S v Booysen en 'n Ander (619/91, 60/92) [1992] ZASCA 102 (26 May 1992)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Sentencing — Appellants convicted of murder and attempted robbery, sentenced to death — Appellants appealed against death sentences — Court found no mitigating factors for first appellant, while second appellant's sentence was reconsidered based on lesser criminal history — Court held that both appellants acted with intent to kill, and the death penalty was appropriate given the circumstances of the crime.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1992
>>
[1992] ZASCA 102
|

|

S v Booysen en 'n Ander (619/91, 60/92) [1992] ZASCA 102 (26 May 1992)

SAAKNOMMER: 619/91 60/92
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING
In die saak tussen:
JOHANNES BOOYSEN Eerste Appellant
WILLIAM PHAKHATI Tweede Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM:
CORBETT HR, HOWIE et KRIEGLER Wnd.ARR
VERHOOR:
18 MEI 1992
GELEWER:
26|MEI 1992
1
HOWIE
Wnd.AR
Die twee appellante is in die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling
(Smuts RP en assessore) op aan-klagte van moord, poging tot roof
met verswarende
omstandighede en poging tot moord skuldig bevind. Op die moordaanklag is geen
versagtende omstandighede bevind nie
en is hulle ter dood veroordeel. Op die
ander aanklagte is hulle langtermyn gevangenisstraf opgelê.
Die paneel aangestel ingevolge die Straf-regwysigingswet 107 van 1990 het
appellante se doodvonnisse in heroorweging geneem en bevind
dat die doodstraf
waarskynlik aan eerste appellant opgelë sou gewees het, en waarskynlik nie
aan tweede appellant nie, indien
die gewysigde art 277 van die Strafproseswet 51
van 1977 tydens strafoplegging in werking was.
Die aangeleentheid van appellante se doodvonnisse dien nou voor hierdie Hof,
eerste appellant s'n ingevolge art 19(12)(a) van die
Strafregwysigingswet en
tweede appellant se vonnis ingevolge 'n verwysing deur die Minister van Justisie
ingevolge art 19(11)(b)
van
2
lg. wet.
Die beginsels wat geld by so 'n appèl verg, eerstens, 'n
bevinding deur hierdie Hof aangaande die aan- of afwesigheid van
strafversagtende
of -verswarende faktore en, tweedens, 'n onafhanklike diskresie
of die doodvonnisse die enigste gepaste strawwe is.
Die vernaamste feite is
soos volg. Die oorledene was 'n 78-jarige man wat saam met sy vrou op 'n plaas
in die distrik Bloemfontein
gewoon het. Gedurende die dag van 8 Mei 1989 het
appellante, wat albei te Rocklands-woonbuurt, Bloemfontein woonagtig was, die
huis
te Bloemfontein van ene Jackson besoek waar eerste appellant se suster as
'n huisbediende werksaam was. Terwyl Jackson afwesig was
het appellante van lg
se drank gesteel en sy vuurwapenkluis in sy geheel uitgebreek waar dit vasgemaak
was. Hulle het toe daarin
geslaag om die kluis oop te maak en 'n rewolwer, 'n
pistool en ammunisie daaruit te verwyder. Hulle het tussen 6 nm en 7 nm daardie
aand by die oorledene se plaashuis opgedaag, elkeen in besit van een van die
gesteelde vuurwapens, en aan 'n sydeur geklop. Die
3
oorledene en sy vrou was besig om in hulle slaapkamer televisie te kyk. Die
geklop het die oorledene se aandag getrek. Hy is toe van
die slaapkamer na die
badkamer wat langs die sydeur geleë is. Hy het die badkamervenster se
sifskerm opgeskuif en die venster
oopgemaak. Feitlik onmiddellik daarna het
appellante van vlak by die venster op die oorledene geskiet. Hy is deur vyf
skote getref
en nie lank daarna nie het hy aan sy wonde beswyk. By noodwendige
afleiding is vier van daardie skote deur eerste appellant afgevuur
en een deur
tweede appellant.
Die oorledene se 66-jarige vrou het die skote
gehoor en ondersoek
ingestel. Sy het op haar man afgekom toe hy net voor die vyfde skoot uit die
badkamer tot in die gang steier en
inmekaar sak. Sy het onmiddellik na die
slaapkamer teruggekeer en die plaasbestuurder, ene Fourie, by sy nabygeleë
woning gebel.
Sy kon nie daarin slaag om die slaapkamer se deur te sluit nie en
moes haar rug daarteen druk terwyl sy gebel het. Sy het slegs kans
gekry om hom
van die aanval op die oorledene te verwittig voordat eerste appellant, wat
intussen deur die gemelde
4
badkamervenster ingeklim het, haar kamerdeur oopgestoot en 'n vuurwapen teen
haar gedruk het. Sy het die teenwoordigheid van gees
gehad om die telefoon se
gehoorstuk onderstebo neer te sit sodat Fourie kon hoor wat met haar aangaan.
Eerste appellant het toe herhaaldelik
gedreig om haar dood te skiet en haar
sodoende gedwing om tot by die badkamervenster te loop. Daar het hy op tweede
appellant geroep.
Toe lg. nie dadelik na vore gekom het nie het eerste appellant
'n tweede keer hard geroep. Kort daarna het tweede appellant deur
die venster
gespring. Hy het al glimlaggend 'n vuurwapen teen die oorledene se vrou gedruk
en gedreig om haar dood te maak. Appellante
het daarop begin aandring dat sy
hulle wys waar die oorledene se geld was. Sy het besluit om tyd te probeer wen
met die oog op die
moontlike aankoms van Fourie. Met die vuurwapens heeltyd teen
haar gehou het sy appellante na die studeerkamer geneem waar sy tydsaam
die
laaie van 'n kabinet een vir een deurgegaan het. Na 'n ruk het eerste appellant
op 'n stoel gaan sit maar met sy vuurwapen steeds
op haar gerig. Tweede
appellant het langs haar bly staan.
5
Dit was in hierdie situasie dat Fourie skielik by die deur van die
studeerkamer sy verskyning gemaak het, gewapen met 'n rewolwer.
Daar het
onmiddellik 'n heen en weer skietery losgebars. Appellante het altesaam vyf
skote in sy rigting afgevuur. Een het hom in
die been getref. Hy het egter
daarin geslaag om eerste appellant twee keer raak te skiet en 1g. het
bewusteloos van sy stoel afgeval.
Tweede appellant het vir 'n tyd aangehou skiet
maar uiteindelik deur die studeerkamervenster gespring en ontsnap. Fourie het
die
polisie ontbied wat kort daarna opgedaag het en eerste appellant hospitaal
toe geneem en aangehou het. Tweede appeTTant is twee dae
later gearresteer. Dit
wat die voorval self betref.
Die Verhoorhof het afgelei dat appellante se
beweegrede was
om te roof maar dat om daardie doel te
bereik hulle beplan het om die
oorledene "uit te
skakel". In lg. opsig is bevind dat hulle met dolus directus opgetree het of
ten minste dolus eventualis.
Eerste appellant het getuig en verskeie getuies laat roep. Dit is bewys, en
was uiteindelik nie in geskil nie, dat hy gedurende die
maand voor die moord
6
op 'n aanklag van besit van vermoedelik gesteelde goedere aangehou is. Hy is
mettertyd op versoek van die polisie op sy eie verantwoordelikheid
vrygelaat
omdat hy bereid was om met hulle saam te werk en ander verdagtes in die saak te
probeer opspoor. Om hierdie rede was hy
op vrye voet op die datum van die moord.
Eerste appellant se verweer, wat op daardie feitebasis voortgebou is, nl. dat hy
op die
betrokke aand die oorledene se toestemming gaan vra het om van gemelde
verdagtes op die plaas te probeer vind, dat tweede appellant
toe heel onverwags
die oorledene geskiet het en dat hulle daarop die ondersoek in 'n rooftog omskep
het, is deur die Verhoorhof as
vals verwerp. Eerste appellant se verdere
bewering, dat hy as gevolg van inname van Jackson se drank in 'n beskonke
toestand op die
plaas verkeer het, is ook verwerp.
Tweede appellant het na sy arrestasie 'n verklaring voor 'n landdros
afgelê wat as deel van die staatsaak bewys is. Daarin het
hy erken dat hy
op die oorledene, asook in die studeerkamer, geskiet het maar hy het beweer dat
hy heeltyd onder dwang van eerste
appellant opgetree het. Tweede appellant het
egter nie in sy
7
verdediging getuig nie en sy bewering van dwang, asook ander
verontskuldigende bewerings in sy verklaring, is verwerp. Hy het desondanks
die
dwangaspek herhaal toe hy besluit het om, in verband met die versagtende
omstandigheidsgeskil, aangaande die gebeure op die betrokke
dag te getuig. In
daardie getuienis het hy voorts beweer dat eerste appellant in elk geval
deurentyd die leierfiguur was. In sy uitspraak
ten opsigte van versagtende
omstandighede het die Verhoorhof weer eens die beroep op dwang verwerp maar geen
kommentaar gelewer met
betrekking tot die vraag of eerste appellant te alle
tersaaklike tye die leidende rol gespeel het nie.
Toe dit by vonnisoplegging op die ander aanklagte kom, het die Verhoorhof
egter wel n verskil tussen appellante getrek, nie net wat
hulle ouderdomme
betref nie (eerste appellant was toe 34 en tweede appellant 24) maar ook op
grond van die feit dat tweede appellant
slegs een keer voor die tersaaklike
voorval in 'n geregshof gevonnis was terwyl eerste appellant veelvuldige
ernstige vorige veroordelings
gehad het.
Lg. se kriminele geskiedenis, afgesien van 'n
8
oortreding toe hy ongeveer twaalf jaar oud was, het werklik in 1972 'n
aanvang geneem toe hy twee maande opgelê is vir poging
tot ontsnapping en
twee jaar gevangenisstraf vir poging tot diefstal. Hy het later daardie jaar uit
bewaring ontsnap en is tot 6
maande daarvoor gevonnis. In 1975 het 'n reeks
vonnisse begin. Hy is drie jaar opgelê weens huisbraak met die opset om te
steel
en die diefstal van o.a 'n vuurwapen, drie jaar vir roof waarby gebruik
van 'n vuurwapen betrokke was en een jaar vir onwettige besit
van 'n vuurwapen.
In 1976 het hy twee keer ontsnap en is met een jaar en drie jaar onderskeidelik
gestraf. In 1977 het hy weer 'n
keer ontsnap en is vyf jaar opgelê. In
1982 is hy tot 6 maande gevonnis weens aanranding met die opset om ernstig te
beseer.
Hy is op 4 Februarie 1989 vrygelaat, meer as dertien jaar na bovermelde
reeks vonnisse in 1975 begin het. Om die prent te voltooi
moet gemeld word dat
hy weens die diefstal vanuit Jackson se huis vyf jaar opgelê is.
Tweede appellant se enigste veroordeling voor die onderhawige gebeure was ten
opsigte van huisbraak met die opset om te steel en diefstal
waarvoor hy in
1984
9
drie jaar opgelê is waarvan een voorwaardelik opgeskort is. Weens die
Jackson diefstal is hy tot 4 jaar gevonnis.
Wat strafversagtende faktore aanbetref is namens albei appellante betoog dat
die Verhoorhof dit as n redelike moontlikheid beskou
het dat hulle opsetvorm
slegs dolus eventualis was en dat in die lig van S v Ntuli 1991 (1) SASV 137 (A)
te 143 A-E en 144 A-C die
doodstraf derhalwe nie die enigste gepaste straf was
nie. Hierdie betoog kan nie opgaan nie. In die eerste plek was die Verhoorhof
nie geroepe om finaal te beslis of die dolus wat duidelik bewys is, directus of
eventualis was nie. òf die een óf die
ander was voldoende vir 'n
skuldigbevinding aan moord. 'n Finale bevinding in hierdie opsig is ook nie myns
insiens gemaak nie. Die
Verhoorhof se slotsom was dat appellante die oorledene
se dood gewil het, of minstens dat hulle die lewensgevaarlikheid van hulle
optrede besef en roekeloos omtrent die gevolge daarvan gestaan het. Die
formulering van hierdie bevinding dui meer op 'n veronderstelling
wat
argumentshalwe gemaak is eerder as 'n bevinding dat daar redelik moontlik slegs
met
10
dolus eventualis opgetree is. Tweedens, is daar die tersaaklike feite.
Appellante het klaarblyklik bedoel om die oorledene met vuurwapens
effektief
skadeloos te stel. Albei het aan die skietery deelgeneem. Die oorledene is met
swaarkaliber vuurwapens in die kop en bobors
trompop geskiet amper onmiddelik na
sy verskyning by die venster en die skietery het voortgeduur totdat hy
uiteindelik neergeval
het. Na verwerping van appellante se onderskeie
verduidelikings sou 'n bevinding van dolus directus in al die omstandighede
onaanvegbaar
gewees het. Derdens, indien vir een oomblik aanvaar word dat
appellante nie die oorledene se dood gewil het nie was die kanse van
sy dood
waarmee appellante hulle versoen het, so sterk dat sy afsterwe as feitlik 'n
onvermydelike gevolg van die skietery voorsien
moes gewees het. Dat hulle
moontlik met dolus eventualis opgetree het is dus nie in hierdie saak 'n
versagtende faktor nie. Dit is
derhalwe onnodig om na die duidelik onderskeibare
situasie in Ntuli se saak, supra, te verwys.
Namens eerste appellant is aangevoer dat sterk drank moontlik sy denkproses
kon beTnvloed het.
11
Hierdie betoog kan ook nie aanvaar word nie. Sy weergawe op alle wesenlike
aspekte, insluitende die kwessie van drankinname, is as
vals verwerp. Daardie
gevolgtrekking is gebaseer op o.a. die getuienis van die oorledene se vrou wat
gedwing is om 'n wesenlike tydperk
baie naby eerste appellant deur te bring en
wat geen drankreuk by hom bespeur het nie. Selfs op die veronderstelling dat hy
op 'n
tersaaklike stadium voor die voorval gedrink het, het hy gedurende sy
getuienis toegegee dat hy nie aangetas is nie, dat hy in volle
beheer van sy
handelinge was en dat hy geweet het wat rondom hom aangegaan het. Daardie
toegewings word deur die objektiewe en aanvaarbare
getuienis ten volle
gestaaf.
Laastens het eerste appellant se advokaat betoog dat die oorledene nie
gemartel of sadisties behandel is nie, dat eerste appellant
se eie beserings hom
in 'n sekere sin reeds gestraf het en dat hy voor die voorval sy samewerking aan
die polisie gegee het. Hierdie
oorwegings dra min indien enige gewig in die
onderhawige feitekonteks. Die oorledene is op koelbloedige en genadelose wyse
aangeval.
Eerste
12
appellant se beserings, afgesien daarvan dat hulle aan sy eie toedoen te wyte
was, is nie bewys om van so n aard en omvang te gewees
het dat hulle in
vergelyking met sy eie uiters weersinwekkende optrede enige strafversagtende
uitwerking in hierdie saak kan hê
nie. En die voorreg en geleentheid wat
aan hom die vorige maand deur die polisie gebied is om op vrye voet te verkeer
het hy op erge
wyse misbruik.
In eerste appellant se geval bestaan daar na my mening dus geen
strafversagtende faktore nie.
Wat strafverswarende faktore aanbetref is daar eerstens die aard van die
misdryf en wat in hierdie verband gesê word geld natuurlik
ten opsigte van
albei appellante. Hier was weer eens 'n lafhartige en afgryslike aanval op
bejaarde mense in die veiligheid van hul
eie huis, 'n tipe misdryf wat vir
etlike jare al dwarsdeur die land aan die toeneem was. Die afleiding is dat die
oorledene en sy
vrou vooraf as maklike teikens deur appellante uitgekies is. Dit
blyk dat die voorafbeplanning reeds vroeg op die betrokke dag begin
het toe daar
besluit is om Jackson se vuurwapens in die hande te kry. Aldus gewapen, het
appellante die
13
oorledene gaan beroof. Met daardie oogmerk neem hulle i
stappe om hom met groot kaliber handwapens, in die Verhoorhof se woorde, "uit
te skakel". Die mens rea waarmee hulle opgetree het
is reeds hierbo vermeld. Die
oorledene is op slinkse wyse na die badkamervenster gelok en op staande voet met
vyf skote neergeskiet.
Appellante se vasberadenheid om gewelddadig op te tree
blyk verder uit die skietery in die studeerkamer.
Voorts wat eerste appellant
betref, was Jackson en die oorledene beide persone van wie hy vroeër al
geweet het. Die een was sy
suster se werkgewer en die oorledene se plaas het hy
twintig jaar tevore leer ken toe hy daar skoolgegaan het. Sy suster moes van
die
vuurwapenkluis geweet het en die onvermydelike afleid-ing is dat sy hom daarvan
vertel het. Die oorledene se huis is as die rooftoneel
gekies ondanks die feit,
soos die getuienis bewys, dat tussen sy plaas en Bloemfontein daar ander plase
was waar bejaarde mense alleen
gewoon het. Die verdere afleiding wat noodwendig
gemaak moet word is dat eerste appellant sy slagoffers met voorbedagte rade
gekies
het.
Laastens sover dit eerste appellant aangaan, is
14
daar sy kriminele rekord. Sy vorige oortredings is hoogs relevant. Hulle
bewys weer eens die neiging dat inbrekers hulle vroeër
of later in ernstige
geweldsituasies bevind. Afgesien van huisbraak-oortredings het hy ook roof
gepleeg en daarby was 'n vuurwapen
nogal betrokke. Sy herhaalde ontsnapping is
bevestiging daarvoor dat hy slegs minagting het vir die gereg en sy verwante
prosedure.
Hy is onteenseglik n geharde misdadiger en n gevaar vir die
gemeenskap. Die vooruitsigte op hervorming in sy geval is minimaal indien
hulle
enigsins bestaan.
In eerste appellant se geval bestaan daar derhalwe slegs strafverswarende
faktore. Daardie feit beteken natuurlik nie dat die doodstraf
noodwendig die
enigste gepaste straf is nie: S v Nkwanyana and Others
[1990] ZASCA 95
;
1990 (4) SA 735
(A) te
745G. Elke saak moet op sy eie feite beslis word. In die onderhawige geval tree
die vergeldings- en afskrikkingselemente van
strafoplegging egter so sterk op
die voorgrond en tel sy vorige rekord so swaar teen eerste appellant dat die
doodvonnis na my mening
die enigste gepaste straf in sy geval is. Sy appël
kan derhalwe nie slaag nie.
15
Namens tweede appellant is aan die hand gedoen dat dit in sy geval
strafversagtend werk dat hy 'n mindere rol as eerste appellant
gespeel het en
dat hy redelik moontlik onder
lg.se
invloed opgetree
het. Wat die rol betref wat elke appellant gespeel het, kom dit my voor dat
eerste appellant wel die leidende figuur
was. Soos reeds gesê, het hy, by
noodwendige afleiding, die teikens gekies. Die ballistiese en mediese getuienis
dui daarop
dat hy eerste op die oorledene geskiet het. Hy was die eerste van die
appellante om by die huis in te gaan. En dit was hy wat die
oorledene se vrou
begin terroriseer het. Dit pas ook alles in by die feit dat hy tien jaar ouer is
as tweede appellant en dat hy
ook 'n ervare en geharde oortreder is. Ek bevind
derhalwe dat dit in tweede appellant se guns tel dat sy rol wel minder was as
dié
van die eerste appellant.
Wat moontlike beïnvloeding van tweede appellant betref, het die
Verhoorhof bevind dat hy heel gewillig deelgeneem het aan alles
wat by Jackson
en die oorledene se persele plaasgevind het en dat hy nie daarin geslaag het om
dit as 'n versagtende omstandigheid
te bewys dat hy deur eerste appellant
16
beïnvloed is nie.
Dit is niksseggend dat tweede appellant nie
onmiddellik by die venster ingespring het nie toe hy die eerste keer geroep is.
Mens weet
nie presies waar hy toe was nie. Die getuienis bewys in elk geval dat
afgesien van sy mindere rol hy tog heelhartig aan die moord
en die gepoogde
rooftog deelgeneem het. Maar dit, aan die ander kant, beteken nie dat hy nie tot
een of ander wesenlike mate deur
eerste appellant beïnvloed is nie.
Verwerping deur die Verhoorhof van sy bewerings in lg. verband het plaasgevind
omdat bevind
is dat hy hom nie van die bewyslas gekwyt het nie wat destyds op
hom gerus het om versagtende omstandighede te bewys. Tans rus die
bewyslas op
die Staat om te bewys dat strafversagtende faktore nie aanwesig is nie.
Nieteenstaande die Verhoorhof se gevolgtrekking
aangaande tweede appellant se
geloofwaardigheid kom dit my as 'n redelike moontlikheid voor dat hy in 'n
tersaaklike mate deur sy
metgesel beïnvloed kon gewees het. Ek baseer
daardie mening op die ouderdomsverskil, eerste appellant se kriminele agtergrond
en die reeds gemelde opsigte waarin lg. die leiding geneem het.
17
Na my mening is sy mindere rol en moontlike beïnvloeding
strafversagtende faktore in tweede appellant se geval. Dit is ook
strafversagtend
in die huidige samehang dat hy slegs een vorige veroordeling in
die ware sin het, en dit nie ten opsigte van 'n geweldsmisdryf nie.
Voorts is hy
in Mei 1985 uit die gevangenis vrygelaat en het hy in die vier jaar wat die
moord voorafgegaan het nie weer oortree
nie.
Die strafverswarende faktore wat tweede appellant
betref is reeds vermeld.
Na opweging daarvan teenoor
sy strafversagtende faktore is ek die mening toegedaan dat die moontlikheid
bestaan dat hy rehabiliteerbaar is. Myns insiens verg
dit en die
strafversagtende faktore die slotsom dat die doodvonnis nie die enigste gepaste
straf in sy geval is nie en dat sy appèl
moet slaag.
Aan die ander kant word 'n vonnis vereis wat die oogmerke van vergelding en
afskrikking tot die gepaste mate in die huidige saak sal
bereik en wat die
gemeenskap se afkeur met betrekking tot tweede appeTlant se afgryslike optrede
op voldoende wyse sal uitdruk. Die
gepaste straf om aan hom op te lê is
na
18
my mening lewenslange gevangenisstraf.
Eerste appellant se appèl word van die hand gewys en sy doodvonnis
word bekragtig.
Tweede appellant se appèl slaag. Die doodvonnis word
in sy geval ter syde gestel en met Tewenslange gevangenisstraf vervang.
CT HOWIE Wnd.AR
CORBETT HR )
) STEM SAAM
KRIEGLER Wnd.AR)