About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1992
>>
[1992] ZASCA 106
|
|
D Soar h/a Rebuilds for Africa v JC Motors en 'n Ander (429/90) [1992] ZASCA 106; [1992] 2 All SA 302 (A) (1 June 1992)
Saak nr 429/90 /MC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
Tussen.
D SOAR h/a REBUILDS FOR AFRICA
Appellant
(Derde Party a quo)
- en -
J C MOTORS
Eerste Respondent
(Verweerder a quo)
T L NAIDOO
Tweede Respondent
(Eiser a quo)
CORAM:
HOEXTER, NESTADT, VIVIER, MILNE ARR
et VAN COLLER Wn AR.
VERHOOR:
19 Mei 1992.
GELEWER:
1 Junie 1992.
UITSPRAAK
VIVIER AR.
2.
VIVIER AR:
Die tweede respondent ("Naidoo") het die eerste respondent ("J C Motors") in
die Transvaalse Provinsiale Afdeling vir betaling van
die bedrag van R62 000 met
rente daarop en koste gedagvaar. J C Motors het h derdeparty-kennisgewing
uitgereik en aan die appellant
("die derde party") beteken waarin hy h vrywaring
deur laasgenoemde geëis het van die bedrag met rente daarop en koste wat hy
gelas mag word om aan Naidoo te betaal. By die aanvang van die verhoor het die
partye die saak tussen Naidoo en J C Motors geskik
deurdat laasgenoemde
onderneem het om die bedrag van R62 000 met h bedrag van R5 000 as rente en
koste aan Naidoo te betaal. Die
eis van J C Motors teen die derde party is
daarna in die vorm van h gestelde saak ingevolge Hofreël 33 vir beslissing
voor die
Verhoorhof
3.
geplaas. PREISS R het J C Motors gelyk gegee en het die derde party gelas om
aan J C Motors h vrywaring te verstrek vir betaling van
die bedrag van R62 000
sowel as die rente en getakseerde koste wat laasgenoemde aan Naidoo moes betaal.
Die derde party is ook gelas
om die gedingkoste te betaal. Met verlof van die
Hof a quo kom die derde party nou in hoer beroep na hierdie Hof.
Die feite wat uit die gestelde saak en die ander stukke blyk, is die
volgende. Op 10 Maart 1988 het J C Motors aan Naidoo h gebruikte
Mercedes Benz
380 SE motorvoertuig ("die voertuig") vir die bedrag van R62 000 verkoop en
gelewer. Daarna, gedurende Oktober 1988,
is die voertuig deur die ware eienaar
daarvan, Nedfin Bank, as sy eiendom opgeëis en is dit deur Naidoo aan hom
gelewer.
Voordat J C Motors besit van die voertuig
4.
gekry het, was dit beskadig in h botsing, as gevolg
waarvan die
versekeraars die versekerde bedrag aan die
destydse bruikhuurder, ene
Griesel, uitbetaal en die
wrak aan die derde party vir die bedrag van Rl 7
500
verkoop het. Die derde party het daarna op 18
Februarie 1987 die wrak aan J C Motors vir die bedrag
van R25 000 verkoop en gelewer, wel wetende dat dit
aangekoop word met die doel om dit te herstel en dit
weer as h herstelde voertuig te verkoop. Die derde
party se vrywaring teen uitwinning is nie uitgesluit
nie. J C Motors het as bona fide possessor die wrak
herstel deur noodsaaklike en nuttige verbeterings ter
waarde van R37 000 aan te bring as gevolg waarvan die
wrak se waarde vermeerder is, en Nedfin Bank, volgens
wat die partye tot die huidige saak ooreengekom het,
ten koste van J C Motors verryk is met 'n bedrag van
R37 000. Soos reeds gemeld, het J C Motors die
5.
voertuig daarna aan Naidoo vir R62 000 verkoop en
gelewer.
In sy pleit op die derdeparty-kennisgewing was die derde party nie
bereid om te erken dat Naidoo deur Nedfin Bank kragtens 'n beter
reg van sy
besit van die voertuig ontneem is of dat hy (die derde party) teenoor J C Motors
vir betaling van enige bedrag aanspreeklik
was nie. Vyf dae voor die verhoor in
die Hof a quo het die derde party in 'n brief van sy prokureurs aan J C Motors
se prokureurs
vir die eerste keer erken dat Nedfin Bank 'n beter reg op die
voertuig gehad het as Naidoo en dat laasgenoemde teenoor J C Motors
op vonnis
aoos geëis geregtig was. Dit is verder erken dat J C Motors teenoor die
derde party op 'n vrywaring vir die terugbetaling
van die koopprys van R25 000
geregtig was. Drie dae voor die verhoor het J C Motors vir die eerste keer bewys
gekry van Nedfin
6.
Bank se geldige titel toe Naidoo sy blootleggings= verklaring beteken het.
Die eis van Naidoo is daarna geskik, soos reeds gemeld.
Die derde party het nog
in sy pleit nóg in sy gemelde brief enige verweer ten opsigte van die
bedrag van R37 000 geopper.
In besonder is die vraag of J C Motors hoegenaamd op
'n vrywaring binne die betekenis van Hofreël 13 teenoor die derde party
geregtig was, nooit geopper nie (vgl Eimco (SA) (Pty) Ltd v P Mattioda's
Construction Co (SA) (Pty) Ltd 1967(1) SA (N)), Dit wil
gevolglik blyk dat die
partye dit eens was dat Hofreel 13 wel op die feite van die huidige saak
aangewend kon word. Die volgende
vrae is daarna in die gestelde saak vir
beslissing aan die Hof a quo voorgelê:
1. Was J C Motors, nadat die voertuig aan Nedfin Bank as ware eienaar
terugbesorg is, geregtig om h verrykingsaksie teen Nedfin Bank
in te stel vir
betaling van die bedrag van R37 000
7.
synde noodsaaklike en nuttige verbeterings wat hy as bona fide possessor aan
die
voertuig aangebring het.
2. Indien die antwoord op vraag 1 bevestigend is, was J C Motors verplig om
sodanige aksie in te stel ten einde die skade wat hy
gely het as gevolg van die
feit dat hy die koopprys van R62 000 aan Naidoo moes terugbetaal, te beperk.
3. Tot welke bedrag is die derde party verplig om 'n vrywaring aan die verkoper
te gee.
Die Hof a guo het dit nie nodig gevind om
die eerste vraag, naamlik of J C Motors geregtig was om 'n verrykingsaksie teen
Nedfin Bank
in te stel, te beslis nie. Met verwysing na botsende gesag in ons
reg oor hierdie vraag, is bevind dat weens die onsekerheid en die
lang
vertraging verbonde aan so 'n aksie, dit nie van J C Motors verwag kon word om
'n verrykingsaksie teen Nedfin Bank in te gestel
het ten einde sy skade
8.
te beperk nie. Wat die derde vraag betref het die Verhoorhof beslis dat J C
Motors teenoor die derde party op h vrywaring geregtig
is vir die koopsom en sy
volle skade wat uit laasgenoemde se waarborg teen uitwinning vloei.
Die verkoper van 'n saak is verplig om die koper in besit daarvan te stel en
om hom teen uitwinning te vrywaar. Dit beteken dat die
verkoper daarvoor instaan
dat niemand kragtens 'n beter reg die koper wettiglik van die saak sal ontneem
nie, en dat hy die koper
in sy besit van die saak sal beskerm. In die huidige
saak, waar daar 'n reeks van kopers was, word die terugbetaling van die koopprys
deur J C Motors aan Naidoo gelykgestel met teruggawe van die verkoopte saak
sodat J C Motors teenoor die derde party met reg daarop
kon aanspraak maak dat
hy uitgewin is (Louis Botha Motors v James & Slabbert Motors (Pty) Ltd
1983(3) SA 793 (A) op 801 D-E).
As gevolg van die
9.
uitwinning het J C Motors teenoor die derde party geregtig geword om met die
actio empti terugbetaling van die koopprys en vergoeding
van sy skade te eis
(Lammers and Lammers v Giovannoni 1955(3) SA 385(A) op 390 A-B en Alpha Trust
(Edms) Bpk v Van der Watt 1975(3)
SA 734(A) op 748 F-G). In die lig van die
erkenning in die gestelde saak dat die derde party J C Motors se skade voorsien
het, was
J C Motors gevolglik geregtig om die volle bedrag van R62 000 van die
derde party te eis.
Deels omdat die vrae wat in die gestelde saak aan die Hof a quo vir
beslissing voorgelê is, nie verband hou met die derde party
se pleit nie,
is dit nie duidelik wat presies die Hof a quo gevra is om te beslis nie. Die
essensiële vraag kon enersyds wees
of, op die gesag van Voet 21.2.25, J C
Motors eers die bedrag van R37 000 van Naidoo moes verhaal het en andersyds, of
J C Motors
in die omstandighede van die
10.
huidige saak versuim het om maatreëls te tref wat
'n
redelike man sou getref het om sy skade te beperk of te
vermy. Die Hof
a quo het duidelik laasgenoemde as die
essensiële vraag beskou en ek sal
gevolglik eerste
daarmee handel.
In Hazis v Transvaal and Delagoa Bay
Investment Co Ltd
1939 AD 372
het STRATFORD HR die
reël ten opsigte van beperking van skade as volg op bl
388 gestel :-
"This rule about mitigating damages relates not to what the claimant in fact
did, but to what he should have done. It is in essence
a claim based on
negligence - neglect to do what a reasonable man would do if placed in the
position of the person claiming damages.
The defendant in such claim says
'admitting that in fact you suffered those damages, you have only yourself to
blame for having suffered
so much, or at all, because you did not take
reasonable steps to protect yourself and, therefore, me.'"
11.
Dit kan gevolglik nie van J C Motors verwag word om enige
stappe te gedoen het wat h redelike en versigtige sakeman in die gewone
loop van
sy besigheid nie sou gedoen het nie (per TINDALL AR in die Hazis-saak op bl 398)
. Die bewyslas om te bewys dat J C Motors
nie redelike stappe geneem het nie,
rus op die derde party. Oor die bewyslas het CORBETT R die volgende in Everett
and Another v
Marian Heights (Pty) Ltd 1970(1) SA 198(C) op 201 H - 202 A
gesê:
"In this regard the Court should not be too
astute to hold
that this onus has been
discharged. As Lord McMillan put it in
the
well-known case of Banco de Portugal v
Waterlow and Sons Ltd,
[1932] UKHL 1
;
1932 AC
452
at p 506 -
'Where the sufferer from a breach of
contract finds himself
in consequence of
that breach placed in a position of
embarrassment, the
measures which he may
be driven to adopt in order to extricate
himself
ought not to be weighed in nice
scales at the instance of the party whose
12.
breach of contract has occasioned the difficulty. It is often
easy after an emergency has passed to criticise the steps which have
been taken
to meet it, but such criticism does not come well from those who have themselves
created the emergency. The law is satisfied
if the party placed in a difficult
situation by reason of the breach of a duty owed to him has acted reasonably in
the adoption of
remedial measures, and he will not be held disentitled to
recover the cost of such measures merely because the party in breach can
suggest
that other measures less burdensome to him might have been taken.'"
Hierdie passasie uit die uitspraak van CORBETT R is met goedkeuring aangehaal
in die saak van De Pinto and Another v Rensea Investments
(Pty) Ltd 1977(2) SA
1000(A), insetsel op 1007 A: sien 1977(4) SA 529. Sien verder Holmdene
Brickworks (Pty) Ltd v Roberts Construction
Co Ltd 1977(3) SA 670(A) op 689
D-F.
In die veronderstelling dat J C Motors,
13.
nadat hy besit van die voertuig verloor het, regtens 'n
verrykingsaksie teen Nedfin Bank kon instel vir die verbeterings wat hy aan
die
voertuig aangebring het, kan daar, na my mening, in die omstandighede van die
huidige saak nie redelikerwys van J C Motors verwag
word om so 'n aksie in te
gestel het nie. J C Motors moes vir Naidoo betaal op die eerste dag van die
verhoor in die Hof a quo. Op
daardie stadium het die derde party, ingevolge die
vrywaring wat J C Motors van hom geëis het, reeds in die brief van enkele
dae tevore sy aanspreeklikheid erken om die koopprys van R25 000 aan J C Motors
terug te betaal. J C Motors het in die skikking wat
met Naidoo bereik is,
onderneem om benewens die bedrag van R62 000 ook rente en laasgenoemde se
gedingkoste te betaal. Die voertuig
het hom dus op daardie stadium reeds 'n
aansienlike bedrag gekos. Nadat die skikking met Naidoo bereik is, sou die saak
tussen J
C Motors en die derde party
14.
voortgaan. In die lig van die derde party se brief waarna ek
reeds verwys het, was J C Motors seker dat sy eis teen die derde party
ten
minste gedeeltelik sou slaag. Onder hierdie omstandighede kan, na my mening, nie
redelikerwys van J C Motors verwag word dat
hy die saak teen die derde party
vereers moes laat vaar of probeer uitstel, met al die koste-implikasies wat
sulke optrede sou inhou,
ten einde die gepostuleerde verrykingsaksie teen Nedfin
Bank in te stel nie. Die derde party kan ook nie aanvoer dat J C Motors hierdie
situasie kon vermy het deur uit die staanspoor Nedfin Bank se reg op die
voertuig te aanvaar het, waar hy self nie bereid was om
dit te doen nie. In
hierdie verband het die Verhoorhof in sy uitspraak tereg opgemerk dat die
situasie waarin J C Motors hom bevind
het grotendeels, indien nie geheel en al
nie, te wyte was aan die derde party se eie versuim om nie Nedfin Bank se reg op
die voertuig
aan J C Motors bekend te
15.
maak nie.
Verder moet in gedagte gehou word dat Nedfin
Bank nie 'n party tot die huidige saak is nie, en dat die feite waarop die derde
party
en J C Motors in die gestelde saak ooreengekom het, hom nie bind nie. Wat
Nedfin Bank se houding in die gepostuleerde verrykings=
aksie sou gewees het, is
onbekend. Nedfin Bank kon moontlik betaling vir die verbeterings geheel of
gedeeltelik vrygespring het deur
die waarde van die voordeel wat J C Motors uit
die gebruik van die voertuig gehad het terwyl dit in sy besit was in verrekening
te
bring of deur J C Motors toe te laat om die verwyderbare onderdele terug te
neem. Oor hierdie aspekte word niks vermeld in die gestelde
saak nie. Omtrent
die bona fide possessor se verrykingsaksie teen die ware eienaar het SCHREINER
AR in die Lammers-saak die volgende
op bl 393 A-B gesê :-"Though a general
right of retention until
16.
improvements are paid for may be postulated, there are difficult questions of
proof, of separability, of set off and of the effect
of surrendering possession
in the face of a writ or order of court. Into these matters it is unnecessary to
enter in detail, but
it is manifest that they may easily 'result in expensive
and doubtful litigation."
Dit kan gevolglik aanvaar
word dat die gepostuleerde litigasie teen Nedfin Bank duur en onseker sou gewees
het. Na my mening kan dit
nie redelikerwys van J C Motors verwag word om geld te
spandeer het op sulke riskante litigasie ten einde sy skade te beperk nie
(vgl
Jewelowski v Propp
[1944] 1 All ER 483
(KB) op 484 F-G).
Ek is gevolglik van mening dat die Verhoorhof tereg die derde party se beroep
op die beginsel van beperking van skade verwerp het.
Weens dieselfde oorwegings wat hierbo genoem is, volg dit dat h beroep op
Voet 21 .2.25 ook nie
17.
sou kon slaag nie. Voet sê in hierdie passasie onder andere dat slegs
in soverre die koper nie die waarde van die verbeterings
van die uitwinner d m v
sy retensiereg kan verhaal nie, hy 'n verhaalsreg teen die verkoper het. Op die
feite wat voor die Verhoorhof
geplaas is, was dit nie moontlik om te bevind dat
J C Motors enigiets van Nedfin Bank sou kon verhaal het nie. Dit is gevolglik
nie
nodig om te beslis of die stelling van Voet ook geld vir die koper wat besit
van die saak verloor het nie. Dit is ook nie nodig om
iets meer te sê oor
die betoog in hierdie Hof namens die appellant dat die gepostuleerde
vorderingsreg teen Nedfin Bank 'n
bate van R37 000 in die boedel van J C Motors
gevorm het sodat hy nie skade gely het nie. Die feite wat voor die Verhoorhof
was,
was eenvoudig onvoldoende om te besluit of die gepostuleerde vorderingsreg
enige waarde het.
18. Die appèl word van die hand gewys met
koste.
W VIVIER AR.
HOEXTER AR)
NESTADT AR) Stem saam.
MILNE AR)
VAN COLLER Wn AR)