989 na landdros Ngobeni op Hulamabashe naby Nelspruit
geneem waar hul
die verklarings afgelê het.
In die verklarings van beskuldigdes 1 en 3 sê hulle dat hulle op
Saterdag 5 Augustus 1989 by die Calcutta-polisiestasie aangerand
is. In sy
getuienis by die binneverhoor het beskuldigde 2 gesê dat hy ook aan die
landdros gemeld het dat hy deur die polisie
aangerand is maar dat die landdros
dit nie genotuleer het nie. Die Verhoorhof het hierdie getuienis van beskuldigde
2 verwerp maar
het nogtans beslis dat die bewyslas in geval van al drie die
beskuldigdes op die Staat rus om te bewys dat die verklarings ongedwonge
en
vrywillig afgelê is.
7.
By die binneverhoor het Hlatswayo en
Ndinisa
namens die Staat getuig en ontken dat enige van die
drie
beskuldigdes op enige wyse aangerand is. Volgens
beide is beskuldigde 1 reeds
na sy eerste arrestasie
oor 'n . tydperk van 'n paar dae langdurig
ondervra.
Anders as wat mnr Jordaan betoog het, kan ek egter
niks
onbehoorliks in sy ondervraging by hierdie geleentheid
vind nie.
Hlatswayo het wel bevestigend geantwoord
op 'n vraag of beskuldigde 1
"aanmekaar" ondervra is,
maar uit die res van sy getuienis is dit duidelik
dat
hy glad nie daarmee bedoel het dat die ondervraging
ononderbroke
voortgeduur het nie. Geen getuienis is
in elk geval na sy eerste arrestasie
teen beskuldigde 1
ingewin nie. Na sy arrestasie vroeg die oggend van
4
Augustus 1989 is hy by die polisiestasie ondervra.
Volgens Hlatswayo het
die ondervraging drie uur lank
geduur en volgens Ndinisa twee uur lank. Hulle
het
8.
op hierdie stadium oor inligting teen beskuldigde 1 beskik waarmee hulle hom
konfronteer het. Hlatswayo het getuig dat beide hy en
Ndinisa by hierdie
geleentheid hard met beskuldigde 1 gepraat het, waardeur hy, volgens hom, bedoel
het dat hulle ernstig met beskuldigde
1 gepraat het maar dat hulle nie op hom
geskreeu het nie. Na my mening kan nie op grond van hierdie getuienis, of uit
die feit dat
ander lede van die polisiemag soms by die ondervraging teenwoordig
was, gesê word dat die verklaring wat beskuldigde 1 drie
dae later voor
die landdros gemaak het, nie ongedwonge en vrywillig gemaak is nie.
Die drie beskuldigdes het by die binneverhoor getuig dat hulle deur die
polisie by die Calcutta-polisiestasie aangerand is voordat
hulle die verklarings
afgelê het. Die Verhoorhof het die getuienis van die beskuldigdes as
leuenagtig verwerp en
9.
dié van Hlatswayo en Ndinisa aanvaar. Hierdie
bevindinge is nie betwis deur mnr Jordaan nie wat toegegee het dat al drie
beskuldigdes
leuenagtige en ongeloofwaardige getuies was.
Mnr Jordaan het betoog dat die feit dat beskuldigdes 1 en 3 aan die landdros
gemeld het dat hulle aangerand is, daarop dui dat hulle
nie vrywilliglik die
verklarings afgelê het nie. Hy het betoog dat so 'n uitlating nie te rym
is met 'n persoon wat vrywillig
sy skuld wil erken nie. Ek kan nie die afleiding
maak waarvoor mnr Jordaan betoog nie. Beskuldigdes 1 en 3 kon die bewerings dat
hulle aangerand is vir 'n hele aantal redes gemaak het, byvoorbeeld om die
polisie in 'n slegte lig te stel of omdat hulle gedink
het dat dit hulle later
goed te pas sou kom. Hulle getuienis is deur die Verhoorhof as leuenagtig
bestempel en dit sou gevaarlik
wees om 'n
10.
afleiding te maak dat hulle aangerand is bloot omdat hulle so
aan die landdros gesê het.
Landdros Ngobeni het by die binneverhoor
getuig dat hy geen tekens van enige beserings by enige van die beskuldigdes
bespeur het toe
hy hulle verklarings afgeneem het nie. Hy het gevolglik nie
verdere ondersoek ingestel, of 'n ondersoek gelas toe beskuldigdes 1
en 3 aan
hom gesê het dat hulle deur die polisie aangerand is nie. Die versuim om
ondersoek in te stel kan opsigself nie as
'n onreelmatigheid beskou word nie.
Dit was hoogstens 'n faktor wat die Verhoorhof in ag kon neem by die beslissing
van die vraag
of die beskuldigdes aangerand is soos hulle beweer hulle aan die
landdros gesê het. Soos ek reeds daarop gewys het, het die
Verhoorhof
hulle getuienis dat hulle aangerand is, verwerp.
Ek is gevolglik van mening dat daar geen
11.
basis is waarop daar met die bevinding van die landdros dat
die verklarings vrywillig en ongedwonge gemaak is, ingemeng kan word nie.
Mnr
Jordaan het toegegee dat indien die verklarings aan die landdros toelaatbaar
was, beskuldigdes 1 en 2 tereg skuldig bevind is
op beide aanklagte. Die
toegewing is korrek gemaak. Volgens beskuldigde 1 se verklaring het hy beplan om
die oorledene dood te maak
maar het homself nie opgewasse gevoel vir die taak
nie. Hy het gevolglik vir beskuldigde 2 gevra om die oorledene dood te skiet en
het hom van 'n wapen vir daardie doel voorsien. Hy het vir beskuldigde 2 vanaf
laasgenoemde se woonplek tot naby die oorledene se
huis vervoer en het verder
reelings getref dat beskuldigde 2 na die oorledene se huis geneem en
laasgenoemde aan beskuldigde 2 uitgewys
word. Wat beskuldigde 2 betref, het hy
in sy
12.
verklaring erken dat hy op versoek van beskuldigde 1 die oorledene
koelbloedig doodgeskiet het.
Beskuldigde 3 se verklaring toon, na my mening,
niks meer as dat hy 'n onskuldige toeskouer van die gebeure was nie. Hy sê
in
sy verklaring dat beskuldigde 1 by hulle woongebied vir beskuldigde 2 genader
het. Beskuldigde 2 het daarna vir hom gevra om saam
te gaan sonder om te
sê wat hulle sou gaan maak. Sy verklaring lui dan verder :-
"When we arrived there he informed me that he has been hired by his friend
Mkonto to go and kill another man who is troubling him."
Mnr Van Wyk, wat namens die Staat voor ons verskyn het, het betoog dat
beskuldigde 2 in hierdie gedeelte van sy verklaring verwys
het na die
begraafplaas waar hy en beskuldigde 2 gewag het om na die oorledene se huis
geneem te word, sodat beskuldigde
13.
3 vooraf van die plan om die oorledene dood te skiet, geweet
het. Ek kan nie saamstem nie. Na my mening is dit duidelik uit die samehang
waarin die aangehaalde passasie verskyn, dat beskuldigde 3 hier verwys na hulle
aankoms by die oorledene se woonplek. Ek kan niks
in die verklaring vind wat
daarop dui dat beskuldigde 3 vooraf van die doel van hulle besoek aan die
oorledene se huis bewus was
of dat hy hom daarmee vereenselwig het nie. Hy is
gevolglik verkeerdelik skuldig bevind.
Dit laat beskuldigde 1 se appèl teen die doodvonnis wat hom
opgelê is op die aanklag van moord. Beskuldigde 1 was 37
jaar oud ten tyde
van die pleging van die misdade en het nie verder as std 1 op skool gevorder
nie. Hy het sy bestaan gemaak deur
hoenders te verkoop. Hy het sewe vorige
veroordelings gehad, waaronder drie vir veediefstal, maar geen vir enige
14.
geweldsmisdade nie.
In sy verklaring het beskuldigde 1
gesê dat weens jarelange onenigheid tussen hom en die oorledene, wat 'n
hoofman was in hulle
gebied, hy vir sy lewe gevrees het en daarom besluit het om
die oorledene dood te maak. In sy getuienis voor sy skuldigbevinding
het hy
erken dat dit onwaar was dat die oorledene hom wou doodmaak. Hy het toe
gesê dat sedert hy in Junie 1987 uit die gevangenis
ontslaan is, daar nie
verder moeilikheid tussen hom en die oorledene was nie.
Die verswarende faktore is duidelik. Die moord was lank vooraf beplan en het
heelwat voorbereiding geverg. Oorspronklik wou beskuldigde
1 die oorledene self
doodskiet, maar toe hy besef dat hy 'n swak skut is, het hy begin soek na 'n
persoon wat kon skiet. Nadat hy
gesien het dat beskuldigde 2 wel 'n vuurwapen
kan hanteer, het hy hom gekry om die
15.
oorledene dood te skiet. Dit moet aanvaar word dat dit nie bewys is dat hy
vir beskuldigde 2 enige vergoeding aangebied het nie. Daar
was oorgenoeg tyd vir
besinning terwyl beskuldigde 1 die ander by hulle woongebied gaan haal en hulle
later by die begraafplaas laat
wag het vir die wapen en die seun wat aan
beskuldigde 2 moes wys waar die oorledene woon. Die wapen was 'n dodelike een
soos blyk
uit die oorledene se wonde. 'n Ander verswarende faktor is die feit
dat die oorledene by sy huis doodgeskiet is.
Die uiteindelike vraag is dan of dit gesê kan word, met inagneming van
die strafversagtende en -strafverswarende faktore, dat
die doodvonnis die
enigste gepaste vonnis vir die moord is. By die beslissing van hierdie vraag
moet die hoof-doelstellings van straftoemeting
naamlik voorkoming, afskrikking,
vergelding en hervorming oorweeg word.
16.
Alhoewel nie bewys is dat beskuldigde 1 aan beskuldigde 2 enige vergoeding
vir die moord belowe het nie, bly beskuldigde 1 se optrede
so afskuwelik en
openbaar dit so 'n gehardheid en onverskilligheid teenoor menslike lewe, dat die
oogmerke van afskrikking en vergelding
voorrang behoort te kry bo die ander
doelstellings van straftoemeting. Na my mening moet hierdie as 'n uiterste geval
beskou word
waar die doodvonnis die enigste gepaste vonnis is.
Gevolglik word die volgende bevel gemaak.
1. Die appèl van beskuldigde 1 teen sy skuldig= bevinding en vonnis op
aanklag 1 word afgewys.
2. Die appèl van beskuldigde 2 teen die skuldig= bevinding op aanklagte 1
en 2 word afgewys.
3. Die appèl van beskuldigde 3 teen die skuldig= bevinding op aanklag 1
slaag en die skuldig= bevinding en vonnis word tersyde
gestel.
W VIVIER AR.
JOUBERT AR)
VAN COLLER Wn AR) Stem saam.