S v Khoza en 'n Ander (630/90, 163/91) [1992] ZASCA 91 (27 May 1992)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Joint enterprise — Appellants convicted of murder and other crimes during a robbery — First appellant shot deceased during robbery; second appellant participated in robbery with awareness of potential for violence — Legal issue of whether second appellant possessed requisite intent for murder — Court held that second appellant's participation in robbery implied awareness of the possibility of death; both appellants' death sentences confirmed as appropriate given the circumstances and nature of the crime.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1992
>>
[1992] ZASCA 91
|

|

S v Khoza en 'n Ander (630/90, 163/91) [1992] ZASCA 91 (27 May 1992)

SAAKNOMMER : 630/90 163/91
HOSEAH MADALA KHOZA
& 'N ANDER
teen
DIE STAAT
SMALBERGER, AR :-
SAAKNOMMER : 630/90 163/91
N V H
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPéLAFDELING
)
In die saak tussen:
HOSEAH MADALA KHOZA
Eerste
Appellant
ABSOLOM MPHIKUWA LUBAMBO
Tweede Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: HEFER, SMALBERGER, ARR,
et
HARMS, Wn AR
VERHOORDATUM
: 21 MEI 1992
LEWERINGSDATUM
: 27 MEI 1992
UITSPRAAK
SMALBERGER, AR:
Die twee appellante is tydens 'n sitting van die Oos en Suid-Oostelike
Rondgaande Afdeling te Nelspruit deur CURLEWIS R en twee assessore
2
skuldig bevind aan 'n reeks misdrywe gepleeg oor die tydperk 16 September
1988 tot 11 Januarie 1989. Die misdrywe het behels moord,
poging tot moord (twee
aanklagte), roof (vier aanklagte), huisbraak met die opset om te steel en
diefstal, en onwettige besit van
vuurwapens en ammunisie. Daarbenewens is die
tweede appellant aan twee verdere aanklagte van huisbraak skuldig bevind. Beide
appellante
is op die moordaanklag ter dood veroordeel. Ten opsigte van die ander
aanklagte is hulle verskeie tydperke van gevange= nisstraf
opgelê.
Kragtens die bepalings van art 316 A van Wet 51 van 1977 (soos ingevoeg deur art
11 van Wet 107 van 1990) kom die tweede
appellant in hoër beroep teen beide
sy skuldigbevinding en vonnis op die moordaanklag; die eerste appellant
appelleer net teen
sy vonnis.
Die moord was die laaste. in die reeks misdrywe waarvan die appellante
aangekla is. Die
3
omstandighede met betrekking tot die pleging van die moord was kortliks soos
volg. Vroegaand op 11 Januarie 1989 was Joseph Malope
("die oorledene") in sy
winkel te Hazyview. Van sy winkelbediendes was ook aanwesig. Die oorledene het
op 'n stoel agter die toonbank
gesit. Die kasregister het voor hom gestaan. Twee
jong mans het die winkel binnegekom kwansuis op soek na koeldrank en sigarette.
Hulle het toe vuurwapens te voorskyn gebring. Een het die winkelbediendes
aangehou terwyl die ander vlak voor die oorledene stelling
ingeneem het en geld
van hom geëis het. Die oorledene het geantwoord dat hy nie geld het nie.
Die persoon voor hom het toe sonder
meer op hom geskiet - drie skote altesame.
Die oorledene is noodlottig in die kop (twee keer) en die linkerskouer gewond.
Daarna
het die twee mans geld en verskeie items uit die winkel geroof voordat
hulle die wyk geneem het.
4
Dit was gemene saak by die verhoor dat die eerste appellant die persoon was
wat die oorledene geskiet het. Hy het trouens aan die
moordaanklag skuldig
gepleit. Die eerste appellant se getuienis dat hy die oorledene geskiet het toe
hy (die oorledene) 'n vuurwapen
uitgehaal het, is deur die verhoorhof verwerp.
Dit volg dat die oorledene goedsmoeds geskiet is bloot omdat hy nie onmiddellik
aan
die eerste appellant se eis voldoen het nie.
Die tweede appellant word hoofsaaklik met die
moord
op die oorledene verbind deur sy eie erkennings en
uitwysings. Die eerste
appellant se getuienis plaas
hom ook op die toneel. By die pleitverrigtinge
in die
landdroshof kragtens artikel 119 van Wet 51 van 1977 het
die tweede
appellant, op 'n vraag deur die voorsittende
landdros of hy die oorledene aangerand het, soos volg
geantwoord:
"Ja, dit is net soos wat beskuldigde [die eerste appellant]
gesê het. Ek en hy het na
5
die kafee van die oorledene gegaan met die doel om hom te beroof. Ek en
beskuldigde 1 het winkel ingegaan, beskuldigde 1 het sy wapen
op die oorledene
gerig en ek het die werkers in die kafee met sy wapen aangehou. Oorledene het 'n
wapen getrek en beskuldigde 1 het
hom in die gesig geskiet. Hy het
geval
By 'n latere geleentheid het hy ook die
oorledene se winkel aan It. Gous uitgewys en daarby gevoeg "hier is die man
doodgeskiet".
Sy bewering by die verhoor dat die erkennings en uitwysings nie
ongedwonge en volgens sy eie kennis was nie, is tereg deur die verhoorhof
verwerp. Die verhoorhof het bevind dat die tweede appellant wel die persoon was
wat die eerste appellant vergesel het op die rooftog
waartydens die oorledene
gedood is, die tweede appellant se ontkenning ten spyt. Daar bestaan geen
grondslag vir inmenging met hierdie
bevinding nie. Daar is nie aangetoon dat die
verhoorhof 'n wesenlike mistasting begaan het of in enige ander opsig fouteer
het nie.
Ofskoon die tweede
6
appellant nie self die oorledene gedood het nie, het hy deelgeneem aan die
rooftog terwyl hy subjektief minstens
die moontlikheid van die oorledene se
dood voorsien het en hom volkome daarmee vereenselwig het. Hy het dus die nodige
opset om te
dood by moontlikheidsbewussyn gehad. Sy appél teen sy
skuldigbevinding kan gevolglik nie slaag nie.
Dit bring my by die appélle teen die doodvonnisse. Die beginsels wat
tans (d w s na die wysigings aangebring deur Wet 107 van
1990) in 'n
appél teen die doodvonnis van toepassing is, is welbekend en behoef geen
toeligting nie. Hierdie Hof is geroepe
om met inagneming van verswarende en
versagtende faktore te beslis of die doodvonnisse ten opsigte van die
moordaanklag die enigste
gepaste vonnisse is. Die verswarende faktore wat
aanwesig is ten opsigte van albei appellante is die volgende: die beplanning wat
die rooftog noodwendig voorafgegaan het - hierdie was
7
nie 'n geval waar die appellante op die ingewing van die oomblik opgetree het
nie maar eerder die voortsetting van 'n reeks beplande
rooftogte; die appellante
se motief, nl suiwer materiële gewin; en die feit dat die oorledene op
koelbloedige en gevoellose
wyse tromp-op doodgeskiet is sonder dat hy enige
weerstand gebied het of enigsins aanleiding tot die skietery gegee het.
In die geval van die eerste appellant het hy met
dolus directus
opgetree. Die tweede appellant se skuldigbevinding aan moord berus uitsluitlik
op deelname aan die rooftog met opset by moontlikheidsbewussyn
betreffende die
dood van die oorledene. Die afwesigheid van direkte opset is wel 'n faktor wat
aandag geniet by die vraag of die
doodvonnis in 'n bepaalde geval die enigste
gepaste vonnis is. Die gewig wat daaraan verleen word, hang uiteraard af van die
moontlikheidsgraad
van doodveroorsaking wat die mededeelnemer voorsien het (
S
v Xanti
, ongerapporteerde
8
uitspraak van hierdie Hof gelewer op 5 Maart 1992). In die onderhawige geval
is die enigste redelike afleiding dat die tweede appellant
hom die dood van die
oorledene as 'n sterk moontlikheid, selfs 'n waarskynlikheid, voorgestel het.
Dit volg onder andere uit hulle
gesamentlike deelname aan die ander misdrywe
waar die eerste appellant, tot die wete van die tweede appellant, nie gehuiwer
het om
van sy vuurwapen gebruik te maak nie. Met dié optrede het die
tweede appellant hom ten volle vereenselwig. Daar is gevolglik
in die verband
nie wesenlik te onderskei tussen die twee appellante nie. Daar kan ook nie
sprake daarvan wees dat die tweede appellant
deur die eerste appellant
beïnvloed was nie. Die tweede appellant het nooit beweer dat dit die geval
was nie, en in iedere geval
blyk dit uit die getuienis dat die tweede appellant
gewillig en selfs geesdriftig deelgeneem het aan die rooftog waartydens die
oorledene
doodgeskiet is.
9
Daar is weinig, indien enige, versagtende faktore aanwesig. Die appellante
was albei 23 jaar oud tydens die pleging van die moord,
en dus nie meer
jeugdiges nie. Hulle klaarblyklike minderbevoorregte agtergrond, betreklike lae
intelligensie en ontoereikende opvoeding
hou nie direk verband met hulle optrede
nie. Daardie faktore is in elk geval eerder neutraal as versagtend. Voordat
hulle die reeks
misdrywe gepleeg het waaraan hulle skuldig bevind is, het beide
appellante nie enige vorige veroordelings vir geweldsmisdade gehad
nie. Dit, op
sigself, sou op die moontlikheid van rehabilitasie dui. As daar egter op hulle
misdadige (en geweldadige) optrede oor
'n tydperk van maande gelet word, blyk
hulle potensiaal vir rehabilitasie maar skraal te wees. Opregte berou, wat
rehabilitasie kan
bevorder, is ook nie by hulle te bespeur nie.
10
By oorweging van die vraag of die doodvonnis die enigste gepaste vonnis is,
is daar nie tussen die twee appellante te onderskei nie.
Ofskoon die verswarende
faktore enige versagtende faktore verreweg oortref, is dit nie noodwendig
deurslaggewend nie. Die oogmerke
van straftoemeting moet ook in aanmerking
geneem word by die beoordeling van die gepaste vonnis. Al sou die appellante
moontlik vir
rehabilitasie vatbaar wees, is dit maar een van die oogmerke wat
oorweeg moet word. In gevalle soos die onderhawige, waar perspne
in die loop van
'n rooftog sonder meer dood geskiet word (iets wat al te dikwels voorkom) tree
die gemeenskapsbelang sterk op die
voorgrond en moet afskrikking en vergelding
noodwendig voorrang geniet. Hierdie is uiteraard 'n geval waar "the perceptions,
sensibilities
and interests of the community demand nothing less than the
extreme penalty" (
S v Majosi and Others
1991(2) SASV 532(A) op 541 e -
f). Gevolglik
11
is die doodvonnis die enigste gepaste vonnis.
Die appél van die
tweede appellant teen sy skuldigbevinding, en die appélle van beide
appellante teen hul vonnisse,
word van die hand gewys en hulle doodvonnisse word
bekragtig.
J W SMALBERGER APPèLREGTER
HEFER, AR ) stem saam HARMS, Wn AR )