About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1992
>>
[1992] ZASCA 100
|
|
Minister van Wet en Orde v Erasmus en 'n Ander (204/1990) [1992] ZASCA 100; 1992 (3) SA 819 (AD); [1992] 2 All SA 267 (A) [1992] 2 All SA 267 (A) (29 May 1992)
LL
Saak No 204/1990
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPéLAFDELING
Insake die appèl van:
DIE MINISTER VAN WET EN ORDE
Appellant
teen
J C A ERASMUS
Eerste Respondent
S J NAUDE
Tweede Respondent
CORAM
: VAN HEERDEN, E M GROSSKOPF,
SMALBERGER, F H GROSSKOPF ARR et HOWIE WAR
VERHOORDATUM
: 22 MEI 1992
LEWERINGSDATUM
: 29 MEI 1992
UITSPRAAK
VAN HEERDEN AR
:
2
Na afhandeling van die verhoor van twee gekonsolideerde aksies
in die Oranje-Vrystaatse
Provinsiale Afdeling is bevele verleen waarvolgens
die appellant gelas is om twee voertuie aan die eerste respondent, en 'n verdere
voertuig aan die tweede respondent, terug te lewer. Die uitspraak van die
verhoorhof is gerapporteer as
Erasmus en 'n Ander v Minister van Wet en
Orde
1991 (1) SA 453
(0). Met die nodige verlof is hierdie appèl
gerig teen bedoelde bevele en gepaardgaande kostebevele wat teen die appellant
verleen is.
By die verhoor van die appèl was daar tereg geen geskil aangaande die
kerngebeure wat tot die instelling van die aksies gelei
het nie. Hulle kan
bondig soos volg saamgevat word:
1) Die appellante het die voertuie van 'n verkoper aangekoop denkende dat
laasgenoemde die eienaar daarvan was of in in elk geval
bevoeg was om
3
dié te vervreem.
2)
Na ontvangs van die voertuie
het die appellante aansienlike koste opgeloop deur noodsaak-like of nuttige
herstelwerk aan die voertuie
te laat verrig. Aldus is die waarde daarvan
substansieel verhoog.
3)
Later, en terwyl die
respondente nog steeds in besit van die voertuie was en geglo het dat hulle
eiendomsreg daarop verkry het, het
die Staat ingevolge art 20 van die
Strafproseswet 51 van 1977 ("die Wet") op die voertuie beslag
gelê.
4)
Nadat strafregtelike
verrigtinge in verband met beweerde diefstal van die voertuie
teen
'n derde persoon teruggetrek is, het dit geblyk
dat geen verdere sodanige verrigtinge ingestel sou word nie en dat die voertuie
dus
nie vir doeleindes van bewyslewering of van 'n hofbevel deur die Staat
benodig was nie. Gevolglik het die bepalings van art
4 31(1) van die Wet in
werking getree.
5) Die respondente se versoek om terug-besorging van die
voertuie is egter nie toegestaan
nie. Dit was naamlik die appellant se
standpunt dat die voertuie aan die Staat verbeur was.
Dit was by die verhoor in die hof a
quo
ook gemene saak dat twee van
die voertuie ten tye van die beslaglegging gesteelde voorwerpe was. Wat die
derde voertuig, 'n Colt,
betref, was dit by die verhoor, soos ook op
appél, in geskil of die Colt steeds 'n gesteelde voorwerp was toe daarop
beslag
gelê is. Ek veronderstel egter ten gunste van die appellant dat dit
wel die geval was.
Ten slotte dien vermeld te word dat na die beslaglegging geen persoon, anders
as die appellant en die respondente, aanspraak op die
voertuie gemaak het nie.
In besonder het die eienaars van die voer-tuie nie na vore getree nie.
5
Art 20 van die Wet magtig die Staat om
beslag te
lê op o a 'n voorwerp wat op redelike
gronde vermoed word betrokke te wees by die pleging
of vermeende pleging
van 'n misdryf. Die drie voer-
tuie was elk sodanige voorwerp en is na beslaglegging
kragtens art 30(c)
in polisiebewaring gehou. Die
enigste ander bepalings van die Wet wat hier vermeld
hoef te word, is dié van art 31(1) (a) en (b). Die
eerste paragraaf lui soos volg:
"Indien geen strafregtelike verrigtinge ingestel word in verband met 'n in
artikel 30(c) bedoelde voorwerp nie of indien dit blyk
dat so 'n voorwerp nie by
die verhoor vir die doeleindes van bewyslewering of vir die doeleindes van 'n
hofbevel nodig is nie, word
die voorwerp teruggegee aan die persoon van wie dit
in beslag geneem is, indien so 'n persoon daardie voorwerp wettiglik mag besit,
of, indien so 'n persoon daardie voorwerp nie wettiglik mag besit nie, aan die
persoon wat dit wettiglik mag besit."
Art 31(1)(b) bepaal dat indien niemand so 'n voorwerp wettiglik mag besit
nie, of indien die
6 betrokke polisiebeampte nie weet van iemand wat dit
wettiglik mag besit nie, die voorwerp aan die Staat verbeur word.
Die verhoorhof het bevind dat die respon-dente die voertuie wettiglik kon
besit en wel omdat hulle vanweë bogenoemde herstelwerk
en die gevolglike
waardevermeerdering van die voertuie retensieregte daarop gevestig het. Op
appél is tereg nie betwis dat
die respondente ten tye van die
beslagleggings sodanige regte gehad het nie. Wel is betoog dat indien die
voertuie aan die respondente
terugbesorg sou word, hulle dit nie wettiglik sou
besit nie.
Alvorens hierdie betoog van nader betrag word, dien kortliks verwys te word
na die regsposisie van 'n retensiereghouer wat besit van
die saak ver-loor het.
Die gemeenregtelike reël dat roerende goed geen gevolg het nie, is
onderhewig aan 'n aantal uitsonderings.
Een daarvan is besitsverlies as
7
gevolg van geweld of diefstal. Raadpleeg bv Matthaeus,
Zinspreuken by de
Neederlandsche Rechts-geleerden
, zinspreuk 7.17, en Voet 20.1.13.
Alhoewel
besit 'n vereiste van bv 'n pandreg of retensiereg is, kan die houer dus die
saak opeis indien sy besitsverlies onvrywilliglik was.
Dit is voor die hand liggend dat daar geen rede is nie om 'n onderskeid te
trek tussen besits-verlies as gevolg van fisiese geweld
en sodanige verlies
weens regsdwang. Vgl
Assurity (Private) Ltd v Truck Sales (Private) Ltd
1960 (2) SA 686
(SR) 690 en
Wilson v Kymer
105 ER 59
, 61. In die
onderhawige geval was die respondente regtens verplig om die polisie se
beslaglegging te eerbiedig; anders gestel, kon
hulle geen verweer teen die
besitsontneming van die voertuie opper nie. Die besitsverlies was dus net so
onvrywillig as wat dit in
geval van geweld-dadige ontrowing sou wees. Indien die
bepalings van
8
art 31(1) (a) nie in hul weg staan nie, is die respondente dus geregtig op
herbesit van die voer-tuie. En indien hulle weer in besit
gestel word, kan hulle
hul voormalige retensieregte teenoor o a die eienaars van die voertuie
uitoefen.
Ek keer terug na bogenoemde betoog. Die appellant se advokaat het tereg
toegegee dat die respondente se retensieregte by terugbesorging
van die voertuie
sou herleef, maar het nietemin aangevoer dat hulle dan nie die voertuie
wettiglik sou besit nie. Die beperkende
uitleg van art 31(1) (a) wat voorgestaan
is, kom hierop neer: Wettige besit slaan slegs op besit van die eienaar van die
voorwerp
of van iemand, soos 'n huurkoper, wat sy aanspraak op besit aan die
eienaar ontleen het.
Aanvaarding van hierdie betoog sou lei tot die absurde konsekwensie dat o a
'n balju wat voor 'n beslaglegging ingevolge art 20 'n
saak in beslag
9
geneem het, onder geen omstandighede ingevolge art 31(1)(a) in wettige herbesit
van die saak gestel sou kon word nie. Die betoog
is in elk geval strydig met die
beslissing van hierdie hof in
Minister van Wet en Orde v Datnis Motors
(Midlands) (Edms) Bpk
1989 (1) SA 926
(A) 932-3. Daarvolgens moet die
wettigheid van die besit van 'n voorwerp vir die doeleindes van art 31(1)(a) met
verwysing na die
strafreg beoordeel word, en moet 'n voorwerp teruggelewer word
aan die persoon van wie dit in beslag geneem is tensy sy besit daarvan
wederregtelik, d w s strafregtelik onregmatig, sal wees. Hieruit volg vanself
dat indien die betrokke persoon se besit nie wederregtelik
sal wees nie, dit
ontersaaklik is of sy voormalige besit al of nie voortgespruit het uit 'n
afspraak met die eienaar van die voorwerp.
In casu
sou die respondente voor die beslagleggings hul retensieregte
teenoor o a die
10
eienaars van die voertuie kon handhaaf selfs indien hulle uitgevind het dat
dié gesteelde voorwerpe was. Word hulle ingevologe
art 31(1)(a) in
herbesit gestel, kan hulle hul herleefde retensieregte tot dieselfde mate as
vroeër handhaaf. Sodanige herbesit
sou dus nie wederregtelik wees nie.
Kortom, hernude besit sou nie 'n element van enige misdryf wees nie. Die
appèl word met
koste afgewys.
H J O VAN HEERDEN AR
E M GROSSKOPF AR
SMALBERGER AR
STEM SAAM
F H GROSSKOPF AR
HOWIE WAR