About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1992
>>
[1992] ZASCA 94
|
|
S v Xaba (516/90) [1992] ZASCA 94 (27 May 1992)
Saaknommer 516/90
/al
IN DIE HOOGGEREGSIIOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPéLAFDELING
)
In die saak van:
MILLIAM XABA Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: Hefer, AR, Kriegler et Harms, Wnd. ARR
DATUM VAN VERHOOR
: 22
Mei 1992
DATUM VAN UITSPRAAK
: 27 Mei 1992
U I T P R A A K
KRIEGLER Wnd. AR/
2
KRIEGLER Wnd. AR:
Appellant is in die Streekhof skuldig bevind
aan verkragting. 'n Appél teen skuldigbevinding het in
die
Provinsiale Afdeling misluk en word nou, met verlof
van laasgenoemde hof,
hernu.
'n Breedvoerige feiterelaas is onnodig.
Appellant, 'n middeljarige predikant, woon met sy gesin
in 'n Swart woonbuurt by Kroonstad. Die klaagster woon
met haar ouers daar
naby. Hulle is lede van die
appellant se gemeente. Volgens die klaagster het
appellant haar by vier afsonderlike geleenthede by sy
huis verkrag, naamlik op Woensdag 12 April 1989 en die
daaropvolgende Vrydag, Saterdag en Sondag. Die Woensdag
en Sondag sou omgang in appellant se slaapkamer
plaasgevind en die ander twee dae in 'n buitetoilet op
die perseel. By iedere geleentheid het hy haar met 'n
dolk tot oorgawe gedwing en met die dood gedreig as sy
agterna iemand sou vertel. Daarom het sy ná die eerste
verkragting drie maal weer na sy huis gegaan en die
3
gebeure diggehou totdat sy Vrydagaand 21 April 1989 by die plaaslike
munisipale polisiekantoor aangesê is om die gebeure te
openbaar. Dit blyk
egter ook uit klaagster se weergawe dat appellant haar na elke verkragting 'n
fooitjie van 50 sent of R1,00 gegee
het. Appellant se weergawe was 'n algehele
ontkenning. Hy ken wel die klaagster en haar gesin en sy vrou het by geleentheid
aalmoese
aan klaagster gegee. Hy was nooit alleen met haar in sy huis of
buitetoilet nie.
Daar was dus twee wedersyds onbestaanbare relase. Die
verhoorhof aanvaar die klaagster se weergawe en verwerp die van appellant sonder
inagneming van die geykte versigtigheidsreëls by sake soos die onderhawige.
Die aanvaarding geskied vanweë die getuienis
van twee buurvrouens en
geneeskundige getuienis wat as stawing van klaagster se weergawe beskou word.
Ofskoon die hof
a quo
die verhoorhof se veronagsaming van die
versigtigheidsreëls kritiseer, word aan die hand van die waargenome stawing
tot dieselfde
slotsom geraak.
4
By ontleding blyk dit egter dat daar gefouteer is. Daar was inderwaarheid
geen stawing - of selfs 'n mate van bevestiging - van die
klaagster se getuienis
nie. Ook was haar getuienis en die van appellant nie sodanig dat eersgenoemde
aanvaar en laasgenoemde verwerp
kon word nie.
Ten eerste die vermeende
stawing deur die buurvrouens. Die klagstaat het dit appellant ten laste
gelê dat hy die klaagster "gedurende
periode 12 - 16 April 1989" sou
verkrag het. Toe die voorsittende streeklanddros by die aanvang van die verhoor
vra of die verkragting
"nou oor 'n tydperk gebeur het", antwoord die aanklaer:
"Ja. Skynbaar, die kláagster sal dit nou opklaar." Hy gee te kenne
dat
daar meerdere insidente sou gewees het, meld egter nie hoeveel nie en voeg by:
"Ja ons het dit net een gemaak op hierdie stadium."
Die klaagster is ook in die
klagstaat beskryf as 'n 12-jarige meisie terwyl sy inderwaarheid ten tyde maar
11 jaar en agt maande
oud was. Die klagstaat vervolg dan met die
5
gebruiklike bewerings by 'n aanklag van verkragting, in besonder dat
geslagtelike omgang teen die klaagster se wil sou geskied het.
Die vaagheid
betreffende datum(s) het die verrigtinge in beide howe benede vertroebel; so ook
die feit dat die klaagster vanweë
haar ouderdom regtens nie tot
geslagtelike omgang kon toestem nie. Bygevolg het beginselsuiwere ontleding van
die deugde van die
staatsaak uitgebly.
Volgens die klaagster het appellant
haar by vier afsonderlike geleenthede verkrag. Sy is ten aansien van tyd, plek,
dag en datum pertinent
en konsekwent. Iedere insident sou plaasgevind het in die
vroeë namiddag op appellant se woonperseel. Sy getuig spesifiek dat
die
eerste voorval plaasgevind het op Woensdag 12 April 1989 en die laaste op Sondag
16 April 1989. Daarna, so getuig sy met beslistheid,
het geen verdere voorval
tussen haar en appellant plaasgevind nie. Volgens die twee buurvrouens het hulle
egter op Maandag 17 April
1989 vir klaagster en appellant in
6
agterdogwekkende omstandighede opgelet. Volgens die twee dames het hulle
vroeg die betrokke Maandagmiddag gesien hoe klaagater gcvolg
deur appellant die
buitetoilet op appellant se perseel binnegaan en 'n rukkie later in dieselfde
volgorde daar uitkom. Sodanige getuienis
staaf egter nie klaagster se relaas
nie. Haar pertlnente getuienis dat sy ná die voorval op Sondagmiddag 16
April 1989 nie
weer met appellant in aanraking was nie, bots immers met die ewe
pertinente getuienis van die twee buurvrouens van 'n voorval op
Maandag 17 April
1989. Dit is wel moontlik dat óf die klaagster óf die buurvrouens
aangaande dag en datum fouteer.
Maar al word sodanige vergissing aan die een-of
andêrkant argumentshalwe aanvaar, val dit steeds moeilik te begryp hoe die
buurvrouens se waarnemings op 'n dag wat pertinent deur klaagster ontken word as
stawing van laasgenoemde se getuienis beskou kan
word. Welke voorval waarvan
klaagster getuig word gestaaf? Sy meld immers vier insidente waarvan twee (op
die Vrydag en op die Saterdag)
7
in die toilet sou afgespeel het. Staaf die buurvrouens die Vrydag-voorval dan
wel dié op die Saterdag? Die antwoord moet in
die lug bly. Daaruit volg
dit noodwendig dat daar nie gesê kan word dat enigeen van die twee
toiletvoorvalle waarvan klaagster
getuig deur die buurvrouens se waarneming
gestaaf is nie.
Daar is ook in beide howe benede kennis geneem van en gesteun
op die inhoud van 'n geskrewe verslag wat geheet het betrekking te hê
op
die klaagster se toestand by 'n geneeskundige ondersoêk sowat 'n week na
die gewraakte gebeure. Blykens die dokument - onbeëdig
- gee die
ondertekenaar daarvan nie te kenne of hy 'n distriksgeneesheer dan wel 'n
geneeskundige amptenaar of geneeskundige praktisyn
is nie. Bowendien is daar in
die oorkonde geen aanduiding te vind dat die dokument ingevolge of artikel
212(4) of artikel 220 van
die Strafproseswet 1977 ingedien is nie. Al aanduiding
van hoe die stuk vorendag gekom het, is die volgende lakoniese aankondiging
deur
die aanklaer na afsluiting
8
van die klaagster se getuienis: "Ek handig 'n verslag in van dokter Peters
wie die klaagster ondersoek het." Aangesien die dokument
op geen waarneembare
basis toelaatbaar was nie, kan daar nie op die inhoud daarvan gelet word
nie.
Dit laat dan die alleenstaande getuienis van die klaagster. As daar
bloot gekyk word na die toestemmingsvraag val haar onbetroubaarheid
op. Toe haar
werklike ouderdom aan die lig kom, het die verhoorhof geen ag meer geslaan op
haar getuienis aangaande gebrek aan toestemming
nie. Die hof
a quo
het
dieselfde gedagtetrant gevolg. Dit was 'n mistasting. Weliswaar word die
klaagster vanweë haar ouderdom onweerlegbaar vermoed
nie te kon toestem tot
geslagsomgang nie. Maar haar getuienis as sou sy onder bedreiging met 'n dolk
tot oorgawe en stilswye gedwing
gewees het, bly van wesenlike belang by die
beoordeling van haar geloofwaardigheid. Die appellant se verweer dat hy
hoegenaamd niks
met die klaagster te make gehad het
9
nie, noop 'n evaluering van haar hele weergawe. Die blote vorm van die
klagstaat het uit die staanspoor 'n bedenking by die verhoorhof
laat ontstaan.
Vier afsonderlike verkragtings oor 'n tydperk van vyf dae is immers eienaardig.
In die samehang van die onderhawige
saak is dit tewens hoogs onwaarskynlik.
Volgens die klaagster het sy ná die eerste verkragting by drie verdere
geleenthede
helder oordag na die appellant se woonperseel gegaan waar sy toe
weer met 'n dolk gedreig en tot onwillige geslagtelike omgang gedwing
is. Na die
voorval op die Sondag gaan sy egter, die doodsdreigemente ten spyt, nie weer
terug nie. Sy rapporteer geeneen van die
voorvalle aan enigiemand nie totdat sy
die Vrydagaand in die munisipale polisiestasie gekonfronteer word. Haar moeder
merk nie dat
daar iets skort nie en klaagster self getuig van geen nagevolge van
die vier verkragtings nie. Les bes vertel sy dat appellant haar
ná iedere
geleentheid 'n fooitjie van 50
10
sent of R1,00 laat toekom het. Dit is inherent so 'n bisarre verhaal dat dit
nouliks aanvaar kan word.
As sy dan ten aansien van toestemming
ongeloofwaardig is, waar lê die grens tussen haar geloofwaardigheid en
haar ongeloofwaardigheid?
In die afwesigheid van enige bevestiging van die
waarheid van die klaagster se verhaal en die onwaarheid van die appellant se
ontkenning,
kan die grens nie getrek word nie. Die klaagster se inherent
onaanvaarbare weergawe staan alleen teenoor die appellant se redelikerwys
aanvaarbare ontkenning. Bowendien getuig die klaagster, haar moeder en 'n
munisipale polisiebeampte dat die klaagster die daaropvolgende
Vrydag by
laasgenoemde se kantoor haar relaas van appellant se doenighede verstrek het.
Volgens klaagster het sy van vier insidente
vertel. Haar moeder en die
polisiebeampte het dit egter dat sy slegs drie voorvalle genoem het. Dit is
onwaarskynlik dat die klaagster
so kort na die gebeure 'n voorval sou vergeet
het. Noodwendig moet dan
11
afgelei word dat sy by die verhoor 'n voorval bygedig het. Welke een kan nie
bepaal word nie. As daar nie bepaal kan word watter een
sy bygedig het nie moet
iedereen betwyfel word.
Die appèl word gehandhaaf. Die
skuldigbevinding en vonnis word ter syde gestel.
J C KRIEGLER Wnd. Appélregter
Hefer AR ]
] STEM SAAM
Harms Wnd AR ]